Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
In die tyd waarin ons nou leef word daar nie meer groot waarde geheg aan die huwelik soos God dit bedoel het nie. Elke keer wanneer iemand so ligtelik skei en met 'n ander trou, pleeg hy/sy egbreuk, 'n Gebod van God wat oortree word. Lees weer Mat 19: Jesus self sê dat elkeen wat van sy vrou skei, behalwe oor owerspel, en met 'n ander vrou trou, pleeg egbreuk.
NIKS IS NUUT NIE... (2)
Dries Bergman
Lees reeks by Niks is nuut nie
DIE SWART GEVAAR
Toe blankes hulle in die binneland vestig, het 'n nuwe gevaar sy kop uitgesteek - die Xhosas. Hierdie oorlogsugtige nasie was wreed en het alles wat hy wou hê, met mag en geweld geneem. Toe hulle die blanke baanbrekers se veestapels begin roof het, het dit noodwendig ‘n teenreaksie ontlok - weereens ‘n geval van rasseverhoudings wat deur diefstal belemmer is.
'n Britse besoeker aan hierdie gebied het die swart gevaar van destyds as volg beskryf:
"'n Inwoner van die Sneeuberge leef nie alleenlik in voortdurend vrees vir eiendomsverlies nie, maar ook vir lewensverlies. Al beweeg hy slegs 500 meter van sy huis af, moet hy altyd sy geweer saamvat.. Hy kan nie ongewapend ploeg, plant of oes nie. Hy kan nie eens waag om sonder 'n geweer in die hand groente in sy eie tuin te oes nie. Om in so 'n gedurige vrees en onsekerheid te leef, moet 'n persoon of sedert sy geboorte daaraan gewoond wees of andersins geen beter manier van lewe ken nie" (Vry vertaal uit John Barrow, 1806, p.203).
In 1779 het die roofsugtige Xhosas deur die Visrivier getrek en die Suurveld, waar ‘n hele aantal blanke gesinne gewoon het, binnegeval. Die meeste blankes moes vir hulle lewe vlug waarna ‘n burgerkommando onder aanvoering van die dapper kommandant Adriaan van Jaarsveld hulle te hulp gesnel het.
Van Jaarsveld het met behulp van 92 boere en 40 opgeleide Hottentotte die invallers die stryd aangesê en oor die grens verdryf.Dit was die eerste keer dat swartes teen swartes ingespan is. Die langdurige vyandskap tussen die Hottentotte en Xhosas is as die gulde geleentheid gesien om dit te waag. Dit was egter 'n gevaarlike eksperiment omdat die Hottentotte ‘n paar jaar later saam met die Xhosas teen die blankes saamgespan het.
In Maart 1789 het die moordlustige Xhosas die Suurveld vir ‘n tweede keer binnegeval en baie vee geroof. Daarbenewens het die barbare ook alles in hul pad vernietig. Van die 120 blanke plase in die gebied is 116 afgebrand.
As gevolg van die Kompanjie se geldelike verknorsing kon hulle geen militêre hulp aan die noodlydendes verleen nie. Goewerneur van de Graaff het egter 'n kommissaris na die gebied gestuur wat die Xhosas, nadat hy hulle met allerlei geskenke omgekoop het, oorreed het om vreedsaam na hul eie grondgebied terug te keer. Dit was egter 'n flater omdat die barbare kort daarna nuwe aanvalle geloods het ten einde nog geskenke te ontvang!
In Mei 1793 het die Xhosas ‘n verdere inval in die Suurveld gemaak en alles in hulle pad tot by Algoabaai verwoes. Dit het die Kaapse owerheid genoodsaak om 'n sterk burgerkommando op die been te bring. In plaas van Adriaan van Jaarsveld, die mees ervare burger, in bevel van die kommando te plaas, het die goewerneur die onbeholpe kommissaris Maynier gestuur. Behalwe dat hy 'n arrogante swakkeling was, het hy niks van militêre aangeleenthede geweet nie.
Maynier was 'n vurige aanhanger van Jean-Jacques Rosseau, vader van die moderne liberalisme, se filosofie van die edel barbaar. Hierdie skadelike filosofie sou rasseverhoudinge nog verder vertroebel. Die Kaapse burgers het Maynier uit die staanspoor gewantrou. Daar was vir hulle net een oplossing vir die probleem - die boosdoeners moes nie met geskenke gepaai word nie, maar met die gewapende optrede uit die Suurveld verdryf word.
Hiervan wou Maynier niks weet nie en tot die ontsteltenis van die wetsgehoorsame burgers 'n ooreenkoms met die boosdoeners aangegaan wat hulle toegelaat het om die gebied tussen die Vis- en Boesmansrivier te behou. Dit was ‘n klap in die gesig van die verontregtes wat beswaard na hul huise teruggekeer het en besluit het om die Kaapse owerheid nooit weer te vertrou nie. Hulle het nie kans gesien om aan 'n owerheid onderdanig te wees wat in gebreke gebly het om sy burgers te beskerm nie.
Die geskiedenis leer ons dat min ooreenkomste wat blankes met swartes aangegaan het eerbiedig is. Jy oorwin nie jou vyand deur met hom te onderhandel nie. Altans nie in Afrika nie. Jy gee hom eerder goed op sy baadjie! Swartes sien onderhandelings in 'n geheel ander lig.. Dis vir hulle ‘n teken van swakheid wat uitgebuit moet word. Daarbenewens het alle onderhandelings vir blankes nog altyd op mag- en gebied prysgawe uitgeloop Daar is geen uitsondering op hierdie reel nie!
Die Xhosas het hulle allermins aan die ooreenkoms met Maynier gesteur en spoedig weer begin roof en plunder. In plaas van die onbevoegde Maynier af te dank, het die goewerneur hom as landdros van Graaff-Reinet aangestel en die soveelste flater began. Die burgers het hierdie vyandige amptenaar verag omdat hy onbeskaamd vir die boosdoeners kant gekies en wetsgehoorsames vir die laaste skermutseling blameer het. Volgens hom het hulle maar net hul verdiende loon gekry omdat hulle die onskuldige barbare glo getart het!
Die ongewilde landdros het hom kort hierna as volg uitgelaat: "Ek is nie net die landdros nie, ek is die koning van Graaff-Reinet. Woeke kon nie doen wat hy wou nie, maar ek sal nie alleen doen wat ek wil nie, maar selfs nog die vleuels van die Patriotte knip, al laat ek dit deur die heidene doen" (Klagskrif geteken Bruynshoogte, Kaapse Argief, VC 68, p.60).
Benewens buitelandse vyande was die Boerevolk van meet af aan met plaaslike vyandige regeringsamptenare in stryd. Regeringsamptenare wat die volksvyand omarm en teen hul eie volksgenote gal braak, is derhalwe niks nuut nie!