Nuutste bydraes

GEDAGTES VIR ELKE DAG

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Christus verklaar self dat Satan finaal, skielik en onkeerbaar soos 'n weerligstraal uit die hemel gewerp is; dat Hy ons bewapen teen al Satan se liste; en dat Hy ons teen alle bedreiging van Satan, of dit nou van die natuur of van die geestewêreld sal kom, sal beskerm.

DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (32)

Dr Eschel Rhoodie (1984)

Lees reeks by Die ware inligtingskandaal

Die doel met die plasing van hierdie inligting oor die destydse Inligtingskandaal is om die leser perspektief te gee oor hoe Suid-Afrika tot by die haglike verval van 'n swart regering gekom het. Die verraad wat destyds in die kabinet van Vorster, PW Botha, Pik Botha en De Klerk plaasgevind het, nie net teenoor ons Boerevolk nie, maar ook onder en teenoor mekaar in die parlement, getuig van hul veragtelike motiewe en handeling.

SWART VRYDAG

(Die volgende mening is slegs Rhoodie s'n en word hier ingesluit as deel van sy boek, soos alle ander van sy liberale sieninge, slegs om die geheelprent van die toestand in die destydse regering in perspektief te bring. Wat tragies is, is dat hy geglo het sy liberale siening ivm Kleurlinge en Blankes se samehorigheid die rede was dat Vorster teen hom gedraai het, min wetende dat Vorster reeds die hele SA aan die Geldmag help uitverkoop het kort voor die moord op dr Verwoerd waaroor Vorster ingelig was wanneer dit sou plaasvind).

Ek het altyd baie verligte sienswyses aangaande die Kleurling- en Indiërkwessies in Suid-Afrika gehad. Ek het in Kaapstad grootgeword en het later baie Kleurlinge geken.

As Sekretaris van Inligting het ek hul leiers ontmoet. Ek het hul volksgewoontes bewonder, veral die musiek van die Maleiergemeenskap in Kaapstad. Ek het ook baie van die Indiërs en hul gewoontes, kultuur en geloof geweet. Ek het geweet dat die Indiërs Suid-Afrika nooit sou verlaat nie, en nog minder die Kleurlinge en dat hul politieke en ekonomiese sienswyse Westers was, nie sosialisties soos dié van die swartman nie. Ek het geglo dat sonder om sosiale aanvaarding op mekaar af te dwing, nog minder godsdiens, omdat die Indiërs meesal Hindus of Moslems is terwyl die Kleurlinge en Blankes weer Christene is, ons ’n sinvolle politieke vennootskap met hulle moes aangaan.

Die Kleurlinge, het ek geredeneer, was ’n spruit van Hottentotte, swartes, blanke Afrikaners en Engelse, en ander Europese volkere. Die oorgrote meerderheid het Afrikaans gepraat. Die meerderheid was lidmate van die Nederduits-Gereformeerde Kerk en baie van hulle was witter as ek, sommige met blou oë. In getal-sterkte het hulle geen bedreiging vir ons leefwyse ingehou nie en ekonomies was hulle op die peil waar die Afrikaners vyftig jaar gelede was.

Hulle was wyd verspreid deur die land. Indien die Blankes nie die politieke integrasieproses met die Kleurlinge en Indiërs kon hanteer nie, sou hulle nie enige oplossing vir die oneindig meer komplekse en gevaarlike probleem van swart-wit verhoudinge in Suid-Afrika kon bedink nie.

Ek het altyd geglo dat eerder as om integrasie op die vlak te begin waar almal in die harnas gejaag word, dit wil sê in die skole en woonbuurtes, daar heel bo in die politieke bestel begin moes word. Laat die leiers, Blankes en Kleurlinge, die voorbeeld stel. Hulle is baie meer wêreldwys, intelligent en ontwikkel.

Met politieke integrasie op die hoogste vlak, by wyse van ’n enkele Parlement, sou die druk op ander vlakke verminder en kon ons minstens aan die wêreld vertel het dat ons wel politieke integrasie op die hoogste vlak het. Westerse volke sou dit met ope arms verwelkom het. Buitelandse druk, ten minste vanuit die Weste, sou geweldig afgeneem het, iets wat ons broodnodig het. Daar was alreeds ’n enorme hoeveelheid sosiale en ekonomiese integrasie tussen Kleurlinge en Blankes sigbaar, ook op sportgebied en in die polisie en in die leër. Van Kleurlingsoldate word verwag om vir Suid-Afrika te sterwe maar het geen regstreekse sê in die besluit of daar geveg moet word of nie. As Blankes sou ons dit nooit aanvaar het nie.

Teen 1975 was ek en vele van my vriende oortuig dat die regering se beleid ten opsigte van die Indiërs en Kleurlinge gewis tot mislukking gedoem was. Die redes is nie nou ter sake nie, maar my vriende en ek het ’n gespreksgroep in my huis gevorm (noem dit ’n pressiegroep as u wil) ten einde mekaar aan te spoor om druk op sleutel-lede van die Volksraad en die Kabinet uit te oefen om rigting te verander en om ’n nuwe politieke bedeling vir Kleurlinge en Indiërs te aanvaar. My broer, professor Nic Rhoodie, was ’n lid van die groep. Ook Cas de Villiers van die Foreign Affairs Association en Retief van Rooyen. Daar was ander ook. Ekonome, politici en professionele manne. Ek het geweet dal generaal Van den Bergh met sy vriende oor dieselfde saak gesels het, mense soos dr. Piet Rautenbach en verskeie Kabinetsministers: Piet Koornhof, Fanie Botha, Jimmy Kruger en Hendrik Schoeman. Op een stadium het ons ons idees op papier gestel en ek het dit aan dr. Connie Mulder vir oorweging voorgelê gedurende die Regering se soeke, in 1976, na ’n nuwe konstitusionele bedeling tussen Kleurlinge, Indiërs en Blankes.

Sonder dat ek daarvan bewus was het Retief van Rooyen al my “progressiewe” en afwykende politieke sienswyses aan Vorster gerapporteer. Ek is oortuig daarvan dat hy nie die feit gerapporteer het dat, “ ’n Kombinasie van eksterne en interne omstandighede maak dit gebiedend noodsaaklik dat die verhoudinge tussen die Blankes, Kleurlinge en Indiërs genormaliseer word binne ’n tydsbestek wat onverbiddelik afgegrens word deur die lewensfeit dat die basiese geo-politieke grondslae vir wit oorlewing in die RSA voor die einde van die dekade gelê sal moet word. Die vernaamste eksterne omstandighede hou direk verband met die onrusbarende wyse waarop die momentum van die buiteland-geïnspireerde en georkestreerde aanslag teen die Nasionale Party-bewind aan die toeneem is. Dit vereis nie ’n breedvoerige uiteensetting van die relevante feite om te verduidelik waarom dit noodsaaklik is dat gesonde verhoudinge tussen die Blanke-, Kleurling- en Indiërbevolkingsgroepe as ’n sine qua non vir doeltreffende weerstand teen die voorgenoemde aanslag geag moet word nie. Binnelandse omstandighede wat die normalisering van die verhoudinge ’n vanselfsprekende vereiste vir wit oorlewing maak, kan herlei word tot die revolusie van stygende verwagtinge onder twee bevolkingsgroepe wat volwaardige burgerskap binne die RSA opeis as ’n reg wat regtreeks uit hul permanente saambestaan met die Blankes in ’n gemeenskaplke vaderland voortvloei."

Hierdie inleidende woorde moet gesien word in samehang met 'n groeiende gevoel in die geledere van die Afrikaner-elite in die algemeen en onder ingeligte Nasionaliste in die besonder, dat die tyd ryp geword het vir verbeeldingryke, omvattende en selfs drastiese politieke inisiatiewe ingestel op die normalisering van Blank-Kleurling-Indiërbetrekkinge binne die beleidsraamwerk van 'n plurale demokrasie... sieninge oor die Kleurlinge ookal was, ek geen hoop, intellektueel of andersins, vir ’n soortgelyke werkbare politieke verhouding tussen die Swart groepe in Suid-Afrika en die Witman gesien het nie. Nie in een staat nie. Nie met die huidige Parlementêre stelsel nie. Ek het my sienswyses oor swart en wit in ’n spesiale hoofstuk van die Amptelike Jaarboek van Suid-Afrika, getiteld “Die Integrasie Model” uiteengesit. Dit was die eerste keer dat iemand ook amptelik gepoog het om die Utopiese-model van swart en blanke politieke integrasie vir Suid-Afrika uitmekaar te haal. Maar, soos generaal Van den Bergh later beveilig het, het Van Rooyen blykbaar die indruk by Vorster gelaat dat ek daadwerklik teen sy beleid gekant was. In die openbaar het ek die regering se beleid aangaande die Kleurlinge en Indiërs na die beste van my vermoë verdedig. Dit was my werk as staatsamptenaar. My private en persoonlike siening was geheel en al verskillend en min mense wat my goed geken het was nie bewus van my bedenkinge oor die regering se beleid nie.

Die verklaring van Les de Villiers voor die Erasmus-Kommissie het ook Van Rooyen se private voetpaadjie na Vorster bevestig. Op die ou end sou Vorster ook voor die Erasmus-Kommissie erken dat Retief van Rooyen al die “skinderpraatjies” uit my huis na hom gebring het. Min het ek geweet dat terwyl ons een aand ons program vir Kleurlinge bespreek het, en waaraan Van Rooyen deelgeneem het, dat hy besig was om sy mes vir ons te slyp.

Ek het Wimpie de Klerk, redakteur van Die Transvaler, by die Holiday Inn in Johannesburg ontmoet en aan hom vertel dat ek probeer het om Connie Mulder te druk sover as wat ek kon, maar dat hy nie bereid was om sy persoonlike standpunt te wysig nie. Nie bereid was om ’n federale regering-struktuur vir die Kleurlinge, Indiërs en Blankes, bokant die drie etniese parlemente wat die regering binnekort sou aankondig, te steun nie. “Connie”, het ek gesê, “is sy eie baas. Hy is buigsaam maar basies streng konserwatief. Hy het sy eie idees oor hoe dinge gedoen moet word.”

Mnr. Vorster het aan generaal Van den Bergh gesê dat hy glo dat dr. Mulder my sienswyse gedeel het omdat ons so nou saamgewerk het. Wat Dr. Mulder betref was Vorster egter totaal verkeerd. Dr. Connie Mulder het sy eie idees oor die Kleurlinge gehad en sou geensins ons idees aanvaar nie. Hy het baie ander dinge wat ek voorgestel het ook afgeskiet.

Generaal Van den Bergh het later aan my vertel dat dit Van Rooyen se verslae aan Vorster was, meer as enigiets anders, wat Vorster teen dr. Mulder en myself laat draai het. Hy het my vertel van die Eerste Minister se obsessie oor lojaliteit en sy oortuiging dat ’n man, of vir hom of teen hom was. Van hoe hy sy bande met voormalige Regter Kowie Marais verbreek het omdat laasgenoemde hom in die openbaar gekritiseer het.

By nadenke is dit baie duidelik dat Van Rooyen se verslag aan Vorster dat ek en my vriende ’n dinkskrum-cum-pressiegroep gevorm het ten einde sleutel Ministers soos dr. Koomhof en dr. Hilgard Muller te bereik, die vonkie was wat die vuur van Vorster se politieke spel aan die brand gesteek het: Om my eers te isoleer en sover te kry om te bedank en daama vir Mulder uit te stoot.

Ek is oortuig dat Vorster vir Barrie in sy onwettige ondersoek van die geheime fondse van die Departement aangemoedig het. Ek glo hy het al die tyd geweet dat van die onthullings aan die pers van die Ouditeur-Generaal se kantore afkomstig was. Dit verduidelik waarom hy ons nooit almal bymekaar gebring het nie, ten spyte van Van den Bergh se aandrang en waarom hy nooit werklik vir Barrie oor sy onthullings voor die Gekose Komitee oor die kole gehaal of aangeval het nie. Ek glo ook dat hy geweet het dat die Ouditeur-Generaal nie self die fotokopie van sy geheime verslag aan Kitt Katzin oorhandig het nie. Dit verduidelik waarom hy die ondersoek van die Buro vir Staatsveiligheid en van die polisie in die Ouditeur-Generaal se kantoor stopgesit het.

Dit was op die vooraand van my vertrek na die Verenigde State in 1982 dat twee voormalige S A AN-joernliste met wie ek redelik bevriend geraak het, my afsonderlik in Pretoria kom sien het. Ons het per motor na ’n naby-geleë inkoopsentrum gery en, terwyl die radio hard gespeel het, het hulle aan my vertel dat Kitt Katzin nie die verslag direk van die Eerste Minister se kantoor gekry het soos ek vermoed het nie, maar van ’n joernalis wat by Beeld werksaam was. Hy het dit op sy beurt van ’n ander Kabinetsminister ontvang. Ek kon raai wie in die Kabinet mnr. Vorster op daardie stadium meer as enigiemand anders vertrou het.

Die onthullings van die twee manne het ooreengestem met wat Charles More net twee weke voor sy onverwagte dood voorspel het.

Retief van Rooyen was natuurlik meer as net Vorster se vriend en informant. Vorster se latere poging om sy omgang met Van Rooyen as van geen besondere belang af te maak nie, was eenvoudig net daarop gemik om soveel afstand moontlik tussen hom en die man te plaas wie die geskiedskrywers nie te goedhartig sal behandel wanneer die geskiedenis van die Inligting-affêre onpartydig ge-evalueer word nie. Want, buite die wete van enigeen, behalwe Van den Bergh, myself, Vorster en ’n handjievol ander mense, was Van Rooyen op die vooraand van die Tumhallekonferensie deur Vorster in Suidwes-Afrika “geplant” om as regsadviseur vir die Ovambo’s op te tree. Die Ovambo-nasie was die talrykste en magtigste groep in Suidwes-Afrika en sonder hulle ondersteuning in die Tumhalle sou die Regering se program, die spreekwoordelike nul op ’n kontrak wees. Ek het ’n boek oor Suidwes-Afrika geskryf, The Last Frontier, wat in die Verenigde State, Suid-Afrika en Europa gepubliseer is, en Van Rooyen het by verskeie geleenthede na my huis gekom om my uit te vra oor wat die beste rigting sou wees vir die Ovambo’s om in te slaan.

In Pretoria het hy gereeld aan Vorster verslag gedoen oor sy aktiwiteite in Suidwes-Afrika - en oor sy gesprekke met my. Die eerste aand waarop ons oor Suidwes-Afrika gesels het, het ek aan Van Rooyen gesê: “Maar Rit, hierdie ding kan jou vir maande in Suid-Wes hou. Wat van jou werk by die balie? Jy gaan mos baie geld verloor”.

Die lang gryskop man (wat ook persoonlik deur Vorster genomineer is om die regering in die Steve Biko-saak te red) het agter sy bril geglimlag en sy gesig het soos ’n kerslig opgehelder. Praat oor geld en Van Rooyen skitter. Hy het nie alleen in geslypte diamante handel gedryf nie, maar ook in grond en wat nog, alles vir ’n ekstra Rand.

“Natuurlik verloor ek inkomste by die Balie”, het hy gesê.

“Maar jy doen dit tog nie uit liefde vir volk en vaderland nie”, het ek gcsê, want ek het die man te goed geken wat selfs by een geleentheid tevergeefs en ongevraagd probeer het om diamante aan my te verkoop.

“Ek kan nie kla nie”, het hy lighartig verklaar “die Baas betaal my R400 per dag in die geheim. Sonder dat ek nodig het om belasting te betaal en tesame met wat die Ovambo’s my wettig en openlik betaal, is dit nie so sleg nie”. Retief van Rooyen behoort die gesprek goed te onthou omdat ’n derde party wat teenwoordig was hom gewaarsku het om nie voor ander mense, seifs nie eers ander geheime agente, oor die soort dinge te praat nie. (’n beëdigde verklaring van die persoon is beskikbaar.)

Generaal Van den Bergh het later aan my, dr. Mulder en andere bevestig dat die R400 per dag uit die Buro se begroting betaal is.

Later in 1977 tydens ’n ontmoeting by mnr. Vorster se huis in Pretoria toe ons op soek was na regsondersteuning om die geheime staatsdeposito van RI2 miljoen wat Louis Luyt vir die stigting van The Citizen gehou het, terug te kry, het die Eerste Minister self vir Van Rooyen vir die taak genomineer. Dit was die rede waarom ek ’n afskrif van die ooreenkoms tussen Luyt en myself aangaande The Citizen aan Van Rooyen moes oorhandig. Sodoende het Vorster my, en sy eie doodsvonnis veroorsaak want dit was Van Rooyen wat ’n jaar later hierdie inligting, ongevraagd, nie alleenlik aan die Mostert-Kommissie verskaf het nie, maar ook aan dr. Connie Mulder se politieke teenstanders net ’n paar dae voor die uittrede van mnr. Vorster. Die kettingreaksie het daarop gevolg.

Indien ’n man met ware integriteit gekies was op wie daar geheel en al staat gemaak kon word om sy eed te onderhou, waag ek dit om te se dat Vorster vandag nog die President van Suid-Afrika sou gewees het. Van Rooyen so lighartige geswore woord dat die geheime by hom so veilig is soos sy kinders by my was toe hulle alleen saam met ons op vakansie gegaan het, is nog vars in my geheue.

’n Man, aan wie Vorster hierdie soort kennis toevertrou het, kan nie nou as 'n “blote kennis” of ’n “skindertong” afgemaak word, soos Vorster dit later probeer stel het nie.

Vervolg...

U soek na?

  • HOU VAKANSIE IN MOSSELBAAI !

    Baie netjiese vakansie-akkommodasie in Fraai Uitsig, Kleinbrakrivier, Mosselbaai Munisipaliteit. Twee kilometer vanaf Kleinbrak en Tergniet se swemstrande en ongeveer 10 kilometer vanaf Hartenbosch. Pick n Pay binne loopafstand.
    Kliek hier vir volledige inligting en foto's: OPSOEK NA BEHUISING VIR VAKANSIE?
     
    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________
     
    SKAARS BOEKE TE KOOP
    C J LANGENHOVEN 16 VOLUMES
    FAK-SANGBUNDEL 1 VOLUME
    Hierdie 16 volume Langenhoven-stel is 'n goedopgepaste kosbare versamelstuk. Dit beslaan die volledige inhoud van Langenhoven se bundels soos Sonde met die Bure; Loeloeraai; Herrie op die ou Tremspoor; Doppers en Filistyne; en al die kosbare stories uit die pen van Langenhoven.
    Die FAK-sangbundel is ook in goeie toestand en kan saam of apart van die Langenhovenstel gekoop word.
    Eienaar moet na 'n kleiner woonplek verhuis en vra 'n redelike aanbod vir sy boeke.
    Die aanbevole waardasieprys vir die Langenhovenstel is R1600.00; en vir die FAK R100.00
    Koerierkoste sal bykomend wees.
    Kontak

    Chris Carstens

    Sel no 082 954 3383

    Epos adres

    chris.carstens

    @vodamail.co.za

    ___________
    DIGBUNDELS:
      'n Versameling van 4 elektroniese bundels - 226 gedigte @R350.00:  
    Vir alle navrae  skryf aan 
    Amanda
    @waterstrome.co.za
    Uittreksel uit:
    'n Nasie in Pyn:
    ...Saam sal die hele wêreld vir hulle bid.
    Saam sal ons met pyn in ons harte sit.
    Mag hulle berus in u wil
    Mag hulle voor U verstil.
    _________
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het  in gedrukte vorm verskyn. 
    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
    DIE
    VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
    Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

     

    U kan hierdie boek bestel by
    ds AE van den Berg
    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com
    Prys: R50-00

     
  • BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    ('n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 'n Nuwe Trek (Exclusive Books) Prys: ZAR180

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is by http://tinyurl.com/lx9vrs8

    ... en loot.co.za dit verkoop teen R169 http://tinyurl.com/l26h6jl

    ... kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD


    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    JULIE 2013

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. 

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2 NOU BESKIKBAAR

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
    of skakel hom by
    074 967 5187


    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  • Kliek op DIE CHARISMATIESE GEVAAR om meer oor hierdie boek te wete te kom Lees verder...  
  • FILM OOR DR HF VERWOERD

    Kyk by hierdie skakel http://youtu.be/TcO3zPF8998

      na die kort film oor dr HF Verwoerd.   
    Dit kan ook direk bestel word by Riaan: +27823712682 of by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
     

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

 

'N BIETJIE LANGENHOVEN:

Ek sê nie al die suur mense is Fariseërs nie, maar naastenby al die Fariseërs is suur. In alle geval, solank hulle onthou om Fariseërs te wees. Want dis ook 'n inspanning.
Verbeel jou 'n wêreld sonder 'n skaterlag, sonder eens 'n glimlag. 'n Hemel op aarde, sal die Fariseër sê. Uit so 'n hemel sou ek wou wegloop hel toe.

Die man wat ek na soek, is nie dié wat die minste foute maak nie, maar dié wat die meeste foute régmaak.

Slaap laat solank as jy jou eie baas is en daar sal 'n tyd kom wanneer 'n 'n baas jou sal laat vroeg opstaan.

Ontydige vlyt is die merk van die luiaard. Dis sy verskoning vir ontydige rus.

Ons reken ons geluk vir ons loon en ons straf vir ons ongeluk.

Welvaart is die  dogter van matigheid en die moeder van weelde.

My swaarste pad trap ek self vir my plat, en die swaarste is die wat my voete nooit vat.

Daar is geen kuns by sukkel en geen sukkel by kuns.

Die boer wat nie saai nie sal nie misoeste kry nie, maar hy sal geen goeie ook kry nie.

Het die daeraad lief en die dag sal jóu liefhê.

'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie.

Dis die flukse perd wat flou word. Meer moeite as wat die vlytige het vir sy loon, het die luiaard verniet.

Op die ou end werk die vlytige man vir homself, die luiaard vir 'n ander.

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Kla net oor jou kooi as dit 'n ander is wat dit vir jou opgemaak het.

Hoe korter jy jou kuier maak, hoe gouer sal jy weer genooi word.

Om my naaste lief te hê is vir my 'n sware gebod. Met die mense daargunter kry ek dit nog op 'n manier reg.

Jy sê "ja" waar jy moes "nee" gesêhet omdat jy die ander nie wil aanstoot gee nie. Maar eken hoe het hy jou aanstoot gegee met sy versoek!

Aan 'n nuwe wa kan jy sien of dit 'n goeie skilder was; aan 'n oue of dit goeie wamaker was.

Trek liewer vir jou vriend jou broek uit as om vir hom vir 'n baadjie borg te staan. Anders loop julle naderhand albei nakend.

Die vriendskap wat jy moet koop is 'n duur artikel. Jy sal nie weer jou prys kry as jy dit van die hand wil sit nie.

Moenie vriendskap en besigheid meng nie – jy bederf albei.

'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie.

Maak jou vriendelikheid goedkoop en hou jou vriendskap duur.

Moenie jou vriend vergeet nie; dit sal hom seermaak. Maak jou vyand daarmee seer.

'n Skare is 'n versameling van eensames.

Stuur die luiaard na die miere, en as hy nie te lui is om te gaan nie sal hy te lui wees om weer terug te kom.

Dis net so moeilik om maklikheid in die ou wêreld te kry as wat dit maklik is om moeilikheid te kry.

Waardeer die werk van jou vrou. Jy kan nie op die aarde 'n ander kneg kry vir dieselfde diens en dieselfde prys nie.

Met spaarsaamheid sal jy uit die kleinste inkomste iets oorhou; met verkwistery sal die grootste vir jou te min wees.

Besorg jou eie boodskap en reken die moeite teen dit wat die misverstand jou sou gekos het.

Het die ryk man nodig om so suinig te wees? Maar hy is nie 'n ryk man wat suinig geword het nie; hy is 'n suinige man wat ryk geword het.

Help jou swakke mededinger op die bene bly.  As hy tot niet gaan, kom daar dalk 'n sterke in sy plek.

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES (7)

(Lees die reeks by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

  • Die adderbyt van naberou is verskriklik (Naberou is ontstellend.)
  • Hy het hom in 'n addergebroedesel begewe (Hy was tussen 'n groep nydige, aanvallende mense.)
  • Sy het hom adieu toegeroep (Sy het vaarwel gesê.)
  • 'n Adres van adhesie is 'n geskrif waarin instemming betuig word met 'n versoek.
  • Jy is nou by die verkeerde adres (Jy soek die oorsaak van die kwaad by die verkeerde persoon.)
  • Dit was advokatery (Dit was regskundige uitoorlêery.)
  • Hy sal die werk weer afbroddel. (Hy sal knoeiwerk of slordige werk verrig.)
  • Sy wil elke takie afbrom (Sy kla die hele tyd terwyl sy werk.)
  • Jy kan nou maar afdans (Jy kan nou maar skoert.)
  • Moet hom nie op sy verdienste afdwing nie (Moet hom nie verkleineer nie.)
  • Die ou werkie draf ek gou af (Ek sal dit sommer gou afhandel.)
  • Hulle wil die rusie afdrink (Hulle wil vrede maak.)
  • Sy het soms baie affêrinkies (Sy is dikwels vol nukke en nonsens.)
  • Hy sal wel weer geld van haar affutsel (Hy sal dit op 'n oneerlike manier van haar kry.)
  • Daar kan niks van afgaan nie (Dit kan nie ontken word nie.)
  • Hy sal 'n afgehekste loesing kry ('n deeglike pak slae.)
  • Sy is 'n afgelekte meisie (Sy het al baie kêrels gehad.)
  • Jy lyk so afgesak (Jy lyk baie moeg.)
  • Hy het afgetop gelyk (Hy het verleë gelyk.)
  • As jy iets van hom wil hê sal jy dit moet afgoël (Hy is so suinig!)
  • So 'n afhaler is onnodig ('n Onnodige belediging.)
  • As dit afhang moet ons dit maar opbind (Skertsend wanneer iemand gedurig begin met "Dit hang af..."
  • Na elke partytjie is hy babalaas ( dan ly hy aan die gevolge van te veel alkohol).
  • Daar was 'n Babelse gegons van stemme (Almal het gelyktydig gepraat).
  • Dit was 'n Babelse verwarring (Dit was baie deurmekaar).
  • Hy sal weer mooi broodjies kom bak (Hy sal kom vlei en mooipraat om sy doel te bereik),
  • Hulle eet nie uit een bak nie (Hulle is nie vriende nie).
  • Sy het hom 'n bak gewys (Sy het hom onvriendelik tereggewys).
  • Gou by die bak maar lui by die vak (Hy is eerste daar waar iets te ete is maar traag as hy moet werk).
  • Hy maak sy hande bak (Hy kom bedel iets).
  • Ons moes bak staan (Ons moes hard werk).
  • Dit was sommer 'n bakerpraatjie (Dit was 'n skinderstorie).
  • Jerusalem is die bakermat van die Christelike Kerk ( Dis waar dit begin het. 'n Bakermat was 'n mandjie waarin die baker – die vrou wat 'n pasgebore baba versorg het – die kindjie op haar skoot voor die vuur versorg het).

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1903 gaste aanlyn