NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Hoor hoe praat iemand uit die hel: “Vader Abraham, ontferm u oor my.  Stuur tog vir Lasarus dat hy net die punt van sy vinger in water kan steek en my tong afkoel, want ek ly verskriklik in hierdie vuur” (Luk.19:24).  Dit was so onnodig vir hierdie jongman.  Hy kon dit deur sy bekering afgewend en soos die verlore seun uit sy sonde opgestaan en na sy vader omgedraai het.  Hy kon die U-draai gemaak het, maar hy het nie!

ROBEY LEIBBRANDT VERTEL SELF (3)

  Outobiografie van Robey Leibbrandt:

GEEN GENADE

Lees reeks by Robey Leibbrandt vertel self

Indien lesers die ware weergawe oor die nasionalisme, geloof en waagmoed van Robey Leibbrandt wil weet, moet u hierdie reeks nie misloop nie. Daar het onlangs ‘n liberale weergawe verskyn waarvan die skrywer in ‘n TV-onderhoud op die vraag waarom hy oor Leibbrandt geskryf het, geantwoord het: “’n Mens kan nie net oor goeie mense skryf nie”. Die suggestie wat hy laat dat Leibbrandt ‘n ‘slegte mens’ is, kom ooreen met die liberale inhoud van sy boek.

My kinderjare

Geen van die kinders het oom John en sy gade egter soveel pyn, kommer, vermoeienis en verdriet besorg as juis die derde nie. By geboorte was hy baie klein en heelwat ondergewig, maar seer sekerlik nie kleiner en ligter as duisende ander babas nie. Hierdie seuntjie is op 25 Januarie 1913 op Potchefstroom gebore. Sy naam is Sidney Robey Leibbrandt.

Kort na my geboorte is my vader na Graaff-Reinet verplaas, waar ons tien jaar gewoon het. As gevolg van hierdie verskuiwing is ek in die Tweetoring­kerk op Bloemfontein gedoop.

Toe Meyder skool toe moes gaan, het hy botweg geweier. Sonder sy jonger boetie wou hy om die dood nie gaan nie.

So het dit gebeur dat ek reeds op vyfjarige leeftyd kennis gemaak het met die skoolbanke. Skoolgaan was vir my 'n heerlike avontuur. Nou het ek nie meer "Jan Piet, Jan Pat, Jan Hawersak," geleer nie, maar volbloed-resitasies.

Saterdae het ek en Meyder dikwels saam met die ouer seuns gaan kampeer. Die Van Niekerks was reeds groot. Hulle het digby ons gewoon. Hulle kon al die rook deur hulle neuse uitblaas. Hulle kon goed skiet, het graag baklei en het net soos grootmense gevloek. Teenoor ons kleintjies was hulle ongena­dig hard en brutaal. As ons sukkel om die steiltes uit te klouter, het hulle ons aangehelp met daardie wit kadetgordels. Die Van Niekerks het geen versko­ning aanvaar nie. "Julle moet manne word," het hulle altyd aan ons gesê. Van die leergordel is goed gebruik gemaak in hierdie spartaanse opleiding.

Van spoke het ons later eers gehoor. Ons was toe al te groot om veel aan­dag daaraan te skenk. Oom John het sy kinders geleer dat elke mens sy eie spook is. "As jy skrik, moet jy slaan," het hy ons vertel, "maar weghardloop ... nooit!"

Op die hoek nie ver van ons woning nie, was die dorp se bioskoop geleë. Saans het ons dikwels daarheen gegaan. By die ingang het Meyder die praatwerk gedoen. "My pa sal kom betaal," het hy altyd gesê. Mettertyd het hierdie storie nie meer ingang gevind nie. Ons het 'n ander plan beraam. As die gedrang groot was by die ingang, het ons onder die mense se bene deurgekruip. Ons het nooit by die deur omgedraai nie.

Einde 1918 het die Leibbrandts na Noordstraat verskuiwe. Ons het 'n dubbelverdiepinghuis betrek. Hierdie woning was nader aan die Verdedigingsmagskantore en ook nader aan die mark. Die afstand na die skool was nou heelwat groter. Dikwels is ek na die mark gestuur om inkopies te doen. Ewe manhaftig het ek penniegewys teen die grootmense op die botter gebie. My skril seunstemmetjie het die omstanders geamuseer. My moeder het geglo dat haar kinders selfstandig moet grootword.

Vroeg in my lewe het ek die waarde van geld leer ken. Wat ek egter die beste en die gouste geleer het, was om my vuiste te gebruik. Onder alle omstandighede moes ek leer om my man te staan. In ons huisgesin was en is daar geen lafaards nie.

Ek en Meyder was gedurig slaags met die klonkies. Die "Slag van Bloed­rivier" moes dikwels oorgeveg word — kaalvuis. Soos uit die roemryke verlede van ons voorouers, was getalle-oorwig altyd in hulle guns. Van vlug of terug­wyk was daar egter geen sprake nie. Ek het opgegroei met die idee dat ek geen nederlaag kan ly nie.

As kind het ek 'n sorgvrye en ongebonde lewe gevoer. Waar stout opgehou het, het ek begin. Strooptogte op ander mense se vrugteboorde was aan die orde van die dag.

My eerste bewuste poging om te rebelleer teen wat ek as radikaal verkeerd beskou het, was in 1922. In daardie jaar is die Voortrekkerbeweging op Graaff-Reinet in die lewe geroep. Die stigter was my klasonderwyser, dr. Japie Heese. Hy was later Uniale voorsitter van die Voortrekkerbeweging. Ek was een van die eerstes om aan te sluit.

Op 'n dag het die Voortrekkers op Tweede Fonteintjie gaan kampeer. Toe dit begin donker word, moes ek tot my ontsteltenis ontdek dat van die ouer seuns aangestel is as monitors oor ons kleintjies. Ons is verbied om tussen die bosse en bome te speel. Ek het bitter teleurgestel en uiters gekrenk gevoel oor hierdie toedrag van sake. Die gedagte dat ander seuns oor my moes baas­speel, het my tot rebelsheid geprikkel.

Ek het die aand om die kampvuur gesit en broei van boosaardigheid. Op onmiskenbare wyse het ek my misnoeë te kenne gegee. Meyder het hom by my geskaar. Die volgende oggend het vyf ander Voortrekkertjies by ons aangesluit. Ons sou wegbreek van die hoofgroep. Klein Kaltenbrünn, 'n broertjie van die beroemde fietsryer, sou ons gaan wys waar 'n bynes is. Op die terug­tog huistoe die oggend het ons stilletjies weggesluip in die rigting van die Vallei van Verlatenheid. Ons het geen voorsiening gemaak vir kos en water nie. Die harde klim en die warm son het almal nou na drinkwater laat smag. Die waterkuil bo-op die berg was droog. Twee het besluit om die vaandel te stryk. Die vasbeslotenheid om voort te gaan, was egter duidelik by die ander te bespeur.

Eerder die nektar uit die aalwynblommetjies suig as om te hensop oor dors. Leonard — ons het hom altyd Baba genoem — was op agt jaar die jongste van die vyf jeugdige rebelle. Sy ouer boetie, Von Welfling Eybers, was fyn en tengerig gebou soos ek, maar 'n regte platjie. Omtrent vieruur die middag het ons by die bynes aangeland. Na veel gesukkel is die nes van al die heuningkoeke beroof en ons het aan die heuning, byewas en jongby gesmul.

Kaltenbrünn was 'n uitstekende gids. Spoedig was ons by die Sondagsrivier. Getroos het ons op die wal gesit — elkeen met 'n droë doringboomwortel tussen die vingers. Ons rook dat die dampe staan. Kompleet soos bedrewe tabakpruimers word daar kort-kort gespoeg. Die geelbruin vog van die boomwortel prikkel die tong en brand die lippe. Niemand kla nie. Die vernedering is te groot. Ons is mos manne en nie sussies nie!

Die rokery ontaard in 'n spoegkompetisie. Meyder en Von Welfling is die grootste. Hulle spoeg trek die verste. Plotseling word die pret onderbreek. Die hoof van die Voortrekkers verskyn op die toneel. Vinnig word die nog bran­dende toppertjies in die sand gesteek. Japie Heese se oë vonkel. Om sy mond­hoeke plooi 'n ondeunde glimlaggie. Hy blaas deur sy neus. Sy rit is beloon. Die vonds is te groot om nog kwaai te wees. Hy praat nie 'n woord nie. Hy wink vir Leonard en laai hom voor op sy fiets. Die kweperlat het Maandag­oggend in die klaskamer al die opgeskorte praatwerk gedoen.

My vader het in 1948 vir die eerste keer van hierdie gebeure verneem. Hy het dit in Die Brandwag gelees. In daardie jaar het sestien artikels oor my oorlogsavonture in die tydskrif verskyn. Hy was erg ontstoke. Selde het ek my vader so briesend kwaad gesien. Wat hy my alles toegesnou het, sal beter in 'n dissiplinêre kodeboek pas.

As dril-instrukteur verbonde aan die Suid-Afrikaanse Verdedigingsmag, was my vader onderhewig aan gedurige verplasings. Gevolglik het ek my skool­opleiding aan vyf verskillende skole geniet. Dr. Von W. Eybers was hoof van die Hoër Volkskool op Graaff-Reinet. Dit was die eerste volbloed-Afrikaans­mediumskool in Kaapland. Geen prinsipaal het soveel agting en bewondering by ons skoliere afgedwing as hierdie lang, skraalgeboude onderwyser nie. Sy eggenote, "juffrou" Tissa, was 'n genie.

In standerd drie was sy tydelik my klasonderwyseres. Elke tragiese gebeure in ons volk se lydingstryd en wordingsgeskiedenis het sy treffend realisties aan ons geskilder. Een oorlogstoneel na die ander het voor my op die verbeel­dingsdoek verskyn.

In my optrede van later jare het mev. E. Eybers onwetend 'n reuse-aandeel gehad met haar geskiedenisklasse in my vormingsjare.

Tissa Eybers het my geskiedenis geleer, maar Japie Heese het my laat resiteer. Op kunswedstryde het ek menige prys verower. Eers was dit "Wag­hondjies" en later "Jopie Fourie" en "Die Twee Boodskappers". So 'n diepe indruk het A.D. Keet se heldesang op my gemaak dat dit my seker altyd sal bybly.

Aan al my ou speelmaatjies op Graaff-Reinet, sou ek graag my opregte dank wil betuig vir hulle onbewuste bydrae tot die vorming van my karakter. Ook 'n woordjie van waardering aan Katot. Hy was die beste bakleier onder die klonkies. Indien sy helpers net so moedig soos hy was, sou ek swaarder geleer het aan my ouers se voorskrif om nooit te kapituleer nie.

In Maart 1924 is my vader na Port Elizabeth verplaas. Ons het in Noord­Einde gewoon. Die Mackayskool was digby geleë. Dit was ook die enigste Afrikaans-geörienteerde skool in die omgewing. Ek was toe elf jaar oud en in standerd vier.

Begin 1925 was ons weer terug op Potchefstroom. Die huis by Kockstraat 44 het nog aan my vader behoort. Die ou sinkgeboue op die skougronde is verdoop na die Hoër Volkskoolgeboue. Hier het ons agtien maande skoolgegaan.

My bekendstelling aan die seuns van die buurt het soos gewoonlik langs kragdadige weë geskied.

Daar is seker min plekke wat ek ken waar die seuns so maklik en Iekker baklei het soos op Potchefstroom. Niemand het ooit daaraan gedink om van skollie-metodes gebruik te maak nie. "Jy wen soos 'n held of verloor soos 'n man," was die ongeskrewe leuse van die dorp. In my ou geboortedorp was ek so tuis soos 'n sandgogga in die woestyn.

In Julie 1926 is ons na Bloemfontein. My vader was gelukkig om 'n gewese militêre-huis op Tempe te bekom. Ons het op die bult in die noordwestelike deel gewoon. Hier was besonder lekker maatjies; beter vind jy nie. Aan my was hulle so getrou soos 'n Jonathan van ouds. Ons kinders is almal na ver­skillende skole gestuur. Ek en Meyder het na Grey-kollegeskool gegaan.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 788 gaste aanlyn