Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
As jy 'n gelofte aan God gedoen het, stel nie uit om dit te betaal nie, want daar is geen welgevalle in dwase nie. Betaal wat jy belowe – Prediker 5:3
1994: VOLK GESLAG OP MEINTJESKOP (5)
Die dag sal kom... soos by Vereeniging
Dr Harry Mocke
Lees reeks by 1994: Slag van Meintjeskop
ONS HELIKOPTER IS HIER!
Koos van der Merwe woon in 'n vallei reg onderkant die wal van 'n groot dam. Op 'n dag kraak die wal en tonne water begin deur die kraak te stroom, reg op Koos se huis af. Die berigte kom oor die radio dat almal in die vallei moet padgee.
Maar Koos gaan rustig aan met sy boerdery. 'n Buurman kom met sy motor verby en hou verbaas stil. "Klim in Koos, jy gaan hier verdrink!"
"Nee," sê Koos, "Die Here sal voorsien."
Die watervlak styg. Koos sit op die dak van sy huis. Toe kom daar 'n boot verby en die mense roep: "Klim in, Koos, jy gaan verdrink!"
"Nee," sê Koos, "Die Here sal voorsien."
Die watervlak styg, bedek die dak en Koos klim tot in die top van 'n hoë boom. Toe kom 'n helikopter verby en die vlieënier roep: "Klim in, Koos, jy gaan verdrink!"
"Nee, die Here sal voorsien."
Koos verdrink. Gelukkig was Koos 'n gelowige en hy kom by die Poort aan. Daar wag Petrus vir hom. Koos is erg ontevrede. Hy maak dit aan Petrus duidelik dat hy ten volle op die Here vertrou het om te voorsien, maar nogtans het hy verdrink. Wat het nou van sy geloof geword?
Besadig antwoord Petrus: " Die Here het drie maal vir jou voorsien, maar jy wou nie van een van die geleenthede gebruik maak nie. Daarom is jy nou hier."
Op 27 April 1994 breek die damwal bokant die Boerevolk. Tonne swart kommuniste en ANC's kom op ons aangerol. Die eens wakker Boerevolk staan stomgeslaan en wag dat iets moet gebeur; 'n wonderwerk.
Niks gebeur nie. Die Boerevolk word, soos Koos, verswelg in 'n swart see waarin talle Natte en andere verdrink. Hulle verkeer nou in hulle eie "hemel" wat die "soustrein" genoem word. Die oorgeblewe Boerevolk spartel op die oomblik in die boonste takke van die boom, terwyl die vloed al hoër styg. Die motor is al verby, die boot is verby, net die helikopter is nog op pad -Goddank daarvoor.
Gaan die Boerevolk inklim of gaan hy verdrink?
Verdeeldheid, hardkoppigheid, moedswilligheid, eiesinnigheid, "blindheid", kortsigtigheid,eiebelang . . . noem maar op, kan moontlik ons mense in sy eie boomtop laat sit totdat almal onder die vloed verdwyn.
Die een is kwaad oor die stemmery, die ander is bang hy gaan sy werk verloor, nog een is net vies vir alles en almal, 'n ander een bly oor sy skouer agtertoe kyk en almal verwyt omdat hulle verkeerd sou gehandel het. Ons sit in die laaste boomtoppe en twis met mekaar.
Dit is asof Satan elke moontlike demoon onder ons mense ingestuur het om ons te verwar en ons oë toe te bind voordat ons lig sien en dalk uitt die boomtoppe uitklim. Ons twis met mekaar, verwyt mekaar, ignoreer mekaar terwyl die helikopter op pad is.
Dis die laaste kans!
Voor ons lê die finale keuse. Ons tyd is min, ons geleenthede het opgeraak. Ons is in die derde en finale fase van die kommunistiese rewolusie. Die ANC word tans van binne uitgevreet en vernietig.
Maar ons Boere hang aan die boomtoppe en skree vir mekaar!
Ons volk was nie net "geseënd" met die swakste regering die laaste jare voor oorname wat ons vryheid verspil het, nie. Hou maar op verwyt. Ons is ook "geseënd" met 'n eie swakste oordeel en kortsigtigheid ooit!
Los die boomtoppe, klim in die helikopter. Hy is groot genoeg vir die egte Boerevolk!
Staan saam, soos die Boere al bewys het dat hulle kan saamstaan.
Los onderlinge verwyte en twis. Die tyd daarvoor het uitgeloop. Herken die regte helikopter. Op hom staan 'n paar dinge geskryf:
1. Volkseenheid, wat 'n magtige faktor is, en nie geïgnoreer kan word nie.
2. Voorbereidheid vir elke gebeurlikheid.
3. Verootmoedig jou voor ons Skepper omdat Hy nog 'n laaste helikopter
voorsien.
Die helikopter is hier! Los die boomtoppe. Klim in, vat hande van vriendskap en samewerking. Die tyd is nou!