Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Waarom sien mense foute as 'n teken van swakheid? Ons leer dan uit ons foute! Mens sal selfs nie veel weet van die lewe as jy nié foute maak nie. Ons sal selfs nóg meer leer as ons ophou ontken dat ons fouteer het. Die grootste fout wat ons kan maak, is om nie 'n fout reg te maak en daaruit te leer nie want as jy jou fout ontken, het jy dit twee maal begaan. Stel dit reg, vind 'n oplossing!
VOLKSVERRAAD (31)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad - die boek
"Intussen hou De Klerk 'n valse front aan die publiek voor deurdat hy self op 29 Julie 1989 verklaar: '...So lank as wat die ANC volhou met sy beleid en dade van geweld en intimidasie en hom weerhou van 'n duidelike eerlike verbintenis tot vreedsame proses van verandering in Suid-Afrika ... Ons is nie bereid om kompromieë aan te gaan met geweld en terroriste nie.' "
KOVERTE GESPREKKE MET DIE AFRICAN NATIONAL CONGRESS
Geheime kontak met die ANC het begin met Anglo-American se Gavin Relly in 1985 en gevolg deur Chris Ball van Eerste Nasionale Bank en Louis Luyt van Triomf. Die kringe wat gemeenskaplike grond met die ANC gesoek het, het verder uitgebrei. Prof. Pieter de Lange, die Voositter van die Broederbond (1983-1985) het sy eerste kontak met die ANC gemaak in 1986 by 'n konferensie wat deur die Ford Foundation in Long Island, New York georganiseer was. Daar het hy Thabo Mbeki, die ANC se direkteur van Inligting ontmoet. Met gesprekke tussen Pieter de Lange van die Afrikaner Broederbond en Thabo Mbeki van die African National Congress is pres. P.W. Botha geïdentifiseer as 'n remskoen en meulsteen vir die politieke oorgangsproses.
Voorneme om P.W. Botha as President te vervang het toe reeds in 1986 gestalte gekry. Die Afrikaner Broederbond het egter besef dat die breë Afrikanerpubliek konserwatief is en dat daar eers aan 'n houdingsverandering gewerk moet word. Daarna is ander akademici van die Broederbond ingespan om die weg vir detente met die ANC te baan.
Die ANC het in 1986 aan proff. Willie Esterhuyse en Sampie Terreblanche 'n boodskap gestuur waarin hulle laat weet het dat die ANC hulle graag in Lusaka, Zambië sou wou ontmoet. Esterhuyse en Terreblanche se lidmaatskap van die Broederbond was deurslaggewend waarom juis hulle gekies is. Hulle het reeds bewys dat hulle bereid was om alles aan die ANC prys te gee en het dit al oral in die media laat blyk. Die struikelblok was egter P.W. Botha, die Staatspresident, wat hulle ontbied het en ingelig het dat hy sou verkies dat hulle nie met 'moordenaars' onderhandel nie. Hulle het egter in 1987 in Brittanje in onderhandelinge met die ANC betrokke geraak — hierdie keer met die uitdruklike goedkeuring van P.W. Botha. Britse geldbelange het 'n groot rol gespeel om dit moontlik te maak.
Die Nasionale Intelligensiediens het egter bewus geword van die onderduimse spel, en Neil Barnard het hom persoonlik na Esterhuyse gewend. Barnard het aan Beeld van 17 Februarie 1992 gesê dat verwikkelinge veral sedert 1987 soos hierdie koverte gesprekke met die ANC (voordat die verbod op die organisasie opgehef is en hy nog die voorste vyand in Suid-Afrika was) dit moeilik gemaak het om te onderskei tussen wat maklik in die wet as veiligheidsverwant gesien kan word, maar op die politieke terrein lՙê.
'n Ernstige dilemma in terme van veiligheidinsameling het ontstaan oor die vraag wat presies is die veiligheid van die staat, en waar die grys gebied is waar die veiligheid van die staat ook by die politiek aansluiting vind. Hy het gevra om persoonlik ingelig te word oor die vordering wat gemaak word. Dit het Esterhuyse soos 'n spioen laat voel, iets waarteen hy beswaar gehad het, maar hy het nogtans ingewillig. Die enigste voorwaarde was dat Thabo Mbeki en Alfred Nzo hieroor ingelig moes word. Dit het hulle nie gepla nie. Ander gespreksgenote was egter totaal onbewus daarvan.
Mbeki het later verduidelik dat hy dit inderdaad verwelkom het— dit het 'n gees van amptelikheid aan die onderhandelinge gegee. Op sy beurt het Barnard weer kontak met Mandela in die tronk gehad. Sodoende was daar 'n veelheid van kontakte met die ANC in daardie dae.
Adv. Bizos, Mandela se regsadviseur, het op sy beurt weer sowel met die ANC in die tronk as met die ANC in die buiteland kontak gehad, en het boodskappe tussen hulle gedra.
'n Ander kontak na die Broederbond het natuurlik geloop deur Willem de Klerk, die voorsitter van die Broederbond. Hy was verantwoordelik vir die Broederbond-dokument waarin die oordrag van mag aan die ANC uitgestippel is.
Die mense wat Esterhuyse in Londen ontmoet het, was onder meer die Joodse Kommunis, Harold Wolpe en die Indiese Kommunis, Aziz Pahad. Namate die samesprekinge gevorder het, het hulle meer ontspanne in mekaar se teenwoordigheid geraak. Tussen November 1987 tot Mei 1990 was Esterhuyse by altesaam twaalf ontmoetings in Engeland, hoofsaaklik in Bath, betrokke. Esterhuyse het oor hierdie periode meer as twintig Afrikaanssprekendes na die geleentheid saamgeneem, waaronder Barend du Plesis, Ebbe Domisse van Die Burger, Deon Geldenhuys, Philip Nel, Willie Breytenbach en minister Dawie de Villiers. Hierdie verraad het aangehou tot net na F.W. De Klerk se Rooi Vrydag-toespraak op 2 Februarie 1990 toe die laaste ontmoeting in Mei 1990 plaasgevind het.
Mbeki het al die ontmoetings van die ANC-kant gelei. Michel Young van die Britse Geldmag was telkens in die voorsitterstoel. Die doel was dat die Afrikaanssprekendes hul persepsies oor die ANC moes verander, en dit het wel deeglik plaasgevind. Andersyds was die doel om die ANC te oorreed om saam met die Blankes in 'n enkele politieke bestel in te gaan. Die akademici moes ook sover gebring word om 'n agitasie op tou te sit om Mandela bevry te kry, sodat die onderhandelinge op 'n amptelike vlak met die ANC gevoer kon word. Geleidelik moes beide kante oortuig word van die ideaal van 'n Regering van Nasionale Eenheid.
Hierdie onderhandelinge tussen die akademici en die ANC het die weg geopen vir talle ander kontakte met die ANC. Daaronder tel die Dakar-ekspedisie van Frederick van Zyl Slabbert in 1987. Kort nadat Slabbert IDASA gestig het, het hy en 'n stuk of 50 Blanke Suid-Afrikaners 'n konferensie met die ANC in Dakar, Senegal gehou.
P.W. Botha het sy teenkanting sterk in die openbaar te kenne gegee. Verder het 'n aantal radikale dokumente van die ANC in daardie tyd verskyn, waarin hulle hul eise oor die Nuwe Suid-Afrika gestel het. Dit sluit onder meer in die Harare-deklarasie, en later die Lusaka-Manifes. Beide die dokumente het geen toegewings aan Blankes bevat nie, maar was inderdaad 'n tydskaal vir die oorname van die land.
Kort daarna in Julie 1989 verskyn 'n studieverslag wat gesamentlik deur die ANC, die UDF en Cosatu opgestel is en waarin daar tot die gevolgtrekking gekom is dat die regering van Suid-Afrika "positiewe stappe gaan neem in die rigting van onderhandeling en bevrediging van die voorwaardes wat die ANC in 1987 neergelê het."
Die uitgangspunt waarop die ANC besluit het, was dat 'n konsep gevolg moet word wat nie die ANC se politieke strategie om die mag oor te neem sal prysgee nie, maar wat ook nie 'n "politieke skikking" moet uitsluit nie. In die dokument is voorgestel dat 'n versetaksie met 'n "massa-karakter" geloods moes word as' n "uitdaging vir die regime " en dat die moontlikheid van 'n algemene staking ondersoek moes word. Ook moes daar verskerpte aksie in Natal kom. Die ANC was dus reeds vanaf Junie 1989 goed ingelig oor wat die "hervormingsgesinde" kabinet in die nabye toekoms sou doen.
Intussen hou De Klerk 'n valse front aan die publiek voor deurdat hy self op 29 Julie 1989 verklaar: "Daar sal geen verslapping wees van die Regering se aandrang dat deelnemers geweld moet verwerp nie. So lank as wat die ANC volhou met sy beleid en dade van geweld en intimidasie en hom weerhou van 'n duidelike eerlike verbintenis tot vreedsame proses van verandering in Suid-Afrika ... Ons is nie bereid om kompromieë aan te gaan met geweld en terroriste nie."
Vervolg...