Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die Bybel gee baie duidelike riglyne hoe ʼn volk polities gerig moet word. Die eerste vereiste is dat slegs gelowiges gekies moet word om ʼn volk te rig. ‘n Hart gewas in die bloed van Jesus Christus is vir ʼn volk baie meer werd as ʼn ongelowige kop vol akademiese kennis!
1994: VOLK GESLAG OP MEINTJESKOP (3)
Die dag sal kom... soos by Vereeniging
Dr Harry Mocke
Lees reeks by 1994: Slag van Meintjeskop
"Magtig, watter soort mense het ons tussen ons! Lafaards wat nie saam met die Boerevolk vir hulle vryheid en vir die vryheid en die toekoms van hulle kinders wil veg tot die dood toe nie? Huigelaars wat allerlei verskonings soek vir wat hulle gedoen het? Gierigaards wat net dink aan die sakke vuil geld waarmee hulle in luuksheid kan lewe; geld wat hulle saam met die kommuniste uit die beursies van die Boerevolk help druk? "
Alles is verby. Die gewere lê op 'n hoop - daardie gewere wat so dikwels die enigste menslike skild tussen dood en lewe was. Nou lê hulle daar.
Die hoofde is geboë. Die trane biggel oor verrimpelde, sonverweerde wange. Die borskaste skeur van innerlike onmag en pyn.
Hulle staar na die grond: na die bodem wat baie van hulle se bloed opgedrink het, wat baie van hulle se dierbares in sy skoot bewaar, waaruit hulle nie kan terugkeer nie.
Die "Vrede van Vereeniging!"
"Vrede? Watter vrede?"
Die mausers is stil ja, maar in die siel is daar geen vrede nie. Dit waarvoor hulle soveel geoffer het - bloed, plase, huise, besittings, vrouens, kinders, alles - daardie Vryheid - is weg.
Die toekoms lyk leeg en verlate. Sonder doel, sonder enige betekenis. Waarom voor begin? Waarvoor ploeg en saai? Vir wie? Om met wie te deel?
Slegs die verraaiers, joiners, hanskakies het iets. Trouens, hulle het baie om voor te leef. Hulle het geroofde vee, hulle gesinne is ongeskonde, hulle plase onaangeraak. Op die oppervlakte lyk hulle ongeskonde. In hulle siele voel hulle besmet tot modder! Aan hulle hande sit die roet van afgebrande Boerewonings, die bloed van beeste en skape, die lewe van Boerevroue-en kinders.
Nog vandag walg dit die Boerevolk.
Was dit die laaste verraad?
Nee! 'n Herhaling van hierdie veragtelike verraad word die Boerevolk nie gespaar nie. Mense wat dieselfde taal as hulle praat, doen dit weer in 1994. Weer staan die Boerevolk met geboë hoofde. Weer biggel trane oor die wange. Weer stap "hulle" met 'n vet buit weg.
Magtig, watter soort mense het ons tussen ons? Lafaards wat nie saam met die Boerevolk vir hulle vryheid en vir die vryheid en die toekoms van hulle kinders wil veg tot die dood toe nie! Huigelaars wat allerlei verskonings soek vir wat hulle gedoen het. Gierigaards wat net dink aan die sakke vuil geld waarmee hulle in luuksheid kan lewe; geld wat hulle saam met die kommuniste uit die beursies van die Boerevolk help druk?
Terwyl die Boerevolk treur oor die verlies van sy vryheid, is hierdie ellendelinge elders besig om "iets" te doen. Niemand kan eintlik uitvind wat hulle doen nie en niemand kan enige resultate sien wat hulle bereik nie.
'n Verslaentheid het ons mense oorweldig. Hulle is papgeslaan en verrinneweer.
Weer kyk die Boer na die grond. Weer moet hy toekyk hoe hy deur die vyand kaalgestroop word van alles wat hy opgebou het. Hierdie keer is dit net erger. Hierdie keer word 'n sterk ekonomie vernietig, word 'n onderwysstelsel uitgewis, word erkende universiteite omskep in toi-toi-neste, word 'n gevestigde gesondheidstelsel verwoes en omskep in 'n vigsbroeikas, word ons Boereplase, ons erfgrond, omskep in plakkerskampe, word ons mense uit hulle beroepe gesmyt en vervang met onproduktiewe stoelsitters.
Maar die dag sal kom. Waarskynlik skielik en sonder veel waarskuwing. Daardie dag wanneer die Boerevolk siek en keelvol sal wees om in 'n derderangse situasie ingedwing te word. Daardie dag sal die Boerevolk sy vryheid terugvat sonder om dit van iemand te vra.