Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Laat ons uit die krisisse waar ons troos van ons hemelse Vader kry, nog iets leer: Hy troos ons NIE om ons te vertroetel nie maar om weer van ONS troosters vir ander te maak.
STRYD IS LEWE (2)
JA Marais
Lees volledig by Stryd is lewe
Wie is die bang mense?
Die nasionalisme het nie plek vir papbroeke en vroompraters nie. Wie sy vertolkers wil wees, moet reguit loop, moet duidelik praat, moet bereid wees tot onvriendskap met sy vyand en moet sy man kan staan selfs wanneer hy alleen staan.
Wie is die bang mense in die politiek? Die vraag het glo een aand by die Pretoriase Parlementêre Debatsvereniging opgeduik en tot enkele interessante opmerkings gelei.
Die aanklag van bevreesdheid vir die wêreld daarbuite en vir die toekoms word van toeka se dae of met gereelde tussenposes teen die behoudende Nasionale Afrikanerdom ingebring. Dit is pres. Kruger met venyn aangevryf; dit is met brutaliteit op die rekening van genl. Hertzog geplaas; met growwe beterweterigheid is dit dr. Malan ten kwade gedui; dit is met kille hooghartigheid adv. Strijdom verwyt, en dit met 'n hele vermakerigheid teen dr. Verwoerd ingebring.
Altyd was dié manne se teenstanders die mense wat die vyandige kamp wou binnegaan, wat die wye wêreldverhoog wou bestyg, wat die opwindende nuwigheid wou verwelkom, wat die verandering met gretigheid wou tegemoetgaan en wat die toekoms also dan met uitdagendheid wou trotseer.
Hulle sou die mense wees wat uitbreek uit die eng grens van hulle volk en hulle tyd. Hulle sou die mense wees wat die bande breek wat ons te vas aan die vaderland en die verlede bind. Hulle sou die mensc wees wat wêreldwys oor die grens heen beweeg. Hulle sou die mense wees wat na buite volgens die mode van die tyd lewe.
Dat die werklikheid so onderstebo gedraai kan word, lyk byna onmoontlik. Maar tog... Die geskiedenis het oor en oor getoon wie die moediges was en wie die bevreesdes. Maar tog, weer sien ons die parade van verslete krete.
Sal iemand by sy sinne vandag beweer dat pres. Kruger die Britse oormag die wapenstryd uit bevreesdheid aangesê het? Is daar 'n mens wat sal sê dat genl. Hertzog die pad van Suid Afrika Eerste uit die Britse Ryk gekies het omdat by bang was vir die buitewêreld? Dat dr. Malan almal wat uit innerlike oortuiging bymekaar gehoort het, bymekaar wou bring omdat by bang was? Dat adv. Strijdom sy volk opgeroep het om die stryd met hom voort te sit omdat hy 'n bevreesde mens was? Dat dr. Verwoerd die bande met die bont State-bond gebreek het omdat hy klein van moed was?
Nee, dit sal 'n mens nie maklik hoor nie, maar net so maklik sal jy wel hoor dat dit dinge van die verlede is wat geen toepassing op ons tyd het nie, want die praters is sku vir die geskiedenis en vir die erkenning dat die beginsels waarvoor die mense gestaan het, onveranderlik is.
Eintlik gaan dit hier om moed en beginsels. En die waarheid is dat beginsels sonder moed nie veel beteken nie. Mense van beginsel toon eers dat hulle mense van beginsel is wanneer hulle die moed aan die dag lê om by hulle beginsels te staan. Die wat dit in krisistye kan doen, word die helde van 'n volk, en omdat hierdie ry van manne nie bevrees was nie, kon hulle bo hulle vroeëre portuurs uitstyg en die geskiedenis buig.
Hulle het die gevaarvolle weg gekies van persoonlike vereensaming en politicke ruïnering. En die getal mense in elke volk wat dit sal waag, is nie groot nie.
Hierdie manne het uit die vlaktes van moedverloor hulle volk geroep tot hoë spitse wat langs gevaarlike afgronde bestyg moes word. Maar elke tree wat gewen is, was 'n toevoeging tot innerlike krag. Elke oorwinning was 'n voorwaarde vir 'n nuwe uitdaging. Dit was nie werk wat die kleinmoediges kon doen nie.
En hulle teenstanders, die mense wat so weg wou lewe, wat so veranderingsbewus was, wat so wyd wou bestryk?
In ons volk se geskiedenis was hulle die mense wat gevlug het; gevlug het uit die verantwoordelikheid tot voortsetting, vandaar die verskoning van verandering wat aanvaar moes word as nuwigheid wat so goed is. Hulle was die mense wat nie die moed gehad het om deur die engtes van nood saam met hulle volk te beweeg nie, vandaar die begeerte om die grense plat te druk. Hulle was die mense wat nie die durf gehad het om nee .te sê wanneer beginsels verkwansel wou word nie, vandaar hul skuheid vir beginselvaste politiek. Hulle was die mense wat nie die krag gehad het om die aantrekking van die vreemde mag te kon weerstaan en af te stoot nie, vandaar die verskoning dat dit goed is om in die groot wêreld in gelei te word.
Hulle het die drang na prestasie gehad, maar nie die vreesloosheid wat dit vra om uit eie krag te skep nie. Hulle het ambisie gehad, maar nie die hartstog wat 'n mens en ‘n volk verhef bo die klein bestaan van gerustheid en gerief nie. Hulle het eiewaan gehad, maar nie onverwinlike geloof as hulle God, hulle volk en hulleself nie. Hulle het vernuf gehad maar nie die pit van 'n selfstandigheidswil nie.
Die selfrespek wat daar vandag in die Afrikanerdom is, kom uit die stryd van die Afrikanernasionalisme. Dit is nie verwerf deur toegeeflikheid met beginsels of ratsheid met geld of vriendskap met die vyand nie. Dit is verwerf deur moed om by beginsels te staan, deur die wil om te veg vir voortbestaan, deur die begeestering van 'n roepingsbewustheid.
Die nasionalisme het nie plek vir papbroeke en vroompraters nie. Wie sy vertolkers wil wees, moet reguit loop, duidelik praat, moet bereid wees tot onvriendskap met sy vyand en moet sy man kan staan selfs wanneer hy alleen staan. Want nasionalisme is niks as dit nie die draer van 'n volk se selfrespek is nie. Maar bowe-al moet hy, wat die nasionalisme wil vertolk, na aan die hart van sy volk wees, sodat die trilling van elke klop in sy gebeente registreer. Dan sal hy weet waar die krag lê en sal hy dit nie by die vreemde gaan soek nie.