Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
In hierdie nuwe jaar sal baie van ons een of ander vorm van pyn en lyding ervaar. Maar ons moet nie bang wees nie want God se liefdevolle hande rondom ons in pyn, help ons om die omstandighede met hoop en moed onder die oë te sien. Daar is geen angs, verlies of lyding van ons waarin God nie deel nie. Wanneer ons dan weet dat God altyd by ons is, selfs al val ons wêreld uitmekaar, sal ons die pyn kan verduur, sonder vrees, sonder angs, met moed en hoop.
VOLKSHOOP (2)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volkshoop - die boek
"Ná 1966 het die Illuminati stelselmatig beheer oorgeneem oor die konstitusionele ontwikkeling van Suid-Afrika en is die weg gebaan vir ’n veelrassige Suid-Afrika. ’n Veelrassige Suid-Afrika het inderdaad ook in April 1994 ’n werklikheid geword."
Milner van Engeland:"...Stel uself voor ’n vuil, onnosel kêrel, wat oor sy skouer die onvermydelike bandolier dra, vol ammunisie, in sy hande ’n mauser, en u sien die Boer soos ons hom sien: ’n lafhartige skobbejak, behorende aan ’n beskawing van drie honderd jaar gelede, ’n kanker op die aarde. Die Boer, die uitvaagsel van die wêreld, die doring in die vlees van Engeland ... mag hy vir ewig stilgemaak word.”
Daar was verskeie mense wat die leer en die tug van die Kaapse Kerk as te liberaal beskou het, en het die gesangevraagstuk regstreeks gelei tot die stigting van die Gereformeerde Kerk van Suid-Afrika in 1859.
“In November 1858 het ds. Postma in die Suid-Afrikaanse Republiek (Z.A.R.) aangekom en hom die beroep as predikant van Rustenburg laat welgeval. Daar het hy hom aan die hoof gestel van ’n aantal ontevrede gemeentelede, wat prakties reeds so goed as afgeskeie was. So is van hierdie uitgangspunt ’n derde kerk, die Gereformeerde Kerk van Suid-Afrika, georganiseer nadat pogings om tot ’n vergelyk te kom, misluk het. Spoedig is ook in die Oranje-Vrystaat en Noordoos-Kaapland Gereformeerde gemeentes gestig.”Die Afrikaner-meelopers van die Britse iraperialisme
Die Boere se stryd is ook gevoer teen lafhartige Afrikaners wat dan meelopers van die Britse imperialisme geword het — die verengelsde Afrikaners. Sodoende is die eerste politieke party deur ’n Kaapse Afrikaner en die redakteur van Het Zuid-Afrikaan, Jan H. Hofmeyr, in 1878 gestig, nl. Die Suid-Afrikaanse Boerebeskermingsbond. Hofmeyr het 'n jaar later saam met J.F. du Toit en ds. S.J. du Toit die Afrikanerbond gestig. Die ideale en beginsels van die bond het geveg vir ’n republikeinse doel. Piet Joubert, Louis Botha en Jan Smuts was ondersteuners van die Afrikanerbond. Hofmeyr was 'n geslepe, hoewel begaafde politikus, en toe hy besef dat sy party nie vordering maak nie, het hy in 1883 ’n samesmelting met die Afrikanerbond bewerkstelling en leier daarvan geword.
Jan Hofmeyr het in daardie stadium gematigheid voorgestaan met die doel om ’n breuk tussen Engels-en Afrikaanssprekendes te voorkom. Die ideaal van ’n onafhanklike Suid-Afrika onder eie vlag is deur hom prysgegee: Sy idee was, en hierin is hy deur vele gesteun — waaronder Piet Joubert, Louis Botha en Jan Smuts, ’n 'Verenigde Suid-Afrika’ onder Britse vlag, want so, is geredeneer, eenmaal in die toekoms word tog die hele Suid-Afrika onafhanklik. Hofmeyr se rigting was een van ’n 'Suid-Afrikanisme' wat sowel Afrikaner as Brit moes omsluit en 'een nasie’ van hulle maak, al was daar dan ook twee tale. Dis was nou duidelik dat Hofmeyr die Afrikanerbond ingeweef het by die Vrymesselary en die Illuminati.
Die Afrikanerbond is gewantrou, hoewel Hofmeyr wel na 1890 die vertroue van sommige Engelstaliges gewen het. Rhodes (Illuminati) het ’n lid van Hofmeyr se Afrikanerbond geword en die Afrikanerbond het saamgewerk tot Rhodes se premierskap. Dit het egter daartoe gelei dat Transvalers en die Vrystaters die Kaaplandse Afrikaners gewantrou het. Dit was veral as gevolg van Rhodes se imperialistiese uitbreidingsdrang, gepaard met sy groot kapitalistiese bedrywighede, alles ten nadele van die onafhanklike Boererepublieke. Die samewerking tussen Rhodes en Hofmeyr, wat oor die jare gebou is, het ’n groot invloed op die politieke geskiedenis van die Kaapkolonie gehad. Rhodes het stelselmatig die vertroue van die Kaaplandse Afrikaner gewen. Hy het ook, deur die suide se belange insake invoerregte en spoorweguitbreiding na die Noorde op die voorgrond te stel, daarin geslaag om 'n wig tussen die Afrikaners van die Boererepublieke en die Kaapkolonie in te dryf.
Die Gelofte van Paardekraal - 9 DESEMBER 1838
Dit gaan sleg met Transvaal: mense is verdeeld, die land is amper bankrot en sukkel om sy Swart bure in toom te hou. Sir Theophilus Shepstone het in 1877 met 25 berede polisie in Pretoria aangekom en die meerderheid van die Volksraad oorreed om die Britse beheer te aanvaar. Hy belowe dat hulle spoedig ’n verantwoordelike regering sal kry, maar dit gebeur nie. Die Transvalers het daarna gepoog om hulle verlore vryheid terug te kry. Aanvanklik onderhandel hulle met die Britse owerheid oor hulle vryheid, maar hierdie pogings was sonder sukses. Toe is die ou Volksraad weer in die lewe geroep. In Desember 1880 het die Boere van Transvaal by die Paardekraal bymekaargekom. Drie maande vantevore het hulle uitnodigings gerig aan die predikante van al die kerke in Transvaal.
’n Vergadering van 4000 gewapende burgers vergader op 8 Desember 1880 by Paardekraal. Die Engelse verklaar hulle as rebelle. Paul Kruger, Piet Joubert en M.W. Pretorius word as driemanskap gekies en neem die leiding. Teen 9 Desember het die getal tot agtienduisend gegroei.
Die kerke het hulle weereens gedistansieer en slegs een predikant het opgedaag—Dominee N.J. van Warmeloo van die Hervormde Kerk, die vader van die welbekende Johanna Brandt. Toe het die Boere van Transvaal gegaan en aan mekaar belowe (soortgelyk aan die Gelofte by Bloedrivier) om tot die dood toe te veg vir die oorwinning van hulle verlore vryheid. Hulle het hierdie belofte aan mekaar afgelê met die Almagtige God as hulle getuie.
Die Paardekraalgelofte lees soos volg:
In de tegenwoordigheid van den Almachtigen God, die kenner aller harten onder bidden opsien om sijn genadige hulp en ontferming, sijn wij Burgers van de Zuid-Afrikaansche Republiek plegtig overeengekomem, gelijk wij dezen overeenkomen om voor ons en onze kinderen een heilige verbond op te rigten, het welk wij met plegtigen eed beyweren. Ruim veertig jare is, het geleden, dat onze vadere die Kaapkolonie ontvlugt zijn, om vrij en onafhanklijk Volk te worden. Deze veertig jaren waren veertig jaren van smart en lijden. Wij hebben Natal, den Oranje-Vrijstaat en de Zuid-Afrikaansche Republike gesticht en driemalen heeft die Engelsche Regering onze vrijheid vertracht en onze vlag, die onze vaderen met hun bloed en tranen gedoopt hebben, maar den neergehaald. Als door een dief in de nacht is onze vrije Republiek weggestolen. Wij kunnen en sij magen dat nie dragen. God wil, dat de eerbied onzer vaderen en de liefde jegens onze kinderen ons voorschrijft, het erfpand der vaderen ongeschonden aan onze kinderen over te leveren. Daarom is het dat wij hier bij elkander de hand geval en Volk en met het oog op God samen te werken, tot den dood toe, voor de herstelling van de vrijheid onzer Republiek. Zoo waarlijk helpe ons God Almachtig. Amen.
En net daar tree hulle op in die verbond. Hulle verootmoedig as volk en nie as lidmate van verskillende kerke nie. Hierdie onderneming word gevolg deur vier onverbloemde wonderwerke (die Slag van Bronkhorstspruit, die Slag van Laingsnek, die Slag van Schuinshoogte en die Slag van Amajuba)."
In 1881 rebelleer die Transvalers. Hulle wen die slag van Majuba en verkry opnuut hul onafhanklikheid kragtens die Konvensie van Pretoria wat aan Brittanje nog in ’n mate in beheer van Transvaal se buitelandse beleid laat. Die Pretoriakonvensie maak ook voorsiening vir godsdiensgelykstelling. Voor die einde 1882 het die eerste Hindoetempel in die Transvaal verrys by Marabastad te Pretoria. En stadig maar seker het Hindoetempels en Moslemmoskees verrys waar die Indiërs uit Natal hulle ook al gevestig het. Hulle kon nou die Transvaal sonder belemmering binnestroom omdat hulle as Britse onderdane deur die Pretoriakonvensie beskerm is. Die Boere self het onmiddellik teruggeval in hulle kerkstrukture, die kerke se lafhartige en verraderlike optrede ten spyt. En hierdie volk, wat op 9 Desember 1838 ’n gelofte afgelê het om vir Hom ’n volk te vestig en wat tot daardie onderneming en die verbond wat die Almagtige met hulle gesluit het op 16 Desember 1838, verdeel in twee Boere Republieke en drie verskillende kerke.
Die Tweede Vryheidsoorlog
Die onafhanklike Boererepublieke was ’n teenstrydigheid van Britse Imperialisme. Daarby het die Z.A.R. gepoog om vriendelike betrekkinge met ander Europese state op te bou. Hierdeur is die Britse belange bedreig. Na die ontdekking van goud in 1886, het Transvaal die ekonomiese swaartepunt van Suid-Afrika geword. ’n Groot aantal Europeërs, waarvan baie Britse onderdane was, het na die Transvaalse goudvelde gestroom. Die Uitlanders was oor die algemeen ten gunste daarvan dat Brittanje beheer oor die republiek oorneem.
In 1888 reeds het Cecil Rhodes daarin geslaag om die diamantmaatskappye in De Beers Consolidated Mines te amalgameer, met hom as voorsitter. Teen hierdie tyd was hy ook reeds geïnteresseerd in die Witwatersrandse goudveld, waar hy die Goldfields Company, later die Consolidated Goldfields of South Africa, gestig het. Toe Rhodes dus met die steun van die Bond premier van die Kaapkolonie word, was hy reeds die verpersoonliking van politieke en finansiële mag.
Sedert 1894 het Rhodes met die hulp van ’n mede-Vrymesselaar, sy broer kolonel EW. Rhodes, gepoog om ’n opstand onder hierdie mense, die Uitlanders, aan te wakker, en die Zuid-Afrikaansche regering omver te gooi. Rhodes se luitenant, L.S. Jameson, het in Desember 1895 Transvaal vanaf die weste binnegeval met ’n aantal van sy manskappe. Jameson is egter deur die Boeremagte oorrompel nog voor hulle die Witwatersrand bereik het. Die onderduimsheid van die Illuminati het Rhodes ’n gevangene in sy eie droom gemaak.
Die mislukte inval het ’n internasionale gebeurtenis geword. Die Duitse keiser het die Jameson-inval gebruik om die Zuid-Afrikaansche Republiek tot ’n bondgenootskap met Duitsland te probeer beweeg. Hy het ’n telegram van gelukwense aan president Kruger gestuur. Hierdeur is die indruk by die Boere gewek dat hulle moontlik op Duitse steun sou kon staat maak.
Die Jameson-inval het aan die Zuid-Afrikaansche Republiek getoon uit watter hoek die wind waai en die onmiddellike uitwerking daarvan was bewapening. Afrikanernasionalisme is dwarsdeur Suid-Afrika deur die Jameson-inval gestimuleer en het geestelike eenheid versterk. Daarby was die Kaaplandse Afrikaners geskok en Hofmeyr se Afrikanerbond het hulle bande met Rhodes verbreek, wat tot sy bedanking as Kaapse premier gelei het. Hofmeyr simpatiseer openlik met die Transvalers en het Smuts hier die geleentheid gebied om die Boeregemeenskap binne te dring. Na wat onbevestig berig word, was Smuts ook ’n lid van die Afrikanerbond. Vir die Vrystaters was die Jameson-inval, wat hulle ook as ’n aanslag op hulle onafhanklikheid beskou het, die teken om nader aan Transvaal te beweeg. Dit lei in Maart 1897 tot die sluiting van ’n politieke verbond waarvolgens die republieke mekaar in geval van bedreiging van hulle onafhanklikheid met alle beskikbare kragte en middele sou ondersteun. Die Boererepublieke was nou nog verder vervreem van die idee van ’n Verenigde Suid-Afrika onder die Britse vlag.
Maar die Jameson-inval het ook die Engelstaliges van die res van Suid-Afrika, wat met die Uitlanders gesimpatiseer het, verenig in die South African League en die organisasie het openlik gestaan vir Britse opperheerskappy, ’n verenigde Suid-Afrika onder die Britse vlag, gelyke regte vir alle Blankes in Transvaal en bestryding van Afrikanernasionalisme. Hierdie ideale is in die Engelstalige pers dwarsoor die land in ’n heftige propagandaveldtog verkondig.
Namate dit vir President Kruger al duideliker geblyk het dat die komende Tweede Vrydheidsoorlog onafwendbaar was, het hy begin om die Zuid-Afrikaansche Republiek se goudvoorrade oral in Transvaal te versteek. Nagenoeg 7 300 ton goud, wat tot vandag toe nog nie in die sirkulasie van die internasionale goudhandel is nie.
Milner het die onderhandelings tussen hom en die Zuid-Afrikaansche Republiek aan die gang gesit, waaruit dit al hoe duideliker geword het dat Milner met niks minder as die ondergang van die republiek tevrede sou wees nie en dat hy onverbiddelik op oorlog afstuur. Hy het gepoog om die Britse invloed in Transvaal uit te brei deur eise aan die Transvaalse regering, die Zuid-Afrikaansche Republiek, te stel oor die verlening van stemreg aan die Uitlanders. Hierdie proses sou hom presies ’n honderd jaar later weer herhaal toe stemreg andermaal aan die Uitlanders (die Swartes) verleen is.
Aan die begin van 1899 het Milner ook ’n versoekskrif met 21 684 Uitlanderhandtekeninge, wat hulle griewe bevat het, aan die Koningin gestuur en die versoekskrif is aanvaar. Milner het die griewe wat oor die algemeen oordrewe was, aangegryp as rede vir Britse inmenging in Transvaal se binnelandse aangeleenthede — reform or war was sy uitgangspunt. (In 1992 sou daar weer aan die Boer gesê word: Hervorm of daar is oorlog). Daarmee het die regering van die Zuid-Afrikaansche Republiek nou direk teenoor die Britse regering te staan gekom.
Teen hierdie agtergrond het Milner reeds vas besluit om Transvaal te onderwerp. Hy besoek Londen teen die einde van 1898 en haal die regering tot sy sienswyse oor. Toe hy vroeg in 1899 terugkeer, was hy vasbeslote om Kruger tot hervormings te dwing, en as Kruger nie gehoor wou gee nie, oorlog te verklaar. Ook is meer Britse troepe na Suid-Afrika gestuur. Die Arguskoerant is binnelands aangewend om die oorlog tussen Boer en Brit aan die gang te sit.
Verdere onderhandelings wat gevolg het, was van Britse kant alleen bedoel om tyd te wen sodat Britse troepe so na as moontlik aan die Transvaalse grense gebring kon word, en het dit vir Transvaal nog duideliker geword dat hy tot oorlog sou moes oorgaan om sy onafhanklikheid te beskerm. Die Zuid-Afrikaansche Republiek het geen ander uitweg gehad toe hy besef dat sy onafhanklikheid bedreig word as om, na deeglike raadpleging met die regering van die Vrystaatse Republiek, ’n ultimatum aan Brittanje te stel oor die onttrekking van Britse troepe van die Transvaalse grense.
Quigley wys vervolgens: At the Bloemfontein Conference of 1899 between Kruger and Milner, all of Smuts’s advice to the former was in the direction of concessions to Milner, yet it was Smuts who drafted the ultimatum of 9 October, which led to the outbreak of war.
Toe die ultimatum in Oktober 1899 verwerp is, het die Tweede Vryheidsoorlog uitgebreek — ’n oorlog wat nie deur die Zuid- Afrikaansche Republiek gesoek is nie.
Aan die begin het die Boere groot suksesse behaal. Selfs nadat meer Britse troepe na Suid-Afrika gebring en die twee Boererepublieke grotendeels onder Britse gesag geplaas is, het hulle voortgegaan met ’n guerrilla- oorlog. In 1901 het Alfred Milner gesê: “Oor vyftig jaar sal daar nie meer ’n Boer in Suid-Afrika wees wat Afrikaans praat nie, behalwe as ’n snaaksigheid. Slegs die groot Engelssprekende volk. Absolute onvoorwaardelike oorgawe is al wat verwag word. Op die meeste kan dit nie langer as ’n jaar duur voor hulle gedood of gevang is nie, en sodra hulle tot minder as drie duisend verminder is, hoef ons hulle nie meer in ag te neem nie. Stel uself voor ’n vuil, onnosel kêrel, wat oor sy skouer die onvermydelike bandolier dra, vol ammunisie, in sy hande ’n mauser, en u sien die Boer soos ons hom sien: ’n lafhartige skobbejak, behorende aan ’n beskawing van drie honderd jaar gelede, ’n kanker op die aarde. Die Boer, die uitvaagsel van die wêreld, die doring in die vlees van Engeland ... mag hy vir ewig stilgemaak word.”
Volgens inligting het die Boeregeneraals by die ondertekening van die Vrede van Vereeniging besluit dat die Boere weer later sal kragte saamsnoer om die Boererepublieke te herstel. Dit blyk dat Botha en Smuts hier die verbond van die herstel van die Boererepublieke misbruik het om veral die Vrystaters te mislei om die Vereeniging-traktraat te steun. Die Boerevolk is tog by wyse van amptelike korrenspendensie tussen Nederland en Brittanje, wat die Vredesverdrag van Vereeniging voorafgegaan het, wettiglik erken. ’n Volk wat deur middel van sy durf en sy verlore vryheid volkeregtelik gelegitimeer is, minstens in amptelike dokumente van twee state.
Die ironie van die Tweede Vrydheidsoorlog is dat hoewel die Britte die oorlog gewen het, kon hulle nie daarin slaag om hulle hande te lê op die tonne goud (in vandag se waarde geskat R300 miljard) van die Zuid-Afrikaansche Republiek nie. Die versteking van die goud bly tot vandag toe ’n duistere geheim. Die vernietiging van die onafhanklikheid van die Boererepublieke het die Britse skatkis £ 191 000 000 gekos. Om 60 000 Boere te verslaan moes 350 000 Britse soldate gebruik word. Daar was altesame 97 477 ongevalle, van wie 7091 gesneuwel het of aan wonde oorlede is, 19 143 is gewond en die res was siektegevalle, meestal maagkoors. Aan Boerekant het 3 990 burgers gesneuwel en 1081 is na berekening op kommando oorlede. By die Boereverliese moet ook die burgerlike dodetal en die van krygsgevangenes gevoeg word, ’n totale Boereverlies van 34 116.
Evaluering van die wordingsgeskiedenis van die Boerevolk
Om saam te vat, staan een punt uit en dit is dat die ware Boer nie daarvan hou dat aan sy ou Testamentiese geloofsoortuigings geraak word nie. Daarom het hulle gedurende die 1830-jare uit die Kaap, weg van Britse liberale oorheersing getrek. Daar was twee hoofgroepe: die een het Natal toe getrek en die ander het Vrystaat en Transvaal toe getrek. Toe die Engelse Natal beset het, het die Natal-trekker weer weggetrek van die Britse imperialisme.
Dit is ook opvallend dat die Kerk nie saamgetrek het nie. Dat die Boere elke keer waar die kerk nie aanwesig was nie ’n histories-belangrike gelofte afgelê het en dit is die Gelofte van Bloedrivier in 1838 en die Belofte van Paardekraal in 1880. In beide die geloftes onderneem die Boerevolk om een tempel tot Zijn eer te stig indien God hulle seen met oorwinnings. Die Boere geniet die sege van oorwinnings maar bly egter in gebreke met hulle onderneming om EEN TEMPEL te stig in SY NAAM. Desnieteenstaande het die Boere ná die Eerste Vryheidsoorlog hulle self met die ondertekening van die Pretoriakonvensie betreffende godsdiensvryheid laat inbind, wat stelselmatig sou lei tot die einde van die Boereheerskapy in 1902.
Hoewel ons hier met die wordingsgeskiedenis van die Boerevolk stop, wys ons graag daar op dat Suid-Afrika se Uniale en Republiekgeskiedenis gedomineer word met riglyne en norme van die Illuminati, eerstens deur Pax Brittannica (1902-1948) en tweedens deur Pax Americana (1948-). As ’n teenreaksie daarvan het die ontwaking van Afrikaner-nasionalisme sedert 1914 vergestalt in die stigting van die Nasionale Party, die Rebellie van 1914, die stigting van Afrikaner Broederbond in 1918, die Ossewatrek van 1938, die verkiesingsoorwinning van die Nasionale Party in 1948 en die Republiek van Suid-Afrika in 1961. Die Illuminati verloor sy invloed oor die politieke ontwikkelinge van Suid- Afrika tydens die tydperk 1948-1966. Ná 1966 het die Illuminati stelselmatig beheer oorgeneem oor die konstitusionele ontwikkeling van Suid-Afrika en is die weg gebaan vir ’n veelrassige Suid-Afrika. ’n Veelrassige Suid-Afrika het inderdaad ook in April 1994 ’n werklikheid geword.