NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Hemelse Vader, sal U asseblief ons volk vergewe wanneer ons so maklik swig voor die versoeking om die waarheid se effe te wysig?  Selfs heelwat te wysig? Here, help ons asseblief om weer 'n biddende volk vir U te word, 'n volk wat in gehoorsaam u Waarheid erken en uitleef. Dan alleen sal dit weer met ons volkslewe wel wees.

AFRIKANER- NASIONALISME (4)

T B Floyd

Lees reeks by Afrikaner-nasionalisme

Nog iets oor nasionalisme

Nasionalisme is ’n gedagte wat die groep se belange, d.w.s. die nasie, bo dié van die indiwidu stel. Dit word van die indiwidu verwag dat hy hom ter wille van die groep sal en moet opoffer. Hiervolgens skyn dit of nasionalisme net soos Nazisme, Kommunisme en imperialisme is, want al drie ideologieë stel die groep se belange bo dié van die indiwidu. Dit is egter nie so nie.

In die geval van Nazisme en Kommunisme, sowel as enige totalitêre ideologie, word die staat en nie noodwendig die nasie nie, die groep. Verder beteken die indiwidu as sodanig in sulke state niks, maar word net beskou as ’n deel of pion van die staat. Hulle beheer die indiwidu geestelik en materiëel geheel en al. Daar bestaan nie by hulle so iets as indiwiduele vryheid nie. Die indiwidu is daar ter wille van die staat.

 In die geval van imperialisme is die nasie die groep of eenheid, d.w.s. die sterk nasie wat die Ryk regeer, en die verowerde nasies word nie as nasies erken nie. By imperialisme word die ryk regeer ter wille van die regerende element, d.w.s. die baas-nasie. Van die res van die bevolking word verwag om hulself op te offer en alhoewel hul ook persoonlike materiele voordele mag geniet, word die Ryk bedoel vir die behoud van die baas-nasie en om die belange van die baas-nasie te bevorder. Godsdiensvryheid word soms toegestaan en soms nie. Die taal en kultuur van die verowerde nasies word gewoonlik onderdruk, dikwels op wrede maniere en soms op meer subtiele wyse. Net in uitsonderlike gevalle word iets toegegee betreffende die taal en kultuur van die verowerde groep. ’n Voorbeeld hiervan is die Engelse houding teenoor die Wallisers. Na honderde jare van onderdrukking van hul taal, word dit nou as ’n tweede taal op skool toegelaat.

Nasionalisme verskil van al hierdie opvattings, want die klem word sterk op die vryheid van die indiwidu gelê. In die vrye groep vind die indiwidu sy grootste vryheid, beskerming en veiligheid. Nasionalisme bevorder die groepsgedagte in belang van die indiwidu. So is dit dan moontlik dat demokrasie en nasionalisme saamwerk om tirannie te beveg. Die stryd van nasionalisme teen ’n veroweraar of imperialistiese moondheid word dikwels as ’n stryd vir indiwiduele vryheid begin. Gou word besef dat die vryheid van die enkeling of indiwidu die beste verkry kan word en alleen gewaarborg kan word deur die groep, d.w.s. die nasie.

So kan nasionalisme saamwerk met demokrasie in ’n stryd om die regte van die indiwidu. Net so kan dit ook saamwerk met Calvinisme wat ’n sterk indiwidualistiese houding aanmoedig, maar die klem op die pligte en verantwoordelikheid teenoor God en die medemens lê. Ook staan Calvinisme vir ’n ordelike, beheerde indiwidualisme, en net so is dit ook met nasionalisme. Waar die twee saam gevind word, soos in die nasionalisme van die Nederlande in sy stryd teen die Spaanse oorheerser (1568-1648), word die nasionalisme versterk. Nasionalisme stel wel die nasie eerste en verwag ’n patriotisme van die indiwidu wat gewillig is om op te offer maar die opoffering is tog uiteindelik ter wille van die indiwidu self. Die vryheid, voordeel, vooruitgang en opheffing wat nasionalisme soek, is ter wille van die indiwidu en sy geluk. Dus, in die geval van nasionalisme is die staat vir die mens en nie die mens vir die staat, soos in die geval van totalitêre ideologiee of outokratiese monargieë nie; ook nie soos in die geval van imperialisme, waar die staat hoofsaaklik vir die adelstand, die ekonomiese sterk of, soos in Kommunistiese Rusland, vir die leiers regeer word nie.

As die familie-verbondenheid en familietrots sterk is, is daar ’n sterk, gesonde basis vir patriotisme en nasionalisme. Immers patriotisme en nasionalisme is die resultaat ook van die aanvaarding en uitbou van die natuurlike gegewe, die natuurlike orde. Daarom het De Tocqueville e.a. teenoor die ”Vryheid/gelykheid/broederskap” van die Franse Revolusie gestel: God-familie - volk/nasie. Die enkeling leer dus binne familieverband om saam met en ter wille van sy medemens te lewe en vandaar kan hy ook dieselfde lojaliteite oordra na die groter geheel van die nasie. Om nasionalisme sterk te maak, moet mens dus die natuurlike verbande waarin die mens leef, sterk en sinvol maak.

Die patriotisme waaruit nasionalisme spruit, kom uit ’n opofferende liefde, of te wel ware liefde vir die eie. Daar is geen plek vir selfsugtigheid of eiebelang ten koste van die groep in nasionalisme nie. Dit verg nie net enkele opofferende dade nie, maar dat die indiwidu vir sy nasie leef. Die reaksie van die nasionalis hierop is ’n diepe besef dat hy aan die nasie behoort en ’n diepe lojaliteit en liefde tot sy groep het. Hieruit spruit die drang om tot die welvaart en opbou van die groep by te dra.

Hierin lê die kern van nasionalisme in die opofferende liefde vir die eie nasie en sy erfenis. lets wat die mens opofferend en onselfsugtig stem, bring alles wat goed en edel in die mens is na vore in teenstelling met die selfsug en eie gewin wat die primitiewe en slegte in die mens streel en na vore bring. Dus is nasionalisme ’n hoog idealistiese gemoedstoestand.

Arthur Griffith, een van Ierland se grootste nasionale leiers en den- kers, het sy ideaal van nasionalisme mooi beskryf toe hy oor die dood van pres. Kruger in 1904 soos volg geskryf het: “When the old tyrannies have passed and each nation, master at its own fireside, lives in brotherly love with the other, men will date the beginning of a golden dawn to the defiance of the sorrowful old man who died in exile last week - the man who stood up for the right of men to believe in a God who created them free and smote the vaunting worshipper of the Golden Calf.”[20] So iets is alleen moontlik as alle mense Christene word en daarvolgens optree.

Met so ’n hoë idealistiese en veeleisende lewenshouding kan dit verwag word dat min mense altyd of selfs dikwels aan al die vereistes sal voldoen. Nasionalisme is alleen op groot skaal moontlik in ’n hoë beskawing. Dit kan net op groot skaal onder sulke omstandighede verwag word, maar dit suurdeeg ten goede deur ’n nasie en daar is min wat nie in mindere of meerdere mate deur nasionalisme beïnvloed word nie. Hoewel min mense ten voile die beginsels van nasionalisme uitleef, beïnvloed en vorm nasionalisme die denke en lewenshouding van groot menigtes en kan dit ’n groot krag in ’n land wees wat groot bewegings kan veroorsaak.

Daar is wel meer wat patriotisme onderskryf as nasionalisme maar, soos reeds gemeld is, is patriotisme die basis van nasionalisme.

Soms word patriotisme georganiseer in imperialisme, soos in nasio­nalisme, en soms word dit nie in een van die twee gekanaliseer nie, maar bly ’n vae ongeorganiseerde gevoel.

Die selfsug en eiebelang van die mens is so sterk dat dit maklik sy patriotisme tot onreg en imperialisme voer. Dit gebeur natuurlik meer in die geval van die sterk nasie, nie omdat die klein nasie enigsins in sy wese beter as die sterk een is nie, maar omdat die klein nasie nie die mag besit om sy wil op ander af te druk nie. So word dan gevind dat patrio­tisme alleen in nasionalisme georganiseer kan word in die geval van klein nasies, soos Switserland, maar dat dit in nasionalisme of imperia­lisme gekanaliseer kon word in die geval van groot, sterk nasies.

In die geval van primitiewe of onbeskaafde groepe wat nog in ’n stamverband leef en nog nie in ’n nasie georganiseer is nie, word net patriotisme gevind wat soms in ’n soort imperialisme met plundertogte oorgaan. Hulle is nog nie ryp vir nasionalisme met sy hoë idealisme, selfbeheersing en sin vir reg nie. Dit kom alleen met beskawing.

Nasionalisme is baie gesteld op die eer en goeie naam van die nasie. So vind ons dat in 1899-1902 toe die Engelse leiers, besiel met ’n selfsugtige imperialisme, hul land se naam in die modder gesleep het, ’n Emily Hobhouse, besiel met nasionalisme, haar barmhartige dade en optrede in verband met die konsentrasiekampe, die eer van haar nasie probeer red het.

Waar klein nasies onder ’n veroweraar staan, brand die nasionalisme soms sterk terwyl dit op ander tye vir ’n tydperk smeul. In sulke gevalle kry ‘n mens dan die tweede groep imperialiste wat uit die selfsugtige, swak, lafhartige en slawe-elemente bestaan.

Van hierdie element in Ierland het John Mitchel, die Ierse nasionale leier, geskryf: ”Every Irishman who enlists in the British forces helps to ease his enemy’s difficulties. He will earn, indeed his thirteen pence a day, but he will earn the heavy curses of his oppressed country along with it . . . And are Irishmen to be the armed ministers of the British Empire’s crimes for ever? Are they to forget the two million graves dug by the same ruffian Empire for their famished kindred, forget the hearthstones of their exterminated fathers and mothers . . . forget the wrongs and the insults adding stings to wrongs, which have embittered their sojourn in their own land ever since and have made them almost ashamed in foreign lands to be known for Irishmen at all, forget all this and troop by tens of thousands after the fife and drum that recruits soldiers for England and Despotism and the Devil ? In that cause if they are victors, they vanquish their own kindred and their offspring. Who so falls in that cause, dieth as a fool and as a dog dieth.”[21]

Uit die begrip van die Godgegewe regte vloei logies die beginsels en optrede van nasionalisme. As een glo dat sy nasie deur God geskep is, voel hy betrokke en verplig om ten eerste die vryheid van sy nasie te handhaaf. Hy voel trots op sy nasie en wil die eer daarvan hoog hou. As hy dan in reg en geregtigheid glo, sal hy nie hierdie reg op vryheid van ander nasies aantas nie, selfs nie in gevalle waar dit sy eie nasie sal baat of tot voordeel daarvan sal wees nie. God het die grense van nasies bepaal en die moet gerespekteer word. Die vryheid is belangrik, want alleen waar ’n nasie vryheid besit, kan die opbou en ontwikkeling van die gees van die nasie en die geestelike verryking en uitlewing daarvan sonder hindernis plaasvind. Nasionalisme stel dan nie net die reg tot vryheid op die voorgrond nie, maar dit word ook ’n plig om die vryheid te handhaaf. Die swakheid onder mense en selfs leiers is dat hulle dikwels die regte onthou maar die pligte in die agtergrond stoot.

’n Nasie moet ’n gebied hê om te bestaan en waarin hy homself kan uitleef. So word die nasie vereenselwig met ’n bepaalde land en vorm die twee ’n onafskeidbare eenheid. Net so min as wat lede of leiers van ’n nasie die vryheid kan prysgee net so min mag hulle dele van die land afstaan. As so iets deur veroweraars op leiers afgedwing word, het dit geen bindende krag op enige ander leier wat opvolg of op die lede van die betrokke nasie nie. Inteendeel. Dit is hul plig om die onreg te herstel.

Met vryheid en ’n eie land kan ’n nasie sy roeping vervul en is die nasie in staat om ten volle tot eer van God te lewe en sy kultuurtaak te vervul.

Nasies verskil weens sekere samestellings wat hul anders maak. Dit kan weens bloedband en ras, deur taal, kultuur, gewoontes, lewenshouding, denkwyse, Godsdiens en historiese ontwiklceling wees. Al hierdie faktore of ’n deel daarvan speel ’n rol en bepaal die identiteit van die nasie. Dit is hierdie identiteit, hierdie andersheid, wat hulle as ’n groep sterk saamsnoer soos ’n groot familie. So ’n identiteit moet ontwikkel en tred hou met die tye en om dit moontlik te maak, moet daar vryheid en ’n eie land wees; heelwat kan wel met stryd behou word, maar die neiging is dat dit sal kwyn. Dit moet gedurig versterk en verbeter word. Daar moet altyd na groter hoogtes gestrewe word, en hierin speel die ekonomiese aspek wel ’n groot rol, maar steeds moet dit die dienskneg wees en nooit die baas word nie. Waar ’n land bewoon word met ’n sterk vreemde element daarin aanwesig, is dit absoluut noodsaaklik dat die nasie van die land volkome baas is en die toon in alles aangee. As dit nie gebeur nie, is daar gedurige botsings en moeilikhede en kan die vreemde element ’n nasie in sy eie land soos ’n vreemdeling laat voel, met ander woorde die hele bevolking bly dan vreemdelinge en die nouer verband met land en nasie wat so belangrik is, sal nie kan bestaan nie. So word b.v. gepraat dat Engeland of Duitsland of Frankryk op ’n bepaalde wyse optree, bedoelende dat dit die Engelse, die Duitsers of die Franse is wat so optree of handel. Hoe anders is dit met Suid- Afrika! Wie van buite sal dink dat Afrikaners bedoel word as daar gesê word dat Suid-Afrika so of so maak. Dis duidelik dat ’n geografiese naam vir ’n land dus baie onbevredigend is. As dit Afrikanerland was, dan het buitestaanders dit dadelik aan die Afrikanernasie gekoppel.

Nasionalisme kan alleen aggressief optree waar dit teen indringers of imperialisme in sy eie land daartoe gedwing word, d.w.s. om die vryheid van die nasie te verdedig of ’n verlore vryheid terug te win. In sulke gevalle is dit nie alleen geregverdig nie, maar dit is ’n plig om reg te laat geskied. Om hierdie Godgegewe reg maklik prys te gee, is ’n gebrek aan pligsgetrouheid. Om die verowering te aanvaar, is om ’n medepligtige aan die onreg te word. Dit is die daad van lafaards en slawe.

In die beskerming van sy eie identiteit het ’n nasie die reg om te bepaal wie in sy land mag kom. Die reg om sy eie identiteit te bepaal, verleen vanselfsprekend die reg om die samestelling van sy nasie te handhaaf en te bepaal. Dit is dus ’n wêrelderkende beginsel dat state immigrasie na hul land beheer.

As groepe mense van een nasie of land na ’n ander emigreer, wat is die regte verhouding? Die antwoord hierop is dat as die ander land hulle toelaat om daar te woon, daar twee houdings is wat korrek is en een wat verlceerd is. Neem as voorbeeld ’n groep Franse wat na Engeland emigreer. As hierdie groep Franse in Engeland wil bly, is daar niks verkeerds in nie. Dan is hulle gaste in die vreemde land. As sodanig moet hulle hul as gaste gedra en nie aan die nasionale besluite van die nasie wil deelneem nie. Hulle kan hul Franse gewoontes en lewenswyse privaat handhaaf. As hulle regte eis, as hulle hul taal, kultuur of ge­woontes wil afdwing en as hulle organiseer om as groep politieke druk uit te oefen op die Engelse of enigsins in nasionale besluite wil inmeng, dan maak hulle hul skuldig aan imperialisme, dan tas hulle die aparte identiteit van die Engelse aan en dan is so ’n optrede verkeerd.

Net so min as ’n gas in die huis van sy gasheer hom mag inmeng in die gewoontes en strewe van sy gasheer, net so min mag ’n vreemde groep dit in ’n vreemde land doen. Dit is waarom die optrede van die Engelse koerante, wat hul beywer om die Afrikaner in sy ideale en strewe in sy eie land te dwarsboom, so onhoudbaar is.

Die tweede korrekte houding is om deel te word van die Engelse nasie, om pro-Engels te wees en dan, as die Engelse dit wil toelaat, om met verloop van tyd Engelse te word, d.w.s. die vreemde element word vrywillig deur die nasie van die land geabsorbeer. Die twee regte metodes is dus: (1) isolasie (2) absorbsie. Dit strook met die beginsels van nasionalisme.

Die Bybel leer ons, ten opsigte van die owerheid, twee groot beginsels. Allereers stel Christus dat ons aan die keiser moet gee wat hom toekom en netso aan God wat hom toekom. Let wel dat ons nie verplig is om te gee wat nie aan hom toekom nie. Daarnaas leer Paulus dat alle owerhede van God is. Dit is egter duidelik dat daar ’n botsing kan ontstaan tussen die gelowige se verpligtinge teenoor God en teenoor die ower­heid. Dan is die gelowige verplig om, soos Paulus leer, God meer gehoorsaam te wees as die mens. So het Paulus geleef en gewerk en so het hy in die tronk beland en is hy uiteindelik ook terreggestel. Sy gehoorsaamheid aan God was in hom ’n hoër opdrag as sy gehoorsaamheid aan ’n aardse, menslike owerheid.

Nasionalisme kan nooit ’n owerheid wat deur verowering of wederregtelik aan bewind kom, erken of duld nie. So ’n owerheid kom niks toe nie. Dit bots met die Godgegewe regte van vryheid, die eie landstreek en die eie identiteit van ’n nasie.

Wat die Calvinisme betref, het hierdie beginsel dat die mens meer gehoorsaam aan God as aan die aardse owerheid moet wees, voluit gegeld. Daarom het in die tyd vanaf die Hervorming in die sestiende eeu ook duisende mense na die brandstapel gegaan omdat hulle geweier het om hul aan die eise van die aardse owerheid te onderwerp. Die Calvinistiese standpunt is dat die gelowige deur belydenis en trou aan Gods Woord alleen weerstand moet bied teen die owerheid wat van hom vra om teen bevele van Gods Woord te handel.

Nou dit is onmoontlik vir ’n verowerende owerheid om anders op te tree as om te vra om teen die bevele van Gods Woord te handel, anders moet hy self sy verowering tot niet maak. ’n Veroweraar deur ’n nasie se vryheid en sy landstreek te ontneem maak dit onmoontlik vir, of dit belemmer, die verowerde nasie om die kultuur opdrag van God uit te voer. As die veroweraar die taal en identiteit van die verowerde in gevaar bring, dan is die botsing met God se opdrag nog erger maar dan word ook God se skepping aangetas.

Gedurende die Hervorming het die Roomse owerheid dikwels onregmatig en teen die vaste reëls van die samelewingsorde opgetree, sodat die Calviniste uiteindelik ook die reg van opstand aanvaar het. Dit was egter ’n beperkte reg en het hoofsaaklik gegaan om die feit dat die ower­heid, wanneer hy in botsing met sy onderdane of ’n deel daarvan kom, nie buite die bestaande reg mag handel nie. John Knox van Skotland het nog verder gegaan en die reg van opstand gebaseer op die gedagte dat as die owerheid ’n nasie dwing om ’n valse godsdiens te handhaaf, dan dwing die owerheid die nasie om die gevaar te loop om God se straf uit te lok. Dit is dan beter om daardie owerheid met die swaard teen te staan en omver ter werp as om die owerheid gehoorsaam te wees en God se straf te verduur.

Die Calviniste het gedurende die Hervorming dus wel die reg van opstand aanvaar en dit ook toegepas maar terselfdertyd met klem die beginsel van tydelike verset teen die owerheid, wat onregmatig optree, na vore gebring. Die beginsel van die Calvinisme is dat die gelowige die reg het om weerstand te bied teen die owerheid as die owerheid strydig met die Woord van God handel. Alle veroweraars het dan strydig met Gods Woord gehandel toe hulle as verowerende owerhede optree. Wat die kwaliteit van die weerstand sal wees, moet uiteraard bepaal word deur die owerheidsoptrede, maar kan dus uitloop op weerstand met die wapen. Daardie weerstand word dan as die laaste moontlikheid gesien.

So is daar volgens nasionalisme en Calvinisme die reg van opstand teen ’n veroweraar se owerheid erken. Daar bestaan dus geen botsing tussen die Afrikaner se godsdiens en nasionalisme in hierdie geval nie en dus kan dit ook van Christelik-nasionalisme gesê word dat die reg van opstand in dieselfde gevalle erken word.

In verband met ’n cle facto-owerheid se Balmez, die beroemde Spaanse teoloog: “Illegitimate authority is no authority at all; the idea of power involves the idea of right, without which it is mere physical power, that is force”2 2. Hy sê ook: “The conqueror, who by mere force of arms has subdued a nation, does not thereby acquire a right to its possession; the government which by gross iniquities has bespoiled classes of citizens, exacted undue contributions, abolished legitimate rights, cannot justify its acts by the simple fact of its having sufficient strength to execute these iniquities.”[22]

Die Anglikaanse teorie dat daar onder alle omstandighede gehoorsaamheid aan die owerheid moet moet wees, beteken dat as ’n nasie eenmaal verower word, hy nie weer vir sy vryheid in opstand mag kom nie. As hy dan so ’n verkeerde daad doen, is hy verkeerd, maar as hy wen, dan moet die veroweraar se inwoners die nuwe owerheid gehoorsaam wees. Dit beteken dat ’n veroweraar in sy daad van diefstal geregverdig word. Dit beteken dat aan die owerheid gehoorsaamheid getoon moet word selfs bo gehoorsaamheid aan God. Dan was Paulus verkeerd, al die Christen-martelaars verkeerd en die Hervormers ver­keerd.

Die vraag word soms gestel of nasionalisme konserwatief progressief of liberaal is. Weens die politieke gebruik van hierdie woorde is dit nodig om te verduidelik hoe die woorde hier gebruik word. Konserwa­tief beteken behoudend, dit wil sê vashoudend ten opsigte van vaste beginsels; liberaal wat die klem lê op die individuele vryhede en regte; radikaal wat bereid is om drastiese veranderings en aanpassings te maak selfs om soms die tradisionele te herstel; progressief, dit wil se vooruitstrewend. Al hierdie gedagtepatrone word in ’n nasie gevind en nasionalisme bind hulle almal saam. Solank as die optrede bevordelik vir die nasie en sy belange is en solank dit beperk word tot die eie vaderland, is dit nasionalisme. Die toets is dat dit tot voordeel, bevordering en behoud van die nasie is. Nasionalisme kan volgens omstandighede behoudend of konserwatief optree. Nasionalisme kan ook radikaal of progressief optree. Waar dit ander gun wat dit vir die eie eis, tree dit Christelik op.

Dit word so mooi in pres. Kruger se laaste boodskap gestel: “Soek in die verlede, neem alles wat goed en edel is daaruit en bou die toekoms daarop.” Met al die radikale, progressiewe of sterk optrede moet daar altyd die selfbeheersing binne eie grense wees sonder om ander nasies se regte aan te tas. Daar moet altyd die behoudende optrede teenoor die eie identiteit, die eie tradisies, gewoontes, taal, kultuur en lewenshouding wees. Verder moet daar die idealisme wees wat soek om swakhede en slegte eienskappe te verbeter of om dit uit te skakel, d.w.s. om die eie identiteit te behou maar te verbeter en te veredel. So word die goeie uit die verlede geneem om daarop voort te bou.



 

[21]  Wolfe Tone Annual 1947: John Mitchel. Redakteur Brian O’Higgins, p. 111.

 

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 915 gaste aanlyn