NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die Bybel skryf nie pynstillers vir lyding voor nie.  Dit skryf slegs God voor; nie as ‘n pynstiller nie, maar as Iemand wat ons bystaan, ons hand neem en ons deur ons aardse beproewinge help.

ROBEY LEIBBRANDT VERTEL SELF (34)

Outobiografie van Robey Leibbrandt:

GEEN GENADE

Lees reeks by Robey Leibbrandt vertel self

My appèl faal

Enkele weke na afloop van my appèlsaak, was ek weer een middag besig met oefeninge buite op die grasperk.

"Robey, ek glo nie jou appèl sal slaag nie," het een van die bewaarders aan my gesê.

Ek het my onmiddellik vererg en skerp geantwoord: "Jy weet niks van ‘n saak af nie en ek het jou mening ook nie nodig nie. Jou wens is natuurlik die vader van hierdie gedagte."

Daar was 'n sagte glans in sy oë toe hy weer praat: "Nee, Robey. Om die waarheid te sê ... die nuus is vanmiddag oor die radio uitgesaai."

Ek het 'n koue rilling deur my liggaam voel gaan. My lippe was skielik droog.

"Ek het niks meer verwag nie," het ek gesê. "Ek is bereid om te sterf."

Daardie middag het belangstellendes begin instroom. Almal het besef die einde nader. Mej. Dora van Cittert en Sakkie Bouwer het, soos in die verlede, getrou by my gestaan. Trane het daardie dag vryelik gevloei. Een dametjie het in 'n floute neergesak, 'n ander het half histeries gehuil. Al hierdie aandoenlike tonele het voor my afgespeel. Die lang verblyf in die dodesel het my nie week gemaak soos die algemene verwagting was nie, maar my verhard. Die trane het my nie geroer nie, behalwe dié van my jongste sustertjie, Regina. My bejaarde moeder en oudste suster, Ray, het ook opgedaag. Hulle het nie gehuil nie. Hulle het my moed ingepraat. Dit was daar daardie trots, so opvallend in die Joyce-geslag, wat ook hier geseëvier het.

Toe my oom, ds. W.R. Joyce, sy opwagting maak, het ek verwag dat hy oor my sieletoestand sou verneem. Niks van die aard het egter gebeur nie. Hy het net gesê dat hy genl. Smuts wou gaan spreek. Ek het hom versoek om asseblief nie om genade te gaan pleit nie. Ek was bereid om te sterf. Nie dat ek daarin behae sou skep nie, maar net omdat ek my trots nooit kon of sou prysgee nie.

Op 21 Desember 1943 is die beslissing van die Appèlhof skriftelik aan my oorhandig. My appèl is verwerp en ek moes aan die galg sterf. Die dag waarop ek tereggestel sou word, is nie vermeld nie.

Een oggend is 'n brief na my in die dodesel gesmokkel. Dit was afkomstig van my broer Eben en sy kameraad Ryno Baartman. Hierdie twee getroue dapper volgelinge het geskryf dat hulle reeds sorgvuldig planne beraam het om my te ontset, indien die doodvonnis ten uitvoer gebring sou word. Ek het aan hulle my innige dank betuig vir die grootse gebaar, maar beslis geweier om toe te stem.

Twee dae voor Kersfees 1943 het daar hoogspanning in die Sentrale Gevangenis geheers. Drie of vier nie-blankes was reeds die dag tevore aangesê om hulle gereed te maak om aan die galg te sterf. Terdoodveroordeeldes word na so 'n aankondiging nie meer toegelaat om die dodesel te verlaat nie. Hulle mag gedurende die periode van grasie, wat gewoonlik drie dae beloop, alles binne redelike perke bestel. Afgesien van spesiale besoek van die galgkandidaat se naasbestaandes, word allerlei snoeperye aangevra. Die lieflingdis onder die nie-blankes was biefstuk en eiers. Ook musiekinstrumente is aan hulle verskaf. Een Kleurling, so is aan my vertel, het op 'n keer 'n mondfluitjie gevra. Die dag toe hy na die galgkamer stap, het hy ewe ongeërg die liedjie "Nader na die pale toe" op die fluitjie gespeel.

Die Goewerneur-Generaal se besluit oor my lot sou nietemin daar­die dag bekendgemaak word.

Ek het reeds duidelik te kenne gegee dat ek onder geen omstandighede sou toelaat dat nie-blankes saam met my die galg betree nie. Ek het om bepaalde redes nie verwag dat aan my enige grasie verleen sou word nie.

"As ek gehang word, word ek eerste en alleen gehang," het ek aan die be­waarders gesê.

"Die dag van my teregstelling is uitstekend gekies," het ek bygevoeg. "Die Kersfeesstemming sal gebruik word om gevoelens te demp. Oulike set!" Daardie middag is ek na die tronkbestuurder se kantoor ontbied. Daar is ek meegedeel dat my vonnis verander is tot lewenslange gevangenisstraf. Wat my veral getref het, was die bestuurder se belofte dat daar geen verskil in die behandeling van my en die van ander gevangenes sou wees nie. Hierdie belof­te is nie gestand gedoen nie. Van die dodesel is ek direk na die segregasie­selle geneem. "Hoekom word ek dan afgesonder? Twee jaar lank was ek reeds geïsoleer. Nege-en-'n-halwe maande het ek op die sementvloer van die dodesel gelê en nou moet ek alweer gesegregeer word. Ek eis dat die rede aan my verstrek word. Sonder aanklag, sonder verhoor en sonder die opgawe van enige rede hoegenaamd, durf julle my nie straf nie," het ek my lot by die bewaarder bekla.

"Dis bevele," was die antwoord en daarby het dit gebly.

Die segregasie-afdeling van die Sentrale Gevangenis het bestaan uit,ses selle wat deur 'n roosterhek van die res van die tronk afgesluit is. My sel was so geleë dat die son dit nooit kon bereik nie. Dit was 'n natuurlike yskas. So koud was dit daar dat ek in die wintermaande heeldag gesit en bibber het. In hierdie dae het ek vinnig gewig verloor.

Die eintlike rede waarom ek nie tereggestel is nie, is toe te skrywe aan die onweerlegbare feit dat ek my verdediging in die Appèlhof self waargeneem het. By die grasie van God, was ek een te veel vir "Slim" Jannie. Indien ek dit egter nie gedoen het nie; sou ek beslis aan die galg gesterf het. Daarvan is ek oortuig. Die vervalsing van my toespraak sou andersins nooit aan die lig ge­kom het nie. As ek my self nie wou help nie, hoe anders moes God my dan help?

Elke oggend is aan my 'n hoeveelheid piklyn met 'n seilnaald en die nodige palmstuk oorhandig. Aan die begin het dit maar moeilik gegaan met die sakmakery. Die possakkke moes netjies afgewerk word. Ek het maar gesukkel. Die ander gevangenes het daarvan te hore gekom. Een oggend het 'n mede gevangene dit gewaag om met die verbygaan aan my te skreeu: "Robey, hoeveel sakke maak jy?"

"Een sakkie!" het ek luid terug geantwoord.

Indien hierdie gevangene betrap was dat hy met my praat, sou hy swaar gestraf gewees het. Niemand is toegelaat om met my te praat nie. So streng is hierdie maatreël toegepas dat ek jare daarna alleen in 'n moeilik amper onverstaanbare mompeltaal kon praat. Selfs vandag nog het ek geweldig veel las met spraak.

Van Johannesburg is 'n spesiale bewaarder oorgeplaas na die Sentrale Gevangenis om my op te pas. Hierdie vent was berug vir sy haat jeens politieke gevangenes. Hy was te veel van 'n lafaard om na die Noorde te gaan het gevolglik die rol van 'n held aan die tuisfront vertolk. Kort na sy aankoms is ek plotseling een oggend in kettings geslaan. Toe ek vra wat die rede is, het die bestuurder aan my gesê dat dit bevele van hoofkantoor is.

"Ek besit tog immers die menslike reg om eers verhoor te word," het ek protesteer. Dit het alles niks gebaat nie. Dertig dae en dertig nagte moes ek met die 16 pond-kettings om my enkels werk en slaap. Al my boeke en skryfgoed is uit my sel verwyder. Nadat my dagtaak afgehandel was, was ek genoodsaak om maar stil te sit en na die skrefie lug wat bo deur die klein venstertjie sigbaar was, te kyk.

Later het ek verneem dat ses bewaarders uit die Gevangenisdiens ontslaan en geïnterneer is. Hulle sou dan planne beraam het om my te ontset. Die hoofgetuies in hierdie drama was twee gewoontemisdadigers. Hulle geknoei teen die ses bewaarders het geslaag. Spesiale punte vir goeie gedrag is aan hulle toegeken. Hulle ontslag uit gevangeneskap is daardeur bespoedig. Gewoontemisdadigers word meestal deur die gevangenisowerheid as skuim beskou. Hulle sou dan geen eer besit en hulleself bedien met die leuen as wapen. Hierdie houding is, eienaardig genoeg, net na gelang van omstandighede ingeneem. Is die gewoontemisdadiger die beskuldigde in een of ander tronkoortreding, dan lieg hy en word hy skuldig bevind. Tree hy egter op as nuusdraer, praat hy die heilige waarheid.

"So 'n komedie was menigeen se tragedie," sou Langenhoven gesê het. My gereelde lyfwagte is vermeerder van drie na vyf. Twee van hulle is gewapen. Hulle het gereeld op die wagtorings by die oefenterrein stellkng ingeneem as ek oefen. Ook is 'n spesiale grendel, voorsien van 'n reuse-slot aan my seldeur geheg. Twee wagte was dag en nag by my sel aan diens. Die beklemmende uitwerking van die gedurige omsingeling op my gemoed is beskryflik. Ek het gevoel of ek tot 'n uitbarsting kon kom, maar hoe?

My sel is elke dag deurgesnuffel. Wat daar gesoek is, weet ek vandag nog nie. By sulke geleenthede is alles in my sel rondgestrooi. Moeisaam moes ek dit weer optel en regpak. So het dit aangegaan, nie vir weke en maande nie, maar vir jare.

Saans van ses tot agt, wanneer die ligte uitgedoof is, is daar aanhoudend reg bo my kop getimmer. Die gehamer met 'n metaalvoorwerp op die betonplafon van my sel, het soos borende vlymskerp naalde in my skedel gevoel. My ver­soek dat dit asseblief gestaak moes word, het op dowe ore geval. Wanneer die getimmer ophou, het die nagtelike steuring vorm begin aanneem. Kort-kort is daar hard aan die spesiale slot aan my seldeur gepluk. Daarna is die lig van my sel aan- en afgeskakel totdat ek wakker geword het. Hierdie prosedure het deur die nag voortgeduur. Dit is met gereelde tussenposes afgewissel deur die uitdagende geskreeu en gebulder van die wag agter my sel se venster. Dit was "Halt! Wie gaan daar?" van vroeg saans tot sonop.

Indien ek hierdie barbaarse marteling en sadistiese fottering vir 'n maand of ses moes verduur, sou ek geen woord daaroor gerep het nie. Om dit egter by­kans vier lange jare uit te hou, is meer as genoeg om selfs senuwees van staal te ruïneer. Daarbenewens moes ek gedurig op die koue sementvloer slaap. Die geharde misdadigers, moordenaars en verkragters se selle het plankvloere gehad.

Geen pen is in staat om die psigo-fisiese pyn wat ek moes deurworstel, te beskryf nie.

Die goedige dr. Jack van Druten het my later 'n senumiddel voorgeskryf. Die derde dag het 'n karakterlose bewaarder dit vervang met 'n sterk oplossing ammoniak. Wat die uitwerking daarvan op my sisteem was, maak die daad so vuil, laag en smerig dat ek geen woord kan vind om dit te beskrywe nie.

Geen tronk is 'n piekniek- of vakansieoord nie. Wat ek egter agter die hoë tronkmure deurgemaak het, sal selfs die duiwel laat bloos van skaamte. Alles wat ek hier kortliks aangestip het, het ek breedvoerig beskryf in my brief aan die Goewerneur-generaal, sir Patrick Duncan. Die tronkbestuurder het my na sy kantoor ontbied en gedreig om my aan te kla. Ek sou dan geen reg besit om sonder toestemming 'n skrywe aan die Goewerneur-generaal te rig nie!

"Daardie geskrif is nie deur 'n mensehand geskrywe nie", het ek verklaar. "Dit is uit die hel gepos."

Ek wou net 'n papiergewig gryp, toe dit blitssnel voor my van die tafel weg­geraap is. Ek het reeds aan 'n neurose gelei. Ek het gevoel ek word krank­sinnig. Ek kon nie meer rasioneel dink nie. Ek het onsamehangende dinge ge­mompel.

Ses keer is ek daar in die segregasie-selle gestraf sonder rede, sonder aan­klag en sonder verhoor.

My skriftelike antwoord hierop was dat die strafdraer se geestesinstelling sy straf se hardheid bepaal.

Wanneer 'n gevangene egter barbaars mishandel word sonder 'n rede kan daardie drang tot vergelding soos 'n kanker aan sy siel vreet en kan die uitbarsting daarvan noodlottige gevolge hê. Ek het gevoel ek gaan moor!

As gevolg van die aanhoudende en onverpoosde sielemarteling was die sielspatroon van my handelinge onmiskenbaar duidelik. Ek wou my vergryp aan 'n daad van geweld wat verreikende reperkussies sou meebring. My hele wese het geroep om wraak. Die jarelange foltering was onbeskryflik wreed. Dit alles sou ek nog veel langer kon verduur, maar ongelukkig het die fanatieke gees waarmee ek besiel was, 'n geweldige knou gekry. Dit het so gebeur: Een dag het die bandiete verskriklik te kere gegaan. Die Sentrale Gevangenis het gebewe soos hulle juig en sing.

"Waaroor kan hierdie tronkgespuis hulle so verheug? Wat het gebeur dat die tronkowerheid sy toestemming aan so 'n demonstrasie verleen?" myself afgevra.

"Ons het die oorlog gewen ... goeie ou Rusland!" het ek iemand gehoor skreeu. Ek het geruk soos ek skrik.

"Dis nie waar nie. Dis nie waar nie. Dit durf nie waar wees nie. O God, nee!" het my hart teen die aankondiging geprotesteer. Tot laat in die aand het die bandiete gejubel en gejuig. Ek kon nie slaap nie. Daar op my matjie het ek gelê en worstel met die gedagte dat Kommunistiese Rusland en sy handlangers moontlik tog geseëvier het, maar ek het botweg geweier om dit te glo. Eers die volgende oggend het dit tot my deurgedring dat dit onherroeplik waar is.

Die Duitsland van Adolf Hitler was verpletter, nie soseer deur getalle oorwig en wapens nie, maar deur laagvloerse verraad. Vir die eerste keer sedert my kinderjare het ek bitterlik geween. Die dolk van vertwyfeling het my deurboor.

Die gedagte was oorweldigend en die pyn het my siel geskroei. Dit het soos ‘n vuur gebrand. My geloof in God het in die smeltkroes beland. Maande lank het ek dag en nag geworstel met die gedagte of daar wel 'n Hoër Hand bestaan. Indien wel, waarom sou Hy dan toelaat dat 'n ateïstiese monster seëvier? Wat is dan God se doel met hierdie ondermaanse? Voordat ek 'n antwoord kon vind op die eerste vraag, het 'n tweede reeds in my opgeborrel. Dit het in 'n hewige sielestryd gewikkel. Alles om my was in 'n ondeurdringbare donkerte gehul. Ek het na lig gesoek, maar kon dit nie vind nie. Aldaar het ek my ewewig begin kwytraak. Ek het gevoel dat ek kranksinnig word en tot my self ingekeer. Ek het geen belangstelling in die lewe meer gehad nie. Ek wou sterwe. Ek het reikhalsend gesmag na die ewige rus ... die dood.

Daar was nooit die sweem van 'n gedagte om my hand aan my eie lewe te slaan nie. Ek is geen held nie, maar innerlike trots en my onvermurfbare poli­tieke geloof het alles oorwin wat moontlik aan enige vertolking van lafhartig­heid kon grens.

Vandag aanvaar ek dat die uitspraak dat die Westerse beskawing gedoem is om in die wilsand van nihilistiese Kommunisme vir ewig te verstik, maar dit bied my geen verskoning om te kapituleer en te gaan lê nie; inteendeel, die wete dat 'n titaniese stryd wag, versterk my siel en vul my met nuwe krag.

Laat die donder en blitse uit die hel op ons neerdaal. Laat moord, verkrag­ting en vlamme hoogty vier. Laat bloed en trane diep vloei. Laat moeders ween en kinders huil. Ons sal hoor en ons sal voel ... die smart en pyn sal deel wees van die stryd, maar weghardloop, sal ons waaragtig nooit. Ons daag die stryd met doodsgevaar in al sy verskeidenheid. Ons sal veg en ons sal sterwe. Ons vir jou, Suid-Afrika!

Daar in die klein halfdonker tronkselletjie in Pretoria het die ondergang van Nasionaal-Sosialistiese Duitsland my 'n verpletterende slag toegedien. Toe het ek alleen gestaan. Die pyn en smart wat in aantog was, het toe reeds my siel verteer. Ek het waansinnig geword van verdriet.

Op my versoek is twee staatspsigiaters na die gevangenis ontbied om my geestestoestand te ondersoek. Hulle bevinding was dat die isolasie opgehef moes word. Dr. Colin Steyn, toentertyd Minister van Justisie, het persoonlik na die gevangenis gekom om my van die bevinding te verwittig.

Die vrystelling uit isolasie het 'n geweldige verandering in my gemoedstoe­stand teweeggebring. Ek was nou ook toegelaat om saam met die ander ge­vangenes konserte en ander tronkvermaaklikhede by te woon. Terwyl ek voor­heen onder die wakende oë van vyf wagte my oefeninge gedoen het, was daar nou net een bewaarder op die wagtoring. Ek kon ook vryelik gesels met enig­een. Nie dat hulle my kon verstaan nie, maar tog.

Volgens gebruik, moes alle gevangenes elke Sondagoggend buite op die oop terrein vir die inspeksieparade aantree. Hierdie inspeksie word deur 'n tronk­beampte of sy assistent waargeneem. Een Saterdagmiddag het ek 'n hewige woordewisseling met 'n bewaarder in die tronkhospitaal gehad. Ek het skerp uitgevaar teen die tronkowerheid. Ek het sekere hooggeplaaste persone in die gevangenisdiens beskuldig van diefstal van staatseiendom. Tydens 'n hofsaak in Pretoria in 1949 is hierdie aantyging van my gestaaf. Hulle is almal skuldig bevind en gevonnis. Dit is 'n tipiese geval waar wolwe as skaapwagters gebruik is.

Die volgende Sondagoggend moes ons weer oudergewoonte vir inspeksie aantree. Sodra die tronkbeampte voor by die hek inkom, is die klok gelui, as waarskuwing dat sy "Hooggebore Deurlugtige Majesteit" opgedaag het. Sodra die bewaarder in bevel van die parade die bestuurder opmerk, het hy hard geskree: "Aandag! Hoede af!" Op hierdie bevel is die hoed flink van die kop afgepluk.

Daardie oggend het "Sy Hoogheid", die beampte, by my tot stilstand gekom en gevra: "Waar is jou hoed?" wou hy weet.

"Ek dra geen hoed nie," het ek geantwoord.

"Sorg dat jy in die vervolg jou hoed saambring," het hy uit die hoogte gesê. Ek het nie geantwoord nie, maar daar en dan besluit dat ek nie aan hierdie bevel gehoor sou gee nie. Ek was bloot 'n politieke gevangene en nie die vloermat van twyfelagtige karakters nie. Die vernedering was al groot genoeg sonder hoed.

Na afloop van die parade het ek aan die bewaarder aan diens gesê: "Ek sal nie my hoed vir julle d... afhaal nie. Daar is van julle hoofde wat nog groter misdadigers is as die gewoontemisdadigers hier in die tronk. Gaan vertel daardie groot kokkedore van jou ek sê so." Dit was nie die eerste en ook die laaste keer dat ek in onomwonde taal my mening teenoor die tronkpersoneel uitgespreek het nie.

Nadat ek twee Sondae sonder hoed op parade verskyn het, het die beampte van die eerste Sondag daardie derde Sondag weer opgedaag. Hy was toe reeds bewus van my standpunt oor die hoedafhalery.

"Leibbrandt, waar is jou hoed?" wou hy streng weet.

"Die afgelope paar maande staan ek elke Sondag hier sonder hoed. Toe kom jy plotseling met jou hoedstorie. Wat is die eintlike doel van die hoed. Is die hoofdoel dat ek dit vir jou moet afhaal? Ek sal dit waaragtig nie doen nie!" Ek het oor die beampte se kop lugwaarts gekyk.

"Ek wil jou hoed op parade sien," het die man vervolg.

"Vir my sal jy sien, maar beslis nie my hoed nie. Verstaan jy?" het ek verder gegaan.

In die Sentrale Gevangenis was dit die gebruik om die gevangene te vernietig en te verguis. Die klaarblyklike doel was om 'n diepe minderwaardige gevoel by die gevangene aan te kweek.

Baie van die bewaarders se agtergrond was sodanig dat hulle as gevolg van hulle eie huislike omstandighede minderwaardige drenkelinge in die sosiale lewe was. As bewaarder is plotseling aan hom status verleen. Hy was heer en meester in sy eie domein ... die tronk. Hier kon hy hiet en gebied, maak en breek. Hierdie magsposisie het sy ego gestreel. Die gevolg was dan ook dat hy geen geleentheid sou laat verbyglip om sy selfgeldingsdrang tot ontplooiing te bring nie. Daar was en is egter ook bewaarders wat gunstig met die beste van ons vergelyk kan word.

Wat die motief ook al vir die astrante, onbeskofte en weersinwekkende dinge van sekere bewaarders in die gevangenis was, is nie hier ter sprake Ek wil net hier konstateer dat ek van die misdadigers dikwels jammer gekry het vir die feit dat hulle geen morele reg besit het om aanspraak te maak op sim­patie nie.

Dikwels het ek ervaar hoe 'n gevangene verskree is, net omdat dit die be­waarder behaag het. Dit was 'n gewoonte by sommige bewaarders om die mantel van 'n tiran om te hang. Hierdie rol kon uitmuntend vertolk word wanneer so 'n bewaarder in die "maag" of saal van die Sentrale Gevangenis aan diens was. Op elke gevangene wat, na gelang van sy werk, deur die saal moes stap, is daar geskree: "Stap aan! Kyk voor jou. Maak vas jou baadjie!" So 'n paniekbevange gevangene het gewoonlik sy pas versnel, gevoel-voel of al sy baadjieknope vas was en soos 'n soutpilaar voor hom gekyk.

Toe ek op daardie bewuste Sondagoggend geen ordentlike en volwasse woordewisseling uit die beampte kon lok nie, het ek luid gesê: "Stap aan. Kyk voor jou. Maak vas jou baadjie." Die kêrel het gebloos en aangestap.

Twee dae na hierdie voorval is ek na die assistent-bestuurder se kantoor ontbied. Ek is meegedeel dat ek aangekla is weens my optrede teenoor die beampte. Ek het geweier om deur 'n ondergeskikte persoon verhoor te word. Ek het my op 'n tronkregulasie beroep wat bepaal dat 'n gevangene kan eis om deur die besoekende landdros verhoor te word. Uit eie ervaring het ek ge­weet dat dit nutteloos sou wees om my self te verdedig. Ek het derhalwe ge­vra dat 'n regsgeleerde my moes bystaan. My versoek is botweg van die hand gewys.

Volgens die klagstaat sou ek aan die beampte gesê het: "Ek haal nie my hoed vir julle d... of nie." In werklikheid het ek hierdie woorde drie weke tevore teenoor 'n bewaarder gebesig. Meer as honderd gevangenes kon getuig dat die klag teen my vals was. Ek het my bloedig vererg vir die assistent­bestuurder. Daar het 'n skerp woordewisseling ontstaan. Hy het gedreig om my in my afwesigheid te verhoor. "Die uitspraak sal tog maar dieselfde wees," het ek uitgeroep en uitgestap.

Laat ek dit hier weer baie duidelik stel. My vader was 'n streng gedissipli­neerde militaris. Vroeg in my lewe het ek geleer om dissipline te handhaaf. Ek was kadet tydens 'n offisierskursus aan die Militêre Kollege. Ek was sersant-instrukteur aan die Polisiekollege. Ek was adjunk-offisier van die Spoorwegpolisie. Ja, ek was selfs korporaal van die Duitse valskermtroepe. In al die jare van diens onder 'n dissiplinêre kode is ek nooit aangekla nie. As rekruut is ek een keer berispe omdat my baard nie skoon geskeer was nie. Ek het my so geskaam dat ek gewens het ek sink in die aarde weg. Hoe uiter­mate streng die dissipline in die Duitse leër was, het ek reeds beskrywe. Hoe strenger die dissipline, hoe gelukkiger was ek.

Indien my volk dissipline kan aanleer, vrees ek nie die bloedige worsteling met Kommunistiese barbarisme nie. Hierdie stryd is onvermydelik. Dit staan onuitwisbaar in die Kommunistiese program van wêreldverowering geskryf. Dit volg die weg van bloed, trane, marteling en verkragting.

Dit is byna te laat. Ons is omsingel deur Kommuniste. Ons land is deurdrenk van Kommunisme. Hulle wag net op die bevel van Moskou. Laat dissipline ons wagwoord wees. Ons het nog 'n kans om as blanke volk voort te bestaan. Ons mag nie wanhoop nie. Ons mag nie twyfel nie.

Die Weste het die appel van Sneeuwitjie gepluk. Die rooi glans daar is as oorwinning vertolk. Ons is besig om aan die Kommunistiese gif te proe, dit was alles in die appel versteek.

So het ek ook geproe aan die kelk van edik in die Sentrale Gevangenis en op unieke wyse het ek dit tot die droesem geledig. Wie wil nog praat van dissipline in 'n doolhof van smart waar onreg, wreedheid en skandalige gedrag hoogty gevier het?

Ek is in die Sentrale Gevangenis soos 'n ondier behandel maar ek moes daardie ingebore trots, reeds oorbeklemtoon in my boek, ongeskonde bewaar. Dag na dag is ek aan onmenslike toetse onderwerp. Ek het die stryd teen die deelname van my vaderland aan die dwase boemerang-oorlog aangedurf. Ek moes alleen die skuld en verantwoordelikheid dra. Ek is tot die dood veroordeel. Maar net soos Nasionaal-Sosialistiese Duitsland het ek ook geweier om die vaandel te stryk.

Die tronkowerheid het gesweer dat hulle my sou breek. Die owerheid het my gewaarsku. Ek sal moet buig of breek. Daar was geen middeweg nie en ek het gesê dat ek beslis weier om te buig. Ek buig alleen voor God.

In my afwesigheid is ek skuldig bevind en tot een-en-twintig dae ryswater gevonnis.

Onderwyl die assistent-bestuurder sy bevinding aan my voorgelees het, het ek eenvoudig my rug op hom gekeer en doodluiters aangestap na my sel. "Sluit hom op!" het hy woedend geskree.

"Waarvoor wil jy jou nonsens aan my voorlees? Trap en maak dat jy wegkom," het ek hom toegesnou.

Die assistent-bestuurder het aan 'n spraakgebrek gely. Die gevolg was dat selfs die bewaarders teenwoordig nie hulle lag kon bedwing nie. Dit moes ‘n aardigheid gewees het om na twee mense te luister wat nie behoorlik kan praat nie. Hy wou praat, maar hy kon nie. Ek kon weer mompel, maar niemand kon my verstaan nie.

Terwyl ek aanstap, het ek skielik 'n ingewing gekry. "Neem my eers tronkhospitaal sodat ek die verband om my arm kan vervang," het ek aan ‘n vriendelike hoofbewaarder gesê.

Ter verduideliking wil ek net meld dat, as gevolg van die koue sementvloer waarop ek soveel jare moes slaap, ek chroniese neuritis in my regterelmboog opgedoen het. My elmboog is in 1936 in die lit beseer. Dit het op pad na die Olimpiese Spele gebeur, soos ek vroeër beskryf het. Ek het behandeling in Duitsland ontvang, maar my regterarm is vandag nog krom.

Toe ek weer terug in my sel was, het ek in woede uitgebars.

"Vir meer as vyf jaar maak julle met my net wat julle wil. Julle wil my kamma breek. Nou ja, breek my, laat ek sien. Julle barbaarsheid sal ek nie meer slaafs ondergaan nie." By die afsluit van hierdie woorde, het ek die bewaarder by my sel uitgestamp.

"Uit!"het ek geskree. "Sonder geweld kry julle my nie uit hierdie sel nie." Met hierdie woorde het ek 'n skêrtjie te voorskyn gehaal. Ek het dit enkele minute vantevore by my besoek aan die hospitaal stilletjies voor by my hemp ingesteek.

"Ek het wel net een gesonde arm, maar onthou ek is gewapen." Om krag aan my woorde te verleen, het ek my een skoen uitgepluk. Ek het 'n venster­ruit stukkend gegooi. Die gebreekte glas het oor die vloer gestrooi gelê.

Die bewaarder het die buitedeur vinnig toegestamp en gesluit. Gou is voor­sorgmaatreëls vir 'n moontlike oorrompeling in die nag getref. Ek het hulle geken en hulle vir my. Dit sou een teen 'n oorweldigende meerderheid wees — geweld teen geweld, 'n skêr teen 'n legio wapens.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1052 gaste aanlyn