Nuutste bydraes

GEDAGTES VIR ELKE DAG

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Elke ras wat toelaat dat sy bloed vermeng raak, verdien om ten gronde te gaan soos elke beskawing in die verlede wat van hul oorspronklike rassesamestelling afstand gedoen het en tot niet gegaan het. Hulle het geval omdat hulle dit wat vir hulle kosbaar moes wees, nie opgepas het nie.

DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (41)

Dr Eschel Rhoodie (1984)

Lees reeks by Die ware inligtingskandaal

Die doel met die plasing van hierdie inligting oor die destydse Inligtingskandaal is om die leser perspektief te gee oor hoe Suid-Afrika tot by die haglike verval van 'n swart regering gekom het. Die verraad wat destyds in die kabinet van Vorster, PW Botha, Pik Botha en De Klerk plaasgevind het, nie net teenoor ons Boerevolk nie, maar ook onder en teenoor mekaar in die parlement, getuig van hul veragtelike motiewe en handeling.

DIE SONDEBOK WORD GEARRESTEER

Donderdag, 19 Julie 1979, was ’n lieflike dag in Juan-les-Pins, daardle skilderagtige klein dorpie aan die Middellandse See, digby fabelagtige Cannes en bedrywige, kleurvolle Nice, middelpunt van die Franse Riviera. Ons het 'n klein woonstelletjie aan die strand gehuur wat aan ’n Iranese sakeman behoort het. Kort voor dit het ons ’n week in La Galore naby Cannes deurgebring, moontlik die mees indrukwekkende vakansie-oord in Frankryk. Die somer-woonstel van Dassault, bouer van die Mirage-vegvliegtuie was hier, asook die van vele ander beroemde manne en vroue. Die woonstel-geboue het soos ‘n lappieskombers teen die berghange gelê, tot reg aan die blou waterkant waar
die private hawe was. Hier het ons ’n week as gaste van ’n Europese uitgewersmaatskappy deurgebring.

Vir die twee van ons was dit ’n gratis vakansie onder wonderlike omstandighede. Die huur was vir ’n week vooruitbetaal. Die huur vir die woonstel in Juan-les-Pins was deur my werkgewer in Ecquador betaal vir wie ek vier maande tevore begin werk het. Ons het uitgesien om ons seun wat toe in Engeland op skool was, welkom te heet. Hy was in daardie stadium nog ’n introvert en baie sensitief. Hy en ek het ’n hartseer tyd gedurende Kersfees 1978 deurgemaak toe ons alleen in Frankryk gesit en tevergeefs gehoop het dat Katy by ons sou aansluit.

Vir drie maande was Katy van ons geskei. My seun en ek moes Kersfees 1978 alleen deurbring, in vertwyfeling of ons haar ooit weer sou sien. Ons moes die nuwejaar van 1979 ook sonder haar ingaan. Dit was die eerste keer in 23 jaar dat Katy en ek in die kerstyd van mekaar geskei was.

“In die verlede het ons kritici ons gewoonlik daarvan beskuldig dat ons soos Fasciste optree. P.W. Botha se regering het sekerlik daarop verbeter. Hulle doen dit nou met sielkundige druk- Gulag-styl, soos die Sowjet-Unie”, het ek aan vriende in Parys gesê.

Dit was eers ses maande later, in Julie 1979 dat moeder en seun, vader en dogter, weer herenig was.

Verdere skokke het op my seun gewag toe sy moeder na die Suid-Afrikaanse Ambassade in Parys gegaan het om hulle geboortesertifikate, Katy se huweliksertifikaat en ander dokumente, soos haar bestuurderslisensie, te laat bekragtig. Louis Pienaar, die Suid-Afrikaanse Ambassadeur in Frankryk, het Katy na sy kantoor laat bring waar hy en ’n ander amptenaar haar met kille vyandigheid aangekyk het. Byna asof sy persoonlik die miljoene aan Louis Luyt oorhandig het om The Citizen te lanseer. Pienaar het daar en dan al haar belangrike persoonlike dokumente gekonfiskeer, insluitend ’n Pretoriase prokureur se sertifikaat dat, tot die beste van sy kennis, my 15 jaar oue seun nooit enige wandaad in Suid-Afrika gepleeg het nie! Dit was nie ’n amptelike dokument nie, derhalwe moes Pienaar, ’n voormalige prokureur, geweet het dat hy verbode grond betree het.

Ek het Pienaar se optrede eienaardig gevind, want ek het die man nogal goed geken en hy het sy pos as Ambassadeur aan generaal Van den Bergh en myself te danke gehad.

Aan boord van die Boeing-vliegtuig wat John Vorster na die Ivoorkus vir sy geheime ontmoeting met Houphouet Boigny en Leopold Senghor geneem het, het Van den Bergh en ek vir Brand Fourie oorgehaal om Pienaar as Ambassadeur in Frankryk te nomineer.

Brand Fourie het begin argumenteer dat hy Pienaar nie kon aanstel nie, maar Van den Bergh het hom stilgemaak: “Bog, Brand. Jy weet jy het direkte toegang tot die Eerste Minister. Jy weet jy beheer Buitelandse Sake, nie Hilgard Muller nie. Elke Ambassadeur, miskien nie almal nie, maar byna elkeen, is jou gekeurde manne”.

Fourie het gelag, maar dit nie ontken nie. Pienaar is kort daarna aangestel. Twee maande voor sy aanstelling het ek by ’n middagete in Kaapstad aan hom vertel dat dit gaan gebeur.

Die dokumente wat Pienaar geneem het, is terugbesorg nadat ons prokureur by Pik Botha protes aangeteken het. Pik Botha het onmiddellik ontken dat hy geweet het dat Katy se dokumente gekonfiskeer is. Vroeër - in Maart - het die Ambassade ’n brief aan my regsadviseur in Holland gestuur om te versoek dat Katy se paspoort weer eens teruggegee moes word. Van Breukelen, die krapperige Hollandse prokureur wat my toe in Nederland verteenwoordig het, het daar en dan geantwoord dat hy nie so-iets gaan doen nie. “Ek verteenwoordig slegs dr. Rhoodie, nie mev. Rhoodie nie”.

Mervyn Gross het weer na Pik Botha gegaan en weer eens het hy ontken dat hy so ’n opdrag gegee het. Bronne in die Paryse Ambassade het ons egter ’n ander storie vertel. Vroeër, toe Katy se paspoort ook teruggetrek is, het Botha ook ontken dat hy deel daaraan gehad het. Mervin Gross het aan my vertel dat Botha gesê het dat hy “geskok” was en onmiddellik, tevergeefs, probeer het om die Minister van Binnelandse Sake, of sy Sekretaris, advokaat T. J. Booyens te kontak. Uit al hierdie dinge sou ’n mens miskien kon aflei dat mnr. Schlebusch moontlik op eie houtjie besluit het om kragman te speel. Moontlik wou hy druk op die vrou en kinders van die hoofkarakter in die Inligtingskandaal uitoefen in die hoop dat ek sal breek. Maar ek het my bedenkinge gehad. Paspoortkansellasies, selfs weiering van visums in belangrike sake, is en bly 'n Kabinetsbesluit. Derhalwe moes Pik Botha ook geweet het.

Toe Julie-maand aanbreek, was ons nie alleen uiters dankbaar om ons seun te sien en die sonskyn in die suide van Frankryk te geniet nie, maar ons het ook ons enigste dogter, Annemarie, enige dag verwag.

Annemarie wat in Australia gebore is, en op daardie tydstip ’n eerstejaar-student in joernalistiek en kommunikasiekunde aan die Randse Afrikaanse Universiteit in Johannesburg was, het met meer as haar deel van dreigemente, sieklike telefoonoproepe en lasterlike fluistering te kampe gehad. Die ergste van alles, sy was alleen in Suid-Afrika. Sy was gelukkig om ’n goeie vriend, Chris Kern te hê wat haar in alles bygestaan het en met sy eie rustige geaardheid ’n bietjie kalmte in haar lewe gebring het. Maar dit is tog nie dieselfde as jou eie ouerhuis nie. Daardie huis waar Annemarie agt gelukkige jare deurgebring, het in Menlopark leeg gestaan, deur regeringsamptenare bewaak. Tesame met al ons ander besittings, het die regering daarop beslag gelê onder die vae voorwendsel dat ek baie meer aan die staat geskuld het as wat al ons bates werd was. Dit was ’n voorwendsel wat later ten koste van die belastingbetaler geboemerang het.

My dogter het ook haar stryd met die polisie gehad. Net soos met die middernagtelike besoek aan Katy, het hulle in haar geval ook ’n absolute gebrek aan gevoeligheid getoon. Ek is seker hulle het op hierdie wyse te werk gegaan op instruksies van bo-af. Annemarie was in die middel van haar eerste eksamen toe die polisie, in uniform, by haar koshuis opdaag om haar uit te vra oor waar die familie-meubels was. Ons prokureur kon dit maklik aan hulle vertel het, maar dit was nie volgens die reëls van hulle spel nie. Geen telefoonoproepe nie. Dit sou te maklik wees. Indien Annemarie in trane sou uitbars, dan kon die manne in die Uniegebou mos hul uurtjie van genot hê.
Maar sy het ’n goeie kop op haar skouers, ’n groot hap van moed en selfbeheersing.

Eschel jnr. het eerste per trein vanaf Holland aangekom. ’n Paar dae later het Annemarie per vliegtuig uit Suid-Afirika gearriveer. Dit was nie ’n tranerige hereniging nie, maar ’n vreugdevolle een. Uiteindelik was die huisgesin weer bymekaar en vir veertien heerlike dae kon ons in liefdevolle samesyn deurbring. Die kinders en ek het elke dag gaan duik, nadat beide by die Club Spyndole, die mees bedrywige diepsee-duikklub in Frankryk aangesluit het.
Ons het al vanaf die oostelike koraalbanke van Australië, die Seychelles, die Rooi See en die Golf van Eilat geduik waar ek my 45ste verjaarsdag saam met vriende gevier het, 100 voet diep onder die water op ’n koraalrotsformasie in die Straat van Tiran. As ’n lewenslange geheelonthouer het ek nie deelgeneem nie, maar die groep het selfs daarin geslaag om ’n bottel sjampanje onder water te “ontkurk”.

Annemarie wat voorheen in Johannesburg onderwater-hokkie gespeel het, het die Franse verbaas deur haar eksamen, praktiese toetse en oopsee duike alles in een dag te slaag.

My 46ste verjaardag, 11 Julie 1979, het gekom en gegaan. Katy en die kinders het my met geskenke, groot en klein, oorlaai. Dit was ’n gelukkige tydjie. ’n Tydjie van liefde en ontspanning. Soos in die ou dae, voordat Retief van Rooyen homself as die politieke-verlosser van Suid-Afrika beskou het en die Inligting-tydbom laat ontplof het.

Sonder my wete het Katy egter die mees neerdrukkende voorgevoel gehad dat iets vreesliks gaan gebeur.

Op Donderdag 19 Julie, het ek op die sesde vloer balkon van die woonstelgebou gesit en oor die baai van Juan-les-Pins uitgekyk. Dit was vroegoggend en die see was ongelooflik blou. Seilbote en jagte, groot en klein, was oral oor die baai. Die eerste sonbaaiers was op die strand. Vanwaar ek gesit het, het ek direk na La California, die heuwelagtige oostelike gedeelte van Cannes gekyk.

Cannes, waar ek dikwels hooggeplaasde Amerikaanse, Franse, Britse, Hollandse, Italiaanse en Israelse sakemanne en politici in die dakwoning ontmoet het wat vir die Suid-Afrikaanse Regering as ’n veilige huis aangekoop is. Cannes, waar ek, tesame met André Pieterse, op die strand vir middagete met Roman Polanski, Karl Klinger, John Huston en ander groot koppe in die filmbedryf aangesit het. Les de Villiers en Anneline Kriel was ook aan tafel. Ook Anthony Quinn.

Cannes, waar ek David Abramson en Stuart Pegg ontmoet het om die oorname van die Britse uitgewersreus, Morgan Grampian, te bespreek.

Aan my linkerkant kon ek duidelik die eiland Marguerita sien waar, volgens legende, die Man agter die Ystermasker uit Dumas se beroemde roman gevange gehou is.

Die kinders en ek het dae deurgebring deur rondom die eiland te duik. My seun en ek het deur die ou fort geloop, die sel besoek waar die een tweeling, wat volgens oorlewering die ware Koning van Frankryk was, deur sy broer agter ’n ystermasker gevange gehou is sodat sy bewaarders hom nie kon herken nie.

Om 10.15 daardie oggend het ek opgestaan en my vrou totsiens gesoen. Ek wou ’n kort entjie gaan stap tot by die hoek om te sien of ’n vriend wat ek sou ontmoet, ’n Hollandse uitgewer, al gearriveer het. Ek het die sleutels van die woonstel geneem. My dogter en seun het in die sitkamer gesit en lees. Ek het hulle nie eens totsiens gesoen nie, want ek het gereken om oor sowat vyftien minute terug te wees. Ek het net bootskoene, ’n roomkleurige broek en ’n geruite hemp aangehad. Ek het geen geld by my gehad nie, geen sakdoek nie, geen potlood nie, geen pen nie.

Ek het by die woonstel uitgestap, met die trappe af, deur die voordeur en uit in die skerp sonlig. Ek het skaars vyftien tree geloop toe ’n stem agter my sê:
“Dr. Rhoodie?” Ek het omgedraai. Drie mans het op my toegesak. Hulle het my arms vasgegryp en my by ’n motor ingestoot wat voor die gehou geparkeor was. Al drie het gewone klere aangehad. Die oudste van die drie het in Engels aan my gesê: “U is onder arres”. Vir die eerste keer in my lewe het ek boeie om my gewrigte voel sluit en het van skok lam geword.

Ek het aan hulle gevra of ek my vrou in kennis mag stel. Hulle het geweier. Kon ek die sleutels by die opsigter afgee? Hulle het geweier. Kon hulle aan my vertel waaroor dit alles gaan? Hulle het geweier.

Die motor het teen ’n hoë spoed weggetrek en die kuspad na Nice gevolg. Vir ‘n halfuur het ek probeer om die Franse sover te kry om my meer te vertel. Tevergeefs. Ek het agter in die motor gesit. Yskoud. Ek het aan my vrou en kinders gedink wat sou begin wonder wat van my geword het. Inderdaad, dit was eers ses ure later dat ek uiteindelik die polisie oorgehaal het om ’n advokaat in Cannes te skakel, wie daarna my vrou in kennis gestel het. Teen daardie tyd was Katy en die kinders rasend by die gedagte dat ’n motor my omgery het en ek na ’n hospitaal geneem is.

Die Franse polisie was onbeskof en swygsaam.

Nadat hulle my na die polisiehoofkwartiere in Nice geneem het om my vingerafdrukke te neem, het hulle my in ’n vuil sel opgesluit. Dit was sonder ’n bed, sonder ’n stoel of lopende water. Net ’n gat in die vloer in een hoek wat as toilet moes dien.

Na ’n paar uur is ek na die polisiehoofkwartiere teruggeneem, nog steeds In handboeie. ’n Ander offisier het aan my gesê dat daar ’n Suid-Afrikaanse lasbrief vir my inhegtenisname uitgereik is. Die Franse Departement van Justisie het dit aanvaar en dat ek dieselfde aand nog na Suid-Afrika gedeporteer word. Geen argument kon die polisie oortuig dat dit net regverdig en menslik sou wees dat ek my vrou en advokaat mag sien voordat ek gedeporteer word nie. Nee, hulle het gesê ’n Suid-Afrikaanse Boeing 747 vanaf Londen sou daardie aand na Nice uitwyk en dat ek beslis op daardie vliegtuig sou wees. Hulle het my die hele tyd in handboeie gehou, met kettings om my bene wat om ’n tafelpoot vasgesluit was.

Uiteindelik is ek na ’n ander gebou geneem waar daar foto’s van my geneem is. Daar het ’n telefoonoproep gekom. Nog meer oproepe het gevolg.

Die offisiere het koppe bymekaar gesit. Nog ’n haastige samespreking en toe het die polisie my in ’n motor gebondel wat weer met ’n vaart weggetrek het. Dit gevoel asof hulle vir ewig ry, maar nou het ek ten minste geweet dat hulle nie op pad na Marseilles was nie. Daar was ook ’n lughawe en hulle was alreeds verby Nice lughawe. Van hierdie lughawe af het Bernard Lejeune, ’n Franse joernalis wat in Suid-Afrika werksaam was, Albie Geldenhuys (wie Frans net so vlot as sy eie moedertaal kon praat) en ek dikwels in die verlede op Air Afrique-vlugte na lande soos Senegal, Moritanie, Zaire en die Ivoorkus vertrek in ons pogings om politieke kontakte vir Suid-Afrika daar te stel.

Ek het onthou hoe dikwels ek al die pad met UTA-lugdiens vanaf Johannesburg na Nice gevlieg het, dan af na Abidjan of Dakar, ’n halfuur of uur by die President deurgebring het en dan weer terug na Nice of Parys, en daarvandaan terug na Johannesburg moes vlieg. Slegs 72 uur om ’n afstand van 30 000 kilometer te dek! Om kontak met Swart-Afrika te maak en aan ’n skeptiese John Vorster te bewys dat deur konvensionele diplomatieke kanale te omseil, meer vermag kon word om detente met Afrika aan die gang te kry. “Stralejakkery”, het sommige koerante in Suid-Afrika dit genoem, en in hul lesers se gedagtes prentjies van kaviaar, meisies en plesier opgetower. Ek sou met plesier na die dae van seilskepe teruggegaan en het dit lankal reeds begin verpes om net na ’n vliegtuig te kyk.

Terwyl die motor deur die welige platteland voortgesnel het met die selonsrose wat in kleurvolle massas tot ses voet hoog langs die pad gegroei het, het ek aanhoudend aan die Erasmus-Kommissie gedink. Hoedat ek in die geheim vir 18 uur moes getuig sonder dat my regsadviseur, dr. Hein Grosskopf (nou ’n Regter van die Hooggeregshof) plus ’n prokureur en ander advokaat toegelaat was om ’n enkele pertinente vraag aan die Kommissie te stel.

Hoedat die voorsitter van die Kommissie, Regter Rudolph Erasmus agterna my hand geskud het en aan my gesê het hoe jammer dit was dat hy nie oor ons suksesse kon rapporteer nie instede van slegs oor die beweerde onreëlmatige uitbetaling van die regering se geheime fondse. Nie alleen dit nie, maar hy het bygevoeg dat uit wat hy nou gehoor het, hy nie my keel gaan afsny nie. Na my getuienis het Regter Erasmus aan dr. Grosskopf erken dat hy eers daaraan gedink het om my paspoort te kanselleer, maar dat hy nou, nadat hy my aangehoor het, ’n baie beter en positiewe indruk gehad het. Nietemin het dieselfde man ’n verslag opgestel wat na my wete ’n totaal verkeerde beeld van die ware stand van sake gereflekteer het. Op vele plekke was die verslag so onakkuraat en so selektief in sy voorstelling van getuienis, feite en statistieke, dat dit skandalig was. Die verslag was so bevooroordeeld dat generaal Van den Bergh, nadat dit gepubliseer is, dit as ’n “klug” beskryf het en die ergste voorbeeld van karakter-sluipmoord wat hy nog ooit gesien het. Die Regering het geweier om Van den Bergh vanweë minagting van die Kommissie te vervolg. “Daar is net een rede”, het ek gedink, “indien die bandopnames teruggespeel sou word oor wat die generaal en ander getuies werklik gesê het en wat die Kommissie beweer hulle sou gesê het, sal die Kommissie in warm water wees. Uiteindelik het hierdie man, Rudolph Erasmus, wat nie eens kon verstaan hoe die Regering te werk gegaan het om ’n stuk grond te koop nie, inderwaarheid my keel afgesny deur te beweer dat ek met sommige van die geheime fondse gedros of dit vir my persoonlik aangewend het. Ek wonder wat of wie hom van gedagte laat verander het?”

Dit was ’n vraag wat John Vorster ook later in die openbaar sou vra - waarom die Kommissie hom eers vrygespreek het en aangeprys en hom toe in sy finale verslag vernietig het.

In die motor het die Franse polisie-offisier skielik in foutlose Engels begin praat. Hy het aan my gesê dat hy seker sou maak dat my vrou die sleutels van die woonstel kry en dat hy ook daardie nota na haar sal neem. (Hy het dit nooit gedoen nie). Hy het verduidelik dat my advokaat in Cannes, dr. Henri Vincent, op een of ander wyse daarin geslaag het om tydelik die beplande uitlewering te blokkeer op grond daarvan dat dit onwettig is en dat ek op die beskerming van die Franse howe geregtig is. Hulle neem my nou na Grasse, die hoofstad van die provinsie, het die offisier bygevoeg, waar ek in die gevangenis aangehou sou word totdat my prokureur en ek die situasie klaar bespreek het. Hy het nie
wat daarna sou gebeur nie.

“Grasse”, het ek gedink, “ook die hoofstad van die parfuumindustrie, maar die geur wat hierdie hele saak omring is nader aan bederfde vis”. Daarna het die polisieman iets gese wat my tot in my siel geskok het. “Jy weet, ek glo nie ons gaan jou lank in Grasse hou nie. Ons wou jou in die gevangenis in Nice aangehou het, maar toe het daar ’n gerug oor jou aanhouding daar uitgelek. Ek verstaan van Parys dat mense van twee vreemde lande na jou soek”.

“Wat bedoel jy met hulle soek na my?”

“Wel, kom ons sê hulle is nie gretig dat jy enigiets moet sê nie”.

“Kyk”, het ek gesê, “moenie my gevoelens spaar nie. Vertel my net die waarheid. Sê jy daar is mense in Frankryk wat my soek om my dood te maak?”

Die polisieman het vir ’n oomblik stilgebly. “Waarom dink jy is daar drie van ons saam met jou in hierdie motor, almal bewapen? Jy is mos nie 'n gevaarlike misdadiger nie. Jy is ’n beskaafde man. Kom ons laat dit daar bly".

Daar het ’n krieweling langs my ruggraat opgekruip. Tesame met moontlik vyf of ses ander persone in Suid-Afrika het ek van die meeste, indien nie almal nie, van die land se strategiese geheime en geheime projekte geweet. Ek het nie met opset na hierdie kennis gesoek nie, maar my vlak van politieke kontakte met sekere State het geweldig bevredigende resultate vir al die belanghebbedes opgelewer. Die ander lande het my vertrou, net soos hulle vir generaal Van den Bergh ook vertrou het en was uiters dankbaar vir die dinge wat ek vir hulle gereël het. Hulle het dit selfs op skrif gestel. Hulle het my in hulle vertroue geneem.

Nou het sommige van hierdie lande, moontlik selfs Suid-Afrika, klaarblyklik ’n span gestuur om my uit te wis omdat hulle bang was dat ek uiters geheime sake sal uitlek.

Ek was baie ontsteld. Ek het altyd aan my vriende en kontakte in die pers gesê (en het selfs briewe aan die betrokkenes in ander lande geskryf) dat ek nooit oor geheime projekte en kontakte sou praat wat die sekuriteit van die hele land tot nadeel sou strek nie. Ek het groot onderskeid gemaak tussen individuele politici in die nuwe Suid-Afrikaanse Regering wat my vir ’n openbare sondebok probeer uitmaak en die belange van Suid-Afrika. My eie opvatting is dat nie eens die belange van die hele regerende Nasionale Party sinoniem met die belange van Suid-Afrika is nie. Dit is wat ek in Parys aan generaal Van den Bergh gesê het.

Later het ek van Mervin Rees van die Rand Daily Mail en van ander verslaggewers wat na Frankryk gevlieg het toe die nuus van my arrestasie rugbaar geword het, gehoor dat joemaliste van die Franse Staatsradio-diens hulle ingelig het dat die polisie twee vermeende sluipmoord spanne by die Roissy Lughawe land-uit gewys het.

Advokate wat in Parys aangestel was om my in my saak by te staan het hierdie berigte teenoor my vrou bevestig.

Maar die Franse was nie seker of sommige persone nie alreeds Frankryk onopgemerk binnegekom het nie en hulle was nie geneë om met ’n sluipmoord opgeskeep te sit nie. Soos ’n top Paryse advokaat aan Katy gesê het: “Die Franse Regering wou net so spoedig moontlik die hele besigheid agter die rug gekry het. Hulle kon nie beskostig dat Eschel in Frankryk doodgeskiet word . Om die waarheid te sê, die Regering het sy arrestasie as ’n uitstekende geleentheid gesien om ’n geheime ooreenkoms met Suid-Afrika aan te gaan. Hulle sal Eschel uitlewer en dan alle Suid-Afrikaanse sportmanne wat na Frankryk kom in die ban doen. Langs hierdie weg sou Frankryk nie aan OPEC se kritiek blootgestel word dat hy sportbande met Suid-Afrika toelaat nie. En twee jaar tevore het Giscard d’Estaing dit reeds duidelik gemaak dat Frankryk op die duur eerder saam met die trop in Afrika moet loop. Nigerië was ryk aan olie en daar was baie ander voordele. ’n Anti-Suid-Afrikaanse houding sou die OPEC-lande en al die Arabiese-State welgeval. Die Suid-Afrikaanse publiek sou die reg tot vrye toegang tot Frankryk verloor, maar die regering sal wen deur jou man terug te kry”.

Vir die Suid-Afrikaanse Regering was dit ’n politieke winskopie, maar vir die arme reisende Suid-Afrikaanse publiek, sakemanne en toeriste, was dit ’n terugslag.

Toe die motor Grasse bereik, ’n pragtige berg-dorpie sowat 50 kilometer vanaf Cannes, het ek besef dat ek ’n moeilike tyd tegemoet gaan. In Grasse het die polisie my na die adjunk-Prokureur-Generaal geneem wat onmiddellik aan die polisie gevra het om die boeie oop te sluit wat ek aangehad het. Daama het hy in goeie Engels voortgegaan om die aard van die aanklag teen my uiteen te sit; dat die Suid-Afrikaanse Ambassade ’n volle dossier in beide Frans en Engels aan die Ministerie van Justisie oorhandig het en dat hulle tot die arrestasie
ingestem het. Hy het gesê dat Interpol my namens die Suid-Afrikaanse Polisie in Frankryk opgespoor het.

Ek het die Interpol-storie nie vir een oomblik geglo nie, alhoewel my seun aan my vertel het dat Interpol hom op ’n keer by sy skool in Engeland kom sien het om aan hom te vra of hy weet waar sy ouers was. Die waarheid is dat ek nooit enige geheim gemaak het van waar ek my bevind nie. Katy en ek het altyd onder ons eie name gereis en met ons eie paspoorte. Wanneer ons in hotelle en woonstelle tuisgegaan het, was dit altyd openlik onder ons eie name. In Juan-les Pins was die Rhoodie-naam in die voorportaal saam met al die ander mense wat in die gebou gewoon het, sodat elke verbyganger dit kon sien. Elke tweede koerantredakteur in Suid-Afrika het geweet waar ons gebly het en het ons van tyd tot tyd kom besoek - Rapport, die Rand Daily Mail, Die Huisgenoot, Le Monde (Parys) en andere. Ek het vrylik met verskeie Suid-Afrikaanse toeriste in Cannes gepraat wie my in die strate gesien en gegroet het.

Al die stories in die Suid-Afrikaanse pers dat ek in dosyne verskillende lande gesien is, met ’n baard, met etlike paspoorte, voortvlugtend van land tot land, dat ek wegkruip in Brasilië, in Israel, in Taiwan ens. was almal vals, die produk van joernaliste wat die sogenaamde vryheid van die pers gebruik het om uit elke wilde gerug munt te slaan en hul eie verbeelding as die heilige waarheid weer te gee. Hulle redakteurs was ook nie veel beter deur sulke loutere versinsels te publiseer nie.

Toe ek Suid-Afrika in November 1978 verlaat het, het ek reguit na Parys en London vir sake gegaan en daarna na Cannes waar ek vir die eerste vier maande by vriende gebly het. Ek het sowat tien dae in Switzerland en ’n week in Londen deurgebring. Vanaf Frankryk is ek na Quito, Ecuador, waar ek vir ’n maand by ’n vriend ingewoon het (voormalige Ambassadeur vir sy land) wie
my later in diens geneem het om van sy maatskappye oorsee te verteenwoordig. In hierdie tydperk het ek die VSA twee maal besoek. Alhoewel die Suid-Afrikaanse Regering in Desember 1978 elke land in die wêreld in kennis gestel het dat my paspoort geblokkeer is, het die ander lande, behalwe Engeland, hulle nie daaraan gesteur nie. In die Verenigde State het my naam nie op die uitvoerige lys verskyn wat elke Immigrasie-offisier nagaan voordat ’n uitlander in die VSA toegelaat word nie.

Gedurende my verblyf in die buiteland was my gashere net een keer deur die polisie lastig geval.

Terwyl ek in Ecuador was, het ’n ou bekende, John d’Oliviera van die Johannesburg Star my kom sien. Eers het hy my probeer bluf deur aan my te vertel dat hy my adres en telefoonnommer by Clive Parks, ’n sake-kontak in Kaapstad, gekry het. Toe het hy probeer om voor te gee dat hy dit van die Rand Daily Mail gekry het. Op die ou end het ek hom reguit in die oë gekyk en gesê:
“Bog John, as jy ’n onderhoud met my wil hê moenie jok nie. Dit is nie soos jy is nie. Ek sal jou vertel waar jy my adres gekry het. Slegs my dogter het geweet en ek het aan haar die adres in ’n brief gestuur wat haar nooit bereik het nie. Maar wie ookal daardie brief onderskep het, “Boss”, of die Veiligheidspolisie, het ’n fout begaan, want al my pos na Suid-Afrika word gedupliseer, aan ander vriende in ’n dubbele koervert gestuur, en die duplikaat het veilig aangekom. In die 14 jaar in die buiteland het ek nooit eens ’n poskaart verloor nie. Nou skielik kom selfs vertroulike briewe aan my prokureur, Mervin Gross, nooit by hom uit nie. Ek het ses posstukke in twee maande verloor. Nee John, ek sal jou vertel. Jy het die adres en telefoonnommer van een of ander hoë amptenaar in Suid-Afrika gekry. Kan jy dit ontken?”

John d’Oliviera het vir ’n oomblik stilgebly en sy baard gestreel terwyl hy by die venster van die Hilton Hotel uitgekyk het na die asemrowende skouspel van een van die Andesvulkane aan die buitewyke van Quito. Toe het hy gesê:
“Ek gaan dit nie ontken nie en ek gaan dit ook nie bevestig nie”.

John d’Oliviera het sy onderhoud gekry wat soos gewoonlik akkuraat en regverdig was. Die volgende dag het ek na die VSA en Europa vertrek.

Agt dae later het ek ’n brief van my gasheer in Quito ontvang waarin hy my vertel het dat ’n joemalis wat Engels met ’n Duits-Hollandse aksent gepraat het by sy huis opgedaag het. Hy was deur ’n polisieman vergesel en het my as ’n “dief ’ en ’n “vlugteling van die gereg” aan die kaak gestel. Hy het gesê dat hulle hom daarvan beskuldig het dat hy ’n man versteek het in die wete dat hy ’n ongeldige paspoort het. Die enigste ding wat hy my nog kon vertel was dat die joernalis langerig was, donker pak aangehad en ’n bril gedra het. Ek het geweet
dat dit nie John d’Oliviera was nie, want John kon niks daarby baat nie. Hy het sy onderhoud gekry en ons het ooreengekom om later weer te ontmoet.

Uit die beskrywing het ek afgelei dat die joernalis van ’n Afrikaanse koerant moes wees. Die enigste koerant wat destyds so ver sou gaan om my te kry was Beeld en die koerant het ’n verslaggewer gehad wat by die beskrywing gepas het. Dit was dieselfde koerant wat ’n foto van ’n huis in Brasilië gepubliseer het en waar ek glo in skuiling was. Dit was totaal onwaar.

In retrospek was ek moontlik naby aan die waarheid toe ek aan Jack Viviers van Beeld gedink het, want hy was die man wat probeer het om sy vrou (’n Belg) wat vlot Frans kon praat, oor te haal om by my verhoor in Pretoria te getuig dat wat ek aan die Franse Hof vertel het en wat ek aan die Suid- Afrikaanse Hof vertel het, twee totaal verskillende stories was. Wat ’n vervolgingswaansin!! Gelukkig vir my en ongelukkig vir Viviers en sy Belgiese vrou, het ’n verteenwoordiger van die Suid-Afrikaanse Departement van Buitelandse Sake wat die verhoor in Aix-en-Provence bygewoon het getuig dat daar geen afwykings in my getuienis was nie.

Vanaf Suid-Amerika het ek na Switserland teruggekeer om Katy te ontmoet. Ons het vier dae in Switserland gebly en toe na Nice gevlieg sodat Katy 'n
vakansie na die moeilike tyd wat sy in Suid-Afrika moes deurmaak kon geniet. Na ’n verblyf van veertien dae by vriende in Frankryk, het ons na Costa Rica gevlieg. Ons het beplan om ons tydelik in Costa Rica te vestig, want dit was die mees demokratiese land in Suid- en Sentraal-Amerika. Dit het geen diplomatieke bande met Suid-Afrika gehad nie, was strategies geleë, met goeie lugdiens-aansluitings na ander Suid-Amerikaanse lande. Vir my werk sou dit ideaal wees. Ons kon selfs onmiddellik wettige paspoorte bekom, want volgens wet kan enigeen wat hom in Costa Rica as “pensionaris” vestig op sogenaamde
pensionada status en ’n Costa-Ricaanse paspoort aanspraak maak. Ons het vir sowat ses weke in Costa Rica gebly, maar weer vertrek toe Newsweek ’n voorbladstorie oor die Suid-Afrikaanse Inligtingskandaal gepubliseer het met my foto op die buiteblad. Die Regering van Costa-Rica het op kenmerkende Latyns-Amerikaanse wyse, eenvoudig op ons aansoek gesit en nie “nee” of “ja” gesê nie. Derhalwe het ons na Frankryk teruggekeer waar ons in Juan-les-Pins tot die dag van my arrestasie gebly het.

Koerante in Suid-Afrika het oor hul voete geval om aan hul lesers te beskryf waar ek “wegkruip”. Dit was so absurd dat Katy en ek nie kon verhelp om saam oor al die wilde wolhaarstories te lag nie. Brasilië was die koerante se uitverkore plek - per slot van sake, dit was die plek waarheen, in die rolprente, mense “wat op vlug is” veronderstel is om te gaan. Dit is waarom Thinus Prinsloo van Rapport in Rio de Janeiro en Sao Paolo beland het. En toe Thinus my nie kon vind nie het hy sowaar vir Katy in Pretoria getelefooneer en om hulp gevra!

Selfs die Departement van Buitelandse Sake het gekke van hulself gemaak deurdat Pik Botha amptelik van die Brasiliane geëis het dat ek na Suid-Afrika teruggestuur moes word. Die Brasiliaanse Regering en hul Ambassadeur in Pretoria het aanhoudend ontkennings (wat waar was) uitgereik, maar tevergeefs. Op die ou end het Suid-Afrikaanse koerante ’n man nagespeur tot by ’n huis in die stad Sao Paolo, net om uit te vind dat sy naam “Rudy” is. In al hierdie tyd was ek nooit naby Brasilië nie. Ek was in 1972 laas daar.

Ek het keer op keer aan my vriende en familie gesê dat ek nie permanent van enigiemand in Suid-Afrika weghardloop nie. Alhoewel ek nie gaan uitbasuin waar ek my bevind nie, gaan ek ook nie soos ’n misdadiger wegkruip nie.

Ek was so ontnugter en kwaad oor wat gebeur het dat ek eenvoudig vir ’n paar jaar wou wegkom wanneer ek beter in staat sou wees om die rampspoedige wending van sake te verwerk.

Agter in my kop was daar ook altyd die gedagte van wat die Johannesburgse advokaat aan Katy oor die “Hanging Judge” gesê het.

Ek is oortuig dat die Suid-Afrikaanse owerhede al die tyd geweet het waar ek was, maar eers besluit het om te reageer nadat ek die nuwe Eerste Minister en sy Minister van Finansies in die openbaar op BBC-TV genoem het as onder diegene wat ’n aandeel aan die geheime projekte van die Departement van Inligting gehad het. Ek het ’n goeie rede gehad waarom ek die BBC gekies het, want die Panorama program was deur David Dimbleby en David Harrison beheer. Ek het laasgenoemde as gevolg van sy vele besoeke aan Suid-Afrika goed geken en hy was moontlik die mees ingeligte Britse televisiepersoonlikheid oor die geskiedenis van die Afrikanervolk - soos sy boek, The White Tribe of Africa bewys. David het ook goedgunstiglik aangebied om ’n ogie oor jong Eschel te hou. Hy sou sy jong nefie aan Eschel gaan voorstel toe hy skielik van Scotland Yard besoek ontvang wat dit duidelik uitgespel het dat, vriendskap ten spyt, jong Eschel nie deur die pers lastig geval mag word nie. Scotland Yard het dadelik in my estimasie gestyg.

Twee weke voor my aanhouding het ek openlik en openhartig gepraat met Frank Thompson van The Daily Mail van Londen, met Elseviers Magazine, met die BBC-TV en met twee Suid-Afrikaanse koerante, Rapport en Huisgenoot. Daar was foto’s van ons geneem. Al die samesprekings het by hotelle plaasgevind, in die volle openbare oog, dikwels langs ’n swembad.
Twee maande tevore het die Franse Intelligensiediens ook by my vriende in Cannes, waar ek ingewoon het, besoek afgelê. Hulle het aan die agente al die inligting verstrek wat hulle aangaande my nodig gehad het, waar ek gebly het en wat ek gedoen het. Nee, die owerhede was deurentyd ten volle bewus van waar ek my bevind het.

Nadat die aanklaer in Grasse die Suid-Afrikaanse Regering se saak aan my uiteengesit het, het ek aangevoer dat ek absoluut onskuldig was. Dat hierdie saak ’n politieke vervolging is en dat ek daarop aandring om my advokaat en my vrou te sien.

Die aanklaer het gesê dat hy alreeds met my advokaat, dr. Henri Vincent gepraat het en dat Vincent en Katy die volgende dag in Grasse sou aankom. Ek sou nou toegelaat word, het hy terloops opgemerk, om my saak aan ’n Franse hof voor te lê wat sal besluit of ek aan “Monsieur Botha” uitgelewer moes word al dan nie. Dit was duidelik dat die Franse die idee laat vaar het om my dieselfde aand nog op ’n Suid-Afrikaanse vliegtuig te kry. Die handboeie is weer aangesit en ek is na die gevangenis in Grasse geneem wat reg langs die Ministerie van Justisie geleë is.

Vir die tweede maal daardie dag was ek geskok.

Toe ek die gevangenis binnegaan, het ek verslae na die primitiewe struktuur gestaar. Dit was ’n sewentiende-eeuse Monnikkeklooster wat in ’n gevangenis omskep is. Die sel waarin ek moes gaan, nadat ek beveel is om uit te trek en in yskoue water te stort, was sowat drie meter by vier meter groot, met ’n swaar metaaldeur en net een klein venstertjie wat ver agtertoe en hoog bo in die massiewe tweemeter dik mure ingebou is.

Ek kon net ’n klein strokie blou lug sien.

Daar was twee ander mans in die sel, maar vier beddens. Die een moes 'n vier jaar vonnis vir dwelmhandel uitdien en die ander een was weens aanranding opgesluit. Beide is ’n jaar tevore gevonnis. Ek was nog nie eens verhoor nie maar ek het baie gou uitgevind dat daar in Franse tronke geen onderskeid tussen verhoorafwagtende prisoniers en die wat klaar gevonnis is gemaak word nie. Nie soos in Suid-Afrika waar die twee groepe nie eens in dieselfde gebou aangehou word nie.

Die somerhitte was byna onuithoudbaar vir die drie van ons in die klein selletjie. Daar was geen kruisventilasie nie. Ons het in ons onderklere op die beddens gesit, sopnat gesweet, terwyl ons probeer het om in my geradbraakte Frans en hul powere Engels te kommunikeer.

Die een man was ’n restauranteur en het ’n klein braaipannetjie en ’n bietjie olie in die sel gehad. ’n Bierblikkie, gevul met ’n mengsel van olie en cologne en
’n stukkie handdoekstof as ’n pit, het as ’n stoof gedien. Een keer per week kon die gevangenes eetgoed van buite af bestel en my metgesel het op daardie bierblikstofie en klein pannetjie wondere verrig. Aangesien hy alreeds ’n jaar in die gevangenis was, was hy toegelaat om ekstra toebehore soos die pan aan te
hou.                      

Daar was geen warm water in die sel nie. Ek is gou geleer hoe om die water in die leë Coca-Cola blik te laat kook deur dit op ’n dubbelgevoude vel koerantpapier te balanseer. Die koerantpapier word dan aangesteek. Die
water bereik kookpunt net wanneer die opgerolde koerant tot as verkrummel.
Een keer per dag was daar warm koffie bedien. Die res van die tyd was dit wit brood of spaghetti met die harsings of stukkies hart van een of ander onbekende dier bo-op gestapel. Maar met die uie wat my metgesel een keer per week gekoop het, tamaties en spaghetti, het hy daarin geslaag om ’n maaltyd voor te berei wat ten minste eetbaar was.

Die gevangenes in Grasse kon een keer per week ’n stortbad neem. Slegs koue water. Een keer per dag was hulle uitgeneem om te “promenade”, wat daaruit bestaan het om buite op en af te stap in ’n daklose sel met hoë mure en wat presies elf tree lank en sewe tree breed was. Daar was ses van hierdie “selle” en twintig mans moes op ’n keer in hierdie beperkte ruimte “wandel”. “Byna soos die ou leeu hokke in die Pretoria Dieretuin, net ’n bietjie kleiner”, het ek gedink. Gelukkig was die meeste van die ander prisoniers te lusteloos of teneergedruk om te stap en hulle het met sombere belangstelling na my gestaar terwyl ek kilometer na kilometer op en af gestap het. Ek het tyd gehou op my horlosie en elke tree afgetel. Ek kon 3,8 kilometer in een uur in daardie hokkie behaal. Ek het probeer om nooit op te kyk nie, want al wat ek kon sien was ’n strokie blou lug en ’n groen takkie wat oor die hoëe grys mure tussen doringdraad en glasskerwe deurgeloer het. Vir my het daardie stukkie blou en groen in my gedagtes net so kosbaar geword soos my vrou en kinders en slegs
deur my gedagtes doelgerig met ander sake besig te hou, kon ek die gevoelens van gekrenktheid, verlange en hartseer onderdruk wat geneig het om my te oorweldig.

Gedurende die nag het my twee metgeselle en ek in ons eie sweetbad gelê. Die Meditereense somer het sy hoogtepunt bereik en die gebrek aan lugsirkulasie in die sel het dit in ’n stoombad verander. Die stortbad een keer per week het nie veel gehelp nie en die “promenade” een uur per dag het net die liggaamshitte vermeerder.

In die ganse “biblioteek”, soos die gevangenis sy hele voorraad van sowat 100 boeke genoem het, was daar net twee boeke in Engels. Een was Charles Dickens se David Copperfield en die ander, ongelooflik soos dit mag klink, ’n boek oor Suid-Afrikaanse kuns en kultuur. Dit was in 1967 deur die Departement van Inligting geproduseer. Ek kon nie help om dit uit te skater toe die boek aan my oorhandig is nie. My metgeselle het egter die boek geniet. Hulle het, tot op daardie tydstip, geglo dat Suid-Afrika ’n gedeelte van daardie groen oerwoud is wat die hele Afrika bedek, met troppe gorillas en leeus oral oor die plek.

Daardie eerste nag het ek op my sponsrubber matras gelê en staar na die donkerblou vierkant in die venster wat die naghemel was.

Ek het ’n gevoel van onherstelbare verlies gehad en die verlange na die aanraking van my vrou was byna ondraaglik.

Ek het gedink aan die skok wat my inhegtenisname vir my seun moes wees. Sy verjaardag was net ’n week later. Dit sou die eerste keer wees dat ek nie daar sou wees om hom met ’n soen geluk te wens nie. Ek het my dogter vir agt maande nie gesien nie en toe net twee weke saam met haar kon deurbring.

Ek het met bitterheid aan die nuwe regering in Suid-Afrika gedink, wat daarop uit was om my te vernietig ten einde hul eie geloofwaardigheid te beskerm. Ek het aan Retief van Rooyen en sy verraad gedink en hoe sy familie sal reageer die dag wanneer die lelike waarheid tot hulle deurdring.

Drie weke tevore het ek met ’n Afrikaanse sakeman van Johannesburg en kort daama met ’n prokureur van Kaapstad gesels wat oorgevlieg het om my te kom sien. Beide van hulle het noue betrekkinge met die regering en Nasionale Party gehad.

Die twee besoekers het mekaar nie geken nie. Hulle het my ook nie op dieselfde dag gesien nie. Hulle het van verskillende stede gekom en het na verskillende skole en universiteite gegaan. Maar beide het ’n identiese waardebepaling gebring.

Die prokureur het dit in ’n neutedop opgesom: “Man, jy word deur P.W. Botha beskuldig van onreëlmatighede in die implementering van John Vorster se geheime propaganda-program. Jy was die hoof uitvoerende beampte. Die Regering se hoofagent. Die man wat oor die beurs beskik het en derhalwe die mees kwesbare Ministers teken mos nie tjeks nie. Net die amptenare doen dit. Mense soos jyself. Nou het sommige van die projekte uitgelek. Noudat hulle openbaar gemaak is, moet die politici dit verwerp en hulleself beskerm. Derhalwe blameer hulle jou. Natuurlik glo geen intelligente Suid-Afrikaner vir een oomblik dat net jy, Hendrik van den Bergh en Connie Mulder van hierdie dinge geweet het nie. Natuurlik besef hulle dat P.W. Botha, Owen Horwood en ander Ministers moes geweet het. Connie Mulder is uitgeskop want dit kan maklik bewys word dat hy geweet het. Jy, Eschel Rhoodie, het die fatale fout gemaak deur nie jou groot mond toe te hou nie. Indien jy stilgebly het sou hulle jou met rus in die buiteland gelaat het. In plaas daarvan, het jy aan die wêreld gaan vertel dat P.W. Botha en Horwood ook geweet het. Dat as Vorster, Van den Bergh, Mulder en jyself, die hoogste tol moes betaal, waarom moes die ander kwytgeskel word. Ek kan jou werklik nie met jou wysheid om te praat gelukwens nie, maar ek kan ten minste jou moed bewonder om nie voor hierdie soort van politieke moraliteit te gaan lê nie. Maar die uiteinde was dat jy, Connie en Van den Bergh vernietig moes word; sosiaal, polities en finansieël. ”

“Maar waarom vernietig? Ek is nie skaam vir die werk wat ons gedoen het nie .

“Omdat hulle julle vrees”, het die prokureur geantwoord. “Onthou, P.W. Botha het eers gesê dat hy nie geweet het waarvandaan die geld vir jou geheime projekte gekom het nie. Ek verstaan hy het in die Parlement gesê dat dit nie van hom afkomstig was nie. Wel, daardie een is gou as onwaar bewys deur Vorster se verklaring aan die Parlement in Mei 1978. Maar daama het P.W. Botha by ’n perskonferensie gesê dat hy en die Ministers van sy nuwe Kabinet niks van geheime projekte geweet het nie. Daardie verklaring kon deur ’n kind afgeskiet word, daarom het hy weer eens ’n draai gegooi en gesê dat hulle nie van enige onreëlmatige projekte geweet het nie. Teen daardie tyd het P.W. warm begin raak, derhalwe het hy die uitdaging gerig dat indien dit bewys kon word dat hy geweet het, dat indien enige enkele persoon in die Kabinet geweet het van die projekte wat nou as onreëlmatig beskou word, hy sou bedank en ’n nuwe verkiesing uitroep.

“Laat ek jou nou vertel, ’n geslepe politikus soos P.W. Botha sou nooit so-iets doen tensy hy uit-en-uit kon wen nie en aangesien hy naelskraaps as Eerste Minister verkies is, is hy doodbang dat die regeringskandaal wat hy geërf het hom ’n aantal setels in die Volksraad kan kos. Ek weet nie wie die instruksies gegee het dat jy, Van den Bergh en Mulder sosiaal verwerp moes word en indien moontlik, finansieël en polities vemietig word nie.”

“Het iemand regtig so ’n instruksie gegee?”

“Ek vermoed so. Om die waarheid te sê, ek verstaan dit was selfs êrens in ’n Kaapse koerant gerapporteer dat volgens een of ander Minister die Rhoodies vernietig moes word.”

Ek het eers stilgebly en toe gevra: “Het jy enige ander bronne?”

“Ja”, het die prokureur geantwoord. “Ek ken ’n aantal persone in die kabinet, maar as jy my hierin aanhaal sal ek dit ontken”.

“Ek weet, ek weet”, het ek geantwoord: “Daardie lyn het ek ’n dosyn kere van John Vorster gehoor. Elke keer wanneer ons ’n moeilike projek moes implementeer, polities gevaarlik, het hy aan generaal Van den Bergh of Connie gesê: ‘Gaan voort, maar onthou, ek sal dit ontken as julle uitgevang word. So maak seker ’n geheim bly ’n geheim’. Hy het dit aan my gesê toe hy goedkeuring vir die stigting van The Citizen gegee het. So, ek sou verkies om nie van jou ander bronne te hoor nie”.

Nou het ek verstaan waarom Owen Horwood aan die Parlement vertel het dat toe hy die 1978 finansiële versoek vir die geheime projekte moes onderteken, hy al sewe bladsye een vir een toegehou het terwyl hy dit geparafeer het, sodat hy nie kon sien wat dit behels nie.

“’n Minister van Finansies wat so-iets erken moet uit beginsel afgedank word”, het ek gedink, maar ek het geweet Owen Horwood het nie die waarheid gepraat nie. Wat my ontstel het was dat iedereen in die Kabinet moes besef het dat Horwood geweet het en bewys hoe desperaat P.W. Botha was om Horwood te beskerm, selfs ten aanhore van ’n belaglike verskoning. Ek het geweet dat van al die Ministers, dit die Minister van Finansies was wat volgens Wet meer van Staatsgeheime as enigiemand anders geweet het. Volgens Wet kon net hy die Ouditeur-Generaal uit hoogs geheime projekte hou, nie die Eerste Minister nie. Hy was die man wat die geld uitgedeel het en Horwood was ’n man wat geweet het waarheen elke sent gegaan het. Jy kon nie maklik by hom verbykom nie.

Koert Pretorius en ander Tesourie amptenare het op ’n keer ’n konfrontasie P.W. Botha en Horwood aangehoor, toe P.W. miljoene ekstra vir die aankoop van wapentuig wou hê. Horwood was gekant daarteen.

“Indien jy nie aan my geld gee nie, sal ek verplig wees om te bedank!” het P.W. geblaas.

“Indien ek aan u die geld gee”, het Horwood bedaard geantwoord, “sal ek verplig wees om te bedank”.

In weerwil van sulke konfrontasies met Horwood in die verlede, het P.W. Botha se voortvarende verklaring aangaande die sogenaamde onreëlmatighede wat Inligting gepleeg het hom weinig keuse gelaat toe hy moes besluit wie moes gaan: Owen Horwood, of John Vorster. Dit kon nie ’n baie gelukkige P.W. Botha wees wat saam met die ander Kabinetslede opgemarsjeer het om aan John Vorster te vra om sy hoed te vat en die Presidentswoning te ontruim nie.

Die bewind in Suid-Afrika behoort aan die Eerste Minister en die Kabinet, nie aan die Staatspresident nie. So, in die lig van die politieke moraliteit wat onder Afrikaner-politici heers het dieselfde Ministers wat slegs ’n jaar tevore voor Vorster gekruip het, hom nou met plesier tot ’n politieke dood veroordeel en daarna omgedraai om voor hul nuwe meester te kruip. ’n Margaret Thatcher sou die helfte van hulle, net uit beginsel, in die pad gesteek het. P.W. Botha het  hulle almal behou.

Toe ek daardie nag op my sy draai en my oë toegemaak het, het ek in ’n droomlose slaap verval en vir agt-en-tagtig nagte, veertien ure en elf minute het ek nooit ’n enkele droom gehad totdat ek weer met Katy herenig was nie. Ek het nie eens ’n nagmerrie gehad nie, hoewel ek baie nagte wakker gelê het, die eerste keer dat dit ooit met my gebeur het.

Die volgende dag het my advokaat, Henri Vincent, my kom sien. Hy was sowat 45 jaar oud, donker, nogal aantreklik, en het uitstekend Engels gepraat. Hy het sy doktoraat oor die vryheid van die individu aan ’n universiteit in Brittanje behaal. Hy het aan my gesê dat hy besig was om reëings te tref met die aanklaer sodat ek my Suid-Afrikaanse regsadviseurs en vir Katy elke derde dag kon sien. In Frankryk het ’n aangehoudene nie automaties die reg om sy prokureur te sien nie. Hy moet spesiale toestemming verkry. Vincent het die reëlings getref en die namiddag het ek Katy vir die eerste keer na my arrestasie gesien.  

My oë het vol trane geskiet toe ek haar die klein hokkie met sy vuil bruin plastiese afskorting (wat as verskansing teen fisieke aanraking moes dien) sien binnekom. Vir die eerste keer in my lewe het ek totaal magteloos en gefrustreerd gevoel. Dit was asof ek haar op televisie sien - lewendig, maar ek kon nie my hand uitsteek en haar aanraak nie.

Katy het my nie daaraan herinner dat haar voorspelling oor Inligting waar geword het nie. Sy het my nie daaraan herinner dat sy voorspel het dat, as dinge verkeerd loop, die politici my sal blameer en die prys laat betaal nie. Sy het nie oor haar eie swaarkry gekla nie. In plaas daarvan het sy geglimlag en gesê: “Ek
wil geen trane sien nie. Ek is gehard. Ek kan na myself en die kinders omsien. Ons het baie goeie vriende. Jy het goeie regsadviseurs en ons gaan hierdie ding beveg. Ek wil geen bitterheid en haat hê nie. Ek wil jou hieruit sien kom as dieselfde man met wie ek getrou het”.

Katy se krag en haar kalmte, onder druk, het my tot bedaring gebring. Ek het eers maande later gehoor van die sielesmart wat sy deurgemaak het. Die kommunikasie probleem en vervoer in ’n land wie se taal sy nie kon praat nie; die ure wat sy elke dag in die bloedige son op die sypaadjie vir ’n bus gesit en wag het, die stringe joernaliste wat van oral oor die wêreld gekom het vir eksklusiewe onderhoude en foto’s. Sy moes tuis telefoonoproepe maak en briewe oral oor die wêreld skryf in ’n poging om mense op te spoor van wie ons beëdigde verklarings verlang het/

In teenstelling met Suid-Afrika of Brittanje, kan ’n mens in Frankryk nie enige getuies in ’n uitleweringsaak roep nie. Jy kan beëdigde verklarings voorlê en indien jy nie ’n sleutel-getuie binne sewe dae kan kontak nie, wel, volgens die Franse, is dit dan maar net daamatoe. In my geval kon etlike beëdigde verklarings net nie betyds bekom word nie.

Baie min vroue sou vir twee dae staande bly. Katy het vir vyf weke wat ek in Frankryk in die gevangenis was en die weke wat ek in Suid-Afrika ’n verhoorafwagtende gevangene was uitgehou. Sy het alreeds vir drie maande in Pretoria alleen deurgeworstel. Gedurende die verhoor en daama, het sy staande gebly. Sy het ’n ongelooflike innerlike krag gehad wat in krisistye na vore gekom het. Ek het geweet ek het ’n “super-vrou”, soos Peta Thornycrofit haar in ’n lang artikel in die Sunday Express beskryf het. Later het ek altyd, sonder om te huiwer, aan vriende erken dat dit my vrou was, haar krag, haar moed en vaste vertroue in my en ons toekoms saam, wat my aan die gang gehou het en die vlam van woede wat binne-in my gebrand het, geblus het.

My verblyf in die Franse gevangenis was ’n nagmerrie. Niemand kon my taal praat nie. My Frans, in teenstelling met my Duits, Nederlands en Spaans, was hopeloos. Daar was so te sê geen Engelse boeke om te lees nie (twee) en die gevangenisowerhede het toestemming geweier dat my vrou boeke aan my stuur.

Twee dae nadat ek in Grasse opgesluit is, het een van my agterste tande gebreek. Dit het baie gebloei. Ek het die tand gebreek toe ek op ’n klippie wat in die spaghetti was gebyt het. Maar vir vier weke kon ek nie die Franse sover kry om my na ’n tandarts te neem nie.

In teenstelling, die dag nadat ek in Suid-Afrika geland het, het die polisie my kom haal en na my eie tandarts, dr. James Howell, geneem wat die hele tand verwyder en ’n nuwe een in sy plek moes opbou. Die polisie het reg deur my afspraak daar gesit en my daarna na my huis in Menlopark geneem sodat ek kan sien of dit versorg word. Hulle het probeer om in te gaan, maar die ouerige beampte van die Departement Openbare Werke het geweier.

“Maar dit is dr. Rhoodie en dis sy huis”, het die polisie luitenant gesê, “en kyk hier is my polisie-identifikasie”.

“Dit mag so wees”, het die man gesê, “maar niemand word binnegelaat nie, dit is die reël”.

Ek het soos ’n indringer gevoel.

Vervolg...

 

U soek na?

  • HOU VAKANSIE IN MOSSELBAAI !

    Baie netjiese vakansie-akkommodasie in Fraai Uitsig, Kleinbrakrivier, Mosselbaai Munisipaliteit. Twee kilometer vanaf Kleinbrak en Tergniet se swemstrande en ongeveer 10 kilometer vanaf Hartenbosch. Pick n Pay binne loopafstand.
    Kliek hier vir volledige inligting en foto's: OPSOEK NA BEHUISING VIR VAKANSIE?
     
    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________
     
    SKAARS BOEKE TE KOOP
    C J LANGENHOVEN 16 VOLUMES
    FAK-SANGBUNDEL 1 VOLUME
    Hierdie 16 volume Langenhoven-stel is 'n goedopgepaste kosbare versamelstuk. Dit beslaan die volledige inhoud van Langenhoven se bundels soos Sonde met die Bure; Loeloeraai; Herrie op die ou Tremspoor; Doppers en Filistyne; en al die kosbare stories uit die pen van Langenhoven.
    Die FAK-sangbundel is ook in goeie toestand en kan saam of apart van die Langenhovenstel gekoop word.
    Eienaar moet na 'n kleiner woonplek verhuis en vra 'n redelike aanbod vir sy boeke.
    Die aanbevole waardasieprys vir die Langenhovenstel is R1600.00; en vir die FAK R100.00
    Koerierkoste sal bykomend wees.
    Kontak

    Chris Carstens

    Sel no 082 954 3383

    Epos adres

    chris.carstens

    @vodamail.co.za

    ___________
    DIGBUNDELS:
      'n Versameling van 4 elektroniese bundels - 226 gedigte @R350.00:  
    Vir alle navrae  skryf aan 
    Amanda
    @waterstrome.co.za
    Uittreksel uit:
    'n Nasie in Pyn:
    ...Saam sal die hele wêreld vir hulle bid.
    Saam sal ons met pyn in ons harte sit.
    Mag hulle berus in u wil
    Mag hulle voor U verstil.
    _________
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het  in gedrukte vorm verskyn. 
    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
    DIE
    VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
    Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

     

    U kan hierdie boek bestel by
    ds AE van den Berg
    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com
    Prys: R50-00

     
  • BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    ('n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 'n Nuwe Trek (Exclusive Books) Prys: ZAR180

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is by http://tinyurl.com/lx9vrs8

    ... en loot.co.za dit verkoop teen R169 http://tinyurl.com/l26h6jl

    ... kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD


    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    JULIE 2013

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. 

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2 NOU BESKIKBAAR

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
    of skakel hom by
    074 967 5187


    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  • Kliek op DIE CHARISMATIESE GEVAAR om meer oor hierdie boek te wete te kom Lees verder...  
  • FILM OOR DR HF VERWOERD

    Kyk by hierdie skakel http://youtu.be/TcO3zPF8998

      na die kort film oor dr HF Verwoerd.   
    Dit kan ook direk bestel word by Riaan: +27823712682 of by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
     

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

 

'N BIETJIE LANGENHOVEN:

Ek sê nie al die suur mense is Fariseërs nie, maar naastenby al die Fariseërs is suur. In alle geval, solank hulle onthou om Fariseërs te wees. Want dis ook 'n inspanning.
Verbeel jou 'n wêreld sonder 'n skaterlag, sonder eens 'n glimlag. 'n Hemel op aarde, sal die Fariseër sê. Uit so 'n hemel sou ek wou wegloop hel toe.

Die man wat ek na soek, is nie dié wat die minste foute maak nie, maar dié wat die meeste foute régmaak.

Slaap laat solank as jy jou eie baas is en daar sal 'n tyd kom wanneer 'n 'n baas jou sal laat vroeg opstaan.

Ontydige vlyt is die merk van die luiaard. Dis sy verskoning vir ontydige rus.

Ons reken ons geluk vir ons loon en ons straf vir ons ongeluk.

Welvaart is die  dogter van matigheid en die moeder van weelde.

My swaarste pad trap ek self vir my plat, en die swaarste is die wat my voete nooit vat.

Daar is geen kuns by sukkel en geen sukkel by kuns.

Die boer wat nie saai nie sal nie misoeste kry nie, maar hy sal geen goeie ook kry nie.

Het die daeraad lief en die dag sal jóu liefhê.

'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie.

Dis die flukse perd wat flou word. Meer moeite as wat die vlytige het vir sy loon, het die luiaard verniet.

Op die ou end werk die vlytige man vir homself, die luiaard vir 'n ander.

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Kla net oor jou kooi as dit 'n ander is wat dit vir jou opgemaak het.

Hoe korter jy jou kuier maak, hoe gouer sal jy weer genooi word.

Om my naaste lief te hê is vir my 'n sware gebod. Met die mense daargunter kry ek dit nog op 'n manier reg.

Jy sê "ja" waar jy moes "nee" gesêhet omdat jy die ander nie wil aanstoot gee nie. Maar eken hoe het hy jou aanstoot gegee met sy versoek!

Aan 'n nuwe wa kan jy sien of dit 'n goeie skilder was; aan 'n oue of dit goeie wamaker was.

Trek liewer vir jou vriend jou broek uit as om vir hom vir 'n baadjie borg te staan. Anders loop julle naderhand albei nakend.

Die vriendskap wat jy moet koop is 'n duur artikel. Jy sal nie weer jou prys kry as jy dit van die hand wil sit nie.

Moenie vriendskap en besigheid meng nie – jy bederf albei.

'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie.

Maak jou vriendelikheid goedkoop en hou jou vriendskap duur.

Moenie jou vriend vergeet nie; dit sal hom seermaak. Maak jou vyand daarmee seer.

'n Skare is 'n versameling van eensames.

Stuur die luiaard na die miere, en as hy nie te lui is om te gaan nie sal hy te lui wees om weer terug te kom.

Dis net so moeilik om maklikheid in die ou wêreld te kry as wat dit maklik is om moeilikheid te kry.

Waardeer die werk van jou vrou. Jy kan nie op die aarde 'n ander kneg kry vir dieselfde diens en dieselfde prys nie.

Met spaarsaamheid sal jy uit die kleinste inkomste iets oorhou; met verkwistery sal die grootste vir jou te min wees.

Besorg jou eie boodskap en reken die moeite teen dit wat die misverstand jou sou gekos het.

Het die ryk man nodig om so suinig te wees? Maar hy is nie 'n ryk man wat suinig geword het nie; hy is 'n suinige man wat ryk geword het.

Help jou swakke mededinger op die bene bly.  As hy tot niet gaan, kom daar dalk 'n sterke in sy plek.

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES (7)

(Lees die reeks by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

  • Die adderbyt van naberou is verskriklik (Naberou is ontstellend.)
  • Hy het hom in 'n addergebroedesel begewe (Hy was tussen 'n groep nydige, aanvallende mense.)
  • Sy het hom adieu toegeroep (Sy het vaarwel gesê.)
  • 'n Adres van adhesie is 'n geskrif waarin instemming betuig word met 'n versoek.
  • Jy is nou by die verkeerde adres (Jy soek die oorsaak van die kwaad by die verkeerde persoon.)
  • Dit was advokatery (Dit was regskundige uitoorlêery.)
  • Hy sal die werk weer afbroddel. (Hy sal knoeiwerk of slordige werk verrig.)
  • Sy wil elke takie afbrom (Sy kla die hele tyd terwyl sy werk.)
  • Jy kan nou maar afdans (Jy kan nou maar skoert.)
  • Moet hom nie op sy verdienste afdwing nie (Moet hom nie verkleineer nie.)
  • Die ou werkie draf ek gou af (Ek sal dit sommer gou afhandel.)
  • Hulle wil die rusie afdrink (Hulle wil vrede maak.)
  • Sy het soms baie affêrinkies (Sy is dikwels vol nukke en nonsens.)
  • Hy sal wel weer geld van haar affutsel (Hy sal dit op 'n oneerlike manier van haar kry.)
  • Daar kan niks van afgaan nie (Dit kan nie ontken word nie.)
  • Hy sal 'n afgehekste loesing kry ('n deeglike pak slae.)
  • Sy is 'n afgelekte meisie (Sy het al baie kêrels gehad.)
  • Jy lyk so afgesak (Jy lyk baie moeg.)
  • Hy het afgetop gelyk (Hy het verleë gelyk.)
  • As jy iets van hom wil hê sal jy dit moet afgoël (Hy is so suinig!)
  • So 'n afhaler is onnodig ('n Onnodige belediging.)
  • As dit afhang moet ons dit maar opbind (Skertsend wanneer iemand gedurig begin met "Dit hang af..."
  • Na elke partytjie is hy babalaas ( dan ly hy aan die gevolge van te veel alkohol).
  • Daar was 'n Babelse gegons van stemme (Almal het gelyktydig gepraat).
  • Dit was 'n Babelse verwarring (Dit was baie deurmekaar).
  • Hy sal weer mooi broodjies kom bak (Hy sal kom vlei en mooipraat om sy doel te bereik),
  • Hulle eet nie uit een bak nie (Hulle is nie vriende nie).
  • Sy het hom 'n bak gewys (Sy het hom onvriendelik tereggewys).
  • Gou by die bak maar lui by die vak (Hy is eerste daar waar iets te ete is maar traag as hy moet werk).
  • Hy maak sy hande bak (Hy kom bedel iets).
  • Ons moes bak staan (Ons moes hard werk).
  • Dit was sommer 'n bakerpraatjie (Dit was 'n skinderstorie).
  • Jerusalem is die bakermat van die Christelike Kerk ( Dis waar dit begin het. 'n Bakermat was 'n mandjie waarin die baker – die vrou wat 'n pasgebore baba versorg het – die kindjie op haar skoot voor die vuur versorg het).

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2566 gaste aanlyn