Nuutste bydraes

GEDAGTES VIR ELKE DAG

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Wees nie haastig met jou mond nie, en laat jou hart nie gou 'n woord uitbring vor die aangesig van God nie; want God is in die hemel, en jy op die aarde. Daarom moet jou woorde min wees - Prediker 5:1

DIE BROEDERBOND IN DIE AFRIKANER- POLITIEK (13)

B M Schoeman

(Lees reeks by AB in die Afrikanerpolitiek )

Met die skrywe van hierdie boek in 1982 was dit nie Beaumont Schoeman se bedoeling om verdere onthullings van die Broederbond se geheime te maak nie. Sy doel was om te illustreer watter rol die Broederbond in die Afrikanerpolitiek gespeel het. Schoeman slaag daarin om aan die hand van eie dokumentasie aan te toon dat die Broederbond, in stryd met sy eie grondwet en reglement, ‘n instrument in die hand van ‘n bepaalde politieke party was ten tye van dié publikasie. Wat Schoeman toe nog nie kon weet nie is hoe ver die grense van die Broederbond se verraderlikheid sou uitbrei tot hulle op aandrang van die internasionale geldmag Suid-Afrika aan ‘n korrupte swart regering oorgegee het. Vandag opereer en skuil die Broederbond onder die naam Afrikaner Bond (AB) en is selfs meer listig as tevore terwyl hulle steeds die toutjies agter die gordyn probeer trek.

’Diskriminerende’ wetgewing

Die totale vervreemding van sy oorspronklike ideale en die gedienstige napratery van regeringspolitici deur die Uitvoerende Raad van die Broederbond blyk duidelik uit ’n studiestuk van Januarie 1981 aan afdelings getiteld “Die handhawing van spesifieke norme in ’n veelvolkige samelewing.” Saam met hierdie dokument is, ook onder datum Januarie 1981, ’n tweede stuk gesirkuleer getiteld “Verslag van die Taakgroep in verband met die vraag of wetlike beskerming ’n noodsaaklike voorvereiste vir die voortbestaan van die Afrikanervolk en die Blanke is.”

 

Dit is betekenisvol dat die Uitvoerende Raad na hierdie saak ondersoek laat instel het, omdat dit juis die refrein is wat in die afgelope jaar en meer gehoor is: die Afrikanervolk het nie meer wette nodig om sy voortbestaan as volk te verseker en sy lede te beskerm nie. En dan is dit gewoonlik daar­die skeidingswette wat ’n spesifieke rassebasis het, soos die Ontugwet, die Wet op Gemengde Huwelike, die Bevolkingsregistrasiewet, die Groepsgebiedewet, en die Wet op Afson­derlike Geriewe, wat in die aanvalsvisier van regeringspolitici en andere binne en buite die Broederbond kom.

In die verslag van die Taakgroep van die AB word onder meer die volgende wette gesiteer wat “gewoonlik as diskriminerend beskou word”: die 1913- en 1936-wette oor grondtoedeling aan Swartes; die Myn- en Werkewet van 1911 en 1956 wat sekere kategorieë werk vir Blankes reserveer; die Ontugwet, die Wet op Gemengde Huwelike, die Groepsgebie­dewet, die Wet op Aparte Geriewe en die Bevolkingsregistrasiewet.

Dit is veelseggend dat die Uitvoerende Raad ook die Kieswet siteer as een van die wette “wat gewoonlik met kleur- diskriminasie in verband gebring word.” Volgens die UR-stuk lui dit: “Die Kieswet beperk die stemreg vir die verkiesing van nasionale, provinsiale en munisipale owerhede tot Blan­kes bo 18 jaar. Nie-Blankes het egter met verloop van tyd ’n stemreg ten opsigte van die plaaslike besture verkry.”

Belangwekkend is ook die feitlik woordelikse herhaling van die liberale argument wat deesdae al hoe meer op die po­litieke, sosiale, kerklike, ekonomiese en ander terreine gehoor word waaxom hierdie skeidingsmaatreels nie meer geduld kan word nie en waarom alle diskriminerende maatreels van die wetboek moet verdwyn. Die stuk meld onder meer dat wet­like diskriminasie die basis vorm van “’n valse gerustheid en ’n gevaarlike uitgangspunt en geloof by die Afrikaner en Blan­ke dat sy identiteit beskerm is en dat die diskriminerende maatreëls ’n waarborg vir daardie gevoel van veiligheid is.” Daarby word dan gevoeg dat wetlike diskriminasie ’n situasie skep waarin mense op voorregte en bevoorregting aanspraak maak “op gronde anders as meriete, deugdelikheid en integriteit.”

Hierna volg die argument wat vandag ook die geliefkoosde argument in die linkse kringe, nie net in opposisiegeledere nie maar ook in regeringskringe, geword het. “Wetlike diskriminasie,” lui dit, “het onaanvaarbaar geword in die internasionale samelewing van volke, en gee direk aanleiding tot internasionale spanning, boikotte en sanksies, uitbanning uit wêreldliggame van sport, kultuur, gesondheid, ekonomie en politiek. Dit vorm die basis van die internasionale aanslag op Suid-Afrika, nie alleen van kommunistiese kant nie, maar ook van Wesmagte.”

Selfs die sanksiespook, wat deesdae so gereeld deur regeringspolitici gebruik word om die Blankes van Suid-Afrika te dwing tot aanvaarding van dinge wat vir hulle verwerplik is, word ook in die Broederbond-stuk gebruik. Saam hiermee word die terroristegevaar aangewend wanneer verklaar word: “Wetlike diskriminasie lei onder dié teen wie gediskrimineer word, tot bitterheid en vyandiggesindheid teenoor die sisteem en veral teenoor die Afrikaner wat daarmee vereenselwig word ... In ons situasie lei dit tot die Swart-Wit- polarisasie. Aksies wat daaruit voortspruit, is werkstakings, skoolboikotte, geweldpleging en uiteindelik georganiseerde terrorisme in al sy vorms. Die gevolg is die bedreiging van stabiliteit, ekonomiese ineenstorting, werkloosheid en anargie. Dit plaas die Afrikaner in ’n posisie van magteloosheid om te onderhandel en lei tot verlies van vertroue by die jeug, die kieser en die ondememer ... Dit hou ook nie rekening met die magsposisie wat die Afrikaner sedert 1948 danksy ’n suksesvolle beleid bereik het en wetlike beskerming dus onnodig maak nie.”

Dit alles klink baie bekend. Die keersy van die saak word egter sorgvuldig deur die Uitvoerende Raad verswyg. Die huidige toestand, waar al hoe meer onstabiliteit in die vorm van werkstakings, boikotte, werkloosheid, geweldpleging en dade van terrorisme voorkom ondanks ingrypende verande­rings in die stelsel wat ’n klompie jare gelede nog geheers het en ondanks verreikende toegewings om die Nieblankes tevrede te stel, word onverantwoord gelaat. Die aanvaarding van die linkse propaganda dat veranderings en toegewings die revolusie voorkom, word sonder enige bevraagtekening aanvaar, terwyl glad nie kennis geneem word van die teendeel wat gebeur en waarvoor die bewyse toenemend opstapel nie, naamlik hoe groter die veranderings en toegewings, hoe sneller en omvangryker die revolusie.

Met hierdie valse premise van die linkse propagandafabriek as basis, bevind die Uitvoerende Raad dat die “status quo” nie gehandhaaf kan word nie en stel dan drie alternatiewe waartussen gekies moet word: “Suid-Afrika as ’n eenheidstaat met Blanke heerskappy en allerlei vorme van diskriminasie om die posisie van die Blanke te beskerm en te waarborg, wat ’n klassieke konflikmodel is”; “Suid-Afrika as ’n eenheidstaat waarin alle diskriminasie onhoudbaar geword het en verwyder is — ’n situasie waarin die konflikmodel presies op ’n omgekeerde wyse voortgesit word ... “Die skepping van ’n Suider-Afrikaanse konstellasie van state in die vorm van ’n konfederasie waarin die samewerking en selfbeskikkingsreg van die gemeenskappe, gebonde aan die ruimtelike ordening van die volkere, die uitfasering van diskriminerende wetgewing moontlik maak.”

Ook dit klink alles bekend. Hierdie keuses, asof dit die enigste is, het in die laaste paar jaar die standaardargumente geword van regeringspolitici en andere wat al verder van die Afrikanerideale van mense soos Malan, Strijdom en Verwoerd weggedryf het. Dit is ook nie vreemd dat ’n organisasie soos die Broederbond hierdie “keuses” klakkeloos herhaal en gerieflik vergeet van standpunte en beginsels wat ’n klompie jare gelede nog geldig was en geesdriftig deur die Broeder­bond gepropageer is nie.

Die alternatief wat die Uitvoerende Raad voorskryf, is die konstellasiegedagte van die huidige bewindhebbers. Dat geen besonderhede van hierdie beleid nog bekend is en dat dit net ’n vaag omlynde begrip sonder enige inhoud is, maak nie vir die Uitvoerende Raad saak nie, solank dit net ’n middel is om “wetlike diskriminasie” te laat verdwyn. Die voorskrif van die Uitvoerende Raad lui dan ook: “Die laaste alternatief is dus die enigste wat dit moontlik maak dat wetlike diskriminasie kan verdwyn sonder dat dit tot ernstige onstabiliteit, konfrontasie en chaos lei.”

Om seker te maak dat die skeidingsmaatreëls verdwyn en dat die nuwe politiek dan uit so ’n nuwe toestand, vry van afdwingbare segregasie, sal ontwikkel, vra die UR dat die Regering ’n “deklarasie van voorneme ten opsigte van diskriminerende wetgewing” uitreik. Hierin, so lui die dokument, moet ’n “duidelike koersaanduiding en vaste doelwitte in sy politieke ontwikkeling” aangedui word. Dit behoort aan die verskillende volke “vrymoedigheid te gee om op ’n meer geloofwaardige wyse mee te werk aan die vorm waar­in die samewerking en selfbeskikking van volke gegiet word.” Met ander woorde, die afskaffing van die belangrikste skeidingsmaatreëls is die voorwaarde vir mede-seggenskap aan die politieke   ontwikkelinge.

’n Mens kan tereg vra: Wat bly oor wat nie onderhandelbaar is nie as die belangrikste sluitstene van die volksbestaan, soos beliggaam in daardie wette wat die Uitvoerende Raad self noem, vernietig is?

Nadat die Uitvoerende Raad die voorskrifte uitgereik en riglyne neergele het op ’n wyse wat geen twyfel by die gewone lid kan laat wat die rigting moet wees waarin beweeg moet word nie, kom hy dan aan die einde van die stuk met vier vrae aan die hand waarvan kommentaar gelewer kan word. Die vrae herinner baie aan die soort vrae wat deesdae aangetref word in die toenemende gier van sosiologiese ondersoeke en meningspeilings na enige ding onder die son.

Eers word vooraf pertinent gestel dat die handhawing van skeidingsmaatreels gevare inhou en dan word die gewone AB-lid gevra: “Hou beskermende of diskriminerende wette, “maatreëls van die aard in die studiestuk genoem, vir die Afrikaner en Blanke gevaar in deurdat dit ’n valse gevoel van sekuriteit skep?” Net so ook met die “status quo”-kwessie. Eers word gestel dat die “status quo” nie gehandhaaf kan word nie en dan word gevra: “Is die status quo waama in die stuk verwys word, onhoudbaar?” En nadat die “alternatief” voorgeskryf is omdat besluit is dat die “status quo” nie gehandhaaf mag word nie, lui die tweede deel van die voorafgaande vraag: “Indien nie, watter alternatief behoort nagestreef te word?” Net so ook met die “deklarasie van voorneme”. Nadat voorgeskryf word wat die inhoud van so ’n “deklarasie” moet wees, word die AB-lid gevra: “Indien u saamstem dat ’n deklarasie van voorneme die lig moet sien, gee u mening oor die moontlike inhoud.”

Dit klink kompleet soos ’n leerling wat ’n begripstoets aan die begin van sy hoërskoolloopbaan moet beantwoord.

Dit moet onthou word dat hierdie AB-stuk in Januarie 1981, vier maande voor die algemene verkiesing van 29 Ap­ril, gesirkuleer is. Daarom is die vierde en laaste vraag in die dokument aan AB-lede belangrik: “Is daar ’n Blanke weerstand teen sogenaamde wegbeweeg van beskermende maat­reëls? Omvang? Hoe kom dit navore? Watter aandagverg dit?” Of die reaksie van AB-lede op hierdie vrae enigiets te doen gehad het met die vervroeging van die verkiesing, is nie bekend nie. Dat die Blanke weerstand teen die Regering se aftakeling van skeidingsmaatreels en die bevordering van in­tegrasie tussen Blank en Nieblank egter ’n geweldige ontnugtering vir die Uitvoerende Raad moes wees, net soos wat dit vir die Regering was, is gewis.

Dit word bevestig deur die feit dat op ’n Sentrale Ko- miteevergadering op 22 September 1981 in Johannesburg die voorsitter van ’n AB-afdeling gerapporteer het dat hy dieselfde dag deur ’n senior amptenaar van die UR by die AB-hoofkantoor meegedeel is dat die UR baie bekommerd is oor die groot uitvloei van HNP-lede uit die Broederbond. Hy het op die vergadering gerapporteer dat hy deur die se­nior amptenaar meegedeel is dat die UR op ’n heeltemal nu­we hantering van die saak besluit het en dat ’n studiestuk daaroor voorberei word. As ’n AB-lid by die HNP aansluit, sal die 1972-onderneming van disassosiasie met die HNP nie meer teen so ’n lid toegepas word nie. In ’n broederlike gesprek sal aan hom gevra word of hy nog bereid is om die Afrikanersaak te dien en as die antwoord positief is, sal sy lidmaatskap van die Broederbond nie in gedrag kom nie.

Die begeleidende AB-stuk van Januarie 1981, is getiteld “Die handhawing van partikuliere norme in ’n veelvolkige samelewing” en handel oor “die neiging van die Afrikaanse gemeenskap om sy norme op andere af te dwing.” Wat betref die “norme op die politieke terrein”, word dit gestel dat die belangrikste waardes wat die politieke lewe van Suid-Afrika sedert 1652 oorheers, die volgende insluit: die besef van andersoortigheid van verskillende kultuurgroepe; die beskawingsverskille tussen die verskillende bevolkingsgroepe, en die noodsaaklikheid om hierdie veelvuldigheid op een of ander wyse in die politieke en maatskaplike lewe te akkommodeer.

Dan word verklaar dat die “Nasionale regering” die oplossing vir hierdie probleem gesien het in ’n permanente en totale skeiding van die verskillende “rasse” (in aanhalingstekens). Die politieke sisteem van konsekwente apartheid, lui dit verder, het egter nie rekening gehou met veral twee belangrike sake nie:

(1) die feit dat die ekonomie van Suid- Afrika en deels ook van Suider-Afrika ineengestrengel is en dat die lede van verskillende bevolkingsgroepe weens die werking van ekonomiese kragte mekaar altyd in die werkplek sal ontmoet: en

(2) die feit dat elke mens en groep deur ’n hiërargie van behoeftes aangespoor word om na ’n steeds beter bedeling te streef. Deur hierdie strewe en die geleidelike verwesenliking daarvan word beskawingsverskille verklein, word die wedersydse aanvaarding deur mense van uiteenlopende groepe makliker en word die sosiale en ekonomiese mobiliteit verhoog met die gevolglike bevordering van die begeerte na vrye assosiasie tussen gelykes.

Die feit dat die woord ras in aanhalingstekens gebruik word, is veelseggend. Hier het ’n mens te doen met ’n herhaling van die liberalistiese konsep, wat in die afgelope dekade en meer in Suid-Afrika uitgeslaan het, dat ras as onderskeidingsfaktor moet verdwyn en dat beskawingspeil en ekonomiese status die enigste onderskeidingsfaktore moet word. Vroeër is reeds daarop gewys dat met die toelating van al hoe meer mense uit die sakewêreld tot die Broederbond, die AB se waardes verbuig is om by dié van die geldsoekers aan te pas. Hier word dit duidelik geillustreer.

Die stuk lui voorts dat die Afrikaner in sekere opsigte op politieke gebied nog nie geslaag het in sy poging om die omvattende apartheidskonsep “as ’n meganisme vir sinvolle maatskaplike en politieke ordening aan die ander bevolkingsgroepe in Suid-Afrika en aan die wêreld te verkoop nie”. Die rede, aldus die opstellers, is die gevolg van die feit dat dit met wetlike dwang en sonder die samewerking van die ander bevolkingsgroepe daarby betrokke, gedoen is.

Vervolgens slaan nog ’n faset van die huidige liberalistiese denke deur, naamlik dié van die “open society”. Suid-Afrika is, of moet ’n “ope gemeenskap” word en in so ’n “ope gemeenskap” moet die politieke verwagtinge van die Nieblankes “geakkommodeer” word. En die enigste manier om dit te doen, is om die bestaande Blanke politieke bestel te verander sodat die Nieblankes daarby ingetrek kan word.

Eers word dit soos volg in woorde ingeklee: “Op die poli­tieke terrein is dit belangrik om in gedagte te hou dat die modernisering van ’n samelewing op ekonomiese, maatskaplike, opvoedkundige, professionele en arbeidsterrein en die skepping van geleenthede vir persoonlike uitlewing op hierdie gebiede, ook meebring dat politieke strukture verstel moet word om by die hoër verwagtings van die bevolking aan te pas. Dit is juis die betekenisvolle van die afsonderlike ontwikkelingskonsep teenoor algehele integrasie dat dit ’n ope sisteem is. Hierdie openheid en onafgehandeldheid sal benut moet word om nuwe uitlaatkleppe vir die politieke ambisies van Suid-Afrika se ontwikkelende volkere te skep.”

Die geval van die Sjah van Iran word as voorbeeld aangehaal en die politieke wyshede van niemand minder as die Amerikaanse liberalis, Henry Kissinger, word gesiteer nie. “Die wyse heerser,” lui dit, “is hy wat begryp dat ekonomie­se ontwikkeling met hom saamdra die imperatief van die bou van nuwe politieke instellings om die groeiende kompleksiteit van sy gemeenskap te akkommodeer.”

Nog eens is dit duidelik hoe die waardes en norme van die geldmanne in die Broederbond oorheersend geword het en hoe die tradisionele waardes van die AB al hoe meer vervorm is om daarby aan te pas. Is dit dan nog verbasend dat Viljoen, die vorige AB-voorsitter, in Desember 1978 in ’n beeldradio- onderhoud verklaar dat hy die moontlikheid van een mens een stem as ’n politieke oplossing in die toekoms nie heeltemal uitsluit nie?

Die argumente wat teen die Ontugwet en die Wet op Gemengde Huwelike in die AB-stuk geopper word, is presies dieselfde as wat in die afgelope paar jaar uit die liberale kringe gehoor is: Wat as vernederend en diskriminerend beskou word, is die feit dat slegs ontug waarby Blank en Nieblank betrokke is en nie ook Nieblankes of Blankes onderling nie, by wetgewing strafbaar gemaak word, asof ontug tussen Nieblankes onderling nou werklik die liberaliste bekommer. Gemengde huwelike kan in Suid-Afrika hartseer gevolge meebring. Die probleem is dat so ’n huwelik êrens moet “woon” en dat die produkte van ’n gemengde huwelik in die reeds gekompliseerde Suid-Afrika ’n heenkome moet kry, word geskryf.

Maar dan laat die opstellers die aap uit die mou wanneer hulle sê: “Van die ernstigste kritiek wat op die twee stukke wetgewing ingebring kan word, is egter die feit dat dit ’n bepaalde groep teen verbastering wil beskerm. Dit is ’n doelwit wat nêrens elders met wetgewing nagestreef word nie en druis in teen alle norme van die geemansipeerde liberale beskawing.”

Dit is dus, volgens die UR-stuk, ’n sonde om deur wetgewende maatreëls ’n volk teen rasseverbastering te beskerm omdat die geemansipeerde liberale beskawing dit nie wil hê nie. Maar dan word gerieflik geswyg oor hoe hierdie “geëmansipeerde liberale beskawing” vandag lyk en wat die norme en waardes van hierdie beskawing is.

Hoe oppervlakkig die UR-stuk hierdie saak van soveel lewensbelang benader, blyk in die slotbevinding van die opstellers: “Hier moet klaarblyklik gekies word tussen die mindere van twee euwels: die verbastering wat die wetgewing wil voorkom, maar tot nog toe ook nie kon verhoed nie, en die kritiek wat die Regering en spesifiek die Afrikaner moet verduur. Dit skyn gerade te wees om wetgewing met ’n diskriminerende basis te verwyder en die swakkeres wat die beskerming van die wetgewing nodig het, langs ander weë te bearbei of te beheer. ”

Die onderwys – vervolg...

U soek na?

  • HOU VAKANSIE IN MOSSELBAAI !

    Baie netjiese vakansie-akkommodasie in Fraai Uitsig, Kleinbrakrivier, Mosselbaai Munisipaliteit. Twee kilometer vanaf Kleinbrak en Tergniet se swemstrande en ongeveer 10 kilometer vanaf Hartenbosch. Pick n Pay binne loopafstand.
    Kliek hier vir volledige inligting en foto's: OPSOEK NA BEHUISING VIR VAKANSIE?
     
    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________
     
    SKAARS BOEKE TE KOOP
    C J LANGENHOVEN 16 VOLUMES
    FAK-SANGBUNDEL 1 VOLUME
    Hierdie 16 volume Langenhoven-stel is 'n goedopgepaste kosbare versamelstuk. Dit beslaan die volledige inhoud van Langenhoven se bundels soos Sonde met die Bure; Loeloeraai; Herrie op die ou Tremspoor; Doppers en Filistyne; en al die kosbare stories uit die pen van Langenhoven.
    Die FAK-sangbundel is ook in goeie toestand en kan saam of apart van die Langenhovenstel gekoop word.
    Eienaar moet na 'n kleiner woonplek verhuis en vra 'n redelike aanbod vir sy boeke.
    Die aanbevole waardasieprys vir die Langenhovenstel is R1600.00; en vir die FAK R100.00
    Koerierkoste sal bykomend wees.
    Kontak

    Chris Carstens

    Sel no 082 954 3383

    Epos adres

    chris.carstens

    @vodamail.co.za

    ___________
    DIGBUNDELS:
      'n Versameling van 4 elektroniese bundels - 226 gedigte @R350.00:  
    Vir alle navrae  skryf aan 
    Amanda
    @waterstrome.co.za
    Uittreksel uit:
    'n Nasie in Pyn:
    ...Saam sal die hele wêreld vir hulle bid.
    Saam sal ons met pyn in ons harte sit.
    Mag hulle berus in u wil
    Mag hulle voor U verstil.
    _________
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het  in gedrukte vorm verskyn. 
    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
    DIE
    VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
    Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

     

    U kan hierdie boek bestel by
    ds AE van den Berg
    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com
    Prys: R50-00

     
  • BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    ('n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 'n Nuwe Trek (Exclusive Books) Prys: ZAR180

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is by http://tinyurl.com/lx9vrs8

    ... en loot.co.za dit verkoop teen R169 http://tinyurl.com/l26h6jl

    ... kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD


    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    JULIE 2013

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. 

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2 NOU BESKIKBAAR

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
    of skakel hom by
    074 967 5187


    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  • Kliek op DIE CHARISMATIESE GEVAAR om meer oor hierdie boek te wete te kom Lees verder...  
  • FILM OOR DR HF VERWOERD

    Kyk by hierdie skakel http://youtu.be/TcO3zPF8998

      na die kort film oor dr HF Verwoerd.   
    Dit kan ook direk bestel word by Riaan: +27823712682 of by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
     

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

 

'N BIETJIE LANGENHOVEN:

Ek sê nie al die suur mense is Fariseërs nie, maar naastenby al die Fariseërs is suur. In alle geval, solank hulle onthou om Fariseërs te wees. Want dis ook 'n inspanning.
Verbeel jou 'n wêreld sonder 'n skaterlag, sonder eens 'n glimlag. 'n Hemel op aarde, sal die Fariseër sê. Uit so 'n hemel sou ek wou wegloop hel toe.

Die man wat ek na soek, is nie dié wat die minste foute maak nie, maar dié wat die meeste foute régmaak.

Slaap laat solank as jy jou eie baas is en daar sal 'n tyd kom wanneer 'n 'n baas jou sal laat vroeg opstaan.

Ontydige vlyt is die merk van die luiaard. Dis sy verskoning vir ontydige rus.

Ons reken ons geluk vir ons loon en ons straf vir ons ongeluk.

Welvaart is die  dogter van matigheid en die moeder van weelde.

My swaarste pad trap ek self vir my plat, en die swaarste is die wat my voete nooit vat.

Daar is geen kuns by sukkel en geen sukkel by kuns.

Die boer wat nie saai nie sal nie misoeste kry nie, maar hy sal geen goeie ook kry nie.

Het die daeraad lief en die dag sal jóu liefhê.

'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie.

Dis die flukse perd wat flou word. Meer moeite as wat die vlytige het vir sy loon, het die luiaard verniet.

Op die ou end werk die vlytige man vir homself, die luiaard vir 'n ander.

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Kla net oor jou kooi as dit 'n ander is wat dit vir jou opgemaak het.

Hoe korter jy jou kuier maak, hoe gouer sal jy weer genooi word.

Om my naaste lief te hê is vir my 'n sware gebod. Met die mense daargunter kry ek dit nog op 'n manier reg.

Jy sê "ja" waar jy moes "nee" gesêhet omdat jy die ander nie wil aanstoot gee nie. Maar eken hoe het hy jou aanstoot gegee met sy versoek!

Aan 'n nuwe wa kan jy sien of dit 'n goeie skilder was; aan 'n oue of dit goeie wamaker was.

Trek liewer vir jou vriend jou broek uit as om vir hom vir 'n baadjie borg te staan. Anders loop julle naderhand albei nakend.

Die vriendskap wat jy moet koop is 'n duur artikel. Jy sal nie weer jou prys kry as jy dit van die hand wil sit nie.

Moenie vriendskap en besigheid meng nie – jy bederf albei.

'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie.

Maak jou vriendelikheid goedkoop en hou jou vriendskap duur.

Moenie jou vriend vergeet nie; dit sal hom seermaak. Maak jou vyand daarmee seer.

'n Skare is 'n versameling van eensames.

Stuur die luiaard na die miere, en as hy nie te lui is om te gaan nie sal hy te lui wees om weer terug te kom.

Dis net so moeilik om maklikheid in die ou wêreld te kry as wat dit maklik is om moeilikheid te kry.

Waardeer die werk van jou vrou. Jy kan nie op die aarde 'n ander kneg kry vir dieselfde diens en dieselfde prys nie.

Met spaarsaamheid sal jy uit die kleinste inkomste iets oorhou; met verkwistery sal die grootste vir jou te min wees.

Besorg jou eie boodskap en reken die moeite teen dit wat die misverstand jou sou gekos het.

Het die ryk man nodig om so suinig te wees? Maar hy is nie 'n ryk man wat suinig geword het nie; hy is 'n suinige man wat ryk geword het.

Help jou swakke mededinger op die bene bly.  As hy tot niet gaan, kom daar dalk 'n sterke in sy plek.

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES (7)

(Lees die reeks by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

  • Die adderbyt van naberou is verskriklik (Naberou is ontstellend.)
  • Hy het hom in 'n addergebroedesel begewe (Hy was tussen 'n groep nydige, aanvallende mense.)
  • Sy het hom adieu toegeroep (Sy het vaarwel gesê.)
  • 'n Adres van adhesie is 'n geskrif waarin instemming betuig word met 'n versoek.
  • Jy is nou by die verkeerde adres (Jy soek die oorsaak van die kwaad by die verkeerde persoon.)
  • Dit was advokatery (Dit was regskundige uitoorlêery.)
  • Hy sal die werk weer afbroddel. (Hy sal knoeiwerk of slordige werk verrig.)
  • Sy wil elke takie afbrom (Sy kla die hele tyd terwyl sy werk.)
  • Jy kan nou maar afdans (Jy kan nou maar skoert.)
  • Moet hom nie op sy verdienste afdwing nie (Moet hom nie verkleineer nie.)
  • Die ou werkie draf ek gou af (Ek sal dit sommer gou afhandel.)
  • Hulle wil die rusie afdrink (Hulle wil vrede maak.)
  • Sy het soms baie affêrinkies (Sy is dikwels vol nukke en nonsens.)
  • Hy sal wel weer geld van haar affutsel (Hy sal dit op 'n oneerlike manier van haar kry.)
  • Daar kan niks van afgaan nie (Dit kan nie ontken word nie.)
  • Hy sal 'n afgehekste loesing kry ('n deeglike pak slae.)
  • Sy is 'n afgelekte meisie (Sy het al baie kêrels gehad.)
  • Jy lyk so afgesak (Jy lyk baie moeg.)
  • Hy het afgetop gelyk (Hy het verleë gelyk.)
  • As jy iets van hom wil hê sal jy dit moet afgoël (Hy is so suinig!)
  • So 'n afhaler is onnodig ('n Onnodige belediging.)
  • As dit afhang moet ons dit maar opbind (Skertsend wanneer iemand gedurig begin met "Dit hang af..."
  • Na elke partytjie is hy babalaas ( dan ly hy aan die gevolge van te veel alkohol).
  • Daar was 'n Babelse gegons van stemme (Almal het gelyktydig gepraat).
  • Dit was 'n Babelse verwarring (Dit was baie deurmekaar).
  • Hy sal weer mooi broodjies kom bak (Hy sal kom vlei en mooipraat om sy doel te bereik),
  • Hulle eet nie uit een bak nie (Hulle is nie vriende nie).
  • Sy het hom 'n bak gewys (Sy het hom onvriendelik tereggewys).
  • Gou by die bak maar lui by die vak (Hy is eerste daar waar iets te ete is maar traag as hy moet werk).
  • Hy maak sy hande bak (Hy kom bedel iets).
  • Ons moes bak staan (Ons moes hard werk).
  • Dit was sommer 'n bakerpraatjie (Dit was 'n skinderstorie).
  • Jerusalem is die bakermat van die Christelike Kerk ( Dis waar dit begin het. 'n Bakermat was 'n mandjie waarin die baker – die vrou wat 'n pasgebore baba versorg het – die kindjie op haar skoot voor die vuur versorg het).

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3009 gaste aanlyn