Nuutste bydraes

GEDAGTES VIR ELKE DAG

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

 

Ons herdenk die Slag van Bloedrivier as 'n groot daad van God in ons geskiedenis, 'n daad wat ons nie mag vergeet nie en aan óns opkomende geslagte moet oordra. Daarby gedenk ons dit as 'n groot daad in die geskiedenis van die Kerk van die HERE in ons land en oor die hele wêreld.

DIE BROEDERBOND IN DIE AFRIKANER- POLITIEK (9)

B M Schoeman

(Lees reeks by AB in die Afrikanerpolitiek )

Met die skrywe van hierdie boek in 1982 was dit nie Beaumont Schoeman se bedoeling om verdere onthullings van die Broederbond se geheime te maak nie. Sy doel was om te illustreer watter rol die Broederbond in die Afrikanerpolitiek gespeel het. Schoeman slaag daarin om aan die hand van eie dokumentasie aan te toon dat die Broederbond, in stryd met sy eie grondwet en reglement, ‘n instrument in die hand van ‘n bepaalde politieke party was ten tye van dié publikasie. Wat Schoeman toe nog nie kon weet nie is hoe ver die grense van die Broederbond se verraderlikheid sou uitbrei tot hulle op aandrang van die internasionale geldmag Suid-Afrika aan ‘n korrupte swart regering oorgegee het. Vandag opereer en skuil die Broederbond onder die naam Afrikaner Bond (AB) en is selfs meer listig as tevore terwyl hulle steeds die toutjies agter die gordyn probeer trek.

TROUBREUK EN LEKKASIES

In ’n geheime organisasie soos die Broederbond moet ’n mens verwag dat vertroulike inligting periodiek na buite sal uitslaan en dat sulke inligting deur die media opgeslurp sal word. Dit is nou maar eenmaal in die aard van mense dat hulle ’n onversadigbare nuuskierigheid openbaar om te wete te kom wat agter die skerms in ’n geheime organisasie aangaan. En in enige geheime organisasie is daar altyd mense wat om een of ander rede bereid sal wees om vertroulike inligting na buite te lek. Elke geheime organisasie het nog altyd daardie soort mense gehad.

In die geval van die Broederbond het van sy bedrywighede ook periodiek na buite bekend geword. Sy eerste groot krisis in dié verband was na die politieke skeuring van 1933. Mense van verskillende politieke partye het hulle in die Broederbond bevind en van hulle kollegas was uitgesluit. In 1935 het genl. J.B.M. Hertzog ’n striemende aanval op die Broederbond gedoen aan die hand van geheime dokumente en omsendbriewe wat deur ondersteuners in die AB na hom aangedra is.

Die Broederbond se ergste krisis oor verbreking van die vertroulikheidsbelofte het in 1963 gevolg toe naamlyste en ander geheime dokumente hulle weg na die Sunday Times, die Engelstalige Sondagblad van Johannesburg, en een van sy verslaggewers, ene Charles Bloomberg, gevind het. Uit die inligting wat die Sunday Times gepubliseer het, was dit duidelik dat iemand in die organisasie troubreuk gepleeg het. Maande lank is na die skuldige gesoek en na meer as ses maande is die skuldiges vasgetrek. Dit was nadat die Veiligheidspolisie ’n klopjag op die kantore van die Sunday Times uitgevoer het en beslag gelê is op fotostatiese AB- dokumente.

Die skuldige binne die AB was ds. C.F. Beyers Naude, seun van een van die stigterslede en eerste president van die Broederbond, ds. Joshua Naude. Die Sunday Times het die geheime dokumente van prof. Albert Geyser, van die Hervormde Kerk, gekry. Hy het dit weer van Beyers Naude ontvang. Op daardie tydstip was Naude ’n predikant van Johanesburg, in een stadium moderator van die Suid-Transvaalse Sinode en ook voorsitter van die Emmarentia-afdeling van die Broederbond. Sy afdelingsekretaris was met vakansie en ’n mede-broer het sy huis vir daardie tydperk bewoon. Aan die mede-broer het die sekretaris getoon waar die AB- stukke gebêre word ingeval iemand dit tydens sy afwesigheid nodig sou kry. Dit is van hierdie mede-broer dat Naude die stukke gaan opeis het, dit aan Geyser besorg het, wat dit laat fotostateer en aan Bloomberg besorg het.

Beyers Naude se vervreemding van die Afrikanervolk, sy kerk en die Broederbond het in die laat vyftigerjare begin. Dit was toe voorbereidings deur die Wereldraad van Kerke saam met sekere liberaliste, soos mnr. Fred van Wyk, skoonseun van ds. Johan Reyneke, getref is vir die Cottesloe-kerkberaad van Desember 1960 in Johannesburg. Naude was een van die NG Kerkmanne, onder hulle ook prominente AB- lede, wat by Cottesloe die Afrikaner se tradisies en lewensgewoontes op ’n skinkbord aan die vyande in die Wêreldraad van Kerke en hulle liberale politieke vennote in Suid- Afrika wou gaan aanbied.

Van Cottesloe het sy pad na die Christelike Instituut en Pro Veritate, deur die Broederbond-episode tot in die kamp van die galbitterste liberaliste geloop. Hy het gaan skuil in die skadu van die linkse SA Institute of Race Relations, die Black Sash en die SA Council of Churches. In 1977 is hy vyf jaar lank ingeperk.

Sy medepligtige, Albert Geyser, was nooit lid van die Broederbond nie. In die vyftigerjare is hy uit die Hervormde Kerk na ’n ketterysaak. Die Universiteit van die Witwatersrand het later vir hom ’n pos in Bybelkunde ingerig.

Charles Bloomberg het kort na die diefstal van die Broederbond-dokumente na Londen uitgewyk nadat hy ’n paar maande as verteenwoordiger van die Sunday Times in die Persgalery in die Volksraad vertoef het. Later is sy naam as navorser en regisseur gekoppel aan die propagandarolprent oor die Jode en die Tweede Wêreldoorlog wat in Piet Meyer se tyd as voorsitter van die SAUK-beheerraad as deel van die reeks, The World at War, oor die Suid-Afrikaanse beeldradio gebeeldsaai is.

Dit is interessant om te weet hoe die Broederbond-instansies na maandelange ondersoek uiteindelik op die spoor van Beyers Naude as die sleutelfiguur gekom het. Dit word vertel dat ds. Kobus Potgieter, predikant van Pretoria en tans lid van die Breë Moderatuur, in daardie tyd met vakansie aan die Suidoos-Kaapse kus was. Eendag, terwyl hy op die strand gelê het, was hy binne hoorafstand van ’n paar persone wat oor die diefstal van die dokumente gepraat het. Hy het blykbaar net genoeg gehoor om die AB-instansies op die spoor van Naude te bring.

In 1972, voordat die botsing tussen sekere HNP-lede van die Broederbond en die Uitvoerende Raad op die jaarkongres van die HNP in Pretoria-Noord op die spits gedryf is, het weer ’n ernstige krisis vir die AB opgeduik na aanleiding van die verskyning van Broederbondgeheime in die Sunday Times. Dit het sulke ernstige afmetings aangeneem dat die UR later die hulp van genl. Hendrik van den Bergh en sy Boss-manne, wat toe reeds baie sterk in die AB verteenwoordig was, ingeroep het.

By die gewone omsendbrief van die AB van September 1972 is ’n “streng vertroulike” buitengewone omsendbrief gevoeg en aan lede uitgestuur. In die omsendbrief word die posisie van mnr. Fanie Botha binne die AB behandel, hoewel sy naam nie genoem word nie. Dit was na aanleiding van berigte in die Engelstalige pers dat Botha op die punt staan om as lid geskors te word omdat hy in ’n lastersaak teen mnr. J.A. Marais verloor het. (As die Uitvoerende Raad dieselfde maatstawwe in die geval van Fanie Botha sou neergelê het as wat ten opsigte van Jaap Marais gefabriseer is om sy lidmaatskap te skors, moes Botha se lidmaatskap natuurlik beëïndig word. Hy is immers in ’n hof skuldig bevind dat hy ’n medebroer belaster het, terwyl Marais in die hofsaak teen hom onskuldig bevind is.)

In die buitengewone omsendbrief word gemeld dat Botha “nog ’n gewaardeerde vriend van die Broederbond” is. Die brief word met die volgende paragraaf afgesluit: “Die UR gee ook weer die versekering dat hy alles in sy vermoë doen om die bron van lekkasie wat tot die koerantberigte aanleiding gee, op te spoor. Ongelukkig moet ook meegedeel word dat ons nie met absolute sekerheid die verraad aan die man kon bring nie. Die UR gaan met die ondersoek voort en het ook die hulp van kundige vriende ingeroep.”

Die “kundige vriende” is die Uitvoerende Raad se naam vir genl. Van den Bergh en sy spioene wat op ’n baie buitengewone manier die Broederbond ingesypel het.

In daardie tyd is in Broederbondkringe op bedekte en ook minder bedekte wyse skimpe rondgegooi oor die moontlike bron van die lekkasies na die Engelse pers. Prof. A.D. Pont se naam is genoem en ook skrywer se naam. Skrywer was nooit lid van die Broederbond nie en Pont was in daardie stadium reeds uit die AB geskors. Die aantyging is gemaak dat Pont die vertroulike inligting ontvang, dit aan Schoeman deurstuur wat dit dan weer aan die Sunday Times besorg. Hoe dit kon gebeur het in die lig van Schoeman en Pont se nie-lidmaatskap van die AB, sal net daardie broers kan verklaar.

Dit verbaas ’n mens dat die Broederbond se “kundige vriende”, met hulle uitgebreide apparaat van meeluistering en ander spioenasiemetodes, nooit die bron of bronne van die lekkasies kon naspoor nie. Of het hulle wel, maar die name verswyg aan die Uitvoerende Raad namens wie hulle opgetree het?

Dit is ’n baie sterk vermoede, want in daardie tyd is uit ’n paar oorde berigte ontvang oor Boss-agente wat Broederbond-inligting na sekere koerantmanne voer. Name van sulke Boss- agente cum AB-lede is ontvang, maar weens gebrek aan voldoende bewyse moet hulle identiteit agterweë gelaat word.

Oor een bron bestaan egter die nodige bewyse. Sy naam is nie net aan skrywer bekend nie, maar ’n fotostaat van ’n briefie in hierdie broer se handskrif aan die betrokke koerantman met wie hy gereeld geskakel en na wie hy ewe gereeld geheime van die Broederbond aangegee het, is op lêer. In hierdie briefie word aan die koerantman gesê dat hulle nie langer mekaar by hulle gereelde ontmoetingsplek — ’n weggesteekte kafeetjie in Sunnyside in Pretoria — moes ontmoet nie. Hulle moes ook nie meer afsprake oor die telefoon reël nie, want sekere mense (jy weet wie) is baie bedrywig en groter versigtigheid moet aan die dag gelê word.

In een stadium, toe ek vanuit sekere Broederbondkringe verdink en ook beskuldig is, het ek dit oorweeg om die bron van die lekkasies aan of die Uitvoerende Raad se “kundige vriende”, of aan die UR self, openbaar te maak. Ek het daarteen besluit omdat ek niks verskuldig was aan mense wat sulke vals beskuldigings rondgeslinger en van sulke bedenklike metodes gebruik gemaak het as wat teen mense van my party ingespan is nie. Nog ’n oorweging wat my destyds in my besluit beïnvloed het, was dat die HNP in die destydse heersende klimaat vyand nommer een was en dat die UR, om homself verdere verleentheid te bespaar, nie baie geneë sou wees om die ware toedrag van sake oor die lekkasie van inligting na die Engelse pers aan die groot klok te hang nie.

Na tien jaar is ek vandag ook nie bereid om daardie naam openbaar te maak nie. Ek weet nie of die persoon vandag nog lid van die AB is nie. Miskien is hy nog ’n “gewaardeerde Vriend” en miskien verklap hy nog steeds Broederbondgeheime aan die pers. Dit verskaf my voldoende genoeë om elke keer wanneer ek hom op ’n afstand sien, of in ’n groter geselskap raakloop, of sy foto in publikasies aanskou, te weet dat hy die man is wat sy eie organisasie se geheime aan die Engelse pers verklap het.

Net soos Beyers Naude was hy ook ’n geliefde predikant van die NG Kerk in Pretoria. Baie mense het na hom opgesien. Net soos Beyers Naude was hy bemind onder baie en het baie sy advies gesoek. Vandag staan hy nie meer in die bediening nie, maar in 1972 was hy ook een van daardie predikante wat die nuwe AB-onderneming onderteken het en ’n belofte gemaak het dat hy hom nie op enige wyse met die HNP sou assosieer nie.

In 1978 het die volgende krisis oor lekkasies vir die Broederbond gekom. Volgens berigte het ’n sekere persoon, wat lid van die Broederbond was, eendag die Sunday Times geskakel en ’n koerantman meegedeel dat hy hulle van geheime dokumente van die AB sou voorsien. ’n Jaar lank, so lui die storie verder, is niks weer van hierdie man gehoor nie. Toe, eendag, het die man weer van hom laat hoor en is ’n groot hoeveelheid dokumente aan die Sunday Times oorhandig. Dit het ’n hele paar staalkabinette gevul. Hierdie doku­mente het die basis gevorm van Ivor Wilkens en Hans Strijdom se boek, die Super-Afrikaners.

Die naam van hierdie man word vandag nog streng geheim gehou, maar ’n sterk vermoede bestaan dat die AB- leiding sy identiteit ken maar nie sy naam openbaar sal maak nie vanweë die ongure publisiteit wat dit tot gevolg sal hê. Al die omstandigheidsgetuienis wys na een man, ’n man wat in ’n posisie verkeer het om oor ’n lang tydperk daardie dokumente bymekaar te kon maak. As die vermoedens reg is — en dit lyk wel die geval te wees — is dit ’n man wat in sy verblyf in die Broederbond in ’n groot vertrouensposisie gestaan het. Voorlopig sal hy ook anoniem moet bly.

Hierdie lekkasie het tot gevolg gehad dat die Uitvoerende Raad ’n breedvoerige stel sekuriteitsmaatreëls ontwerp het om die bekendmaking van geheime na buite te probeer keer. In ’n dokument van die UR word lede ingelig dat ’n vertroulikheidsgradering van stukke en inligting ingestel is om te onderskei tussen (1) “oop” stukke, wat vryelik of onder bepaalde voorwaardes na buite gebruik kan word, (2) “vertroulike” stukke wat deur middel van omsendbriewe of studiestukke versprei word, en (3) “uiters sensitiewe” stukke wat nie deur middel van omsendbriewe nie, maar slegs mondelings aan afdelings of streekrade oorgedra sal word.

Wat as “uiters sensitiewe” inligting beskou word, word nie in die omsendbrief vermeld nie, maar daar kan aangeneem word dat dit inligting is wat, as dit na buite bekend word, die UR groot verleentheid sal besorg. Dat sekere politieke sake en die AB se rol in sulke politieke aangeleenthede hierby inbegrepe is, kan aangeneem word. Dit word bevestig deur ’n verdere paragraaf in die betrokke omsendbrief oor die verskerping van die Bond se sekuriteitsmaatreëls. Dit lui dat die notule van afdelings-, streek- en ander vergaderings die minimum besonderhede moet bevat “en veral nie ’n volledige weergawe van toesprake, besprekings, omsendbriewe, studiestukke, ens. gee nie.”

Soos sake nou staan, word “uiters sensitiewe” inligting minstens een keer per jaar deur ’n UR-lid, streekraadverteenwoordiger of ander UR-verteenwoordiger “gesaghebbend mondeling op streekvlak oorgedra.” Die tweejaarlikse algemene sekretariële verslag word tans ook net vir gebruik deur en kennisname van die UR opgestel. ’n Opsomming daarvan word mondelings op die Bondsraad gelewer. Notules van die Bondsraad word ook nie meer aan afdelings gesirkuleer nie. Streng kontrole dat die stukke in besit van lede teruggegee of vernietig word by hulle uittrede uit die diens van die organisasie, uit die UR, komitees, enige bestuur of uit die organisasie as sodanig en ook by vertrek uit ’n afdeling, is ingestel. Geeneen, insluitende bestuurslede, word toegelaat om sensitief geklassifiseerde stukke vir langer as ’n jaar te hou nie, behalwe met die toestemming van die UR. ’n Vernietigingsprosedure is deur die UR voorgeskryf en word deur die hoofkantoor van die Broederbond by die Eike, in Aucklandpark, Johannesburg, gekontroleer.

Of hierdie verskerpte sekuriteitsmaatreëls lekkasies van vertroulike inligting na buite sal verhoed, is baie twyfelagtig. Nog steeds vind Broederbond-dokumente hulle weg na koerante, soos in 1981 weer geblyk het in die geval van die UR se voorskrifte in verband met gemengde sport op skoolvlak. Die UR sal hierdie toedrag van sake nie kan keer nie omdat al hoe meer AB-lede ontnugter raak in die liberate politieke rol waarvoor die Broederbond gebruik word.

Regering binne Regering -Vervolg...

U soek na?

  • HOU VAKANSIE IN MOSSELBAAI !

    Baie netjiese vakansie-akkommodasie in Fraai Uitsig, Kleinbrakrivier, Mosselbaai Munisipaliteit. Twee kilometer vanaf Kleinbrak en Tergniet se swemstrande en ongeveer 10 kilometer vanaf Hartenbosch. Pick n Pay binne loopafstand.
    Kliek hier vir volledige inligting en foto's: OPSOEK NA BEHUISING VIR VAKANSIE?
     
    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________
     
    SKAARS BOEKE TE KOOP
    C J LANGENHOVEN 16 VOLUMES
    FAK-SANGBUNDEL 1 VOLUME
    Hierdie 16 volume Langenhoven-stel is 'n goedopgepaste kosbare versamelstuk. Dit beslaan die volledige inhoud van Langenhoven se bundels soos Sonde met die Bure; Loeloeraai; Herrie op die ou Tremspoor; Doppers en Filistyne; en al die kosbare stories uit die pen van Langenhoven.
    Die FAK-sangbundel is ook in goeie toestand en kan saam of apart van die Langenhovenstel gekoop word.
    Eienaar moet na 'n kleiner woonplek verhuis en vra 'n redelike aanbod vir sy boeke.
    Die aanbevole waardasieprys vir die Langenhovenstel is R1600.00; en vir die FAK R100.00
    Koerierkoste sal bykomend wees.
    Kontak

    Chris Carstens

    Sel no 082 954 3383

    Epos adres

    chris.carstens

    @vodamail.co.za

    ___________
    DIGBUNDELS:
      'n Versameling van 4 elektroniese bundels - 226 gedigte @R350.00:  
    Vir alle navrae  skryf aan 
    Amanda
    @waterstrome.co.za
    Uittreksel uit:
    'n Nasie in Pyn:
    ...Saam sal die hele wêreld vir hulle bid.
    Saam sal ons met pyn in ons harte sit.
    Mag hulle berus in u wil
    Mag hulle voor U verstil.
    _________
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het  in gedrukte vorm verskyn. 
    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
    DIE
    VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
    Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

     

    U kan hierdie boek bestel by
    ds AE van den Berg
    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com
    Prys: R50-00

     
  • BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    ('n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 'n Nuwe Trek (Exclusive Books) Prys: ZAR180

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is by http://tinyurl.com/lx9vrs8

    ... en loot.co.za dit verkoop teen R169 http://tinyurl.com/l26h6jl

    ... kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD


    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    JULIE 2013

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. 

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2 NOU BESKIKBAAR

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
    of skakel hom by
    074 967 5187


    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  • Kliek op DIE CHARISMATIESE GEVAAR om meer oor hierdie boek te wete te kom Lees verder...  
  • FILM OOR DR HF VERWOERD

    Kyk by hierdie skakel http://youtu.be/TcO3zPF8998

      na die kort film oor dr HF Verwoerd.   
    Dit kan ook direk bestel word by Riaan: +27823712682 of by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
     

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

 

'N BIETJIE LANGENHOVEN:

Ek sê nie al die suur mense is Fariseërs nie, maar naastenby al die Fariseërs is suur. In alle geval, solank hulle onthou om Fariseërs te wees. Want dis ook 'n inspanning.
Verbeel jou 'n wêreld sonder 'n skaterlag, sonder eens 'n glimlag. 'n Hemel op aarde, sal die Fariseër sê. Uit so 'n hemel sou ek wou wegloop hel toe.

Die man wat ek na soek, is nie dié wat die minste foute maak nie, maar dié wat die meeste foute régmaak.

Slaap laat solank as jy jou eie baas is en daar sal 'n tyd kom wanneer 'n 'n baas jou sal laat vroeg opstaan.

Ontydige vlyt is die merk van die luiaard. Dis sy verskoning vir ontydige rus.

Ons reken ons geluk vir ons loon en ons straf vir ons ongeluk.

Welvaart is die  dogter van matigheid en die moeder van weelde.

My swaarste pad trap ek self vir my plat, en die swaarste is die wat my voete nooit vat.

Daar is geen kuns by sukkel en geen sukkel by kuns.

Die boer wat nie saai nie sal nie misoeste kry nie, maar hy sal geen goeie ook kry nie.

Het die daeraad lief en die dag sal jóu liefhê.

'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie.

Dis die flukse perd wat flou word. Meer moeite as wat die vlytige het vir sy loon, het die luiaard verniet.

Op die ou end werk die vlytige man vir homself, die luiaard vir 'n ander.

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Kla net oor jou kooi as dit 'n ander is wat dit vir jou opgemaak het.

Hoe korter jy jou kuier maak, hoe gouer sal jy weer genooi word.

Om my naaste lief te hê is vir my 'n sware gebod. Met die mense daargunter kry ek dit nog op 'n manier reg.

Jy sê "ja" waar jy moes "nee" gesêhet omdat jy die ander nie wil aanstoot gee nie. Maar eken hoe het hy jou aanstoot gegee met sy versoek!

Aan 'n nuwe wa kan jy sien of dit 'n goeie skilder was; aan 'n oue of dit goeie wamaker was.

Trek liewer vir jou vriend jou broek uit as om vir hom vir 'n baadjie borg te staan. Anders loop julle naderhand albei nakend.

Die vriendskap wat jy moet koop is 'n duur artikel. Jy sal nie weer jou prys kry as jy dit van die hand wil sit nie.

Moenie vriendskap en besigheid meng nie – jy bederf albei.

'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie.

Maak jou vriendelikheid goedkoop en hou jou vriendskap duur.

Moenie jou vriend vergeet nie; dit sal hom seermaak. Maak jou vyand daarmee seer.

'n Skare is 'n versameling van eensames.

Stuur die luiaard na die miere, en as hy nie te lui is om te gaan nie sal hy te lui wees om weer terug te kom.

Dis net so moeilik om maklikheid in die ou wêreld te kry as wat dit maklik is om moeilikheid te kry.

Waardeer die werk van jou vrou. Jy kan nie op die aarde 'n ander kneg kry vir dieselfde diens en dieselfde prys nie.

Met spaarsaamheid sal jy uit die kleinste inkomste iets oorhou; met verkwistery sal die grootste vir jou te min wees.

Besorg jou eie boodskap en reken die moeite teen dit wat die misverstand jou sou gekos het.

Het die ryk man nodig om so suinig te wees? Maar hy is nie 'n ryk man wat suinig geword het nie; hy is 'n suinige man wat ryk geword het.

Help jou swakke mededinger op die bene bly.  As hy tot niet gaan, kom daar dalk 'n sterke in sy plek.

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES (7)

(Lees die reeks by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

  • Die adderbyt van naberou is verskriklik (Naberou is ontstellend.)
  • Hy het hom in 'n addergebroedesel begewe (Hy was tussen 'n groep nydige, aanvallende mense.)
  • Sy het hom adieu toegeroep (Sy het vaarwel gesê.)
  • 'n Adres van adhesie is 'n geskrif waarin instemming betuig word met 'n versoek.
  • Jy is nou by die verkeerde adres (Jy soek die oorsaak van die kwaad by die verkeerde persoon.)
  • Dit was advokatery (Dit was regskundige uitoorlêery.)
  • Hy sal die werk weer afbroddel. (Hy sal knoeiwerk of slordige werk verrig.)
  • Sy wil elke takie afbrom (Sy kla die hele tyd terwyl sy werk.)
  • Jy kan nou maar afdans (Jy kan nou maar skoert.)
  • Moet hom nie op sy verdienste afdwing nie (Moet hom nie verkleineer nie.)
  • Die ou werkie draf ek gou af (Ek sal dit sommer gou afhandel.)
  • Hulle wil die rusie afdrink (Hulle wil vrede maak.)
  • Sy het soms baie affêrinkies (Sy is dikwels vol nukke en nonsens.)
  • Hy sal wel weer geld van haar affutsel (Hy sal dit op 'n oneerlike manier van haar kry.)
  • Daar kan niks van afgaan nie (Dit kan nie ontken word nie.)
  • Hy sal 'n afgehekste loesing kry ('n deeglike pak slae.)
  • Sy is 'n afgelekte meisie (Sy het al baie kêrels gehad.)
  • Jy lyk so afgesak (Jy lyk baie moeg.)
  • Hy het afgetop gelyk (Hy het verleë gelyk.)
  • As jy iets van hom wil hê sal jy dit moet afgoël (Hy is so suinig!)
  • So 'n afhaler is onnodig ('n Onnodige belediging.)
  • As dit afhang moet ons dit maar opbind (Skertsend wanneer iemand gedurig begin met "Dit hang af..."
  • Na elke partytjie is hy babalaas ( dan ly hy aan die gevolge van te veel alkohol).
  • Daar was 'n Babelse gegons van stemme (Almal het gelyktydig gepraat).
  • Dit was 'n Babelse verwarring (Dit was baie deurmekaar).
  • Hy sal weer mooi broodjies kom bak (Hy sal kom vlei en mooipraat om sy doel te bereik),
  • Hulle eet nie uit een bak nie (Hulle is nie vriende nie).
  • Sy het hom 'n bak gewys (Sy het hom onvriendelik tereggewys).
  • Gou by die bak maar lui by die vak (Hy is eerste daar waar iets te ete is maar traag as hy moet werk).
  • Hy maak sy hande bak (Hy kom bedel iets).
  • Ons moes bak staan (Ons moes hard werk).
  • Dit was sommer 'n bakerpraatjie (Dit was 'n skinderstorie).
  • Jerusalem is die bakermat van die Christelike Kerk ( Dis waar dit begin het. 'n Bakermat was 'n mandjie waarin die baker – die vrou wat 'n pasgebore baba versorg het – die kindjie op haar skoot voor die vuur versorg het).

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2905 gaste aanlyn