Nuutste bydraes

GEDAGTES VIR ELKE DAG

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die Here beproef dié wat aan Hom behoort, nie met ligte beproewings nie en Hy oefen hulle nie sagkens nie, maar Hy dryf hulle dikwels tot die uiterste toe en wanneer hulle daartoe gedryf is, laat Hy hulle soms lank in die slyk bly voordat Hy hulle enige smaak van sy soetheid bied.

DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (29)

Dr Eschel Rhoodie (1984)

Lees reeks by Die ware inligtingskandaal

Die doel met die plasing van hierdie inligting oor die destydse Inligtingskandaal is om die leser perspektief te gee oor hoe Suid-Afrika tot by die haglike verval van 'n swart regering gekom het. Die verraad wat destyds in die kabinet van Vorster, PW Botha, Pik Botha en De Klerk plaasgevind het, nie net teenoor ons Boerevolk nie, maar ook onder en teenoor mekaar in die parlement, getuig van hul veragtelike motiewe en handeling.

KRAKE IN DIE PLAFON (3)

Intussen het dr. Mulder, wat op besoek in Suidwes-Afrika was, aan my opdrag gegee dat totdat hy of ek op kantoor terug is geen amptenaar enige inligting oor die geheime projekte aan die Ouditeur-Generaal mag gee nie. Maar teen daardie tyd het Barrie genoeg inligting gehad. Hy het in my afwesigheid aan Braam Fourie en dr. D.O. Rhoodie gesê dat as Ouditeur- Generaal hy die Minister se opdrag kon verontagsaam aangesien hy enigiets kon oudit wat hy wou.

Dit was die derde leuen wat hy vertel het.

Later, weer eens voor mnr. Vorster, dr. Mulder, generaal Van den Bergh en andere, is dit aan hom uitgewys dat hy in werklikheid geen locus standi gehad het in soverre dit die geheime projekte aangaan nie en dat hy geen reg gehad het om die geheime fondse te oudit nie, ’n feit wat hy later self aan die Gekose Komitee van die Parlement oor Openbare Rekeninge erken het. Weer eens het Vorster met ons saamgestem en aan Barrie gesê om sy ondersoek te staak.

“Die boek is gesluit”, het hy aan Barrie gesê.

Mnr. Vorster het ook aan Barrie opdrag gegee om nie enige geheime uitgawes aan die Gekose Komitee van die Parlement openbaar te maak nie.

Barrie het onderneem om dit nie te doen nie, maar net die volgende dag het hy die komitee van presies sulke besonderhede voorsien. By ’n latere vergadering (in Mei 1978) aan die Eerste Minister se woning in Groote Schuur, waar ek, dr. Mulder, Barrie en generaal van den Bergh teenwoordig was, het die Eerste Minister weer eens aan Barrie gevra om dit nie te doen nie. Laasgenoemde het geantwoord dat hy dit nie sou doen nie tensy die Opposisie-Lede van die Parlement spesifieke vrae oor uitgawes van geheime aard sou vra. Maar hoe kon hulle? Hulle het nie eers geweet dat daar sulke fondse bestaan nie. Toe die Voorsitter, mnr. Hennie van der Walt, die vergadering van die Gekose Komitee so te sê gesluit verklaar het met die vraag of daar enige ander sake vir besprekings, was dit nie lede van die komitee nie, maar Barrie self wat weer verdere besonderhede oor geheime besoeke verskaf het.

Op daardie tydstip kon ek nie sy optrede kleinkry nie, maar nou, met retrospektiewe wysheid en die inligting van baie ander mense tot my beskikking, is dit duidelik dat mnr. Vorster en Barrie inderdaad ’n spel gespeel het. Vorster wou hê dat Barrie die inligting aan die Komitee verskaf en hy was besig om Mulder, myself en generaal Van den Bergh te mislei.

Waarom?

In 1976 was dit alreeds duidelik dat mnr. Vorster stadigaan besig was om onder die druk van ’n lang dienstermyn te swig en dat hy inderdaad nie meer die geestelike krag gehad het om effektief te regeer nie. Maar seifs dit was geensins voldoende om te verklaar waarom hy mnr. Barrie toegelaat het om die oudit-bepalings en die praktiese reelings wat uit hierdie bepalings voortgespruit het te oortree, en waarom hy toegelaat het dat Barrie sy opdragte en besluite as Eerste Minister verontagsaam, sonder om enigiets daaromtrent te doen.

Barrie het in geen stadium die reg van die Eerste Minister, om namens sy Minister van Finansies en sy Minister van Verdediging te praat, bevraagteken
nie. Tog was hulle die enigste twee Ministers wat in terme van die betrokke spesiale rekening die finale, wettige besluit oor die nasien van geheime fondse gehad het. Want, indien Barrie dit moes doen, was die middele beskikbaar. Indien Barrie se optrede ’n bedreiging vir die Staat se sekuriteitsaktiwiteite ingehou het - wat die uitlek van Barrie se spesiale verslag aan die pers inderdaad gedoen het - was ander middele ook beskikbaar.

Vorster het niks gedoen nie, want hy was besig met duistere planne om myself en dr. Mulder uit te skop - ’n maneuver wat uiteindelik op homself geboemerang het.

Dit was duidelik dat The Sunday Express en The Rand Daily Mail as ’n georganiseerde span saamgewerk het. Hulle het selfs amptenare by hul huise lastig geval. By ten minste twee geleenthede het hulle skoktaktiek gebruik en astrant aangevoer dat die Ouditeur-Generaal se kantoor hul bron van inligting was. Van ’n bron, binne die Progressiewe Party, het generaal Van den Bergh verneem dat R250 000 aan die SAAN koerant-groep beskikbaar gestel is om te probeer om die geheime projekte, by uitstek, The Citizen, bloot te lê.

Teen die einde van 1977 het die lekkasies aan die pers ’n stortvloed geword en ’n halfdosyn verslaggewers, Martin Weltz, Mervin Rees, Kitt Katzin, Don Marshall, Neil Hooper en andere, het amptenare in die Departement begin telefoneer om inligting te probeer bekom.

Hulle het Les de Villiers, David Oosthuizen en ander amptenare kom sien. Op my instruksies is bandopnames van al die persnavrae gemaak en formeel aan die Buro vir Staatsveiligheid oorhandig. Een van die verslaggewers, Martin Weltz, het per ongeluk sy sakboekie met telefoonnommers in ’n gang van die Inligting-gebou laat val. Daarin het ons die huis-telefoonnommers van etlike amptenare gevind. Betekenisvol genoeg, het dit die nommers van Roland Hepers, Koos Waldeck en Kock, Gerald Barrie se voormalige persoonlike klerk, wat toe in die administratiewe afdeling van die Departement werksaam was, ingesluit.

Hepers het ’n “ster” getuie voor die Erasmus-Kommissie geword. Waldeck
was die kommissie se paradeperd.

Wat ons verbaas het was dat die pers so geweldig goed ingelig was. Hulle het ons met vrae oor geheime transaksies bestook wat gevaarlik na aan die kol was. Dit was spoedig duidelik dat die Engelstalige pers, veral die The Rand Daily Mail, ’n mol in die binnekringe van die departement gehad het. Dit was nie mense soos Waldeck, Hepers, Kock of van die ander nie omdat hulle min of geen toegang tot vertroulike of geheime korrespondensie geniet het nie. Die inligting wat die pers van Julie 1977 af tot die einde van die jaar ontvang het moes van een of twee persone gekom het wat baie na aan die hoofbestuur van die Departement, of seifs binne die hoofbestuur gestaan het. Nadat ek Rees en Day se boek Muldergate gelees het, kon ek sien dat my suspisies van die tyd heeltemal geregverdig was. Twee mense wat op die hoogste vlak gewerk het sowel as ’n bron binne die kantoor van die Ouditeur-Generaal was besig om Rees en sy kollegas stelselmatig met geheime inligting te voer.

Omdat sommige van ons ouer rekords reeds vemietig was het die Ouditeur-Generaal met behulp van die maatskappy Vacations Unlimited, wat meeste van ons geheime besprekings behartig het, en uit oorblywende dokumentasie van ons eie leggers, ’n stel berekenings in verband met sekere geheime reise opgestel. Dit was die soort van inligting wat geen buitestaander op sy eie kon optel nie, nie uit Vacations Unlimited se rekords nie, slegs wanneer alle leggers bymekaar geplaas is. Enigiemand wat kon dink dat hierdie stelle syfers en berekenings van enige plek behalwe die Ouditeur-Generaal se kantoor gekom het is uiters naïef. Tog is dit in die pers gepubliseer.

Uiteindelik het die fynste besonderhede oor betalings in en uit my persoonlike bankrekening by NedBank en van deposito’s en uitbetalings van die bankrekening van my broer Professor N.J. Rhoodie, ook by NedBank, in detail in die pers verskyn. Dit was eers in 1979 dat ek vemeem het dat ’n sekere Kaptein Kriek namens die Erasmus-Kommissie aangestel is om ons bankrekenings te ondersoek. Maar die eienaardigheid is dat die besonderhede in die pers verskyn het voordat Kriek aangestel was. Die enigste ander persoon of instansie wat die bank kon oorreed om die besonderhede aan hulle bekend te maak was die kantoor van die Ouditeur-Generaal.

Gedurende die tweede helfte van Julie 1977 was my vermoedens dat daar ’n mol in ons midde was nog net ’n vermoede. Ek kon nie dink wie dit was nie en ook nie waarom die geheime inligting aan joemaliste van die SAAN groep gelek word nie.

In Rees en Day se boek word dit bevestig dat die betrokke persoon of persone geheime inligting oor ’n wye spektrum van ons program uitgelek het, maar geen dokumentasie nie. Dit moes vir die betrokke persone duidelik gewees het dat indien die koerante van hierdie dokumentasie sou publiseer, ons baie gou kon vasgestel het wie daarvoor verantwoordelik was. Die dokumente wat aan Kitt Katzin van The Sunday Express oorhandig was, is eers heelwat later, in Mei 1978, aan hom besorg. Toe die persnavrae begin instroom, het Les de Villiers, Hoof van die Replanningsafdeling wat met die geheime projekte gehandel het, wyslik besluit dat dit tyd was om pad te gee.

De Villiers het persoonlikheidsverskille en gebrek aan sinvolle koöperasie
met dr. D.O. Rhoodie aangevoer as verskoning om te bedank om ’n pos by Sydney Baron Inc., in New York te aanvaar.

Ek het hierdie verskoning vreemd gevind, want hulle afdelings in die departement was twee totaal verskillende eenhede. Die enigste keer dat daar noue samewerking en moontlike meningsverskille in die gedrang kon kom was gedurende my afwesigheid wanneer dr. D.O. Rhoodie as tweede-in-bevel en, in terme van die Minister se persoonlike opdrag, ook as hoof van De Villiers se spesiale afdeling opgetree het.

Ek het De Villiers in 1961 in Johannesburg ontmoet toe ek van Washingtonaf gekom het om ’n advertensie-bylaag oor Suid-Afrika vir The New York Times te skryf. De Villiers was toe in Johannesburg werksaam. Ons het onmiddellik vriende en later baie intieme, inderdaad boesemvriende geword. Daar was min geheime wat ons nie gedeel het nie en ons vrouens was ook baie na aan mekaar. (De Villiers het van sy vrou (Patsy) geskei nadat ek die Departement verlaat het, terwyl sy op haar beurt, met advokaat Retief van Rooyen en sy gesin begin omgaan het. ’n Vreemde keuse gesien Van Rooyen se sleutelrol in die vemietiging van die Departement.) De Villiers het kort voor sy vertrek ook aan my gesê dat hy voel dat ek vertroue in hom verloor het. Dit was onwaar en ek het hom ook so meegedeel. Die teleurstelling het eers jare daarna gekom.

Kort nadat De Villiers weg is, het Charles More, my sekuriteitsbeampte, aan my gese dat De Villiers vir Waldeck gewaarsku het dat die Buro sy telefoongesprekke gaan afluister. Ek kon beswaarlik my eie ore glo, maar Charles More se integriteit en sy bronne was onberispelik.

Les de Villiers en ek het altyd noue kontak behou en het dikwels bricwc gewissel. Na sy vertrek het hy sy korrespondensie tot die minimum beperk. Nadat ek die Departement verlaat het, het hy eenvoudig alle kommunikasie gestaak. Benewens ander mense, moes my vrou hom ’n halfdosyn kere telefoneer om hom te oorreed om aan ons ’n baie eenvoudige beëdigde verklaring te verskaf oor die ontmoeting met mnr. Vorster in Kaapstad in Februarie 1974. Ek het ’n sterk gevoel ontwikkel dat De Villiers so vinnig moontlik van my probeer wegkom en dat daar iets baie emstig verkeerd was.

Nietemin, toe die regering die getuienis wat in die geheim voor die Erasmus-Kommissie afgele is gepubliseer het, was ek geskok en bedroef by die lees van De Villiers se getuienis. Ek het gevoel dat my intieme vriend my verraai het Alhoewel hy hoof van die geheime afdeling was, het hy probeer om al die verantwoordelikheid op my en my broer af te skuif. Daar was nie eens ’n teken dat hy enige blaam gaan dra nie en toe dit by die stawing van Louis Luyt en John Mc GofF se getuienis oor sekere finansiële transaksies kom, het hy hom openlik aan die kant van die (skatryk) oorlewendes geskaar alhoewel hy vroeër aan dr. Mulder, myself en Braam Fourie ’n gans ander storie vertel het.

Wat my egter verbyster het, was toe mnr. Vorster voor die Erasmus-Kommissie bevestig het dat De Villiers hom deur Retief van Rooyen genader het oor wat hom te doen staan aangaande sy posisie by Inligting. Vorster se advies was om pad te gee. En dit is presies wat De Villiers gedoen het. Hy was blykbaar ten volle ingelig oor die probleme wat die Departement in die gesig gestaar het, want Retief van Rooyen was in noue voeling met Vorster en Loot Reynders. De Villiers het dus presies geweet hoe sleg dinge was. In stede daarvan om aan sy beste vriend te vertel hoe sake staan, het hy verkics om stilletjies die gelde wat Barrie en Waldeck as onreëlmatige eise van sy kant beskou, terug te betaal en te verkas. Hy het die rol van Meneer Onskuldigverkies, ’n rol wat hy ook voor die Erasmus-Kommissie probeer speel het, maar waarin hy nie heeltemal geslaag het nie - min wetende dat die “geheime" getuienis later openbaar gemaak sou word.

Generaal Van den Bergh het ’n desperate poging aangewend om alle betrokke party rondom een tafel met die Eerste Minister te kry sodat die saak
uitgespook kon word, maar dit was tevergeefs. Teen die einde 1977 het ek Barrie in Pretoria gaan sien. Ek was vergesel van Loot Reynders wat toe pas deur mnr. Vorster aangestel is om as interne ouditeur vir die Departement se geheime uitgawes op te tree. Ek het trompop aan Barrie gesê dat as gevolg van die manier waarop hy sy oudit uitgevoer het en die onverantwoordelike hantering van korrespondensie, inligting aan die pers uitgelek word wat
uitsluitlik van die Ouditeur-Generaal se kantoor afkomstig is. Barrie het probeer om die skuld op die Buro vir Staatsveiligheid te pak, wat, soos hy beweer het, ook toegang gehad het, maar Reynders het hom daarop gewys dat die tabulering van bedrae, die werklike feite, alleenlik van die Ouditeur- Generaal se kantoor kon kom aangesien die dokumente oor daardie spesifieke saak vemietig was. (Dit was meer as drie jaar oud en derhalwe nie langer benodig nie)

Barrie het dit probeer doodpraat. Hy het na sy brandkluis gewys en gesê dat hy, en hy alleen, toegang tot daardie kluis het en dat hy persoonlik al die
dokumente daar weggesluit het. “Indien enigiets in die hande van die pers sou beland”, het hy gesê, “dan kan dit slegs uit daardie kluis kom en hoe kan dit gebeur? Sou ek dit aan hulle gee?”

Generaal Van den Bergh se pogings om die partye bymekaar te kry het ook niks gehelp nie. Teen dié tyd het Barrie gereeld mnr. Vorster besoek en elke keer nuwe besonderhede van sogenaamde onreëlmatige uitgawes in sy skool laat val. Hy was lankal verby die stadium waar hy slegs met reis- en verblyftoelaes van amptenare gewerk het, alhoewel hy aangehou het om dr. Mulder te verseker dat dit al is wat hy ondersoek. Barrie het my nooit om enige verduidelikings aangaande die projekte gevra nie. Geen wonder dus dat die lekkasies aan die pers sulke onbekookte inligting bevat het nie. Hulle was bedoel om die pers in die harnas te jaag.

Uiteindelik kon generaal Van den Bergh dit nie meer verduur nie. Hy het na
mnr. Vorster gegaan en my saamgeneem. In die Eerste Minister se kantoor in
Pretoria het hy weer eens gevra dat ons almal rondom een tafel bymekaar moes kom.

“Laat Gerald al die projekte wat horn pla op die tafel lê”, het hy gesê.“Roep
dr. Mulder, Denys en die ander betrokkenes in en laat ons hierdie saak vir eens en vir altyd uitspook. In elk geval,” het hy bygevoeg, “dit is ongesond dat die Eerste Minister die finansies van ’n Departement met ander mense bespreek, sonder dat die verantwoordelike Minister volledig ingelig of teenwoordig is”. Mnr. Vorster het begin water trap en toe het Van den Bergh sy staal getoon.
“Mnr. die Eerste Minister, hoeveel is hierdie ding vir u en vir Suid-Afrika werd?
Veronderstel ons vermis R5 000 of kan nie van R50 000 of R5 miljoen verantwoording doen nie. Wat is u goeie naam werd? Wat is u
Regering werd? Wat is Suid-Afrika werd? Is dit R5 miljoen of R50 miljoen? Ek sê dit is R5 biljoen. U moet eenvoudig almal om die tafel kry. Almal. Barrie, Eschel, Connie, Denys, almal. Laat ons die deure sluit en hierdie ding uitmaak. Ek waarsku u. Indien u hierdie ding nie in toom hou nie, gaan dit u vernietig".

Dit was ’n bewys van die generaal se begrip vir die gevare wat ons in die gesig gestaar het, want vir die eerste keer in sy lewe waar hy en ek saam voor die Eerste Minister was het hy mnr. Vorster op sy voomaam genoem.

Mnr. Vorster het onderneem om so ’n vergadering te oorweeg, maar wat my betref het ek lankal reeds geraai dat daar iets ernstig verkeerd was. Dat John Vorster nie meer sterk kon optree nie.Dat hy nie wou optree nie. Ek het geweet dat so ’n vergadering nie sou plaasvind nie, en by my terugkeer van die Eerste Minister se kantoor het ek dr. Mulder oor die afloop van ons gesprek met mnr. Vorster ingelig. Dr. Mulder was baie verbaas dat die generaal so uitgesproke was.

Die algemene verkiesing van 1977 het gekom en gegaan en nog steeds het Vorster versuim om al die partye bymekaar te kry. Gerald Barrie het voortgegaan om alleen aan Vorster te rapporteer. Ook Loot Reynders, alhoewel hy eintlik aan generaal Van den Bergh moes verslag doen. Eers heelwat later in 1977 het Vorster uiteindelik dr. Connie Mulder ingelig dat hy ’n voorlopige mondelinge verslag van Gerald Barrie ontvang het. Vir die eerste keer het hy Mulder met punte gekonfronteer wat Barrie opgehaal het. Dr. Mulder kon onmiddellik baie van die vrae beantwoord wat Vorster aan horn gestel het maar het ook aanbeveel, net soos generaal Van den Bergh, dat Barrie en ek na die Eerste Minister se kantoor uitgenooi word sodat die saak uitgepluis kon word.

Weer eens het Vorster ondemeem om dit te doen.

Weer eens het niks gebeur nie.

Ek het begin om die nare waarheid te besef. Vorster wou my nie die geleentheid gee om Barrie te konfronteer nie. Vir die eerste keer het ek begin wonder of dit eties was dat Barrie, ’n amptenaar van die Parlement wat nie aan enige Minister verantwoording moes doen nie, op hierdie wyse kon optree. Hy moes geweet het dat hy teenstrydig met die bepalings van ’n Wet van die Parlement opgetree het. Vir die eerste keer het ek begin vermoed dat Barrie aan iemand se leiband vas was, en dit was nie die band van die twee Ministers wat kragtens die wet ’n rol moes speel nie nl. die Minister van Finansies en die Minister van Verdediging, en dit was ook nie die Parlement nie.

Vroeg in 1978 het die Parlement se Gekose Komitee oor Openbare Rekeninge my verduideliking aangehoor in verband met sekere uitgawes onder die ope-rekening van die Departement van Inligting en wat die Ouditeur-Generaal beweer het ongemagtigd was. Die vergaderings het naderhand oor maande gestrek. ’n Totale bedrag van R395 560 was hierby betrokke.

In sy verslag aan die Parlement het die Ouditeur-Generaal geskryf dat progressiewe betalings, teenstrydig met die voorwaardes van die kontrakte en sonder die goedkeuring van die Tesourie ten opsigte van een publikasie gedurende 1974-1975 gemaak is en wat R270 000 beloop het. Die res van die bedrag was ten opsigte van vier ander publikasies en ’n rolprent. “Die uitgawes, soos hierbo uiteengesit”, het hy geskryf, “dui daarop dat die Departement nie die voorgeskrewe instruksies van die Tesourie nagekom het
nie”.

Wat interessant was omtrent hierdie vergadering, was die massiewe publisiteit wat dit in die opposisiepers ontvang het en toe die verslag van die Gekose Komitee uiteindelik goedgekeur is, het lede van die regering na ’n moontlike sameswering tussen die Opposisie en die pers verwys. Barrie se naam is nie genoem nie.

Twee dinge was egter vir my van kardinale belang.

Eerstens het die Gekose Komitee bevind dat sekere regulasies nie nagekom is nie en dat daar ’n gebrek aan koördinasie in die administrasie van die Departement was. Hoe dit ookal sy, toe die Voorsitter, mnr. H. van der Walt, op Vrydag, 21 April 1978 in die Parlement gepraat het, het hy gesê: “Die Komitee het bevind dat die Staat nie enige verlies gely het nie. Om die waarheid te sê, die Gekose Komitee het bevind dat die Staat geen verliese gely het nie. Dit is waarom die Gekose Komitee in staat is om met ’n skoon gewete by die Parlement aan te beveel dat die betrokke ongemagtigde uitgawes, gemagtig word. Dit is die kern van die saak.”

Die Parlement het die uitgawes dieselfde dag gemagtig.

Die tweede punt was die rol van die Ouditeur-Generaal, soos dit tydens die vergadering van die Gekose Komitee na vore gekom het. Hy het aan die Komitee gesê dat hy aan geen Minister verantwoordelik is nie. Slegs aan die Parlement. Nogtans, teen daardie tyd het ek reeds geweet dat Barrie sedert Mei 1977 gereeld en in die geheim die Eerste Minister ontmoet het - byna ’n Jaar voordat hy die Parlement in sy vertroue geneem het. Inderwaarheid, in Februarie 1978 het hy by twee geleenthede met die Eerste Minister, dr. Mulder, myself en generaal Van den Bergh in die Eerste Minister se Kabinetskamer in die H.F. Verwoerd-gebou ontmoet, reg oorkant die straat van die Parlementsgebou, om die verwikkelinge in die Gekose Komitee te bespreek. Vorster het ’n riotule van die vergadering gehou. Ek ook. Barrie het toe vir die eerste keer openlik erken dat hy agter my rug met Waldeck Samesprekings gehad het en dat Waldeck sy informant oor baie sake was.

Dit is ook belangrik dat van April 1963 af tot Januarie 1977, ’n totaal van byna 14 jaar, daar nooit ’n enkele oudit-navraag van die Ouditeur-Generaal se kantoor aan Inligting geaddresseer was nie. Nou skielik, net ses maande voor sy aftrede was hierdie diepgaande analise deur my voorganger aan die Parlement voorgelê.

Die tydsberekinging was geen toeval nie.

Dit was toe reeds moeilik om aan die indruk te ontsnap dat die Ouditeur-Generaal op Inligting vir ’n spesiale rede toegesak het.

Dat hy opdrag ontvang het om dit te doen.

Die Ouditeur-Generaal, mnr. Barrie, was kwalik in die posisie om self 'n vlnger na my te wys. Sy hande was nie skoon nie.

Ek het die Gekose Komitee vertel van die manuskrip, The Case for South West Africa, wat ek opgestel en gedeeltelik in Den Haag in 1969 geskryf het kort na die Wêreld-Hof se uitspraak oor die tweede S.W.A.-saak. Toestemming vir die publikasie van die boek wat meer as R30 000 gekos het, is telefonies

Met verwysing na d ie feitdat die Minister van Inligting, dr. Mulder, nie skriftelike toestemming vir elke afsonderlike buitelandse besoek gegee het nie, het die Ouditeur-Generaal gesê dat dit vir horn geheel en al onaanvaarbaar is. Weer eens het ek die indruk gekry dat Barrie nie ’n oudit geloods het nie, maar ’n heksejag. In die regulasies van die Staatsdiens Kommissie verskyn die woorde “skriftelike toestemming” nêrens nie.

Vervolg...

U soek na?

  • HOU VAKANSIE IN MOSSELBAAI !

    Baie netjiese vakansie-akkommodasie in Fraai Uitsig, Kleinbrakrivier, Mosselbaai Munisipaliteit. Twee kilometer vanaf Kleinbrak en Tergniet se swemstrande en ongeveer 10 kilometer vanaf Hartenbosch. Pick n Pay binne loopafstand.
    Kliek hier vir volledige inligting en foto's: OPSOEK NA BEHUISING VIR VAKANSIE?
     
    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________
     
    SKAARS BOEKE TE KOOP
    C J LANGENHOVEN 16 VOLUMES
    FAK-SANGBUNDEL 1 VOLUME
    Hierdie 16 volume Langenhoven-stel is 'n goedopgepaste kosbare versamelstuk. Dit beslaan die volledige inhoud van Langenhoven se bundels soos Sonde met die Bure; Loeloeraai; Herrie op die ou Tremspoor; Doppers en Filistyne; en al die kosbare stories uit die pen van Langenhoven.
    Die FAK-sangbundel is ook in goeie toestand en kan saam of apart van die Langenhovenstel gekoop word.
    Eienaar moet na 'n kleiner woonplek verhuis en vra 'n redelike aanbod vir sy boeke.
    Die aanbevole waardasieprys vir die Langenhovenstel is R1600.00; en vir die FAK R100.00
    Koerierkoste sal bykomend wees.
    Kontak

    Chris Carstens

    Sel no 082 954 3383

    Epos adres

    chris.carstens

    @vodamail.co.za

    ___________
    DIGBUNDELS:
      'n Versameling van 4 elektroniese bundels - 226 gedigte @R350.00:  
    Vir alle navrae  skryf aan 
    Amanda
    @waterstrome.co.za
    Uittreksel uit:
    'n Nasie in Pyn:
    ...Saam sal die hele wêreld vir hulle bid.
    Saam sal ons met pyn in ons harte sit.
    Mag hulle berus in u wil
    Mag hulle voor U verstil.
    _________
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het  in gedrukte vorm verskyn. 
    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
    DIE
    VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
    Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

     

    U kan hierdie boek bestel by
    ds AE van den Berg
    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com
    Prys: R50-00

     
  • BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    ('n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 'n Nuwe Trek (Exclusive Books) Prys: ZAR180

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is by http://tinyurl.com/lx9vrs8

    ... en loot.co.za dit verkoop teen R169 http://tinyurl.com/l26h6jl

    ... kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD


    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    JULIE 2013

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. 

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2 NOU BESKIKBAAR

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
    of skakel hom by
    074 967 5187


    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  • Kliek op DIE CHARISMATIESE GEVAAR om meer oor hierdie boek te wete te kom Lees verder...  
  • FILM OOR DR HF VERWOERD

    Kyk by hierdie skakel http://youtu.be/TcO3zPF8998

      na die kort film oor dr HF Verwoerd.   
    Dit kan ook direk bestel word by Riaan: +27823712682 of by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
     

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

 

'N BIETJIE LANGENHOVEN:

Ek sê nie al die suur mense is Fariseërs nie, maar naastenby al die Fariseërs is suur. In alle geval, solank hulle onthou om Fariseërs te wees. Want dis ook 'n inspanning.
Verbeel jou 'n wêreld sonder 'n skaterlag, sonder eens 'n glimlag. 'n Hemel op aarde, sal die Fariseër sê. Uit so 'n hemel sou ek wou wegloop hel toe.

Die man wat ek na soek, is nie dié wat die minste foute maak nie, maar dié wat die meeste foute régmaak.

Slaap laat solank as jy jou eie baas is en daar sal 'n tyd kom wanneer 'n 'n baas jou sal laat vroeg opstaan.

Ontydige vlyt is die merk van die luiaard. Dis sy verskoning vir ontydige rus.

Ons reken ons geluk vir ons loon en ons straf vir ons ongeluk.

Welvaart is die  dogter van matigheid en die moeder van weelde.

My swaarste pad trap ek self vir my plat, en die swaarste is die wat my voete nooit vat.

Daar is geen kuns by sukkel en geen sukkel by kuns.

Die boer wat nie saai nie sal nie misoeste kry nie, maar hy sal geen goeie ook kry nie.

Het die daeraad lief en die dag sal jóu liefhê.

'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie.

Dis die flukse perd wat flou word. Meer moeite as wat die vlytige het vir sy loon, het die luiaard verniet.

Op die ou end werk die vlytige man vir homself, die luiaard vir 'n ander.

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Kla net oor jou kooi as dit 'n ander is wat dit vir jou opgemaak het.

Hoe korter jy jou kuier maak, hoe gouer sal jy weer genooi word.

Om my naaste lief te hê is vir my 'n sware gebod. Met die mense daargunter kry ek dit nog op 'n manier reg.

Jy sê "ja" waar jy moes "nee" gesêhet omdat jy die ander nie wil aanstoot gee nie. Maar eken hoe het hy jou aanstoot gegee met sy versoek!

Aan 'n nuwe wa kan jy sien of dit 'n goeie skilder was; aan 'n oue of dit goeie wamaker was.

Trek liewer vir jou vriend jou broek uit as om vir hom vir 'n baadjie borg te staan. Anders loop julle naderhand albei nakend.

Die vriendskap wat jy moet koop is 'n duur artikel. Jy sal nie weer jou prys kry as jy dit van die hand wil sit nie.

Moenie vriendskap en besigheid meng nie – jy bederf albei.

'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie.

Maak jou vriendelikheid goedkoop en hou jou vriendskap duur.

Moenie jou vriend vergeet nie; dit sal hom seermaak. Maak jou vyand daarmee seer.

'n Skare is 'n versameling van eensames.

Stuur die luiaard na die miere, en as hy nie te lui is om te gaan nie sal hy te lui wees om weer terug te kom.

Dis net so moeilik om maklikheid in die ou wêreld te kry as wat dit maklik is om moeilikheid te kry.

Waardeer die werk van jou vrou. Jy kan nie op die aarde 'n ander kneg kry vir dieselfde diens en dieselfde prys nie.

Met spaarsaamheid sal jy uit die kleinste inkomste iets oorhou; met verkwistery sal die grootste vir jou te min wees.

Besorg jou eie boodskap en reken die moeite teen dit wat die misverstand jou sou gekos het.

Het die ryk man nodig om so suinig te wees? Maar hy is nie 'n ryk man wat suinig geword het nie; hy is 'n suinige man wat ryk geword het.

Help jou swakke mededinger op die bene bly.  As hy tot niet gaan, kom daar dalk 'n sterke in sy plek.

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES (7)

(Lees die reeks by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

  • Die adderbyt van naberou is verskriklik (Naberou is ontstellend.)
  • Hy het hom in 'n addergebroedesel begewe (Hy was tussen 'n groep nydige, aanvallende mense.)
  • Sy het hom adieu toegeroep (Sy het vaarwel gesê.)
  • 'n Adres van adhesie is 'n geskrif waarin instemming betuig word met 'n versoek.
  • Jy is nou by die verkeerde adres (Jy soek die oorsaak van die kwaad by die verkeerde persoon.)
  • Dit was advokatery (Dit was regskundige uitoorlêery.)
  • Hy sal die werk weer afbroddel. (Hy sal knoeiwerk of slordige werk verrig.)
  • Sy wil elke takie afbrom (Sy kla die hele tyd terwyl sy werk.)
  • Jy kan nou maar afdans (Jy kan nou maar skoert.)
  • Moet hom nie op sy verdienste afdwing nie (Moet hom nie verkleineer nie.)
  • Die ou werkie draf ek gou af (Ek sal dit sommer gou afhandel.)
  • Hulle wil die rusie afdrink (Hulle wil vrede maak.)
  • Sy het soms baie affêrinkies (Sy is dikwels vol nukke en nonsens.)
  • Hy sal wel weer geld van haar affutsel (Hy sal dit op 'n oneerlike manier van haar kry.)
  • Daar kan niks van afgaan nie (Dit kan nie ontken word nie.)
  • Hy sal 'n afgehekste loesing kry ('n deeglike pak slae.)
  • Sy is 'n afgelekte meisie (Sy het al baie kêrels gehad.)
  • Jy lyk so afgesak (Jy lyk baie moeg.)
  • Hy het afgetop gelyk (Hy het verleë gelyk.)
  • As jy iets van hom wil hê sal jy dit moet afgoël (Hy is so suinig!)
  • So 'n afhaler is onnodig ('n Onnodige belediging.)
  • As dit afhang moet ons dit maar opbind (Skertsend wanneer iemand gedurig begin met "Dit hang af..."
  • Na elke partytjie is hy babalaas ( dan ly hy aan die gevolge van te veel alkohol).
  • Daar was 'n Babelse gegons van stemme (Almal het gelyktydig gepraat).
  • Dit was 'n Babelse verwarring (Dit was baie deurmekaar).
  • Hy sal weer mooi broodjies kom bak (Hy sal kom vlei en mooipraat om sy doel te bereik),
  • Hulle eet nie uit een bak nie (Hulle is nie vriende nie).
  • Sy het hom 'n bak gewys (Sy het hom onvriendelik tereggewys).
  • Gou by die bak maar lui by die vak (Hy is eerste daar waar iets te ete is maar traag as hy moet werk).
  • Hy maak sy hande bak (Hy kom bedel iets).
  • Ons moes bak staan (Ons moes hard werk).
  • Dit was sommer 'n bakerpraatjie (Dit was 'n skinderstorie).
  • Jerusalem is die bakermat van die Christelike Kerk ( Dis waar dit begin het. 'n Bakermat was 'n mandjie waarin die baker – die vrou wat 'n pasgebore baba versorg het – die kindjie op haar skoot voor die vuur versorg het).

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1925 gaste aanlyn