Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die man van weinig woorde se solder is so klein dat daar nie plek vir kaf is nie, het Langenhoven gesê. Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan want dit bepaal jou hele lewe. Die tong het mag oor dood en lewe; dié wat lief is om te praat, sal die gevolge dra, leer die Bybel ons.
1994: VOLK GESLAG OP MEINTJESKOP (18)
Die dag sal kom... soos by Vereeniging
Dr Harry Mocke
Lees reeks by 1994: Slag van Meintjeskop
DRUIP WISKUNDE, MAAR SLAAG LOGIKA...
Die sin vir waardes raak dikwels, selfs aan opvoedkundige inrigtings, 'n probleem.
Vir die Amerikaners is voetbal dikwels die oorheersend belangrike saak wat alle ander waardes oorheers. Dit suur deur na skole en universiteite. Soos hier te lande dan ook gebeur, "koop" hulle goeie voetbalspelers met beurse en ander voorregte om aan hulle universiteite te "studeer" en sommer "terloops" ook vir hulle voetbal te speel. Daar bestaan egter 'n reël dat hierdie "studente" af en toe toetse moet slaag en "vordering" moet toon.
Aan een van hierdie universiteite was daar ook so 'n student wat 'n uitmuntende voetbalspeler was. Hy het egter 'n groot probleem gehad. Die vermoë om met sy studie te "vorder", het ontbreek.
Daar breek toe 'n uiters belangrike finale wedstryd aan. Die professor roep die student. "Meneer, jy weet van hierdie wedstryd?"
"Ja, Professor."
"Jy weet ons kan dit nie verloor nie en jy moet daarin speel? Jy weet ook jy het lanklaas 'n toets geslaag?"
"Ja Professor."
"Nou goed, watter vakke neem jy?"
"Wiskunde en Logika."
"Goed, Logika is uit. Kom ons probeer Wiskunde. Beantwoord vir my die volgende vraag: Daar sit sewe vlieë op die tafel. Skielik vlieg vyf van hulle weg. Hoeveel bly oor?"
Die student worstel 'n paar minute, toe kom dit: "Nie een nie, Professor."
"Kom ons probeer weer." Die vraag word in besonderhede herhaal. Na vyf minute se worsteling: "Nie een nie, Professor."
"Oooo! Nou moet jy mooi dink. Onthou, die wedstryd. Jy moet speel, anders verloor ons."
"]a Professor."
Die vraag volg weer en die professor hou selfs twee vingers reg voor die student se oë.
Dieselfde antwoord volg. Die professor gooi sy hande in die lug. Die sweet slaan op sy voorkop uit. Hy sien 'n ramp kom.
"Ek aanvaar nou dat jy nie die vraag kan beantwoord nie, maar verduidelik net vir my hoe jy by jou antwoord uitkom."
"U sien, as vyf van die sewe vlieë skielik wegvlieg, moet hulle 'n goeie rede daarvoor hê. Hulle moes geskrik het. Dus sal die ander ook wegvlieg en daar sal nie een oorbly nie."
"Dankie tog. Jy druip Wiskunde, maar slaag gelukkig Logika."
Die "onderwysleiers" wat nou in die "nuwe" Suid-Afrika vir die onderwys van ons kinders verantwoordelik geword het, het aangekondig dat kinders in die laerskole outomaties bevorder gaan word. Dit beteken dat hulle nie eers soos daardie voetbalspeler 'n toets sal moet slaag nie.
Hulle kan dus maar, soos nou in die swart skole, kort voor pouse by die skool opdaag, hulle gratis maaltyd geniet en weer die pad huistoe aandurf. Boeke is glad nie nodig nie en huiswerk ook nie. Hulle moet darem net so af en toe hulle gesigte wys sodat die register gemerk kan word.
Dit was nog al die jare die kontras tussen die blanke en swart skole. Afgesien van die basiese verskille, is daar verskille soos stiptelikheid, orde, leerkultuur, beplanning en basiese harde werk. Die belangrikste van alles is egter die handhawing van standaarde, wat nog altyd in ons blanke onderwys ononderhandelbaarwas. As jy die vereiste standaard behaal, slaag jy; anders herhaal jy die standerd. Almal het dit geweet.
Wat was die gevolg? In Duidelike verskil in standaarde en resultate tussen wit en swart.
Toe kry ander faktore die skuld. Skielikis die verskille te wyte aan geboue, geld, boeke, toerusting en wat nog alles.
Nee. Die verskil lê hoegenaamd nie in hierdie faktore nie. Dit lê in die wil binne jou en die vermoë om daaraan uitvoering te gee.
Met die indra van die Soweto-gebrek aan leerkultuur, tesame met die swart onderwysers by wie dieselfde soort kultuur teenwoordig is, kom ook Soweto resultate. As dit is wat blanke ouers vir hulle kinders verkies, kan niemand iets daaraan doen nie. Hulle, en ongelukkig ook hulle onskuldige kinders, moet dan maar die gevolge aanvaar.
Goddank vir daardie ouers vir wie hulle kinders nog belangrik is. Daardie kinders sal in die toekoms in CVO-skole en huisskole onderwys ontvang deur ons eie onderwysers, binne Christelik-volkseie verband. Hulle sal die wetenskaplikes en die leiers van die toekoms wees.
Hierdie fase sal ons moet deurgaan totdat ons weer die moed en die wil het om selfs te veg vir ons eie land as dit moet.