NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

In Februarie het spanning tussen Israel en Iran vergerger toe Israelse leiers Iran blameer het vir nog twee aanvalle. Op 13 Februarie is die Israeliese Ambassade gebombardeer in verskeie state. Die ontploffings was soortgelyk aan aanvalle op Iran se kernwetenskaplikes 'n paar jaar gelede waarvoor Iran vir Israel blameer het. Kortom, Israel waarvan Jerusalem die hoofstad is, is voortdurend in oorlog. Waarom? Glog tog maar vir Jesus wanneer Hy huilend die stad op 'n donkie inry en sê: "As jy tog maar geweet het, ja, ook in hierdie dag van jou, die dinge wat tot jou vrede dien! Maar nou is dit vir jou oë bedek. Want daar sal dae oor jou kom dat jou vyande 'n skans rondom jou sal opwerp en jou omsingel en jou van alle kante insluit. En hulle sal jou en jou kinders in jou teen die grond verpletter; en hulle sal in jou nie een klip op die ander laat bly nie, omdat jy die gunstige tyd toe God jou besoek het, nie opgemerk het nie."  - Luk 19.
Het Suid-Afrika dalk ook die gunstige besoek van God nie opgemerk?...

BITTEREINDER, BLY STAANDE DEUR JOU GELOOF!

"Dis met Covid-19 weer duidelik hoe die hensoppers met vrees in ‘n rigting gemanipuleer word net soos hulle met vrees tot totale oorgawe in 1992 gemanipuleer was sonder dat ‘n skoot geklap het. Die hensopper is nie heeltemal tevrede met hoe dinge is nie, maar hy maak darem ‘n bestaan en sy kinders kan darem skoolgaan... Het van die hensoppers nou al agter gekom wat hulle met hul kinders se toekoms gemaak het? Watse onbybelse, humanistiese en kommunistiese drek hulle kinders en kleinkinders nou by die skool geleer word? Jou kind word beslis nie van die Here geleer en dat jy op Hom alleen moet vertrou nie! Besef die henssoppers nou darem watter wolwe in skaapklere hulle kom verskeur het? Weet hulle dat dit net kon gebeur omdat hulle nie die Goeie Herder se stem ken nie?"

Sir Arthur Conan Doyle, skrywer van Sherlock Holmes het onder andere oor die Boer die volgende geskryf:

Take a community of Dutchmen of the type of those who defended themselves for fifty years against all the power of Spain at a time when Spain was the greatest power in the world. Intermix with them a strain of those inflexible French Huguenots who gave up home and fortune and left their country for ever at the time of the revocation of the Edict of Nantes. The product must obviously be one of the most rugged, virile, unconquerable races ever seen upon earth. Take this formidable people and train them for seven generations in constant warfare against savage men and ferocious beasts, in circumstanes under which no weakling could survive, place them so that they acquire exceptional skill with weapons and in horsemanship, give them a country which is eminently suited to the tactics of huntsman, the marksman, and the rider. Then finally, put a finer temper upon their military qualities by a dour fatalistic Old Testament religion and an ardent and consuming patriotism. Combine all these qualities and all these impulses in one individual, and you have a modern Boer – the most formidable antagonist who ever crossed the path of Imperial Britain. Our Military history has largely consisted in our conflicts with France, but Napoleon and all his veterans have never treated us so roughly as these hard-bitten farmers with their ancient theology and their inconveniently modern rifles.

Hier praat Doyle verkeerdelik oor die Boer, dis ooglopend dat hy eintlik die Bittereinder beskrywe. En daarom wil ek graag die volgende agtergrond skets:

‘n Volk word gedefinieer as ‘n groep mense wat deur eenheid en veral taal en historiese ontwikkeling, maar dikwels ook godsdiens, ‘n duidelike besef van samehorigheid besit en geredelik as sodanig herken kan word. Hierdie definisie kan eintlik veel eenvoudiger wees – ‘n volk is ‘n uitgebreide familie – al die lede van die volk sal op een of ander wyse, al is dit baie verlangs, familie wees. Families word natuurlik weer saamgestel deur gesinne wat verwant is aan mekaar en gesinne word saamgestel uit individue wat verwant is aan mekaar. Die rede waarom ek eerder die laasgenoemde gedeelte bysit is omdat die Afrikaner nie samehorig is nie, hoeveel familielede het nie al totaal ateïsties geword nie? – Dis nie meer net ‘n geval dat hulle God nie goed ken nie, dis ‘n geval waar hulle niks met God te doen wil hê nie en enige van sy verordeninge as nonsens beskou.

Daar is altyd debat oor wie hierdie volk of Afrikaanse blanke ras aan die suidpunt van Afrika dan nou eintlik is – is ons die Afrikaner soos Hermann Giliomee ons noem? Wel, dit is debatteerbaar! Maar daardie beskrywing ignoreer ‘n stuk van my geskiedenis! En daardie geskiedenis is ten eerste die Groot Trek. Julle moet saamstem dat nie almal wat aan die Kaap geland het, ooit geassimileer het en Afrikaners geword het nie (Die 1820 Britte was omtrent die rede vir die Groot Trek in 1836! – moet nie my retoriek verkeerd vertaan nie, daar is baie Engelse mense vir wie ons as volk altyd dankbaar sal wees. Emily Hobhouse was Engels en sy was ‘n engel gestuur om die lydende Afrikaner tydens die Tweede Vryheidsoorlog by te staan.)

Nie alle Afrikaners het aan die Groot Trek deelgeneem nie. Meeste Afrikaners was medies-ongeskik vir die Groot Trek. Selfs vandag is daar baie Afrikaners wat glo dat hulle nie enigiets met die Bloedrivier Gelofte uit te waai het nie en herdenk hulle nie daardie dag as Geloftedag nie.

Die Bloedrivier Gelofte-Trekker wat later as pionier begin het met landbou-aktiwiteite hier in die binneland in verskeie republieke waarvan die vernaamste Transvaal en die Oranje Vrystaat was, het bekend gestaan as die Boer.

Maar die geskiedenis gaan steeds verder. Transvaal het oorlog verklaar teen Brittanje en die Oranje-Vrystaat het eenvoudig verklaar dat hy ‘n alliansievennoot van Transvaal sou bly in hierdie stryd. Uit die verdere geskiedenis van die oorlog teen Brittanje (Tweede Vryheidsoorlog 1899 – 1902) het drie subgroepe onder die Boere na vore getree nl: die “Hensoppers”, “Joiners” en die “Bittereinders”.

Ons elkeen weet diep hier binne in ons harte in watter een van daardie drie groepe (die Bittereinders) ons voorouers was. Want ons kan voorwaar trots wees op die lede van daardie groep! Kyk maar die eer wat generaal Christiaan De Wet ontvang het toe hy by die Vrouemonument begrawe is. Selfs sy aardsvyand Jan Smuts, wat in daardie tyd Premier van die Unie was, het ‘n staatsbegrafnis aan die Rebel Christiaan De Wet gegee.

Die hele volk was trots op hierdie dapper man! Maar die wrede werklikheid is dat die oorgrote meerderheid van ons volk se Bittereindervroue en -kinders nie ná daardie oorlog huistoe gekom het nie (maw vroue en kinders wie se mans en pa’s en seuns en broers as Bittereinders in die veld geveg het en baie swaar gekry het met klein rantsoene. Dit is die groep vroue en kinders wat uiteindelik ook dood is in die konsentrasiekampe). Daarom het van die Bittereinder-gene maar min oorgebly.

Mens kan selfs vandag onmiddellik agterkom (sonder dat jy die genealogie van ‘n individu hoef na te speur) uit watter van hierdie drie groepe ‘n persoon afstam. Jy sien dit deur die mens se natuurlike reaksie. Hoe pak hy vrees aan?

 

Die hensopper:

Hierdie groep beslaan natuurlik by verre die meerderheid van ons volk. Hulle mag dalk ‘n rukkie help saam veg, saam swaarkry, maar hulle moed begewe hulle en hulle gee oor en begin saamwerk met die vyand. Hulle veg net saam solank as wat dit lyk of hulle aan die wenkant is. Hierdie groep ly na oorgawe aan battered-woman-syndrome – hulle wil saamwerk sodat hulle aggressor nie rede het om hulle verder te moet straf nie.  

Die hensopper gooi jou met ‘n cliché soos “laat Gods water oor Gods akker loop”, “dit is maar soos dit is”, “alles gebeur soos dit moet” of erger nog –“alles gebeur met ‘n doel”, “wie’s ek om te oordeel?” Wel... verwag maar ‘n werklik slapgat reaksie – hierdie ou is “neutraal”; hy sien almal se standpunte in, ens, ens, ens. Dit is ons volk se slapgat, bangbroek hensopper-bloed wat deur daai ou se are vloei! Hierdie mense neem nie standpunt in nie, hulle hang hul seile na die wind en volg die roete met die minste weerstand. Hierdie ou doen niks uit oortuiging nie en daarom is dit die ou wat “voel” hy moet jammer sê oor Apartheid. Hy is ‘n naprater van wie ookal die meerderheid steun geniet. Dis die ou wat ja gestem het in die 1992 referendum. Dis die ou wat sê: “Ons het nie ‘n ander keuse gehad nie”. Dit is die ou wat skouer-ophalend sê: “Ag ons weet maar dat dinge verander het en dat hulle (verwysend na die regerende elite) nou hulle beurt gekry het – ons het ons beurt gehad”. Dis die ou wat 51% van sy besigheid weggee ter wille van staatskontrakte.

Dis gewoonlik die mensies wat jy ongelukkig in die Nederduits Gereformeerde Kerk kry. Dis die mense wat Staatsleer-beginsels vermeng met Bybelse beginsels en onder die waan verkeer dat die regte in die handves van regte (hoofstuk 2 van die Grondwet 1996) eintlik maar ‘n praktiese vergestalting of formulering van naasteliefde is. Dis die ou wat sê: “Ek stem saam met die Grondwetlike Hof wat lyfstraf afgeskaf het want ek kan sien hoe ek my kind se menswaardigheid aantas met ‘n pakslae.” Om jou naaste “menswaardig” te behandel klink mos soos iets wat Jesus sou doen, dan maak die ou mos nie ‘n fout nie of hoe? Om nie te diskrimineer teen ‘n poefter nie is mos nou die regte ding om te doen – en so sweef die hensopper in sy dwaalleer-naasteliefde voort! Absoluut ongehoorsaam aan die Bybel, want sien: hulle vind ‘n “Christelike”-middeweg...

Dis met Covid-19 weer duidelik hoe die hensoppers met vrees in ‘n rigting gemanipuleer word net soos hulle met vrees tot totale oorgawe in 1992 gemanipuleer was sonder dat ‘n skoot geklap het. Die hensopper is nie heeltemal tevrede met hoe dinge is nie, maar hy maak darem ‘n bestaan en sy kinders kan darem skoolgaan... Het van die hensoppers nou al agter gekom wat hulle met hul kinders se toekoms gemaak het? Watse onbybelse, humanistiese en kommunistiese drek hulle kinders en kleinkinders nou by die skool geleer word? Jou kind word beslis nie van die Here geleer en dat jy op Hom alleen moet vertrou nie! Besef die henssoppers nou darem watter wolwe in skaapklere hulle kom verskeur het? Weet hulle dat dit net kon gebeur omdat hulle nie die Goeie Herder se stem ken nie?

Net ‘n kantlyn-opmerking:

  1. )Toe Jesus die Fariseërs vermaan het was sy optrede nie “menswaardig” nie – lees bv Lukas 11:37-52 – Jesus was deur ‘n Fariseër vir ete genooi en terwyl Hy daar is, vlieg Hy die Fariseër in. In vers 45 sê die wetskenner: “Meester, as u dit sê, beledig u ons ook.” – hoe menswaardig...
  2. )Ook waar Jesus Petrus vermaan het in Markus 8:33: “Gaan weg agter my Satan!, want jy bedink nie die dinge van God nie, maar die dinge van mense.” Jesus was nie ‘n humanis nie! Hy was nie gepla oor hoe enigiemand “voel” nie! En dis hoe liefde lyk: om vir jou broer om te gee en hom die Evangelieboodskap te laat verstaan sodat hy wel die koninkryk van die hemel kan beërwe! Verstaan jy dat menseregte GEEN liefde bevat nie?! Wanneer jy vir mense keuses beskikbaar maak om ongewenste swangerskappe te beëindig (moord te pleeg) gee jy nie om oor die gevolg daarvan op hulle sieleheil nie en ook nie of hierdie vrou later deur spyt verteer word en selfmoord pleeg nie – die oplossing bevat GEEN liefde nie! Hou dus op om menseregte te verwar met naaste-liefde! Dis nie die Goeie Herder se stem wat jy hoor nie!
  3. )In Johannes 2 vanaf vers 13 staan daar besondere feite wat ontbreek in die ander Evangelies (Mattheus 21:12-13; Markus 11:15-17; Lukas 19:45-46) – Jesus het ‘n sweep van toue gemaak en almal van die tempelterrein weggejaag. Tafels omgegooi... dis aanranding..., saakbeskadiging... misdaad! Hoe “menswaardig” het Hy hulle nie behandel nie?

As jy wonder hoe Jesus sou opgetree het, hou op raai! Jesus het gekom sodat die wêreld gered kan word. Sy fokus was NET op jou en my saligheid. Hy was nie bang om sy standpunt duidelik te stel nie want Hy is lief vir ons en het ‘n duur prys vir ons siele betaal! Hy het vermaan, Hy het selfs geslaan as dit nodig was.

Aan die hensoppers van my volk wil ek sê: onthou:

Romeine 12:2: Julle moet nie aan hierdie wêreld gelykvormig wees nie, maar verander word deur die vernuwing van julle denke, sodat julle goed kan onderskei wat die wil van God is – wat goed en aanneemlik en volmaak is. (Met ander woorde: hou op om hierdie wêreld se taal of idioom te probeer praat)

Mattheus 7:13-23: Gaan deur die smal poort in. Want breed is die pad en wyd die poort wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan. Maar hoe nou is die poort en hoe smal die pad wat na die lewe lei! En daar is min wat dit vind. Wees op julle hoede vir die vals profete wat in skaapklere na julle kom, maar in hulle binneste wolwe is wat verskeur. Aan hulle vrugte sal julle hulle uitken. Pluk ‘n mens miskien druiwe van doringstruike of vye van dissels? Net so dra elke goeie boom goeie vrugte, maar ‘n slegte boom dra slegte vrugte. ‘n Goeie boom kan nie slegte vrugte dra nie en ‘n slegte boom kan nie goeie vrugte dra nie. Elke boom wat nie goed vrug dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi. Julle sal hulle dus aan hulle vrugte uitken. Nie elkeen wat vir My sê, ‘Here, Here,’ sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar net diegene wat die wil doen van my Vader in die hemele. Baie sal op daardie dag vir My sê, ‘Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam demone uitgedryf en in u Naam baie kragtige dade verrig nie?’ Dan sal Ek openlik vir hulle sê, ‘Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat wetteloosheid bedryf!

 

Die Joiner:

Dis die meer verfoeilike karakter. Hy is die ou wat aktief jou vyande se ideologie omarm, sy volksgenote bespotlik probeer maak. Die meeste verslaggewers by Media 24 het hierdie manier van doen. Hierdie ouens is mense wie “die groter prentjie” sien en blykbaar aan die reënboognasie-idee vashou. “Ons moet saamwerk”, “Ons het ‘n Grondwet”, “Demokrasie gee die voortoon aan” – kan julle sien watse slaafse skape hulle is? Daarby verraai hulle ook hulle volk en wys volksgenote uit wat met goeie rede nie aan die nuwe reëls gehoor gee nie. Dis die ouens wat jou beskuldig dat jy regs en verkramp is. Dis die man wat enige hulpverlening aan volksgenote verdag maak. Die nuwe reël is dat jy jou humanisme net kan uitleef as jy kos of klere vir swart gemeenskappe gee en dit sommer beeldsend oor die nuus. Jy mag nie Afrikaner-armoede ontbloot nie. As daar Afrikaners is wat swaarkry, is dit omdat hulle dit verdien (vir wat hulle aan die ander volke in Suid-Afrika tydens Apartheid) gedoen het. Daar was baie van hierdie ouens aan stuur van die regering wat CODESA destyds byeen geroep het en wat in die jare wat daarna gevolg het voorgegaan het om die hensopper-volk tot oorgawe te lei. Dis die ouens wat die volk probeer oortuig het dat dit die regte en Christelike ding is om te doen want blykbaar het die Afrikaner nog altyd ander volke sleg behandel en onderdruk en ons moet dan ons naaste liefhê. Deur misleiding en Bybeltaal het talle joiners weer die hensoppers tot samewerking oorgehaal – terwyl ons nie eers in ‘n oorlog gewikkel was nie.

‘n Joiner se gedrag volg uit vrees vir sy toekoms. Hy wil seker maak dat hy ‘n goeie toekoms het. Hy wil finansieel sterk wees. Sy leuse is: elkeen vir homself! Hy gee nie om wie hy moet verraai nie. ‘n Joiner is ‘n hensopper wat teen sy eie mense veg.

 

Die Bittereinder:

Dit was slegs vir die Bittereinder moontlik om die stryd voort te sit, die trauma van oorlog en verlies te verduur omdat hy waarlik ‘n gelowige kind van die Here is. Soos Sir Arthur Conan Doyle van hom sê: “...Then finally, put a finer temper upon their military qualities by a dour fatalistic Old Testament religion and an ardent and consuming patriotism.” Onhou dat Doyle ‘n waarnemer was – hy het die belangrikste eienskap raakgesien wat van ‘n gewone man ‘n dapper man met ongekende waagmoed maak. Daardie eienskap is ‘n onwrikbare geloof in die Lewende God! Dieselfde God wat die Israeliete uit Egipte bevry het en die weermag wat teen ‘n wapenlose volk opgeruk laat verdrink het in die see – Eksodus 14. Dieselfde God wat Gideon met driehonderd Israeliete gehelp het om ‘n oormag Midianiete te verdryf – Rigters 7. Dieselfde God op wie Jósafat vertrou het toe God die oorwinning oor die Moabiete en Ammoniete aan hom gegee het sonder dat hy of sy manskappe aan die geveg deelgeneem het – 2 Kronieke 20. Dieselfde God op wie Dawid vertrou het en dieselfde God op wie ons volk vertrou het by Bloedrivier. Dit is steeds die God op wie ons vertrou! Dit is slegs jou geloof wat jou deel van hierdie groep Bittereinders maak.

Maar die Bittereinders het ‘n ander manier waarmee hulle met die Bybel omgaan – hulle lees dit self! Hulle soek self die antwoorde in die Skrif en word nie aan die neus rondgelei deur kerklike en politieke leiers nie. Hierdie ouens is nie lui nie. Hulle dink self en hulle is die groep wat vir die skeurings in kerke, verenigings en politieke partye verantwoordelik is omdat hulle die waarheid van die leuen kan onderskei (en daarom word hulle die “Skeurmakers” genoem). Hulle neem Christus se vermanings ernstig op. En hulle weet dat die Here hulle nie hoef uit te red in ‘n oomblik van beproewing en benoudheid nie, want die Here se wil moet geskied en die Here het klaar die oorwinning aan die kruis behaal en daarom kan die Bittereinder net so dapper soos Paulus in Romeine 8:38 sê:

“Ek is immers daarvan oortuig dat geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige gebeure, of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping ons kan skei van God se liefde wat daar in Christus Jesus ons Here is nie.”

Dit is nie onnoselheid, astrantheid of grootpraterigheid nie – dit is geloof!

Ongelukkig is die Bittereinders die groep wat bespot word. Hulle word dwarstrekkers genoem. Hulle is die regses. Hulle word beskryf as die grootste rassiste op die aardbol. Waarom? Omdat hulle nie humaniste word nie en geanker probeer bly in God se gebod. Die verdagmaking is nie bedoel as belediging vir die Bittereinder nie maar om die hensopper te manupileer om nie dalk sy ouers se waardes te durf herontdek nie. Die Bittereinder word nie gemanupileer nie want hy ken die stem van die Goeie Herder en hy sal nie na die stem van ‘n ander luister nie – Johannes 10:4-5

Wanneer jy die stem hoor van ‘n predikant wat jou oproep tot verootmoediging en geloof in die Here in ‘n krisistyd kan jy maar weet dit is nie die stem van ‘n wolf in skaapklere wat die Here se kudde kom verskeur het nie. Let op die vrugte wat hy dra en wat hy van jou vra – hy vra jou nie om God se gebod te verloën of anders te interpreteer nie. Hy vra jou om jou vertroue in die Here te plaas, die Here wat die oorwinning behaal het aan die kruis en aan jou ‘n gewaarborgde toekoms in die Hemel gee! Onthou dat die Here Jesus ook verhoog moet word met sy wederkoms. Hy moet die wêreld kom oordeel as soewereine Heerser (maw na sy oordeel gevel is, is daar nie appèl nie!). Jou swaarkry verhoog Jesus as Redder en as barmhartige God wat sonde vergewe en swaarkry wegneem. Moenie kortsigtig vaskyk in jou huidige omstandighede nie.

Ons mag ‘n volk vir die Here wees. Ons mag trots en dankbaar wees op ons voorouers – nie omdat hulle beter as enige ander volk was nie, maar omdat hulle regtig kinders van die Lewende God was! Ons stam af van Protestante wat geveg en gevlug het vir hulle geloof, maar nooit hulle beginsels prysgegee het nie.

Kom ons kom die vyfde gebod na en ons eer daardie voorouers deur soos hulle ook die ander nege gebooie na te kom deur na die Here se wil te luister en ondanks beproewing gehoorsaam en beginselvas te bly. Dis net ‘n kort tydjie en die beloning is meer ongelooflik as wat enige mens hom kan indink. Help mekaar en versterk mekaar se geloof! Ons kan deur die geskiedenis sien hoe ons voorouers gely het vir die Here en nie hulle geloof verloor het nie.

Ons mag hulle eer omdat hulle ons van die Here geleer het en ons gewys het om sy wonderwerke in ons eie lewens raak te sien. Is dit patriotisme?

Ek is maar net dankbaar om lid van hierdie familie (volk) te wees. Dis ‘n volk wie selfs met sy verjaarsdag-volksliedjie die mooiste wens wat aan enigiemand toewens kan word, toesing: “Veels geluk liewe maatjie omdat jy verjaar! Mag die Here jou seën en nog baie jare spaar” – dis die wens wat ons in Numeri 6:24 lees. Die bestaan van hierdie lied en die feit dat dit steeds ons verjaarsdag lied is, spreek boekdele!

Jy hoef nie skaam te wees omdat jy die Here wil dien nie. Jesus sê self in Lukas 21:19 “Red julle lewens deur te volhard.”

‘n Bittereinder is iemand wie volhard. Jesus self is ‘n Bittereinder. Hy het in die tuin van Getsémané gebid in Lukas 22:42: “Vader, as U wil, neem hierdie beker van My af weg. Laat nogtans nie my wil nie, maar u wil geskied” en die uiteinde was dat Jesus volhard het en aan die kruis uitgeroep het in Johannes 19:30: “Dit is volbring!”

Dit is onbybels om nie ‘n Bittereinder te wees nie! Laat ons ons volk vermaan. Laat ons siele terugwen vir die Here en vir die hensoppers uitwys dat hulle kerk-kerk speel. Kom ons verootmoedig ons voor die Here! Laat ons ons kommer en benoudheid by die Here los. Laat ons ook voorberei vir die voorspelde hongersnood en geweld wat op pad is na ons wêreld.

Ons mag voorberei! Dis Christelik om voor te berei – Jesus berei vir ons plek voor in die hemel en uit die gelykenis van die tien meisies in Mattheus 25 sien ons dat Jesus die vyf wat voorberei het as verstandig beskryf.

Jy word net ‘n hensopper of ‘n joiner na gelang van die mate waarin jy jou geloof verloor het.

Vind jou sterkte in die Here en in sy geweldige krag. Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die listighede van die duiwel – Efesiërs 6:10-11.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1418 gaste aanlyn