Nuutste bydraes

GEDAGTES VIR ELKE DAG

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Mense is maar net soos die seisoene: ná 'n koue winter kom daar weer tere ontwaking wat blydskap bring oor die warm son en ontluikende aarde. Mense gaan ook deur seisoene van vernietigende winter maar kom deur die genade van God weer in die lente van hulle lewe by ontwaking, vernuwing groei...en die ontdekking van liefde in hul verharde harte.

DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (48)

Dr Eschel Rhoodie (1984)

Lees reeks by Die ware inligtingskandaal

Die doel met die plasing van hierdie inligting oor die destydse Inligtingskandaal is om die leser perspektief te gee oor hoe Suid-Afrika tot by die haglike verval van 'n swart regering gekom het. Die verraad wat destyds in die kabinet van Vorster, PW Botha, Pik Botha en De Klerk plaasgevind het, nie net teenoor ons Boerevolk nie, maar ook onder en teenoor mekaar in die parlement, getuig van hul veragtelike motiewe en handeling.

DIE BETEKENIS VAN VRYHEID

Behalwe vir ’n paar uitstappies buite Pretoria het Katy en ek in ons huurwoonstel in Lynnwood gebly terwyl ons op die saak voor die Appelhof gewag het.’n Swaard van ses jaar gevangenisstraf het oor my kop gehang.

Die uitsig wat ons oor die oostelike voorstede gehad het, het my bekoor. ’n Mens kon al die pad vanaf Libertas, die Eerste Minister se woning, tot by Cullinan sien, ’n afstand van goed 30 kilometers. Ek het dikwels, wanneer ek op die balkon gestaan en kyk het na die blou lug, die wit wolkemassas en die verre horison, teruggedink aan die strakheid van die gevangenisse in Frankryk, waar die enigste uitsig wat ek ooit gehad het, ’n baksteen- of klipmuur was.

Katy het ’n reeks onderhoude met joernaliste van Perskor gehad wat hulle op band opgeneem en later getranskribeer het. Dit het die basis van haar boek Agter ’n Marmerskans gevorm. Terwyl ek die proeflesing gedoen het van die galeiblaaie van haar boek, wat oor haar lewe saam met my gehandel het en haar ontberinge in Suid-Afrika en in Frankryk, het ek gedink hoe lief ek haar het. Ek het haar lief omdat sy vir my geveg het; vir haar sin vir regverdigheid en die bedagsaamheid wat sy altyd teenoor my bewys het; omdat sy ’n intelligente vriendin is; ’n goeie moeder vir my kinders; omdat sy my vrou is; vriendin en minnares; alles ineen.

Haar boek het oor voorspoed en teëspoed gegaan. ’n Uiters privaat persoon wat vir die eerste keer haar storie vertel. Van die hartseer en die geluk, die bekommernisse en diep gevoelens wat sy agter haar marmerskans weggesteek het, soos sy dit altyd genoem het.

Katy en ek het van die begin af besluit om nie weg te kruip nie. Ek was onskuldig en het die volste reg gehad om die wêreld in die oë te kyk. Daarom het ons saam met vriende uitgegaan, ook dikwels alleen, na restourante, na rugbywedstryde, na die teater, die opera, na balletopvoerings in Pretoria en Johannesburg. Waar ons ook al gegaan het, het ons slegs vriendelikheid teengekom. In ’n jaar se tyd het honderde mense, wit en swart, by bioskope, restourante, of in die straat na ons gekom om hande te skud en ons voorspoed toe te wens.

Die jong mense was in die meerderheid.

Ek het ere-burgerskap ontvang van Kollege-tehuis, die oudste koshuis van die Universiteit van Pretoria. Toe die koshuis vir die eerste keer in 65 jaar hul ere-burgerskap by ’n dinee toegeken het wat deur meer as 300 studente bygewoon was, het dit groot byval gevind toe ek gesê het dat, hoewel my vrou en ek baie jare gelede ook ere-burgerskap van die Staat van Texas ontvang het, ek burgerskap van hierdie koshuis meer op prys gestel het.

Nie alleen dit nie, maar my dogter sou ook binnekort met ’n voormalige inwoner van die Kollege-tehuis in die huwelik tree.

Die vrygewigheid van mense het ons verstom. By vele restourante waar ons geëet het, het ons nooit ’n rekening ontvang nie. Mense het hul motors aangebied, vakansie-huise en vliegtuigkaartjies na Kaapstad en Durban.
Etlike groot sake-ondernemings het my oor ’n permanente aanstelling genader teen salarisse wat dubbel die bedrag beloop het wat ek destyds van die Regering ontvang het. Ek het al hierdie aanbiedinge van die hand gewys omdat ek besluit het om nooit weer vir iemand anders behalwe myself te werk nie.

Daar was oomblikke van angs, en van lagbuie.

Op ’n keer toe ons saam met ons dogter en haar verloofde in ’n restaurant in Lynnwood geëet het, het ’n dame wat haar motor in vorentoe- in plaas van trurat gesit het, dwarsdeur die glasvenster van die restaurant gery en beide Katy en myself wat met ons rue na die venster gesit het, byna verongeluk. Die motor se buffer het reg teen ons stoele tot stilstand gekom. Die lagbuie het gekom toe ’n vriend ons vertel het van die nuutste skinderstorie by die Suid- Afrikaanse Inligtingsdiens, my ou Departement: Katy Rhoodie het met haar man stry gekry en het so kwaad geword dat sy uitgeloop het, in hulle motor geklim, en deur die venster gejaag het om haar man te probeer verongeluk!

Ons was nog onder voorlopige sekwestrasie.

Katy het met liefdevolle sorg die woonstel wat ons in November 1979 betrek het, met verskeie stukke meubels wat familie en vriende aan ons geleen het versier. Hoewel mense wat onder voorlopige sekwestrasie geplaas is wettiglik toegelaat word om “noodsaaklike” meubels en implemente te behou, soos ’n yskas, ’n stoof, ensovoorts, het die Staat soveel hindernisse as moontlik in ons weg gelê. In die eerste plek is daar beweer dat die Staats-Prokureur moes besluit watter items ons uit ons huishouding mag neem. Daarna is dit in die Staats Trustraad se skoot gegooi. Daarna weer terug na die Staats-Prokureur.
Uiteindelik is die saak na die Veiligheidsraad verwys wat die gewigtige besluit geneem het dat ons ’n lys van ons benodighede moes opstel. Maar
geen luukse artikels nie, geen motor, geen skilderye nie. “Die publiek moet nie die indruk kry dat die Rhoodies meer as die absolute minimum kry nie”, het Johan du Toit, Voorsitter van die Staats Trustraad aan my gesê.

Ons het ’n lys opgestel. Maar die gesloer het aangehou. Toe Katy na vyf weke gedreig het om ’n perskonferensie te belê sodat die pers kan sien hoe sy en haar man op die vloer moes sit, sonder meubels, gordyne, of selfs ’n yskas was daar ietwat van ’n geskarrel maar dit het dit nog steeds ’n hofbevel gekos om die staat te dwing om aan ons die nodige meubels vir ons gehuurde woonstel te besorg.

Terwyl ons in die leë woonstel gewag het vir die Veiligheidsraad, die land se hoogste besluitnemingsliggaam buite die Parlement, om te besluit of die publiek ontsteld sou wees, aldan nie, as ons toegelaat word om ’n yskas te gebruik om ons vleis en melk in die somerhitte van Pretoria vars te hou, het ons baie tyd gehad om saam na te dink oor wat gebeur het en wat nog kon, of sou gebeur.

As ons gedink het dat die teistering van die kant van die Regering ná die Appèlsaak sou ophou het ons onsself droewig misgis.

Toe Mervin Gross my in Junie 1980 tuis getelefoneer het om te sê dat die Appèlhof in Bloemfontein my appèl op 25 Augustus sou aanhoor, het ’n gevoel van verligting oor my gespoel. Na byna ’n jaar van afwagting was ek bly dat sake uiteindelik tot ’n finale uitslag sou kom.

Op die dag van die verhoor, wat normaalweg net ’n dag duur, het Katy en ek, Mervin Gross en Elida Dippenaar per motor na Jan Smuts Lughawe met ons “gelukbringer” vertrek. In teenstelling met ander gelukbringers, het hierdie een ’n snor gehad, was vorsgebou, en het Grieks gepraat. Hy was ’n Pretoriase sakeman - skatryk. Hy het my saak in die koerante gevolg en het diep, in sy siel, gevoel dat ek die slagoffer van ’n politieke sameswering en onskuldig was. Daarom het hy aangedring om saam met ons na Bloemfontein as ons gelukbringer te gaan.

Johan Kriegler en Eddie Stafford het die vorige dag al na Bloemfontein vertrek en by ons aankoms was hulle alreeds in die hofsaal en het baie ontspanne gelyk.

Ek was nog nooit voorheen in die Appèlhof nie, maar my eerste indruk van die gebou was een van soliditeit, stilte en waardigheid. Ek kan nie sê dat ek gespanne gevoel het voordat die Regters ingekom het nie, hoewel sommige lede van die pers wat in volle sterkte daar was, gerapporteer het dat ek sulke tekens van spanning getoon het. Indien wel, het daardie tekens spoedig verdwyn want byna reg vanaf die openingsrede van die Prokureur-Generaal het die Appèlregters hom laat spook en spartel met hul pertinente en deurdringende vrae. Hoe langer hy gepraat het, hoe erger het dit geword en binne ’n halfuur van sy redevoering het Mervin Gross stilletjies ’n nota aan my gestuur. “Veels Geluk”. Om die waarheid te sê, die Prokureur-Generaal het
sigbaar ineengekrimp by sommige van die vrae wat op so ’n kalm en beredeneerde wyse aan hom gestel was. Daar was sommige wat hy gladnie kon beantwoord nie.

Een vraag wat aan die Prokureur-Generaal gestel was, en sy antwoord daarop, het my deur sy implikasies verstom en Katy, wat langs my gesit het, het ’n hoorbare snik van verbasing geuiter.

“Se my mnr. Nothling, waarom het die Staat nie probeer om die getuienis van mnr. David Abramson en mnr. Stuart Pegg te bekom nie?” het die een Appèlregter gevra.

“Ons het nie” het die Prokureur-Generaal sonder die geringste huiwering gesê. “Ons kon nie. Hulle was nie hier nie. Hulle was in Engeland en ons kon hulle nie te sien kry nie.”

Almal van ons het geweet dat dit geheel en al onwaar was.

Ons het vir ’n feit geweet dat die twee advokate wat die Erasmus-Kommissie bygestaan het na Londen gegaan het, vir David Abramson gesien het en sy beëdigde verklaring op band opgeneem en getranskribeer het. Dit het deel geword van die getuienis voor die Erasmus-Kommissie. Abramson het ook sy eie transkripsie gemaak en ons het dit gesien. In sy beëdigde verklaring voor die twee Advokate het Abramson my getuienis voor Regter Charles Theron, in soverre dit hom geraak het, bevestig en wat deur die geleerde Regter verwerp was. Indien die Abramson-verklaring aan die Prokureur-Generaal oorhandig was tesame met die ander materiaal wat die Erasmus-Kommissie aan hom gestuur het sou drie van die sewe klagtes nooit teen my ingebring gewees het nie. Die verklaring het bevestig dat Abramson en Pegg die geld ontvang het presies soos ek aan die hof in Pretoria vertel het.

Dit was duidelik dat iemand in die Erasmus-Kommissie opdrag gekry het om my ten alle koste af te skiet al moes die verloop van die gereg ook verydel word. As ’n amptenaar van die hof sou die Prokureur-Generaal destyds pligsgebonde gewees het om Abramson se verklaring voor Regter Theron te lê.
Hy het dit nie gedoen nie omdat hy dit nooit ontvang het nie. Later, toe die Erasmus-Kommissie se getuienis gepubliseer is, het dit aan die Iig gekom dat daar ’n brief was wat adv. Klem aan adv. van Zyl geskryf het om hom mee te deel dat die Abramson getuienis vanaf Londen aangestuur sou word. Abramson se verklaring het selfs ’n nommer in die lys van die dokumentêre getuienis van die Erasmus-Kommissie ontvang, maar dit was nooit gepubliseer nie. Bronne in die Parlement het aan my gesê dat die Parlementêre Gekose-Komitee wat moes besluit oor die materiaal wat gepubliseer kon word dit ook nie gesien het nie. Dit het net verdwyn. Iemand het dit uitgehaal.

Soos verwag kon word, het die Prokureur-Generaal se antwoord hoegenaamd geen impak op die Appèlhof gemaak nie, want die Regter wat die vraag gevra het, het droogweg opgemerk: “Maar dit is nie die appèllant se probleem nie, dit is die Staat se probleem.”

Teen die tyd dat Nothling sy betoog afgesluit het, was dit so duidelik soos daglig dat die Staat nie die minste hoop gehad het om hul saak te wen nie. Daardie Regters het die rekord van die verhoor en al die argumente agterstevoor-om geken. Hulle kon my eie woorde aanhaal sonder om eens na die hof-rekord te kyk.

Toe ons vir middagete na ’n restaurant gestap het met ’n horde fotograwe en televisiemanne wat agter ons aandrentel, het Kriegler my opsy geneem en gesê:
“Sê my, het jy nie vanoggend trots gevoel om die Hof se verrigtinge te kon aanskou nie?” Ek moes erken dat ek nog nooit in my lewe so beïndruk was nie. Die Regters het binne bestek van twee uur 220 bladsye van oënskynlik indrukwekkende argumente deur die staat gestroop sodat net die kaal beendere oorgebly het.

Ek was veral getref deur die saaklikheid van die heel eerste vraag wat die Voorsittende Regter Ernest Jansen aan Johan Kriegler gevra het toe hy opgestaan het om te praat. “Wanneer was die appèllant se paspoort weggeneem, voor of nadat die Erasmus-Kommissie se verslag gepubliseer is?”

“Voor dit, Edelagbare” het Johan geantwoord.

“Ek sien”, het die Regter gesê en toe teruggesit.

Later het Mervin Gross en ek die betrokke vraag bespreek en ons het saamgestem dat die Hof aan Kriegler ’n sein gegee het dat hulle deur die hele politieke opset gesien het en dat hy nie eers na daardie aspek hoef te kyk nie.

“Die Staat se saak”, het Kriegler op een stadium gesêe, “is snert”.

Nie een van die Regters het ’n oog geknip nie.

Daardie aand het Mervyn Gross en ek nog baie vrae en argumente opgehaal wat ons gereken het dat Kriegler kon gebruik wanneer hy repliek op die Prokureur-Generaal se betoog lewer. Kriegler het geluister maar slegs ’n paar aantekeninge gemaak. Toe hy die volgende dag die Hof toegespreek het, kon ek verstaan waarom. Hy het die Staat se antwoord stukkie vir stukkie op sy eie
uitmekaar getrek. Al die bekookte argumente, al die misplaaste sinspelings, onjuiste submissies en geregtelike wanopvattings.

Die Prokureur-Generaal se slotrede was net so erg soos sy beginpoging. Hy het op ’n vervelige manier voortgegaan en vir nog tyd gevra totdat die Voorsittende Regter droogweg opgemerk het dat die saak nie ’n “uithoukompetisie” hoef te wees nie.

Toe ons daardie namiddag na Pretoria vertrek het, het een van die advokate wat die Prokureur-Generaal bygestaan het gesê dat hulle seker is hulle het die saak verloor en dat hulle nooit die eerste een moes gewen het nie. Kriegler, wat maande gelede al aan ’n vriend gesê het dat, indien hy die saak sou verloor, hy op sy knieë na Johannesburg sou terugkruip en bedank om te gaan boer, het baie min gesê, maar sy houding en die manier waarop hierdie intense man ontdooi en begin grappe maak het was ’n boodskap so duidelik soos ’n getikte kopie.

Die nuus wat Mervyn Gross die volgende dag aan my gebring het, dat die Appèlhof moontlik binne ’n week of twee tot ’n beslissing sou kom, in stede van maande, het nie gestrook met wat ek elders gehoor het nie, naamlik, dat die Voorsittende Regter, Ernest Jansen, erg gesteld is op detail. Hy sou elke komma in ons betoog en dié van die Staat bestudeer. Daar is gesê dat hy op ’n keer meer as ’n jaar geneem het voordat hy ’n beslissing geskryf het.

Die vyf weke wat dit die Appèlhof geneem het om tot ’n beslissing te kom, was ’n moeilike en pynlike tyd vir my en Katy. Ek het geweet ek is onskuldig. Ek kon oordeel aan die vrae wat die Appèl-Regters aan die Prokureur-Generaal gestel het, dat hulle my bona fides aanvaar het en nie die Staat se aantygings nie. Ek het alreeds riemtelegramme gehoor dat die Prokureur-Generaal sy senior personeel in Pretoria byeengeroep het. Daarop-volgend het ek my gereelde tennismaats geskakel en ’n spel vir die volgende namiddag gereël.

Oral was daar opgetoënheid. En toe kom die uitspraak: ek het die saak gewen!

Vir my het dit gevoel asof ek pas oor die Berlyn-muur ontsnap het. The Pretoria News het ingekom en ’n foto van Katy en ek geneem waar ons mekaar omhels. Die foto het later ’n prys gewen in die j aarlikse toekenning vir die beste nuusfoto’s. Die Transvaler het vir ’n paar foto’s ingekom vir ’n haastige opsomming van my gevoelens en planne. Die S. A.U.K. het ’n radio onderhoud in Engels en Afrikaans gevoer en daarna die filmopname vir televisie gemaak. Later het Katy, Mervyn en ek verby die Poskantoor, oor Kerkplein en met Kerkstraat na ’n restaurant afgestap. Dit was my eerste uitstappie in Suid-Afrika as ’n vry man - en dit het goed gevoel! Daardie namiddag het die pers hul biljette oor die uitspraak op die strate gehad en elke tien tree het iemand stilgestaan om ons hande te skud en geluk te wens. Voordat ons vir middagete ingegaan het, het ek koek na die Sentrale-Polisiestasie in Pretoria laat oorstuur.

Ek het nog ’n oproep van Bloemfontein geneem om te hoor hoe die Appèlhof-uitspraak bewoord was.

Dit was inderdaad sterk in my guns. Soos iemand opgemerk het, daar is verskillende soorte oorwinnings. Jy kan die Currie-Beker wedstryd met ’n gelukkige skepskop in die laaste minuut wen - of jy kan jou teenstanders met vyftig punte teen nul verpletter. Dit is hoe ek oor die uitspraak gevoel het. Vyftig vir ons, nul vir die Botha’s.

Die Appèlhof het gesê dat in die sielkundige en propaganda-oorlog wat ek vir die Staat gevoer het, ek onkonvensioneel moes optree en buitengewone risiko’s moes neem.

Die Hof het bevind dat die Regter in my verhoor, mnr. Charles Theron, ’n verkeerde siening van die saak gehad het. Hy het sake verkeerd verstaan; het ongeregverdige veronderstellings gemaak; hy het gespekuleer; hy het nie die buitengewone reëls in ag geneem wat op geheime betalings van toepassing was nie; hy het ongegronde gevolgtrekkings gemaak, terwyl sy kritiek oor my weergawe van die saak eenvoudig ongeregverdig was. Die Regters het eenparig bevind dat ek te goedertrou opgetree het, dat die Staat geen verliese gely het nie en dat ek geen wanvoorstellings gemaak het nie.

Dit was presies die teenoorgestelde prentjie as die een wat die Erasmus-Kommissie aan die wêreld aangebied het en wat so slaafs en goedgelowig deur ’n groot seksie van Suid-Afrika se “verantwoordelike” pers afgesluk is. Wat ’n klap in Mnr. Rudolph Erasmus se gesig!

Alles wat Kriegler in Pretoria voor Regter Charles Theron gesê het en wat laasgenoemde destyds verwerp het, was deur die Regters van die land se hoogste Hof eenparig aanvaar.

My destydse besluit om nie teen die sesjaar gevangenisstraf te appèlleer nie, maar teen die uitspraak as sulks op grond daarvan dat dit verkeerd en onregverdig was, is 100 persent korrek bewys.

Na middagete het Katy en ek na die Boulevard Hotel oorgestap, waar my voormalige sekretaresse Sarah Louw en vriende die konferensiekamer vir die pers in orde gebring het. Stoele om op te sit, oliebolle en koffie. Daar was sowat veertig nuusmanne, fotograwe en radio-mense - Suid-Afrikaanse sowel as buitelands - en ek moet erken dat dit die aangenaamste perskonferensie was wat ek nog ooit ervaar het. Ek het, ondermeer, die volgende uit my voorbereide teks gelees:

“Ek het altyd gesê dat ek onskuldig was en dat die saak teen my ’n politieke een was. Dit is waarom ek sterk weerstand gebied het teen die Regering se pogings om my van Frankryk te verkry. Die opskrif van die Hof se dokumente, Die Staat versus Eschel Rhoodie, was ’n verkeerde benaming. Dit was ’n handjievol magtige politici, nie die Staat nie, wat die apparaat van die Staat gebruik het, om nie eens te praat van die yslike bedrag geld van die belastingbetaler nie, om my en my familie, sosiaal, polities en finansiëel te vernietig. Daar was ander slagoffers ook, behalwe my familie, maar hulle moet vir hulself praat. Hierdie politici het in 1978 ’n vendetta teen die Rhoodies van stapel gestuur, ’n uit-en-uit poging om ons fyn te maal hoofsaaklik om hul eie betrokkenheid in die Regering se geheime propaganda-oorlog van 1971-1978 te verbloem.

Ek verwerp geheel en al die Erasmus-Kommissie se goedpratery van daardie Ministers en enigeen met ’n geringe mate van gesonde verstand en wie gewillig is om die 23 boekdele van die Erasmus-Kommissie se gepubliseerde “getuienis” onpartydig te analiseer, sal dit soos ’n paal bo water sien staan...

“Mense wat van my verwag om halt te roep, moet vir ’n paar oomblikke stilstaan en nadink oor wat ek en my familie die afgelope twee jaar deurgemaak het.

  1. My eie paspoort is weggeneem ook deur mnr. Schlebusch, voordat die Erasmus-Kommissie se verslag eens gepubliseer was, en sodoende is my saak in die openbaar bevooroordeel.
  2. Die Erasmus-Kommissie se bevindinge wat sedertdien verkeerd bewys is en die Regering se optrede teenoor my vrou, het my enigste seun uit hierdie land verdryf. Toe my vrou uiteindelik daarin geslaag het om my na Europa te volg, was sy en my seun op skandelike wyse deur Ambassade-amptenare in Parys op instruksies van mnr. Pik Botha getreiter.
  3. My broers, prof. N.J. Rhoodie en dr. D.O. Rhoodie is deur die Erasmus-Kommissie van oortredings beskuldig, maar oor ’n periode van 20 maande het nie ’n enkele polisieman prof. Rhoodie kom sien nie, hoewel hy hulle uitgenooi het om dit te doen. Hulle saak was vir byna twee jaar heen en weer deur die polisie en die Prokureur-Generaal geskop, terwyl veel ingewikkelder sake in ’n paar maande of selfs weke afgehandel was. Dit het vir my na administratiewe terrorisme (Geen enkele aanklag van enige aard is ooit teen hulle ingebring nie). Vir die soveelste keer het geblyk dat die Erasmus-Kommissie met ’n swartsmeerdery besig was en dat hulle “bevindings” nie die daglig kon oorleef nie.
  4. Ekself is in Frankryk gearrester, ’n onskuldige man en vir 88 dae gevange gehou, in sommige van die ergste gevangenisse in die wêreld, soos die een in Marseilles. Ek is deur die strate van Frankryk met boeie aan my arms en kettings aan my bene gelei.
  5. In die middel van 1979 het die Staat by die Hooggeregshof aansoek gedoen vir ’n sekwestrasiebevel teen my, ’n saak wat nog hangende is. (Kort hierna het die Staat die sekwestrasie saak soos ’n warm patat gelos). Vir een-en-’n halfjaar is die gebruik van my eie geld aan my ontsê, selfs my vrou se geld wat sy buite gemeenskap van goedere van haar moeder geërf het is bevries ...

“In die lig van die voorafgaande, is dit redelik om van iemand te verwag wat al hierdie pyn, treitering, vemedering en vervolging deurgemaak het om nie n poging aan te wend om die persone wat daarvoor verantwoordelik was, voor die regbank van openbare mening te bring nie? Om nie al die bedrog, al die leuens en toesmeerdery wat plaasgevind het om politieke velle te red aan die kaak te stel nie? Ek wil beklemtoon dat ek nie die Regering of die Nasionale Party kwalik neem nie maar ’n politieke kwartet, (P.W. Botha, Pik Botha, Owen Horwood en Alwyn Schlebush) wat hul magte misbruik het en die Staat se apparaat teen ’n koste van honderd duisende Rande ingespan het om my die sondebok te maak en in die gevangenis te stop. Wanneer mense sê, “laat dit daarby!” wil ek hê hulle moet hieroor nadink ...

“ Wat my onmiddellike planne aanbetref: Die Regering het ’n onskuldige man in Frankryk laat arresteer, onder die mees-verdagte omstandighede laat uitlewer. Ons het vandag ’n brief aan die Staatsprokureur oorhandig waarin ons vra dat my paspoort teruggegee moet word en die Minister van Justisie versoek om

(a)my op die eerste vlug na Frankryk terug te stuur en

(b) om ’n brief aan die Franse Regering te stuur en hulle van die uitslag van die saak te verwittig en ook te versoek dat hulle die polisie en ander amptenare in Frankryk in kennis moet stel...”

Ná die konferensie het die fotograwe saamgedrom vir meer foto’s en die buitelandse televisie-spanne het bykomende vrae en antwoorde verfilm.

In die daaropvolgende dae was daar ontsaglike persdekking. Banieropskrifte op die voorblaai en yslike foto’s.

My ou aartsvyand Beeld het by die konferensie met ’n bottel sjampanje vorendag gekom vir ’n foto. Ek het aan hulle gesê dat ek nie drink nie, maar vir ’n foto sou poseer met glase in ons hande. Agterna het die verslaggewer en fotograaf die bottel duur sjampanje vanself leeggemaak en na hul koerant teruggegaan en met genoegdoening te skryf dat Katy en ek wel sjampanje gedrink het. Pravda in murg en been!

In die daaropvolgende weke het ek koerant-uitknipsels en verslae oor die Appèlhof uitspraak van oral oor die wêreld ontvang, selfs van Indonesia en Thailand. Amerikaanse, Britse, Hollandse en seifs die Switserse Televisie het die nuus gebeeldsaai.

Die publiek se reaksie het ons verstom.

Vir die volgende tien dae het die telefoon net nooit opgehou met lui nie. As Katy en ek ’n koppie tee wou geniet, moes ons die telefoon ontkoppel. Telegramme, blomme en briewe het ons woonstel oorstroom. Daar was telefoonoproepe vanaf die Verenigde State, Brittanje, Frankryk, Holland, Duitsland.

Die oggend na die beslissing het ’n verslaggewer en fotograaf van The Sunday Express ’n sjampanje-ontbyt na die woonstel gebring. Maar helaas, ons was vas aan die slaap, totaal uitgeput nadat ons tot om een-uur in die oggend telefoonoproepe geneem het. Ons het hulle eenvoudig nie aan die deur hoor klop nie en ons het die telefoon ontkoppel. Die twee het vir ’n halfuur
gewag en toe self die ontbyt elders gaan geniet.

Gedurende die eerste twee aande tuis het ek drie “afvaardigings” ontvang. Hulle het my laat sweer dat ek nie hul name sou bekendmaak nie, wat ek met plesier gedoen het. Daar was twee in die eerste groep, twee in die tweede en drie in die derde.

Afvaardiging een het beweer dat hulle van mnr. Vorster kom en sy boodskap was eenvoudig: Moet my nie beveg nie. Ons het ’n gesamentlike oogmerk – om te bewys dat die Erasmus-Kommissie se hantering van die rol wat ander Ministers en P.W. Botha in die Inligtingsaak gespeel het ’n goedpratery was.

My antwoord daarop was baie saaklik: Ons mag ’n gesamentlike vyand hê, en ek is bly iemand stem met my saam dat die Erasmus-Kommissie nie hul werk behoorlik gedoen het nie en sodoende ander Kabinetsministers beskerm het, maar mnr. Vorster moet onthou dat hy op beeldradio verskyn het en my in sy hoedanigheid as Staatspresident as ’n leuenaar uitgekryt het omdat ek gesê het dat hy die Voorsitter van die Kabinetskomitee was en van The Citizen geweet het.

“Hy weet, en ek weet, dat dit blatante misbruik van sy magte was en dat hy leuens vertel het. Ek kan hom vir baie dinge vergewe, maar ek kan hom nie sy openbare lafhartigheid vergewe nie.”

Afvaardiging nommer twee het van Owen Horwood gekom en dit het my werklik verbaas. Hulle boodskap: Laat Owen Horwood uit hierdie saak. Moet nie op hom wraak neem nie. Hy was nooit ’n P.W. Botha-man nie. Ons mag hom in die toekoms nodig kry en laat ons die waarheid in die oë kyk, hy is ’n goeie Minister van Finansies. As jy hom ontmasker, sal P. W. Botha hom net in die pad steek en steeds aan die bewind bly.

“Dit is waar”, het ek geantwoord. Hy is ’n goeie Minister. Om die waarheid te sê, hy is die beste Minister van Finansies wat hierdie land nog gehad het. Hy is die eerste tegnokraat wat in die Regering aangestel is. As hulle ’n halfdosyn meer gehad het sou die Regering 200 persent meer effektief wees. Maar hy het geen morele en politieke reg om in die Kabinet te sit nie, nie meer as Connie Mulder nie. Indien ek hom ooit in ’n geregshof kan kry sonder die Erasmus-Kommissie om hom te beskerm, sal ek bewys dat hy ook geen wettige reg het nie, nie na wat hy onder eed aan die Kommissie vertel het nie”.

Die derde afvaardiging het my verstom. P.W. Botha-manne. Gematigdes. Ek het hulle vir baie jare geken. Hulle het dieselfde argument opgehaal as wat ek van die Voorsitter van Perskor, wyle Marius Jooste gehoor het. “Gestel, vir argumentshalwe, dat jy bewyse kan bring wat P.W. Botha en Owen Horwood tot so ’n mate impliseer dat hulle moet bedank. Wie gaan jy dan as Eerste
Minister kry - Pik Botha?”

“Mag die Vader dit verhoed. Hy sal al die T.V. buise uitbrand met daaglikse dramatiese aankondigings.”

“Schlebusch?”

“Nooit. ’n Man wat vroue en kinders beveg is kwalik my idee van ’n Eerste Minister.”

“Piet Koornhof?”

“Moet my nie laat lag nie. Slegs Klein Rooikappie glo nog in hom. Nee dankie vir Piet Wolf”.

Nadat hulle deur die lys gegaan het, moes ek saamstem dat die manne van onbesproke integriteit en bo-gemiddelde bevoegdheid in die Kabinet nog te junior was - mense soos Gerrit Viljoen en F. W. de Klerk (min wetende dat De Klerk eers later sy ware kleure gewys het - red). Maar ek kon om die dood nie vergeet dat ek gehoor het hoe Mulder met P.W. Botha oor The Citizen gepraat het en tog het P.W. Botha Connie Mulder se keel afgesny.

Ek het nie eens ’n duiwelse alternatief gehad nie!

Die eerste Vrydag ná die Appèlhof se uitspraak, het Mervyn Gross ’n groot dinee by sy huis aangebied om my onskuld te vier. Byna almal het dieselfde vrae aan my gevra. Hoe voel dit om ’n vry man te wees? Wat sê die mense nou? Wat gaan jy nou doen? Waarop ek geantwoord het dat ons waar ons ookal in die stad gestap of inkopies gedoen het, mense ons gestop het om ons geluk te wens en vir ons handtekening te vra. Ons het genoeg uitnodigings vir ete ontvang om ons ses maande lank te hou. Mense dring daarop aan om ons rekening te betaal wanneer ons uiteet. Ons ontvang nog steeds bottels wyn en blomme. En van alle mense skyn dit asof dit die swartes is wat blyer as enigiemand anders is dat ek losgekom het. Ten minste sommige van hulle voel seker dat ek nou een van hulle moes wees net omdat ’n wit regering my in die gevangenis gestop het!

“Maar hoe voel ek noudat ek vry is?” het ek op my beurt aan iemand gevra.

“Wat laat jou dink dat ek vry is? Net omdat die Appèlhof die Regering se saak uitgegooi het? Ek is onskuldig, ja. Maar ekonomies bly ek nog ’n gevangene - omdat die Staat nog steeds al ons bates vashou. Ons meubels. Ons geld. Ons motor. En wat van my paspoort? Ek sal myself eers as ’n vry man beskou wanneer al ons besittings teruggegee is en ek oral in die wêreld met ’n geldige paspoort kan gaan, net wanneer ek wil. Suid-Afrika mag miskien ’n fabelagtige gevangenis wees om in te lewe, maar dit is toevallig my diepste oortuiging dat, tensy ek na die buiteland kan vlieg om my seun te sien, wanneer ek ook al wil, ek nog in die gevangenis is.”

Maar ek was nie te lank in afwagting gelaat nie.

Daar was ’n ooreenkoms tussen die Staatsprokureur en my regsadviseurs dat ons binne vier weke ná die Appèlhof uitspraak ’n beëdigde verklaring sou moet indien waarom die Staat geen reg op ons gesamentlike boedel het nie.
(Katy en ek is binne gemeenskap van goedere getroud). Op sy beurt sou die Staat, binne ’n maand na ontvangs daarvan, hul eie beëdigde verklaring in antwoord voorlê en daarna sou die hele saak na die Hooggeregshof verwys word.

Die Staat het hul hele saak gebaseer op die feit dat ek, as Sekretaris van Inligting, R825 000 van geheime fondse aan Andrè Pieterse beskikbaar gestel het vir ’n amptelike projek maar dat Pieterse dit vir ’n private projek aangewend het. Die waarheid is dat die bedrag van $825 000 uit die geheime rekening gegaan het om Pieterse as ’n geheime medewerker van bankrotskap te red. Jan van Zyl Alberts en Retief van Rooyen, ’n mede-Direkteur van Thor, het met my oor die noodsaaklikheid van hierdie stap saamgestem. As Pieterse se sake in ’n hof ontrafel word kon dit tot Thor en ander projekte lei waar meer as R30 miljoen geheime fondse op die spel was. Die Staat het beweer dat my besluit om Pieterse te red, ongemagtig was. As Rekenpligtige-Amptenaar vir die geheime fondse (sic) was ek verantwoordelik vir die “verlies”.

My antwoord was baie eenvoudig. Die Rekenpligtige Amptenaar vir die geheime fondse was nie Eschel Rhoodie nie, maar Generaal Magnus Malan en sy voorganger Admiraal Hugo Bierman. Die politieke hoof was mnr. P.W. Botha onder wie se begroting die geheime fondse geval het. Ek was die Regering se hoof-agent in die implementering van die geheime fondse, nie wetlik die rekenpligtige-amptenaar nie. Maar ek het die diskressie gehad om enige stappe te neem wat ek nodig geag het om die veiligheid van geheime operasies te verseker. Daar was geen beperkinge nie. Indien ek verantwoordelik gehou word, dan sou mnr. Vorster, generaal Malan, admiraal Bierman, mnr. P.W. Botha, Louis le Grange, Senator Horwood, almal van hulle, gedagvaar word om in die Hof te verskyn. Indien die Staat my bates inbeslag sou neem om die Pieterse “verlies” te vergoed, dan sou al hierdie menere proporsioneel moes bydra. Ek het die dokumentêre bewyse (opgeneem in hierdie boek) van P.W. Botha, Magnus Malan, Owen Horwood en Louis le Grange se medepligtigheid aan die geheime program, aan my verklaring geheg.

Tot Mervyn Gross se grootste verbasing het die Voorsitter van die Staats Trustraad hom geskakel en gevra of hy aan hom ’n afskrif van ons verklaring sou stuur, wat Mervyn Gross toe gedoen het. Dit was op ’n Vrydag. Maandagoggend het ’n verontruste Johan du Toit, Voorsitter van die Raad, vir Mervyn Gross geskakel: wat hy aan hom gesê het is natuurlik vertroulik omdat dit tussen prokureurs was. Maar die uiteinde was dat Mervyn aan my gevra het om nie die beëdigde verklaring in die Hof te deponeer nie en om onder geen omstandighede eers ’n afskrif aan die Staatsprokureur te gee nie. Ek het geweet waarom, want du Toit het aan my gesê dat hulle vermoed het dat daar ’n lekkasie aan die pers uit die Staatsprokureur se kantoor was. Van wat ek van Mervyn gehoor het, kon ek aflei dat Du Toit onder geen omstandighede die inhoud wou laat openbaar maak nie. In ruil daarvoor het Mervyn Gross die Staat gedwing om te verklaar dat hulle onvoorwaardelik die sekwestrasiebevel teen ons sou terugtrek en al ons onkoste sou betaal.

Veertien dae later het die Staat presies so gedoen en uiteindelik is al ons eiendom en bates aan ons terugbesorg.

Dit was dus met uiterste verbasing dat ek later ’n berig in die pers gelees het waarin die Raad verklaar het dat ek nie eens ’n beëdigde verklaring in die Hof gedeponeer het, of een op die Staatsprokureur bedien het nie. Slegs my vrou se dreigement om ’n saak vir die verhaal van haar deel van ons gesamentlike boedel aanhangig te maak het hulle laat besluit om, op regsgronde, nie met die sekwestrasie-saak voort te gaan nie, het die verslag gelui. Nogal aan die Parlement deur Pik Botha voorgelê.

Toe Katy, Mervyn en ek dit lees het ons uitgebars van die lag. Dit was so ’n deursigtige leuen en, om alles te kroon, binne in die Parlement. Die Staats-Trustraad het ons nie alleen gevra om nie die beëdigde verklaring by die Hof te deponeer nie, of aan die Staatsprokureur te oorhandig nie, maar die arme belastingbetaler moes, deur die Staatsprokureur se kantoor, sowat R35 000 betaal vir die Regering se mislukte poging om my bankrot te maak. Ingesluit in hierdie bedrag was ’n aardige sommetjie aan my prokureurs om die beëdigde verklaring op te stel en wat Pik Botha se manne beweer nie bestaan het nie.

Die bewering dat my vrou so ’n sterk saak gehad het, het my slegs woedend gemaak want dit was so oneerlik. Katy se eis was in 1978 net so geldig as wat dit in 1980 was, so waarom het die Staat in die eerste plek probeer om ons te sekwestreer? Die antwoord is dat dit net nog ’n vorm van administratiewe terrorisme was. Om die lewe vir ons ondraaglik te maak.

’n Leuen in die Parlement is ’n leuen, en om myself te verdedig het ek geen ander keuse gehad nie as om die dokumente openbaar te maak, soos ek elders in hierdie boek gedoen het, om te bewys dat P.W. Botha, deur Operasie-Cherry, aan geheime Inligtingsaktiwiteite deelgeneem het. Magnus Malan ook. As dit nie vir Pik Botha se liggelowigheid was om so ’n verslag van die Staats-Trustraad te aanvaar nie, sou ek nie in staat gewees het om hierdie inligting bekend te maak nie. En om so ’n verslag aan die Parlement voor te lê as die heilige waarheid, is ’n belediging vir daardie verhewe liggaam.

Nadat al ons bates aan ons terugbesorg is, het Katy en ek in ’n maalstroom van aktiwiteite beland. Ek het etlike spreekbeurte onderneem. Een met die Engelssprekende Radio-, Televisie- en Reklame-skrywers in Johannesburg. Een voor ’n Joodse groep in Port Elizabeth met ’n fonds-insameling om ’n Suid-Afrikaanse span na die Maccabi-Spele in Israel te stuur. Toesprake by die Universiteite van Stellenbosch, Potchefstroom en Pretoria. Toe ek by die Century Business Club in Durban gepraat het, het die etlike honderde sakemanne my ’n mees-hartlike verwelkoming aangebied. ’n Grootbanier was voor die Edward Hotel gespan wat gelees het: “Welkom Eschel Rhoodie.” Soos baie van hulle agterna aan my gesê het, almal was nie deur die Regering se optrede geflous om my die sondebok te maak nie.

Ek het met Springbokke Owen Williams en Gordon Forbes tennis gespeel - wat baie genotvol was en ’n groot eer vir ’n middelmatige klub-speler soos ek!

Ons het met die proses begin om die laaste kettings wat my vryheid belemmer het, af te kap.           

Op die 29ste September 1980 het ons ’n brief aan die Sekretaris van Binnelandse Sake geskryf om te vra dat ’n nuwe paspoort aan my uitgereik moes word. Die Sekretaris het geantwoord dat die saak die “dringende” oorweging van die nuwe Minister, te wete mnr. Chris Heunis, geniet.

“Onsin”, het ek aan Mervyn Gross gesê. “Die Minister hoef dit glad nie eens te oorweeg nie. Daar moet ’n dosyn mense in sy Departement in Pretoria wees wat deur die delegasie van bevoegdhede ’n nuwe paspoort aan my kan uitreik. Dit is net ’n verdere geval van politieke treitering. Omdat hulle nie daarin kon slaag om my op te sluit nie, of my geld in te palm nie, is die enigste kleinlike oorwinning wat hulle nou kon behaal om met my paspoort te sloer. Hulle weet dat hulle dit op die ou end moet uitreik, so waarom kry hulle dit nie gedaan nie? Dit is loutere kleinlikheid.

Na drie weke se wag het ons dieselfde antwoord ontvang: Die paspoort geniet die Minister se “dringende oorweging”. Normaalweg neem dit slegs sowat vyf dae vir enige lid van die publiek om ’n nuwe paspoort te bekom en aangesien die hoogste Hof in die land al my regte aan my herstel het, was ek in elke sin van die woord ’n “gewone burger”. Op die ou end het Mervyn Gross ’n strategie uitgewerk. Hy het aan die Sekretaris van Binnelandse Sake geskryf dat hy hom voor die Hof gaan daag.

“Maar Mervyn”, het ek teengestribbel, “jy kan hom nie dwing om aan my ’n paspoort te gee nie. Ek skaam my om dit te sê, maar in teenstelling met alle ander demokrasieë, is ’n paspoort by ons nie ’n reg nie. Dit is ’n voorreg wat toegestaan word deur die politieke party wat toevallig aan die bewind staan”.

“Dit mag so wees,” het hy geantwoord. “Maar daar is ook ’n Wet wat sê dat jy ’n Staatsamptenaar kan dwing om sy werk te doen en hulle is besig om sake te vertraag. Ons sal hulle dwing om “nee” of “ja” te sê, en glo my, as hulle “nee” sê, sal hulle dit by hul eie pers ontgeld.”

Maar, kenmerkend van die politici, sou hulle nie op hoflike wyse toegee nie. Kort voordat ons hof toe sou gaan, op 24 Oktober, het daar ’n brief per hand van Binnelandse Sake gekom om ons in kennis te stel dat, aangesien my sake nog ondersoek word (deur die Staats-Trustraad) my paspoort nie op die oomblik uitgereik kon word nie en op die vroegste in Desember oorweeg kon word. In die tussentyd het Pik Botha se Departement van Buitelandse Sake ’n soortgelyke verslag, (ten opsigte van die redes waarom ek vir my paspoort moes wag), aan Beeld en Die Transvaler gelek. Wie ook al van sy personeel aan die pers vertel het dat die Staats-Trustraad my sake ondersoek, het ook ’n leuen vertel. Ek was ’n vrywillige getuie voor die Trustraad en my getuienis het ander mense aangegaan en nie my sake nie. Ek kon hierdie dinge nie meer verduur nie en het die volgende verklaring aan die pers uitgereik: “Ek verwerp hierdie gemene verskoning met die minagting wat dit verdien. Die Regering was verplig om hierdie antwoord te gee aangesien ons die Departement in kennis gestel het dat ons van voomeme was om Maandag na die Hof te gaan ten einde een of ander antwoord af te dwing. Die verklaring dat ’n ondersoek nog in swang is, is ewe gemeen en niks meer as ’n dwaalspoor om hulle politieke treitering te verbloem. Die amptenare het vir byna ’n maand, sedert my aansoek om ’n nuwe paspoort aan die Departement oorhandig is, keer op keer aan ons gesê dat, hoewel die aansoek ’n ‘gewone een’ was, dit dringende oorweging (sic) geniet. Dieselfde Minister, mnr. Heunis, het aan The Citizen gesê dat die aansoek nie deur hom vertraag sou word nie, ’n baieduidelike teken dat die saak in die hande van ander mense was. Ek kon aan hom vertel wie hulle was. Dit is dieselfde politieke-kwartet wat probeer het om my in die gevangenis te kry en al my geld en ander bates in te palm, totdat die Suid- Afrikaanse Appèlhof ’n einde daaraan gemaak het. Dit is dieselfde mense wat my vrou se paspoort in 1978/9 weggeneem het, selfs sonder die voorwendsel van ’n ondersoek, eenvoudig om haar te verhoed dat sy by haar man in die buiteland aansluit.

“Die verskoning van ’n ondersoek word nog meer gemeen, as daar in ag geneem word dat die Staats-Trustraad - die enigste Regeringsinstansie wat sake “ondersoek” het waarby ek vroeër betrokke was - self by die Departement van Binnelandse Sake aanbeveel het dat my paspoort toegestaan moes word. Die Voorsitter, mnr. Johan du Toit het dit aan my prokureurs bevestig. Daar is in der waarheid met die Staats-Trustraad ooreengekom dat ek een van hul lede, ’n mnr. L. Dekker, in November in Zurich, Switserland sou ontmoet om my bandopnames af te haal wat nog aldaar in ’n bankkluis opgesluit was.

“Die Trustraad het ook die Regering ingelig dat ek aan hul versoeke voldoen het en dat ek nie weer nodig sou hê om voor 26 November te getuig nie wanneer Andrè Pieterse na verwagting voor die Raad sal verskyn. Die Staatsprokureur se kantoor het, deur mnr. Thys van Heerden, ’n soortgelyke aanbeveling by die Departement van Binnelandse Sake gemaak. “As dit nie die Staats-Trustraad, of die Staatsprokureur se kantoor is nie, wie doen dan die sogenaamde ondersoek? Nie die polisie nie ...

“My belasting is betaal en as my sake deur die Ontvanger van Inkomste ondersoek word, waarvan ek nie bewus is nie, dan is dit kwalik redes waarom paspoort-fasiliteite aan my geweier sou word.

“Op die keper beskou en gegrond op bogenoemde feite, is daar net een gevolgtrekking. Omdat hulle heelwat aansien verloor het as gevolg van die beslissing van die Appèlhof en omdat hul die poging om my te laat sekwestreer moes laat vaar, alles teen ’n koste van honderd-duisende Rande vir die belastingbetaler, neem die kwartet wat aan bewind van die Regering staan nou wraak deur my aan politieke treitering te onderwerp. Verslaggewers wat die uitleweringsverhoor in Aix-en-Provence in 1979 in Frankryk bygewoon het, sal onthou dat die Franse aanklaer, wat op instruksies en inligting wat deur die Suid-Afrikaanse Regering verskaf was opgetree het, verklaar het dat die hele saak nie polities was, anders sou Frankryk nooit eens die aansoek om uitlewering oorweeg het nie.

“In die lig van die politieke treitering waarvan ek nou onderwerp word, kan ’n mens net tot die gevolgtrekking kom dat die Regering die Franse owerhede bedrieg het.”

Mervyn Gross het daarna, op my instruksies, ’n brief na Binnelandse Sake gestuur, waarin hy weereens die redes uiteengesit het waarom die Staat nie my paspoort behoort te weerhou nie en terselfdertyd ’n versoek gerig vir ’n onderhoud met die Minister. Mnr. Heunis het geweier om ons te sien. Ek het
geweet waarom. Hy het sy instruksies van wat hy moes doen van Pik Botha ontvang en Pik Botha was P.W. Botha se laksman. Ek het ’n beroep op mnr. Billie van der Merwe gedoen (voormalige Voorsitter van die Wetsvereniging en ’n lid van die Staats-Trustraad) om die leuens in die pers te weerlê, maar hy, ’n prokureur en ’n man wat veronderstel is om die beginsels van regverdigheid gestand te doen, was so dig soos ’n groen appel. Hy sou homself nie blootstel net omdat die Departement van Binnelandse Sake aan my ’n brief gestuur het wat aan die Trustraad ’n rol toebedeel het wat hy nie gespeel het nie. Hy het die verantwoordelikheid op die Voorsitter afgeskuif, wat weer keer op keer aan die pers vertel het dat hy niks kon sê nie. Dit was ook pure kaf. Ingevolge die Wet was die Raad outonoom.

Hier was die Regering besig om aan die pers te vertel dat die Raad my paspoort vertraag terwyl hulle in der waarheid aanbeveel het dat dit toegestaan moes word. Nietemin weier die Voorsitter om sake reg te stel. Johan du Toit het uit sy pad gegaan om hulle onskuld te bevestig en het selfs aangebied om die brief wat hy aan die Departement van Binnelandse Sake geskryf het aan my en Mervyn Gross te wys. Maar hy sou nie ’n Kabinetsminister in die openbaar weerspreek nie. Dit sou te veel waagmoed gekos het en moontlik sy loopbaan in die wiele ry. Die man wat voortdurend aan ons vertel het dat hy gaan aftree sodra die Raad sy werk afgehandel het is later as Staatsprokureur aangestel. Sy gedienstigheid moes seker gehelp het.

Ek was briesend oor hierdie lafhartige optrede aan die kant van die regsgeleerdes wat op die Staats-Trustraad gedien het. Dit het my herinner aan hoe P.W. Botha, Vorster en Horwood van hul verantwoordelikhede weggehardloop het. Hoe Professors Hamman en Pelser die blaam vir die Staat se geheime finansiering van die Instituut vir die Studie van Plurale Samelewings aan die Universiteit van Pretoria op ander wou afskuif. Uiteindelik het die dag aangebreek dat die Staats-Trustraad niks meer gehad het om aan my te vra nie. Die vertraging het ’n bietjie duur geword as gevolg van die ± R3 500 wat dit die belastingbetaler daagliks aan salarisse en toelae gekos het vir al die lede, advokate en amptenare wat betrokke was, en sommige van die vrae wat hulle aan my gevra het was alreeds by drie vorige geleenthede beantwoord. Dit het die staat R530 000 gekos om my te vervolg. Hul pogings om my te laat sekwestreer het hulle ’n bykomende R35 000 gekos. Die Erasmus-Kommissie het hulle meer as R390 000 gekos en volgens die inligting wat ek gekry het, het die Staats-Trustraad se rekening al oor ’n miljoen Rand beloop.

Een van die grootste grappe vir my was hoe die verslae van die Staats-Trustraad, wat Pik Botha aan die Parlement voorgelê het, deur die Afrikaanse pers uitgebasuin is asof miljoene Rande van Inligting-geld deur die Staat “teruggevind” is, net asof dit ooit verlore, of weggesteek was. Geld wat verlore of vermors is, soos die Pers dit uitgebasuin het, kan mos nie weer teruggevind word nie! Die waarheid is dat twee ouditeure, twee rekenmeesters en ’n halfdosyn amptenare wat in die geheime afdeling van Inligting gewerk het, plus een goeie advokaat, dieselfde resultaat teen ’n tiende van die koste kon verkry. Die grootste gedeelte van die geld kon maklik nagespeur word. Dit was duidelik in die rekords en lêers aangeteken en 90 persent daarvan was alreeds deur die Van den Bergh, Kemp en Pretorius-Komitees geverifieer. Die moeilike areas was tot Louis Luyt, Andrè Pieterse, John McGoff, David Abramson en Stuart Pegg beperk. Toe Luyt terugbetaal het, was daar ’n groot fanfare oor die miljoene wat “teruggevind” is. Die waarheid is dat Luyt al die tyd geweet het dat hy die geld moes terugbetaal. Dit was reeds in 1978 afgehandel en sy getekende tjeks het in die Departement se brandkas gelê.

So waaroor het al hierdie bohaai gegaan? As ons die geld vermors het, soos wat Pik Botha gesê het, waar kry hulle nou al die miljoene terug? Die hele ding was ’n politieke spel om die nuwe regering te laat goed lyk.

Op langerlaas, aan die begin van Desember, het Mervyn Gross ’n splintemuwe paspoort aan my oorhandig - paslik toegedraai in Kerspapier. The Pretoria News was daar om die gelukkige oomblik vas te lê.

“Jy is seker baie dankbaar,” het Roy Devenish gesê.

“Dankbaar? Jy maak seker ’n grap. Hulle het in die eerste plaas geen reg gehad om my paspoort weg te neem nie. Op grond waarvan? My belasting is betaal. Ek is nie ’n lid van die A.N.C., of K.P., of P.F.P., of die HNP nie. Ek het geen misdaad gepleeg nie. Ek is solvent en ek het sakebelange in die buiteland. Waarom moet ek dankbaar wees? Ek is hoog die duiwel in omdat hulle so lank gesloer het.”

Vervolg...

U soek na?

  • HOU VAKANSIE IN MOSSELBAAI !

    Baie netjiese vakansie-akkommodasie in Fraai Uitsig, Kleinbrakrivier, Mosselbaai Munisipaliteit. Twee kilometer vanaf Kleinbrak en Tergniet se swemstrande en ongeveer 10 kilometer vanaf Hartenbosch. Pick n Pay binne loopafstand.
    Kliek hier vir volledige inligting en foto's: OPSOEK NA BEHUISING VIR VAKANSIE?
     
    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________
     
    SKAARS BOEKE TE KOOP
    C J LANGENHOVEN 16 VOLUMES
    FAK-SANGBUNDEL 1 VOLUME
    Hierdie 16 volume Langenhoven-stel is 'n goedopgepaste kosbare versamelstuk. Dit beslaan die volledige inhoud van Langenhoven se bundels soos Sonde met die Bure; Loeloeraai; Herrie op die ou Tremspoor; Doppers en Filistyne; en al die kosbare stories uit die pen van Langenhoven.
    Die FAK-sangbundel is ook in goeie toestand en kan saam of apart van die Langenhovenstel gekoop word.
    Eienaar moet na 'n kleiner woonplek verhuis en vra 'n redelike aanbod vir sy boeke.
    Die aanbevole waardasieprys vir die Langenhovenstel is R1600.00; en vir die FAK R100.00
    Koerierkoste sal bykomend wees.
    Kontak

    Chris Carstens

    Sel no 082 954 3383

    Epos adres

    chris.carstens

    @vodamail.co.za

    ___________
    DIGBUNDELS:
      'n Versameling van 4 elektroniese bundels - 226 gedigte @R350.00:  
    Vir alle navrae  skryf aan 
    Amanda
    @waterstrome.co.za
    Uittreksel uit:
    'n Nasie in Pyn:
    ...Saam sal die hele wêreld vir hulle bid.
    Saam sal ons met pyn in ons harte sit.
    Mag hulle berus in u wil
    Mag hulle voor U verstil.
    _________
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het  in gedrukte vorm verskyn. 
    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
    DIE
    VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
    Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

     

    U kan hierdie boek bestel by
    ds AE van den Berg
    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com
    Prys: R50-00

     
  • BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    ('n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 'n Nuwe Trek (Exclusive Books) Prys: ZAR180

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is by http://tinyurl.com/lx9vrs8

    ... en loot.co.za dit verkoop teen R169 http://tinyurl.com/l26h6jl

    ... kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD


    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    JULIE 2013

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. 

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2 NOU BESKIKBAAR

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
    of skakel hom by
    074 967 5187


    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  • Kliek op DIE CHARISMATIESE GEVAAR om meer oor hierdie boek te wete te kom Lees verder...  
  • FILM OOR DR HF VERWOERD

    Kyk by hierdie skakel http://youtu.be/TcO3zPF8998

      na die kort film oor dr HF Verwoerd.   
    Dit kan ook direk bestel word by Riaan: +27823712682 of by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
     

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

 

'N BIETJIE LANGENHOVEN:

Ek sê nie al die suur mense is Fariseërs nie, maar naastenby al die Fariseërs is suur. In alle geval, solank hulle onthou om Fariseërs te wees. Want dis ook 'n inspanning.
Verbeel jou 'n wêreld sonder 'n skaterlag, sonder eens 'n glimlag. 'n Hemel op aarde, sal die Fariseër sê. Uit so 'n hemel sou ek wou wegloop hel toe.

Die man wat ek na soek, is nie dié wat die minste foute maak nie, maar dié wat die meeste foute régmaak.

Slaap laat solank as jy jou eie baas is en daar sal 'n tyd kom wanneer 'n 'n baas jou sal laat vroeg opstaan.

Ontydige vlyt is die merk van die luiaard. Dis sy verskoning vir ontydige rus.

Ons reken ons geluk vir ons loon en ons straf vir ons ongeluk.

Welvaart is die  dogter van matigheid en die moeder van weelde.

My swaarste pad trap ek self vir my plat, en die swaarste is die wat my voete nooit vat.

Daar is geen kuns by sukkel en geen sukkel by kuns.

Die boer wat nie saai nie sal nie misoeste kry nie, maar hy sal geen goeie ook kry nie.

Het die daeraad lief en die dag sal jóu liefhê.

'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie.

Dis die flukse perd wat flou word. Meer moeite as wat die vlytige het vir sy loon, het die luiaard verniet.

Op die ou end werk die vlytige man vir homself, die luiaard vir 'n ander.

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Kla net oor jou kooi as dit 'n ander is wat dit vir jou opgemaak het.

Hoe korter jy jou kuier maak, hoe gouer sal jy weer genooi word.

Om my naaste lief te hê is vir my 'n sware gebod. Met die mense daargunter kry ek dit nog op 'n manier reg.

Jy sê "ja" waar jy moes "nee" gesêhet omdat jy die ander nie wil aanstoot gee nie. Maar eken hoe het hy jou aanstoot gegee met sy versoek!

Aan 'n nuwe wa kan jy sien of dit 'n goeie skilder was; aan 'n oue of dit goeie wamaker was.

Trek liewer vir jou vriend jou broek uit as om vir hom vir 'n baadjie borg te staan. Anders loop julle naderhand albei nakend.

Die vriendskap wat jy moet koop is 'n duur artikel. Jy sal nie weer jou prys kry as jy dit van die hand wil sit nie.

Moenie vriendskap en besigheid meng nie – jy bederf albei.

'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie.

Maak jou vriendelikheid goedkoop en hou jou vriendskap duur.

Moenie jou vriend vergeet nie; dit sal hom seermaak. Maak jou vyand daarmee seer.

'n Skare is 'n versameling van eensames.

Stuur die luiaard na die miere, en as hy nie te lui is om te gaan nie sal hy te lui wees om weer terug te kom.

Dis net so moeilik om maklikheid in die ou wêreld te kry as wat dit maklik is om moeilikheid te kry.

Waardeer die werk van jou vrou. Jy kan nie op die aarde 'n ander kneg kry vir dieselfde diens en dieselfde prys nie.

Met spaarsaamheid sal jy uit die kleinste inkomste iets oorhou; met verkwistery sal die grootste vir jou te min wees.

Besorg jou eie boodskap en reken die moeite teen dit wat die misverstand jou sou gekos het.

Het die ryk man nodig om so suinig te wees? Maar hy is nie 'n ryk man wat suinig geword het nie; hy is 'n suinige man wat ryk geword het.

Help jou swakke mededinger op die bene bly.  As hy tot niet gaan, kom daar dalk 'n sterke in sy plek.

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES (7)

(Lees die reeks by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

  • Die adderbyt van naberou is verskriklik (Naberou is ontstellend.)
  • Hy het hom in 'n addergebroedesel begewe (Hy was tussen 'n groep nydige, aanvallende mense.)
  • Sy het hom adieu toegeroep (Sy het vaarwel gesê.)
  • 'n Adres van adhesie is 'n geskrif waarin instemming betuig word met 'n versoek.
  • Jy is nou by die verkeerde adres (Jy soek die oorsaak van die kwaad by die verkeerde persoon.)
  • Dit was advokatery (Dit was regskundige uitoorlêery.)
  • Hy sal die werk weer afbroddel. (Hy sal knoeiwerk of slordige werk verrig.)
  • Sy wil elke takie afbrom (Sy kla die hele tyd terwyl sy werk.)
  • Jy kan nou maar afdans (Jy kan nou maar skoert.)
  • Moet hom nie op sy verdienste afdwing nie (Moet hom nie verkleineer nie.)
  • Die ou werkie draf ek gou af (Ek sal dit sommer gou afhandel.)
  • Hulle wil die rusie afdrink (Hulle wil vrede maak.)
  • Sy het soms baie affêrinkies (Sy is dikwels vol nukke en nonsens.)
  • Hy sal wel weer geld van haar affutsel (Hy sal dit op 'n oneerlike manier van haar kry.)
  • Daar kan niks van afgaan nie (Dit kan nie ontken word nie.)
  • Hy sal 'n afgehekste loesing kry ('n deeglike pak slae.)
  • Sy is 'n afgelekte meisie (Sy het al baie kêrels gehad.)
  • Jy lyk so afgesak (Jy lyk baie moeg.)
  • Hy het afgetop gelyk (Hy het verleë gelyk.)
  • As jy iets van hom wil hê sal jy dit moet afgoël (Hy is so suinig!)
  • So 'n afhaler is onnodig ('n Onnodige belediging.)
  • As dit afhang moet ons dit maar opbind (Skertsend wanneer iemand gedurig begin met "Dit hang af..."
  • Na elke partytjie is hy babalaas ( dan ly hy aan die gevolge van te veel alkohol).
  • Daar was 'n Babelse gegons van stemme (Almal het gelyktydig gepraat).
  • Dit was 'n Babelse verwarring (Dit was baie deurmekaar).
  • Hy sal weer mooi broodjies kom bak (Hy sal kom vlei en mooipraat om sy doel te bereik),
  • Hulle eet nie uit een bak nie (Hulle is nie vriende nie).
  • Sy het hom 'n bak gewys (Sy het hom onvriendelik tereggewys).
  • Gou by die bak maar lui by die vak (Hy is eerste daar waar iets te ete is maar traag as hy moet werk).
  • Hy maak sy hande bak (Hy kom bedel iets).
  • Ons moes bak staan (Ons moes hard werk).
  • Dit was sommer 'n bakerpraatjie (Dit was 'n skinderstorie).
  • Jerusalem is die bakermat van die Christelike Kerk ( Dis waar dit begin het. 'n Bakermat was 'n mandjie waarin die baker – die vrou wat 'n pasgebore baba versorg het – die kindjie op haar skoot voor die vuur versorg het).

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1945 gaste aanlyn