Nuutste bydraes

GEDAGTES VIR ELKE DAG

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ware vreugde is die onfeilbaarste teken van God se teenwoordigheid. En ons wil so graag ander mense gelukkig maak, maar dan moet ons eers hierdie vreugde in onsself hê. Ons is gemaak vir vreugde en vriendskap maar kom ons gaan kry dit by Hom – Jesus het gebid: "...sodat hulle my blydskap in al sy volheid in hulle kan hê."

DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (45)

Dr Eschel Rhoodie (1984)

Lees reeks by Die ware inligtingskandaal

Die doel met die plasing van hierdie inligting oor die destydse Inligtingskandaal is om die leser perspektief te gee oor hoe Suid-Afrika tot by die haglike verval van 'n swart regering gekom het. Die verraad wat destyds in die kabinet van Vorster, PW Botha, Pik Botha en De Klerk plaasgevind het, nie net teenoor ons Boerevolk nie, maar ook onder en teenoor mekaar in die parlement, getuig van hul veragtelike motiewe en handeling.

Die SAL 747 het op Jan Smuts Lughawe neergestryk, ’n klein rookwolkie vanaf die bakboord wiele het gewys dat dit ’n byna foutlose landing was. Die tamaai vliegtuig het in ’n merkwaardige kort tydjie tot stilstand gekom, toe na links weggeswenk van die aanloopbaan en sy stadige aantog na die lughawe gebou begin.

Donderdag, 23 Augustus, 1979.

Die Boeing SP het voor Jan Smuts lughawe se internasionale terminus tot stilstand gekom. Binne minute is die trappe tot teen die vliegtuig aangerol. Vanaf die bodek waar ek alleen saam met majoor Taljaard gesit het, kon ek op die hele verwelkomingsgeselskap op die teerstrook uitkyk. Dit het gelyk asof elke grondwaardin, elke werktuigkundige en elke polisieman van die lughawe-personeel skielik rede gevind het om naby die vliegtuig te wees. Voor die trappe het, wat vir my na ’n admiraal en ten minste twee generaals gelyk het, in ’n ry gestaan.

’n Ander offisier het gereed gemaak om aan boord van die vliegtuig te kom. Ek het na majoor Taljaard wat voor my gesit het gedraai: “Ek het nie geweet dat P. W. Botha op die vliegtuig is nie. Kyk net na die verwelkomingsgeselskap!”

Op die teerstrook was daar ook twee pantsermotors en soldate met outomatiese gewere. Op die balkon van die ontsaglike terminus wat gewoonlik met toeskouers gepak is, was daar nie ’n siel in sig nie.

“Ja wragtag”, het Taljaard gese. “Ek wonder wie kan op die vliegtuig wees?”

Die offisier wat die vliegtuig bestyg het, het skielik aan die bopunt van die trappies vanaf die onderste dek verskyn. Hy het reguit na my toe gestap, netjies gesalueer en sy hand uitgesteek: “Welkom terug dr. Rhoodie”.

Hy het na majoor Taljaard en sy vriend gedraai: “Het julle ’n goeie rit gehad?”

“Ja”, het Taljaard geantwoord, “maar sê my, wat doen al die grootkoppe hier?”

Die offisier het verleë gelyk, toe breed geglimlag en gesê: “O, dis vir dr. Rhoodie”.

Ek het verbaas na hom gekyk. Liewe hemel, het ek by myself gedink, toe ek my nek gebreek het om oral oor die wêreld vir Suid-Afrika te reis en met werklik belangrike nuus vir Vorster teruggekom het, het hulle nie eens ’n lugwaardin gestuur nie. En kyk nou! Dit lyk soos ’n Staatsbesoek! Toe Taljaard sy en Esterhuyzen se paspoorte en immigrasie-dokumente aan hom oorhandig, het hy toornig die papiere opgeskeur.

“Jy het dit nie nodig nie”, het hy gesê.

Ek het stilgebly. Per slot van sake, ek het nie eens ’n paspoort gehad nie.

“Kyk”, het die offisier weer gesê, “ons wil dit nie te opsigtelik maak nie, so loop net langs my dr. Rhoodie, dan sluit ons by die eersteklas-passasiers aan. Reg so?”

Ek het stilgebly en vir myself gesê: Met al daardie grootkoppe en pantsermotors sal dit maar moeilik gaan om onopsigtelik te wees.

Toe ek by die vliegtuig uitstap, het ek ’n oomblik stilgestaan en na die pragtige blou lug van die Suid-Afrikaanse lente opgekyk. Daardie oomblik is van ver af op film deur ’n dosyn pers-kameras, toegerus met telefotolense, vasgelê.

“Wel,” het ek onderlangs gemompel “ek het pas ’n Europese somer deurgemaak en hier staan ek nou op die punt om nog ’n somer te geniet. Maar as hulle aan my gaan doen wat hulle aan Steve Biko gedoen het, sal dit ook my laaste somer wees”.

Niemand het my gehoor nie.

Aan die voet van die trappe het ’n polisie-generaal, ’n Suid-Afrikaanse Spoorwegpolisie-generaal en ’n senior doeanebeampte (in donkerblou met baie goue omboorsel wat ek van bo af vir ’n admiraal aangesien het) gesalueer, toe hartlik hande geskud: “ Welkom terug. Hoop u het ’n goeie reis gehad. Dit is goed om u weer te sien”.

Die Afrikaanse stemme was warm en vriendelik.

Niks verbaas my ooit baie nie, maar ek was uit die veld geslaan. Ek het polisie verwag maar nie dit nie! Ek het ’n streng offisier verwag wat die ritueel sou aanhaal dat ek onder arres is en dat alles wat ek sê teen my gehou sal word, ens., ens. In plaas daarvan, hierdie beleefdheid. Instinktief was ek meer op my hoede, meer wantrouig. Die Afrikaners kan, wanneer dit hulle pas, net so skelm soos enige ander nasie wees.

Die groep het na die ingang gestap, toe skielik na regs geswenk waar ’n ander groep offisiere en manne in siviele klere by ’n glasdeur gestaan en wag het. Hulle was Veiligheidspolisie en amptenare van die Departement van Nasionale Intelligensie. Ek het ’n paar van hulle herken wat my soms na en van vliegtuie begelei het tydens die vele geheime sendings wat ek vir die Regering moes onderneem.

Ek het met almal hand geskud. ’n Ou skoolkennis, kolonel Nolly Hulme, het my voorgestel aan brigadier Theo Sherman, hoof van die handelstak van die Suid-Afrikaanse Polisie. Brigadier Sherman het op sy beurt generaal Visser aan my voorgestel. Visser, ’n groot vriendelike gryskop, het sy hand uitgesteek en gesê dat hy werklik bly was om my te sien. Dit het gelyk asof hy dit bedoel. Daar was ’n vonkeling in sy oë en ek het teruggeglimlag.

Twee-rigting veldradios is opgetower en generaal Visser het my aangesê om saam met brigadier Sherman en kolonel Hulme te ry. Die motors het langs die ingang op die teerblad gestaan. Brigadier Sherman het bestuur en ek het voor langs hom gesit. Op instruksies het ons om die hoek van die gebou gery. In plaas van direk na die hoofweg te gaan, het die motor na regs geswenk en aan die binnekant van die vliegveld tot by S.A.L. se internasionale vrag area gery. ’n Polisie-offisier het die hek oopgemaak. Buite het generaal Visser se motor gewag. Die generaal het ’n teken gegee en brigadier Sherman het in die rigting van Pretoria voortgery.

Daar was nie ’n enkele koerantman in sig nie. Die openbare terrasse by die lughawe was vir alle mense gesluit.

Ek het eers later verneem dat daar ’n verbod op die neem van enige foto’s van my aankoms geplaas was. Ten minste een koerantredakteur, Harvey Tyson van The Star het in Februarie 1980 in die hof beland omdat hy ’n foto van my aankoms gepubliseer het. Ek sou met plesier ’n perskonferensie toegestaan het. Ek is jammer dat Louis le Grange in daardie stadium so oorgereageer het. Met alles wat toe reeds in die pers verskyn het sou nog ’n paar foto’s nie saak gemaak het nie. My saak was toe reeds hopeloos in die pers geprejudiseer.

Ons het in Potgieterstraat afgery, regs gedraai in Schoemanstraat, links in Bosmanstraat, toe weer links in Pretoriusstraat en voor die ingang van die Sentraal-Polisiestasie stilgehou.

Ons het by die gebou ingestap, met ’n gang af, tot by ’n sel wat met ’n bed, tafel, stoel en wasbak toegerus was. Langsaan was ’n stort. Kos is op ’n skinkbord ingebring en die generaal het na die mes en vurk gekyk. “U weet natuurlik dat u nie veronderstel is om met ’n mes en vurk te eet nie, net met ’n lepel. Indien iets met u gebeur sal die wêreld Suid-Afrika nooit weer glo nie, wat ons ookal mag sê. Sal u omgee as iemand u dophou terwyl u eet?”

Sy opmerking het my geskok. Ek het teruggedink aan al die vorige dreigemente en die twee sluipmoord-spanne wat na Frankryk gestuur was om my stil te maak.

Die kos het werklik goed gelyk: “U bedoel seker ek mag myself moontlik doodsteek?”, het ek gevra. Die generaal het ongemaklik gelyk. Hy het nie geantwoord nie en ek was onmiddellik jammer oor my onbesonnenheid. Om die waarheid te sê, tot dusver het die polisie met die uiterste hoflikheid opgetree.

“Ek trek net u been generaal”, het ek gesê. “Ek verstaan. In Frankryk het ek in elk geval ook nooit ’n mes of vurk gesien nie”.

Kort daarna is die generaal weg. Intussen het majoor Taljaard met my tas aangekom. Ons het die gebou deurkruis voordat iemand gevind kon word om foto’s van die gevangene te neem. Taljaard het self na die vinger-afdrukke omgesien. Teen hierdie tyd was ek ’n meester in die kuns om my vingers te rol sodat ’n mooi duidelike afdruk verkry kon word. Die polisie was beïndruk.
“Wel, ek het baie oefening gehad in Frankryk”, het ek verduidelik. “Ek was in vyf verskillende tronke aangehou, ek sal u later vertel waarom, en elke keer moes vinger-afdrukke by my aankoms en vertrek geneem word. Daar is tien stelle beskikbaar in Frankryk”.

Ek het skaars klaar geëet toe ’n polisieoffisier daar aankom en my na ’n ander kamer neem. Taljaard, Sherman en Hulme was almal weer terug. Daar het ’n oproep gekom - ek moes nie in die polisie-selle gehou word nie, maar moes na die verhoor-afwagtende seksie van die yslike Pretoria Gevangenis geneem word waar ons op pad van die lughawe af verbygery het.

Die hele groep het in Sherman se motor teruggeklim en na ’n lang gesoek (die Johannesburg-manne was nie juis vertroud met die uitleg van die terrein nie ) uiteindelik die verhoorafwagtende vleuel opgespoor. Weer eens is vingerafdrukke geneem. Die kaptein in beheer van die afdeling was ’n kort, netjiese offisier. Ek het hom as ’n streng, maar beleefde en regverdige man leer ken. My horlosie en trouring is weggeneem en aangeteken in ’n boek. Daarna is ek met
die trappe opgeneem, deur twee ysterhekke en af in ’n lang gang met selle aan een kant. Nuuskierige gesigte het deur die ystertralies geloer. Aan die einde van die gang was sel nommer een. Die sel was klein, kleiner as een van die badkamers in my Menlopark se huis. Maar dit was skoon. Daar was ’n
bed, ordentlike matras, ’n wasbak met warm en koue water en ’n toilet, ’n Kas en rakke teen die muur, met netjies, opgevoude komberse. Vergeleke met die gevangenisse in Frankryk, was dit soos ’n hotel.

Ek sou alleen in die sel wees.

Daar was ’n stortkamer naby en ek het vinnig onder warm water gestort. Terug in die sel is die traliedeur en daarna ’n massiewe buite-staaldeur gesluit.
Ek het na die venster oorgestap. Dit het uitgekyk op ’n klein binneplaas met 'n grasperk wat met vrugtebome en rose omring was. Verderweg kon ook die Skanskop-heuwels en nog ’n paar bome sien, sowel as die verkeer wat heen en weer oor ’n klein gedeelte van Potgieterstraat gevloei het. Langs die binnehof, afgeskort deur ’n sinkplaatheining, was ’n beton-tennisbaan. Die gebou was in ’n U-vorm, met die grasperk en tennisbaan in die boog van die U.

Dit het my as ’n tennisfanatikus werklik ontstel dat die baan slegs vir die gebruik van die langtermyn politieke-gevangenes was wat in die regterbeen van die U gehuisves was en nie ook vir ons gebruik nie. Snags was sterk spreiligte op die afdeling ingestel. Vanaf die linkerkant van die gebou het ’n wag, met ’n outomatiese geweer op die blok waar die politieke gevangenes was, uitgekyk.

“Ek vermoed dat ek uiteindelik daar gaan beland”, het ek gepeins: “Ek is hier as gevolg van die politiek en ek veronderstel dat ek ook, op ’n manier, 'n soort politieke gevangene is”.

Later in die dag is die verhoorafwagtendes vir ’n uur se “oefening” op die grasperk uitgelaat. Niemand het juis deelgeneem nie. In die daaropvolgende dae het die ander gevangenis my met ’n soort van ontsag behandel. Hulle was beïndruk deur die feit dat ek vyf kilometer in een uur in die 38 meter-spasie kon afstap. Hulle het my “Dok” genoem. Hulle was verbaas en verstom toe ek hulle van omstandighede in die Franse tronke vertel. “Wat julle hier het, is by
vergelyking ’n vyfster hotel. Nie net sover dit die geriewe en die kos aangaan nie, maar ook die houding van die gevangenisbeamptes. So, hou op met kla”.

Ek het geduldig, vir ure, op die stories van vele van die verhoorafwagtende gevangenes ingegaan. Sommige van die manne was baie ouer as ek, ander weer kon my kinders gewees het. Ek het na hulle betoë geluister, hul vermeende oortredings opnuut saamgestel en aanbevelings gemaak oor watter getuienis ingewin moes word. Die meeste van hulle kon nie regsadvies bekostig nie en ek het spesiale aandag bestee aan wat hulle moes sê. Ek het tyd aan almal afgestaan hetsy dit ’n moordsaak was of ’n man wat oor diefstal van vier liter brandstof aangekla is. ’n Eerste oortreder, of ’n geharde misdadiger wat alreeds 15 jaar uitgedien het. Sommige van hulle is onskuldig bevind en dit het gou
rugbaar geword.

Een man van wie ek baie gehou het, was ’n sersant Vermeulen. Hy was meestal op nagdiens. ’n Goedhartige man. Later, toe drie van die politieke gevangenes (Alexander Moumbaris, Timothy Jenkins en Stephen Lee) ontsnap het, was ek uiters verbaas om te hoor dat die sersant daarvan beskuldigwas dat hy hulle gehelp het. (Hy was daaropvolgend onskuldig bevind). Ek het nooit die sersant naby die manne gesien nie omdat ek hulle afgunstig dopgehou het terwyl hulle in drafskoene en kortbroeke op die tennishaan rondgedraf of met houtrakette tennis gespeel het.

My hart het gebrand om daar buite op die baan te wees. Enige tennisbaan sou doen. Ook houtrakkette, instede van staal of grafiet.

Ek het Moumbaris uit vroeere koerantfoto’s herken waar hy op die baan rondgedraf het. “In Rusland sou hy loopgrawe in Siberie moes grawe”, het ek aan sersant Vermeulen gese, “en in daardie uitrusting sou hy binne vyf minute as gevolg van blootstelling omgekom het.”

Daardie eerste nag in die gevangenis in Suid-Afrika sal ek nooit vergeet nie. Nadat die deure gesluit is en sersant Vermeulen om agtuur die ligte afgeskakel het, het ek by die venster gaan staan en die eerste sterre wat verskyn het dopgehou. Bitterheid het gedreig om my te oorweldig by die gedagte dat ek in my eie land in die gevangenis sit terwyl my vrou alleen in Frankryk met ons enigste seun was. Maar ek het ook onthou hoe dikwels sy by my gepleit het om nooit, nooit, verbitterd te raak nie. Kwaad ja, maar nooit verbitterd nie. Kwaad ja, maar nooit haatdraend nie. Want verbittering en haat vernietig die siel en verouder die gees oornag. Sy en ek het ’n verbond aangegaan om nooit op hierdie wyse oud te word nie, om ’n honderd jaar oud te word en selfs in die hiernamaals na mekaar te soek.

“Dan moet ek seker maar na die ironie van my situasie kyk”, het ek hardop gedink. “Ek ken die ouer senior offisiere persoonlik. Ek ken die gronde deur en deur. Baie jare gelede was my pa die hoof van die hele gevangeniskompleks in Pretoria. Nou is ek hulle gevangene”.

“Ek kan nie myself toelaat om verbitterd te raak nie,” het ek hardop gesê, “maar dit is wragtig bitter ironies”.

Ek was oortuig dat ’n openbare verhoor in die Hooggeregshof in Pretoria regverdig sou wees. Ek het vertroue in die regsisteem as sulks gehad hoewel dieoptrede van Regter Rudolph Erasmus in sy rol as ’n Kommissaris tydens die Erasmus-Kommissie se ondersoek van die departement se geheime aktiwiteite hom as ’n man vol van vooroordele bewys het, oningelig, selektief, ’n boelie en onoordeelkundig. Die aksies van Regter Anton Mostert het ook vele vrae by
my laat ontstaan. Die menslike element kan die beste sisteem verongeluk.

Ek was ook ontstel oor die feit dat drie sleutelgetuies nie in Pretoria sou wees om vir my te getuig nie: David Abramson en Stuart Pegg het in London gesit. Hulle het geweier om na Suid-Afrika terug te keer omdat die regering ’n lasbrief vir hul aanhouding uitgereik het. Hubert Jussen, stigter van To The Point was in ’n Switserse hospitaal waar hy ’n ernstige operasie sou ondergaan. Sy een oog was byna blind en die ander een was nou ook in gevaar. Hy sou na verwagting vir baie weke in die hospitaal wees.

Nogtans was ek vol vertroue dat met die dokumentêre bewyse wat ek gehad het, soos die kwitansies vir betalings aan Abramson en Pegg, hulle afwesigheid nie ’n onoorkombare hindemis sou wees nie.

Johan Kriegler (nou Regter), die advokaat wat my verdediging sou lei, het my as ’n man van enorme intelligensie en vlymskerp waarnemingsvermoë beïndruk. Ek het volle vertroue in Kriegler gehad om my saak te stel. Toe ek in die week wat my verhoor vooraf gegaan het, vemeem het dat Connie Muldor sy geding met die Erasmus-Kommissie gewen het, was ek in die wolke. Mulder was weens minagting van die Kommissie aangekla omdat hy geweier hrt om weer voor hulle te getuig. Kriegler het Mulder se saak briljant verdedig en het groot indruk op die pers gemaak. By my het daar geen twyfel bestaan dat ek ook onskuldig bevind sou word nie. Ek het geweet dat ek onskuldig was op die aanklagte wat die staat teen my gemaak het. Indien die Regter al die getuienis inag sou neem en veral die vreemde omstandighede waaronder betalings in die geheime propaganda-oorlog gemaak moes word, sou ek op al die aanklagtes
vrygespreek word.

Ek het nooit vir een oomblik gedink dat dit anders mag verloop nie en het geen reëlings met my familie getref indien dit wel sou gebeur nie.

Die oggend van my verhoor het ek vroeg wakker geword en ’n eenvoudlge ontbyt van bruin brood, botter en pruimkonfyt genuttig, gevolg deur koffie. (Kafienvry-koffie uit ’n blikkie en warm water uit die kraan). Daarna het ek aangetrek. My suster Nettie en Elizabeth Roth, ’n niggie van my vrou, het vir my ‘n nuwe groen pak klere gebring. Die kleur was vir my ’n simbool van vryheid. Ek het teruggedink aan daardie donker sel in Grasse waar die enigste groen wat ek kon sien, die klein takkie was wat tussen die glasskerwe oor die vyftien meter hoe muur geloer het.

Brigadier Sherman, kolonel Hulme en majoor Taljaard het my per motor kom haal. Toe die motor aan die agterkant van die Hooggeregshof in Pretoria aankom, was daar ’n horde koerant- en televisie-kameramanne buite, maar ons aankoms was so onverwags dat baie min van hulle tyd gehad het om kameras in te stel voordat ons by die binnehof van die gebou ingery het.

Ek het by die kelderverdieping van die hofgebou ingestap. My goedige prokureur, Mervin Gross sowel as my swaer, Etienne le Roux was daar. My dogter Annemarie, en my toekomstige skoonseun Chris Kern, het die trappe afgekom om my te sien. Alhoewel ek vroeër aan die familie gesê het dat ek nie wou hê enigeen van hulle moes na die hof kom nie, was ek eers verbaas en toe vreeslik bly om hulle te sien. Ek het selfs uitdruklike instruksies gegee dat my vrou in Frankryk moes bly. Indien ek onskuldig bevind word sou ek die Suid-Afrikaanse owerhede vra om my dadelik met die eerste vliegtuig na Frankryk terug te stuur. Ek was nie van plan om vir ewig van Suid-Afrika weg te bly nie.
Maar my ontnugtering oor die Afrikaner-leierskap en hul lomp en patetiese hantering van ’n krisis wat menig ander swakker regering suksesvol sou deurstaan het, was so groot en my ideale so verpletter, dat ek vir ’n paar jaar net van alles wou wegkom. Miskien sou ek my eerste roman klaarmaak en dan na Suid-Afrika terugkom. Ek het gevoel dat ek teen daardie tyd beter in staat sou wees om die reuse ommekeer in my lewe te verwerk en ook minder subjektief in my oordeel van mense te wees.

Net voordat die saak ’n aanvang sou neem, het Johan Kriegler en Eddie Stafford, die junior advokaat wat hom sou bystaan, met die trappies afgekom vir ’n kort beraadslaging.

Daarna het ’n jong, vriendelike en hoflike polisiekonstabel gevra dat ek hom met die trappies op na die hofsaal moes volg.

Toe ek die saal binnekom en links na die beskuldigdebank draai kon ek sien dat die saal volgepak was en dat mense by die deure saamgedrom het. Ek het baie bekende gesigte gesien. Vriende, amptenare en die pers. Ek het weinig emosie gevoel. Jare gelede het ek al geleer om my emosies te beteuel wanneer ek van aangesig tot aangesig met moeilike situasies te staan gekom het. Dit het enorme selfbeheersing geverg om in die sestiger-jare, net na Sharpeville, voor
’n vyandiggesinde buitelandse televisie-gehoor te verskyn met die wete dat elke reaksie wat ek getoon het en elke woord wat ek gesê het, aan Suid-Afrika gerapporteer sou word.

Dit is dieselfde wanneer jy ’n vyandiggesinde gemengde studente-gehoor in die V.S.A. toegespreek het. Daar was Blankes wat probeer het om meer uitspattig as die Swartes in hul beledigings en vyandigheid te wees net om te bewys dat hulle inderdaad meer liberaal en “anti-apartheid” as enige Swart student op die kampus was. Jy moes jou emosies streng beteuel, want soms het die blote onkunde van die vraesteller, die onbeskaamde leuens en die naakte vooroordeel my so dwars in die krop gesteek dat ek gewens het ek kon in hul oog spoeg en van die verhoog afstap. Maar ek was altyd vasbeslote dat hoe kwaad hulle ookal sou word, ek koel en kalm sou bly. Dit was hoe mens die onbetrokkenes aan jou kant kon kry.

Dit was ’n harde leerskool, ’n skool wat al in 1958 begin het toe ek na Australië gestuur is. Maar dit het my geleer om minstens na buite kalm te vertoon alhoewel ek soms van binne gekook het. Ek wou nie aan enigeen wys dat hulle ’n oorwinning oor my land behaal het of my persoonlik gekrenk het nie. Katy was dieselfde. Sy het gesê sy kruip agter haar marmerskans weg. Van tyd tot tyd het ek oorgekook, maar nooit in die buiteland nie. Wel in Suid-Afrika. Ek het gevoel dat ek met mense te doen het wat van beter behoort te weet.

Vanwaar ek voor die hoë regbank gesit het, kon ek my dogter en haar verloofde sien. Hulle het reg voor in die hof gesit, onderkant die persbank aan die linkerkant. Ek het ’n soen in haar rigting gestuur en sy het teruggeglimlag. Sy sou elke dag daar sit. Sy het elke dag gedurende teetyd of middagete afgekom om my vas te hou, te soen en woorde van bemoediging in my oor te fluister. ’n Vader kon nie ’n beter dogter verlang nie. Chris was soos ’n stil, sterk skaduwee aan haar sy.

Die hof is tot orde geroep. Almal het opgestaan en Regter Charles Theron het ingekom. Sy rooi toga het ’n sterk kontras met die silwerwit hare gevorm. Op die ouderdom van 67 was hy die tweede mees-senior Regter in die Hooggeregshof van Transvaal.

Die verhoor het begin.

In die oë van die regering was die saak van Die Staat versus Eschel Rhoodie eenvoudig.

Gedurende 1976 en 1977 het ek sewe tjeks uit die Departement se geheime rekening aangevra, tjeks wat deur die rekenmeester Braam Fourie, op my skriftelike instruksies aan my oorhandig is. Ses van daardie tjeks sou ek na bewering tot my eie persoonlike voordeel aangewend het alhoewel ek skriftelik aan Braam Fourie te kenne gegee het dat die geld vir geheime projekte of vir betaling aan geheime medewerkers gebruik sou word. ’n Sewende tjek sou ek glo ook aan my broer dr. D.O. Rhoodie gegee het. Die Staat het aangevoer dat hierdie geld op bedrieglike wyse verkry was of dat dit gesteel was.

Advokaat Johan Kriegler het namens my ’n verklaring afgelê wat soos volg gelees het:

“Die beskuldigde betwis nie die materiële juistheid van die feitelike bewerings wat die Staat gemaak het nie, maar die toereikendheid daarvan. Omdat dit onvolledig is, skep die feitelike bewerings ’n vals indruk en lei tot verkeerde afleidings. Die feitelike bewerings wat deur die Staat gemaak is, word dus in hoofsaak erken, soos bewys word uit die lys van erkennings wat formeel deur die Staat voorgelê word ...

“Die eerste kardinale feit wat in die klagstaat ontbreek is dat, met verwysing tot een en almal van die sewe toepaslike gevalle, die beskuldigde wel die betrokke bedrae aan die bestemde ontvanger betaal het. Die tweede kardinale feit wat ontbreek is dat groot bedrae kontant oor baie jare aan anonieme medewerkers betaal is (en moes word) sonder ’n formele kwitansie vir ontvangs van die geld en sonder normale boekhouding; dit was noodsaaklik vanweë die onkonvensionele aard van die Departement se geheime aktiwiteite wat op instruksies en met goedkeuring van die regering uitgevoer moes word.
Die
derde kardinale feit wat ontbreek is dat die ontvanger na wie in Aanklag 5 (paragraaf 9) as “die broer” van die beskuldigde verwys word naamlik Denys Oost Rhoodie, op daardie tydstip die senior adjunk-sekretaris van die Departement van Inligting was sowel as die leier van die geheime projek waarvoor die toepaslike bedrag bestem was.

“Die grondliggende voorstelling van die verdediging was soos volg:

“Die beskuldigde het te alle tye wettiglik en te goeder trou opgetree; hy het geen wanvoorstellings aan Fourie gemaak nie; hy het geen voornemens gehad om Fourie te mislei nie; Fourie was nie deur die beskuldigde mislei nie; daar was geen verlies of nadeel, werklik of voorgenome, vir Fourie, die Staat of die Departement van Inligting as gevolg van die handelinge van die beskuldigde nie; die korrekte bedrag geld was aan die bestemde ontvanger betaal en die projek was toepaslik volgens die begroting gefinansier; die beskuldigde het nie enige van die tjeks of die opbrengs op bedrieglike wyse geneem nie of met die bedoeling om dit te steel nie”.

Johan Kriegler het gaan sit en die saak het sy loop geneem.

Teen die tyd dat die Staat al sy getuies geroep het, die verdediging sy getuienis en die kruisverhoor afgehandel is, was daar sowat 416 getikte bladsye van vrae en antwoorde aangeteken. Toe Regter Theron op 8 Oktober 1979 sy bevindinge en sy uitspraak uitgelees het, het hy nog 66 bladsye by die hofrekord gevoeg.

Hofsaal A in die Paleis van Justisie in Pretoria was stampvol. Regter Theron het sy rooi toga reggetrek, sy lippe met ’n klam doek afgevee en sy uitspraak ingelei. Katy, wat die vorige dag uit Parys aangekom het, het skuins voor my gesit. Hoewel ek haar gevra het om nie na Suid-Afrika te kom nie, het haar intuïsie aan haar gesê om my versoek te verontagsaam. Sy het langs Mervin Gross gesit. Elegant, soos gewoonlik, met haar donkerrooi krulhare, glansend, selfs in die getemperde daglig van die hoë hofsaal.

Links en regs van my het die pers saamgepak gesit. Verslaggewers van die Verenigde State, Brittanje, Duitsland en Nederland het skouer aan skouer met verslaggewers van al die belangrikste nuus-media in Suid-Afrika gesit.

Dit was duidelik geen gewone hofsaak nie.

Voor my, effens na regs benede die Regter se hoë stoel, het die Prokureur-Generaal, mnr. A.E. Nothling gesit. Hy het persoonlik die vervolging waargeneem. Aan sy regterhand was die drie advokate wat hom bygestaan het Aan sy linkerkant oorkant die paadjie, Johan Kriegler en sy assistent, advokaat Eddie Stafford. Vier advokate vir die staat, twee vir my. ’n Horde speurders en ondersoekbeamptes aan die staat se kant. Nie een aan my kant nie. Die kostes vir die Staat deur die belastingbetaler gedra terwyl ek uit eie sak moes betaal.

In die publieke area het dr. Connie Mulder gesit. Die man wat die vorige jaar op die drumpel van die Eerste Ministerswoning gestaan het, maar nou ‘n uitgeworpene uit die magtige regerende Nasionale Party was. Ook generaal Hendrik van den Bergh - die lang man wat ongetwyfeld die magtigste figuur in die land gedurende Eerste Minister John Vorster se bewind was maar uit sy kantoor gestap en bedank het op dieselfde dag as wat mnr. Vorster sy eie uittrede aangekondig het.

Die atmosfeer in die hofsaal was gespanne toe die Regter sy twee-uur lange opsomming begin lees het: “Die beskuldigde staan tereg op sewe aanklagtes van bedrog... met die aanvang van die verhoor het die beskuldigde onskuldig gepleit op al die hoof- en alternatiewe klagtes ...”

Ek het nouliks geluister. Ek was voor die tyd gewaarsku dat die Regter heeltemal na die Staat se betoog oorgehel het en my net nie geglo het nie.

Terwyl die Regter voortgelees het, het ek vir die eerste keer my hele lewe voor my sien verbyflits asof ek in ’n vliegtuig was wat oor ’n bergreeks met bulte pieke en valleie vlieg. Sommige was duidelik afgeëts soos die vulkane van Ecuador. Ander was vaag, vol skadukolle en diep donker valleie.

Daar was die dag waarop ek die silwer trofee as die beste bokser in 'n toernooi in Kaapstad gewen het; op Ellis Park het ek vir Transvaal uitgedraf in ’n rugby-wedstryd teen Westelike Provinsie - die dag toe die skeidsregter se horlosie gaan staan het en die W.P., wat agter was, al hul punte in die gelykopuitslag in oortyd aangeteken het voordat die skeidsregter besef het wat aangaan. Ek het Katy weer vir die eerste keer gesien.

Ek het stralend van geluk langs my vader in sy rystoel in die Stadsaal in Pretoria gestaan, my eerste graad-sertifikaat in my hande vasgeklem. Langs my het my ouer broers, Nico en Denys, gestaan. Ook met toekennings. Later was dit die eerste keer in die geskiedenis dat drie broers tegelyk hul M. A.-grade aan die Universiteit van Pretoria ontvang het.

Ek het Annemarie haar eerste treetjies in Canberra in Australië sien gee, my seun Eschel sy eerstes in die woonstel in New York.

Ek het weer, hoogstevrede, die galeiproewe van my eerste boek ontvang, toe die tweede, die derde, al die ander. Maar ek het die langste na die een van The Paper Curtain gestaar.

Ek het weer die trappies bestyg na die huis van Eerste Minister Yitzak Rabin in Jerusalem met die wete dat as ek vandag sou slaag, die twee lande uiteindelik bymekaar sou uitkom. Ek het weer die banieropskrifte in die Suid-Afrikaanse pers van Vorster se triomfantlike besoek aan Swart Afirika en Israel gesien; sy groot diplomatieke sege; sy staatsmansvisie.

Ek het die gesigte gesien van baie mense met wie ek gepraat het: Leopold Senghor in sy paleis in Dakar, Mobuto Sese Seko wat met my gesels het terwyl hy sy eie beeld op drie televisieskerms in sy paleis in Kinshasha dophou; Prinses Beatrix (nou koningin) in gesprek met Katy in die Concert-Gebou in Amsterdam; Gerald Ford, groot, vriendelik, terwyl hy die koevert in sy hande neem wat ek van dr. Mulder af gebring het - Ford se lyfwag wat vorentoe beweeg, hul oë vasgenael op die koevert.

Ek het by my lessenaar in my huis in Menlopark gesit met ’n groot stapel pienk leggers voor my, terwyl ek aan my seun sê dat ek nie vanaand kan skaak speel nie: “Pappa het so baie om te doen”. My vrou se stem oor die huistelefoon om te vra wanneer ek dan kom slaap. Ek sien weer die uitdrukking op my vrou se gesig toe ek my tasse vir my tiende oorsese besoek daardie jaar pak - die vraende blik in my dogter se oe toe sy my totsiens sê: “Kan iemand anders dit nie doen nie? Kan die regering nie vir Pappa mense gee om te help nie? Ons sien Pappa nooit!”

Ek sien weer die glimlaggende gesigte van Vorster, Mulder, Horwood en Van den Bergh by my aankondiging dat hulle so pas ’n politieke party in Noorweë verkry het met vier lede in die Parlement - een van ons geheime suksesse.

Ek het weer die ongeloof aangevoel, die skok van verraad, toe generaal Van den Bergh aan my vertel dat advokaat Retief van Rooyen die man was wat die mees belangrike geheime aan Connie Mulder se politieke vyande uitgelaat het.
“Hoe is dit moontlik? Hy is een van ons. Die Eerste Minister het hom genomineer. Hy was so dikwels by my aan huis. Hy was een van ons groep wat agter die skerms vir ’n beter bedeling vir die Kleurlinge en Asiërs geveg het. Hy het Connie nog nooit eers ontmoet nie. Hoe weet hy waarin Connie werklik glo?” Van den Bergh het sy skouers opgehaal: “Wie weet? Maar ek sal uitvind”.

Ek het weer die vernedering beleef om deur die stasiegeboue van Nice, Cannes, Marseilles en Parys gelei te word, vasgeboei aan ’n Franse polisieman en met kettings aan my bene. Ek sien weer my pragtige vrou deur die vuil geel glas in die tronke van Grasse, Aix-en-Provence en La Baumette in Marseilles - die hitte en die stank van die vreeslikste tronke in Frankryk.

Regter Theron het aan die einde van sy uitspraak gekom. Ek was onskuldig op aanklagte ses en sewe. Ek was skuldig op aanklagte een tot vyf. Die vonnis op aanklag een - omdat ek dan nie die bedrag van sowat R32 000 aan Oscar Hurwitz betaal het vir sy taak as geheime medewerker van die Departement in 1976 nie - sou ses jaar gevangenisstraf wees. Die vonnisse op die ander vier aanklagte het op ’n verdere ses jaar te staan gekom. Die Regter was egter genadig en bedagsaam. Die vonnisse sou gelyktydig uitgedien word sodat ek effektief darem net vir ses jaar in die gevangenis opgesluit sou wees.

Een jaar in die gevangenis vir elke jaar wat ek my as Sekretaris van Inligting moeg gewerk het.

Ek het geen skok gevoel nie, geen verslaentheid nie, inderwaarheid ek het absoluut niks gevoel nie - alleenlik dieselfde skroeiende woede wat ek ervaar het toe ek verneem het dat die regering my paspoort gekonfiskeer het – voordat die Erasmus-Kommissie nog eens hulle verslag aan P.W. Botha oorhandig het. Ek het gedink: “As julle glo dat julle my gaan stilmaak, begaan julle ’n groot fout. Ses jaar gaan P.W. Botha en Owen Horwood nie beskerm nie. Sestigjaar sal dit nie regkry nie. My storie sal eendag aangehoor word. Wat het my Pa altyd gesê? ‘God se meule maal stadig, baie stadig, maar dit maal’.”

Katy het na my gedraai en gefluister, hard genoeg dat sommige van die verslaggewers haar kon hoor: “Ek het jou lief. Ek sal vir ewig vir jou wag".

Elizabeth Roth (Ounooi, soos ons haar noem) het na my toe gekom, haar hand op my arm gelê en gesê: “Moenie bekommerd wees nie. Ons sal na Katy omsien totdat jy terugkom”. Sy is ’n baie mooi vrou, lank en slank, en die verslaggewers het omgedraai om na haar te staar.

Een buitelandse verslaggewer wat daar naby gestaan het, het hoorbaar teenoor sy maat opgemerk: “Liewe hemel, ons het almal gedink ons gaan van gesteelde miljoene hoor wat in geheime bankrekeninge in Switserland versteek is - en al waaroor alles gegaan het is ’n karige R60 000. Is dit waaroor die hele Inligtingskandaal gegaan het? En hy kry ses jaar!”

Onmiddellik na die uitspraak het Kriegler die Regter met goeie gevolg oortuig ten spyte van die sterk teenkanting van die Prokureur-Generaal, dat daar redelike grond vir appèl was. Die verwagting was dat Regter Theron, wat as ’n vinnige werker bekend was, sy uitspraak binne ’n week sou nasien en dat die appèl dus moontlik in Februarie 1980 al aangehoor sou word. Net drie-vier maande later. Maar die weke het een vir een verbygegaan tot in die twaalfde week, toe die Regter uiteindelik sy bevinding en uitspraak klaar geredigeer het. Teen daardie tyd was dit reeds te laat vir die Appèlhof om al die getuienis voor die middel van Februarie te lees en te bestudeer. Die appèlsaak is uiteindelik vir 25 Augustus 1980 geskeduleer, tien maande ná Regter Theron se uitspraak.

Op 9 Oktober 1979 het die Regter bepaal dat hy my vrylating op borgtog van R90 000 sou toestaan op voorwaarde dat my paspoort ingehandig word en dat ek nie die landdrosdistrikte van Pretoria, Johannesburg of Randburg sonder die toestemming van die senior ondersoekbeampte, Brigadier T.H. Sherman sou verlaat nie. Daarbenewens moes ek twee keer elke dag persoonlik by ’n polisiestasie in een van daardie distrikte aanmeld.

Dit was ’n vorm van “streeksaanhouding”, het ek gedink. Maar darem nie huisarres nie.

Vier maande nadat ek op borgtog vrygelaat is en nadat ek die hersiene uitspraak van Regter Theron bestudeer het asook die nuwe getuienis wat ek intussen ingewin het, het ek ’n kommentaar oor die bevinding van Regter Theron aan my regsadviseurs geskryf.

Die nuwe getuienis wat ek in die vorm van beëdigde verklarings ingewin het, het van mense gekom wat nie die verhoor in Oktober 1979 kon bywoon nie. Hulle was of siek, of in die buiteland; kon nie op daardie tydstip opgespoor word nie; of het eers met hul getuienis na vore gekom nadat hulle in die koerante van sekere teenstrydighede in die verhoor gelees het. Die beëdigde verklarings het my bewerings absoluut gestaaf, naamlik, dat die Regter se bevindinge nie alleen verkeerd was ten opsigte van die getuienis wat gedurende die verhoor gelei is nie, maar, in die lig van die nuwe getuies, onweerlegbaar foutief.

Na my mening het die Regter dikwels die getuienis verkeerd vertolk en selfs fundamentele foute in sy uitspraak begaan. In sy opsomming het die Regter gesê: “In die buitengewone omstandighede van die saak, is die sleutel-vraag wat beantwoord moet word die volgende: Is die verduideliking van die beskuldigde aangaande sy aksies in elke geval redelik waar? Daar rus geen verantwoordelikheid op die beskuldigde om die waarheid van sy verduideliking aan die Hof
te bewys nie. Indien die Hof sou bevind dat daar ’n vermoede bestaan, selfs ’n redelike sterk vermoede, dat dit waar is, mag sy verduideliking nie verwerp word nie”.

Hierdie paragraaf is van die uiterste belang aangesien die Regter homself nie konstant en konsekwent by hierdie vraag bepaal het nie. Inderwaarheid, die Regter het die indruk laat ontstaan dat geen verduideliking van my kant vir hom hoegenaamd aanvaarbaar was nie. Feitlik elke verduideliking wat ek gegee het, was deur die Regter as “onoortuigend” beskryf. Maar Braam Fourie, die rekenmeester wat vir ses jaar saam met my gewerk het (en ook die Staat se hoofgetuie was) het kategories verklaar dat alles wat hy gedurende sy ondersoek in die boeke oor die uitgawes gevind het, my bewerings staaf. Die Staat se hoofgetuie het getuig dat nie ’n enkele sent ooit verlore of vermis was uit die bykans R18 miljoen wat deur die regering se geheime rekening in Zurich gegaan het nie en waarvoor slegs ek tekenregte gehad het. Al die toepaslike dokumentasie aangaande hierdie geheime rekening is ook in orde gevind. Die Regter het etlike kere in sy uitspraak na logiese afleidings, logiese gevolgtrekkings en logiese beredenering verwys. Maar was dit nie ewe logies en ewe redelik dat indien ek geld wou neem dit makliker vir my sou gewees het om dit uit ’n geheime rekening in Switserland te doen nie?

Derhalwe is dit onlogies en swak redenasie om te beweer dat ek dit wel in my eie hoofkantoor sou doen deur van die rekenmeester en regeringstjeks gebruik te maak, te meer omdat dit tjeks was, wat ek geweet het, na uitklaring by die bank na die Departement teruggestuur sou word. Daardie logika het die agbare Regter totaal ontwyk.

Vervolg...

U soek na?

  • HOU VAKANSIE IN MOSSELBAAI !

    Baie netjiese vakansie-akkommodasie in Fraai Uitsig, Kleinbrakrivier, Mosselbaai Munisipaliteit. Twee kilometer vanaf Kleinbrak en Tergniet se swemstrande en ongeveer 10 kilometer vanaf Hartenbosch. Pick n Pay binne loopafstand.
    Kliek hier vir volledige inligting en foto's: OPSOEK NA BEHUISING VIR VAKANSIE?
     
    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________
     
    SKAARS BOEKE TE KOOP
    C J LANGENHOVEN 16 VOLUMES
    FAK-SANGBUNDEL 1 VOLUME
    Hierdie 16 volume Langenhoven-stel is 'n goedopgepaste kosbare versamelstuk. Dit beslaan die volledige inhoud van Langenhoven se bundels soos Sonde met die Bure; Loeloeraai; Herrie op die ou Tremspoor; Doppers en Filistyne; en al die kosbare stories uit die pen van Langenhoven.
    Die FAK-sangbundel is ook in goeie toestand en kan saam of apart van die Langenhovenstel gekoop word.
    Eienaar moet na 'n kleiner woonplek verhuis en vra 'n redelike aanbod vir sy boeke.
    Die aanbevole waardasieprys vir die Langenhovenstel is R1600.00; en vir die FAK R100.00
    Koerierkoste sal bykomend wees.
    Kontak

    Chris Carstens

    Sel no 082 954 3383

    Epos adres

    chris.carstens

    @vodamail.co.za

    ___________
    DIGBUNDELS:
      'n Versameling van 4 elektroniese bundels - 226 gedigte @R350.00:  
    Vir alle navrae  skryf aan 
    Amanda
    @waterstrome.co.za
    Uittreksel uit:
    'n Nasie in Pyn:
    ...Saam sal die hele wêreld vir hulle bid.
    Saam sal ons met pyn in ons harte sit.
    Mag hulle berus in u wil
    Mag hulle voor U verstil.
    _________
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het  in gedrukte vorm verskyn. 
    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
    DIE
    VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
    Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

    U kan hierdie boek bestel by
    ds AE van den Berg
    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com
    Prys: R50-00

  • BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    ('n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 'n Nuwe Trek (Exclusive Books) Prys: ZAR180

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is by http://tinyurl.com/lx9vrs8

    ... en loot.co.za dit verkoop teen R169 http://tinyurl.com/l26h6jl

    ... kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    JULIE 2013

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. 

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2 NOU BESKIKBAAR

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
    of skakel hom by
    074 967 5187

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

  • Kliek op DIE CHARISMATIESE GEVAAR om meer oor hierdie boek te wete te kom Lees verder...  
  • FILM OOR DR HF VERWOERD

    Kyk by hierdie skakel http://youtu.be/TcO3zPF8998

      na die kort film oor dr HF Verwoerd.   
    Dit kan ook direk bestel word by Riaan: +27823712682 of by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

'N BIETJIE LANGENHOVEN:

Ek sê nie al die suur mense is Fariseërs nie, maar naastenby al die Fariseërs is suur. In alle geval, solank hulle onthou om Fariseërs te wees. Want dis ook 'n inspanning.
Verbeel jou 'n wêreld sonder 'n skaterlag, sonder eens 'n glimlag. 'n Hemel op aarde, sal die Fariseër sê. Uit so 'n hemel sou ek wou wegloop hel toe.

Die man wat ek na soek, is nie dié wat die minste foute maak nie, maar dié wat die meeste foute régmaak.

Slaap laat solank as jy jou eie baas is en daar sal 'n tyd kom wanneer 'n 'n baas jou sal laat vroeg opstaan.

Ontydige vlyt is die merk van die luiaard. Dis sy verskoning vir ontydige rus.

Ons reken ons geluk vir ons loon en ons straf vir ons ongeluk.

Welvaart is die  dogter van matigheid en die moeder van weelde.

My swaarste pad trap ek self vir my plat, en die swaarste is die wat my voete nooit vat.

Daar is geen kuns by sukkel en geen sukkel by kuns.

Die boer wat nie saai nie sal nie misoeste kry nie, maar hy sal geen goeie ook kry nie.

Het die daeraad lief en die dag sal jóu liefhê.

'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie.

Dis die flukse perd wat flou word. Meer moeite as wat die vlytige het vir sy loon, het die luiaard verniet.

Op die ou end werk die vlytige man vir homself, die luiaard vir 'n ander.

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Kla net oor jou kooi as dit 'n ander is wat dit vir jou opgemaak het.

Hoe korter jy jou kuier maak, hoe gouer sal jy weer genooi word.

Om my naaste lief te hê is vir my 'n sware gebod. Met die mense daargunter kry ek dit nog op 'n manier reg.

Jy sê "ja" waar jy moes "nee" gesêhet omdat jy die ander nie wil aanstoot gee nie. Maar eken hoe het hy jou aanstoot gegee met sy versoek!

Aan 'n nuwe wa kan jy sien of dit 'n goeie skilder was; aan 'n oue of dit goeie wamaker was.

Trek liewer vir jou vriend jou broek uit as om vir hom vir 'n baadjie borg te staan. Anders loop julle naderhand albei nakend.

Die vriendskap wat jy moet koop is 'n duur artikel. Jy sal nie weer jou prys kry as jy dit van die hand wil sit nie.

Moenie vriendskap en besigheid meng nie – jy bederf albei.

'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie.

Maak jou vriendelikheid goedkoop en hou jou vriendskap duur.

Moenie jou vriend vergeet nie; dit sal hom seermaak. Maak jou vyand daarmee seer.

'n Skare is 'n versameling van eensames.

Stuur die luiaard na die miere, en as hy nie te lui is om te gaan nie sal hy te lui wees om weer terug te kom.

Dis net so moeilik om maklikheid in die ou wêreld te kry as wat dit maklik is om moeilikheid te kry.

Waardeer die werk van jou vrou. Jy kan nie op die aarde 'n ander kneg kry vir dieselfde diens en dieselfde prys nie.

Met spaarsaamheid sal jy uit die kleinste inkomste iets oorhou; met verkwistery sal die grootste vir jou te min wees.

Besorg jou eie boodskap en reken die moeite teen dit wat die misverstand jou sou gekos het.

Het die ryk man nodig om so suinig te wees? Maar hy is nie 'n ryk man wat suinig geword het nie; hy is 'n suinige man wat ryk geword het.

Help jou swakke mededinger op die bene bly.  As hy tot niet gaan, kom daar dalk 'n sterke in sy plek.

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES (7)

(Lees die reeks by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

  • Die adderbyt van naberou is verskriklik (Naberou is ontstellend.)
  • Hy het hom in 'n addergebroedesel begewe (Hy was tussen 'n groep nydige, aanvallende mense.)
  • Sy het hom adieu toegeroep (Sy het vaarwel gesê.)
  • 'n Adres van adhesie is 'n geskrif waarin instemming betuig word met 'n versoek.
  • Jy is nou by die verkeerde adres (Jy soek die oorsaak van die kwaad by die verkeerde persoon.)
  • Dit was advokatery (Dit was regskundige uitoorlêery.)
  • Hy sal die werk weer afbroddel. (Hy sal knoeiwerk of slordige werk verrig.)
  • Sy wil elke takie afbrom (Sy kla die hele tyd terwyl sy werk.)
  • Jy kan nou maar afdans (Jy kan nou maar skoert.)
  • Moet hom nie op sy verdienste afdwing nie (Moet hom nie verkleineer nie.)
  • Die ou werkie draf ek gou af (Ek sal dit sommer gou afhandel.)
  • Hulle wil die rusie afdrink (Hulle wil vrede maak.)
  • Sy het soms baie affêrinkies (Sy is dikwels vol nukke en nonsens.)
  • Hy sal wel weer geld van haar affutsel (Hy sal dit op 'n oneerlike manier van haar kry.)
  • Daar kan niks van afgaan nie (Dit kan nie ontken word nie.)
  • Hy sal 'n afgehekste loesing kry ('n deeglike pak slae.)
  • Sy is 'n afgelekte meisie (Sy het al baie kêrels gehad.)
  • Jy lyk so afgesak (Jy lyk baie moeg.)
  • Hy het afgetop gelyk (Hy het verleë gelyk.)
  • As jy iets van hom wil hê sal jy dit moet afgoël (Hy is so suinig!)
  • So 'n afhaler is onnodig ('n Onnodige belediging.)
  • As dit afhang moet ons dit maar opbind (Skertsend wanneer iemand gedurig begin met "Dit hang af..."
  • Na elke partytjie is hy babalaas ( dan ly hy aan die gevolge van te veel alkohol).
  • Daar was 'n Babelse gegons van stemme (Almal het gelyktydig gepraat).
  • Dit was 'n Babelse verwarring (Dit was baie deurmekaar).
  • Hy sal weer mooi broodjies kom bak (Hy sal kom vlei en mooipraat om sy doel te bereik),
  • Hulle eet nie uit een bak nie (Hulle is nie vriende nie).
  • Sy het hom 'n bak gewys (Sy het hom onvriendelik tereggewys).
  • Gou by die bak maar lui by die vak (Hy is eerste daar waar iets te ete is maar traag as hy moet werk).
  • Hy maak sy hande bak (Hy kom bedel iets).
  • Ons moes bak staan (Ons moes hard werk).
  • Dit was sommer 'n bakerpraatjie (Dit was 'n skinderstorie).
  • Jerusalem is die bakermat van die Christelike Kerk ( Dis waar dit begin het. 'n Bakermat was 'n mandjie waarin die baker – die vrou wat 'n pasgebore baba versorg het – die kindjie op haar skoot voor die vuur versorg het).

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2923 gaste aanlyn