Nuutste bydraes

GEDAGTES VIR ELKE DAG

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

As jy 'n gelofte aan God gedoen het, stel nie uit om dit te betaal nie, want daar is geen welgevalle in dwase nie. Betaal wat jy belowe – Prediker 5:3

DIE BROEDERBOND IN DIE AFRIKANER- POLITIEK (15)

B M Schoeman

(Lees reeks by AB in die Afrikanerpolitiek )

Met die skrywe van hierdie boek in 1982 was dit nie Beaumont Schoeman se bedoeling om verdere onthullings van die Broederbond se geheime te maak nie. Sy doel was om te illustreer watter rol die Broederbond in die Afrikanerpolitiek gespeel het. Schoeman slaag daarin om aan die hand van eie dokumentasie aan te toon dat die Broederbond, in stryd met sy eie grondwet en reglement, ‘n instrument in die hand van ‘n bepaalde politieke party was ten tye van dié publikasie. Wat Schoeman toe nog nie kon weet nie is hoe ver die grense van die Broederbond se verraderlikheid sou uitbrei tot hulle op aandrang van die internasionale geldmag Suid-Afrika aan ‘n korrupte swart regering oorgegee het. Vandag opereer en skuil die Broederbond onder die naam Afrikaner Bond (AB) en is selfs meer listig as tevore terwyl hulle steeds die toutjies agter die gordyn probeer trek.

Die ekonomie

Vroeër in hierdie werk is daarop gewys dat namate al hoe meer mense uit die sakelewe tot die Broederbond toegetree het, die waardes en norme van die AB stelselmatig verbuig is om by die waardes van die geldmense aan te pas. Hoe die klemtone geleidelik verskuif is en hoe die nuwe norme van die sakemanne in die Broederbond uiteindelik oorheersend geword het — ook op politieke gebied — kan die beste aan die hand van die AB se eie dokumente geillustreer word.

 

In die sestigerjare versprei die UR ’n dokument getiteld “Die taak van ekonomiese bewusmaking.” Daarin word on­der meer verklaar: “Terselfdertyd moet daar ’n steeds groeiende kern van Afrikaanse ekonomiese mag wees wat op die lang duur vir die voortbestaan van die Afrikanerdom onontbeerlik sal wees. Ander bevolkingsgroepe verkeer in ’n gunstige posisie om deur middel van hul ekonomiese mag, die Republiek in die toekoms te beheer ... Die enigste waarborg dat ons, waar nodig, op ekonomiese gebied bymekaar sal staan, is dat ons Afrikaans-kultuurbewus moet wees. Vir iemand wat dit nie is nie, is daar geen behoefte om trou te wees aan ons ekonomiese strewe nie.”

Hoewel nie so pertinent gestel nie, is die gedagte wat in hierdie omsendbrief aan AB-lede oorgedra word dat die ekonomiese strewe, hoe belangrik ook al, nooit oorheersend mag wees nie; dat daar ander en belangriker waardes bestaan as die ekonomiese, en dat die Afrikaanse sakeman in sy eie kultuur veranker moet wees.

Op die jaarvergadering van die Broederbond in 1970 word hierdie standpunt helderder en in meer praktiese terme verwoord in ’n referaat wat by daardie geleentheid gelewer is. Betekenisvol genoeg is hierdie referaat getitel “Arbeidsinte- grasie in Suid-Afrika.”

Teen die einde van die voorlesing wys die referent op die probleem dat vier miljoen Blankes die opgeleide werkers vir ’n ekonomie met ’n totale bevolking van een en twintig miljoen moet voorsien. “Ons kan egter nie,” word dan voortgegaan, “die hele basis van ons beleid van afsonderlike ontwikkeling daarvoor prysgee nie en enige aanpassing in ons Nieblanke beleid moet deeglik in die lig van die politieke en maatskaplike implikasies wat dit inhou, evalueer word. Ons moet bepaal of die ekonomiese voordele die politieke en maatskaplike nadele regverdig indien ons natuurlik tevrede is dat daar sulke nadele bestaan — waaroor ek geen twyfel het nie ... Maar as jy die wêreld wen en jou siel in die pro­ses verloor, en boonop dalk jou land moet prysgee, wat het jy gewen? Op die oomblik word ons politiek deur ekonomie­se faktore oorheers, asof ons brood en botter op die spel is. Moontlik is dit op die spel, maar vir heel ander redes wat ons dikwels geneig is om op die agtergrond te skuif. Dit is tyd dat ekonomiese aangeleenthede weer ’n ondergeskikte rol in ons politiek speel en nie die oorwegende faktor moet wees waar ons ons kruisie trek nie. Dan sal ons weer ’n gelukkige volk wees.”

In die AB-stuk word die Nieblanke arbeidsbeleid onder ’n paar basiese beginsels saamgevat: (a) Blankes moet nie onder Nieblankes se toesig werk nie; (b) Nieblankes moet nie Blan­kes bedien nie; (c) Hoewel die Blanke vakbonde by die sluit van nywerheidsooreenkomste ook loonbedinging ten behoewe van die Nieblanke werkers in die betrokke bedrywe kan voer, word amptelike Bantoevakbonde nie vir die doel erken nie; (d) Bantoes word nie toegelaat om as geskoolde werkers in die Blanke ekonomie te werk nie. Dit geld ook vir die grensgebiede. Hulle word egter toegelaat om meer gevorderde werk daar te doen.

Die referent stel dan ’n paar basiese waarhede wat egter vandag nie meer so geredelik erken word nie — ook nie in die kringe van die Broederbond nie. “Ons vyande,” sê hy, “beplan al jare om deur die ekonomie ons op politieke gebied onder te kry ... Ons kan die feit nie wegredeneer nie dat die Afrikaner wat die land regeer en die beleid van afsonderlike ontwikkeling voorstaan, nie die ekonomiese en indiensnemingsbesluite neem nie, en dat diegene wat die mag het om hierdie besluite te neem, nie ondersteuners is van die beleid van afsonderlike ontwikkeling nie ... Ons in Suid-Afrika het in die afgelope tyd groeibehep geword en in die proses ons eie mannekragkrisis geskep wat aanleiding gee tot die proses van arbeidsintegrasie waarvan ons daagliks die resultate sien. Waar gaan ons in die proses eindig? Ons politieke vyande sien in ons voorspoed, en dikwels kunsmatige voorspoed, hulle grootste bondgenote om die beleid van afsonderlike ontwik­keling te verongeluk.”

Wat van die voorskrifte van die AB-leiding van 1971 op die arbeidsterrein geword het, is vandag welbekend: al hoe meer gebeur dit dat Blankes onder Nieblankes moet werk. Vooraanstaande AB-lede in die handel en nywerheid en in die beroepslewe verklaar dat die Blanke gespeen moet word van die gedagte dat hy nie onder ’n Nieblanke mag werk nie. Nieblankes het Blankes feitlik op elke terrein verdring waar bediening ter sprake is, selfs in sekere staatskantore. Die geesdriftige aanvaarding van die Wiehahn-kommissie se verslag deur ’n gewese UR-lid, Fanie Botha, het die afskaffing van werkreservering op alle terreine tot gevolg gehad en ook die amptelike erkenning en registrasie van Swart vakbonde meegebring. Vandag word miljoene der miljoene rande bestee om Swartes as geskoolde werkers in die Blanke ekonomie op te lei.

In die sestigerjare stuur die UR ’n studiestuk aan sy afde­lings uit onder die titel “Die Afrikaner in die Mynbedryf.” In die dokument word ’n beroep op jong Afrikaners gedoen om tot die mynbedryf toe te tree.

Onder die subhoof “Die Blanke mynwerkers se vrees” word gesê dat vakbondleiers die vrees dat Swartes Blankes in die mynbedryf sal vervang, as verkiesingspropaganda ge­bruik. Maar in Suid-Afrika, verklaar die UR dan, is Blankes vir alle praktiese doeleindes die enigste groep met die intelligensie, ondervinding en vermoë om leierskap te aanvaar. “Deskundiges benadruk, “lui die dokument voorts, “dat hul­le geen moontlikheid sien dat Swartes in die volgende 50 tot 100 jaar as mynwerkers gebruik sal word nie, omdat hulle eenvoudig nie die basiese intelligensie het of in staat sal wees om dit te ontwikkel en die organisasievermoë het om, byvoorbeeld, ’n goudmyn te bestuur nie ... In die lig van hierdie wetenskaplike bevindings is daar geen gevaar dat Blanke myn­werkers deur Swartes vervang sal word nie, selfs al is dit beleid.

In 1981 het die Regering die finale verslag van die Wiehan-kommissie in verband met die nuwe arbeidsreëlings in die mynbedryf aanvaar. Die belangrikste aanbeveling wat goedgekeur is, is dat die Wet op Myne en Bedrywe, wat in die studiestuk van die AB van Januarie 1981 uitgesonder word as een van die “diskriminerende” wette, gewysig word sodat die woorde “geskeduleerde persone” vervang word met “bevoegde persone.” Die betekenis daarvan is dat onder die nuwe bedeling Swartes alle werkkategorieë by die Blankes sal kan oorneem, skietsertifikate sal kan bekom en tot die hoogste poste in die mynbedryf sal kan vorder.

In 1981 gee die Uitvoerende Raad weer bepaalde riglyne aan sy lede in verband met die ekonomie maar intussen het daar twee nuwe towerwoorde in die woordarsenaal van die AB-geldmense verskyn: die vrye ondernemerstelsel en die vrye markmeganisme. In ’n spesiale studiestuk gedateer No­vember 1980 word die werkinge van die vrye ondernemer­stelsel binne die raamwerk van Suid-Afrikaanse toestande geskets en dit val dadelik op dat sekere liberale politieke konsepte die onderbou van die nuwe ekonomiese benadering vorm.

“As uitgangspunt vir hierdie bespreking,” lui die dokument, ‘‘aanvaar ons dan die verklaarde strewe van die Rege­ring dat geen volkeregroep polities ondergeskik sal wees aan ’n ander nie ... Die Afrikaner of die Blanke sal nie ’n ander volkeregroep polities domineer of aan hom kan voorskryf nie ... Ons neem ook kennis dat afgesien van die uiteindelike politieke opset, die Suid-Afrikaanse ekonomie onherroeplik geintegreer is.”

Die politiek word dus onmiddellik gekoppel aan die eko­nomie in die nuwe benadering waarvoor die Broederbond die riglyne lê. En natuurlik is dit ’n soort politiek wat nie enige versperrings in die weg van die ekonomie plaas nie, met ander woorde die politiek word andermaal ondergeskik gestel aan die belange van die ekonomie en die groot kapitaal. Die Broe­derbond verwoord dan die nuwe benadering tot die ekonomie en die politiek soos volg:

“Die primêre beginsel van die vrye ondernemerstelsel is persoonlike vryheid. Dit vereis dat ’n ekonomiese stelsel die uitoefening van twee basiese regte moontlik moet maak. Hierdie regte lê op politieke en ekonomiese vlak. Op poli­tieke vlak vra elke mens die reg tot die grootste moontlike inspraak en seggenskap oor die bepaling van sy eie lotgevalle, vanaf die plaaslike gemeenskapsvlak tot by nasionale vlak.

Wat die ekonomiese terrein betref, word verklaar: “Op ekonomiese gebied vra elke lndividu die reg om die maksimale lewenstandaard te bereik waartoe sy Godgegewe talente en persoonlikheidseienskappe hom in staat stel. Dit impliseer dus vrye toegang, weer eens binne die perke van beskawing en orde, tot die geleentheid om vermoë te bekom en dit tot sy eie voordeel, volgens sy eie oordeel, aan te wend. Hierdie geleenthede het betrekking op toegang tot onderwys, oplei- ding, werkgeleenthede, inkomste, besteding, ondernemerskap.

“By uitstek sluit dit bewegingsvryheid, eiendomsbesit en woonplek in. Mislukking en swak prestasie behoort slegs gewyt te word aan die individu self en nie aan ’n politieke, eko­nomiese of maatskaplike struikelblok nie.”

Twee voorbeelde van beperkte vryheid wat die Broeder­bond in sy dokument dan uitsonder, is instromingsbeheer en groepsgebiede in soverre dit sakeregte betref.

Nader aan die Verenigde Volke se Deklarasie van Menseregte kan dit seker nie kom nie. Trouens, sekere frases is woordeliks uit daardie liberalistiese dokument oorgeneem.

Wat ten grondslag van die AB se nuwe ekonomiese benadering in teenstelling met vroeëre beskouinge lê, is die gedagte om dit vir die Swartes so maklik en aantreklik moontlik te maak om na die Blanke gebied te beweeg en hulle hier so vinnig moontlik te verstedelik en sogenaamd te verwester. Dit is ook waarom soveel klem gelê word op die toekenning van eiendomsreg, wetende dat dit die eerste stap is tot die toekenning van politieke regte.

Die afgelope paar jaar het oorvloedige bewyse gelewer hoe die groot geldmag, deur sy ekonomiese invloed, ook sy greep op die Suid-Afrikaanse politiek verstewig het. By die verteenwoordigers van die groot geldmag is twee oorweginge oorheersend: om vinnig ryker te word en om ’n politieke bestel te vestig wat uitvoering aan hulle liberale teorieë sal gee waardeur hulle kanse op groter rykdom verder verhoog sal word.

In die Broederbond, en vanuit die Broederbond na die huidige Regering, vind ons vandag die ou liberale dogma van die “have’s” en die “have-nots” oorheersend. Van die “ha­ves” moet geneem word om vir die “have-nots” te gee. Die filosofie van Rupert het al meer deurslaggewend geword in die denke van die AB-leiers: “As hulle (die Swartes) nie eet nie, kan ons nie slaap nie.” Hiervandaan loop die liberale filosofie tot by die politiek en die sosiale lewe en is die eis dat ras en velkleur nie meer ’n onderskeidingsfaktor mag wees nie, maar slegs lewenstandaard en ekonomiese status.

Die gevolg van so ’n gelykmaking moet natuurlik wees dat sosiaal en andersins die Nieblanke baie gou dieselfde soort standaarde as die Blanke moet hê om daardeur die opsigtelike verskil al kleiner te maak, sosiale vermenging al meer te bevorder en daarvandaan die bloedvermenging al vinniger te laat loop. Die geldmense van die wêreld weet dat die nasionalisme die sterkste faktor in die politiek bly teen hulle oogmerke. Dit het in die geskiedenis van Suid-Afrika ook telkens geblyk dat die stryd van die Nasionale Party en, voor die Nasionale Party, die stryd van pres. Paul Kruger, hoofsaaklik teen die geldmense was. As die nasionalisme se krag verswak moet word, word dit die oogmerk van hierdie geldmense om die moontlikheid van ’n sterk begeesterde na­sionalisme te frustreer. As hulle daarin kan slaag om rasseverbastering grootskaals te laat plaasvind, kan binne enkele geslagte ’n toestand ontstaan waar die rasseverbastering sodanig is dat dit feitlik onmoontlik vir die nasionalisme sal wees om vanuit die Blankes te herleef. Hierdeur sal dit vir hulle uiteraard makliker wees om ’n greep op die massas te kry en te behou, hulle politieke oogmerke te bevorder en, ewe belangrik, nog ryker te word.

In hierdie nuwe ekonomies-politieke bedeling het die strewes van die Reddingsdaadbond totaal verlore gegaan en in die Broederbond word vandag geswyg oor daardie vroeëre ideale. Vandag is dit die Broederbond wat in Afrikanergeledere die inisiatief neem om die versperrings en struikelblokke in die weg van die bereiking van hierdie nuwe bedeling uit te wys: die “status quo” is onverdedigbaar en “diskriminerende wette” soos die Ontugweg, die Wet op Gemengde Huwelike, die Groepsgebiedewet, die Bevolkingsregistrasiewet, die Wet op Instromingsbeheer, ensovoorts, moet of verander word of heeltemal verdwyn. Dit is ook die eise wat die Oppenheimers, die Hersovs, die Rellys en ander verteenwoordigers van die groot geldmag in Suid-Afrika stel wanneer hulle hulle steun aan konstellasies en twaalfpuntplanne toesê wat weer geesdriftig deur die Broederbond gepropageer word.

Die nuwe grondwet – vervolg...

U soek na?

  • HOU VAKANSIE IN MOSSELBAAI !

    Baie netjiese vakansie-akkommodasie in Fraai Uitsig, Kleinbrakrivier, Mosselbaai Munisipaliteit. Twee kilometer vanaf Kleinbrak en Tergniet se swemstrande en ongeveer 10 kilometer vanaf Hartenbosch. Pick n Pay binne loopafstand.
    Kliek hier vir volledige inligting en foto's: OPSOEK NA BEHUISING VIR VAKANSIE?
     
    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________
     
    SKAARS BOEKE TE KOOP
    C J LANGENHOVEN 16 VOLUMES
    FAK-SANGBUNDEL 1 VOLUME
    Hierdie 16 volume Langenhoven-stel is 'n goedopgepaste kosbare versamelstuk. Dit beslaan die volledige inhoud van Langenhoven se bundels soos Sonde met die Bure; Loeloeraai; Herrie op die ou Tremspoor; Doppers en Filistyne; en al die kosbare stories uit die pen van Langenhoven.
    Die FAK-sangbundel is ook in goeie toestand en kan saam of apart van die Langenhovenstel gekoop word.
    Eienaar moet na 'n kleiner woonplek verhuis en vra 'n redelike aanbod vir sy boeke.
    Die aanbevole waardasieprys vir die Langenhovenstel is R1600.00; en vir die FAK R100.00
    Koerierkoste sal bykomend wees.
    Kontak

    Chris Carstens

    Sel no 082 954 3383

    Epos adres

    chris.carstens

    @vodamail.co.za

    ___________
    DIGBUNDELS:
      'n Versameling van 4 elektroniese bundels - 226 gedigte @R350.00:  
    Vir alle navrae  skryf aan 
    Amanda
    @waterstrome.co.za
    Uittreksel uit:
    'n Nasie in Pyn:
    ...Saam sal die hele wêreld vir hulle bid.
    Saam sal ons met pyn in ons harte sit.
    Mag hulle berus in u wil
    Mag hulle voor U verstil.
    _________
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het  in gedrukte vorm verskyn. 
    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
    DIE
    VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
    Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

     

    U kan hierdie boek bestel by
    ds AE van den Berg
    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com
    Prys: R50-00

     
  • BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    ('n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 'n Nuwe Trek (Exclusive Books) Prys: ZAR180

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is by http://tinyurl.com/lx9vrs8

    ... en loot.co.za dit verkoop teen R169 http://tinyurl.com/l26h6jl

    ... kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD


    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    JULIE 2013

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. 

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2 NOU BESKIKBAAR

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
    of skakel hom by
    074 967 5187


    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  • Kliek op DIE CHARISMATIESE GEVAAR om meer oor hierdie boek te wete te kom Lees verder...  
  • FILM OOR DR HF VERWOERD

    Kyk by hierdie skakel http://youtu.be/TcO3zPF8998

      na die kort film oor dr HF Verwoerd.   
    Dit kan ook direk bestel word by Riaan: +27823712682 of by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
     

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

 

'N BIETJIE LANGENHOVEN:

Ek sê nie al die suur mense is Fariseërs nie, maar naastenby al die Fariseërs is suur. In alle geval, solank hulle onthou om Fariseërs te wees. Want dis ook 'n inspanning.
Verbeel jou 'n wêreld sonder 'n skaterlag, sonder eens 'n glimlag. 'n Hemel op aarde, sal die Fariseër sê. Uit so 'n hemel sou ek wou wegloop hel toe.

Die man wat ek na soek, is nie dié wat die minste foute maak nie, maar dié wat die meeste foute régmaak.

Slaap laat solank as jy jou eie baas is en daar sal 'n tyd kom wanneer 'n 'n baas jou sal laat vroeg opstaan.

Ontydige vlyt is die merk van die luiaard. Dis sy verskoning vir ontydige rus.

Ons reken ons geluk vir ons loon en ons straf vir ons ongeluk.

Welvaart is die  dogter van matigheid en die moeder van weelde.

My swaarste pad trap ek self vir my plat, en die swaarste is die wat my voete nooit vat.

Daar is geen kuns by sukkel en geen sukkel by kuns.

Die boer wat nie saai nie sal nie misoeste kry nie, maar hy sal geen goeie ook kry nie.

Het die daeraad lief en die dag sal jóu liefhê.

'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie.

Dis die flukse perd wat flou word. Meer moeite as wat die vlytige het vir sy loon, het die luiaard verniet.

Op die ou end werk die vlytige man vir homself, die luiaard vir 'n ander.

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Kla net oor jou kooi as dit 'n ander is wat dit vir jou opgemaak het.

Hoe korter jy jou kuier maak, hoe gouer sal jy weer genooi word.

Om my naaste lief te hê is vir my 'n sware gebod. Met die mense daargunter kry ek dit nog op 'n manier reg.

Jy sê "ja" waar jy moes "nee" gesêhet omdat jy die ander nie wil aanstoot gee nie. Maar eken hoe het hy jou aanstoot gegee met sy versoek!

Aan 'n nuwe wa kan jy sien of dit 'n goeie skilder was; aan 'n oue of dit goeie wamaker was.

Trek liewer vir jou vriend jou broek uit as om vir hom vir 'n baadjie borg te staan. Anders loop julle naderhand albei nakend.

Die vriendskap wat jy moet koop is 'n duur artikel. Jy sal nie weer jou prys kry as jy dit van die hand wil sit nie.

Moenie vriendskap en besigheid meng nie – jy bederf albei.

'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie.

Maak jou vriendelikheid goedkoop en hou jou vriendskap duur.

Moenie jou vriend vergeet nie; dit sal hom seermaak. Maak jou vyand daarmee seer.

'n Skare is 'n versameling van eensames.

Stuur die luiaard na die miere, en as hy nie te lui is om te gaan nie sal hy te lui wees om weer terug te kom.

Dis net so moeilik om maklikheid in die ou wêreld te kry as wat dit maklik is om moeilikheid te kry.

Waardeer die werk van jou vrou. Jy kan nie op die aarde 'n ander kneg kry vir dieselfde diens en dieselfde prys nie.

Met spaarsaamheid sal jy uit die kleinste inkomste iets oorhou; met verkwistery sal die grootste vir jou te min wees.

Besorg jou eie boodskap en reken die moeite teen dit wat die misverstand jou sou gekos het.

Het die ryk man nodig om so suinig te wees? Maar hy is nie 'n ryk man wat suinig geword het nie; hy is 'n suinige man wat ryk geword het.

Help jou swakke mededinger op die bene bly.  As hy tot niet gaan, kom daar dalk 'n sterke in sy plek.

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES (7)

(Lees die reeks by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

  • Die adderbyt van naberou is verskriklik (Naberou is ontstellend.)
  • Hy het hom in 'n addergebroedesel begewe (Hy was tussen 'n groep nydige, aanvallende mense.)
  • Sy het hom adieu toegeroep (Sy het vaarwel gesê.)
  • 'n Adres van adhesie is 'n geskrif waarin instemming betuig word met 'n versoek.
  • Jy is nou by die verkeerde adres (Jy soek die oorsaak van die kwaad by die verkeerde persoon.)
  • Dit was advokatery (Dit was regskundige uitoorlêery.)
  • Hy sal die werk weer afbroddel. (Hy sal knoeiwerk of slordige werk verrig.)
  • Sy wil elke takie afbrom (Sy kla die hele tyd terwyl sy werk.)
  • Jy kan nou maar afdans (Jy kan nou maar skoert.)
  • Moet hom nie op sy verdienste afdwing nie (Moet hom nie verkleineer nie.)
  • Die ou werkie draf ek gou af (Ek sal dit sommer gou afhandel.)
  • Hulle wil die rusie afdrink (Hulle wil vrede maak.)
  • Sy het soms baie affêrinkies (Sy is dikwels vol nukke en nonsens.)
  • Hy sal wel weer geld van haar affutsel (Hy sal dit op 'n oneerlike manier van haar kry.)
  • Daar kan niks van afgaan nie (Dit kan nie ontken word nie.)
  • Hy sal 'n afgehekste loesing kry ('n deeglike pak slae.)
  • Sy is 'n afgelekte meisie (Sy het al baie kêrels gehad.)
  • Jy lyk so afgesak (Jy lyk baie moeg.)
  • Hy het afgetop gelyk (Hy het verleë gelyk.)
  • As jy iets van hom wil hê sal jy dit moet afgoël (Hy is so suinig!)
  • So 'n afhaler is onnodig ('n Onnodige belediging.)
  • As dit afhang moet ons dit maar opbind (Skertsend wanneer iemand gedurig begin met "Dit hang af..."
  • Na elke partytjie is hy babalaas ( dan ly hy aan die gevolge van te veel alkohol).
  • Daar was 'n Babelse gegons van stemme (Almal het gelyktydig gepraat).
  • Dit was 'n Babelse verwarring (Dit was baie deurmekaar).
  • Hy sal weer mooi broodjies kom bak (Hy sal kom vlei en mooipraat om sy doel te bereik),
  • Hulle eet nie uit een bak nie (Hulle is nie vriende nie).
  • Sy het hom 'n bak gewys (Sy het hom onvriendelik tereggewys).
  • Gou by die bak maar lui by die vak (Hy is eerste daar waar iets te ete is maar traag as hy moet werk).
  • Hy maak sy hande bak (Hy kom bedel iets).
  • Ons moes bak staan (Ons moes hard werk).
  • Dit was sommer 'n bakerpraatjie (Dit was 'n skinderstorie).
  • Jerusalem is die bakermat van die Christelike Kerk ( Dis waar dit begin het. 'n Bakermat was 'n mandjie waarin die baker – die vrou wat 'n pasgebore baba versorg het – die kindjie op haar skoot voor die vuur versorg het).

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1432 gaste aanlyn