Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Optimisme is om te glo in wat mense dalk kan uitrig; hoop is om te vertrou op wat God reeds vermag het, en wéér kan. Hoop is die heel laaste ding waarmee alle mense uiteindelik oorbly.
DIE BROEDERBOND IN DIE AFRIKANER- POLITIEK (15)
B M Schoeman
(Lees reeks by AB in die Afrikanerpolitiek )
Met die skrywe van hierdie boek in 1982 was dit nie Beaumont Schoeman se bedoeling om verdere onthullings van die Broederbond se geheime te maak nie. Sy doel was om te illustreer watter rol die Broederbond in die Afrikanerpolitiek gespeel het. Schoeman slaag daarin om aan die hand van eie dokumentasie aan te toon dat die Broederbond, in stryd met sy eie grondwet en reglement, ‘n instrument in die hand van ‘n bepaalde politieke party was ten tye van dié publikasie. Wat Schoeman toe nog nie kon weet nie is hoe ver die grense van die Broederbond se verraderlikheid sou uitbrei tot hulle op aandrang van die internasionale geldmag Suid-Afrika aan ‘n korrupte swart regering oorgegee het. Vandag opereer en skuil die Broederbond onder die naam Afrikaner Bond (AB) en is selfs meer listig as tevore terwyl hulle steeds die toutjies agter die gordyn probeer trek.
Die ekonomie
Vroeër in hierdie werk is daarop gewys dat namate al hoe meer mense uit die sakelewe tot die Broederbond toegetree het, die waardes en norme van die AB stelselmatig verbuig is om by die waardes van die geldmense aan te pas. Hoe die klemtone geleidelik verskuif is en hoe die nuwe norme van die sakemanne in die Broederbond uiteindelik oorheersend geword het — ook op politieke gebied — kan die beste aan die hand van die AB se eie dokumente geillustreer word.
In die sestigerjare versprei die UR ’n dokument getiteld “Die taak van ekonomiese bewusmaking.” Daarin word onder meer verklaar: “Terselfdertyd moet daar ’n steeds groeiende kern van Afrikaanse ekonomiese mag wees wat op die lang duur vir die voortbestaan van die Afrikanerdom onontbeerlik sal wees. Ander bevolkingsgroepe verkeer in ’n gunstige posisie om deur middel van hul ekonomiese mag, die Republiek in die toekoms te beheer ... Die enigste waarborg dat ons, waar nodig, op ekonomiese gebied bymekaar sal staan, is dat ons Afrikaans-kultuurbewus moet wees. Vir iemand wat dit nie is nie, is daar geen behoefte om trou te wees aan ons ekonomiese strewe nie.”
Hoewel nie so pertinent gestel nie, is die gedagte wat in hierdie omsendbrief aan AB-lede oorgedra word dat die ekonomiese strewe, hoe belangrik ook al, nooit oorheersend mag wees nie; dat daar ander en belangriker waardes bestaan as die ekonomiese, en dat die Afrikaanse sakeman in sy eie kultuur veranker moet wees.
Op die jaarvergadering van die Broederbond in 1970 word hierdie standpunt helderder en in meer praktiese terme verwoord in ’n referaat wat by daardie geleentheid gelewer is. Betekenisvol genoeg is hierdie referaat getitel “Arbeidsinte- grasie in Suid-Afrika.”
Teen die einde van die voorlesing wys die referent op die probleem dat vier miljoen Blankes die opgeleide werkers vir ’n ekonomie met ’n totale bevolking van een en twintig miljoen moet voorsien. “Ons kan egter nie,” word dan voortgegaan, “die hele basis van ons beleid van afsonderlike ontwikkeling daarvoor prysgee nie en enige aanpassing in ons Nieblanke beleid moet deeglik in die lig van die politieke en maatskaplike implikasies wat dit inhou, evalueer word. Ons moet bepaal of die ekonomiese voordele die politieke en maatskaplike nadele regverdig indien ons natuurlik tevrede is dat daar sulke nadele bestaan — waaroor ek geen twyfel het nie ... Maar as jy die wêreld wen en jou siel in die proses verloor, en boonop dalk jou land moet prysgee, wat het jy gewen? Op die oomblik word ons politiek deur ekonomiese faktore oorheers, asof ons brood en botter op die spel is. Moontlik is dit op die spel, maar vir heel ander redes wat ons dikwels geneig is om op die agtergrond te skuif. Dit is tyd dat ekonomiese aangeleenthede weer ’n ondergeskikte rol in ons politiek speel en nie die oorwegende faktor moet wees waar ons ons kruisie trek nie. Dan sal ons weer ’n gelukkige volk wees.”
In die AB-stuk word die Nieblanke arbeidsbeleid onder ’n paar basiese beginsels saamgevat: (a) Blankes moet nie onder Nieblankes se toesig werk nie; (b) Nieblankes moet nie Blankes bedien nie; (c) Hoewel die Blanke vakbonde by die sluit van nywerheidsooreenkomste ook loonbedinging ten behoewe van die Nieblanke werkers in die betrokke bedrywe kan voer, word amptelike Bantoevakbonde nie vir die doel erken nie; (d) Bantoes word nie toegelaat om as geskoolde werkers in die Blanke ekonomie te werk nie. Dit geld ook vir die grensgebiede. Hulle word egter toegelaat om meer gevorderde werk daar te doen.
Die referent stel dan ’n paar basiese waarhede wat egter vandag nie meer so geredelik erken word nie — ook nie in die kringe van die Broederbond nie. “Ons vyande,” sê hy, “beplan al jare om deur die ekonomie ons op politieke gebied onder te kry ... Ons kan die feit nie wegredeneer nie dat die Afrikaner wat die land regeer en die beleid van afsonderlike ontwikkeling voorstaan, nie die ekonomiese en indiensnemingsbesluite neem nie, en dat diegene wat die mag het om hierdie besluite te neem, nie ondersteuners is van die beleid van afsonderlike ontwikkeling nie ... Ons in Suid-Afrika het in die afgelope tyd groeibehep geword en in die proses ons eie mannekragkrisis geskep wat aanleiding gee tot die proses van arbeidsintegrasie waarvan ons daagliks die resultate sien. Waar gaan ons in die proses eindig? Ons politieke vyande sien in ons voorspoed, en dikwels kunsmatige voorspoed, hulle grootste bondgenote om die beleid van afsonderlike ontwikkeling te verongeluk.”
Wat van die voorskrifte van die AB-leiding van 1971 op die arbeidsterrein geword het, is vandag welbekend: al hoe meer gebeur dit dat Blankes onder Nieblankes moet werk. Vooraanstaande AB-lede in die handel en nywerheid en in die beroepslewe verklaar dat die Blanke gespeen moet word van die gedagte dat hy nie onder ’n Nieblanke mag werk nie. Nieblankes het Blankes feitlik op elke terrein verdring waar bediening ter sprake is, selfs in sekere staatskantore. Die geesdriftige aanvaarding van die Wiehahn-kommissie se verslag deur ’n gewese UR-lid, Fanie Botha, het die afskaffing van werkreservering op alle terreine tot gevolg gehad en ook die amptelike erkenning en registrasie van Swart vakbonde meegebring. Vandag word miljoene der miljoene rande bestee om Swartes as geskoolde werkers in die Blanke ekonomie op te lei.
In die sestigerjare stuur die UR ’n studiestuk aan sy afdelings uit onder die titel “Die Afrikaner in die Mynbedryf.” In die dokument word ’n beroep op jong Afrikaners gedoen om tot die mynbedryf toe te tree.
Onder die subhoof “Die Blanke mynwerkers se vrees” word gesê dat vakbondleiers die vrees dat Swartes Blankes in die mynbedryf sal vervang, as verkiesingspropaganda gebruik. Maar in Suid-Afrika, verklaar die UR dan, is Blankes vir alle praktiese doeleindes die enigste groep met die intelligensie, ondervinding en vermoë om leierskap te aanvaar. “Deskundiges benadruk, “lui die dokument voorts, “dat hulle geen moontlikheid sien dat Swartes in die volgende 50 tot 100 jaar as mynwerkers gebruik sal word nie, omdat hulle eenvoudig nie die basiese intelligensie het of in staat sal wees om dit te ontwikkel en die organisasievermoë het om, byvoorbeeld, ’n goudmyn te bestuur nie ... In die lig van hierdie wetenskaplike bevindings is daar geen gevaar dat Blanke mynwerkers deur Swartes vervang sal word nie, selfs al is dit beleid.
In 1981 het die Regering die finale verslag van die Wiehan-kommissie in verband met die nuwe arbeidsreëlings in die mynbedryf aanvaar. Die belangrikste aanbeveling wat goedgekeur is, is dat die Wet op Myne en Bedrywe, wat in die studiestuk van die AB van Januarie 1981 uitgesonder word as een van die “diskriminerende” wette, gewysig word sodat die woorde “geskeduleerde persone” vervang word met “bevoegde persone.” Die betekenis daarvan is dat onder die nuwe bedeling Swartes alle werkkategorieë by die Blankes sal kan oorneem, skietsertifikate sal kan bekom en tot die hoogste poste in die mynbedryf sal kan vorder.
In 1981 gee die Uitvoerende Raad weer bepaalde riglyne aan sy lede in verband met die ekonomie maar intussen het daar twee nuwe towerwoorde in die woordarsenaal van die AB-geldmense verskyn: die vrye ondernemerstelsel en die vrye markmeganisme. In ’n spesiale studiestuk gedateer November 1980 word die werkinge van die vrye ondernemerstelsel binne die raamwerk van Suid-Afrikaanse toestande geskets en dit val dadelik op dat sekere liberale politieke konsepte die onderbou van die nuwe ekonomiese benadering vorm.
“As uitgangspunt vir hierdie bespreking,” lui die dokument, ‘‘aanvaar ons dan die verklaarde strewe van die Regering dat geen volkeregroep polities ondergeskik sal wees aan ’n ander nie ... Die Afrikaner of die Blanke sal nie ’n ander volkeregroep polities domineer of aan hom kan voorskryf nie ... Ons neem ook kennis dat afgesien van die uiteindelike politieke opset, die Suid-Afrikaanse ekonomie onherroeplik geintegreer is.”
Die politiek word dus onmiddellik gekoppel aan die ekonomie in die nuwe benadering waarvoor die Broederbond die riglyne lê. En natuurlik is dit ’n soort politiek wat nie enige versperrings in die weg van die ekonomie plaas nie, met ander woorde die politiek word andermaal ondergeskik gestel aan die belange van die ekonomie en die groot kapitaal. Die Broederbond verwoord dan die nuwe benadering tot die ekonomie en die politiek soos volg:
“Die primêre beginsel van die vrye ondernemerstelsel is persoonlike vryheid. Dit vereis dat ’n ekonomiese stelsel die uitoefening van twee basiese regte moontlik moet maak. Hierdie regte lê op politieke en ekonomiese vlak. Op politieke vlak vra elke mens die reg tot die grootste moontlike inspraak en seggenskap oor die bepaling van sy eie lotgevalle, vanaf die plaaslike gemeenskapsvlak tot by nasionale vlak.
Wat die ekonomiese terrein betref, word verklaar: “Op ekonomiese gebied vra elke lndividu die reg om die maksimale lewenstandaard te bereik waartoe sy Godgegewe talente en persoonlikheidseienskappe hom in staat stel. Dit impliseer dus vrye toegang, weer eens binne die perke van beskawing en orde, tot die geleentheid om vermoë te bekom en dit tot sy eie voordeel, volgens sy eie oordeel, aan te wend. Hierdie geleenthede het betrekking op toegang tot onderwys, oplei- ding, werkgeleenthede, inkomste, besteding, ondernemerskap.
“By uitstek sluit dit bewegingsvryheid, eiendomsbesit en woonplek in. Mislukking en swak prestasie behoort slegs gewyt te word aan die individu self en nie aan ’n politieke, ekonomiese of maatskaplike struikelblok nie.”
Twee voorbeelde van beperkte vryheid wat die Broederbond in sy dokument dan uitsonder, is instromingsbeheer en groepsgebiede in soverre dit sakeregte betref.
Nader aan die Verenigde Volke se Deklarasie van Menseregte kan dit seker nie kom nie. Trouens, sekere frases is woordeliks uit daardie liberalistiese dokument oorgeneem.
Wat ten grondslag van die AB se nuwe ekonomiese benadering in teenstelling met vroeëre beskouinge lê, is die gedagte om dit vir die Swartes so maklik en aantreklik moontlik te maak om na die Blanke gebied te beweeg en hulle hier so vinnig moontlik te verstedelik en sogenaamd te verwester. Dit is ook waarom soveel klem gelê word op die toekenning van eiendomsreg, wetende dat dit die eerste stap is tot die toekenning van politieke regte.
Die afgelope paar jaar het oorvloedige bewyse gelewer hoe die groot geldmag, deur sy ekonomiese invloed, ook sy greep op die Suid-Afrikaanse politiek verstewig het. By die verteenwoordigers van die groot geldmag is twee oorweginge oorheersend: om vinnig ryker te word en om ’n politieke bestel te vestig wat uitvoering aan hulle liberale teorieë sal gee waardeur hulle kanse op groter rykdom verder verhoog sal word.
In die Broederbond, en vanuit die Broederbond na die huidige Regering, vind ons vandag die ou liberale dogma van die “have’s” en die “have-nots” oorheersend. Van die “haves” moet geneem word om vir die “have-nots” te gee. Die filosofie van Rupert het al meer deurslaggewend geword in die denke van die AB-leiers: “As hulle (die Swartes) nie eet nie, kan ons nie slaap nie.” Hiervandaan loop die liberale filosofie tot by die politiek en die sosiale lewe en is die eis dat ras en velkleur nie meer ’n onderskeidingsfaktor mag wees nie, maar slegs lewenstandaard en ekonomiese status.
Die gevolg van so ’n gelykmaking moet natuurlik wees dat sosiaal en andersins die Nieblanke baie gou dieselfde soort standaarde as die Blanke moet hê om daardeur die opsigtelike verskil al kleiner te maak, sosiale vermenging al meer te bevorder en daarvandaan die bloedvermenging al vinniger te laat loop. Die geldmense van die wêreld weet dat die nasionalisme die sterkste faktor in die politiek bly teen hulle oogmerke. Dit het in die geskiedenis van Suid-Afrika ook telkens geblyk dat die stryd van die Nasionale Party en, voor die Nasionale Party, die stryd van pres. Paul Kruger, hoofsaaklik teen die geldmense was. As die nasionalisme se krag verswak moet word, word dit die oogmerk van hierdie geldmense om die moontlikheid van ’n sterk begeesterde nasionalisme te frustreer. As hulle daarin kan slaag om rasseverbastering grootskaals te laat plaasvind, kan binne enkele geslagte ’n toestand ontstaan waar die rasseverbastering sodanig is dat dit feitlik onmoontlik vir die nasionalisme sal wees om vanuit die Blankes te herleef. Hierdeur sal dit vir hulle uiteraard makliker wees om ’n greep op die massas te kry en te behou, hulle politieke oogmerke te bevorder en, ewe belangrik, nog ryker te word.
In hierdie nuwe ekonomies-politieke bedeling het die strewes van die Reddingsdaadbond totaal verlore gegaan en in die Broederbond word vandag geswyg oor daardie vroeëre ideale. Vandag is dit die Broederbond wat in Afrikanergeledere die inisiatief neem om die versperrings en struikelblokke in die weg van die bereiking van hierdie nuwe bedeling uit te wys: die “status quo” is onverdedigbaar en “diskriminerende wette” soos die Ontugweg, die Wet op Gemengde Huwelike, die Groepsgebiedewet, die Bevolkingsregistrasiewet, die Wet op Instromingsbeheer, ensovoorts, moet of verander word of heeltemal verdwyn. Dit is ook die eise wat die Oppenheimers, die Hersovs, die Rellys en ander verteenwoordigers van die groot geldmag in Suid-Afrika stel wanneer hulle hulle steun aan konstellasies en twaalfpuntplanne toesê wat weer geesdriftig deur die Broederbond gepropageer word.
Die nuwe grondwet – vervolg...