Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Mense is al te geneig om te hoor net wat hulle wil hoor. Niks is vir die saak van die Here so skadelik soos die flou stem van ʼn sieklike Christendom nie. Daarom moet ons versigtig wees wat ons hoor.
ANC- AANSLAG OP DIE KERK (5)
Prof AWG Raath
Lees reeks by Kerk as instrument van ANC-revolusie
(Let daarop dat hierdie reeks oorspronklik in 1989 geskryf is, vandaar verwysings na later-veranderde situasies oa ANC-SAKP-alliansie ens.)
REVOLUSIE EN DIE FREEDOM CHARTER: WAT BETEKEN DIE AANHEF?
"In die geval waar die regering in die hande van die kommunistiese party, as speerpunt van die revolusie oorgaan, word daar van ’n 'people’s democracy' gepraat. Van 'demokrasie' in die ware sin van die woord is daar geen sprake nie – inteendeel! Hierdie 'people’s democracies' is niks anders as totalitêre state nie, vir sover die regering in beheer van ’n een-party regime is."
In ’n artikel in Roeping en Riglyne (jaargang 36, Desember 1988, pp. 12-14) het ek daarop gewys dat die nuwe grondwetlike riglyne van die ANC ’n toespitsing van die grondgedagtes in die Freedom Charter is. Ten einde die ware betekenis en omvang van die riglyne te begryp, is dit uiters noodsaaklik dat ons op die inhoud van die Freedom Charter sal let.
Slegs wanneer ons die inhoud van die Charter teen die agtergrond van die filosofie van die ANC/SAKP-alliansie beoordeel, kom die ware inhoud daarvan na vore. Indien ons die klousules van die Charter in hierdie lig beoordeel, kom daar ’n prentjie te voorskyn waarmee geen Christen-Suid-Afrikaner homself kan vereenselwig nie. Alreeds die aanhef van die Charter verkry in die lig van die Marxisties-Leninistiese uitgangspunte ’n betekenis waarmee geen Christen-Calvinis hom mee kan versoen nie.
Die Aanhef van die Freedom Charter
Die aanhef van hierdie ANC-dokument lui soos volg:
“We, The People Of South Africa, Declare For All Our Country And The World To Know: that South Africa belongs to all who live in it, black and white, and that no government can justly claim authority unless it is based on the will of all the people;
that our people have been robbed of their birthright to land, liberty and peace by a form of government founded on injustice and inequality;
that our country will never be prosperous or free until all our people live in brotherhood, enjoying equal rights and opportunities;
that only a democratic state, based on the will of all the people, can secure to all their birthright without distinction of colour, race, sex or belief;
And therefore, we, the people of South Africa, black and white together - equals, countrymen and brothers - adopt this Freedom Charter. And we pledge ourselves to strive together, sparing neither strength nor courage, until the democratic changes here set out have been won”.
“The People”
In sy onlangse boek ANC: A Soviet Task Force? (1986, p.37) het Keith Campbell van die Instituut vir die Bestudering van Terrorisme in London, verklaar dat die begrippe “the people” slegs sin maak indien ons dit in die lig van die Marxistiese agtergrond daarvan beoordeel, naamlik dat dit die revolusionêre elemente in die samelewing insluit, en nie die bevolking as geheel nie. Dit is in hierdie sin wat Lenin die begrippe opgevat het:
“there are enormous numbers of people, because the working class and the most diverse strata of society, year after year, advance from their ranks an increasing number of discontented people who desire to protest, who are ready to render all the assistance they can in the fight against absolutism, the intolerableness of which is not yet recognized by all, but is nevertheless more and more acutely sensed by increasing masses of the people”.
(Lenin, VI, aangehaal in Sleeper, R.S. (red.), A Lexicon of Marxist-Leninist Semanticx, 1983, p.213).
Die begrippe “the people” omvat dus die revolusionêre groepering in die samelewing, bekend as die proletariaat, soos dit sy vergestalting in die kommunistiese party, as “speerpunt van die massas” vorm. In die geval waar die regering in die hande van die kommunistiese party, as speerpunt van die revolusie oorgaan, word daar van ’n “people’s democracy” gepraat. Van “demokrasie” in die ware sin van die woord is daar geen sprake nie. Hierdie “people’s democracies” is niks anders as totalitêre state nie, vir sover die regering in beheer van ’n een-party regime is. In hierdie sogenaamde demokrasieë is die volgende opmerklik:
1. Die reg vorm nie die grondslag van die politieke en sosiale orde nie; die reg het slegs instrumentele waarde vir sover dit moet meehelp om die sosialisme en kommunisme te bevorder.
2. Die burgery het geen aandeel in die politieke besluitneming van die staat nie. Die leidende rol van die Kommunistiese Party van die Sowjet-Unie (KPSU) verhoed die vryheid van spraak van die burgery.
3. Die uitoefening van die burgerlike regte van die onderdane is nie gewaarborg nie. Die staat en die KPSU kan te eniger tyd die regte wat in die konstitusies van die “people’s democracies” beliggaam is, opskort (sien Kernig, C.D. (red.), Marxism, Communism and Western Society, vol. VI, 1973, pp.271-272).
“Will of the People”
Vir die Marxistiese Leniniste behels die “will of the people” die wilsbeslissinge van die kommunistiese party as die “speerpunt van die revolusie”. In Suid-Afrika is hierdie “speerpunt” die SAKP. Vir ’n lid van die SAKP beteken hierdie begrippe dus dat geen regering regmatiglik op enige gesag kan aanspraak maak nie tensy dit gebaseer is op die SAKP (vgl. Campbell, op. cit., p.37).
In die publikasie Fundamentals of Marxism-Leninism, gedruk in Moskou, 1961, word die begrip “will” soos volg gedefinieer:
“...one of the greatest sources of strength of the proletariat dictatorship lies in the very fact that all its activity shows its unanimous will and is directed by the party according to a single plan. The party bases itself on Marxist-Leninist theory and a study of the concrete conditions in working out a political program in all the spheres of socialist construction - economic, administrative, military, education and foreign - and guides its implementation in practice”, (sien ook Sleeper, op. cit., p.332).
Tereg vra WJ. Booyse in ’n onlangse uitgawe van die Southern African Freedom Review (vol. 1, no. 1, winter 1987, p.7) die vraag wat die aanhangers van die Freedom Charter bedoel met die begrippe “the will of the people”. Volgens die Marxisme-Leninisme behels dit bloot die wil van ’n revolusionêre minderheid.
“Prosperous or Free”
Volgens die Marxisme kan gelyke regte en geleenthede slegs in ’n Marxistiese bedeling bewerkstellig word. Vir Marx is die kapitalisme vir die ellendes van die moderne samelewing verantwoordelik. In die oog van die Kommunis is die kapitalistiese stelsel is daar die bourgeoisie, die sosiale klas wat die produksiemiddele besit (terwyl dit eintlik die werkende middelklas is wat die ekonomie aan die gang hou), en die proletariaat, wat glo die sosiaal onbevoorregte klas is. Selfs die regsorde in kapitalistiese lande getuig van hierdie klasseverdeling. Die regstoestand is dus prakties so dat die besitters van die produksiemiddele die wet bepaal, terwyl die proletariaat die wette bloot moet gehoorsaam.
Selfs die staat is ’n instelling wat ’n onderdrukkingsapparaat in die hande van die bourgeoisie is. In die Kommunistiese Manifes verklaar Marx en Engels (Werke, 4, p.482, asook 482):
“Die politieke mag in die eintlike sin is die georganiseerde mag van een klas ter onderdrukking van ’n ander klas”.
Elders verklaar Marx en'Engels (Werke, 22, p.199 (Engels, F. Einleitungzu Karl Marx ‘Burgerkrieg in Frankreich’, Ausgabe 1891)):
"... die Staat is niks ander nie as ’n masjien vir die onderdrukking van een klas deur ’n ander, en weliswaar in die demokratiese republiek niks minder as in die monargie nie...”
Vir ’n Marxistiese kommunis beteken hierdie begrippe dus dat Suid-Afrika nooit vooruitstrewend of vry sal wees, voordat al die inwoners nie onder ’n Marxistiese bewind staan nie.
In die World Marxist Review (Masherov, P., in Sleeper, R.S., op. cit., p.117) word vryheid in kollektiewe terme opgevat:
“Socialism... rejects the distorted idea of freedom of the individual which bourgeois propaganda usually associated with egoistic and individualistic asperation. The price of such freedom is the alienations of the individual from society, morality from humanism, conscience from reason... Only socialism and communism assent genuine freedom...”
Waarvan die Marxisme-Leninisme die mensdom wil oortuig, is dat ware vryheid slegs onder die diktatuur van die ANC/SAKP-alliansie moontlik is. In werklikheid is die individu se vryheid altyd aan die van die kommunistiese party ondergeskik. Lenin stel dit heel duidelik:
“For Soviet power is nothing but an organisational form of the dictatorship of the proletariat, the dictatorship of the advanced class, which raises to a new democracy and to independent participation in the administration of the state tens upon tens of millions of working and exploited people, who by their own experience learn to regard the disciplined and class-conscious vanguard of the proletariat as their most reliable leader” (Werke, 21, 1960-1965, p.265).
Teen hierdie agtergrond is dit meteens duidelik dat die vryheid en vooruitgang van die burgery slegs sover strek as wat dit deur die kommunistiese party veroorloof word.
Volgens die Marxisme-Leninisme is die demokrasieë in die Westerse wêreld blote bourgeoisie-demokrasieë, met ander woorde nie “ware demokrasieë” nie. Volgens die Marxisme-Leninisme behels die “ware demokrasieë” daardie stelsels waarin die kommunistiese party en die staat die riglyne neerlê, waarvolgens die kommunisme bevorder moet word. In Fundamentals of Marxism-Leninism (Vasely, E., in Sleeper, R.S., op. cit. p.50) word dit soos volg verduidelik:
“...as for socialist democracy, it is not directionless democracy, but directed democracy, i.e. democracy directed by the party and the state in the interest of the further development of socialism and the building of communism”.
Eksplisiet het Lenin (Werke, 28, 1965, p.235) daarop gewys dat “demokrasie” ’n begrip is wat nie ’n eenduidige betekenis het nie, maar meersinning van aard is. Volgens Lenin sal ’n Marxis nooit “demokrasie” in ’n algemene betekenis gebruik nie, maar altyd vra: “for what class?”
In die Marxisme-Leninisme beteken dit dat “bourgeoisie-demokrasieë”, soos enige ander staatsvorm, ’n vorm van klasse-oorheersing is wat vernietig moet word, en deur die diktatuur van die proletariaat vervang moet word.
In Fundamentals of Marxism-Leninism (Sleeper, R.S., op. cit. p.81) word eksplisiet verklaar:
“History confirms that dictatorship and democracy could very well go together. Being a dictatorship in relation to certain classes, the state can at the same time be a democracy in relation to others”.
In sy werk The Law of the Soviet State skryf Vyshinsky (in Sleeper, R.S., op. cit., p. 119):
“...in our state, naturally there is not and can be no place for freedom of speech, press, and so on...”
’n Verborge Agenda?
Tereg het Booyse (op. cit., p.18) gevra dat die ANC na vore moet kom en die wye en vae terme van die Freedom Charter moet opklaar, deur duidelik standpunt in te neem. In die lig van die noue verbintenisse tussen die ANC en die SAKP, die wye en vae terme waarin die inhoud van die Freedom Charter gegiet is en die onwilligheid van hierdie alliansie om sy interpretasie van die Charter duidelik te stel, kan mens slegs tot die gevolgtrekking kom dat daar ’n verborge agenda aan hierdie dokument ten grondslag lê en wat die ANC/SAKP-alliansie vrees, by openbaarmaking daarvan, sy ware revolusionêre Marxistiese kleure sal blootlê.