NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Weet ons wat dit in praktyk beteken om heilig te leef? As kinders van die Here is dit 'n opdrag soos geskryf in Lev 19:2: : "Heilig moet julle wees, want Ek, die Here julle God, is heilig." Daar is talle "groot" dinge wat ons weet is verkeerd soos steel, moor, ens, maar ons tong is meestal ons grootste struikelblok: ons skinder, skel en praat so maklik sonder om te dink. Begin vandag en "sien" die Here reg langs jou, want Hy is werklik die hele dag by jou, en onthou elke keer as jy 'n "glips" met jou tong kry, dat jy dit in sy heilige Teenwoordigheid gedoen het – en binnekort sal jy ingeoefen wees om heilig in sy Teenwoordigheid te wil leef.

REËNBOOGLAND (9)

Dr JP Botha

Lees reeks by REËNBOOGLAND

Geel

Abram Salogee en die Indiërs

Ons het ook hierdie storie van ‘n sogenaamde “reënboogland”  gehoor, waar alle rasse dan kwansuis moet saamsmelt om in Suid-Afrika één wonderlike nasie te vorm.  Indien so iets ooit sou gebeur, sal die Indiërs van hierdie land beslis nie ‘n onderdeel daarvan wees nie.  Die aard van ons verblyf in Suid-Afrika gedurende ‘n anderhalf eeu, getuig daarvan dat ons beslis nie met ander rasse meng nie.

In 1860 het ‘n skeepsvrag van ons Indiërs in Durban voet aan wal gesit om in Natal se suikerplantasies te gaan werk.  Die Engelse, wat toe nog baas was in Natal, het ‘n arbeidstekort ondervind en dit met ons koms probeer oplos. Ons is onder kontrak aan werkgewers toegeken vir ‘n tydperk van 3 jaar.  Hulle het die lone vasge-stel, maar na 5 jaar kon ons gaan waar ons wou.  Ons kon weer na Indië teruggaan, of kroongrond ontvang vir die selfde bedrag.  Teen 1865 het ons getal Indiërs in Natal reeds op 6 500 gestaan.

Toe Transvaal in 1902 na die oorlog ‘n Engelse kolonie word, het Alfred Milner toegelaat dat ‘n groot aantal van ons Indiërs as Britse onderdane uit Natal na die nuwe kolonie verhuis. Ons het bly instroom tot 1907. Toe kry Transvaal selfregering en wend toe ‘n poging aan om ons instroming te beheer.  Hulle het ‘n wet gemaak dat ons Indiërs ons moes laat registreer. Ons moes ook ‘n opvoedkundige toets aflê.  Hulle wou die nodige kontrole oor ons nog verder met vingerafdrukke uitoefen.  Ons het geweier en onder leiding van ons Indiërprokureur in Natal, MK Gandhi, tot lydelike verset oorgegaan.

In hierdie Transvaalse regering van Louis Botha was Smuts die Minister van Justisie en van Binnelandse Sake.  Hy het teen ons opgetree, sodat daar spoedig baie In-diërs in die tronk was.  Smuts het uiteindelik met Gandhi ooreengekom om ‘n stelsel van vrywillige registrasie van ons Indiërs in Transvaal toe te pas, maar hy het nie die wette teen ons herroep nie. Toe het ons ons lydelike verset voortgesit.

In Transvaal was daar nie suikerplantasies waar ons kon gaan werk nie, maar ons het gevestig geraak as smouse en handelaars, wat spoedig oral op die platteland ons klein “Koeliewinkeltjies” opgerig het en die boere voorsien het van die nodige negosieware waaraan hulle behoefte gehad het.

En tog wou hulle ons nie daar hê nie, ook nie in Natal nie.  Die nuwe Unieregering het gedreig om ons na Indië te repatrieer omdat ons getalle in Natal so vinnig toegeneem het.  Maar die Natalse provinsiale regering het ons nodig gehad in die suikerplantasies en hulle het aangehou om arbeiders in Indië te werf, want baie van ons het nie meer in die suikerbedryf gewerk nie, maar ons op die handel toegelê.

Na 1910 het ons oor die grense van Kaapland en veral weer in Transvaal ingesypel.  Smuts het toe sekere toegewings aan ons opgevoede Indiërs gemaak deur ons vry te stel van die vingerafdruktoets en deur van ons Indiërs wat Transvaal reeds verlaat het, toe te laat om terug te keer.  Maar Smuts het ons bewegings van een provinsie na ‘n ander beperk,  asook ons vrye immigrasie uit Indië, deur ‘n immigrasiewet van 1913.

Ons leier, Gandhi, was baie ontevrede.  Hy het gelyke behandeling van alle Indiërs geëis, maar die regering het dit geweier.  Die wet het ons Indiërs op sosiale en ekonomiese gronde byna geheel en al uitgesluit.  Hulle het ook nog ‘n persoonlike belasting van R6 op elke Indiër in Natal, wat nie ‘n ingeboekte arbeider was nie, gehef.

Ons Indiërs in Suid-Afrika, sowel as ons regering in Indië, het heftig beswaar gemaak teen hierdie behandeling.  Gandhi het namens ons almal kwaai protesteer.  Hy het geëis dat persoonlike belasting afgeskaf word, dat die administrasie van immigrasie en lisensiëring hervorm moes word en dat die wette oor die besit en bewoning van grond deur Indiërs gewysig moes word.  Hy het ook daarop aangedring dat die wet wat Indiërs vrye toelating tot die Vrystaat verbied het, herroep moes word.

Met hierdie eise wat Gandhi aan die Unieregering gestel het, het hy niks minder gevra nie as dat alle wette en regulasies wat ons Indiërs se bewegings in die land gekortwiek het, herroep moes word.  Sy eise is deur die Blankes van die land as buitensporig beskou en die regering het dit verwerp.

Hulle het beweer dat ons Indiërs ‘n aparte sosiale klas uitgemaak het en dat ons so ‘n lae lewenspeil gehandhaaf het dat niemand bereid was om vrye mededinging met ons toe te laat nie.  Ons is ook nog daarvan beskuldig dat ons hier in Suid-Afrika op regte aanspraak gemaak het wat ons nie eers in Indië, die land van ons herkoms, oor beskik het nie.

Daarna het ons leier, Mahatma Gandhi, sy veldtog namens ons voortgesit en probeer om onwettig ‘n aantal van ons uit Natal oor die grens na Transvaal te lei.  Hulle het hom in hegtenis geneem en in die tronk aangehou.

Hierdie mislukte poging van hom het die regering tog in so ‘n  mate beïndruk, dat hulle ‘n kommissie van ondersoek na ons Indiërs se griewe aangestel het.  Die parle-ment het in 1914 ‘n Indiërverligtingswet aangeneem.  Daardeur is die persoonlike belasting van R6 vir ons Indiërs in Natal afgeskaf en die toegang van ons vroue uit Indië na Suid-Afrika vergemaklik.

Smuts en Gandhi het uiteindelik ‘n ooreenkoms oor ons belange bereik.  Gandhi het die Verligtingswet aanvaar en Smuts het belowe dat die regering die wette regverdig sou toepas.  Gandhi het sy lydelike verset namens ons Indiërs beëindig en na Indië vertrek.  Hy het vir Smuts gesê ons Indiërs het nog ander griewe.  Eendag sal daar nog volle burgerregte aan ons toegestaan moet word.

Gedurende die tien jaar wat daarna gevolg het, het baie min van ons Indiërs na Indië gerepatrieer. Ons getalle het in die Unie van Suid-Afrika maar aldeur aangegroei, tot ergernis van die Blankes, wat volgehou het met agitasie teen ons indringing, veral op hulle handelsgebied. Maar ook ons was steeds ontevrede, want Smuts en Gandhi se ooreenkoms het nie die probleme opgelos nie.  Ons teenwoordigheid en bestaan in die land was met die algemene verkiesing van 1924 ‘n politieke strydpunt, waarna die verkose volksverteenwoordigers dit aan hulle kiesers verskuldig was om hulle verkiesingsbeloftes ten opsigte van ons repatriasie of uitsetting uit die land gestand te doen.

Die Natalse Provinsiale Raad het in 1924 die munisipale stemreg wat ons Indiërs nog in hierdie provinsie gehad het, afgeskaf, sodat ons geen burgerregte meer gehad het nie.  Toe Smuts nog aan bewind was, wou hy ‘n klassewyk wetsontwerp deurvoer, wat vir ons Indiërs verpligte handels- en woongebiedskeiding sou beteken het.  Die Nasionale regering het hierdie maatreëls weer in 1926 by die parlement ingedien.  Dit was tot ons grootste misnoeë. Ons wou nie segregeer nie en het luidkeels protes aangeteken.  Die regering het naderhand toegestem dat ‘n afvaardiging uit Indië oor ons griewe met hulle kon onderhandel.  Die wetsontwerp is toe teruggetrek en Indië het belowe om die repatriasie aan te moedig. ‘n Klompie van ons het na Indië teruggekeer, maar die duisende van ons hier in Suid-Afrika het die agitasie om meer regte hervat.

Ons het ten ene male geweier om segregasie te aanvaar en ons het gestadig deur die ekonomiese belemmerings ons pad deurgebreek. In Transvaal was ons baie gekant teen die beperkings van ons regte en die Blankes was baie gebelg omdat ons hulle blanke woonbuurte binnegedring het.  Die parlement het in 1932 besluit dat ons geen vaste eiendom in stedelike gebiede mag bekom nie. Maar in 1936 is ons darem toegelaat om onder sekere omstandighede grond in Transvaal te besit en te bewoon. Baie Blankes was bitter gekant teen hierdie toegewing, maar ons het aangehou agiteer vir gelyke politieke regte en beswaar gemaak dat ons saam met ander nie-blanke bevolkingsgroepe geklassifiseer is.

Gedurende die volgende paar jaar het ons Indiërs feitlik deur lydelike verset stadig voortgegaan om onopsigtelik met ons handelsondernemings blanke stedelike gebiede stelselmatig binne te dring.  Dit het veral gedurende die jare van die Tweede Wêreldoorlog plaasgevind.  In Natal, waar ons grootste konsentrasie Indiërs gevestig is, het ons Durban feitlik verower.  Die Engelse van die Dominium Party was baie onthuts daaroor en hulle het Smuts teen sy sin gedwing om ‘n “Vaspenwet” deur die parlement te loods.  Hierdie poging was ‘n tydelike maatreël om die indringing van ons Indiërs in blanke sake-gebiede en woonbuurte vir twee jaar op die bestaande posisie vas te pen.

Ons Indiërs was oor hierdie wet bitter ontevrede en ons indringing het maar oogluikend voortgegaan. Die Vaspenwet se tyd was in 1945 verstreke en die regering was verplig om verder ag te gee op ons griewe.  Hulle maak toe in 1946 die Asiate Grondbesit en Indiërverteenwoordigingswet, waardeur hulle ons reg om vaste eien-dom in Natal te verkry, permanent beperk het, maar vir ons Indiërs in Natal en Transvaal beperkte stemreg gegee het.  Ons het twee verteenwoordigers in die Senaat gekry en twee in die Volksraad.  Natal kon twee kies vir die Provinsiale Raad.

Ons was glad nie hiermee tevrede nie.  Ons het die wet geboikot en die regering in Indië het ons gesteun deur handelsbetrekkinge met die Unie te verbreek.

Toe die Nasionale Party in 1948 aan bewind kom, het hulle begin om hulle apartheidsbeleid sistematies toe te pas.  Daarvolgens sou Blankes, Bantoes, Kleurlinge en ons Indiërs almal afsonderlik en naas mekaar tot ontwikkeling gebring word.  Maar hulle was van mening dat ons Indiërs ‘n vreemde, onassimileerbare element uitmaak en het hulle voorgeneem om ons op regeringskoste te repatrieer.  Dié van ons wat nog in die land oorbly, sou van die Blankes, sowel as van die ander rasse gesegregeer word. Ons sou geen verteenwoordiging in die wetgewende liggame van die land hê nie.  Daar sou woonbuurtskeiding wees en ons sou geen vaste eiendom in blanke gebiede mag besit nie en handelsfasiliteite buite ons gebiede sou streng ingeperk word.

Die sukses wat die regering behaal het met die uitbouing van sy apartheidsbeleid ten opsigte van die Swart bevolking van die land, was nie met ons Indiërs moontlik nie.  Om ons almal na Indië te repatrieer, het ‘n onbegonne taak gebly en hulle sou ons ook nie meer as ‘n vreemde element kon beskou nie.

Gedurende die laaste helfte van die 20e eeu het ons stil-stil voortgegaan om meesal wederregtelik ons handelsaktiwiteite uit te brei, ons moskees op te rig en ons Oosterse godsdienste te beoefen, tot ergernis van die blankes.  Hulle moes ons maar verdra, want hulle het in werklikheid nie met ons raad geweet nie.  Hulle het ons steeds as ‘n ongewenste element in die land beskou, waarvan ontslae geraak moes word.

Ons volgehoue agitasies vir die toekenning van burgerregte in die land, is n 1972, toe PW Botha aan bewind gestel is, gedeeltelik verwesenlik met sy sogenaamde Driekamer Parlement vir Blankes, Kleurlinge en Indiërs, maar ons volle burgerregte het ons eers verwerf met die magsoorname van die swart ANC.  Ons Indiërs sou nooit vanweë die oorweldigende Swart massas enige beteke-nisvolle invloed op besluite van die parlement kon uitoefen nie, as dit nie was dat ‘n aantal van ons die SAKP as Kommuniste binnegedring het nie en tans ‘n betekenisvolle aandeel bedryf in die rewolusionêre wanbestuur en verwarring wat sedert 1994 in die land heers.  Maar as Moslems en Oosterlinge bly ons op sosiale gebied ‘n geïsoleerde groep.

 

Whang Ling en die ander Asiate... vervolg

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1257 gaste aanlyn