Nuutste bydraes

Sluit aan by die Waarheidstryders ! GEDAGTES VIR ELKE DAG

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

...die HERE het 'n regsaak met die inwoners van die land, omdat daar geen trou en geen liefde en geen kennis van God in die land is nie.
Hulle sweer en lieg en moor en steel en pleeg owerspel; hulle breek in, sodat bloedbad aan bloedbad raak.
Daarom treur die land, en alles wat daarop woon kwyn weg; die wilde diere van die veld en die voëls van die hemel, ja, ook die visse van die see kom om – Hoséa 4.

DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (30)

Dr Eschel Rhoodie (1984)

Lees reeks by Die ware inligtingskandaal

Die doel met die plasing van hierdie inligting oor die destydse Inligtingskandaal is om die leser perspektief te gee oor hoe Suid-Afrika tot by die haglike verval van 'n swart regering gekom het. Die verraad wat destyds in die kabinet van Vorster, PW Botha, Pik Botha en De Klerk plaasgevind het, nie net teenoor ons Boerevolk nie, maar ook onder en teenoor mekaar in die parlement, getuig van hul veragtelike motiewe en handeling.

KRAKE IN DIE PLAFON (4)

Tydens die ontmoeting met die Eerste Minister in Februarie 1978, het dr. Connie Mulder aan Barrie gese dat hy mondelings elke besoek goedgekeur het voordat dit onderneem is.

“Die essensie van die regulasies is sekerlik nagekom?”

“Nee”, het Barrie geantwoord, “dit moes skriftelik gewees het”.

“Wel”, het Connie Mulder gesê, “indien u nie bereid is om my mondelinge versekering voor die Eerste Minister te aanvaar nie, dan is ek bereid om elkeen opnuut skriftelik te bevestig”.

“O nee”, het dit van Barrie gekom, “’n skriftelike bevestiging in hierdie stadium sal nie aanvaarbaar wees nie, want die regulasies sê dat jy die toestemming skriftelik moes gegee het, voor die besoek”.

Laat ons bietjie kyk hoe daar met Barrie se eie buitelandse besoeke te werk gegaan is.

Op 2 Julie 1969, is die Tesourie in kennis gestel dat die Minister van Inligting, met die toestemming van die Eerste Minister, goedkeuring verleen het aan Barrie se besoek aan departementele kantore, Suid -Afrikaanse Sendings en SATOER-kantore in die buiteland. Die besoek sou van 21 Julie af tot 24 September 1969 duur en kantore by die volgende sentrums sou besoek word: Lissabon, Rome, Milaan, Geneve, Bern, Weenen, Munich, Frankfurt, Keulen, Hamburg, Helsinki, Kopenhagen, Stockholm, Den Haag, Brussels, Parys en Londen.

Barrie self het nie eens die brief onderteken nie (dit was geteken, J.A. Roux) en die Minister se skriftelike goedkeuring vir Barrie se besoek is nooit aan die Tesourie voorsien nie.

Op 10 April 1970 is dieselfde prosedure gevolg. Hierdie keer is die brief aan die Tesourie deur Waldeck onderteken en weer eens is die Minister se skriftelike toestemming nie voorsien nie. Die brief het eenvoudig vermeld dat die Minister van Inligting aan die Sekretaris “opdrag” gegee het om die Minister op ’n amptelike buitelandse besoek te vergesel. Die besoek sou van 2 Mei 1970 af tot 1 Julie 1970 duur en die volgende sentrums sou besoek word:
Rio de Janeiro, Brasilie, Sao Paolo, Buenos Aires, Montevideo, Lima, Miami, New Orleans, Los Angeles, San Fransisco, Chicago, Toronto, Quebec, Ottawa, Washington, New York, Londen, Parys, Den Haag, Amsterdam, Hamburg, Keulen, Diisseldorf, Zurich, Geneve, Madrid en Lissabon.

Barrie se voorgestelde program wat meer na ’n Cook’s-toer as enigiets anders gelyk het, was sonder skriftelike Ministeriële toestemming. Op die skedules wat aan die Tesourie voorsien is, was ’n totaal van 44 stede, waarvan daar in net 19 kantore van die Departement van Inligting was. Ware stralejakkery - gemeet aan enige standaard!! Die Latynse stede is darem uiteindelik weggelaat.

Dieselfde Ouditeur-Generaal het op besoek in Parys aan die Inligtingsraad by die Ambassade gevra om aan horn ’n ampsmotor te voorsien sodat hy en sy vrou na die Franse platteland kon reis om ’n uitstalling van skilderye by Chantilly te besoek.

Skaamtelose misbruik van amptelike fasiliteite vir persoonlike redes!

Dit was nie alleen ’n kwessie van “mense in glashuise moenie met klippe gooi nie”, maar ook die tydsberekenings van die Ouditeur-Generaal se ondersoek in die sake van my Departement, net voordat hy sou aftree, en die selektiwiteit van die areas van die oudit wat my as veelseggend getref het.

Dit was eers baie later toe ek twee en twee bymekaar begin tel het, dat ek redelik goed kon vasstel wat die politieke spel was wat gespeel is.

Die Ouditeur-Generaal se optrede tydens die Gekose Komitee se oorweging van sy tweede verslag vir 1978 was selfs meer merkwaardig.

Beide verslae is gedurende April en Mei deur die Gekose Komitee van die Parlement gehanteer. In hierdie tyd het Barrie tweekeer die instruksies van die Eerste Minister om nie uitgawes van ’n geheime aard aan die Gekose Komitee te openbaar nie, verontagsaam. Barrie se optrede was geheel en al onwettig, want nog die Parlement nog die Gekose Komitee self kon die uitgawes bespreek wat uit Verdediging se Spesiale Rekening gespruit het. Dit was en bly die Wet.

Die Ouditeur-Generaal het toe die lede van die Komitee mislei deur die standpunt in te neem dat oorsese besoeke, selfs al word dit in verband met ’n geheime projek onderneem, nie geheim is nie. Ek het gewonder deur watter verdraaide redenasie hy hierdie eiematige beslissing bereik het. Indien ek na ’n Afrika-staat op ’n geheime sending sou reis en op die voorgeskrewe reis- en verblyfskoste-vorms, wat deur ’n halfdosyn junior klerke hanteer word, moes onthul waar ek gaan, wat ek gaan doen en hoeveel tyd en geld ek daar gaan spandeer het (soos die vorms vereis) sou dit nie vir 24 uur geheim bly nie. Nie wanneer die Suid-Afrikaanse pers groot finansiële vergoedings vir nuuswenke aanbied nie. Ondervinding is die beste leermeester. Terwyl ons ons eie metodes aangewend het, het geen geheime aan die pers uitgelek nie. Die oomblik wat ’n sogenaamde “indringende ondersoek” deur die Ouditeur-Generaal persoonlik begin is, het besonderhede aan die pers begin uitlek.
Hoeveel makliker sou dit nie gebeur het nie, indien die inligting openlik deur junior, minder ervare klerke gehanteer was? Dat die lede van die Gekose Komitee nie hierdie punt kon insien nie, bly ’n raaisel. Ek kon nooit ’n intelligente antwoord kry op my vraag oor hoe ’n mens te werk moes gaan om ’n militêre-offisier met ’n hoe rang na Suid-Afrika te bring vanuit ’n staat met wie ons geen verhoudinge gehad het nie, sonder dat die hele ding uitlek? Dit is betekenisvol dat die fondse wat ek moes spandeer om die militêre generaals en hul vrouens van Suid-Amerika af na Suid-Afrika te bring, waar generaal Malan en mnr. P.W. Botha oorgeneem het, nooit deur die Ouditeur-Generaal bevraagteken is nie, nie eens die dames se haarkapsels waarvoor ons moes betaal nie!! En wat van my reise in Wes-Afrika? Hoekom is dit nie opgehaal nie?

Gerald Barrie het ’n baie eienaardige standpunt ten opsigte van toere wat deur geheime fondse gefinansier is en die toere op sigself ingeneem. Hy het die bepalings van die Wet verontagsaam wat die gebruik van die geheime fondse reguleer, die gesag van die Minister van Finansies wederregtelik oorgeneem en sy eie besluite geneem oor hoe die geheime fondse gebruik mag word en waar sy eie magte begin en eindig.

Tog het Vorster en Horwood nooit ingegryp nie.

Inligting se geheime fondse het oorspronklik deel van die veiligheidsdiens se spesiale rekening uitgemaak. Ek haal aan uit die gedeelte van die betrokke:
Wet (Nr. 81 van 1969) wat oor die uitgawe van hierdie fondse handel:

“2. Betalings uit die rekening. - Die gelde in die rekening sal aangewend word vir sodanige dienste van ’n vertroulike aard en sodanige kostes verbonde aan die Buro vir Staatsveiligheid soos die Eerste Minister van tyd tot tyd mag goedkeur, as synde in die nasionale belang en sal uitbetaal word volgens die aanwysing van die Eerste Minister”.

Selfs ’n kind kan hierdie bepaling verstaan. ’n Besoek wat verband hou met ’n geheime projek, kon seer sekerlik uit hierdie rekening gefinansier word. Die Eerste Minister het onbelemmerde en onbegrensde beheer in terme van hierdie bepaling gehad. Die Tesourie het skriftelik ingestem dat die uitgawe uit hierdie rekening geheel en al ’n saak vir die Eerste Minister se oordeel was. Maar Barrie het eenvoudig al hierdie bepalings verontagsaam en eiemagtig sekere wettige geheime fondse as ope fondse verklaar.

"Ek kan nie die geheime fondse ondersoek nie”, het hy aan die Gekose Komitee gesê, "maar ek het sekere gedeeltes van die geheime fondse (dié aangaande reis- en verblyfkoste) as ope fondse verklaar (sic) en derhalwe oop vir my ondersoek”.

Hy het geen wetlike reg gehad om so iets te doen nie, nogtans het Vorster en Horwood hom daarmee laat wegkom. Met voorbedagterade.

Paragraaf 4 van die Wet stel dit duidelik dat die “omvang” van die Ouditeur-Generaal se ondersoek in die geheime fondse “bepaal sou word deur die Minister van Finansies, in oorleg met die Eerste Minister na oorlegpleging met die Kontroleur en Ouditeur-Generaal, met inagneming van die spesiale aard van die rekening en die Kontroleur en Ouditeur-Generaal sal enige uitgawes van die rekening aanvaar”.

Tydens ons ontmoeting met mnr. Vorster in 1978 het ek Gerald Barrie uitgedaag om Horwood of Vorster se magtiging aan my te toon. Hy het geantwoord dat hy mondelinge magtiging gehad het, waarop beide dr. Mulder en ek uitgebars het van die lag. Mnr. Vorster het na sy pen gestaar asof hy nog nooit in sy lewe so-iets gesien het nie.         

Die feit dat mnr. Vorster niks gedoen het om sy eie beslissing deur die Wet af te dwing nie, het Barrie se eie-magtige optrede gesterk en my suspisies oor die bona jides van Barrie en sy oudit aangewakker. Om die waarheid te se, Vorster se gebrek aan aksie onderstreep ook my stelling dat Barrie in die geheim met Vorster se goedkeuring opgetree het.

’n Klassieke voorbeeld van Barrie se bona Jides was sy evaluasie van ’n sogenaamde Los Angeles “plesierrit”. Ek se spesifiek bona Jides omdat hierdie geval nie aan enige “nalatigheid” toegeskryf kan word nie.

Op Februarie 1978 het The Sunday Express se banieropskrifte op bladsy 3 gelees: “Regeringsmanne vlieg van Johannesburg afna Los Angeles om tikster te sien!” Genoeg om enige leser die joos in te maak.

Die koerant het sy storie op Barrie se verslag aan die Parlement gebaseer en in daardie opsig was die artikel heeltemal korrek. Maar wat was die ware feite?

Te oordeel aan Barrie se verslag was dit die enigste doel waarom dr. D.O. Rhoodie en mnr. D.G. Grobler hierdie reis ondemeem het. Wat die koerante nie geweet het nie was dat Barrie met opset die ware rede van die reis weerhou het. Indien enigiets nodig was om te bewys dat Barrie huigelagtig was, dan was dit die feit dat toe die saak by ’n sessie van die Parlementere Gekose Komitee oor Openbare Rekeninge opgehaal is, Barrie nagelaat he tom ’n amptelike brief oor die saak voor te lê wat hy in Julie 1977, dit wil sê die vorige jaar al van my ontvang het.

In hierdie brief (3 xgedateer 19 Julie 1977) is die volgende onder Barrie se aandag gebring: “So was die twee amptenare se besoek aan Los Angeles gekoppel aan ander sake en is bloot van die geleentheid gebruik gemaak om sommer mej. X se verdienstelikhede ook te bepaal. Die besoek het primêr gegaan oor funksies wat die eerste in hul soort was ingevolge ’n spesiale magtiging wat van die Tesourie verkry is om ons fondse onder (Subhoof) Gaste en Besoekers op ’n heeltemal nuwe wyse te onderverdeel en nuwe tegnieke aan te wend om meer effektief opvolgwerk en internasionale koordinering ten opsigte van ons gaste-projekte daar te stel. So is X spesiaal vanuit Brittanje betrek en het hy en dr. D.O. Rhoodie as hoofsprekers by funksies in Los Angeles en Atlanta opgetree”.

In terme van dieselfde program, goedgekeur deur die Tesourie, is die
redakteur van
Die Transvaler, dr. Willem de Klerk op regeringskoste na Duitsland gestuur. Die Ouditeur-Generaal het nie die beginsel of die onkoste in verband met dr. De Klerk se reis na Duitsland (vir een dinee-onthaal) bevraagteken nie. Maar dan, dr. De Klerk was nie Barrie (en Vorster) se teiken nie. Indien die De Klerk-reis op dieselfde basis aangebied was sou die opskrif in The Sunday Express as volg gelui het: “Redakteur vlieg op Staatskoste na Duitsland vir Aandete”.

In my brief het ek aan Barrie gevra om die hele Los Angeles-Atlanta toer van sy verslag te skrap, aangesien dit ’n verwronge beeld sou weergee indien net sy algemene oorsig ingesluit is. Hy het my versoek geïgnoreer en die brief is nooit genoem nie.

In die Kabinetskamer in Februarie 1978 het ek Barrie met hierdie voorbedagte kwaadwilligheid en oneerlikheid gekonfronteer. Ek het my brief aan die Eerste Minister voorgelees. Mnr. Vorster het nie een keer in Barrie se rigting gekyk nie. Toe ek klaar was het Barrie sy skouers opgehaal en erken dat die koerantberig ’n growwe verdraaiing was.

“Maar ek het nie die berig geskryf nie”, het hy nors gesê, “dit was Kitt Katzin”.

“Maar jy was verantwoordelik”, het ek geantwoord. “Net soos jy ook vir die lekkasies aan die pers verantwoordelik is. Ek sê nie dat jy die inligting aan hulle gegee het nie, maar jou nalatigheid en die ongeërgde wyse waarop jy geheime staatsdokumente gehanteer het, het die omstandighede geskep waaronder lekkasies onvermydelik geword het”.

Generaal van den Bergh het met my saamgestem.

Dr. Mulder ook.

Selfs mnr. Vorster moes instem. Wat anders kon hy sê?

Maar Barrie het geweier om verdere kommentaar te lewer en het sy oë op die papier voor hom vasgenael gehou. Generaal van den Bergh het ’n snork van minagting gegee.

Dr. Mulder het toe ’n lang lys van klagtes opgehaal wat Barrie agter sy rug na die Eerste Minister aangedra het. Dit was dinge wat ek normaalweg binne 30 minute kon afhandel indien Barrie my daaromtrent gevra het. Ek het daarna elke gerug en klagte behandel, van die sogenaamde middemagtelike vlug af wat ek sou onderneem het om die Noorderligte in Swede te sien tot ’n plaas wat ek in Texas sou gekoop het, maar dit het my net 15 minute geneem.

“U kan sien mnr. die Eerste Minister”, het ek afgesluit, “indien mnr. Barrie my verlede jaar gevra het om hom te ontmoet, sou hy nie vanaand ons tyd hier met sulke onsin kom vermors het nie, maar die probleem is dat hierdie soort onsin na die pers uitgelek het en hulle geniet dit om u administrasie en my persoon aan te val. Maar vir byna ’n jaar het mnr. Barrie slegs een keer met my gepraat. Ek wil ook graag byvoeg dat in die lig van die harde werk wat daar gedoen is om u beginsels te verdedig en aan die wêreld te verkoop, uself, as Voorsitter van die Subkomitee, met my oor hierdie dinge kon gepraat het. Wat meer is, waarom word ek nie toegelaat om die verslag wat mnr. Barrie aan u geskryf het te sien nie?” Dit was ’n skoot in die donker.

Mnr. Vorster het my in die oë gekyk en gesê: “ Watter verslag? Ek het geen verslae van mnr. Barrie ontvang nie”.

Dit sou later blyk om ’n blatante leuen te wees.

Aan die einde van die ontmoeting wat oor twee dae gestrek het, het mnr. Vorster gesê dat die saak nou “afgehandel” is. Hy het ’n nuwe bedeling vir Inligting se geheime fondse gemagtig wat vanaf 1 April 1978 in werking sou tree in terme waarvan slegs Reynders as ouditeur van alle geheime fondse sou optree, en dat dr. Mulder self sou besluit of ’n reis ’ri geheim is, aldan nie. Reynders se oudit van geheime uitgawes sou die volgende dag, dit wil se 24 Februarie 1978 ’n aanvang neem.

Mnr. Vorster en ek het notas vergelyk om seker te maak dat al die besluite korrek aangeteken is.

Barrie het Vorster se besluit verontagsaam.

Een van die gevolge was dat die Gekose Komitee wat net oor ope fondse kon toesig hou, in hopelose vertwyfeling gelaat is oor wat ope- en wat geheime fondse is.

Gerald Barrie se rol in die hele Inligtingaangeleentheid het al hoe meer geheimsinnig geword toe hy by ’n verdere geleentheid aan die Gekose Komitee ’n leuen ten opsigte van die aard van die fondse vertel het.

By die betrokke geleentheid het hy gesê: “Ek weet nie deur wie hierdie
fondse beheer was nie” (uit Hansard,) terwyl hy baie goed geweet het waar die fondse vandaan gekom het, wie die
wettige rekenpligtige amptenaar was (die Hoof van die Verdedigingsmag) en dat ek gereelde verslae oor die aanwending van die fondse aan die Kabinetskomitee bestaande uit mnr. Vorster, dr. Horwood en dr. Mulder ingedien het. Laasgenoemde, generaal Vvan den Bergh, dr. D.O. Rhoodie en ek was teenwoordig toe Barrie dit aan die Eerste Minister erken het. Hy kon nie juis iets anders doen nie, aangesien hy en Vorster al sedert Mei 1977 hierdie saak bespreek het, dit wil sê byna ’n jaar voordat hy met opset aan die Gekose Komitee ’n ander storie vertel het.

By ’n ander geleentheid het hy gesê: “Die punt is dat ek geen kontrole oor hierdie fondse het nie”. (Hansard) As dit dan die geval was, waarom het hy besonderhede van die uitgawes uit die geheime fondse voor die Gekose Komitee gelê, tensy hy gevra is om dit te doen deur iemand wat wel kontrole gehad hetl Soos mnr. Vorster?

Alhoewel die Gekose Komitee klem gelê het daarop dat die Staat geen finansiële verlies gely het nie, was dit baie duidelik uit debatte in die Parlement dat die regering die saak in ’n baie ernstige lig gesien het. Veral wat die verontagsaming van Tesourie- en Tenderraad reëls en regulasies betref. Die massa ongunstige publisiteit in die pers het die saak nie vir die regering makliker gemaak nie.

Op daardie stadium het ek alreeds besluit dat ek nie langer onder ’n regering kon werk met mnr. Vorster aan die bewind nie. Nogtans het ek myself voorgeneem om die ondersoek enduit te sien.

Die eerste stap wat die Gekose Komitee aan die hand gedoen het, was 'n Staatsdienskommissie ondersoek na die administratiewe kontrole van die Departement. Die uiteinde was ’n besluit om ’n senior Adjunk-Sekretaris as hoof van die administratiewe vertakking van die Departement aan te stel. Ek het gevoel dat vanweë die valsheid wat hy getoon het, sy neiging om die gesag van die Sekretaris te ondermyn en omdat die Buro vir Staatsveiligheid, via Charles More, ’n waarskuwing aan my gestuur het dat hy nou as 'n sekuriteitsrisiko beskou word, ek Waldeck nie kon aanbeveel nie.

Die Staatsdienskommissie het ernstige tekortkominge aan die administratiewe sy van die Departement gevind en daaroor moet Waldeck die blaam dra. Indien Waldeck op sy voorgeskrewe area van administrasie gekonsentreer het instede daarvan om oormatig by die professionele sy betrokke te raak, en die professionele personeel probeer oortuig het dat hy die man was wat hulle loopbane in sy hand gehou het, sou hierdie tekortkoming moontlik nie ontstaan het nie. Wat meer is, toe die oudit-krisis begin het sou enige departementele hoof daarop gereken het dat sy senior administratiewe personeel horn doelgerig en lojaal sou ondersteun om sake op vriendskaplike basis met die ouditeure uit te stryk. Waldeck het my egter koelbloedig in die steek gelaat. Boonop het hy my met opset in die duister gelaat oor sy agteraf heulery met die Ouditeur-Generaal.

Om so ’n man met ’n bevordering te vergoed sou die opperste graad van onverantwoordelikheid wees.

In die herorganisasie van die top-struktuur moes Waldeck dus met pensioen aftree. Die pers en die Erasmus-Kommissie het gesê ek het hom laat ontslaan, wat eenvoudig kwaadwillige onsin was. Ek kon hom nie ontslaan nie, al wou ek ook. Slegs die Staatsdiens Kommissie kon so ’n stap by die Minister aanbeveel.

Dr. D.O. Rhoodie se geval was anders. Die Voorsitter van die Parlement se Gekose Komitee op Openbare Rekeninge, mnr. Hennie van der Walt, het die onderskeid tussen Waldeck en dr. D.O. Rhoodie baie duidelik gemaak toe hy op 16 Junie 1978 in die Parlement gesê het dat sy komitee gevind het dat ek nie administratief goed ingelig was nie en Waldeck was die administratiewe hoof. Aan die ander kant, het mnr. van der Walt uitgewys, was daar geen getuienis voor sy Komitee gelê wat aandui dat daar enige probleme aangaande die professionele sy van die Departement was nie, en dr. D.O. Rhoodie was die hoof van daardie afdeling. Dit was die kern van die saak, want dr. D.O. Rhoodie was ’n lid van die professionele tak van die Staatsdiens. In sy uittrede het selfsugtige politieke motiewe ’n belangrike rol gespeel.

In sy verklaring aan die Parlement op 3 Mei 1978 het dr. Mulder erken dat die Inligting-situasie ’n politieke probleem “vir die regering” geword het. Hy het ook verwys na die Staatsdiens Kommissie se standpunt, nl., dat die tussentydse strukturele veranderinge met betrekking tot dr. D.O. Rhoodie en Waldeck se poste, alleen as gevolg van herorganisasie was en geen verband gehou het met dr. Rhoodie se bekwaamhede en werkverrgting nie.

Die rede vir hierdie verwysing het voortgespruit uit die feit dat die volle Staatsdiens Kommissie by twee geleenthede teenoor dr. Mulder hul kommer oor die regering se optrede uitgespreek het. Hulle het aan dr. Mulder gesê dat hulle geen rede gevind het om aan die twee amptenare te vra om te bedank en met pensioen af te tree nie; hulle het ook gesê dat dit ’n ongemaklike presedent skep, indien dit van die Kommissie verwag sou word om hierdie soort van ding in die toekoms weer te doen bloot om vir die Regering ’n politieke dilemma uit die weg te ruim.

In die lig van die algemene politieke atmosfeer en die algehele situasie het dr. Rhoodie mondeling ingestem om vrywillig uit te tree en sodoende te help om die politieke probleem op te los.

Massiewe pers-publisiteit het op die Gekose Komitee se verslag aan die Parlement gevolg terwyl die uitlek van verdere inligting oor sekere geheime projekte nog ekstra opslae veroorsaak het. In Mei het mnr. Vorster aan die Parlement gesê dat as gevolg van al die ongure publisiteit, my doeltreffendheid as Hoof van Inligting vemietig was.

Gedurende Junie 1978 het ek samesprekings met die Minister in sy kantoor in Kaapstad gehad en het dit vir my baie duidelik geword dat mnr. Vorster geweldige politieke druk op dr. Mulder en die Staatsdiens Kommissie uitgeoefen het dat ek moes uittree, alhoewel niemand my wetlik kon forseer nie. Toe ek die Staatsdiens Kommissie in Pretoria ontmoet het, het die Voorsitter, dr. Rautenbach gesê dat indien ek verkies om nie te gaan nie, hulle vir my ’n ander pos sou vind maar “dit sou geriefliker wees vir die regering” as ek self sou vra om uit te tree! Die regering sou self ’n verder 5-jaar diens tot my rekord voeg om sodoende my pensioen te verhoog!

Voordat enige besluit geneem is, het ek aan dr. Mulder gesê dat om politieke druk op horn te verlig, ek sou vra om uit te tree. Ek het weer eens met die Staatsdiens Kommissie gepraat. Hulle het saamgestem dat my uittrede slegs kon plaasvind indien my pos effektief deur die afgradering van die topstruktuur afgeskaf word. Ek het na Pretoria teruggekeer en ’n nota aan die Minister en die Eerste Minister gestuur waarin ek toestemming gevra het om met pensioen uit te tree. Ek wou nie aan Vorster die bevrediging gee om my te vra om uit te tree nie, want teen daardie tyd was ek oortuig van die waarheid: my vertrek was Vorster se handewerk. Barrie was sy laksman, Waldeck sy handlanger en die lekkasies van geheime inligting na die pers was nie aan die briljante kontakte en onophoudelike snuffelary van die pers te danke nie, maar was ’n beplande aksie.

Ek het vermoed, en het dit ook aan horn gesê, dat dr. Mulder die volgende teiken sou word in die spel wat mnr. Vorster besig was om te speel.

Op 30 Junie 1978 het ek my laaste dag in die kantoor deurgebring. Van die volgende dag af sou die Departement van Inligting as die Buro vir Nasionale en Internasionale Kommunikasie bekend staan.

’n Reeks dramatiese verwikkelinge het egter my vertrek voorafgegaan wat uiters belangrik is om die politieke aard van die regering se vendetta my te verstaan.

Vervolg...


U soek na?

  • HOU VAKANSIE IN MOSSELBAAI !

    Baie netjiese vakansie-akkommodasie in Fraai Uitsig, Kleinbrakrivier, Mosselbaai Munisipaliteit. Twee kilometer vanaf Kleinbrak en Tergniet se swemstrande en ongeveer 10 kilometer vanaf Hartenbosch. Pick n Pay binne loopafstand.
    Kliek hier vir volledige inligting en foto's: OPSOEK NA BEHUISING VIR VAKANSIE?
     
    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________
     
    SKAARS BOEKE TE KOOP
    C J LANGENHOVEN 16 VOLUMES
    FAK-SANGBUNDEL 1 VOLUME
    Hierdie 16 volume Langenhoven-stel is 'n goedopgepaste kosbare versamelstuk. Dit beslaan die volledige inhoud van Langenhoven se bundels soos Sonde met die Bure; Loeloeraai; Herrie op die ou Tremspoor; Doppers en Filistyne; en al die kosbare stories uit die pen van Langenhoven.
    Die FAK-sangbundel is ook in goeie toestand en kan saam of apart van die Langenhovenstel gekoop word.
    Eienaar moet na 'n kleiner woonplek verhuis en vra 'n redelike aanbod vir sy boeke.
    Die aanbevole waardasieprys vir die Langenhovenstel is R1600.00; en vir die FAK R100.00
    Koerierkoste sal bykomend wees.
    Kontak

    Chris Carstens

    Sel no 082 954 3383

    Epos adres

    chris.carstens

    @vodamail.co.za

    ___________
    DIGBUNDELS:
      'n Versameling van 4 elektroniese bundels - 226 gedigte @R350.00:  
    Vir alle navrae  skryf aan 
    Amanda
    @waterstrome.co.za
    Uittreksel uit:
    'n Nasie in Pyn:
    ...Saam sal die hele wêreld vir hulle bid.
    Saam sal ons met pyn in ons harte sit.
    Mag hulle berus in u wil
    Mag hulle voor U verstil.
    _________
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het  in gedrukte vorm verskyn. 
    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
    DIE
    VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
    Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

     

    U kan hierdie boek bestel by
    ds AE van den Berg
    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com
    Prys: R50-00

     
  • BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    ('n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 'n Nuwe Trek (Exclusive Books) Prys: ZAR180

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is by http://tinyurl.com/lx9vrs8

    ... en loot.co.za dit verkoop teen R169 http://tinyurl.com/l26h6jl

    ... kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD


    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    JULIE 2013

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. 

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2 NOU BESKIKBAAR

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
    of skakel hom by
    074 967 5187


    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  • Kliek op DIE CHARISMATIESE GEVAAR om meer oor hierdie boek te wete te kom Lees verder...  
  • FILM OOR DR HF VERWOERD

    Kyk by hierdie skakel http://youtu.be/TcO3zPF8998

      na die kort film oor dr HF Verwoerd.   
    Dit kan ook direk bestel word by Riaan: +27823712682 of by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
     

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

 

'N BIETJIE LANGENHOVEN:

Ek sê nie al die suur mense is Fariseërs nie, maar naastenby al die Fariseërs is suur. In alle geval, solank hulle onthou om Fariseërs te wees. Want dis ook 'n inspanning.
Verbeel jou 'n wêreld sonder 'n skaterlag, sonder eens 'n glimlag. 'n Hemel op aarde, sal die Fariseër sê. Uit so 'n hemel sou ek wou wegloop hel toe.

Die man wat ek na soek, is nie dié wat die minste foute maak nie, maar dié wat die meeste foute régmaak.

Slaap laat solank as jy jou eie baas is en daar sal 'n tyd kom wanneer 'n 'n baas jou sal laat vroeg opstaan.

Ontydige vlyt is die merk van die luiaard. Dis sy verskoning vir ontydige rus.

Ons reken ons geluk vir ons loon en ons straf vir ons ongeluk.

Welvaart is die  dogter van matigheid en die moeder van weelde.

My swaarste pad trap ek self vir my plat, en die swaarste is die wat my voete nooit vat.

Daar is geen kuns by sukkel en geen sukkel by kuns.

Die boer wat nie saai nie sal nie misoeste kry nie, maar hy sal geen goeie ook kry nie.

Het die daeraad lief en die dag sal jóu liefhê.

'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie.

Dis die flukse perd wat flou word. Meer moeite as wat die vlytige het vir sy loon, het die luiaard verniet.

Op die ou end werk die vlytige man vir homself, die luiaard vir 'n ander.

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Kla net oor jou kooi as dit 'n ander is wat dit vir jou opgemaak het.

Hoe korter jy jou kuier maak, hoe gouer sal jy weer genooi word.

Om my naaste lief te hê is vir my 'n sware gebod. Met die mense daargunter kry ek dit nog op 'n manier reg.

Jy sê "ja" waar jy moes "nee" gesêhet omdat jy die ander nie wil aanstoot gee nie. Maar eken hoe het hy jou aanstoot gegee met sy versoek!

Aan 'n nuwe wa kan jy sien of dit 'n goeie skilder was; aan 'n oue of dit goeie wamaker was.

Trek liewer vir jou vriend jou broek uit as om vir hom vir 'n baadjie borg te staan. Anders loop julle naderhand albei nakend.

Die vriendskap wat jy moet koop is 'n duur artikel. Jy sal nie weer jou prys kry as jy dit van die hand wil sit nie.

Moenie vriendskap en besigheid meng nie – jy bederf albei.

'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie.

Maak jou vriendelikheid goedkoop en hou jou vriendskap duur.

Moenie jou vriend vergeet nie; dit sal hom seermaak. Maak jou vyand daarmee seer.

'n Skare is 'n versameling van eensames.

Stuur die luiaard na die miere, en as hy nie te lui is om te gaan nie sal hy te lui wees om weer terug te kom.

Dis net so moeilik om maklikheid in die ou wêreld te kry as wat dit maklik is om moeilikheid te kry.

Waardeer die werk van jou vrou. Jy kan nie op die aarde 'n ander kneg kry vir dieselfde diens en dieselfde prys nie.

Met spaarsaamheid sal jy uit die kleinste inkomste iets oorhou; met verkwistery sal die grootste vir jou te min wees.

Besorg jou eie boodskap en reken die moeite teen dit wat die misverstand jou sou gekos het.

Het die ryk man nodig om so suinig te wees? Maar hy is nie 'n ryk man wat suinig geword het nie; hy is 'n suinige man wat ryk geword het.

Help jou swakke mededinger op die bene bly.  As hy tot niet gaan, kom daar dalk 'n sterke in sy plek.

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES (7)

(Lees die reeks by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

  • Die adderbyt van naberou is verskriklik (Naberou is ontstellend.)
  • Hy het hom in 'n addergebroedesel begewe (Hy was tussen 'n groep nydige, aanvallende mense.)
  • Sy het hom adieu toegeroep (Sy het vaarwel gesê.)
  • 'n Adres van adhesie is 'n geskrif waarin instemming betuig word met 'n versoek.
  • Jy is nou by die verkeerde adres (Jy soek die oorsaak van die kwaad by die verkeerde persoon.)
  • Dit was advokatery (Dit was regskundige uitoorlêery.)
  • Hy sal die werk weer afbroddel. (Hy sal knoeiwerk of slordige werk verrig.)
  • Sy wil elke takie afbrom (Sy kla die hele tyd terwyl sy werk.)
  • Jy kan nou maar afdans (Jy kan nou maar skoert.)
  • Moet hom nie op sy verdienste afdwing nie (Moet hom nie verkleineer nie.)
  • Die ou werkie draf ek gou af (Ek sal dit sommer gou afhandel.)
  • Hulle wil die rusie afdrink (Hulle wil vrede maak.)
  • Sy het soms baie affêrinkies (Sy is dikwels vol nukke en nonsens.)
  • Hy sal wel weer geld van haar affutsel (Hy sal dit op 'n oneerlike manier van haar kry.)
  • Daar kan niks van afgaan nie (Dit kan nie ontken word nie.)
  • Hy sal 'n afgehekste loesing kry ('n deeglike pak slae.)
  • Sy is 'n afgelekte meisie (Sy het al baie kêrels gehad.)
  • Jy lyk so afgesak (Jy lyk baie moeg.)
  • Hy het afgetop gelyk (Hy het verleë gelyk.)
  • As jy iets van hom wil hê sal jy dit moet afgoël (Hy is so suinig!)
  • So 'n afhaler is onnodig ('n Onnodige belediging.)
  • As dit afhang moet ons dit maar opbind (Skertsend wanneer iemand gedurig begin met "Dit hang af..."
  • Na elke partytjie is hy babalaas ( dan ly hy aan die gevolge van te veel alkohol).
  • Daar was 'n Babelse gegons van stemme (Almal het gelyktydig gepraat).
  • Dit was 'n Babelse verwarring (Dit was baie deurmekaar).
  • Hy sal weer mooi broodjies kom bak (Hy sal kom vlei en mooipraat om sy doel te bereik),
  • Hulle eet nie uit een bak nie (Hulle is nie vriende nie).
  • Sy het hom 'n bak gewys (Sy het hom onvriendelik tereggewys).
  • Gou by die bak maar lui by die vak (Hy is eerste daar waar iets te ete is maar traag as hy moet werk).
  • Hy maak sy hande bak (Hy kom bedel iets).
  • Ons moes bak staan (Ons moes hard werk).
  • Dit was sommer 'n bakerpraatjie (Dit was 'n skinderstorie).
  • Jerusalem is die bakermat van die Christelike Kerk ( Dis waar dit begin het. 'n Bakermat was 'n mandjie waarin die baker – die vrou wat 'n pasgebore baba versorg het – die kindjie op haar skoot voor die vuur versorg het).

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1936 gaste aanlyn