NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

In hierdie moderne tyd dink ons dat die Bybel se betekenis soos al die ander dinge verander het, maar dit is die een saak wat so vas soos 'n rots staan: die Bybel het vandag nog presies dieselfde betekenis as al die eeue. Met betrekking tot egskeiding sê Jesus vir sy dissipels: "Wat God saamgevoeg het mag geen mens skei nie". Ook dat die man en die vrou egbreuk pleeg wanneer hulle weer met iemand anders trou – lees Markus 10. Wie dínk ons ís ons om hierdie woorde van Jesus in die wind te strooi asof dit nie meer vandag op ons van toepassing is nie – wat maak óns geslagte so besonders dat óns los en vas mag trou en skei!

ROBEY LEIBBRANDT VERTEL SELF (6)

  Outobiografie van Robey Leibbrandt:

GEEN GENADE

Lees reeks by Robey Leibbrandt vertel self

Indien lesers die ware weergawe oor die nasionalisme, geloof en waagmoed van Robey Leibbrandt wil weet, moet u hierdie reeks nie misloop nie. Daar het onlangs ‘n liberale weergawe verskyn waarvan die skrywer in ‘n TV-onderhoud op die vraag waarom hy oor Leibbrandt geskryf het, geantwoord het: “’n Mens kan nie net oor goeie mense skryf nie”. Die suggestie wat hy laat dat Leibbrandt ‘n ‘slegte mens’ is, kom ooreen met die liberale inhoud van sy boek.

My strewe om Springbok te word

Na my terugkeer in die Polisie-Kollege het ek planne begin maak om 'n ver­plasing na die Goudstad te bewerkstellig. Die vraag was egter: hoe? Beserings kan genees en enige interne aangeleentheid kan met die mes van die chirurg opgelos word. Sells dit sou geen verplasing na Johannesburg in die hand werk nie. Skielik een oggend was ek so hees soos 'n broeis makou. Ek het kamma mediese behandeling ontvang, maar ook dit kon die padda in my keel nie ver­dryf nie. Intussen kon ek geen parade bywoon nie, want ek was onbevoeg om bevele te gee. Ek was totaal ongeskik as instrukteur. Na 'n lang gesukkel is ek uiteindelik na Hospitaalheuwel in Johannesburg verplaas. Die lewe van 'n berede polisieman op die teerstrate van 'n groot stad is beslis nie met rose besaai nie. Niks kon my egter afskrik nie. Ek was vasberade om die groen en goud kleurbaadjie te dra.

 

Kol. Du Toit was toe luitenant en in bevel van die polisiestasie waar ek my bevind het. Hy was 'n ywerige sportman en 'n uitblinker in verskillende sport­soorte. Met sy hulp en bystand kon ek gereeld boksoefeninge bywoon. Ek het by Jim Fennesy se boksskool aangesluit. My eerste geveg onder die bekwame leiding van Jim was in die Johannesburgse bokskampioenskappe. Daar was net drie inskrywings in die ligswaargewig-afdeling.

Tot groot vermaak van die toeskouers het ek Young Stribling se boks­metodes nageboots. My eerste opponent was die seun van Nic van der Berg, 'n oud-swaargewigkampioen van Suid-Afrika. Die wenner sou in die finaal te staan kom teen Claude Sterley, die latere Springbok-swaargewigbokser. Voor­dat ek nog behoorlik uitgerus was na die eerste kragmeting moes ek teen die swaarder, groter en vars Sterley boks. Dit was beslis geen maklike taak nie, tog het al drie beoordelaars my as wenner aangewys. Sterley het later by die Suid-Afrikaanse polisie aangesluit.

Hoewel ek 'n natuurlike ligswaargewig was, het ek enige swaargewigbokser in die land aangedurf. Onder die beste amateur-swaargewigte wat ek geklop het, was Potgieter. Hy was in 1932 die swaargewigbokskampioen van Suid­-Afrika. Ongelukkig was hy in sy bewegings gekortwiek deur 'n gebrek aan sy voet. Hy was heelwat swaarder as ek en het geweier om te aanvaar dat ek hom die aand in Pretoria die loef afgesteek het. Enkele maande later het ek hom weer in die bokskryt ontmoet, hierdie keer in Johannesburg, waar Pot­gieter se tuiste was. Die geveg was nie vooraf bepaal nie en het op 'n eien­aardige wyse deur die saamloop van omstandighede werklikheid geword. Pot­gieter se opponent het nie opgedaag nie en ek was in dieselfde penarie. My teenstander was nogal Tommy Bensch, die latere beroep-swaargewigkampioen van Suid-Afrika. Hy is weens hierdie vergryp ses maande lank uit die bokskryt geskors. Beamptes van die boksraad het my genader.

"Robey, is jy bereid om teen die swaargewig Potgieter te boks?"

Voordat hulle nog kon verduidelik wat die rede vir die sonderlinge versoek is, het ek al klaar ingewillig. Graag wou ek Potgieter die geleentheid bied om voor sy eie ondersteuners die Pretoria-nederlaag uit te wis. Ook wou ek hom oortuig dat my oorwinning in Pretoria geen goedkoop geskenk was nie. Jack Eustice, een van die knapste afrigters in die land, het as raadgewer in my hoek opgetree.

Potgieter het net soos "Wild Cat" Mandy van Natal die fatale fout begaan om my met brute slaankrag van die aarde te wil wegmoker. So 'n poging slaag selde, want 'n bokser wat gespanne is, strem die soepelheid van sy bewegings. Indien die vernietigingsdrang sy hele lewe oorheers, verdof dit sy sintuie en sy reaksievermoë word aan bande gelê. Die gevolg was dat Potgieter daardie aand 'n groter loesing op sy lyf geloop het as in Pretoria. Die reguitlinker wat ek teen hom gebruik het, was genoeg om al sy wilde swaaihoue te fnuik.

My hardste en taaiste gevegte as amateur in Suid-Afrika was die drie teen Nic Wolmarans. Ek het hom elke keer geklop. In sy boek "Helde van die Bokskryt" beweer Topsy Smith dat Nic Wolmarans in die bokskryt 'n beslis­sing oor my behaal het. Hy wy 'n hele hoofstuk aan hierdie verdigsel. Wie die dramatiese storie aan hom opgedis het, is moeilik om vas te stel.

Twee keer het ek Nic Wolmarans in die ou stadsaal van Pretoria pakgegee. Die derde keer was in die Marksaal, Bloemfontein, tydens 1934 se proefwed­stryde vir die Statebondspele. In die tweede ronde het ek hom vir 'n telling van nege op die planke gehad, maar uitslaan kon ek hom nie. Nic was nie alleen besonder taai nie; hy was gedurig op die aanval. Hy was die dapperste man wat ek in die bokskryt leer ken het.. Sy boksstyl was op dieselfde lees geskoei as myne, met die gevolg dat ons mekaar soos twee besetenes toege­takel het.

In 1933 was ek en Meyder in die Polisiespan wat na Port Elizabeth gestuur is om aan die Suid-Afrikaanse amateur-bokskampioenskappe deel te neem. Die gevegte het in die Veremarksaal plaasgevind. Meyder het pragtig presteer en die swaargewigtitel ingepalm. Hoewel ek baie las van 'n gekneusde linker­oor ondervind het, het ek tog daarin geslaag om die trotse houer van die ligswaargewigkroon te word. Toe ek die aand by die polisie-barakke kom, was my oor dik opgeswel. Dit is wonderlik hoe die natuur soveel kleure op so 'n klein oppervlakte kan laat saamsmelt.

Van louter pyn kon ek daardie nag nie slaap nie; ek was genoodsaak om Jim Fennesy se raad te volg. In die vlammetjie van 'n vuurhoutjie het ek 'n nuwe skeermeslemmetjie ontsmet. Alles was nou reg vir die operasie. Ek het op my tande gebyt en my oor met die linkerhand vasgevat. Daar was geen spieël in die vertrek nie. Ek voel met my vinger waar die swelsel die grootste is. Met 'n stewige greep aan die skeerlemmetjie sny ek my oor. Die bloed stroom uit die wond. Ek keer met my sakdoek, maar my slaappak se baadjie bly in die slag. Ek druk versigtig aan my oor sodat al die opgegaarde bloed kan ontsnap. Wat 'n verligting! Die sny wat die lemmetjie nagelaat het, het die kloppende pyn laat verdwyn.

Terug in Pretoria het ek op advies van ander blomkoolore my beskadigde oor oor 'n bakkie stomende melk gehou. Dit is veronderstel om die oor so taai soos leer en so hard soos 'n Bolandse droëperske te maak. Of dit waar is, weet ek nie. Vandag nog het ek die oor wat vrolik glimlag as jy daarna kyk.

Die Suid-Afrikaanse Polisie het in 1934 'n gedugte span Bloemfontein toe gestuur na die proefwedstryde vir die Statebondspele. Hoewel Meyder die swaargewigkampioen van Suid-Afrika was, is daar besluit dat hy in die middelgewig-afdeling sou meeding om 'n plek in die Springbokspan na Londen. Hierdie dwase en onverantwoordelike beslissing het tot gevolg gehad dat Meyder meer as twintig pond aan gewig moes verloor. Hoe hy dit reggekry het, sal alleen hy weet. In die kryt het hy soos 'n skelet met bokshandskoene gelyk. Daar moet in gedagte gehou word dat Meyder 'n man van oor die ses voet is. J.L. Smith is as middelgewig gekies. Die swaargewigbokser wat die Springbokspan gehaal het, was W. van Rensburg van die Suid-Afrikaanse Poli­sie. Hy was 'n groot, goed geboude en baie aangename kêrel. Hy was, soos tydens die Polisiekampioenskappe bewys is, nie opgewasse teen Meyder in die bokskryt nie. Sulke ongelukkige voorvalle kom al te dikwels in ons sport­bedrywighede voor. Veral by die keuse van Springbokspanne word diep wonde geslaan deur skandalige flaters. Nie die sportman het skuld hieraan nie, maar wel die sogenaamde sportadministrateurs.

Toe die Springbokspan die dag aangekondig is, was daar groot opgewonden­heid in die Polisie-kollege. Nie minder as vier polisiemanne is gekies om Suid-­Afrika op die Statebondspele te verteenwoordig hie. Ek is ingesluit as lig­swaargewig-bokser.

Ek was in ekstase oor die wonderlike geluk wat my te beurt geval het. My jeugdroom is verwesenlik en my blydskap het geen perke geken nie. Die Springbokkleurbaadjie het egter nie soos 'n ryp vy in my skoot geval nie. Dit het alles ontsaglik veel volharding en opoffering gekos. Niks wat waardevol en blywend is, word die mens geskenk nie. Indien dit wel so was, sou die mens­dom verslap, versleg en eindelik ten gronde gegaan het.

Die statebondspele

Op die boot het Bertie Sims, die bestuurder van die Springbokspan, my be­noem as kaptein van die boksers. Oor die algemeen is boksers nie so prikkel­baar soos atlete nie en verg dit weinig kennis van sielkunde om onder hulle 'n gesonde gees op te bou. Daar was nooit enige teken van jaloesie, nyd of af­guns onder hulle te bespeur nie. Die egoistiese ek moes wyk voor die gemeen­skaplike ons. Ons was almal trotse verteenwoordigers van een gemeenskaplike vaderland en die oorwinning van een sou die ander inspireer en tot eer strek. Die spantrots moes dien as waarborg vir die geldelike bydrae en morele steun van die volksgemeenskap van Suid-Afrika. Ons het gevolglik hard en pligsge­trou geoefen.

Die enigste stoeier onder die groep was wyle Mick Cubbin. Hy was 'n be­sonder stil, teruggetrokke en vasberade kêrel. Selfs Johannes van der Walt, die beroemde wonderstoeier van Suid-Afrika, kon hierdie Engelssprekende Suid-Afrikaner nie as amateur klop nie. Vir afleiding het ek dikwels teen Mick gestoei. Nooit sou hy egter van sy meerdere kennis gebruik maak om voor die omstanders te skitter nie. Mick was nederig en in sy nederigheid het sy kollos­sale grootheid verborge gelê. Hy het in 1934 die goue medalje vir Suid-Afrika verower.

Op die boot het George May, die swemmer van Natal, die spangees gesti­muleer deur liedjies te komponeer.

In Londen het die Springbokspan naby Hyde Park in 'n hotel tuisgegaan. Van hierdie voorreg het ons boksers gebruik gemaak en gereeld elke oggend in die park gaan oefen. Met elke oefening het ek gekonsentreer op daardie gevaarlike linkeropstopper na die maag wat Young Stribling so grasieus en doeltreffend kon uitvoer.

Tydens ons voorbereiding vir die Spele het ek gedurig toneelgespeel. Op bombastiese wyse het ek altyd aangekondig hoe ons boksers alles en almal stukkend en uitmekaar gaan slaan. Niemand het dit in 'n ernstige lig beskou nie. Ek het dit uitsluitend gedoen om die geesdrif hoër aan te blaas en die defaitistiese houding van sommige atlete in die kiem te smoor. Baie atlete het hulle kanse om 'n goue medalje te verower, gemeet aan die wisselvallige menings van sportskrywers. Ons boksers was meer geneig om ongunstige bespiegelinge weg te lag en 'n houding te openbaar wat diepe selfvertroue wek.

Die Britse sportskrywers het reeds vroeg voorspel dat die geveg tussen my en George Brennan, die kampioen van die Britse Eilande, die hoofdis van die Spele behoort te wees. Ek het daarop gereageer deur te vertel hoe ek met Brennan korte mette sou maak.

Ek het Brennan in die halfeindronde ontmoet. Die atlete het nie agterweë gebly in die tergery wat my te beurt geval het nie. Toe ek in die hoek van die bokskryt sit, het daar 'n koue ruling langs my ruggraat afgekruip. Regoor my het die Springbokke in een blok gesit.

Die inleidingseremonies is afgehandel. Die klok lui. Ek stap flink na die middel van die kryt. Ons skud hande en gee 'n pas terug. Brennan skiet 'n vinnige reguitlinker uit na my gesig. Ek koes weg en sink daardie linkerop­stopper met geweld in sy maag. Brennan sak op sy knieë. Byna bars ek uit van die lag. So het ek my die uitslag voorspel en so het dit gebeur.

My gevoel van oorwinning was van korte duur. Brennan is weer op sy voete. Ek sien hom nog duidelik staan. Sy regterhandskoen naby sy ken teen sy bors vasgedruk; sy linkerarm langs sy sy. Ek storm op hom af. Plotseling dink ek aan wat een aand met Don McCorkindale in Johannesburg gebeur het. Hy het teen die vormalige stoeier Joe Woods geboks. Don het vir Joe van bakboord na stuurboord gemoker. Meteens sak Joe Woods neer op sy knieë. Die skeids­regter tel. By die telling van nege kom Woods moeisaam orent. Sonder enige verdediging of dekking storm McCorkindale op sy skynbaar magtelose oppo­nent af. Woods het daarvoor gewag. Soos 'n donderslag tref Woods se regter­vuis sy onbeskermde kakebeen. Don lê plat op sy gesig. Sy oorhaastigheid het hom die geveg gekos.

"Dieselfde gaan nie met my gebeur nie," het dit deur my brein geflits.

Ek is binne trefafstand van Brennan. Ek steek skielik in my spore vas. Ek mik of ek met die linker wil slaan en wag om te sien hoe hy reageer. My reg­tervuis tref hom op die regterwang. George Brennan leun teen my aan. Sy go is uit. Nog 'n vinnige linkeropstopper laat hom slap neersyg. Hy gee hoege­naamd geen teken dat hy onder die gordel getref is nie. Hy kla ook nie. Hy steun nie eens nie. Hy is 'n ridderlike verloorder.

"Na julle hoeke," beveel die skeidsregter ons.

"Ek het die kampioen van die Britse Eilande binne tien sekondes geklop," juig dit in my hart. Ek was gespanne vir die skeidsregter om my hand omhoog te hou.

"Suid-Afrika gediskwalifiseer!" Die aankondiging het my soos 'n weerlig­straal getref.

"Gediskwalifiseer! Gediskwalifiseer!" het dit deur my kop gemaal. Trane van bittere teleurstelling het vryelik oor my wange gevloei. Sesduisend myl het ek gereis om gediskwalifiseer te word. Ek het Suid-Afrika in die steek gelaat! Wat sal die mense sê? Het 'n groter skande 'n sportman al ooit te beurt geval? Waarom is ek gediskwalifiseer? Wat het ek verkeerd gedoen? Brennan weet tog dit is nie waar nie. Hy het nie met woord of gebaar daarop aanspraak gemaak nie. Is dit British fairplay waarvan ek soveel gehoor het? Nee, dis 'n vervloekte leuen! Dis niks anders as bedrog nie! Gedagtes het in hierdie trant deur my kop gemaal.

Ek kon nog om 'n derde plek boks, maar daarvoor het ek glad nie lus gehad nie. Bertie Sims het lank en mooi met my gepraat. Uiteindelik het ek ingewillig. Dit was geen geveg nie, maar net 'n woeste gemaal. My wrok wou ek op die bokser van lerland afkoel. Hy was glad nie opgewasse vir die taak horn opgelê nie, maar het tog dapper geveg. So swak het ek nog nie in my lang boksloopbaan vertoon nie. Die bronsmedalje is aan my toegeken. Die Ier het sy bokshempie aan my geskenk. Voor op die bors het 'n rooi hand gepryk. Wat dit simboliseer, weet ek nie. Ek weet wel dat George Brennan die goue medalje verower het.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1077 gaste aanlyn