Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die man van weinig woorde se solder is so klein dat daar nie plek vir kaf is nie, het Langenhoven gesê. Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan want dit bepaal jou hele lewe. Die tong het mag oor dood en lewe; dié wat lief is om te praat, sal die gevolge dra, leer die Bybel ons.
FW DIE GRIEK HERDENK TOE GISTER SY VERRAAD
"U vermetelheid om ná al die beloftes wat u aan u kiesers gemaak het, waarvan u nie één nagekom het nie, deesdae aanhoudend u politieke menings in die openbaar te lug is ‘n belediging vir opgevoede mense se intelligensie."
Hoe arrogant kán 'n mens wees! Dalk moet ons eerder vra: hoe verraderlik kán 'n voormalige Afrikaner wees wie se voorouers alles in die stryd gewerp het om sy volk te dien! En ja, mens kan jou Afrikanerskap verloor deur verraad. Geen reggeaarde Afrikaner sal vir FW die Griek meer as 'n Afrikaner tipeer nie want hy is nie welkom in hierdie volk nie. En as iemand gedink het De Klerk het intussen berou gehad oor sy verraderlike uitverkoop van ons land aan 'n Swart barbaarse owerheid, moet hulle weer dink. Want net gister het De Klerk en sy bende weer heerlik feesgevier in 'n duur hotel in Nuweland tydens die 21e herdenking van sy "geskiedkundige" Rooi Vrydagtoespraak op 2 Februarie 1990, onthou u, daardie een wat Tienie Groenewald vir hom geskryf het waarin hy vol bravade aangekondig het dat "apartheid geval het". En gister "pleit" die verraaier dat "Suid-Afrikaners moet vashou aan dít wat hulle verenig pleks van dit wat hulle verdeel," terwyl hy die "wonderlike ANC Grondwet" ten hemele aanprys en 'welwillendheid'-toekennings met sy naam daarop aan kommuniste uitdeel ten aanskoue van sy "VIP'-gehoor. Want hy wil sy troon terugvat soos hy in 1995 gesê het: “Oor vyf jaar regeer ek weer hierdie land,” nadat hy dit vir $4.5 miljoen en 'n Nobelprys weggegee het. Dit het die ANC net bietjie langer geneem om breekpunt te bereik as wat De Klerk verwag het want die Blanke het gekeer dat dit bars maar noudat alles in die land begin inmekaar tuimel sorg De Klerk dat hy in die nuus bly.
Toe Jaap Marais vir hom op 29 Januarie 1990 skryf: “Moet u nie weer baie ernstig nadink oor wat ‘n kommunisties-beheerde ANC-regering in Suid-Afrika sal beteken nie? As dit gebeur, sal die standbeelde van ons volk se heldedom omgeruk word. Dorpe, stede en lughawens sal hulle name verloor... Blankes, en veral die Afrikaners, sal in ‘n soort politieke bywonerstatus geduld word... Hulle geskiedenis sal verkonkel word tot onherkenbaarheid. Hulle taal sal misken word... U kan, soos Thomas Burgers, die mag oorgee onder die dreigement dat u nie ‘n keuse het nie. Maar derduisende Afrikaners en hul patriotiese landgenote hoop dat u die krag sal hê om te sê, soos pres Kruger aan Milner verklaar het: ‘Julle wil nie die stemreg hê nie, julle wil my land hê.’ En dan, soos hy, doen wat plig en trou vereis. Oorweeg dit. Dit is die wenslike keuse waarvoor u staan. Die hand van die geskiedenis rus swaar op u skouer,” het De Klerk hierdie waarskuwings geïgnoreer en vyf dae later sy Rooi Vrydag-toespraak gehou.
Daar was menige waarskuwings aan De Klerk gerig maar hy stoomroller voort met sy Geldmag agter hom. Op 26 Augustus verlede jaar het ook die Afrikaner Volksparty 'n brief aan hom gerig en soos verwag natuurlik geen reaksie ontvang nie. Maar laat ons later aan die einde van die FW-episode egter onthou dat De Klerk geweet het op watter pad hy Suid-Afrika gestuur het in opdrag van sy 'base', maar ook dat die Blankes in die land genoeg geleentheid gegee is om te weet watter rol De Klerk in hulle ellende gespeel het.
26 Augustus 2010
Mnr FW de Klerk,
Vandag rus die geskiedenis veel swaarder op u as in 1990, want reeds meer as 30 000 Blankes se bloed is sedert u verraad op u gewete. Elke kind wat nie nou eksamen kan skryf nie rus op u gewete. Elke marteling en moord van ‘n boer rus op u gewete. Elke vrou en kind wat verkrag en verniel word rus op u gewete. Elke sent van die tuimelende ekonomie is op u gewete. Maar u is ‘bekommerd’ oor die chaos wat u in hierdie land veroorsaak het. U sê “ons moet op en wakker wees! Ons moet op ons tone wees! As daar ooit ’n tyd was vir die burgerlike gemeenskap om toe te tree tot die debat oor die elemente van federalisme in die Grondwet; die vryheid van die media; die vryemarkekonomie, sowel as die onafhanklikheid van die regbank wat in gevaar is, dan is dit nou.”
U mag moontlik dink dat Afrikaners aan geheueverlies ly maar hulle onthou u verraad en weet van u verskuilde motiewe om op bepaalde tyd weer tot die openbare politiek toe te tree. U verraai uself as u sê: “So, die ANC gáán skeur. Hy hou nie daarvan om dit te hoor nie, maar ek is oortuig dit gaan gebeur. En wanneer dit gebeur, sal ons ons demokrasie in ’n groter mate genormaliseer sien.” Meen u dat ú daardie normalisering teweeg sal bring, u en u meelopers wat regsit om ingesweer te word wanneer u meesters die teken gee?
Die Afrikaners is verraai mnr De Klerk, nie verslaan in ‘n regverdige stryd nie, en u is daardie verraaier. U dink tog nie dat hulle so onnosel is om ná die 17 jaar se hel wat u oor hulle losgelaat het, u en u deursigtige menings weer te vertrou nie? Ons wag steeds vir daardie “eie skole en eie woonbuurtes” en al die ander beloofde minderheidsregte. U vermetelheid om ná al die beloftes wat u aan u kiesers gemaak het, waarvan u nie één nagekom het nie, deesdae aanhoudend u politieke menings in die openbaar te lug is ‘n belediging vir opgevoede mense se intelligensie.
U, wat voorheen ‘n stelsel van een mens, een stem beskou het as "selfmoord," en daarom u ondersteuners verseker het dat u “nooit, ooit so ‘n stelsel sal instel nie,’ u mag dink ons het vergeet wat u as Inligtingsbeampte van die NP van Transvaal in die NP-blad Skietgoed van Junie 1977 aan u kiesers geskryf het. Dalk het u? Ons moet u geheue daarmee verfris: “Die beleid van magsdeling in ‘n federasie sal Suid-Afrika dompel in ‘n ongekende magstryd wat onvermydelik sal uitloop op die ontwrigting van wet en orde, van die ekonomie, van rasseharmonie en van vrede, en dié beleid is ‘n bloudruk vir die ondergang van die Witman.” Dít, het alles presies so gebeur nadat u ook die belofte om "nooit, ooit so 'n stelsel in te stel nie" nie nagekom het nie.
U het dus geweet toe u die Blankes uitverkoop, dat dit die Witman se ondergang beteken, dat dit rassehaat en onmin sou meebring, dat die ekonomie ineen sou stort, dat die wet en orde ontwrig sou word soos nou tydens die ergste stakings ooit. En u het dit alles bewerkstellig, nie toegelaat nie, maar bewerkstellig. Waarom, mnr De Klerk? Omdat u geweet het u sal terugkeer na die politieke toneel om die rol van die held te kom speel wanneer die chaos op sy ergste is? Met watter doel, mnr De Klerk? Sodat u die laaste behoudende Afrikaners ook vir u Nuwe Wêreldorde bymekaar kan kom maak in ‘n finale aanslag met breinspoeling oor u sogenaamde ‘bekommernis’ oor die anargie wat u geskep het? Dink u nie ingeligte mense dra kennis oor hierdie kommunistiese strategie van u nie? Het u gedink dat Blanke bittereinders so radeloos oor die Swart bende wat u oor hulle losgelaat het sou wees dat hulle met een lig van u vingers sou uitroep dankie FW de Klerk, oor jy Wit is is jy ons redder uit die ellende waarin ons verkeer!
U gedagtegang is goed mnr De Klerk, die land hét weer ‘n Blanke politieke leier en ‘n Blanke regering nodig voordat herstel enigsins sal intree, maar ú is nie daardie leier nie; nie u of Roelf Meyer of Barend du Plessis of die ander wat saam met u gereed sit om weer die leisels te neem nie.
Sê asseblief vir ons, mnr De Klerk, soos dit vir u moreel regverdigbaar was om die Blankes in Suid-Afrika te onderwerp aan ‘n bloudruk vir hulle ondergang, is dit nou vir u moreel verdedigbaar om die laaste behoudende element in die Afrikanervolk te probeer ondergrawe? Daarvoor word mens nie net eenmaal van hoogverraad aangekla nie, mnr De Klerk. Maar u is seker nie hieroor angstig nie want buite die grense van Suid-Afrika is daar mos vir u 'n gerieflike heenkome ingerig waar u veilig sal wees wanneer die oorblywende Blankes in dié land u voor stok gaan probeer kry.
U eiegeregtigheid in u poging om aan mag te bly kleef is téén volksbelang, en daarvoor verdien u die hoogste straf denkbaar. U skokkende verbreking van beloftes en versmading van versekerings wat deur honderde-duisende Afrikaners as verraad bestempel word is suiwer politieke bedrog en walg elke reggeaarde Afrikaner tot in sy siel. Maar ons verwag nie dat u dit sal begryp nie. Weet net dat u motiewe nie onopgemerk verbygaan nie. Daarom groet ek u in u eie woorde: Wees op en wakker! Wees op u tone! Want u spel sal nie standhoudend wees nie.