Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
As iemand wat jou te na gekom het en jou vergifnis vra sê die Woord jy moet hom vergewe:
"Pasop vir julleself. En as jou broeder teen jou sondig, bestraf hom; en as hy berou kry, vergewe hom. En as hy sewe maal op 'n dag teen jou sondig en sewe maal op dag na jou terugkom en sê: Ek het berou – moet jy hom vergewe." – Lukas 17:3,4
En as hy nie vergifnis vra of berou toon nie?...
VOLKSVERRAAD... WAAROM? (7)
Adv PJ Pretorius
In die opvolg van die boek VOLKSVERRAAD, gee adv PJ Pretorius hier in VOLKSVERRAAD... WAAROM? perspektief oor waarom VOLKSVERRAAD geskryf is en verduidelik hy talle georkestreerde gebeure deur geheime magte, onder andere die dood van Diana. Lees ook waarom ons eie volk verraai moes word by Volksverraad... Waarom?
Die boek VOLKSVERRAAD kan gelees by Volksverraad - die boek.
FW DE KLERK SE POLITIEKE OORGAWE
" FW de Klerk het toe van die Burgerlike Samewerkingsburo verwag om bepaalde vooraanstaandes in regse kringe ekonomies en polities te destabiliseer. Daar bestaan ’n paar sulke voorbeelde waaronder die beëindiging van Andrew Ford se staatskontrak om bordkryt aan skole in die RSA te verskaf en die sabotering van Werner Webber se besighede in Oos-Transvaal."
Die eertydse Abe Baily beurshouer en handperd van Anton Rupert en Harry Oppenheimer, FW de Klerk, se post-Apartheids-politieke oorgawe behels ondermeer die ontbanning van die ANC, PAC en die SAKP en die vrylating van Nelson Mandela en ander politieke gevangenes. Hierdie verraad van FW de Klerk het hy in 1988 met mening begin propageer en toe het dit eers sigbaar geword.
Sedert 1988 is daar deur die Verligte Aksie oftewel die Binnekring (in samewerking met NI) met ’n aanslag begin om FW de Klerk se beeld as toekomstige Staatspresident te bevorder. FW de Klerk se aansien het in die NP se kieskollege toegeneem. Die leierskapstryd in die NP het vroeg in 1989 ’n werklikheid geword en dit sou lei tot FW de Klerk se staatsgreep op die PW Botha-bewind in 1989.
FW de Klerk se oorgawe is voorafgegaan deur besluite geneem tydens ’n geheime bosberaad (’n tipiese praktyk in NI) in laat 1989, waar FW de Klerk en sy ministers sowel as bepaalde lede van Veiligheidsgemeenskap teenwoordig was. Tydens hierdie bosberaad is besluit op die afskaffing van die finale Apartheidsmaatreëls, die implementering van die beleid van demilitarisasie en die hokslaan van die regses.
FW de Klerk het regter Louis Harms in Januarie 1990 aangestel om die bewerings van derdemag-aktiwiteite te ondersoek. Dit het in die Suid-Afrikaanse Veiligheidsgemeenskap en die regse kringe baie onsekerheid meegebring. Baie het FW de Klerk se politieke aanslag as ernstige verraad bestempel.
Die situasie was verwarrend. Die tradisionele vyand, die ANC en die SAKP het die regering se bondgenote geword en sy eie mense was nou die nuwe vyand, die regses. Dit het die taak van die veiligheidsmagte geword om die regses ekonomies en polities te saboteer. FW de Klerk het toe van die Burgerlike Samewerkingsburo verwag om bepaalde vooraanstaandes in regse kringe ekonomies en polities te destabiliseer. Daar bestaan ’n paar sulke voorbeelde waaronder die beeïndiging van Andrew Ford se staatskontrak om bordkryt aan skole in die RSA te verskaf en die sabotering van Werner Webber se besighede in Oos-Transvaal. FW de Klerk het tydens die geheime beraad in April 1991 sy toewyding aan die liberale politiek van die Nuwe Wêreldorde benadruk.
Tydens hierdie oorgaweproses het ’n binnekring (nagenoeg 57 lede) in die Veiligheidsgemeenskap ontstaan bekend as die Organisasie (die hart van die derdemagte en die laaste sterk oorblyfsel van PW Botha se totale aanslag-totale strategie-empire). Die Organisasie het oor ’n hele netwerk beskik wat binne die politiek en die ekonomie aktief was. Dit het bankiers, sakemanne, prokureurs, staatsdiensamptenare en soldate ingesluit, wat in die binneland sowel as die buiteland aktief was. Hierdie groepering het dieselfde politieke sentimente as PW Botha gehad. Hulle is nie verkramp of gematig nie maar wou tog hê dat die politieke mag in Blanke hande bly.
Die Organisasie het Hernus Kriel, destyds die minister van Verdediging, in Junie 1992 in ’n skrywe van sy bestaan in kennis gestel. Die Organisasie het by wyse van die skrywe die NP ministers wat op daardie stadium gepoog het om die onderhandelingsproses te red, gemaan oor die toekomstige impak van hulle onderhandelingspoging. Die Organisasie het aan die NP ministers by implikasie gesê dat hulle daardie ministers vorentoe sou teregstel indien die onderhandelings in terme van blanke belange sou misluk. Die Organisasie het hulle eie agenda gehad om te verhoed dat die nuwe bedeling slaag. Daar was selfs later aan sprake van ’n beplande staatsgreep in ’n losie by die Noord-Transvaalse Rugbystadion, Loftus Versveld, te Pretoria.
’n Groep gewapende Zoeloes het in opdrag van die veiligheidsmagte (klaarblyklik die Organisasie) gedurende die nag van 17 Junie 1992 ’n aanval op trekarbeiders in Boipatong, naby Vereeniging geloods. Agt-en-dertig swartes is in die voorval gedood. Hierdie aanval was duidelik ’n anti-ANC/SAKP boodskap met ’n oogmerk om konflik tussen Inkatha- en ANC/SAKP ondersteuners aan te wakker. “After the massacre at Boipatong in June, FW requested the Freemason, Jugde Richard Goldstone to investigate this incident. Eventually, in late 1992 and 1993, the Goldstone Commission provided evidence of security force involvement in ‘thirdforce’ activities.” Dit was duidelik dat FW de Klerk die Organisasie as uiters gevaarlik bestempel het en dat hy dit sy erns gemaak het om die derdemagfaktor, wat die onderhandelingsproses kon ontwrig, te elimineer. NI en MI se Afdeling Teenintelligensie het begin om informasie oor die Organisasie in te samel. Hier reeds, het mede-offisiere hulle kollegas verraai.
Toe die ANC gedurendende Junie 1992 uit die onderhandelingsproses getree het, het pres De Klerk vir Roelf Meyer as Minister van Staatkundige Ontwikkeling aangewys. In Anatomy of a Miracle beweer Patti Waldimeir dat FW de Klerk glo in hierdie stadium steeds gemeen dat hy die ANC kon oorhaal om magsdeling en ’n vetoreg vir minderhede te waarborg. Meyer het toe by Gerrit Viljoen oorgeneem as die hoof van die regering se onderhandelingspan. "Through the grim months from June to September 1992, when the negotiations were officially broken off, Meyer and Ramaphosa went on meeting, one on one, unnoticed, in hotel rooms several times a week, meticulously trying to pick up the pieces. Those months were a formative time in other ways, too, with a subtle change of political chemistry taking place in both camps. Doubts began to arise within the National Party about De Klerk's strategy of trying to build a winning anti-ANC alliance [refering to Inkahta ]. Meanwhile, Roelf Meyer [Martihinus van Schalkwyk, Chris Fismer, Sam de Beer] and Leon Wessels began reassessing their own political career prospects. These younger people began facing the inevitable truth that their futures lay in what would be a non-racial South Africa and they did not want the albatross of apartheid around their necks. Building a dubious alliance to fight the major black political movement made less and less sense to them. Coming to terms with it seemed more rational. So a fault line developed in the cabinet—the pro-Buthelezi faction, still committed to the original strategy, on one side, and the younger bloods, keener to linkup with the ANC, on the other. The division widened as the younger ministers gained the ascendancy after Boipatong and Bisho. While the cabinet was divided between its Old Guard [Kobie Coetsee, Hemus Kriel, George Bartlett, Andrè Fourie en Tertius Delport] and Young Turks, a similar change was taking place in the liberation movement, where some of the moderates were exploring how they might bridge the vital gap between power sharing and majority rule. Surprisingly, the lead came from Joe Slovo, for so long Pretoria's bugbear whom De Klerk had tried to exclude from the Groote Schuur summit but who now, as chairman of the Communist Party, was playing an increasingly conciliatory role. Slovo suggested a 'sunset clause' that would provide for compulsory power sharing for a fixed number of years, then fall away."
Slovo het geweet dat die ANC op daardie stadium "no civil service in waiting in the wings to take over the running of the country" gehad het nie."As Slovo put it in a conversation at the time, We can win political office, but we won't have political power."
Die ANC sou derhalwe deur sy dominate blanke staatsdiens moes regeer. Die woorde het ook ’n rukkie later duidelik in ’n verslag van die ANC gereflekteer: "We have no problem with the democratic principle that different parties can hold office at national and regional levels. To the National Party, still condition by its portrayal of the ANC as a communist front committed to centralized political system enforcing a command economy, this was a revelation."
Dit het die klimaat vir onderhandelings tussen die regering en die ANC tydelik verlig. Mandela en De Klerk het toeweer bymekaargekom. Mandela het 'n lys van 14 voorwaardes aan De Klerk oorhandig vir voortgesette onderhandelings. Die lys is daarna tot drie voorwaardes ingekort: "Releasing a number of disputed political prisoners, included several on death row for murders committed during the years of the 'armed struggle', fencing Inkatha hostels, and banning the carry of 'cultural weapons ’."
Hierdie verkorte lys was vir De Klerk moeilik om te aanvaar. Die vrylating van ter dood veroordeelde gevangenes was ’n hoogs emosionele kwessie by die Blanke gemeenskap. Die oorblywende voorwaardes het stappe teen Inkatha vereis wat daartoe sou lei dat die NP en Inkatha verder van mekaar verwyderd sou raak. Mandela het vasgeskop en het aangedring dat al drie voorwaardes ten volle deur die regering nagekom moes word andersyds sou daar geen ooreenkoms wees nie.
Die toedrag van sake het ’n krisis in die onderhandelingsproses meegebring. Selfs Ramaphosa het gedink dat Mandela sy hand oorspeel het. Maar Mandela het goed geweet dat die NP sou toegee omrede die NP homself ingebind het om voort te gaan met onderhandelinge. ’n Staking in die onderhandelingsproses sou buitelandse inmenging teweeggebring het wat inderdaad ’n einde sou impliseer van die NP se leidende rol. De Klerk het toe aan die ANC se eise toegegee. Die regering en die ANC het in September 1992 ’n "Record of Understanding" geteken. Die Notule van Verstandhouding was die keerpunt in die onderhandelingsproses wat die eerste nie-rassige algemene verkiesing in 1994 voorafgegaan het. Hiervandaan was die oorgaweproses onomkeerbaar in die guns van die ANC en die SAKP. Die ondertekening van daardie onderneming impliseer dat die jong Turke in die regering die geskil met die ou Garde gewen het en het Buthelezi inderdaad ook die ondertekening van die vermelde dokument vertolk asof die NP Inkatha as ’n onderhandelingsvennoot laat vaar het.
Patti Waldmeir se slotsom in Anatomy of a Miracle is dat die NP oor ’n lang tydperk deur die ANC, met Thabo Mbeki aan die spits, by die onderhandelingstafel “uitoorlê, verlei, in strikke gelok en geknak is.”
Die onderhandelingsproses het hom teen wil en dank laat afstuur op die aanvaarding van die NP se hoofonderhandelaar, Roelf Meyer se beskouing dat “demokrasie of niks” al uitweg is. Volgens Waldmeir is die NP op 26 September 1992 met blindheid geslaan. “Die ANC was in die wolke oor die akkoord, die regering was verbouereerd en Inkatha was woedend. Maar in daardie Notu-le is die saad van die finale skikking geplant. ” Haar vraag aan Meyer was watter voordele die Notule van Verstandhouding vir die NP ingehou het. Volgens haar was sy antwoord: '"Die hervatting van die onderhandelings.” Dit het haar daarvan oortuig dat die NP so deperaat was oor onderhandelings, wat weens die Bisho-slagtings op die dooie punt beland het, weer aan die gang te kry dat hy enigiets sou doen om dit te bewerkstelling. FW de Klerk erken gedurende Januarie 1997 in London dat die NP by die onderhandelingstafel oorgegee het. De Klerk het die Afrikaner se selfbeskikking prysgegee om die onderhandelingsproses te red.
Die hoofartikel van Die Burger van 6 Februarie 1997 lui onder meer: “Die mandaat wat hy [De Klerk] gevra het, was vir magsdeling, nie vir oorgawe nie
Die ondertekening van die Notule van Verstandhouding het ook die vrese van die Organisasie [Veiligheidsmagte] bewaarheid. Die al'getrede genl. Tienie Groenewald het met die hulp van sy broer, Jan Groenewald van die Boere Vryheidsbeweging die NP se Anti- ANC -blok gekaap. Dit was ’n goed berekende set om regses in te trek by onderhandelingspolitiek. Die Concerned South Africans Group (Cosag) is op 6 Oktober 1992 gestig. Die stigting van Cosag het die KP vinnig by die onderhandeling betrek. Hierdie ooreenkoms met sekere tuislandleiers sou uiteindelik die weg baan vir die regses om volskaalse onderhandelinge met die ANC aan te knoop.
Regter Goldstone en sy ondersoekspan het op 11 November 1992 ’n deurbraak ten opsigte van derdemag bedrywighede gemaak. “On November 11, 1992, this team made a dramatic noonday raid on a building in the fashionable Pretoria suburb of Lynnwood Rigde, which they found was being used as the operational headquarters of a secret Military Intelligence unit that was running a dirty-tricks campaign, code-named Project Echoes,'to discredit ANC leaders. At least forty-eight Military Intelligence officers were involved in the covert unit. ”
Regter Goldstone het hierdie deurbraak in die media rigbaar gemaak. Dit het plaasgevind tydens FW de Klerk se staatsbesoek aan Brittanje. FW de Klerk het by sy terugkeer spoe- dig daarop gereageer toe hy die Hoof van die Lugmag, genl. Pierre Steyn aangestel het om Regter Goldstone se bevindings te onder- soek. Steyn was toe in opdrag van FW de Klerk besig om sekere bedrywighede van komponente van die weermag te ondersoek. Dit sou lei tot die Nag van die Generaals. Altesaam 23 offisiere van MI se DKI is in Desember 1992 of op verpligte verlof of op vroeë pensioen geplaas. Naas DKI is daar ook jag gemaak op Lt. Genl. Basie Smit en Maj. Genl. Krappies Engelbrecht van die Veiligheidspolisie asook Kol. Eugene de Kock van Vlakplaas.
Vervolg...