NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

As ek vanaand my hart leeg huil,
Vir die Here vra dat my boot op kalm water seil.
Vir Hom vra vir 'n hoekie om te skuil.
Sal die Here sê: "Jy sal weer op kalm water seil.
Jy mag maar jou leed op My skouer uithuil.
By my is daar rus, 'n plek om te kan skuil."

AFRIKANER- NASIONALISME (3)

T B Floyd

Lees reeks by Afrikaner-nasionalisme

Dikwels word gehoor dat iemand sê: “Ek is ’n nasionalis”. As hy dan gevra word wat die term nasionalis en nasionalisme beteken, sukkel hy dikwels om die vraag te beantwoord. ’n Vooraanstaande Afrikaanse weekblad het geskrywe dat ’n nasionalis iemand is wat lid van die Nasionale Party is. Ewe verspot hoor mens ook dikwels dat iemand ’n nasionalis gebore is.

Tans is die vaagheid oor nasionalisme baie groot. Heelwat vertroebeling oor die begrip is ook deur anti-nasionaliste gesaai om juis daardeur nasionalisme vaag voor te stel. ’n Voorbeeld hiervan is waar blatante imperialisme deur imperialistiese teenstaanders, soos in die geval van Engeland en Duitsland tydens die twee wereldoorloë, as nasio­nalisme voorgehou is. Die opportunistiese politikus aarsel ook nie om die betekenis van die begrip nasionalisme vir eie oogmerke te verwring nie.

Die Encyclopedia Britannica beskryf nasionalisme soos volg: “A state of mind in which the supreme loyalty of the individual is felt to be due to nation-state. Though attachments to the native soil, to parental traditions and to established territorial authorities have been known throughout history, it was only at the end of the 18th century that nationalism began to become a generally recognised sentiment moul­ding public and private life and one of the great if not greatest single determining factors of history. Thus nationalism is a modern move­ment . . . Nationalism implies the identification of the state or nation with the people, or at least the desirability of determining the extent of the state according to ethnographic principles. In the age of nationalism, but only in the age of nationalism, the principle was generally recognised that each nationality should form a state - its state - and that the state should include the whole nationality ... It was only at the end of the 18th century that, for the first time, civilisation was considered to be determined by nationality and the principle was put forward that a man can be educated only in his own mother tongue, not in languages of other civilisations and other times be they classical languages or the literary creations of other people who had reached a high degree of civilisation.

“From the end of the 18th century on, the nationalisation of education, and public life went hand in hand with the nationalisation of states and political loyalties. In many cases poets and scholars empha­sized cultural nationalism first. They reformed the national language, elevated it to the rank of a literary language and delved deep into the national past, thus preparing the foundations for the political claims for nation statehood soon to be raised by people in whom they had kindled the spirit of nationalism.”

Die omskrywing van nasionalisme in die Encyclopedia Americana is meer indringed en delf dieper as dié van Encyclopaedia Britannica. Tog is dit verkeerd waar dit nie duidelik tussen imperialisme en na­sionalisme onderskei nie. Dit lui: “Nationalism is a state of mind characteristic of certain people with a homogenous culture, living together in close association in a given territory and sharing a belief in a distinctive existence and a common destiny. Such persons have a deep sense of belonging, a keen feeling of loyalty to the in-group and a desire to contribute to its welfare. These sentiments lead to a like mindedness, conformity and even exclusiveness, which find their expression in group action designed to add to the liberty, prestige, prosperity and power of the nation. Nationalism connotes a loyalty to the group entity superior to all other loyalties and a belief in its excellence or even superiority over all other entities and thus leads to aggressiveness as such, while its greatest impulsion has come from intellectual circles, it makes its greatest appeal to the masses. This state of mind may change substan­tially in intensity and depth depending on conditions of time and place. It varies all the way from the healthy patriotism of the Swiss nation to the fanatical intolerance of Nazi Germany.”

’n Poging tot ’n kort omskrywing word gevind in The Shorter Oxford English Dictionary wat soos volg lees: “Devotion to one’s nation, a policy of national independence.”

Prof. D.J. Kotze sê in sy voorwoord: “Nasionalisme is ’n ideologie. ’n Ideologie beweer dat ’n sekere iets aan die mens ’n gevoel van veiligheid, geborgenheid, waarheid, belangrikheid, geluk, rus en vrede en ’n gevoel van hoop vir die toekoms kan verskaf. Dit kan ook beskryf word as ’n gedagtesisteem of ’n lewenshouding waarin ’n bepaalde beginsel sentraal geplaas word.”[1] Nog Encyclopaedia Britannica nog Encyclopedia Americana nog prof. Kotze maak die verskil tussen nasionalisme en imperialisme duidelik. Encyclopedia Americana verwar nasionalisme en imperialisme waar dit sê: “It varies all the way from the healthy patriotism of the Swiss Nation to the fanatical intolerance of Nazi Germany.” In werklikheid is eersgenoemde nasionalisme en laasgenoemde imperialisme. Nasionalisme varieer nie in sy wese nie. Dit is ook nie ’n ideologie soos deur prof. Kotze beweer nie.

Prof. Kotze sê ook dat daar twee soorte nasionalismes kan wees. Een noem hy imperialistiese nasionalisme en die ander nie-imperialistiese nasionalisme.

Van eersgenoemde skryf hy: “Sommige nasionaliste is van mening dat die nasie homself slegs ten koste van ander nasies kan handhaaf en versterk. Die nasionalis se hoogste strewe moet dan wees om sonder enige voorbehoud die belange van sy eie nasie te bevorder. As sy nasie se belange met dié van ander nasies bots, wat noodwendig sal gebeur, dan moet eersgenoemde voorrang kry. Dit is ook die standpunt van diegene wie se slagspreuk is: ‘my nation, right or wrong’ ”.12

Dat hy moontlik twyfel aan so ’n nasionalisme, volg uit wat hy daarna skryf: “So ’n houding is in sy wese imperialisties. Dit kan gevolglik as aggressiewe, offensiewe imperialistiese nasionalisme aangedui word.”

Die vraag ontstaan dus nou dat as dit imperialisties is, waarom hy dan nie sê wat logies daarop moet volg nie, n.l. dat dit nie nasionalisme is nie maar wel aggressiewe, offensiewe imperialisme.

Van nie-imperialistiese nasionalisme skryf hy: “Die tweede antwoord kom daarop neer dat die eie nasie se welsyn bevorder kan word sonder dat dit noodwendig tot nadeel van ander nasies plaasvind. Die eie nasie moet die reg en geleentheid ook vir ander nasies gun. Om dit te verseker, moet sekere algemeen aanvaarbare beginsels erken word waaraan nasionalisme ondergeskik gestel word. Byvoorbeeld sekere etiese norme, soos naasteliefde en die Bybelse beginsel: ‘Alles wat julle wil hê dat mense aan julle moet doen, net so moet julle aan hulle ook doen.’ Of die gedagte van geregtigheid en die noodsaaklikheid van goeie onderlinge verhoudinge. Of dit kan berus op die oortuiging dat God, die natuur of die geskiedenis aan elke nasie ’n eie staat toegesê het. Of iets anders wat bedoel is om die gedagte : Leef en laat Leef, tot uitdrukking te bring.”

In werklikheid is laasgenoemde aanhaling nasionalisme en nie net ’n vorm daarvan nie maar die enigste vorm. Die voorgaande omskrywings maak dit duidelik dat nasionalisme in verband met ’n nasie staan, dat dit ’n lewensfilosofie is, dat dit, soos dr. D.F. Malan gesê het, “liefde vir jou eie is” en dat dit beperk word tot ’n landstreek wat God aan die nasie gegee het. Wat nog nie duidelik is nie, is die verskil en verband tussen nasionalisme en patriotisme, sowel as die duidelike verskil tussen imperialisme en nasionalisme.

  1. Nasionalisme,Vergelykende Studie deur prof. dr. D.J. Kotze.

Om dit te kan beantwoord, moet teruggegaan word in die geskiedenis en moet die ontwikkeling van die mens vlugtig nagegaan word. Hoewel na­sionalisme nie iets moderns is nie, het dit tog nie by die primitiewe mens ontstaan nie. Dit het sekerlik nie met die Franse Rewolusie ontstaan nie en ook nie met die Vrede van Munster in 1648 nie. Dit kon ook nie skielik ontstaan nie, maar was ’n langsame groeiproses. Wat wel gebeur het, is dat die opstand van die mense in die Amerikaanse kolonies en die Franse Rewolusie die onderdrukte deel van die bevolkings geweldig aangemoedig het tot opstand. As die Franse en Amerikaners suksesvol kon opstaan en die juk van hul verdrukkers kon afgooi, dan was daar hoop vir ander wat ook onderdruk is. So het hierdie twee gebeurtenisse wêreldreperkussies gehad en ’n groot stoot aan sowel demokratiese as nasionalistiese bewegings gegee. Dikwels het die strome van demokrasie, die klassestryd, geloofstryd en nasionalisme saamgevloei in een groot vryheidstryd.

In ’n vroeer stadium het die primitiewe mens tot die besef gekom dat hy alleen in ’n groep sy bestaan kon handhaaf. Eers het klein groepies, soos in die geval van die Boesmans, ontstaan. Later het klein stamme, soos die Hottentotte, en nog later het groot stamme, soos die Bantoe, ontwikkel. Eindelik het die nasie deur die vereniging van stamme in ’n bepaalde landstreek en van dieselfde etniese groep tot stand gekom. Waar in Suid-Afrika die Bantoe en ander Nie-blankes nie verder as die stam ontwikkel het nie, is Europa vol voorbeelde van nasies wat uit verskillende stamme ontstaan het. Frankryk, Duitsland en Engeland is almal voorbeelde hiervan.

So het die mens eers ’n groepsgevoel ontwikkel en geleer om sy indiwiduele selfsug en eiebelang, sy primitiewe instink van selfbehoud, aan bande te lê en dit ter wille van die welsyn van die groep in te boet. Die groep het nie alleen groter behoud en veiligheid verleen nie, maar in die groep het ’n kultuur en beskawing begin ontwikkel. In weklikheid het die indiwidu tot die besef gekom dat die groep, op ’n lang termyn, sy vryheid en belange as indiwidu beter beskerm as wat hy dit self kon doen.

’n Groepsgevoel het dan later uitgekristaliseer in patriotisme wat die belange van die groep bo die van die individu gestel het. Die organisasie van die groep het dit versterk en partiotisme verhef tot iets prysenswaardig. So ver het die onselfsugtige liefde vir ’n eie groep ontwikkel dat selfs die lewe van die individu dikwels ten behoud van die groep opgeoffer word.

Hierdie partiotisme wat sy hoogste liefde, eer, trou en lojaliteit aan sy eie stam gee, het die belange van sy eie groep bo alles gestel. Dit het gelei tot die plundering en uitbuiting van ander stamme of nasies ter wille van die voordeel van die eie. Uit hierdie primitiewe lewenshouding het, nadat ’n mate van beskawing bereik is, imperialisme ontstaan. Die patriotisme word georganiseer en gerig op die nasie en sy belange. Sy voordeel en belange word eerste gestel. Die grootste goed en reg of verkeerd het geen plek in so ’n gedagte nie, want die primitiewe wet va “mag is reg” het geseëvier. Patriotisme, wat ontstaan het as iets onselfsugtigs om selfbehoud te verseker en bevordering van die eie aan te moedig, word dan uitgebuit ter wille van die drang na mag deur leiers, ekonomiese belange en verheerliking van indiwidue of die groep. Dit het ten volle vrye teuels aan die aggressiewe instink gegee.

Vir die imperialis bestaan reg alleen in wat in belang van sy eie nasie is. Ander norme ken hy nie. Die norme wat ontwikkel het met beska­wing om verhoudings tussen indiwidue te bepaal en te reël, tel nie by die imperialis in internasionale verhoudings nie.

Imperialisme kan dus beskou word as die voortsetting van die primi­tiewe patriotisme wat roof en plunder van ’n ander stam as reg beskou. Die invloed van beskawing het alleen daartoe gelei om die organisasie en metodes daarvan te verbeter.

Anders as nasionalisme het imperialisme twee groepe aanhangers. Eerstens is daar die imperialiste wat ander nasies verower, en tweedens is daar persone van die verowerde nasies wat deur selfsug, eiebelang en swakheid ontrou is aan hul eie en die veroweraar in sy imperialisme help en ondersteun. Die eerste groep imperialiste is besiel met partiotisme, terwyl die tweede juis ’n gebrek aan patriotisme en morele moed het. Altwee word gedryf deur selfsug, maar waar eersgenoemde met ’n groepselfsug besiel is, word laasgenoemde deur persoonlike wins en eiebelang of selfsug aangedryf. Die eerste groep imperialiste pleeg die onreg en die tweede, deur hul optrede, keur dit goed en word medepligtiges, want hulle is met ’n gees van verslawing besiel.

Die Romein Tacitus laat hom skerp uit oor so ’n element. “The Britons were gradually led on to the amenities that make vice agreeable - arcades, baths and sumptuous banquets. They spoke of such novelties as civilisation when really they were only a feature of enslavement.”13 Hierdie uitdrukking kan vergelyk word met dié van president Steyn waar hy sê: “Die taal van die veroweraar in die mond van die verowerde is die taal van ’n slaaf.”

Imperialisme het heelwat lyding en moeilikheid in die wêreld veroorsaak en is die hoofbron van botsings en oorloë tussen nasies.

J3. The Great Invasion deur Leonard Cottrell. Hierdie begrippe is wat die nasionalis die Godgegewe regte noem. Op hierdie grondslag staan nasionalisme vir wat reg is. Die morele norm van wat reg en verkeerd is, neem nasionalisme oor uit die godsdiens van sy eie nasie of van die algemene opvatting van reg en verkeerd wat spruit uit beskawing en versldllende godsdienste in die wereld. Die kode wat dan toegepas word, is die wat ontstaan het in ’n beskaafde gemeenskap as norms vir die gedrag van een persoon, een lid, van die gemeenskap teenoor die ander.

So iets is logies suiwer, of moet daar ’n ander norm wees vir verhoudings en gedrag tussen nasies as die wat geld tussen persone? Die aanneem van die vier stellings van Godgegewe regte maak so iets onmoontlik. Godgegewe regte gaan altyd gepaard met pligte en ’n verwagting van verantwoordelike optrede. So bring dan die vier God­gegewe regte groot verpligtinge mee.

  1. God het die verskillende nasies geskep: As hierdie begrip ontleed word en aan die norme van reg en verkeerd getoets word, moet daaruit vloei die gedagte dat elke nasie dieselfde bestaansreg op aarde het as die ander. Dit volg dan dat indien een die ander sy bestaansreg ontneem of ontsê, dan pleeg hy ’n onreg, ’n misdaad. Die vernietiging van ’n nasie vir imperialistiese oogmerke of om hom van sy regte te beroof, hetsy deur geweld of onderdrukking of op ’n ander wyse, is dan niks anders as moord nie. Dit beteken die vernietiging van ’n skepping van God.

Om dan ’n nasie aan te val of aggressie te pleeg vir ekonomiese voor­deel, mag, of selfverheerliking, is niks anders as aanranding en ’n skending van die bestaansreg. Om die verskoning te gebruik dat dit nodig is vir eie vooruitgang, is maar die verskoning van die dief wat sy buurman se vee, water of veld steel. So ’n verskoning is glad nie aanneemlik nie. Geen nasie het die reg op ’n florerende bestaan ten koste van die bestaan van ’n ander nie.

As dit verkeerd is vir een nasie om ’n ander aan te val, dan is dit ook verkeerd om so iets te help of aan te moedig. Dus, as ’n lid van die ver­owerde nasie dan die veroweraar enigsins help in sy kwaad, doen hy ook kwaad as medepligtige en pleeg verraad teen sy eie. As hy neutraal staan en toekyk, is hy ook ’n medepligtige. Die enigste regte houding is een van verset. Selfs al is ’n nasie vol swakkelinge en die groot meerderheid in die nasie instem met die verowering of vernietiging van die nasie, het so ’n meerderheid geen reg om dit te doen nie, en bind enige traktaat of ooreenkoms wat hul mag aangaan nie die nasie of sy lede nie, want selfs ’n meerderheid van ’n nasie het geen reg om die Godgegewe regte en pligte prys te gee nie. Die verpligting om weerstand te bied, is nie deur tyd bepaal nie maar is vir ewig. Hier bots die fundamentele beginsels van nasionalisme met demokratiese gedagtes dat die besluit van die meerderheid die minderheid bind.

Weer is nasionalisme reg want Godgegewe regte duur vir ewig en kan nie deur ’n meerderheid van een of twee geslagte ongedaan gemaak word nie. Hoe durf een geslag toekomstige ongebore geslagte bind? Net so min as ’n veroweraar die reg het om ’n skepping van God te vernietig, net so min het lede van ’n nasie so ’n reg. Dit sou neerkom op selfmoord wat ’n groot misdaad is.

Die aanvaarding van hierdie begrip beteken duidelik dat alle imperialistiese optrede verkeerd is en dat nasionalisme geen offensiewe aggressie kan pleeg nie, maar wel moreel verplig is om defensiewe weerstand toe te pas. Weerstand, ja, selfs aggressiewe weerstand, is ’n plig om die skepping van God te beskerm. Dit is dan die antwoord op die vraag of morele, lydelike of gewelddadige verset geregverdig is. A1 hierdie vorms van verset is geoorloof. Dat God die nasies met ’n doel geskep het, aan elkeen sy land toegedeel het, blyk uit die Skrif self. Israel word baie duidelik met ’n spesifieke Goddelike opdrag en doel in aansyn geroep en selfs die omringende nasies het elkeen ’n doel en ’n taak in God te bestel. Daarom is dit ook goed om daarop te let dat die Skrif ons leer dat tot die eindtyd toe daar volkere, nasies en stamme sal wees. Daarom glo die nasionalis dat God ook met sy nasie ’n doel het want die skepping is minstens tot eer van God in aansyn geroep.

ii.God het nasies met ’n doel geskep: Verder ontstaan die gedagte van ’n bepaalde roeping bo die algemene plig om tot eer van God te lewe. So is daar te vinde die gedagte onder lere dat Ierland die geestelike leiding in Europa moet neem, soos in die tydperk van die Keltiese Kerk. Onder Afrikaners is daar die gedagte van ’n roeping om die evangelie te versprei onder die barbare en heidene.

As ’n nasie verower word, verval die moontlikheid dat hy as nasie tot eer van God kan lewe, sy kultuurtaak kan verwesenlik en sy bepaalde roeping ten volle kan vervul. Die kragte word dan in verset in plaas van die vervulling van die kultuurtaak gebruik. Verowering en vernietiging van ’n nasie is dus in stryd met die ewige plan, taak of roeping van God wat op so ’n nasie geplaas is.

Wat reeds gesê is in verband met die bestaansreg ten opsigte van wat reg of verkeerd is, geld ook vir hierdie begrip.

iii.Dat God elke nasie ’n eie taal, identiteit en landstreek gegee het: Hierdie stelling volg uit die feit dat as God die verskillende nasies geskep het, Hy die verskille in taal, kultuur en lewenshouding ook geskep het. Daar is ook die biologiese verskille wat soms groot en soms, weens vermenging van mense, kleiner is. Hierdie vermenging het dikwels nog in die stamstadium bestaan lank voor ’n nasie ontwikkel het of tot stand gekom het. Selfs waar daar vermenging van oorspronklike rasse of subrasse of nasies plaasgevind het, kom daar tog groot verskille voor in die produk weens die verskeidenheid van bestanddele of die omvang in die vermenging.

Selfs waar ’n nasie deur ’n veroweraar onderdruk is sodat daardie nasie verdwyn het, het daar deur vermenging en absorbering deur die veroweraar ’n nuwe nasie met ’n nuwe taal en identiteit in die ou landsstreek ontstaan, soos met die Normandiërs en die Sakse in Engeland.

Om ’n aparte identiteit te ontwikkel en om dit te laat voortbestaan, is alleen moontlik as ’n bepaalde landstreek deur die nasie bewoon word. Alleen so kan hy sy roeping vervul en kan hy sy taal en kultuur ont­wikkel en uitbou. So het God dan die grense van nasies bepaal, soos duidelik in die Woord van God voorkom.

Dit volg dan logies dat om regverdig te wees en reg te laat geskied en om hierdie stelling toe te pas, nasies al hul ontwikkeling en kultuur- aktiwiteite binne hul eie grense moet laat plaasvind en volgens die voorskrifte die grense van ander nasies erken en aanvaar. Ja! selfs help handhaaf, maar nooit skend nie. Dit geld vir die staatkundige, ekonomiese, taal-, en kultuur- en lewenshoudingterrein. Hier word bedoel dat die interne beheer in die hande van die nasie van die land of gebied moet wees om sy eie te bevorder en te beskerm. Dit hinder nie dat gedagtes op ’n eerlike wyse gewissel word en handel met ander eerlik gedryf word nie.

Die groot sonde van imperialisme en die rede waarom dit soveel lyding, verdrukking, oorloë en bloedvergieting in die wêreld veroorsaak, is juis dat hy weier om grense te aanvaar en sy eie wil uitbrei. Soms is so ’n oortreding totaal en soms net ekonomies of op taalgebied of kultureel. Kulturele en/of ekonomiese imperialisme vind plaas soms lank nadat die veroweraar hom onttrek het om ’n land staatkundig te beheer. Dikwels is dit so waar hy sy eie bevolking in die verowerde land geplant het en juis hierdie element volhard om kulturele imperialisme toe te pas.

Soms vind die kulturele en ekonomiese infiltrasie eers plaas om sodoende die interne beheer en beslcerming van die eie te versag met die doel om later staatkundig oor te neem.

Hierdie gedagte van ’n eie land, wat vir ’n nasie afgebaken is, is een wat diep in die mens gewortel is. Dit kom voor in die vroeëre ontwikkeling van die mens lank voor ’n nasie ontstaan het en wel in primitiewe, klein stamme of groepe wat hulle eie gebied afbaken en verdedig. Dit is selfs sterk in die dierewêreld onder diere en voëls gevind.

iv.Dat Hy hulle die reg gegee het om as groep, vry te wees en deur hulle eie regering regeer te word: Hierdie reg volg natuurlik uit die ander drie. Weens swakheid van die mens is dit die enigste waarborg om die ander regte te beskerm en uit te leef. Geen vreemde regering kan vertrou word of sal ten volle verstaan hoe om die eie taal, identiteit en kultuur van ’n nasie uit te bou en te laat uitleef nie. Hy sal ook nie ver­staan hoe om te regeer volgens die lewenshouding van ’n nasie nie.

Waar die nasionalis meen dat die uitlewe van hierdie regte en die handhawing daarvan vrede op aarde sal bring, is dit die mening van die internasionalis dat dit alleen verkry kan word deur die erkenning van menseregte en die vernietiging van nasies om die wêreldstaat te skep. Ongelukkig is daar min eerlike internasionaliste; maar gewoonlik word dit as ’n dekmantel vir imperialisme gebruik. Gewoonlik is dit ’n groot imperialistiese nasie wat in sy eie belang en om die wêreld te oorheers, internasionalisme verkondig. Internasionalisme ontken dat God nasies geskep het of, soos Rhodes, erken dit net die regte van sy eie nasie. Die internasionalis neem die humanistiese en nie die Christelike norme nie as gids.

 


[1]    Nasionalisme, ’it Vergelykende Studie, Voorwoord.

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 828 gaste aanlyn