Nuutste bydraes

GEDAGTES VIR ELKE DAG

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Wat is die rede vir triomf? En wat is die rede vir nederlae wat ons ly. Meestal is dit die wil om te volhard, die soort moed wat 'n mens keer om tou op te gooi, met wat jy ookal besig is. Dit is 'n fundamentele eienskap by mense wat voortdurend presteer.

DIE BROEDERBOND IN DIE AFRIKANER- POLITIEK (8)

B M Schoeman

(Lees reeks by AB in die Afrikanerpolitiek )

Met die skrywe van hierdie boek in 1982 was dit nie Beaumont Schoeman se bedoeling om verdere onthullings van die Broederbond se geheime te maak nie. Sy doel was om te illustreer watter rol die Broederbond in die Afrikanerpolitiek gespeel het. Schoeman slaag daarin om aan die hand van eie dokumentasie aan te toon dat die Broederbond, in stryd met sy eie grondwet en reglement, ‘n instrument in die hand van ‘n bepaalde politieke party was ten tye van dié publikasie. Wat Schoeman toe nog nie kon weet nie is hoe ver die grense van die Broederbond se verraderlikheid sou uitbrei tot hulle op aandrang van die internasionale geldmag Suid-Afrika aan ‘n korrupte swart regering oorgegee het. Vandag opereer en skuil die Broederbond onder die naam Afrikaner Bond (AB) en is selfs meer listig as tevore terwyl hulle steeds die toutjies agter die gordyn probeer trek.

Vreemde weë

Baie van die persone wie se name in die afgelope jare hoog op die protokollys van belangrike mense in Suid-Afrika gepryk het, is ongetwyfeld baie verskuldig aan die Broederbond. ’n Mens wonder onwillekeurig watter posisies sommige van hierdie mense in die samelewing sou ingeneem het as hulle pad nie in een of ander stadium van hulle lewe deur die Broederbond geloop het nie.

Vir baie het lidmaatskap van die Broederbond die paspoort na sukses en groter aansien geword. Die vroom belydenisse en heftige ontkennings dat lidmaatskap van die Broederbond nooit enige rol speel by die keuse van aanstellings in hoë posisies nie, is so lagwekkend dat niemand dit werklik met erns kan bejeën nie.

Reeds in die dertigerjare het die opdrag van die Uitvoerende Raad uitgegaan dat lede mekaar moet help om bevordering in die Staatsdiens of op enige ander terrein van die lewe te kry ten einde tot belangrike posisies in hulle beroepskringe te vorder. En dat dit nie noodwendig altyd die bestes was wat in die hoogste posisies te lande gekom het nie, is seker waar. Net so waar is dit dat hierdie soort nepotisme bitterheid in wye kringe veroorsaak het.

Onlangs is nog weer ’n heftige polemiek in die Afrikaanse pers ontketen oor die aanstelling van prof. Carel Boshoff, huidige voorsitter van die Broederbond, as hoogleraar by die Teologiese Fakulteit van die Universiteit van Pretoria. Uit ander teologiese kringe is beweer dat Boshoff hierdie aan­stelling nie op meriete gekry het nie, maar vanweë sy lid­maatskap van die Broederbond. Verder is beweer dat daar met die destydse hantering van die vakature ander, meer verdienstelike, aanspraakmakers was, maar dat hulle nie- lidmaatskap van die Broederbond teen hulle getel het.

Skrywer is nie in ’n posisie om te oordeel oor die bekwaamheid van Boshoff nie. Voorsiening word ook daarvoor gemaak dat hierdie ou koei nou uit die sloot gegrawe word omdat dit sekere liberaliste in teologiese en ander kringe pas. In die huidige woelinge en verdeeldheid wat op politieke gebied en in kerklike kringe — en ook in Broederbondkringe — heers, is sekere mense in die regterkamp geplaas en het hulle gevolglik in die visier van die liberaliste gekom. Dit is betekenisvol dat hierdie saak na soveel jare opgehaal is juis nadat Boshoff voorsitter van die Broederbond geword het en nadat sekere teoloë en ander mindere ligte met bepaalde aksies, met duidelike politieke ondertone, begin het.

Wat die feite ook al rondom Boshoff se aanstelling destyds was, is ’n gesprek met dr. Andries Treurnicht terwyl hy en skrywer destyds albei aan Hoofstad verbonde was nogal interessant. Treurnicht was in daardie tyd reeds lid van die Uitvoerende Raad van die Broederbond en ook nog lid van die Breë Moderatuur van die NG Kerk. Onmiddellik na die aanstelling van Boshoff by die Teologiese Fakulteit het allerlei stories die rondte begin doen dat sekere ander persone die pos moes gekry het. In die gesprek met Treumicht oor die stories het ek belangstellend gevra in watter rigting Boshoff sy doktorsgraad verwerf het. Treumicht se reaksie was betekenisvol: “Hy het nie ’n doktorsgraad nie en hy sal waarskynlik ook nie een kry nie.” Die wyse waarop hy dit gesê het, het meer vertel as wat woorde kon doen.

Wanneer oor die nepotisme in die Broederbond geskryf word, word natuurlik nie te kenne gegee dat daar nie mense is wat op verdienste gevorder het tot waar hulle in die lewe geklim het nie. In die rekordboeke van die organisasie is daar name van mense opgeteken vir wie die geskiedenis reeds getuigskrifte geskryf het — groot name met glinsterende getuigskrifte. Maar daar is ook name aangeteken wat klein sou gebly het, maar met die hulp van die Broederbond groot na­me geword het. En dan is daar natuurlik ook groot name wat weer klein name geword het nadat die geskiedenis sy oordeel oor hulle gevel het.

Dit is nie hier die plek om ’n volledige katalogus van al die kategorieë te maak nie. Maar dit is tog nodig om na sommiges se rekord te kyk en hulle pad deur die Broederbond en daarna te volg.

Prof. L.J. (Wickus) du Plessis: Hoogleraar aan die Universiteit van Potchefstroom; voorsitter van die Broederbond; voorsitter van die Beleidskomitee van die Ossewabrandwag; lid van die Broederbond se Eenheidskomitee om versoening tussen die strydende faksies op politieke gebied in die oorlogsjare te probeer bring; denker van die Afrikaans-nasionale beweging in die veertigerjare, en lid van die Progressiewe Party in 1960.

Prof. H.B. Thom: Rektor en vise-kanselier van die Universiteit van Stellenbosch; voorsitter van die Broederbond en lid van die eerste Internasionale Bestuurskomitee van die linkse US-SA Leader Exchange Programme (USSALEP), bedekte propaganda-arm van die Amerikaanse State Department wat ’n belangrike rol gespeel het om die Amerikaanse rasse-integrasiepatroon na Suid-Afrika oor te dra. (In 1973 het die Kaaplandse leier van die Nasionale Party, P.W. Botha, die USSALEP op die partykongres op Oudtshoorn in verdoemende terme veroordeel toe hy dit, volgens persberigte, beskryf het as ’n organisasie wat ten nouste skakel met die half-geheime Amerikaanse Council on Foreign Relations, ’n liggaam wat die gedagte van ’n sosialistiese gesagstaat bevorder. Hy het Nasionaliste wat verbintenisse met die USSALEP het, aangeraai om daardie verbintenisse te beëindig.)

Dr. Anton Rupert: Sigaretkoning wie se maatskappy, Rembrandt-tabakkorporasie, een van die ondernemings was wat in die oorlogsjare uit die Reddingsdaadbond van die AB ontstaan en gegroei het. Rupert het sy groot deurbraak na die internasionale geldmag gemaak toe hy verbintenisse met die Rothschilds aangeknoop het wat uitgeloop het op die kooptransaksie van die maatskappy Rothmans of Pall Mall. As mede-stigterslid van die USSALEP het sy stem in die linkse magskringe van die VSA begin gewig dra. In Suid-Afrika het hy in die tyd rondom republiekwording ’n volbladadvertensie in ’n Kaapstadse Engelse koerant gepubliseer waarin hy enigiemand wat sy maatskappye aan die Nasionale Party verbind het, met ’n hofaksie gedreig het. Deur sy lidmaatskap van die World Wild Life Association, wat volgens persberigte benewens sy liefde vir die natuur ook ander aktiwiteite beoefen, het hy bevriend geraak met prins Bernhard, van die Nederlande en voorsitter van die geheime Bilderbergers. Oor ’n lang tydperk was hy in botsing met Verwoerd oor beleidsake en enkele weke voor die sluipmoord op Verwoerd verklaar hy aan die Amerikaanse joernalis, Allen Drury: “Ek is wat ’n mens sal noem ’n liberale Afrikaner. Ek het die lone in my maatskappye verhoog omdat ek glo dat die ekonomiese posisie van die Bantoe verhoog moet word tot voordeel van ons almal. Ons moet ekonomiese vennootskap bewerkstellig vir alle Suid-Afrikaners, Swart en Wit. Ek glo dat ekonomiese geleenthede die sleutel tot al ons probleme bied. Baie dinge waarteen die buiteland beswaar maak, sal daarmee versag word. Ek glo dat die toestand van die Bantoe in die volgende paar jaar baie sal verbeter; ook die van die Indiër. Ek voorspel dat ons kort voor lank algehele integrasie van die Kleurlinge in die Blanke gemeenskap sal hê.”

In die tweede helfte van die sestigerjare is hy saam met dr. A.J. van der Merwe, Moderator van die NG Kerk, aangewys as trustee van die Abe Bailey Trust, ’n liggaam wat aangestel word deur die Rhodes Trust en ’n groot deel van die Engelse pers in Suid-Afrika beheer. Dit het Rupert en Oppenheimer bymekaar gebring en dit is dus nie verbasend nie dat ’n gewese amptenaar van Oppenheimer en lid van die VP, dr. Gideon Jacobs, by geleentheid opgemerk het: “Anton Rupert and Harry Oppenheimer think alike.”

Rupert was ’n lid van die Broederbond. In een stadium het hy gevra dat sy lidmaatskap beëindig moes word omdat hy verleentheid vir hom gevrees het in die kringe van sy sakevennote as sy lidmaatskap bekend sou word. Hy is omgepraat om as lid aan te bly, maar in 1972 gebruik hy die nuwe AB-onderneming om van die HNP-mense ontslae te raak om self sy bande met die AB te verbreek. Hy word vereer met ’n eredoktorsgraad deur die Universiteit van Pretoria waar hy gestudeer het.

Mnr. N.J.J. Olivier: Hoogleraar aan die Universiteit van Stellenbosch en voorsitter van SABRA. In die vyftigerjare knoop hy hegte bande aan met sekere Amerikaanse liberaliste en kom hy al hoe meer in botsing met NP-leiers soos Verwoerd en Strijdom. Hy word in daardie tyd ’n aktiewe lid van ’n groepie Kaapse liberaliste wat hulle in die sogenaamde Hermanus-groep saamgetrek het, maar met die suiwering van SABRA en die verskuiwing van die liggaam se hoofkantoor van Stellenbosch na Pretoria bevind Olivier hom vir alle praktiese doeleindes buite die Afrikaner-establishment. Pogings word oor ’n lang tydperk aangewend om sy lidmaat­skap van die AB te beëindig, maar sekere leidinggewende figure in die UR het daarvoor teruggedeins. Later is wel tot die stap oorgegaan. Dit het nooit bekend geword wat die gronde vir sy skorsing was nie. In die sewentigerjare word Olivier vir ’n kort tydjie LV van die Progressiewe Party vir Edenvale en ’n benoemde Volksraadslid van daardie Party.

Dr. A.D. Wassenaar: Prominente lid van die Suidelike geldmaggroep — Sanlam, Federale Volksbeleggings, Federale Mynbou — wat ook deur die Reddingsdaadbond ’n stewige onderbou in die moeilike beginjare gekry het. Hoewel nie juis ’n politieke swaargewig nie, is sy politiek eg Kaaps-liberaal en dit word gesê dat hy met die referendum oor die republiek sy werknemers aangemoedig het om teen die republiek te stem. Soos Rupert word hy opgeneem in die eerste Internasionale Bestuur van die USSALEP, trou met die Lord Mayor van Londen se dogter, praat meer Engels as Afrikaans in die huis en word ook vereer met ’n eredoktorsgraad. In die vroeë sestigerjare speel hy ’n belangrike rol om Federale Mynbou in Harry Oppenheimer se General Mining te laat opgaan.

Mnr. B.J. Schoeman: VP-lid, toe HNP-lid en later lid van die eerste Malan-regering en lid van die Kabinet tot met die verkiesing van 1974. Hy het agt jaar in Verwoerd se Kabinet gesit, maar na sy dood by verskeie geleenthede in die openbaar verklaar dat hy nie tyd vir Verwoerd gehad het nie. In 1980 pleit hy in ’n koerantonderhoud dat Kleurlinge teruggeplaas moet word op die gemeenskaplike kieserslys en saam met Indiërs in die Parlement sittingsreg moet kry.

Dr. P.G.J. Koornhof: Rhodes-beurshouer en gewese Hoofsekretaris van die Broederbond. In sy doktorstesis bepleit hy Progbeleid en verduidelik later dat hy dit so moes aanbied anders sou die Engelse hom nooit sy doktorsgraad gegee het nie. Hy word die man wat Vorster en die Broederbond se veelrassige sportbeleid tot op die letter uitvoer en spog daarmee dat met die uitsondering van enkeles alle sport in Suid-Afrika rasgeïntegreerd gemaak is. In Palm Springs, in die VSA, verklaar hy, volgens persberigte, dat apartheid dood is en dat die Regering nie sal rus voordat alle “diskriminerende” maatreëls van die wetboek verwyder is nie. En in Pretoria sit hy saam met kapt. Gatsha Buthelezi op die verhoog van die linkse Saccla-konferensie en Buthelezi verwys na hom as “my broer”.

Dr. Gerrit Viljoen: Rektor van die Randse Afrikaanse Universiteit, opvolger van dr. A.P. Treurnicht as voorsitter van die Broederbond en Administrateur-generaal van Suidwes-Afrika om as politieke kommissaris van die Suid-Afrikaanse Regering Suidwes na onafhanklikheid onder ’n Swart regering te lei. In 1980 word hy van buite die aktiewe politiek in die Kabinet opgeneem.

In 1960 verskyn sy handtekening onder aan ’n verslag van ’n SABRA-komitee waarin volledige integrasie op politieke, ekonomiese en sosiale gebied bepleit word. Maar in 1971 ver­klaar hy op die jaarkongres van die ASB by die Universiteit van Pretoria dat ’n Kleurlingtuisland nie as ’n alternatief vir die soeke na ’n oplossing van die Kleurlingprobleem verwerp moet word nie. Dit was nadat Vorster by dieselfde geleentheid, en sonder dat hy gevra is om oor die Kleurlinge te praat, ’n Kleurlingtuisland “nou en in die toekoms” as “onpraktiese politiek” verwerp het.

Viljoen volg in 1974 Treurnicht op as voorsitter van die Uitvoerende Raad van die Broederbond en begin al meer openlik in die liberale idioom praat. Die Randse Afrikaanse Universiteit, waar hy rektor was, is dan ook een van die eerste Afrikaanse universiteite wat Nieblanke studente vir nagraadse studies toelaat.

Nadat P.W. Botha by Vorster oorgeneem het en die woelinge rondom regter M.T. Steyn, die eerste Administrateur- generaal van Suidwes-Afrika, en die ander strydende faksies in Suidwes toegeneem het, vervang hy skielik Steyn as Administrateur-generaal. In daardie stadium word sy naam reeds genoem as aanspraakmaker op ’n kabinetspos. In Oktober 1980 word hy dan ook as Minister van Nasionale Opvoeding en van Sport aangestel. ’n Paar kiesafdelings in Transvaal maak geen geheim daarvan dat hulle hom nie as kandidaat wil hê nie maar in 1981 word hy as kandidaat vir die algemene verkiesing van 29 April in Vanderbijlpark genomineer.

Op 10 Julie 1979 het Viljoen voor die Afrikaanse Nasiona­le Kultuurraad gesê: “Die nuwe grondwetlike voorstelle sal ook ’n einde maak aan die begrip van Blank Suid-Afrika” (Oggendblad, 11 Julie 1979). Wat dit beteken, sal vir elkeen duidelik wees. As die begrip Blank Suid-Afrika beëindig word, moet iets anders in die plek daarvan kom. Wat dit moet wees, het Viljoen reeds op 12 Desember 1978 in ’n SATV-program aangedui toe ’n onderhoud met hom as voorsitter van die Broederbond gevoer is: “Ons sal moet leer om baie versigtig te wees om ‘nee’ of ‘nooit’ te sê. Ons sal moet leer om saam te leef met radikale Swart leiers in ’n politieke stelsel waarin alle opsies oop bly. Ek sal die moontlikheid van een mens een stem in die toekoms nie uitskakel nie.”

Viljoen het hierdie woorde nooit ontken nie, hoewel dit groot prominensie in die koerante geniet het. Dit was eers toe hy in die algemene verkiesing van 1981 daaroor tot verantwoording geroep is, dat hy ’n verduideliking probeer verstrek het van wat hy met die woorde bedoel het.

Dat dit nie maar ’n glips was nie, blyk duidelik uit ’n on­derhoud wat Viljoen met die Franse blad Le Point gevoer het. Die onderhoud is agt dae voor sy TV-onderhoud van 4 Desember 1978 gepubliseer. Die toekomstige Suid-Afrika, soos die voorsitter van die Broederbond dit sien, word soos volg deur hom in die onderhoud met die Franse joernalis geskets: “Die oomblik sal kom wanneer ons die eerste veelrassige geïntegreerde gemeenskap in die wêreld gestig sal hê. Dit sal ’n land wees wat meer Swart as Wit sal wees.”

Die Franse joernalis het toe gevra: “Sal die Blankes bereid wees om u te volg?” waarop Viljoen antwoord: “Hulle sal volg omdat hulle geen ander keuse sal hê nie.” Dus, volgens die voorsitter van die Broederbond, sal die Blankes stap vir stap gelei word op die pad van integrasie totdat hulle in magteloosheid nie meer sal kan omdraai nie.

Dit is die voorsitter van die Broederbond wat hier aan die woord is en die Broederbond gee aan sy lede te kenne dat hy nog glo in afsonderlike ontwikkeling. Maar uit die geledere van die Uitvoerende Raad het daar nie ’n woord van repudiëring van hierdie integrasiepolitiek van sy voorsitter gekom nie.

Na hierdie onderhoud is die AB-voorsitter, sonder dat hy sy voorsitterskap neergelê het, as Administrateur-generaal na Suidwes-Afrika gestuur om daar ’n stelsel van een mens een stem, wat hy ook nie as ’n moontlikheid vir Suid-Afrika uitsluit nie, verdere beslag te gaan gee.

Dr. C.P. Mulder: As lid van die Kabinet word hy ook lid van die Uitvoerende Raad van die Broederbond in stryd met alle gebruike van die AB. Deur die Erasmus-kommissie word hy aangewys as een van die sleutelfigure in die Inligtingskandaal en word deur P.W. Botha uit die Kabinet ontslaan.

Dr. W.J. de Klerk: Hoogleraar aan die Universiteit van Potchefstroom, redakteur van Die Transvaler en lid van die UR. Kritikus van sulke skeidingsmaatreëls soos die Ontugwet, die Wet op Gemengde Huwelike en die Groepsgebiedewet.

Mnr. B.J. Vorster: In 1948 geveto as kandidaat van die HNP-Afrikanerpartypakt omdat, soos Ben Schoeman dit gestel het, hy die gesagstaatbeginsel en die vernietiging van partye voorgestaan het. Later word hy LV, Adjunk-minister en Minister van Justisie en Eerste Minister. Onder sy bewind word rasse-integrasie al meer die beleid van die Nasionale Party; hy druk Ian Smith tot aanvaarding van ’n Swart regering en plaas Suidwes-Afrika op die weg van onafhanklikheid onder ’n Swart regering. In September 1978 bedank hy as Eerste Minister en bied hom aan as Staatspresident. In Oktober 1978 bars die Inligtingskandaal oor sy hoof in die presidentswoning en in Junie 1979 is hy verplig om die presidentskap neer te lê nadat sy rol in die Inligtingskandaal in die finale verslag van die Erasrpus-kommissie aan die lig gekom het en die regter ’n verdoemende oordeel oor hom uitspreek.

Mnr. Kowie Marais: Bekende OB-man en ook ’n prominente lid van die AB. Geinïerneer in die oorlogsjare. Later word hy regter van die Transvaalse regbank. Na lang onderhandelings tussen hom en die UR word teen die middel van die sewentigerjare ’n spesiale reëling getref om hom uit die Broeder­bond te kry vanweë sy lidmaatskap van die Progressiewe Party. Hy verteenwoordig die PFP in die Volksraadsetel Johannesburg-Noord en sluit ook aan by die Sioniste-vereniging.

Ds. W.A. Landman: Geïdentifiseerde liberale voorbok in die NG Kerk van Kaapland. In SABRA speel hy ’n prominente rol om die liberale politiek deur hierdie AB-front bevorder te kry en gebruik ook sy posisie as Inligtingsdirekteur van die Kaapse NG Kerk hiervoor. Hy word een van die dryfkragte agter die veldtog ten behoewe van “gesamentlike aanbidding” in die NG Kerk nadat hy in 1960 ’n sleutelrol gespeel het in die voorbereiding vir die Cottesloe-kerkberaad van die Wêreldraad van Kerke en die linkse SA Institute of Race Rela­tions. As stigterslid van die USSALEP word hy ook aangewys in die eerste Internasionale Bestuurskomitee van hierdie “kulturele” front van die Amerikaanse State Department.

Dr. W.J. de Villiers: Werknemer van Oppenheimer se Anglo-American Corporationhy en later direkteur van General Mining. Hy dien ook saam met ander bekende liberaliste soos mnre. Gavin Relly (ondervoorsitter van Anglo-American), Mike Rosholt (Barlow Rand), Basil Hersov (An- glo-Vaal), Ian McKenzie (Standard Bank SA), Richard Lurie (Johannesburgse Effektebeurs), Dick Goss (SA Brouerye), Chris Saunders (Tongaat-Huletts) en drs. Frans Cronje (Ned- bank en SA Brouery) en Fred du Plessis (Sanlam en Trust Bank) in die Regering se Verdedigingsadviesraad.

Adv. D.P. de Villiers: Leier van Suid-Afrika se regspan in die internasionale hofsaak oor Suidwes-Afrika in die sestigerjare. Hy word daarna aangestel as besturende direkteur van Nasionale Pers Beperk, die suidelike koerantgroep wat in die afgelope aantal jare die voortou geneem het in die veldtog om die Nasionale Party van sy tradisionele koers te druk. Nog later word hy voorsitter van die Internasionale Bestuursko- mitee van die USSALEP.

Dit was onder sy voorsitterskap dat die USSALEP sy eerste jaarvergadering in Suid-Afrika kom hou het en bo-oor die kop van die Regering hom blatant ingemeng het in Suid- Afrika se interne rassebeleid. Dit was by die geleentheid dat De Villiers met sy gedagte van ’n “super-parlement” van Blankes en Nieblankes gekom het as “oplossing” vir Suid-Afrika se rassevraagstuk.

Prof. P.J. Cillie: ’n Sterk opponent van Verwoerd en een van die belangrikste lede van die groep Wes-Kaapse integrasioniste. As redakteur van Die Burger propageer hy reeds in 1960/ 61 in die tyd van Cottesloe verteenwoordiging vir Kleurlinge deur Kleurlinge in die Blanke Parlement. In daardie tyd skryf hy: “Die drang na ’n voorwaartse beweging in die Nasionale beleid vir die Kleurlinge word al sterker. Die mees dramatiese gedagte is natuurlik dat die beginsel van verteenwoordiging van Kleurlinge deur Kleurlinge in die Volksraad erken moet word ... My indruk is dat die Nasionale Party reeds meer as halfpad vir die beginsel te vinde is en met sterk leiding volkome daarvoor gewin kan word. Die tyd kom nader vir ’n beslissing.”

Dit is na aanleiding van hierdie en ander integrasiepleidooie dat Verwoerd in Februarie 1961 die Federale Raad van die Nasionale Party ’n verklaring laat uitreik het waarin pertinent gestel is dat die NP Kleurling-integrasie verwerp.

In Vorster se tyd het Cilliè ’n belangrike rol gespeel om sekere konserwatiewes in die Nasionale Party te laat uitdryf.

Troubreuk en lekkasies – vervolg...

U soek na?

  • HOU VAKANSIE IN MOSSELBAAI !

    Baie netjiese vakansie-akkommodasie in Fraai Uitsig, Kleinbrakrivier, Mosselbaai Munisipaliteit. Twee kilometer vanaf Kleinbrak en Tergniet se swemstrande en ongeveer 10 kilometer vanaf Hartenbosch. Pick n Pay binne loopafstand.
    Kliek hier vir volledige inligting en foto's: OPSOEK NA BEHUISING VIR VAKANSIE?
     
    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________
     
    SKAARS BOEKE TE KOOP
    C J LANGENHOVEN 16 VOLUMES
    FAK-SANGBUNDEL 1 VOLUME
    Hierdie 16 volume Langenhoven-stel is 'n goedopgepaste kosbare versamelstuk. Dit beslaan die volledige inhoud van Langenhoven se bundels soos Sonde met die Bure; Loeloeraai; Herrie op die ou Tremspoor; Doppers en Filistyne; en al die kosbare stories uit die pen van Langenhoven.
    Die FAK-sangbundel is ook in goeie toestand en kan saam of apart van die Langenhovenstel gekoop word.
    Eienaar moet na 'n kleiner woonplek verhuis en vra 'n redelike aanbod vir sy boeke.
    Die aanbevole waardasieprys vir die Langenhovenstel is R1600.00; en vir die FAK R100.00
    Koerierkoste sal bykomend wees.
    Kontak

    Chris Carstens

    Sel no 082 954 3383

    Epos adres

    chris.carstens

    @vodamail.co.za

    ___________
    DIGBUNDELS:
      'n Versameling van 4 elektroniese bundels - 226 gedigte @R350.00:  
    Vir alle navrae  skryf aan 
    Amanda
    @waterstrome.co.za
    Uittreksel uit:
    'n Nasie in Pyn:
    ...Saam sal die hele wêreld vir hulle bid.
    Saam sal ons met pyn in ons harte sit.
    Mag hulle berus in u wil
    Mag hulle voor U verstil.
    _________
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het  in gedrukte vorm verskyn. 
    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
    DIE
    VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
    Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

     

    U kan hierdie boek bestel by
    ds AE van den Berg
    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com
    Prys: R50-00

     
  • BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    ('n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 'n Nuwe Trek (Exclusive Books) Prys: ZAR180

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is by http://tinyurl.com/lx9vrs8

    ... en loot.co.za dit verkoop teen R169 http://tinyurl.com/l26h6jl

    ... kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD


    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    JULIE 2013

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. 

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2 NOU BESKIKBAAR

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
    of skakel hom by
    074 967 5187


    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  • Kliek op DIE CHARISMATIESE GEVAAR om meer oor hierdie boek te wete te kom Lees verder...  
  • FILM OOR DR HF VERWOERD

    Kyk by hierdie skakel http://youtu.be/TcO3zPF8998

      na die kort film oor dr HF Verwoerd.   
    Dit kan ook direk bestel word by Riaan: +27823712682 of by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
     

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

 

'N BIETJIE LANGENHOVEN:

Ek sê nie al die suur mense is Fariseërs nie, maar naastenby al die Fariseërs is suur. In alle geval, solank hulle onthou om Fariseërs te wees. Want dis ook 'n inspanning.
Verbeel jou 'n wêreld sonder 'n skaterlag, sonder eens 'n glimlag. 'n Hemel op aarde, sal die Fariseër sê. Uit so 'n hemel sou ek wou wegloop hel toe.

Die man wat ek na soek, is nie dié wat die minste foute maak nie, maar dié wat die meeste foute régmaak.

Slaap laat solank as jy jou eie baas is en daar sal 'n tyd kom wanneer 'n 'n baas jou sal laat vroeg opstaan.

Ontydige vlyt is die merk van die luiaard. Dis sy verskoning vir ontydige rus.

Ons reken ons geluk vir ons loon en ons straf vir ons ongeluk.

Welvaart is die  dogter van matigheid en die moeder van weelde.

My swaarste pad trap ek self vir my plat, en die swaarste is die wat my voete nooit vat.

Daar is geen kuns by sukkel en geen sukkel by kuns.

Die boer wat nie saai nie sal nie misoeste kry nie, maar hy sal geen goeie ook kry nie.

Het die daeraad lief en die dag sal jóu liefhê.

'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie.

Dis die flukse perd wat flou word. Meer moeite as wat die vlytige het vir sy loon, het die luiaard verniet.

Op die ou end werk die vlytige man vir homself, die luiaard vir 'n ander.

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Kla net oor jou kooi as dit 'n ander is wat dit vir jou opgemaak het.

Hoe korter jy jou kuier maak, hoe gouer sal jy weer genooi word.

Om my naaste lief te hê is vir my 'n sware gebod. Met die mense daargunter kry ek dit nog op 'n manier reg.

Jy sê "ja" waar jy moes "nee" gesêhet omdat jy die ander nie wil aanstoot gee nie. Maar eken hoe het hy jou aanstoot gegee met sy versoek!

Aan 'n nuwe wa kan jy sien of dit 'n goeie skilder was; aan 'n oue of dit goeie wamaker was.

Trek liewer vir jou vriend jou broek uit as om vir hom vir 'n baadjie borg te staan. Anders loop julle naderhand albei nakend.

Die vriendskap wat jy moet koop is 'n duur artikel. Jy sal nie weer jou prys kry as jy dit van die hand wil sit nie.

Moenie vriendskap en besigheid meng nie – jy bederf albei.

'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie.

Maak jou vriendelikheid goedkoop en hou jou vriendskap duur.

Moenie jou vriend vergeet nie; dit sal hom seermaak. Maak jou vyand daarmee seer.

'n Skare is 'n versameling van eensames.

Stuur die luiaard na die miere, en as hy nie te lui is om te gaan nie sal hy te lui wees om weer terug te kom.

Dis net so moeilik om maklikheid in die ou wêreld te kry as wat dit maklik is om moeilikheid te kry.

Waardeer die werk van jou vrou. Jy kan nie op die aarde 'n ander kneg kry vir dieselfde diens en dieselfde prys nie.

Met spaarsaamheid sal jy uit die kleinste inkomste iets oorhou; met verkwistery sal die grootste vir jou te min wees.

Besorg jou eie boodskap en reken die moeite teen dit wat die misverstand jou sou gekos het.

Het die ryk man nodig om so suinig te wees? Maar hy is nie 'n ryk man wat suinig geword het nie; hy is 'n suinige man wat ryk geword het.

Help jou swakke mededinger op die bene bly.  As hy tot niet gaan, kom daar dalk 'n sterke in sy plek.

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES (7)

(Lees die reeks by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

  • Die adderbyt van naberou is verskriklik (Naberou is ontstellend.)
  • Hy het hom in 'n addergebroedesel begewe (Hy was tussen 'n groep nydige, aanvallende mense.)
  • Sy het hom adieu toegeroep (Sy het vaarwel gesê.)
  • 'n Adres van adhesie is 'n geskrif waarin instemming betuig word met 'n versoek.
  • Jy is nou by die verkeerde adres (Jy soek die oorsaak van die kwaad by die verkeerde persoon.)
  • Dit was advokatery (Dit was regskundige uitoorlêery.)
  • Hy sal die werk weer afbroddel. (Hy sal knoeiwerk of slordige werk verrig.)
  • Sy wil elke takie afbrom (Sy kla die hele tyd terwyl sy werk.)
  • Jy kan nou maar afdans (Jy kan nou maar skoert.)
  • Moet hom nie op sy verdienste afdwing nie (Moet hom nie verkleineer nie.)
  • Die ou werkie draf ek gou af (Ek sal dit sommer gou afhandel.)
  • Hulle wil die rusie afdrink (Hulle wil vrede maak.)
  • Sy het soms baie affêrinkies (Sy is dikwels vol nukke en nonsens.)
  • Hy sal wel weer geld van haar affutsel (Hy sal dit op 'n oneerlike manier van haar kry.)
  • Daar kan niks van afgaan nie (Dit kan nie ontken word nie.)
  • Hy sal 'n afgehekste loesing kry ('n deeglike pak slae.)
  • Sy is 'n afgelekte meisie (Sy het al baie kêrels gehad.)
  • Jy lyk so afgesak (Jy lyk baie moeg.)
  • Hy het afgetop gelyk (Hy het verleë gelyk.)
  • As jy iets van hom wil hê sal jy dit moet afgoël (Hy is so suinig!)
  • So 'n afhaler is onnodig ('n Onnodige belediging.)
  • As dit afhang moet ons dit maar opbind (Skertsend wanneer iemand gedurig begin met "Dit hang af..."
  • Na elke partytjie is hy babalaas ( dan ly hy aan die gevolge van te veel alkohol).
  • Daar was 'n Babelse gegons van stemme (Almal het gelyktydig gepraat).
  • Dit was 'n Babelse verwarring (Dit was baie deurmekaar).
  • Hy sal weer mooi broodjies kom bak (Hy sal kom vlei en mooipraat om sy doel te bereik),
  • Hulle eet nie uit een bak nie (Hulle is nie vriende nie).
  • Sy het hom 'n bak gewys (Sy het hom onvriendelik tereggewys).
  • Gou by die bak maar lui by die vak (Hy is eerste daar waar iets te ete is maar traag as hy moet werk).
  • Hy maak sy hande bak (Hy kom bedel iets).
  • Ons moes bak staan (Ons moes hard werk).
  • Dit was sommer 'n bakerpraatjie (Dit was 'n skinderstorie).
  • Jerusalem is die bakermat van die Christelike Kerk ( Dis waar dit begin het. 'n Bakermat was 'n mandjie waarin die baker – die vrou wat 'n pasgebore baba versorg het – die kindjie op haar skoot voor die vuur versorg het).

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 821 gaste aanlyn