Nuutste bydraes

GEDAGTES VIR ELKE DAG

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ek gaan maar net een maal deur die lewe;
Enige goeie daad wat ek kan verrig of enige welwillendheid wat ek aan my naaste kan betoon, laat ek dit nou doen.
Laat ek dit nie uitstel nie want ek sal nie weer hierlangs verbygaan nie

DIE BROEDERBOND IN DIE AFRIKANER- POLITIEK (16)

B M Schoeman

(Lees reeks by AB in die Afrikanerpolitiek )

Met die skrywe van hierdie boek in 1982 was dit nie Beaumont Schoeman se bedoeling om verdere onthullings van die Broederbond se geheime te maak nie. Sy doel was om te illustreer watter rol die Broederbond in die Afrikanerpolitiek gespeel het. Schoeman slaag daarin om aan die hand van eie dokumentasie aan te toon dat die Broederbond, in stryd met sy eie grondwet en reglement, ‘n instrument in die hand van ‘n bepaalde politieke party was ten tye van dié publikasie. Wat Schoeman toe nog nie kon weet nie is hoe ver die grense van die Broederbond se verraderlikheid sou uitbrei tot hulle op aandrang van die internasionale geldmag Suid-Afrika aan ‘n korrupte swart regering oorgegee het. Vandag opereer en skuil die Broederbond onder die naam Afrikaner Bond (AB) en is selfs meer listig as tevore terwyl hulle steeds die toutjies agter die gordyn probeer trek.

Die nuwe grondwet

Op die jaarvergadering van die Broederbond op 1 Oktober 1971 het die AB die Nasionale Party se beleid met betrekking tot die Kleurlinge onderskryf. Dit is daarna in ’n omsendbrief gesirkuleer en onder die volgende hoofpunte saamgevat:

  1. Dat die Kleurlinge ’n nasie-in-wording is, mense in hulle eie reg en nie ’n aanhangsel van die Blankes nie;
  2. dat Kleurlinge en Blankes nie inmekaar gevleg moet word nie en nie nader aan mekaar ontwikkel nie, maar elkeen op sy eie baan, langs mekaar, staande op eie bene in sy eie reg;
  3. dat as beginselstandpunt aanvaar word dat Kleurlinge nie deur Kleurlinge verteenwoordig word in liggame waar verteenwoordiging bestaan het nie, naamlik in die Parlement en die Provinsiale Raad van Kaapland;
  4. dat Kleurlinge op plaaslike bestuursvlak in hulle eie ge­bied hulle eie stemreg sal kry en dat Blankes in die toekoms volgens die parlementêre kieserslys alleen stemreg sal beoefen in Blanke plaaslike owerhede;
  5. dat dit ’n beginselstandpunt van die Nasionale Party is dat regstreekse verteenwoordiging van Kleurlinge deur Kleurlinge in Blanke politieke instellings ’n vorm van politieke integrasie is;
  6. dat verteenwoordiging van Kleurlinge deur Kleurlinge in die Parlement nie nou of in die toekoms toegepas moet word nie;
  7. dat die Nasionale Party enige beleid wat, op welke basis ook al, tot integrasie tussen Blankes en Kleurlinge mag lei, verwerp;

Tien jaar nadat hierdie duidelike standpuntstelling deur die AB-leiding op die jaarvergadering gedoen is, het die veelrassige Presidentsraad bestaande uit Blankes, Kleurlinge, Indiërs en ’n Sjinees tot stand gekom as die eerste fase van die Rege­ring se nuwe beleid om die Nieblankes in die Blankes se poli­tieke bestel in te trek.

Die totstandkoming van die Presidentsraad is voorafgegaan deur ’n kommissie van ondersoek bestaande uit leidende AB- lede, onder wie Connie Mulder, mnr. A.L. Schlebusch, die huidige voorsitter van die Raad en vise-Staatspresident, P.W. Botha self en mnr. H.H. Smit, Minister van Pos- en Telekommunikasiewese.

In Augustus 1977 het Vorster die NP-koukus in Kaapstad ingelig oor die voorstelle van die Kommissie. Dit het kortliks die volgende behels:

  1. ’n Veelrassige Raad van Kabinette bestaande uit ’n gelyke getal Blankes en Kleurlinge en Indiërs;
  2. ’n Presidentsraad van Blankes, Kleurlinge en Indiërs;
  3. Drie parlemente vir die Blanke, Kleurling- en Indiër-bevolkingsgroepe;

(iv) ’n Kieskollege bestaande uit Blankes, Kleurlinge en Indiërs om ’n Staatspresident te verkies.

In die verslag is ook aanbeveel dat die Raad van Kabinette sake van “gemeenskaplike” belang sal hanteer, terwyl die drie parlementêre seggenskap oor sake van eie belang sal hê. Sake van “gemeenskaplike belang” sluit in Finansies, Justisie, Polisie, Ekonomiese Sake, Buitelandse Sake, Verdediging, Vervoer, Landbou, ensovoorts, terwyl sake van “eie belang” Onderwys, Behuising en Pensioene sou insluit. Die veelrassige Raad van Kabinette sou dus vir alle praktiese doeleindes die wetgewende en uitvoerende gesag in die land wees en in hierdie liggaam sou, ingevolge die 1977-voorstelle, die mag gelykop gedeel word tussen Blankes en Nieblan­kes.

Op grond van hierdie voorstelle is ’n tweede kommissie, die Schlebusch-kommissie, aangestel. Na meer as twee jaar se ondersoek het die Kommissie aanbeveel dat ’n Presidentsraad bestaande uit Blankes, Kleurlinge, Indiërs en Sjinese in die lewe geroep moet word. P.W. Botha het die lede van die Raad met die hand uitgesoek, maar voordat dit gedoen is, is die Blanke Senaat eers afgeskaf om, soos dit gestel is, koste te bespaar.

Swartes is nie in die Presidentsraad verteenwoordig nie, maar ’n Adviesraad naas die Presidentsraad is vir hulle aan­beveel. Na kwaai druk uit linkse oorde het die Regering die gedagte van die Swart Adviesraad laat vaar.

In die Presidentsraad is verskeie komitees in die lewe ge­roep — onder meer ’n Grondwetkomitee. Dit is betekenisvol dat as voorsitter van die Grondwetkomitee dr. Denis Worrall, ’n uitgesproke liberalis en ’n klompie jare gelede lid van die Progressiewe Party se jeugvleuel, aangestel is. Die vernaamste opdrag van die Grondwetkomitee is om ’n nuwe veelrassige grondwetlike bestel vir Blankes, Kleurlinge en In­diërs uit te werk.

Dr. Worrall se aanstelling as voorsitter van die Grondwetkomitee deur P.W. Botha is belangrik in die lig daarvan dat hy een van die belangrikste medewerkers aan die Sprocas-projek in 1975 was. Dit is ’n projek van die linkse SA Coun­cil of Churches waarvan biskop Desmond Tutu vandag die hoof-uitvoerende amptenaar is.

Sprocas is die verkorting vir “Study Project on Christianity in an Apartheid Society.” Saam met Worrall het onder meer die volgende linkses die verslag onderteken: Beyers Naude, Donald Woods (uitgeweke redakteur), W.B. de Villiers (Transvaalse Streeksekretaris van die Progressiewe Party), R.M. de Villiers (voormalige LV van die Progressiewe Party), Leo Marquard, Oscar Wollheim (LPR van die Progressiewe Party) en andere. Japie Basson, tans lid van die Grondwetkomitee en ’n gewese LV van die PFP, word aangedui as een van Sprocas se konsultante.

Die titel van die verslag is South Africa’s Political Alterna­tives. Uit verklarings en koerantberigte blyk dit duidelik dat baie van die aanbevelings in hierdie verslag in die Grondwetkomitee se konstitusionele voorstelle opgeneem gaan word.

Dit is in die vooruitsig gestel dat die Presidentsraad teen April 1982 sy grondwetlike voorstelle aan die Regering sou voorlê. Aanvanklik is verwag dat die komitee voorlopig net aanbevelings ten opsigte van ’n veelrassige plaaslike bestuurstelsel in Suid-Afrika sou maak, maar die komitee het later aangedui dat dit met voorstelle ten opsigte van al drie regeringsvlakke sou kom.

Op 18 Augustus 1981 het die Minister van Gemeenskapsontwikkeling, mnr. S.F. Kotze, tydens ’n ontmoeting met die Dagbestuur van die NP in Alberton ’n vertroulike mededeling oor die Regering se planne in verband met ’n nuwe bedeling op plaaslike bestuursvlak gemaak. Naude Botha, hoofsekretaris van die Broederbond, is ’n lid van die NP-dagbe­stuur van Alberton en was aanwesig. Volgens die notule van daardie byeenkoms, wat as ’n bylaag by die agenda van die Bestuurskomitee van die Albertonse Stadsraad aangeheg is, het Kotze gesê hy kan die afvaardiging vertroulik meedeel dat die Regering nie Kleurlinge en Indiërs in Blanke stadsrade gaan opneem, soos deur die Nieblankes geëis word nie. Die Regering gaan egter ’n stelsel van veelrassige, oorkoepelende munisipale Streekrade invoer wat wetgewende bevoegdhede sal hê en wat ook oor die toedeling van fondse aan stadsrade sal beslis.

Die Blanke stadsrade word dus afgedruk tot ’n ondergeskikte posisie en beheer deur oorkoepelende veelrassige streekrade. Hierdie veelrassige streekrade moet noodwendig onderhewig wees aan beheer deur ’n meerdere liggaam — in hierdie geval die Provinsiale Rade. Dit is ondenkbaar dat ’n veelrassige liggaam beheer deur ’n meerdere liggaam wat net uit Blankes bestaan, sal aanvaar. Daar kan dus aangeneem word dat as die veelrassige streekraadstelsel ingevoer word, die Kleurlinge en Indiërs sal eis dat die beheerliggaam ook veelrassig moet wees — so nie sal die beoogde stelsel verwerp word.

Wat die eerste vlak van regering betref, het P.W. Botha hom reeds in die openbaar daartoe verbind dat die stelsel van een gemeenskaplike kieserslys vir Blankes, Kleurlinge en In­diërs nie weer ingevoer sal word nie. Die gedagte wat uit regeringskringe gepropageer word, is dat een parlement vir Blankes en Nieblankes, met drie afsonderlike kamers geskep gaan word. Die lede van hierdie drie kamers sal op afsonder­like kieserslyste gekies word. Die Presidentsraad sal dan omskep word in ’n verkose liggaam en sal ’n Huis van Hersiening wees. Regeringskoerante, wat klaarblyklik gevoer word met inligting uit die binnekringe, skryf dat omvorming van die Presidentsraad tot ’n verkose liggaam nog in 1982 gaan volg en dat dit gepaard sal gaan met wetgewing om die Staatspresidentskap met uitvoerende magte te beklee.

Uit regeringspolitici se uitsprake en uit artikels in regeringskoerante blyk dit ook duidelik dat die Presidentsraad vorentoe ’n steeds belangriker plek in die konstitusionele bedeling in Suid-Afrika sal inneem terwyl die Blanke Volksraad, net soos Blanke stadsrade, na ’n ondergeskikte posisie afgedruk sal word.

Dit stem alles ooreen met wat reeds in die vroee sewentigerjare in die liberale binnekamers van die Nasionale Party en die Broederbond beplan is. In dié verband word veral gedink aan die propagering van die gedagte van die hervorming van die Senaat deur ’n klompie Wes-Kaaplandse AB-lede, sodat die Kleurlinge ook daarin sitting kon kry. Daar is uitdruklik verklaar dat so ’n hervormde Senaat op ’n hoër vlak as die Blanke Volksraad sou funksioneer. Kort hierna het ’n AB-lid, Schalk Pienaar, in Rapport die gedagte van ’n Tweede Kamer-stelsel bepleit wat veelrassig sal wees. Dit was in die tyd dat die Broederbond hom verbind het tot geen politieke integrasie tussen Blankes en Kleurlinge nie.

Wat interessant is, is hoe prominente AB-lede, soos Treurnicht, probeer om na buite die indruk te skep dat wat hier vir Suid-Afrika beplan word, nie politieke integrasie of magsdeling met die Nieblankes is nie. Die ou beproefde tegniek van woordverwarring word ook in hierdie geval handig gebruik. Dit is nie magsdeling nie, lui hierdie AB-lede se argument, maar magsverdeling en daarom kan dit maar aanvaar word. Net so interessant is egter die feit dat ander prominen­te AB-lede, soos Willem de Klerk, nie van hierdie misleidende woordespel gebruik maak nie en die kind op sy naam noem. Ander, soos Ben Schoeman, is nog meer uitgesproke en vra dat Kleurlinge op die gemeenskaplike kieserslys teruggeplaas moet word en saam met Indiërs die reg moet kry om in die Blankes se Parlementsitting te neem.

Nog nooit het van die kant van die AB-leiding enige repudiëring van hierdie gedagtes gekom nie. Trouens, die UR doen lustig mee aan hierdie misleidende woordespel.

In Maart 1981 byvoorbeeld word ’n UR-omsendbrief getiteld “Algemene politieke omstandighede” gesirkuleer. Dit is in die tipies verwarrende en misleidende idioom ingeklee wat beleidstukke van die UR in die afgelope aantal jare gekenmerk het. Die dokument se afsonderlike ontwikkeling vorm nog die grondslag van “vreedsame naasbestaan, naas die noodsaaklikheid van medeverantwoordelikheid vir sake van gemeenskaplike belang.” Wat hierdie “sake van gemeenskaplike belang” is, word natuurlik heeltemal verswyg, terwyl dit in die Regering se konstitusionele voorstelle baie duidelik geblyk het wat “sake van gemeenskaplike belang” inderdaad behels.

Die sleutelwoord in hierdie aangehaalde gedeelte is natuur­lik “medeverantwoordelikheid.” Dit is die UR se fopwoord vir “medeseggenskap”, want hoe kan iemand mede-verantwoordelikheid aanvaar as hy nie mede-seggenskap het nie? En mede-seggenskap beteken net een ding in die politiek: magsdeling.

Watter bespotting die UR in hierdie omsendbrief van die hele gedagte van afsonderlike ontwikkeling maak, blyk uit die feit dat drie maande tevore, in Januarie 1981, die UR ’n studiestuk laat sirkuleer het waarin die beleid van afsonder­like ontwikkeling totaal ongedaan gemaak word en regverdiging gegee word waarom skeidingsmaatreëls, wat die sluitsteen van afsonderlike ontwikkeling gevorm het, in naam van “wegbeweeg van diskriminasie” of verander of heeltemal ver­vang moet word. Dit is die stuk wat vroeër bespreek is en wat getiteld is “Die handhawing van partikuliêre norme in ’n veelvolkige samelewing?

In paragraaf een van die omsendbrief van Maart 1981 word die verwarring verder gevoer wanneer verklaar word: “Die behoud van politieke gesag vir die Blanke binne ’n eie soewereine parlement wat in samewerking met die staatkundige strukture wat vir die Kleurling en Indiër geskep word, beheer oor die RSA sal uitoefen soos wat dit na onafhanklikwording en konsolidasie van Swart state daar sal uitsien.” Hoe die Blanke Parlement sy soewereiniteit sal behou wanneer mede-seggeskap (magsdeling) met die Nieblankes oor sake van gemeen­skaplike belang ingevoer word, bly die UR in gebreke om te verduidelik. In paragraaf drie van die betrokke stuk word dit ook nie verduidelik nie wanneer net verklaar word: “Die onwikkeling en daarstelling van strukture tussen Blankes, Kleurlinge en Indiërs om gemeenskaplike sake te hanteer.”

Dit is opvallend dat die enigste verwysing in hierdie omsendbrief na die veelrassige Presidentsraad is wanneer die UR in paragraaf nege verklaar dat Swartes van die Presidentsraad uitgesluit word. Oor die veelrassige samestelling van die Presidentsraad word nie ’n woord gerep nie — ook nie oor die feit dat ’n nuwe grondwet vir Suid-Afrika gesamentlik deur Blan­kes, Kleurlinge en Indiërs geformuleer word nie.

Wanneer dit egter kom by “sommige praktiese implikasies”, blyk die misleiding op sy ergste. Die eerste praktiese implikasie lui: “Die onbetwiste behoud van afsonderlikheid soos byvoorbeeld die handhawing van eie onderwys, eie woonbuurte, eie plaaslike besture en eie sosiale strukture.” Geen vermelding word byvoorbeeld gemaak van die feit dat tersiêre onderwys, soos in die Januarie 1981-stuk van die Broederbond bepleit word, oopgestel is nie. Sorgvuldig word ook geswyg oor die feit dat ’n UR-lid soos Willem de Klerk reeds by verskeie geleenthede in skrif gepleit het vir die be­houd van eie skole maar dat voorsiening gemaak moet word vir skole waar kinders van verskillende rassegroepe kan skoolgaan. Die De Lange-kommissie van ondersoek na die onder­wys en die terme van opdrag aan daardie kommissie word glad nie aangeraak nie. De Klerk se pleidooie vir suiwer Blan­ke groepsgebiede en dan “grysgebiede” vir Blank en Nieblank word ook netjies verswyg. In sy eie stuk van Januarie 1981 word die Ontugwet en die Wet op Gemengde Huwelike as “diskriminerende” maatreëls uitgesonder en daar word gesê dat wanneer die wette verdwyn of aangepas word, huwelike tussen lede van verskillende rasse êrens sal moet “woon.” Hierdie aspek word glad nie deur die UR aangeraak wanneer hy twee maande later die indruk by gewone AB-lede wil wek dat apartheid nog die beleid is wat hy ondersteun.

Die tweede praktiese implikasie lui so: “Die voortgesette en versnelde daarstelling van meer afsonderlike geriewe van gelykwaardige gehalte, soos byvoorbeeld strandgeriewe, sportterreine, ontspanningsplekke en teaters met die oog op die gesonde ontwikkeling van eie gemeenskappe en behoud van identiteit saam met die oordeelkundige oopstel en deel van geriewe en geleenthede op ’n basis van behoefte en sonder om wrywingsvlakke te skep.”

Blykbaar dra die UR nie kennis of wil nie daarvan kennis dra dat feitlik elke Blanke strand aan die Kaapse en Natalse kus in die afgelope twee jaar aan Nieblankes oopgestel is en dat dit reeds tot ernstige wrywing en botsings aanleiding gegee het nie. Maar die mees ironiese is dat waar die UR verantwoordelik was vir die formulering van ’n veelrassige sport­beleid, hy nou pleit vir afsonderlike sportterreine, terwyl die huidige gebruik is om Blanke sportterreine toenemend vir Nieblankes toeganklik te maak en die huidige Regering die laaste wetgewende beletsels verwyder het wat in die weg van totale integrasie op sportgebied gestaan het. Duur staatsteaters word met Blanke belastingbetalers se geld gebou, maar dit word vir die Nieblankes oopgestel. Blanke swembaddens, biblioteke en parke word oopgestel maar hiervan neem die UR nie kennis nie. Die praktyk die afgelope twee tot drie jaar is die klinkendste bewys wat van die UR se “oordeelkundige oopstel en deel van geriewe en geleenthede” geword het.

Dit is hoe die UR vandag verskoning moet maak vir ’n be­leid van toenemende integrasie nadat dit nog op 1 Oktober 1971 verklaar het dat “enige beleid wat, op welke basis ook al, tot integrasie tussen Blankes en Kleurlinge mag lei, verwerp word.” Die Broederbond het hom by sy stigting op die handhawing en uitlewing van die Christelik-nasionale lewens-en wêreldbeskouing gestel. Vandag swyg sy leiers wanneer nie-Christene saamwerk aan ’n nuwe grondwetlike bedeling vir Suid-Afrika in ’n liggaam waarin selfs anders gebid word as gewone Christene om nie die nie-Christene aanstoot te gee nie.

Vervolg...

U soek na?

  • HOU VAKANSIE IN MOSSELBAAI !

    Baie netjiese vakansie-akkommodasie in Fraai Uitsig, Kleinbrakrivier, Mosselbaai Munisipaliteit. Twee kilometer vanaf Kleinbrak en Tergniet se swemstrande en ongeveer 10 kilometer vanaf Hartenbosch. Pick n Pay binne loopafstand.
    Kliek hier vir volledige inligting en foto's: OPSOEK NA BEHUISING VIR VAKANSIE?
     
    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________
     
    SKAARS BOEKE TE KOOP
    C J LANGENHOVEN 16 VOLUMES
    FAK-SANGBUNDEL 1 VOLUME
    Hierdie 16 volume Langenhoven-stel is 'n goedopgepaste kosbare versamelstuk. Dit beslaan die volledige inhoud van Langenhoven se bundels soos Sonde met die Bure; Loeloeraai; Herrie op die ou Tremspoor; Doppers en Filistyne; en al die kosbare stories uit die pen van Langenhoven.
    Die FAK-sangbundel is ook in goeie toestand en kan saam of apart van die Langenhovenstel gekoop word.
    Eienaar moet na 'n kleiner woonplek verhuis en vra 'n redelike aanbod vir sy boeke.
    Die aanbevole waardasieprys vir die Langenhovenstel is R1600.00; en vir die FAK R100.00
    Koerierkoste sal bykomend wees.
    Kontak

    Chris Carstens

    Sel no 082 954 3383

    Epos adres

    chris.carstens

    @vodamail.co.za

    ___________
    DIGBUNDELS:
      'n Versameling van 4 elektroniese bundels - 226 gedigte @R350.00:  
    Vir alle navrae  skryf aan 
    Amanda
    @waterstrome.co.za
    Uittreksel uit:
    'n Nasie in Pyn:
    ...Saam sal die hele wêreld vir hulle bid.
    Saam sal ons met pyn in ons harte sit.
    Mag hulle berus in u wil
    Mag hulle voor U verstil.
    _________
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het  in gedrukte vorm verskyn. 
    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
    DIE
    VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
    Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

     

    U kan hierdie boek bestel by
    ds AE van den Berg
    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com
    Prys: R50-00

     
  • BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    ('n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 'n Nuwe Trek (Exclusive Books) Prys: ZAR180

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is by http://tinyurl.com/lx9vrs8

    ... en loot.co.za dit verkoop teen R169 http://tinyurl.com/l26h6jl

    ... kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD


    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    JULIE 2013

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. 

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2 NOU BESKIKBAAR

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
    of skakel hom by
    074 967 5187


    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  • Kliek op DIE CHARISMATIESE GEVAAR om meer oor hierdie boek te wete te kom Lees verder...  
  • FILM OOR DR HF VERWOERD

    Kyk by hierdie skakel http://youtu.be/TcO3zPF8998

      na die kort film oor dr HF Verwoerd.   
    Dit kan ook direk bestel word by Riaan: +27823712682 of by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
     

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

 

'N BIETJIE LANGENHOVEN:

Ek sê nie al die suur mense is Fariseërs nie, maar naastenby al die Fariseërs is suur. In alle geval, solank hulle onthou om Fariseërs te wees. Want dis ook 'n inspanning.
Verbeel jou 'n wêreld sonder 'n skaterlag, sonder eens 'n glimlag. 'n Hemel op aarde, sal die Fariseër sê. Uit so 'n hemel sou ek wou wegloop hel toe.

Die man wat ek na soek, is nie dié wat die minste foute maak nie, maar dié wat die meeste foute régmaak.

Slaap laat solank as jy jou eie baas is en daar sal 'n tyd kom wanneer 'n 'n baas jou sal laat vroeg opstaan.

Ontydige vlyt is die merk van die luiaard. Dis sy verskoning vir ontydige rus.

Ons reken ons geluk vir ons loon en ons straf vir ons ongeluk.

Welvaart is die  dogter van matigheid en die moeder van weelde.

My swaarste pad trap ek self vir my plat, en die swaarste is die wat my voete nooit vat.

Daar is geen kuns by sukkel en geen sukkel by kuns.

Die boer wat nie saai nie sal nie misoeste kry nie, maar hy sal geen goeie ook kry nie.

Het die daeraad lief en die dag sal jóu liefhê.

'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie.

Dis die flukse perd wat flou word. Meer moeite as wat die vlytige het vir sy loon, het die luiaard verniet.

Op die ou end werk die vlytige man vir homself, die luiaard vir 'n ander.

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Kla net oor jou kooi as dit 'n ander is wat dit vir jou opgemaak het.

Hoe korter jy jou kuier maak, hoe gouer sal jy weer genooi word.

Om my naaste lief te hê is vir my 'n sware gebod. Met die mense daargunter kry ek dit nog op 'n manier reg.

Jy sê "ja" waar jy moes "nee" gesêhet omdat jy die ander nie wil aanstoot gee nie. Maar eken hoe het hy jou aanstoot gegee met sy versoek!

Aan 'n nuwe wa kan jy sien of dit 'n goeie skilder was; aan 'n oue of dit goeie wamaker was.

Trek liewer vir jou vriend jou broek uit as om vir hom vir 'n baadjie borg te staan. Anders loop julle naderhand albei nakend.

Die vriendskap wat jy moet koop is 'n duur artikel. Jy sal nie weer jou prys kry as jy dit van die hand wil sit nie.

Moenie vriendskap en besigheid meng nie – jy bederf albei.

'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie.

Maak jou vriendelikheid goedkoop en hou jou vriendskap duur.

Moenie jou vriend vergeet nie; dit sal hom seermaak. Maak jou vyand daarmee seer.

'n Skare is 'n versameling van eensames.

Stuur die luiaard na die miere, en as hy nie te lui is om te gaan nie sal hy te lui wees om weer terug te kom.

Dis net so moeilik om maklikheid in die ou wêreld te kry as wat dit maklik is om moeilikheid te kry.

Waardeer die werk van jou vrou. Jy kan nie op die aarde 'n ander kneg kry vir dieselfde diens en dieselfde prys nie.

Met spaarsaamheid sal jy uit die kleinste inkomste iets oorhou; met verkwistery sal die grootste vir jou te min wees.

Besorg jou eie boodskap en reken die moeite teen dit wat die misverstand jou sou gekos het.

Het die ryk man nodig om so suinig te wees? Maar hy is nie 'n ryk man wat suinig geword het nie; hy is 'n suinige man wat ryk geword het.

Help jou swakke mededinger op die bene bly.  As hy tot niet gaan, kom daar dalk 'n sterke in sy plek.

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES (7)

(Lees die reeks by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

  • Die adderbyt van naberou is verskriklik (Naberou is ontstellend.)
  • Hy het hom in 'n addergebroedesel begewe (Hy was tussen 'n groep nydige, aanvallende mense.)
  • Sy het hom adieu toegeroep (Sy het vaarwel gesê.)
  • 'n Adres van adhesie is 'n geskrif waarin instemming betuig word met 'n versoek.
  • Jy is nou by die verkeerde adres (Jy soek die oorsaak van die kwaad by die verkeerde persoon.)
  • Dit was advokatery (Dit was regskundige uitoorlêery.)
  • Hy sal die werk weer afbroddel. (Hy sal knoeiwerk of slordige werk verrig.)
  • Sy wil elke takie afbrom (Sy kla die hele tyd terwyl sy werk.)
  • Jy kan nou maar afdans (Jy kan nou maar skoert.)
  • Moet hom nie op sy verdienste afdwing nie (Moet hom nie verkleineer nie.)
  • Die ou werkie draf ek gou af (Ek sal dit sommer gou afhandel.)
  • Hulle wil die rusie afdrink (Hulle wil vrede maak.)
  • Sy het soms baie affêrinkies (Sy is dikwels vol nukke en nonsens.)
  • Hy sal wel weer geld van haar affutsel (Hy sal dit op 'n oneerlike manier van haar kry.)
  • Daar kan niks van afgaan nie (Dit kan nie ontken word nie.)
  • Hy sal 'n afgehekste loesing kry ('n deeglike pak slae.)
  • Sy is 'n afgelekte meisie (Sy het al baie kêrels gehad.)
  • Jy lyk so afgesak (Jy lyk baie moeg.)
  • Hy het afgetop gelyk (Hy het verleë gelyk.)
  • As jy iets van hom wil hê sal jy dit moet afgoël (Hy is so suinig!)
  • So 'n afhaler is onnodig ('n Onnodige belediging.)
  • As dit afhang moet ons dit maar opbind (Skertsend wanneer iemand gedurig begin met "Dit hang af..."
  • Na elke partytjie is hy babalaas ( dan ly hy aan die gevolge van te veel alkohol).
  • Daar was 'n Babelse gegons van stemme (Almal het gelyktydig gepraat).
  • Dit was 'n Babelse verwarring (Dit was baie deurmekaar).
  • Hy sal weer mooi broodjies kom bak (Hy sal kom vlei en mooipraat om sy doel te bereik),
  • Hulle eet nie uit een bak nie (Hulle is nie vriende nie).
  • Sy het hom 'n bak gewys (Sy het hom onvriendelik tereggewys).
  • Gou by die bak maar lui by die vak (Hy is eerste daar waar iets te ete is maar traag as hy moet werk).
  • Hy maak sy hande bak (Hy kom bedel iets).
  • Ons moes bak staan (Ons moes hard werk).
  • Dit was sommer 'n bakerpraatjie (Dit was 'n skinderstorie).
  • Jerusalem is die bakermat van die Christelike Kerk ( Dis waar dit begin het. 'n Bakermat was 'n mandjie waarin die baker – die vrou wat 'n pasgebore baba versorg het – die kindjie op haar skoot voor die vuur versorg het).

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1648 gaste aanlyn