Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Mag is ‘n gawe van God waarmee wet en orde gehandhaaf moet word (1 Kor.14:40). Elke landswet moet met God se Woord ooreenstem. As dit in stryd daarmee is, kan dit nooit goed vir ‘n volk wees nie. Dis gewoonlik die grondslag van ‘n skrikbewind.
ANC- AANSLAG OP DIE KERK (3)
Prof AWG Raath
Lees reeks by Kerk as instrument van ANC-revolusie
In die SAKP se program van beginsels wat in 1962 aanvaar is, is verklaar dat die dwingende belange van alle dele van die Suid-Afrikaanse bevolking die uitvoering van ’n nasionale demokratiese revolusie (NDR) vereis; 'n revolusie wat die grondslag sal vorm vir die voortgang van die Republiek na ’n volkome sosialistiese en kommunistiese toekoms. Hierdie revolusie is in 2013 nog nie afgehandel nie. Die laaste fase van die NDR is beplan om finaal van die witman in Suid-Afrika ontslae te raak – wat nie met druk om te immigreer of met plaasmoorde en huisaanvalle uitgevoer kon word nie, sal in die vorm van grootskaalse anargie en doodslag voltrek word om die blanke finaal te probeer vernietig. Met reg sou ons kon saamvat dat die Freedom Charter op ’n revolusionêre grondslag berus wat slegs deur geweld prakties gerealiseer kan word - oningeligte Suid-Afrikaners is dikwels geneig om die Freedom Charter se inhoud te ondersteun. Lees in prof Raath se reeks meer oor hoe lank gelede en fyn die kommunistiese planne vir Suid-Afrika beraam is.
(Let daarop dat hierdie reeks oorspronklik in 1989 geskryf is, vandaar verwysings na later-veranderde situasies bv 'ANC/SAKP-alliansie'.)
JURIDIESE STEUN VIR DIE FREEDOM CHARTER
" Nelson Mandela het tydens die Rivionia-verhoor in 1964 verklaar dat die SAKP vir die vestiging van ’n staatsorde wat op die beginsels van die Marxisme gegrondves is staan... Die bevolking in ’n land word deur die kommunistiese party as ’n manipuleerbare massa en bron van energie in die stryd om mag gesien.... Een van die belangrikste vraagstukke vir die kommunistiese party is hoe om beheer oor die massa te verkry en dit vir sy eie doeleindes in te span... om die werkersklas te organiseer sodat dit ’n leidende rol in die nasionale demokratiese revolusie kan speel... ...kommunistiese partye gebruik alle moontlike instrumente en onwettige metodes om organisasies soos die vakbonde te infiltreer... indoktrinasie word gebruik om fundamentele idees aan klein groepe oor te dra. In die praktyk kom dit daarop neer dat slegs aanhangers van die kommunistiese party aan die volle omvang van kommunistiese doelwitte en metodes blootgestel word, terwyl die massa van die bevolking gemobiliseer word deur anti-kapitalistiese wekroepe en slagspreuke vir 'brood', 'vrede', 'grond' en 'eenheid' (vgl. Selznick, p. 10)...
Met die begrip “people” bedoel die ANC die kommunistiese party en die proletariaat. Met “demokrasie” word bedoel die diktatuur van die proletariaat, en met verwysings na “injustice and inequality” word die kapitalisme bedoel. Die modus operandi om onder die dekmantel van eise vir demokratiese hervorming die bevolking vir die eerste fase van die revolusie voor te berei is meesterlik deur Lenin gebruik. Onomwonde stel Lenin (The Revolutionary Proletariat and the Right of the Nations to Self-Determination, 1915) dit dat die proletariaat nie die oorwinning kan behaal indien dit nie ’n demokratiese front voorhou nie."Inleiding
In “‘The People Shall Govern!’ Opmerkings oor die ‘Freedom Charter' as Mensregtehandves” 1986, De Jure, pp.372-378) verklaar Van der Westhuizen onder andere oor die Freedom Charter.
(a) Die vryheidsmanifes kan nie eenvoudig geïgnoreer of gediskrediteer word wanneer oor ’n menseregtehandves vir ’n toekomstige Suid-Afrika besin word nie. Ten spyte van al die gebreke van die dokument, is die faktore wat ten gunste daarvan geld so ooglopend, dat die dokument oorweging verdien, ten minste as ’n moontlike vertrekpunt of as ’n basis vir onderhandeling.
(b) In die finale instansie is dit waarskynlik onbelangrik welke individu dit fisies neergepen het.
(c) Groot dele van die inhoud daarvan behoort aanvaarbaar te wees vir die meerderheid mense en sal bowendien in enige verklaring van menseregte voorkom.
(d) Oor die aspekte wat kontroversieel of kommerwekkend voorkom, moet onderhandel word. Sommige gedeeltes kan dalk juridies akkurater geformuleer word. Daar word egter aan die hand gedoen dat ’n baie belangrike positiewe effek bereik kan word indien erkenning gegee word aan die opvatting dat die vryheidsmanifes die wil van talle landgenote verteenwoordig en dat ’n demokratiese gees, ’n strewe na vryheid en vrede daaruit blyk. Selfs die taalgebruik daarin en die naam daarvan kan belangrike bates wees - selfs al sou die tipies demokratiese frases “[o]ns die mense” en “[d]ie mense sal regeer” om die een of ander rede nog vreemd klink in Afrikaans.
Hierdie gedagtes van Van der Westhuizen sluit nou aan by die standpunte van byvoorbeeld Wynand Malan (parlementslid vir Randburg) en Murphy Morobe (publisiteitsekretaris van die UDF) wat van 1985-06-25-28 onder die tema “Freedom Charter” in Die Vaderland verskyn het. Volgens Malan verteenwoordig die Freedom Charter geen besondere ideologie nie en kan Marxiste, sosialiste en Christene wat glo in die gelykwaardigheid van die mens, die dokument steun. Hieraan voeg hy toe dat die demokratiese deelname van swartmense aan die politieke bestel in Suid-Afrika die toepassing van ’n sosialistiese ekonomiese beleid sal meebring. Namens die Freedom Charter Committee verklaar Morobe dat hierdie dokument die “mees demokratiese en moreel kragtige”-dokument is wat nog in die geskiedenis van Afrika die lig gesien het. Ook voeg hy by dat dit die lewensvatbaarste alternatief vir die grondwet van die Republiek van Suid-Afrika is.
Dit is opmerklik dat hierdie en soortgelyke opvattings oor steun vir die Freedom Charter op ’n onaanvaarbare regspositivistiese basis gegrondves is.
Wat is die Juridiese Positivisme?
Die positivisme het in die Westerse filosofie grootliks op 'n wetenskapsbegrip ontstaan. Comte (1798-1857) was tot ’n groot mate die vader van hierdie nuwe denkstroming. Comte se hoofdoel was om ’n positiewe wetenskap te ontwikkel, ’n wetenskap wat die verskynsels in die werklikheid kon ondersoek sonder om ’n beroep op feite te doen wat nie deur die menslike ervaring gestaaf kan word nie. Wat die juridiese positivisme in besonder betref, is die volgende van belang.
(a) Dit laat geen ruimte vir die erkenning van bo-willekeurige grondslae wat die vorming en ontwikkeling van die reg onderlê nie. Die juridiese positivisme verabsoluteer die element van regsvorming of positivering in die positiewe reg, en skei dit van die materiële regsbeginsels wat die arbitrêre wil van die wetgewer te bowe gaan.
(b) Alhoewel die juridiese positivisme die juridiese inhoud van alle positiewe reg erken, sien dit hierdie inhoud as volkome arbitrêr en veranderlik. Volgens die juridiese positivisme word die inhoud van die reg deur die heersende politieke en etiese opvattinge (ofte wel eties-politiese postulate) bepaal, en kan dit as sodanig nie die voorwerp van empiries juridiese ondersoek wees nie.
(c) Juridiese positivisme mag nooit vereenselwig word met die standpunt dat alle reg slegs positiewe reg is nie. Hierdie valse identifisering word voortdurend deur die moderne aanhangers van die tradisionele natuurregsleer verkondig. Hierdie natuurregseksponente skep ’n valse dilemma tussen die natuurregsleer en die juridiese positivisme, sodat diegene wat die natuurregsleer verwerp, outomaties tot die juridiese positiviste gereken word. Hierdie is egter ’n valse dilemma omdat daar vele teorieë is, waarby ek ook aansluit, wat slegs die positiewe reg as geldende reg erken, maar hierdie positiewe regsreëls aan ’n bo-willekeurige grondslag van regsbeginsels verbind waarsonder positiewe reg geen ware reg kan wees nie.
(d) Vir sover die juridiese positivisme die element van juridiese vormgewing of positivering deur kompetente regsvormende instansies beklemtoon en hiermee die konstitutiewe momente vir elke geldige regsorde beklemtoon, maar dit van die bestaan van alle materiële regsbeginsels losmaak, is dit ’n eensydige regsteorie. Hiermee verloor die moment van juridiese positivering ook sy ware sin. Kortom, in die juridiese positivisme word die regskrag van die positiewe reg slegs van die juridiese vorm, oftewel formeel-juridiese gelding, afhanklik gestel en van die materiële regsbeginsels wat iedere regsorde orden, losgemaak. Hierdeur verhef die juridiese positivisme die juridiese vorm van die oorsprong van die reg tot die selfgenoegsame grond van die regsgelding van die positiewe reg.
Hieruit vloei die volgende belangrike implikasies voort: Eerstens is die vorm waarin die positiewe reg sigself vertoon nie die algenoegsame grond van die reg nie, maar vorm die materiële grondslae die vertrekpunte van waaruit die inhoud van die reg gestalte kry. Tweedens kan geen regsreël slegs aan die hand van die uiterlike vorm wat dit vertoon, beoordeel word nie, maar moet daar met die materiële regsbeginsels van waaruit die positiewe regsreëls gestalte kry, rekening gehou word. Derdens is die positivering van die positiewe reg die resultaat van die voorwetenskaplike oortuigings aan die hand waarvan die positiewe reg tot stand kom.
Hierdie implikasies is van fundamentele belang by beoordeling van die Freedom Charter se inhoud en die rol wat dit in die Suid-Afrikaanse regstelsel behoort te speel. Ook die regsreëls in die Freedom Charter weerspieël die wetenskaplike voorveronderstellinge van die African National Congres (ANC) en kan nie van die ANC se voorwetenskaplike vertrekpunte ten aansien van die aard en die rol van die Freedom Charter in die samelewing losgemaak word nie. Inteendeel, die blote vorm waarin die Freedom Charter sigself voordoen, behoort ons nooit daarvan te weerhou om grondig die materiële inhoud van hierdie dokument en die materiële regsbeginsels wat hierdie inhoud onderlê, te ondersoek nie. Tog is dit wat in die meeste gevalle gebeur waar die Freedom Charter naïef en onkrities ondersteun word, deur ’n beroep op polities-etiese faktore te doen, sonder om na die materieel-juridiese inhoude van die regsreëls in die Freedom Charter te vra. Hierdie materieël-juridiese inhoud van die Freedom Charter kan slegs suiwer bepaal word deur met die uitgangspunte en sieninge van die ANC en die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) ten aansien van die Freedom Charter rekening te hou. ’n Ondersoek na die aard en die rol van die Freedom Charter volgens die ANC/SAKP-alliansie, bring aan die lig dat die doelwitte wat met die Freedom Charter nagestreef word van so ’n aard is, dat die inhoud van hierdie dokument nie sonder meer aanvaar kan word nie.
Vervolgens is dit dus nodig dat kortliks aandag aan die doelstellinge van die ANC en die SAKP met die Freedom Charter geskenk sal word, en dat die betekenis wat die opstellers van hierdie dokument daaraan verleen, ondersoek moet word.
Die ANC/SAKP-Alliansie
Die aard en die rol van die Freedom Charter kan nie ondersoek word alvorens die onverbreeklike alliansie tussen die ANC en die SAKP verreken word nie. Enkele belangrike aspekte van hierdie alliansie is die volgende:
(a) Kommunistiese partye wêreldwyd, die SAKP ingesluit, is vir sover hulle op die Leninistiese bolsjevisme gegrondves is, gerig op die totale oorname van mag in die samelewing. Selznick (The Organizational Weapon, 1960,pp.5-6) stel hierdie doelwit soos volg:
“The nature of bolshevism cannot be understood unless we grasp the fact that Leninist political doctrine rests upon a broad interpretation of the nature of power. In particular, bolshevik theory and practice recognize that power is social, generated in the course of all types of action (not simply the narrowly ‘political’) and latent in all institutions....
This theory of power has increased the sensitivity of bol-shevik strategy to unconventional methods of gaining in-fluence. Exploitation of these devices has helped to keep the communist movement from adapting itself to constitutional methods; in this way, it has rejected the path of accommodation taken, for example, by most sections of the international socialist movement.”
(b) In die magstrewe van kommunistiese partye ken die opportunistiese werkswyses om die bolsjevistiese oogmerke te bereik geen perke nie. In sy pamflet “Left” Communism, wat vir opleidingsdoeleindes deur kommunistiese partye wêreldwyd gebruik word, doen Lenin ’n beroep op alle bolsjeviste om alle opofferinge te maak, alle moontlike strategies, instrumente en onwettige metodes te gebruik om organisasies soos die vakbonde te infiltreer en kommunistiese aktiwiteite daarin voor te sit. Vir hierdie doel tref die kommuniste ’n onderskeid tussen propaganda en agitasie. Propaganda oftewel indoktrinasie word gebruik om vele fundamentele idees aan klein groepe oor te dra. Daarenteen behels agitasie die verspreiding van enkele idees, of slegs ’n enkele idee aan groot groepe mense. In die praktyk kom dit daarop neer dat slegs aanhangers van die kommunistiese party aan die volle omvang van kommunistiese doelwitte en metodes blootgestel word, terwyl die massa van die bevolking gemobiliseer word deur anti-kapitalistiese wekroepe en slagspreuke vir “brood”, “vrede”, “grond” en “eenheid” (vgl. Selznick, p. 10).
Die bevolking in ’n land word deur die kommunistiese party as ’n manipuleerbare massa en ’n groot bron van potensiële energie in die stryd om mag gesien. Een van die belangrikste vraagstukke vir die kommunistiese party is hoe om beheer oor die massa te verkry en dit vir sy eie doeleindes 'in te span (Selznick, p.74). Vir hierdie doel strewe die kommunistiese party daarna om ten alle koste toegang tot bepaalde instellings en teikengroepe te kry. Hierdeur word dan gestreef na die taktiese manipulasie van frontorganisasies ten einde die bevolking te mobiliseer. Stalin (Foundations of Leninism, 1932, p. 105 ev) stel die doelwit om die massa van die bevolking te bereik soos volg:
“Die Party se bestaan as ’n party sal beëindig word indien hierdie onderskeid (tussen die Party en die bevolking) ’n skeuring sou word; indien dit geïsoleer sou word en wegbreek van die massa nie-Partylede. Die Party kan nie die klas (proletariaat) lei indien dit nie verbonde is met die nie-Party massa nie, indien daar nie ’n noue band tussen die Party en nie-Party massa is nie, indien die Party nie morele en politieke gesag onder die massa het nie” (eie vertaling).
Ten einde die massa van die bevolking te beheer moet die massa-organisasies deur die party gekoördineer en beheer word. Hierdie massa-organisasies wat deur kommunistiese partye geïdentifiseer en geïnfiltreer word, sluit in beroepsorganisasies, vakbonde, studenteorganisasies en selfs kerkgroepe. Een van die belangrikste wyses waardeur die massas bereik kan word, is die vestiging en instandhouding van ’n demokratiese front (Selznick, p.98) waardeur selfs beheer verkry kan word oor mense wat nie direkte steun aan die kommunistiese party gee nie.
(c) Vir die kommunistiese party is die frontorganisasies handige instrumente in die mobilisering van baie mense wat afsydig jeens die kommunistiese party is of selfs teen die kommunistiese party gekant is. Ten einde sy aktiwiteite deur hierdie frontorganisasies uit te brei, gebruik die kommunistiese party wekroepe vir burgerlike vryhede en menseregte. Dit is veral die rol van die talle defence committees wat ontstaan wanneer ’n leiersfiguur in die kommunistiese geledere vervolging in ’n burgerlike hof in die gesig staar. Afgesien van die onmiddellike voordele wat hieruit mag voortvloei, is die vernaamste doelwit die vestiging van legitimiteit deur die party, deur dit met die beginsels van die tradisionele demokrasie te vereenselwig. Selznick (p. 122) stel hierdie oogmerke van die kommunistiese party soos volg:
“It is not so much that the persons influenced come to agree with the party’s program, or even to accept it as a champion of civil rights; these things occur, of course, but the basic gain is the creation of a climate of opinion which accepts the communists as normal contenders for power within the democratic process.”
(d) Wat die verhouding tussen die SAKP en die ANC in besonder betref, is dit duidelik dat die ANC volkome onder die beheer van die SAKP funksioneer, en dat die een nie sonder die hulp van die ander kan klaarkom nie. Sedert die stigting van die SAKP op 1921-07-29 het die band tussen die SAKP en die ANC al hoe hegter geword. Hiervan kan ek enkele voorbeelde noem:
(i) Die sesde kongres van die Kommunistiese Internasionale (Komintern) het in 1928 van sy beleid jeens die ANC verklaar dat die SAKP besondere aandag aan die ANC moet skenk. Die doel behoort te wees om die ANC in ’n vegtende nasionalistiese revolusionêre organisasie te verander (“History of the SACP”, 1986, Umsebenzi, p. 19).
(ii) In Umsebenzi (1985, p.2), ’n publikasie van die SAKP, word verklaar dat Ivon Jones, die hoofteoretikus van die SAKP, in 1921 die ANC as ’n revolusionêre beweging beskryf het, op die grondslag van dit wat Lenin met revolusionêre organisasies in gedagte gehad het.
(iii) Dit is opvallend dat die SAKP se beleid jeens die ANC die feit weerspieël dat die SAKP slegs oor die politieke lot van die swartman in Suid-Afrika begaan is, vir sover dit die SAKP se revolusionêre oogmerke ten goede kan kom. In ’n verklaring van die SAKP in die African Communist (1981, p.87) blyk duidelik dat die ANC deur die SAKP in hierdie verband as ’n klassieke voorbeeld van ’n frontorganisasie vir die mobilisering van die massa gesien word. Volgens hierdie verklaring sien die SAKP dit as sy hoofdoelwit om die doelstellings van die nasionale demokratiese revolusie te verwesenlik, meer spesifiek om “nasionale bevryding” vir al die onderdrukte swartes te bewerkstellig en om die ekonomiese en politieke mag van die bestaande heersersklas te vernietig. Terselfdertyd sien die SAKP dit as sy plig om die ideologie van Marxisme-Leninisme te versprei ten einde onophoudelik die verband tussen “ware nasionale bevryding” en die opbou van ’n sosialistiese samelewing te onderstreep; om die werkersklas te organiseer sodat dit ’n leidende rol in die nasionale demokratiese revolusie kan speel. Voorts word dit gestel dat, in organisatoriese terme, die bevrydingsalliansie tot uitdrukking kom deur die bevrydingsfront, soos dit deur die ANC gelei word.
(iv) In die SAKP se program van beginsels wat in 1962 aanvaar is, word die volgende verklaar: Die onmiddellike en dwingende belange van alle dele van die Suid-Afrikaanse bevolking vereis die uitvoering van ’n nasionale demokratiese revolusie. Die SAKP verklaar uitdruklik in hierdie dokument dat hierdie revolusie die grondslag vorm vir die voortgang van die Republiek na ’n sosialistiese en kommunistiese toekoms. Volgens die SAKP is sy beleid gebaseer op ’n lang verbintenis met die ANC. Wat die prioriteite van die stryd van die SAKP betref, word as eerste voorvereiste ’n nasionale demokratiese revolusie in die vooruitsig gestel en dan tweedens ’n voortgang na die sosialisme. Die SAKP stel dit eksplisiet dat dit onvoorwaardelik die stryd om nasionale bevryding, soos dit deur die. ANC gelei word, steun en daaraan deelneem.
(v) In die program Forward to the People’s Power - The Challenge Ahead, wat in 1980 opgestel is, verklaar die SAKP dat dit sigself as ’n noodsaaklike komponent in die revolusionêre alliansie vir nasionale bevryding, soos deur die ANC gelei, sien. Die SAKP sien dit as sy taak vir die volgende dekade om met groter ywer as ooit tevore te werk vir massa-ondersteuning deur die bevolking.
(vi) In 1987 het die SAKP (“Is the Communist Party Programme Still Valid?”, 1987, The African Communist, p.46) sy noue verbintenisse met die ANC soos volg beskryf: Die versterking van die bande tussen die SAKP en die ANC is beskryf by die 60e en 65e herdenkingsbyeenkomste van die SAKP en by die Kabwekonferensie van die ANC in 1985. Die identiteit in benadering van hierdie twee organisasies met betrekking tot die bevordering van die nasionale demokratiese revolusie is al oor en oor beklemtoon. Voorts stel die SAKP dit duidelik dat dit die nastrewing van hierdie beleid is wat die mobilisasie en organisasie van die massa van die bevolking in Suid-Afrika moontlik maak.
Daar bestaan hoegenaamd geen twyfel dat die ANC, as gevolg van kommunistiese insypeling, niks anders as ’n werktuig van die SAKP geword het nie. Die oogmerke vir ’n kommunistiese bewindsoorname in Suid-Afrika het die SAKP egter verdoesel onder die dekmantel van die sogenaamde bevryding van die swartman in Suid-Afrika. Terselfdertyd verswyg die SAKP egter sy ware uitgangspunte jeens menseregte en burgerlike vryhede, omdat hy daarmee vele van sy potensiële meelopers die harnas sou injaag. By ’n ondersoek na die aard en rol van die Freedom Charter, volgens die opstellers daarvan, is dit uiters belangrik om met hierdie feite rekening te hou.
Die Aard en die Rol van die Freedom Charter volgens die /t/VC/SAKP-Alliansie
Ten spyte van al die goeie aspekte wat akademici dikwels in die Freedom Charter wil inlees, bly dit ’n onbetwisbare feit dat die opstellers van hierdie dokument ’n totale ander inhoud en rol aan die vae en wye sinsnedes van hierdie dokument gee as wat dikwels besef word. Uit die bedoeling van die opstellers van hierdie dokument is dit duidelik dat daar agter die vae en op die oog af aanvaarbare terminologie ’n materiële inhoud skuil, wat aan die Christelike staatsidee vreemd is en wat die revolusionêre uitgangspunte van die Marxisme-Leninisme weerspieël. Hierdie materiële uitgangspunte is so ver van die Christelike norme vir die inrigting van ’n demokratiese staatsbestel verwyder dat geen ingeligte mens dit sou onderskryf nie. Die ware materiële inhoud van die Freedom Charter blyk duidelik uit die standpunte van die ANC en SAKP self:
(a) Wat die SAKP betref, het Nelson Mandela tydens die Rivionia-verhoor in 1964 verklaar dat die SAKP staan vir die vestiging van ’n staatsorde wat op die beginsels van die Marxisme gegrondves is. Alhoewel die SAKP bereid is om vir die doelwitte van die Freedom Charter as ’n korttermynoplossing te werk, sien dit die Freedom Charter as die begin en nie die einde nie van die SAKP se program.
(b) In ’n onlangse artikel in die &4XP-lyfblad Umsebenzi (“1962-1987: 25 Years of the Party Programme”, 1987, Umsebenzi, p.4) word met goedkeuring verwys na die program Road to South African Freedom wat in 1962 deur die SAKP aanvaar is en waarin die rol van die Freedom Charter vanaf 1962 tot 1987 soos volg uiteengesit word: Die SAKP verleen sy ongekwalifiseerde ondersteuning aan die Freedom Charter. Die SAKP sien die verwesenliking van die oogmerke daarvan as die antwoord op die onmiddellike behoeftes van die bevolking en sien dit as die basis vir die voortgang van die Republiek, langs nie-kapitalistiese wee, na ’n kommunistiese en sosialistiese toekoms.
(c) Die SAKP sien dus in die Freedom Charter ’n instrument om die nasionale demokratiese revolusie, as eerste fase op weg na ’n kommunistiese staatlike bedeling, in die Republiek tot stand te bring. Die ANC se oogmerke met die Freedom Charter sluit hierby aan. In ’n artikel met die titel “In Our Lifetime” wat in Junie 1956 in Liberation verskyn het, verklaar Nelson Mandela dat die Freedom
Charter ’n revolusionêre dokument is. As sodanig is die Freedom Charter vee1 meer as net bloot ’n lys van versoeke vir demokratiese hervorming. Die veranderinge wat met die Freedom Charter beoog word, kan nie bereik word sonder om die ekonomiese en politieke bedeling in Suid-Afrika te vernietig nie. Ten einde die aansprake in die Freedom Charter te verwesenlik, moet die organisasie en ontwikkeling van massastryd op die grootste moontlike skaal plaasvind. Hierdie eise kan volgens Mandela slegs verwesenlik word in die proses en as die resultaat van ’n landwye kampanje van agitasie deur hardnekkige en volgehoue stryd.
(d) In die Sechaba van September 1985 verklaar die ANC dat die SAKP, wat nie slegs vir nasionale bevryding streef nie, maar hom vir die vernietiging van die kapitalistiese stelsel beywer, die eise van die ANC, soos in die Freedom Charter weerspieël, onderskryf. Voorts verklaar die ANC dat onder die leiding van die ANC en in alliansie met die SAKP, die bevolking die omverwerping van die bestaande orde in die Republiek begeer.
(e) In November 1986 het die Instituut vir die Studie van Terrorisme in London ’n werk met die titel ANC: A Soviet Task Force? die lig laat sien. In hierdie stuk haal Keith Campbell direkte getuienis aan wat bo alle twyfel bewys dat die ANC ’n organisasie is wat deur kommuniste beheer word en die belange van die Sowjetunie bevorder. Oortuigend toon Campbell aan dat alhoewel die taalgebruik en die vae terme waarmee di£ dokument ingeklee is, die indruk wek dat dit ’n liberale en humanistiese dokument is wat ’n beroep op die liberale demokrasie maak, of waarin beweer word dat die bevolking van hulle geboortereg op grond en vryheid beroof is deur ’n regering wat onreg en ongelykheid bedryf, dit nie die geval is nie. Onomwonde stel Campbell dit dat wanneer die vae en wye terme van die Freedom Charter geïnterpreteer word, die feit nie uit die oog verloor moet word nie dat die ANC en die SAKP aan hierdie terme ’n radikale ander inhoud gee.
Met die begrip “people” bedoel die ANC-SAKP-alliansie, die kommunistiese party en die proletariaat. Met “demokrasie” word bedoel die diktatuur van die proletariaat, en met verwysings na “injustice and inequality” word die kapitalisme bedoel. Die modus operandi om onder die dekmantel van eise vir demokratiese hervorming die bevolking vir die eerste fase van die revolusie voor te berei is meesterlik deur Lenin gebruik. Onomwonde stel Lenin (The Revolutionary Proletariat and the Right of the Nations to Self-Determination, 1915) dit dat die proletariaat nie die oorwinning kan behaal indien dit nie ’n demokratiese front voorhou nie. Lenin vervolg met die oproep dat die revolusionêre stryd teen die kapitalisme met ’n revolusionêre program en taktiek vir alle demokratiese eise gekombineer moet word: ’n Republiek, die verkiesing van amptenare, gelyke regte vir vroue, die selfbeskikking van nasies ensomeer. Volgens Lenin is die sosiale revolusie nie ’n eenmalige veldslag nie, maar ’n tydperk wat ’n reeks veldslae aangaande alle soorte probleme van ekonomiese en politieke hervorming omvat, en wat voltrek word met die finale ontseteling van die bourgeoisie. Met die oog op hierdie finale doelwit pleit Lenin daarvoor dat elkeen van die Marxisties-Leninistiese demokratiese eise in konsekwente revolusionêre terme geformuleer moet word.
Tot ’n groot mate het die ANC/SAKP-alliansie daarin geslaag om die Freedom Charter as hoeksteen van sy revolusionêre oogmerke te propageer en as middel vir die omverwerping van die bestaande orde in die Republiek te verkondig. Vanweë die oënskynlik onskuldige inhoud van hierdie dokument en die onskuldige vorm waarin die wye en vae terme van die dokument gegiet is en ’n appèl op die billikheids- en regsgevoel van die man op straat maak, het die ware oogmerke van die opstellers van hierdie dokument grootliks buite rekening gebly. In hierdie verband moet eerstens daarop gewys word dat selfs onder akademici die revolusionêre inslag van die Freedom Charter buite rekening gelaat word. Ook in hierdie opsig is akademici geneig om hulle teen die blote vorm van die dokument blind te staar, sonder om die materiële inhoud daarvan en die regs-teoretiese grondslae waarop dit rus, behoorlik te ondersoek. Tweedens moet genoem word dat die revolusionêre oogmerke wat die ANC/SAKP-alliansie met hierdie dokument nastreef, slegs deur geweld bereik kan word. Tereg sou ons kon saamvat deur te verklaar dat die Freedom Charter op ’n revolusionêre grondslag berus wat slegs deur geweld prakties gerealiseer kan word.
Gevolgtrekking
Oningeligte Suid-Afrikaners is dikwels geneig om die Freedom Charter se implementering te ondersteun of die inhoud daarvan te ondersteun of die inhoud daarvan te onderskryf. Die feit dat die Marxistiese sosialisme die grondslag van hierdie dokument vorm en die verwesenliking van ’n kommunistiese staatsbestel die uiteindelike oogmerk van die opstellers is, word dikwels buite rekening gelaat. Dit is opvallend dat vele van die argumente wat die Freedom Charter ondersteun, op juridies-positivistiese uitgangspunte berus. Hierdie uitgangspunte vertoon ’n besondere onkritiese naïwiteit vir sover dit bloot na die vae en wye terme kyk, sonder om die materiële inhoud wat die opstellers daaraan verleen, in aanmerking te neem. Die materiële grondslae van die Freedom Charter kan nie met die voorwaardes vir die inrigting van ’n Christelike staatsbestel versoen word nie. Alvorens die wye en vae terme van die dokument dus nie meer spesifiek geformuleer word en die opstellers van hulle on-Christelike bolsjevistiese oogmerke afsien nie, kan hierdie handves van die ANC/SAKP-alliansie nie onderskryf word nie.