Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Sien ons in ons land vanaf 1994 meer volop hierdie gesig wat Dawid in Ps 73 van die goddeloses beskryf...: "...gesond en vet is hulle liggaam... die geweld bedek hulle soos 'n gewaad. Hulle oë puil uit van vet, die inbeeldinge van die hart loop oor. Hulle spot en spreek in boosheid verdrukking... hulle stel hul mond teen die hemel... kyk, so is die goddelose mense, en altyd onbesorg vermeerder hulle die rykdom!" En dit is nie die uitgeteerde, verdrukte Christen-Afrikanervolk wat hier bedoel word nie...
SLAWEVANGERS
Ds AE van den Berg
1. Vergoeding geëis
Op die 35ste herdenking van die Afrika-bevrydingsdag het die destydse PAC vise-president, Motsoko Pheko, daarop aangedring dat Afrika vergoeding vir slawerny, kolonialisme en apartheid moet begin eis. Hy het beweer dat dit wat die Weste aan Afrika skuld, baie meer is as wat Afrika aan hulle skuld.
In die VSA gaan daar toenemend stemme ten gunste van vergoeding aan Afrika op vir sg. onregte wat hulle in die verlede aangedoen is. Hierdie selfverklaarde veronregtes is sonder uitsondering almal swart terwyl blankes die skobbejakke is. Blankes word as die selfsugtige, ryk bevolkingsgroep voorgehou wat swartes doelbewus onderdruk en van voorregte ontneem het. Dis 'n growwe belediging vir blanke gewetens!
Swartes brandmerk graag kolonialisme as een van die grootste euwels wat Afrika ooit getref het. Dis ‘n leuen! Kolonialisme was geen euwel nie, maar eerder 'n vakleerlingskap in beskawing wat Afrika gedruip en die onderwysers die skuld daarvoor gegee het.
In die sug na vergoeding, kom slawehandel altyd ter sprake. In 1992 het Jesse Jackson, 'n omstrede Neger-aktivis, tydens 'n vergadering van die Organisasie vir Afrika Eenheid gesê dat die VSA en ander lande Afrika vir verliese wat tydens die slawehandel-era gelei is behoort te vergoed.
2. ‘n Mite ontmasker
Swartes aanvaar sondermeer dat slawehandelaars na Afrika gekom, die bosse ingevaar en swartes soos diere vir ‘n dieretuin gevang het. Dis een van die grootste leuens van alle tye! Die slawehandelaars het wel slawe uit Afrika gekry, maar hoe hierdie menslike handelsware bekom is, is 'n ander storie.
Lank voor die ontdekking van Amerika of die verskyning van blankes in Afrika, was slawehandel alreeds 'n gevestigde praktyk. Om die waarheid te sê blyk dit 'n tipiese Afrika-ondernemig te wees. Aan die Weskus van Afrika was daar talle sterk stamme soos bv.die Duala van die Kameroen wat etlike statte vol slawe gehad het.
So anders as wat algemeen aanvaar word, was die slawehandel 'n gesamentlike onderneming tussen sulke dominante swart stamme en buitelandse slawehandelaars. Laasgenoemdes het selde of ooit self slawe gaan vang. Hulle het eerder aanboord van hul skepe vertoef en die woord laat versprei dat hulle menslike handelsware verlang het. Die werklike vangwerk is deur die plaaslike swartes self gedoen. Swakkere stamme is aangeval en die krygsgevangenes is as slawe aan die slawehandelaars verkoop.
Slawemarkte was 'n algemene gesig in Afrika. Die grootste mark is jaarliks in Februarie aan die bo-lope van die Ogoouerivier gehou. Drie stamme was hierby betrokke. Die Okande, wat die verste stroom-op gewoon het, het die handelsware bekom en dit aan die Enengas verkoop. Hierdie handelsware is dan stroomaf geneem na die Orungus wat aan die kus gewoon en waar die slawehandelaars dan aangedoen het.
Slawehandel was al so deel van Afrika, dat die Britse koningsgesante wat in die vroeë 19de eeu na Afrika gestuur is, die wind sterk van voor gekry het toe hulle dit probeer stopsit. Hulle kon die stamhoofde wat weens slawehandel welvarend geword het glad nie oorreed om ander handelsware te bemark nie.
In 1984 het 'n joernalis van die New York Times 'n bejaarde swarte ontmoet wat aan die begin van die eeu saam met sy oupa slawe in Mosambiek gaan vang het om aan die Arabiese slawehandelaars aan die Ooskus te verkoop. Hy het vertel dat hierdie gevangenes met toue aan mekaar vasgemaak is sodat hulle nie kon weghardloop nie.
Swartes openbaar oor die algemeen maar min meegevoel. Die slawevangers was absoluut gevoelloos teenoor hul eie rasgenote. Indien 'n vrou 'n baba op die rug gehad en dié begin huil het, is die kind van haar af weggeneem en sonder skroom in die bosse weggegooi om van ontbering om te kom. Indien een van die gevangenes moeg geword en uitgesak het, is hy sumier doodgeskiet, losgesny en sonder enige seremonie agtergelaat.
Arabiese en Westerse geld was die primêre dryfkrag agter die slawehandel. Sonder die hulp van die swart slawevangers sou hierdie onderneming nie kon slaag nie. Indien daar dus vir die eertydse slawehandel vergoed moet word, hoef blankes nie hand in die sak te steek soos wat Pheko en Jackson eis nie. As daar vergoeding geëis wil word, moet Wes-Afrikalande die Negers daarvoor vergoed en Oos-Afrikalande die nasate van diegene wat aan die Arabiere verkoop is!
Ironies genoeg stam die Afrika-swartes wat die onreg van slawehandel so graag ophaal, nie van die slawe, maar eerder van die slawevangers af! Hulle was die jagters en middelman wat hul eie rasgenote aan buitelandse slawehandelaars vir drank en vuurwapens verruil het. Sonder hulle kon daar geen slawehandel wees nie.
3. Liberië
Liberië het ‘n interessante geskiedenis. Hierdie land is aanvanklik deur Amerika aan vrygemaakte slawe gegee. Daarna het die vrygemaaktes menige oorlog geveg ten einde hul grondgebied uit te brei. Vandag beskik die land oor 112,000 vk.km ryk berg- en landbougrond. Die bevolking van 3,3 miljoen is almal afstammelinge van die Negers wat met dié slagspreuk na Liberië gekom het: Die liefde vir vryheid het ons hierheen gebring.
Met hierdie slagspreuk in die een hand en ‘n Amerikaanse vuurwapen in die ander, het die eerste vrygeraaktes die grondgebied uitgebrei, maar nie bewerk nie. Hulle het dit eerder uitgebuit, belastings verhoog en self by die slawehandel betrokke geraak deur gevangenes aan die Portugese van die eilande San Tome en Principé en Spanjaarde van die eiland Fernando Po te verkoop. Hierdie onbeskaamde uitbuiting van die plaaslike swartes deur koloniale swartes is klassiek!
Slotopmerking
Swartes durf dus nie ‘n vinger na die witman wys nie. Vier vingers wys terug! Min Negers is vandag bereid om na die land van hul herkoms terug te keer en dit te help ontwikkel. Nogtans is hulle altyd gereed om blankes te beswadder. ‘n Laaste vraag aan die sg. veronregtes: Wie het die slawehandel uiteindelik stopgesit? Die witman! Was dit nie vir hom nie, sou swartes mekaar vandag nog in die bosse van Afrika rondgejaag het!