NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Moenie van jou geleenthede probleme maak nie, maak eerder van jou probleme geleenthede.  En daarvoor moet jy miskien nie te ver vorentoe kyk nie.  Dit kan jou straks neerslagtig maak.  Kyk liewers boontoe en onthou dat die toekoms so helder soos God se beloftes is.

AFRIKANER- NASIONALISME (5)

T B Floyd

Lees reeks by Afrikaner-nasionalisme

Ontstaan van Afrikaner-nasionalisme

Die instelling van die Vryburgers in 1657 en die koms van die Hugenote na die Kaap in 1688 is gebeurtenisse wat uiteindelik gelei het tot die ontstaan van ’n nuwe nasie en die ontwikkeling van Afrikaner-nasio­nalisme. Dit het ’n groep mense bymekaar gebring wie se belange met dié van die amptenare van die Kompanjie gebots het.

Die amptenare wou hulself verryk deur te boer en die terrein van die Vryburgers te betree, met die voordeel dat hulle die mag besit het om die vryburgers se mark te belemmer. Aangesien die ekonomiese toekoms van die Vryburgers van hul mark afhanklik was, was hierdie botsing vir hulle ernstig. Die gevolg van die stryd was dat die Hugenote en ander Vryburgers saamgesnoer is as een ekonomiese groep.

 

Die Hugenote was as ’n groep afgesny van hul vaderland en dus een wat ’n nuwe vaderland gesoek het. Verder het hulle in twee geslagte hul taal verloor en Hollands as taal aangeneem. Maar Hollanders in die omstandighede van die nuwe land kon hul nie maklik word nie, en hulle het dus die vernaamste dryfkrag geword wat die Afrikanernasie tot stand gebring het.

J.A. Wiid beweer dat die instelling van die Vryburgers in 1657 die geboortejaar van die Boerenasie was. Van die koms van die Hugenote in 1688 skryf hy soos volg: „Saam met die reeds gevestigde burgerlike bevolking het hulle die kern gevorm waaruit die Boerevolk opgebou is.”2 4 Hiermee word saamgestem behalwe dat die geboortedatum te vroeg bepaal is.

Sonder die Hugenote sal sekerlik geen Afrikanernasie ontwikkel het nie, want die tydperk voor die Britse besetting was te kort daarvoor en na die Britse besetting was so iets onmoontlik. Verder sou die pro-Engelse invloed van die Oranjemanne te sterk gewees het.

Hoewel die Hugenote polities met hul koms na Suid-Afrika van hul vaderland afgesny was, het dit twee geslagte geneem voordat hulle kultureel afgesny was en dus ryp gemaak is as materiaal vir ’n nuwe nasiewording. Hulle invloed op die Hollandse Vryburgers was nie alleen om die vryheidsgees en individualisme te versterk en dit vas te koppel aan die nuwe vaderland nie, maar ook om die ontwikkeling van ’n nuwe taal en kultuur te bevorder.

Die intensiteit van die botsing tussen die Vryburgergroep en die amptenare het van tyd tot tyd gewissel en het ’n hoogtepunt bereik in die tyd van Willem Adriaan van der Stel.

In 1705 het die Vryburgers hul griewe teen Van der Stel en die amp­tenare in ’n petisie van die Kompanjie uiteengesit. Drie-en-sestig Vry­burgers het hierdie petisie onderteken en een-en-dertig van hulle het Hugenote-vanne gehad.

In 1706 het gevoelens so hoog geloop dat ’n gewapende groep boere Stellenbosch binnegery het om landdros Starrenburg te spreek. Gedurende hierdie oproerige tydperk het Hendrik Bibault in die strate van Stellenbosch uitgeroep: „Ik ben een Afrikaander” en die landdros uitgetart. Dit was waarskynlik die eerste keer dat ’n Vryburger hom ’n Afrikaander genoem het en dus ook die eerste teken van ’n aparte identiteitsgevoel of nasiegevoel. Dit is verder die eerste tekens van ’n nasionalisme wat begin ontwikkel het.

Dit is ’n welbekende feit dat die Vryburgers hul stryd teen Willem Adriaan van der Stel gewen het. Hierdie stryd, wat om persoonlike vryheid en ekonomiese belange gegaan het, het die verskillende nasie elemente, d.w.s. Hollander, Duitser en Fransman, bymekaar gebring. Die band het sterker geword met ondertrouery wat ’n bloedband geskep het. Die band van ’n gemeenskaplike godsdiens het reeds bestaan en die taalband was aan die groei om die verskillende nasie-elemente nog ver­der saam te snoer en die saad van ’n nuwe nasie te saai. Na 1700 het die feit dat die ontwikkelende nasie aan die Suidpunt van Afrika gewoon het waardeur die invloede, kultuur en andersins uit Europa baie beperk was, die onafhanklikheidsgees versterk. ’n Remmende invloed was egter steeds aanwesig in die sin dat die verbondenheid aan Nederland nog by baie ’n rol gespeel het. Dit sou ’n tyd duur voor die verbondenheid en afhanklikheidsgevoel van almal t.o.v. Nederland vervang is deur ’n sterk Afrikanergerigte nasionalisme en patriotisme.

So het die band met Nederland onder die Hollandse element, behalwe die amptenare, swakker geword. Onder die Franse en Duitse elemente was so ’n band vanselfsprekend altyd swak of heeltemal afwesig. In die tyd van Ryk Tulbagh as Goewerneur het gevoelens bedaar maar daarna het weer beroering gekom. ’n Brief van Barend H. Taute in Mei 1778 het weer gevoelens laat hoog loop en ’n vergadering van 200 bur­gers het plaasgevind. B.J. Artois, ’n sterk republikein, was baie aktief met propaganda. Ander manne wat ’n leidende rol in die eerste Patriot-beweging gespeel het, is J. en T. van Reenen en Nicolaas Heyns.

Met die Patriot-beweging het ’n sterk plaaslike patriotisme ontwikkel en ’n demokratiese stryd vir politieke regte ontbrand waarin daar ook elemente van nasionalisme te bespeur was. Die gesproke taalvorm het reeds in 1750 van die van Nederlands verskil. In 1779 is afgevaardigdes na die Here Sewentien gestuur. In 1784 is ’n liggaam bekend as die Verteenwoordigers van die Volk deur die Patriotte gestig. Die eerste verkiesing is op 11 Oktober van dieselfde jaar gehou en M.A. Bergh is tot voorsitter gekies. Hierdie Bergh het hulle terloops later verraai. Die leuse van die verteenwoordigers van die volk was non Sibi sed Patria.2 5

’n Memorandum is opgestel om die Regering van Nederland te versoek om die burgers teen die Kompanjie te beskerm. In hierdie memo­randum word van die natuurlike regte deur God gegee en van die Stem van die Volk - almal begrippe van die rewolusionêre demokrasie - melding gemaak. Oor die algemeen het die politieke regte en vryhede van groter betekenis as materiële welvaart geword. Dit was alles tipies van die demokratiese stryd van die tydperk. In baie lande het dit saamgeval met die nasionale stryd. Sowel demokrasie as nasiona­lisme het die belange van die volk of nasie bo alles gestel. Die patrio­tisme van die bevolking aan die Kaap het begin gestalte vind in demo­krasie en nasionale organisasie. Daar was botsings teen die imperialistiese Kompanjie en die gevoel was sterk dat ’n regering daar vir die volk moet wees en nie die volk vir die regering nie. Die amptenare aan die Kaap was hoofsaaklik Oranjemanne of Anglomanne, en dit het die stryd teen hulle verhewig. In Nederland het die stryd ook tussen die patriotte of die demokratiese element en die Oranje of monargistiese element gewoed. Die invloed van die Calvinisme het die demokrasie en nasionalisme in die Kaap asook in Nederland in ’n republikeinse rigting laat vloei.

Manne soos Kruyer, redakteur van De Politieke Kruyer, Pieter Oudaatje en Joan Derk van der Copellan van die Nederlande het patriotte aan die Kaap sterk beïnvloed. In die Nederlande het die republikeinse demokrasie eerste na vore gekom maar later het die Oranje-element egter die oorhand gekry.

In die sestiende eeu het die gedagte van die soewereiniteit van die volk, wat reeds in die middeleeue na vore gekom het as teenvoeter vir die aspirasies van pous en keiser, nuwe lewe en vaart gekry. In die reformatoriese tyd is dit veral die Franse Calviniste en Skotse Hervormers wat hierdie gedagtes na vore bring teen die invloed van Macchiavelli en sy geesgenote.

Skrywers soos R. Price, Adam Smith, John Locke, Tom Paine, Grotius en Montesquieu het die denke beïnvloed. Die Franse rewolusie en die vryheidstryd in die V.S.A. het oral hul invloed laat geld. Hulle sukses het menigte nasies en groepe aangevuur. Die rewolusionêre stroom van denke was ’n saamvloei van gedagtes van demokrasie, nasionalisme, Calvinisme, liberalisme en republikanisme.

Daar is altyd mense wat vooruit dink en sien en so ’n persoon was Samuel Adams, die vader van die Amerikaanse Republiek. Reeds in 1768 het hy volkome vryheid vir Amerika voorspel en propaganda daarvoor gemaak. So het Molyneaux ook sy Case for Ireland in 1698 geskryf en nasionalisme in Ierland laat ontwaak. Hierdie boek het die Engelse imperialiste so woedend gemaak dat hul regering dit in die openbaar deur die laksman laat verbrand het.

Dat die Patriotte van die Kaap sterk demokraties en republikeins was, is duidelik uit die volgende populêre gedagtes van destyds:

1.  Die soewereine mag van die staat berus by die volk. Die groot en enigste doel met die stigting van ’n politieke gemeenskap  en die aanstelling van regeerders is die gemeenskaplike vryheid en openbare welvaart van die volk. (John Locke)

2.  „Salus populi suprema lex” is sekerlik so reg dat die een wat dit volg, nie gevaarlik kan fouteer nie. (John Locke)

3.  Sonder geloofs- en burgerlike vryheid is die mens ’n arme, verfoeilike  skepsel. (Price)

4.  Ons erken geen here behalwe God, die volk en die wet nie. (Pieter Oudaatje)

’n Pamfiet deur die Patriotte uitgegee, bevat die volgende gedagtes:

(a) Die wil van die volk is die hoogste wet.

(b)    Die wat regeer, moet besorg wees oor die hele en nie net ’n gedeelte van die volk nie.

(c)     Die volk behou die reg om hom te enige tyd met die regering en regeringsake in te meng as dit sou blyk dat die verantwoordelikhede aan die regeerders toevertrou, nie behoorlik beoefen word nie. Hierdie reg kan nie van die volk ontneem word nie en die volk mag dit nie afstaan nie.

(d)    Die volk het die reg om die wat hul vertroue nie geniet nie, te ver- wyder, en dit is hul plig om dit te doen as hulle nie self die reëls vir hul dade en riglyne vir ’n burgergemeenskap, soos deur die Skepper bepaal, wil oortree nie.

(e)     Rebellie is geregverdig mits die euwel wat omvergewerp word, groter en gevaarliker is as die euwel van ’n opstand.

(f)     Burgers is geroepe om hul regte en voorregte wat vertrap is, te be- skerm en nie lafaards te wees sodat hul vrouens en kinders hulle sal verag nie.

Hierdie voorgaande uittreksels bewys ten volle dat denkers van die Patriotte-tydperk beïnvloed was deur Calvinistiese, republikeinse, liberale demokratiese en nasionalistiese beginsels.

Die tekens van nasionalisme het reeds onder die Patriotte van daardie tydperk bestaan. Soms word van die Kaap as die Vaderland geskryf en gepraat. Redelinghuys, een van die leiers, het homself gereeld ’n Afri­kaner of Afrikaan genoem en van die Kaap as sy Vaderland gepraat.

Na die stigting van die Verteenwoordigers van die Volk het die stryd van Afrikaner-nasionalisme werklik begin. Die gevoel dat hulle ’n aparte identiteit met ’n eie vaderland is, het reeds ten minste onder ’n gedeelte van die bevolking ontstaan.

Die Here Sewentien het die Patriotte in sekere kleiner sake tegemoetgekom, maar het geweier om vrye nominasies en verkiesing van verteen­woordigers toe te laat. Die demokratiese stryd het dus voortgegaan. Die gaping tussen die amptenare en Vryburgers het wyer geword. Eersgenoemde het sterk monargisties en imperialisties gebly, terwyl laasgenoemde republikeins, demokraties en nasionaal was. Daar was ook die gewone slaafsgesinde element onder die burgers wat by die amptenary gekruip het. Drie rigtings het dus ontstaan, nl. imperialisme, demokra­tiese kolonialisme en nasionalisme. Laasgenoemde het saam met demokrasie gestry, maar het meer en meer die hoof-dryfkrag geword.

Op 4 Februarie 1795 het 40 boere, onder leiding van Adriaan van Jaarsveld en Jan Carel Triegardt, voor die huis van Maynier, die destydse gehate landdros op Graaff-Reinet, vergader. Hierdie Maynier was vir die Patriotte die simbool van imperialisme en die Oranje-manne. Hy is eenvoudig weggejaag en ’n Nasionale Vergadering, met Martinus Prinsloo as beskermer van die Stem van die Volk, is gestig. In werklikheid was dit ’n klein Republiek van Graaff-Reinet. Aanvanklik het die woord Volk onder die Patriotte die demokratiese betekenis van die Engelse woord People gehad maar met die ontwikkeling van ’n aparte identiteit, taal en nasie het die woord meer en meer die nasionalistiese betekenis van nasie gekry. Die dryfkrag van die vryheidstryd het in hierdie tydperk meer die karakter van nasionalisme en minder van demokrasie aangeneem.

Op Swellendam het die burgers onder P.J. Delport ook in opstand gekom, die landdros weggestuur en ’n Nasionale Konvensie of nog ’n klein Republiek gestig. Die bevolking van die Kaap was destyds maar 15 000 Blankes. Kaapstad en Stellenbosch het nie deel van die Re­publieke geword nie, dus was die bevolking van die twee Republieke saam sekerlik minder as die helfte van 15 000.

Hierdie gebeurtenisse kan beskou word as die begin van Afrikaner- nasionalisme en die ontstaan van die Afrikanernasie. Die stryd om ekonomiese en persoonlike vryheid het een geword van nasionale vryheid.

In baie ander lande het die stryd soortgelyk verloop. Padraic Pearse, die Ierse digter, patriot en leier van die 1916 opstand, het byvoorbeeld beweer dat die reg tot nasionale vryheid op die van persoonlike vryheid berus en dat ware nasionale vryheid ’n waarborg vir ware persoonlike vryheid is. Dit was ook sy mening dat die stryd vir nasionale vryheid uit die stryd vir persoonlike vryheid ontstaan.

Nasionalisme kan nie in ’n groep of nasie getoets word deur elke individu te neem en te toets of hy die teorie van nasionalisme ten volle verstaan en ondersteun nie. Net ’n gedeelte sal die beginsels daarvan verstaan en dikwels maar ’n klein kern en die leiers. Hierdie kern beïnvloed die ander en die grootste groep voel dit instinkmatig aan. So word bewegings aan die gang gesit deur nasionalisme of demokrasie of enige ander ideologie. Die toets vir nasionalisme is die beweging in die nasie self en die bewegings van die Patriotte, en wat hul dade openbaar, bewys duidelik die werking van nasionalisme en wel Afrikaner-nasionalisme, ondersteun deur rewolusionêre demokratiese gedagtes.

Ongelukkig het die Engelse die Kaap oorgeneem en enige verdere ontwikkeling van die klein Republieke verhinder. Hulle was te swak om teen die Engelse staande te bly. Die Engelse het Bressler gestuur om met die Patriotte te onderhandel. ’n Vergadering is te Bosberg gehou en die meerderheid was ten gunste daarvan om hul vryheid te behou. Swellendam het reeds ingegee en Graaff-Reinet was verplig om tog later te volg.

Die siel van die stryd in hierdie tydperk was Jan Pieter Woyer, ’n vurige republikein. Hy het na Batavië gegaan om hulp te soek, maar intussen is die kort leeftyd van die klein Republieke beëindig. Vryheid het geëindig en onderdrukking het begin. Gedurende die Engelse bewind het die gaping tussen die Boere en die regering groter geword en Afrikaner-nasionalisme het sterker gegroei.

Edelman, ’n skoolmeester, het heelwat gedoen om die Boere tot op­stand aan te spoor. Die organisasie vir rebelle het begin toe Adriaan van Jaarsveld op 17 Januarie 1799 gearresteer is. ’n Groep Boere het hom bevry toe hy onder soldatebegeleide na Kaapstad gestuur is. ’n Kommando het onder Jan Botha te Coega vergader terwyl Jacobus en Frederick Botha die Swellendam-Boere probeer oorhaal het om in opstand te kom. Net omtrent 130 Boere het hieraan gehoor gegee en toe die Engelse soldate stuur om die rebellie te onderdruk, was dit gou op ’n end. Die leiers is gevang en in Augustus 1800 gestraf.

M. Prinsloo en komdt. van Jaarsveld is tot die doodstraf, T. Botha, G.H. Rautenbach, G. Koch, J.I. Boute, P.F. Rautenbach, B.J. Bester, G. Scheepers en P.J. van Kamer tot verbanning en C. Edelman tot lyfstraf op skavot veroordeel.

Met die oorname van die Kaap deur die Republiek van Batavië is al die gevangenes losgelaat behalwe kmdt. van Jaarsveld wat intussen oorlede is, Kort daarna, in 1805, het die Engelse weer die Kaap oorgeneem na die lafhartige vertoning van Generaal Jansens en die Oranjemanne.

Die stryd het toe ’n stryd geword van Afrikaner-nasionalisme teenoor Britse imperialisme. Die gevolg van die Engelse oorheersing is dat heelwat Nederlandsgesindes hulle by die Afrikaner-element aangesluit het.

Dr. G.M. Theal druk dit soos volg in sy geskiedskrywing uit: „A people came into being to a large extent distinct from all others with a language, habits and ideas of their own.” ’n Nuwe nasie het dus ontstaan.

J.A. Wiid skryf in hierdie verband soos volg: „Teen die einde van die agttiende eeu kon Suid-Afrika daarop aanspraak maak dat aan die wêreld ’n nuwe Volk, die Afrikanervolk, gelewer is, wat ’n uitgestrekte gebied bewoon het.”28

Hierdie nasie het hoofsaaklik uit die Nederlandse, Duitse en Franse elemente ontstaan. Teen 1750 het hulle reeds ’n nuwe gesproke taal ontwikkel en teen 1830 word briewe in Afrikaans in die Zuid-Afrikaner deur Charles E. Boniface, ’n gebore Fransman, opgeneem. Die nuwe taal was eenvoudiger, sagter en meer vloeibaar as Nederlands. In die aanpassing by primitiewe omstandighede het die Duitsers, Franse en Nederlanders saamgewerk en deur ondertrouery is ’n bloedband gesmee. So het ’n nuwe kultuur ontwikkel en ’n nasie tot stand gekom wat amper homogeen is, want daar bestaan min Afrikaners wat nie die bloed van Duitsers, Franse en Nederlanders in hul are het nie. Dit is baie anders as baie nasies in Europa waar die bloed van verskillende sub-rasse wat gemeng is, van gebied tot gebied verskil. ’n Tipe het ontstaan wat verskil van die karakteristieke Nederlander, Fransman of Duitser.

Colenbrander het vasgestel dat in die begin die Afrikaner ontstaan het uit 17 % Frans, 28 % Duits en 53 % Nederlands. Dit word foutief as die persentasies vandag gegee. Ons weet dat in ’n vermenging van spesies die mengsel nie konstant bly nie, maar dat die eienskappe wat pas by die omstandighede vermeerder en die ander verminder. Dit kan dus moontlik wees dat die Franse bloed vandag ’n baie groter persentasie as in die begin is. Verder moet dit erken word dat die Duitsers, Franse en in ’n minder mate die Nederlanders self gemengde nasies was en vandag nog is; dat heelwat Duitsers van Sentraal- en Suid-Duitsland gekom het en dus moontlik meer Franse bloed as Duitse bloed in hul are gehad het. Duitsers van Wiirttemberg vertoon bv. min verskil in die bloedsamestelling van die Franse in nabygelee gedeeltes van Frankryk. Dieselfde geld vir die kultuur agtergrond waar die ou Keltiese en Romeinse kulture ’n sterk en groter rol as die Duitse kultuur in sommige dele van Frankryk en Duitsland speel.

Daar is ook die vraag of die „Duitsers” waarna Colenbrander verwys, werklik Duitsers was. Plek van herkoms is nie genoeg bewys nie. Daar was byvoorbeeld Frieslanders in Duitsland sowel as Nederland. Verder was daar in die 16de/17de eeu bloeiende vlugtelinggemeentes in Duitse stede soos byvoorbeeld Emden, Wezel en Heidelberg.

Soos dr. Gayre dit uitdruk: „In addition it should be emphasised that crossing is not like mixing two different coloured liquids of the same viscosity, which then form a blend between them which cannot separate out again - if we blend yellow coloured water and blue, we get green. When we cross races, however, we are not making such an indissoluble blend. We only make a temporary cross. Genetic segregation will occur and the original traits will reappear. Ultimately, given the right con­ditions, actual racial segregation will re-occur, restoring the former types, or similar ones, or quite new ones, according to the selective agencies which may be at work. The important fact is that ethnic types as distinct as our present ones will emerge.”[1]

Die „selective agency” van klimaat in Suid-Afrika is baie gunstiger vir die bruinoog, donker Franse tipe as vir die blonde, blouoog Nederlander. Die antwoord is dat sowel die rassesamestelling as die kultuuragtergrond van die Afrikaner nog nie wetenskaplik bestudeer is nie en dat dit dus iets is wat nog duister is. Die populêre gedagte dat die Afri­kaner grotendeels Germaans is, word nie in sy voorkoms bewys nie. Oppervlakkige waarneming toon dat die lang skedel en Germaanse of Nordiese gelaatstrekke nie volop voorkom nie.

Op 19 Februarie 1813 het lord Charles Somerset, die Engelse Goewerneur, ’n proklamasie uitgevaardig waarin hy dit noodsaaklik ag dat die Afrikaners of Boere en ander setlaars Engels moet leer. Hy het openlik verklaar dat dit sy beleid was om die Boere te verengels. Die stryd tussen Afrikaner-nasionalisme en Engelse imperialisme het in alle heftigheid toegeneem.

Ontevredenheid het onder die Afrikanernasie gegroei tot op 9 No­vember 1815 toe ’n vergadering byeengeroep is. Sekere Afrikaners het hulle baie skerp en duidelik teen die Engelse regering uitgedruk soos uit onderstaande aanhalings blyk: „that we have unanimously resolved according to our oath, which we took to our Mother country, to remain as protectors, to remove the God-forgotten tyrants and villains, as everyone let him be who may, is convinced with God, how shocking and how God-forgotten it goes with our country, which we took an oath for . .” (Brief van D.F. Prinsloo). ’n Brief van Johannes Bezuidenhout bevat die volgende woorde: „... to exterpate the villains of Englishmen out of our country.” ’n Ander brief van dieselfde persoon gebruik die volgende woorde: .. . that you will assist with your men against the unrestrained foreign nation of English.”[2]

Bostaande is voorbeelde van sterk woorde wat uiting gee aan Afrikaner-nasionalisme. Die land waarin die Afrikaner ontwikkel het, is beskou as sy eie wat hy teen vreemde indringers moes beskerm. Verder word die gevoel van ’n aparte identiteit, ’n aparte nasie in botsing met Engelse oorheersing, duidelik geopenbaar.

As gevolg van die ontevredenheid het die Slagtersnek rebellie plaasgevind met die gevolge wat so goed bekend is. Dit was ’n mislukking in sekere opsigte, maar dit het duidelik bewys dat daar destyds Afrikaners was wat hul aparte identiteit bewaar en hul land beskerm het teen die imperialistiese veroweraar. Hulle wou die erwe van hul vaders vir hul kinders terugwen van die veroweraar.

Die Engelse het hul greep versterk deur die uitbring van die 1820-Setlaars. Verder was dit hul voorneme dat hierdie element in die land verengelsing van die Afrikaner moes bevorder. Nog immigrante van Engeland het gevolg. In 1805 was die blanke bevolking in die Kaap 25 000 en dit het gegroei tot 50 000 in 1825 van wie 10 000 Engelse was. In 1858-59 voer sir George Grey 6 343 immigrante, meestal Britte, in en teen 1865 het die bevolking tot 182 000 gegroei. Hierdie proses van verengelsing is later met die hulp van Oranjemanne en heelwat kruipers en swakkelinge aangehelp. Heelwat van die Nederlandse element wat nie Afrikaners geword het nie, het ook hul lot by die Engelse ingewerp.

Die verafgeleë plase en die afwesigheid van nywerhede wat nie mense op een plek saamgetrek het nie, het die Afrikaner ietwat geïsoleer en dus gehelp om sy identiteit te bewaar. Wat ook heelwat bygedra het, is die Engelse gewoonte om op ander nasies neer te sien. Hulle het neergesien op die Afrikaner en tot vandag toe is dit nog die geval. Die Afri­kaner het dus nie so maklik met hulle gemeng nie. Die verskil in godsdiens het heelwat bygedra om die Afrikaner apart te hou. Calvinisme en anglikanisme ontwikkel totaal verskillende lewensbeskouings.

Die ontevredenheid het opgelaai en Afrikaner-nasionalisme het gekom met ’n nuwe vorm van teenstand teen die Britse imperialisme. Dit is die gedagte om te trek en ’n nuwe vaderland te soek om sodoende die vryheid te verkry en die eie identiteit te bewaar. Terselfdertyd het ’n deel van die jong Afrikanernasie vasgeklou aan sy vaderland en geen rede gesien waarom dit prys gegee moes word nie.

Afrikaner-nasionalisme het voor ’n dilemma te staan gekom. Prakties was dit onmoontlik onder die omstandighede om gehoorsaam te wees aan die opdrag om die eie vryheid en identiteit te bewaar en terselfdertyd die vaderland te behou. As almal trek, dan word die Kaap as vaderland en alle aanspraak daarop prysgegee. Bly al die Afrikaners in die Kaap sou die proses van verengelsing aangaan en die jong Afrikanernasie sou verdwyn. So het die jong nasie geskeur, maar later is dit tog bewys dat dit reg was om die eenheid te verbreek. Die geskiedenis het geleer dat dit die enigste praktiese oplossing vir die behoud van die nasie was.

Die Britse beleid op die Oosgrens het aan die Boere ook duidelik getoon dat die oorheerser hulle nie goedgesind was nie. Die ekonomiese verlies van die Boere a.g.v. die grensbeleid en die slawevrystelling in 1834 het die eensgesindheid onder die Afrikaner, veral in ’n politieke sin, versterk.

Die gevolg was dat die Afrikanernasie sy identiteit behou het, die vaderland van die Kaap as sy erfreg behou en die vaderland uitgebrei het oor die  Vrystaat, Natal en Transvaal. Verder is die vryheid vir ’n gedeelte van die nasie gewin en sodoende is die regte gees en beïnvloeding in die Kaap geskep om tog die verengelsing te weerstaan.

In die Kaap en Natal, waar die Brit oorheers het, het die Afrikaner element kultureel weerstand gebied, en in die Republikeinse Noorde het die Transvalers en Vrystaters polities verenig - die latere samesmelting van die twee elemente in 1910 met staatkundige vereniging het die finale beslag aan die Afrikanernasie en -nasionaliteit verleen. So het hulle mekaar aangevul. Hulle het tog een nasie, selfs voor 1910, gebly en gevoel al was hulle in verskillende state verdeel. Dit maak die lied Afrikaners Landgenoten vir ons duidelik. Toe die Vryheidstryd van 1899-1902 uitgebreek het, het 10 000 Kaapse rebelle, ten spyte van die feit dat hulle politieke leier hulle verraai het, deelgeneem aan die stryd waarin hulle broers betrokke was.

Met die ontstaan van Afrikaner-nasionalisme was die rewolusionêre  demokratiese invloed die sterkste. Met die loop van tyd het die Calvinistiese  invloed sterker en sterker gegroei totdat dit die oorheersende faktor geword het en die begrip van Christelik-nasionalisme posgevat het. Later het die Britse demokrasie, veral in die Kaap, invloede uitgeoefen wat ’n verwarrende uitwerking gehad het.

Nasionalisme is nie iets wat in ’n nasie getoets kan word deur by individuele persone vas te stel, of hulle die teorie ten volle verstaan en ondersteun al dan nie. Soos reeds gemeld, sal daar enkele voorbeelde van sterk beïnvloeding deur die hoë idealisme van nasionalisme wees, maar nasionalisme werk deur ’n nasie soos ’n suurdeeg en word in mindere of meerdere mate gevind in die menigte. In sulke gevalle werk nasionalisme as ’n sterk krag sonder of saam met ander kragte om groot dade te verrig.

Die krag van nasionalisme word getoets deur die dade en optrede van ’n nasie en dan word bepaal hoe sterk of swak dit is. In die Kaap tot by die Voortrek was die opstande van Swellendam en Graaff-Reinet duidelike dade of uitings van ’n sterk nasionalisme. Dieselfde geld vir Slagtersnek en vir die Groot Trek self - selfs by die wat nie getrek het nie. Onder hulle was twee elemente: die verengelste, die kruipers, lafaards en eiebelang-soekers wat geen nasionalisme en geen werklike waarde vir enige nasie besit het nie. Daar was ook die ander deel wat hul plig uitgevoer het om hul vaderland, die Godgegewe reg van hul eie land, nie prys te gee nie. Laasgenoemde was ook ’n uiting van nasio­nalisme.

Die basis van die staatsvryheidsgedagtes van die Afrikaner het ont­staan uit die klassieke tyd en die tydperk van die Franse Rewolusie. In eersgenoemde tydperk was die uitdrukking die stem van die volk is die stem van God en uit die Franse Rewolusie het die formule, die volkstem is die koningstem, ontstaan. Volkssoewereiniteit is nie ’n Calvinistiese beginsel nie en so het die Calvinisme op die gedagte van die vroeëre Patriotte ingewerk om die Soewereiniteit van God in alles te erken. Uit die Bybel het gedagtes van die vryheid van nasies gekom.

Soos A. Wypkema dit stel: „In Suid-Afrika het egter die volkstem-idees sowel as die vryheidsideale ’n diepere betekenis gekry. Die Kaapse Patriotte en die Voortrekkers, onder voortdurende moeilikhede vir vreedsame bestaan en onder groot gevare op die pad na vryheid, het hul Christelike banier steeds hoog gehou. In die staatkundige toepassing van die vryheidsbeginsels was hulle patrioties georiënteer maar hulle het dit volgens Calvinistiese standpunt nie gegrond in die natuurreg nie, maar in die Goddelike reg.

Hierdie Goddelike agtergrond kom na vore oral waar die Afrikaner sy innerlike oortuiging openbaar. Dit was reeds in 1784 dat Marthinus Bergh na sy verkiesing die volk toegespreek het met die woorde: „Dat men zig door een moogelyk verborgene leyding van Godt Almachtig konde en ook moeste achten, door die deelnemende Volkestemme wettig te worden meede gerospe.” Ooreenkomstig hierdie opvatting se Piet Retief dan ook dat hy in sy verkiesing deur die Volkstem meen te herken „die hand van ons liewe Heer.” In verband met die eerste Transvaalse grondwet sê die volkspetisie dat dit die „achtbaarste manne van die Z.A. Republiek waren, door den volkswil gekozen waren om die Grond­wet te ontwerpen ... als een altoosdurend bewijs dat zij de stem des volks als de stemme Gods beskouwden.”[3]

Vergelyk hierdie aanhalings met die van Paul Kruger in hierdie hoofstuk en dan sien ’n mens die inwerking van sowel die demokrasie en die Calvinisme as die nasionalisme op die vryheidsgedagtes van die Afri­kaner, of wat wel genoem kan word Christelik-nasionalisme.

Soos Wypkema dit stel: „So sien ’n mens vandag die ou tradisionele ideaal van Calvinistiese-Patriotis, waarvan Paul Kruger een van die mees tipiese verteenwoordigers was, weer herleef en nuwe besieling kry in die karakteristieke benaming van Christelik-nasionaal.”3 0

 


[1]    ,,Dr. R. Gayre of Gayre”, Miscegenation and Racial Integration: The Mankind Quarterly; Oct.-Dec. 1970.

[2]    Aanhalings van briewe uit The Rise of South Africa by G.E. Cory M.A., Vol. 1.

Afrikaner, p. 41 en 42.

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 842 gaste aanlyn