Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
En nou bly geloof, hoop, liefde – hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde.
1994: VOLK GESLAG OP MEINTJESKOP (13)
Die dag sal kom... soos by Vereeniging
Dr Harry Mocke
Lees reeks by 1994: Slag van Meintjeskop
"Wat was die motief?"
Die meeste professore aan ons universiteite is pragtige en waardevolle mense. Ek is bevoorreg om 'n klompie van hulle te ken - dit is nou uit daardie groep wat nie skeefgetrek het en dink dat hulle roeping in die lewe is om so vinnig moontlik te help om die Boerevolk aan die kommuniste uit te verkoop nie.
Sonder die eerste groep sou ons 'n brandarm volk gewees het. Sonder die tweede groep sou lewe hier te lande 'n groter vreugde gewees het. Sommige van hierdie professore raak soms so verdiep in hulle spesialiteitsgebiede, dat hulle "'n bietjie snaaks" word, sonder om skadelik te wees. Ander word eers skadelik en dan snaaks.
Daar word vertel dat een baie bekende professor - ek laat maar sy naam daar - so naby sy lesinglokaal gewoon het, dat hy sommer daarheen geloop het. Op 'n dag was hy weer voetstoots op pad om 'n lesing te gee. Terwyl hy haastig aanstryk, haal hy sy pyp uit sy sak en probeer dit aansteek. Maar die wind kom van voor en die vuurhoutjies vrek die een na die ander, terwyl die pyp geen rokie afgee nie. Hy draai toe maar om, sodat hy windaf die pyp kan aansteek.
Behaaglik begin trek hy die giftige rook na binne, terwyl hy fluks aanstryk, terug huis toe. Teen die tyd dat die pyp begin brand het, het die agbare professor skoon vergeet in watter rigting hy op pad was. Terwyl die studente tevergeefs op hom wag, stryk hy aan, terug huis toe.
By 'n ander universiteit was daar weer 'n heel eksentrieke sielkundeprofessor. Hy was in Boeretaal heel snaaks. Op 'n dag stap hy op die kampus langs die lang rye kennisgewingborde af. 'n Kennisgewing onder aan die een bord trek sy aandag. Om dit te kan lees, moet hy heel laag afbuk.
Terwyl hy gebukkend staan en lees, kom 'n paar studente van agter af verby gestap. Denkende dat die bukkende figuur 'n student is, haak die een af en gee die professor 'n onprofessionele skop van agter.
Die professor vlieg verskrik op, net betyds om te sien hoe die student se oë so groot soos skottels rek. Hy sien al sy skorsingsbrief in sy verbeelding. Haastig en vreeslik apologeties, maak hy aanhoudend verskoning. Hy hou so aan dat die professor nie 'n woord kan inkry nie.
Toe sy woorde opraak en net sy mond nog oophang, kry die professor 'n beurt. Hy kom nader, tot digby die student en se dan in die grootste erns "Alles reg. Sê my net: Wat was die motief?" Die professor was duidelik elke oomblik besig met sy vakgebied.
'n Motief is 'n "ding" wat 'n mens motiveer. Iets wat jou oortuig om ‘n bepaalde aksie op 'n bepaalde wyse uit te voer. Dan doen jy daardie iets om 'n bepaalde doel te bereik.
Hierdie professor was moontlik eienaardig en het aan sommige mense heelwat vermaak verskaf. Daar is egter 'n diepliggende sinvolheid in, waaruit ons almal kan leer. Met motivering spring jy oor 'n muur. Sonder motivering haak jou voet aan 'n graspol vas en jy val op jou gesig.
Met motivering bereik jy ongekende hoogtepunte wat jou lewe sinvol maak en gee dit betekenis aan die lewe. Sonder motivering beweeg jy vloerlangs en maak jy net spore soos 'n slak in die stof.
Met motivering blom die natuurwetenskap, die geesteswetenskap, borrel nuwe uitvindinge en ontdekkings na vore om die handel te stimuleer, die lewe makliker, interessanter en duurder te maak.
Op hierdie noot kan 'n mens nie anders as om die motivering van die mense van Afrika met dié van Europa te vergelyk nie. Terwyl die Europese mens met die tegnologie werk asof dit 'n speelding is, maak Afrika nog steeds klei-osse. Die Afrika-mens sal vir die eeue wat kom, Afrika-mens bly, wat die politici en liberale humaniste ook al daaroor te sê het. Hy sal hoofsaaklik 'n gebruiker van die tegnologie wees, nooit 'n ontwikkelaar daarvan nie.
'n Mens hoop maar net dat hulle die tegnologie beter kan gebruik as die veelbesproke Idi Amin van Uganda. Daar word grappenderwys vertel dat hy op 'n stadium besluit het dat padverkeer in sy land ook liewer van die linkerkant van die pad na die regterkant moet omskakel, soos in Europa. Gedagtig aan die beperkinge van sy mense, het hy egter besluit dat hulle onmoontlik nie die volle omskakeling in een dag sal kan afhandel nie. Hy besluit toe dat hulle die volgende Maandag sal begin deur fietse na die regterkant om te skakel, Dinsdag sal vragmotors aan die beurt kom en Woensdag kan alles afgehandel word, deur motors na die regterkant te verskuif.
Die mate van motivering wat elke mens in sy lewe inbou, hang grootliks van homself af. Mense wat die lewe as 'n uitdaging sien, is ook gemotiveerde mense. Hulle gryp die lewe met albei hande aan en bring groot dinge tot stand. Hulle buig mislukkings en teenspoed om in nuwe vertrekpunte na sukses. Hulle geniet gewoonlik ook dit wat hulle doen, intens. Uit die sukses wat hulle behaal, kom weer nuwe motivering voort.
By Bloedrivier was die gedagte aan 'n eie land, waar ons voorvaders met hulle gesinne in vrede kon leef, die motivering om in geloof te kon te oorwin.
By Majuba was dapperheid en heldemoed die motivering vir 'n groep manne om die vyand van die berg af te boender.
In die Tweede Vryheidsoorlog was die vryheidsdrang die motivering vir die manne in die veld, om vir drie jaar uit te hou en te veg in die grootste denkbare ellende.
Boerevolk, waar staan jou motivering vandag? Verkies jy om soos die slak 'n slymstreep in die stof agter die ANC-soustrein aan te sleep, of het jy die moed, dapperheid, wil, motivering om te sê: "Ek sal lewe, ek sal sterwe ..." as dit moet - vir my volk se eerbare vryheid?