Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Hoe dikwels loop mense en spog met hulle eie prestasies terwyl dit alles leuens is wat hulle opdis om aandag te kry. Mense wat werklik presteer verkondig dit gewoonlik nie aan die hele wêreld nie. Laat ons dan nederig word voor God want Hy weet altyd wat ons doen en sê, en of dit die waarheid is of grootpraat.
SWART ANC-POLISIE SE BRUTALITEIT
SWART POLISIE DAAL NEER OP BLANKE MAN
Hilda Fourie
Polisielede is op kringtelevisiemateriaal afgeneem terwyl hulle ’n Pretoriase man verskeie kere in die maag geskop, in die gesig geslaan en op sy kop getrap het.Nadat mnr. Theuns Potgieter (33) van Silverton in Pretoria aangerand is, is hy in hegtenis geneem weens die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen, die rig van ’n vuurwapen en verset teen arrestasie.
Dit is die derde voorval van polisie-hardhandigheid binne twee weke.
Andries Tatane (34), ’n Cope-verkiesingskandidaat, is twee weke gelede dood nadat die polisie hom tromp-op met rubberkoeëls geskiet en met knuppels geslaan het tydens ’n protesoptog in Ficksburg in die Vrystaat.
Jeanette Odendaal (45) is verlede week voor die Kempton Park-polisiekantoor deur ’n sersant doodgeskiet nadat sy glo teen ’n stilstaande polisievoertuig in ’n parkeerterrein gebots het. Potgieter en sy vriend, mnr. Hendrik Grobler (35), het voorverlede Donderdag omstreeks 21:00 na ’n vulstasie in Gezina in die Pretoriase Moot gegaan om bande te laat herstel.
Grobler het vroeër die dag twee pap bande aan sy motor gekry nadat hy oor ’n slaggat op die Mabopane-hoofweg in Pretoria gery het.
Potgieter se vuurwapen was agter by sy rug in sy broek ingesteek. Hy het nie sy vuurwapenlisensie by hom gehad nie.
Op die kringtelevisiemateriaal kan ’n mens sien twee mans in burgerdrag in ’n wit BMW hou by ’n petrolpomp stil. Kort daarna hou ’n polisievoertuig stil.
’n Polisieman praat met die twee mans in die BMW.
Oomblikke later loop die polisiemanne na die deel waar Grobler en Potgieter besig is.
“Ons het met ’n ou gestaan en gesels toe daar die volgende oomblik ’n klomp polisiemanne met vuurwapens op ons toesak,” het Potgieter gesê.
“Nog voordat hulle my gevra het, het ek my vuurwapen uitgehaal en op die voertuig se masjienkap gesit.
“Die polisie het gesê ons moet gaan lê. Ek het my arms opgetel en gaan lê.”
Op die kringtelevisiemateriaal kan ’n mens sien hoe een van die mans in die BMW - vermoedelik ook ’n polisieman - na Potgieter loop en hom ’n paar keer in die maag skop.
Ander polisielede in uniform staan langs dié man terwyl hy Potgieter skop.
Die man in burgerdrag trap op Potgieter se kop en slaan hom met die vuis in die gesig voordat hy hom weer in die maag skop.
Tussendeur skop ’n polisieman in uniform Potgieter.
Terwyl polisielede boeie aan Potgieter se arms sit, skop die man in burgerdrag hom weer.
Grobler, wat sowat drie weke gelede ’n rugoperasie ondergaan het, is gedwing om te lê al het hy aan die polisielede gesê hy kan nie.
Nadat Potgieter geboei is, is hy na die Pretoria-Moot-polisiekantoor geneem.
Hy is Vrydagmiddag hospitaal toe geneem nadat hy bloed opgegooi het en ook bloed in sy urine gehad het.
Hy is eergistermiddag ontslaan en het in die selle gebly totdat hy Dinsdag in die Pretoriase landdroshof op borgtog van R2 000 vrygelaat is.
Terwyl Potgieter in die selle was, is bevestig dat hy wel die gelisensieerde eienaar van die vuurwapen is.
Volgens Potgieter het die polisie geweier om hom te help om ’n aanrandingsaak teen die polisielede aanhangig te maak.
Kol. Neville Malila, Gautengse polisiewoordvoerder, het gesê dié saak word in ’n ernstige lig beskou en sal intern ondersoek word, “want sulke beweerde gedrag deur polisielede kan nie geduld word nie”.
Hy het gesê die polisie is geskok en verontwaardig deur dié polisielede se optrede.
“Dié gedrag is nie die gedrag van deursnee polisielede nie. Die polisie is daar om die gemeenskap te dien en te beskerm,” het Malila gesê.