VERWOERDMAAND

DIE BROEDERBOND IN DIE AFRIKANER- POLITIEK (19)

B M Schoeman

(Lees reeks by AB in die Afrikanerpolitiek )

Met die skrywe van hierdie boek in 1982 was dit nie Beaumont Schoeman se bedoeling om verdere onthullings van die Broederbond se geheime te maak nie. Sy doel was om te illustreer watter rol die Broederbond in die Afrikanerpolitiek gespeel het. Schoeman slaag daarin om aan die hand van eie dokumentasie aan te toon dat die Broederbond, in stryd met sy eie grondwet en reglement, ‘n instrument in die hand van ‘n bepaalde politieke party was ten tye van dié publikasie. Wat Schoeman toe nog nie kon weet nie is hoe ver die grense van die Broederbond se verraderlikheid sou uitbrei tot hulle op aandrang van die internasionale geldmag Suid-Afrika aan ‘n korrupte swart regering oorgegee het. Vandag opereer en skuil die Broederbond onder die naam Afrikaner Bond (AB) en is selfs meer listig as tevore terwyl hulle steeds die toutjies agter die gordyn probeer trek.

Predikante in knegskap

"As predi­kante oor 'n saak wat die kerk so ernstig raak, swyg, dan kry 'n mens 'n vae idee van hoe sterk die Broederbond se invloed in ons kerke is"

Die breuk tussen die Uitvoerende Raad en die Herstigte Nasionale Party (HNP) in 1970 het die drie Afrikaanse kerke voor hulle ernstigste toets in 'n baie lang tyd geplaas. Predikante van die NG Kerk, die NH Kerk en die Gereformeerde Kerk sou moes kies tussen 'n sekere deel van hulle lidmate of lidmaatskap van die Broederbond en dienstigheid aan die voorskrifte van die leiers van hierdie organisasie. Op enkele uitsonderings na het die predikantelede van die Broederbond lidmaatskap van die AB bo die geestelike belange van hulle lidmate gestel. Dit is seker een van die mees tragiese gebeurtenisse in die bestaan van die Afrikaanse kerke dat 'n groot persentasie van hulle predikan­te hierdie toestand nie net gelate aanvaar het nie, maar ook daaraan meegedoen het. Dit is omtrent iets soortgelyks as toe die Afrikaanse kerk van die Kaap met die Groot Trek in die vorige eeu die Trekkers afgesweer en geweier het om die Sakramente aan die Afrikaners anderkant die Oranjerivier te gaan bedien.

Ewe tragies is dit dat 'n man soos ds. D.P.M. Beukes, destyds Moderator van die NG Kerk, as lid van die Uitvoerende Raad van die Broederbond hieraan meegedoen het terwyl hy skynbaar niks gedoen het om die ander lede van die UR op die konsekwensies van hulle optrede te wys nie. Dit geld ook vir 'n man soos Treurnicht, kort tevore nog assessor van die Breë Moderatuur, onder wie se voorsitterskap die Uitvoeren­de Raad hierdie daad gepleeg het.

Dit is moeilik om presies te bepaal hoeveel predikante van die drie Afrikaanse kerke lede van die Broederbond was. Mense wat self lede van die Broederbond was, het egter uit persoonlike kennis bereken dat tussen vyftig en sestig persent van alle predikante van die drie Afrikaanse kerke met meer as vyf jaar diens teen die middel van die sewentigerjare wel lede van die Broederbond was. Dit is 'n konserwatiewe berekening en die werklike getal sal in alle waarskynlikheid meer wees.

Waaroor egter geen twyfel hoef te bestaan nie, is dat die oorgrote meerderheid lede en ondersteuners van die HNP op daardie tydstip lidmate van een van die drie Afrikaanse kerke was. Hoewel 'n presiese berekening ook hier nie moontlik is nie, kan dit konserwatief gesproke op minstens negentig persent gestel word.

Toe die Uitvoerende Raad van die Broederbond in Oktober 1972 van sy lede geëis het dat hulle 'n nuwe onderneming moes teken waarin hulle alle assosiasie met die HNP afsweer, is die predikantelede van die AB noodwendig ook voor dieselfde keuse gestel. Ook van hulle is verwag om die nuwe onderneming te teken of die AB te verlaat. Die meeste van hul­le het daardie dokument geteken en daarmee het hierdie pre­dikante hulle nie net van die HNP gedisassosieer nie, maar ook van 'n aansienlike deel van hulle lidmate. Dit het 'n uiters bedenklike situasie in die kerklike lewe geskep en vanselfsprekend moes dit tot ernstige wrywing en agterdog aanleiding gee.

Dit was interessant om te sien hoe sommige predikante hierdie nuwe situasie gehanteer het, veral wanneer hulle met die feit van hul lidmaatskap van die Broederbond gekonfronteer en dan gevra is of hulle die nuwe onderneming onderteken het. Sommige het gereageer met 'n houding asof dit alles vir hulle Grieks is en dat hulle nie die vaagste benul het waarom dit gaan nie. Ander het weer gereageer met die belaglike argument — wat waarskynlik uit UR-kringe of selfs uit kerklike kringe na hulle deurgevoer is — dat hulle net toegestem het tot disassosiasie van die HNP as organisasie en dat dit nie disassosiasie van partylede en dus ook lidmate impliseer nie. Nog ander het gereageer met heftige ontkennings dat hulle nog nooit in enige stadium lid van die Broederbond was nie, terwyl jy van die teendeel geweet het en hulle lidmaatskap van die organisasie uit die AB-dokumente kon bewys. Gelukkig was hierdie groep in die minderheid, want sulke eerbaarheid wou 'n mens nie graag met die Afrikaanse kerk en allermins met predikante vereenselwig nie.

Nadat die bestaan van die nuwe AB-onderneming algemene kennis geword het, asook die feit dat die meeste predikantelede dit afgelê het, het lidmate van die drie Afrikaanse kerke wat ook lede van die HNP was, bymekaar gekom en die Reformatoriese Bond gestig. Dit sou die taak van hierdie liggaam wees om nie net die nuwe situasie wat rondom die AB se nuwe onderneming en die predikante se posisie as gevolg daarvan in oënskou te neem nie, maar ook om algemene tendense van daardie tyd binne die drie kerke te ontleed.

Dit was die tyd toe die politieke leiers van die Nasionale Party onder leiding van Vorster en hulle agterryers in die Broederbond al duideliker die beginsels van die Party oorboord begin gooi het, toe die krete van detente en wegbeweeg van diskriminasie al luider begin opklink het. Ook in die Afrikaanse kerke het die nuwe rigting weerklank begin vind en het aksies om die oopstelling van die kerke aan alle rasse in naam van die "eenheid van die kerk" en "gesamentlike aanbidding" al hoe meer konkrete vorm begin aanneem.

Dit was ook die tyd toe die veldtog teen die Wet op Gemengde Huwelike en die Ontugwet uit sekere kerklike kringe aan die gang gesit is. Op 3 November 1975 het die Reformatoriese Bond 'n brief gestuur aan meer as twee honderd predikante van al drie ker­ke wat ook lede van die Broederbond was. Die brief het gehandel oor die predikante se ondertekening van die nuwe AB- onderneming en die godsdienstige implikasies daarvan. Die kernvraag wat in die brief aan hierdie predikante gestel is, is so geformuleer: "Ons staan naamlik voor die baie ernstige vraag hoe u die gemeenskap van die heiliges kan beoefen met ons met wie u, volgens u geheime verklaring, u nie mag assosieer nie. Hoe kan u verwag dat mense wat u as't ware afgeteken het, onbevange na u prediking moet luister en, erger nog, met vrymoedigheid die sakramente uit u hand moet ontvang? En hoe kan u self met vrymoedigheid die sakramente aan diesulkes bedien?"

In die brief word dit pertinent gestel dat dit nie gaan om die vraag of die predikante met die betrokke lidmate as lede van die HNP verskil nie. Dit gaan om assosiasie. "So 'n dis-assosiasiedokument," lui die brief dan, "het u oor geen ander party geteken nie; nie oor die Verenigde Party of die Progressiewe Party nie. U het dit slegs geteken ten opsigte van een party en dit nogal die party wat openlik veg vir die behoud van die Christendom en die Blanke Christelike beskawing en wat ook die oorspronklike grondslae en doelstellings van die AB aanvaar en uitleef."

Die toestand wat as gevolg van die Uitvoerende Raad se voorskrifte en die predikante se slaafse onderskrywing daarvan in die kerklike lewe ontstaan het, word hierna kernagtig deur die opstellers van die brief geskilder. "Die vertroulikheidskarakter van die AB," lui dit, "wat voorheen so 'n goeie doel gedien het, vorm nou in hierdie saak 'n ernstige struikelblok. Diegene van ons wat oudlede van die AB is, sit in die kerk en ken die predikant as 'n lid van die AB. Hy weet en ons weet van hierdie dokument wat die gemeenskap van die heiliges tussen ons verbreek het. Maar dis 'n vertroulike saak en van almal word verwag om te swyg. Voor die oë van die gemeente word voortgegaan asof daar niks verkeerd is nie. En voor die oë van die Here ...?

"Nog erger is die posisie van ons mede-HNP-lid wat saam met ons in die kerk sit. Hy weet nie eens dat sy predikant hom in die geheim 'afgeteken' het nie. Maar die predikant weet en die oud-AB-manne onder ons weet en van almal word verwag om te swyg. Kan daar van ons verwag word om deel te hê aan so 'n stuk huigelary? Sal ons dan nie 'n oordeel oor onsself eet en drink nie? En wat is onder hierdie omstandighede u posisie by die bediening van Woord en sakramente? Dit raak ook talle lidmate wie se HNP-assosiasies aan u nie bekend is nie, want hulle swyg liewer in die openbaar omdat hulle reeds kennis gemaak het met intimidasie en viktimisasie."

Hierna behandel die opstellers die argument van predikan­te en ander AB-lede dat ondertekening van die nuwe onderneming slegs disassosiasie met die HNP en nie met individuele lede of ondersteuners beteken nie. "U moet egter onthou," word hierdie lawwe argument dan beantwoord, "dat die HNP, soos enige politieke party, nie uit klippe of ander artikels bestaan nie, maar uit mense. Die Party se karakter word aan hom gegee deur sy lede. As die Party dus van so 'n verderflike aard is dat u 'n geheime dokument moet teken dat u u nie met hom sal assosieer nie, dan is dit die lede van die party wat van hom so 'n verskriklike organisasie gemaak het en dan is dit hierdie lede met wie u u nie kan assosieer nie. Maar dan is dit u plig as predikant om te sorg dat die kerklike tug toegepas word op lidmate wat aan so 'n ergerlike organi­sasie behoort. Dit word egter nie gedoen nie. Optrede sal immers behels dat die betrokke predikante hulle lidmaatskap van die Broederbond moet openbaar en die beskermdheid van die verskuildheid moet prysgee. Die kwaad woeker dus maar voort in die gemeente van Christus."

"Die party kan nie losgemaak word van sy lede nie, maar selfs wat die party as organisasie betref, moet u vir uself rekenskap gee oor die vraag of u in die lig van ons kerklike belydenisskrifte so 'n geheime disassosiasiedokument kan onderteken ten opsigte van 'n organisasie wat in sy grondslagbepaling onomwonde verklaar: 'Die Heilige Skrif, die onfeilbare Woord van God, soos dit verstaan en uitgelê is in die Calvinistiese Hervorming waarvan ons die dankbare erfgename is, vorm die grondslag van die Party'. Het u al ooit die moeite gedoen om die Program van Beginsels van hierdie Party self te bestudeer of beoordeel u hom bloot uit die pro­paganda van sy opponente? Is dit Christelik verantwoord om so 'n ingrypende dokument in die geheim te onderteken as u u nie persoonlik van al hierdie dinge vergewis het nie?"

Dit is seker kras terme waarin die predikante hier met die praktiese uitwerking van hulle daad gekonfronteer is, maar dit was 'n daad van so 'n ingrypende aard en met soveel bedenklikhede dat dit nie in sagter woorde aan die leraars gestel kon word nie. Vervolgens wys die opstellers nog op sekere ander implikasies wat die predikante se ondertekening van die dokument ingehou het.

Nadat eerstens gewys word op die onreg wat die Uitvoerende Raad teenoor mede-broers gepleeg het deur hulle op valse gronde uit die organisasie te skop, lui die brief aan die predikante dan: "Besef u dat u met die ondertekening van die disassosiasiedokument by implikasie u goedkeuring aan hierdie onreg geheg het? Het u ooit die moeite gedoen om al die betrokke stukke aan te vra en deeglik te bestudeer voordat u die dokument geteken het? Het u seker gemaak dat u met volle Christelike verantwoordelikheid handel?"

Die skrywers wys dan ook op 'n ander implikasie. Dit is dat die saak nie net die predikante raak nie, maar ook kerkraadslede en lidmate wat die dokument onderteken "en sodoende   die   gemeenskap   van   die   heiliges   verbreek   het."

Hierna word die brief soos volg afgesluit: "Soos reeds gesê leef ons reeds vir drie jaar onder hierdie wolk. Ons het dit verduur omdat ons nie skeuring wou veroorsaak nie en gehoop het dat daar 'n oplossing sou kom. 'n Paar pogings wat op plaaslike vlak aangewend is, het op niks uitgeloop nie, omdat predikante en kerkraadslede nie met so 'n 'vertroulike' saak wou kerkraad toe gaan nie. Intussen het sake erger geword. Dit het byvoorbeeld tot ons kennis gekom dat daar minstens een byeenkoms van predikante binne die AB gehou is om te beraadslaag oor hoe die broeders bepaalde politieke oogmerke soos die sogenaamde 'verandering' kan bevorder. Dit word 'n poging om op geheime basis die kerk te gebruik as 'n instrument vir 'n politiek waarvan baie lidmate oortuig is dat dit slegs rampspoed vir die Christendom en die Blankedom kan inhou.

"Hierdie hele toestand berokken ontsaglike skade aan Gods koninkryk. Baie van ons mense het eintlik stilweg kerklike weeskinders geword. Ons kan dit onmoontlik nie langer so laat voortgaan nie. Daarom is die Reformatoriese Bond gestig uit beswaarde lidmate van die drie Afrikaanse kerke om aan hierdie en ander sake aandag te gee."

Dit is seker nie verbasend nie dat met enkele uitsonderings die predikante wat hierdie skrywe ontvang het, nie daarop gereageer het nie. Altesaam vier van die meer as tweehonderd wat die brief ontvang het, het van hulle laat hoor. Twee het geskryf dat hulle rustende lede is en dit kan dus aanvaar word dat hulle nie die dokument geteken het nie. 'n Derde predikant het gereageer op 'n wyse wat die indruk gelaat het dat hy of nie die brief verstaan het, of nie reg gelees het, of nie wou verstaan nie. Die vierde het die brief met die oorspronklike koevert in 'n ander koevert geplaas en dit sonder 'n seël aan die afsenders teruggepos. Blykbaar wou hierdie predikant sy minagting op so 'n wyse laat blyk.

Die stilswye van die kant van die predikante oor so 'n ernstige saak laat baie vrae ontstaan, maar waarskynlik die belangrikste is hoe die predikante hulle volslae dienstigheid aan en agterryerskap van politieke leiers en Broederbond-voormanne kan vereenselwig met die bedieningstaak waartoe hul­le hul laat roep het en die geloftes wat hulle afgelê het by geleentheid van hulle legitimering. Want as daar ooit na bewyse gesoek is vir die dienstigheid van die kerkmanne aan die Broederbond, is dit hierin te vinde. Dit is bekend dat die leiding van hoe die saak van die Reformatoriese Bond gehanteer moes word, nie in die binnekamers van die predikante in gebed gevra is nie, maar uit die kantore van die hoofkantoor van die Broederbond gegee is. Die leiding was swye. Of die predikante-broers daarmee die saak van hulle gewete afgekry het, sal alleen hulle weet.

Tereg merk die Reformatoriese Bond se segsmanne in 'n brief aan "medegelowiges" op 3 Maart 1976 op: "As predi­kante oor 'n saak wat die kerk so ernstig raak, swyg, dan kry 'n mens 'n vae idee van hoe sterk die Broederbond se invloed in ons kerke is."

Die brief lui onder meer: "Die argument word gebruik dat ons deur kerklike kanale moet werk en die broeders moet aankla. Dit klink reg, maar waar moet ons begin? Hoe kla jy in die praktyk 200 predikante by verskillende kerklike instansies aan? Wat van die ander honderde wie se name ons nie het nie? Hoe gaan ons weet of diegene wat ons klagtes moet aanhoor, nie self lede is nie? Wat van die talle kerkraadslede wat ook Broederbonders is en wat ook die dokument geteken het? (Ons weet ook nie hoeveel van u wat hierdie omsendbrief ontvang, self Broederbondlede is nie. As u een is, geld ons klagtes natuurlik ook vir u en dra u in hierdie saak 'n besondere verantwoordelikheid.)

"Omdat ons teen genoemde probleme gestuit het in verband met die indien van amptelike klagtes by die kerke en in die gees van Mattheus 18 het ons die saak direk met die betrokke broeders opgeneem. Ons het nou geen ander keuse nie as om dit tot die kerklike publiek se kennis te bring dat die predikante van ons besware nie notisie neem nie. Waarheen so 'n toestand moet lei, is nog nie finaal duidelik nie. Dit kan egter nie onbepaald so voortduur nie. Die eer van God, die heil van die gemeente en die geestelike belange van baie lidmate is ernstig in die gedrang.

"Alle lede van die Broederbond is ook lidmate van ons kerk. Al hierdie lede moet vir hulleself baie ernstig daarvan rekenskap gee of hulle bereid is om die verantwoordelikheid te aanvaar vir die konsekwensies wat hierdie saak vir die Afrikaanse kerke mag hê.

"Dit moet hier gemeld word dat in daardie tyd die gedagte van Jn nuwe kerkstigting onder al hoe meer mense gehoor is. Die mense aan die leiding van die Reformatoriese Bond het egter hierdie mense tot ander insigte gebring. Wat egter wel gebeur het, is dat baie lidmate as gevolg hiervan heeltemal hulle bande met die Afrikaanse kerke verbreek het en of kerkloos geword het of by ander kerkgenootskappe aangesluit het."

Vandag leef die ondertekenaars in predikantsgewaad van daardie nuwe AB-onderneming nog saam met wat hulle aan 'n groot deel van hulle lidmate gedoen het. Baie van hierdie lidmate dra nog gereeld geldelik en andersins by tot die traktamente van hierdie predikantebroers. Maar skynbaar het dit ook maklik met sekere gewetes versoen geraak.

Dit is die toestand wat die Uitvoerende Raad van die Broederbond met sy daad van 1972 in die kerklike lewe ingedra het. Van al die aanklagte wat teen die UR ingebring kan word in hierdie onsmaaklike veldtog teen politieke opponente in die HNP, is dit ongetwyfeld die ernstigste.

Die feit dat predikante hulle hiertoe geleen het, is bepaald een van die droewigste hoofstukke in die geskiedenis van die Afrikaanse kerke. Dit is galgehumor om vandag die belydenisse te hoor dat die Afrikaanse kerke nie onder die invloed van die Broederbond staan en dat die Broederbond nie die kerke manipuleer nie. En dit is tragies dat van die predikantebroers in daardie tyd, nadat hulle groot getalle van hulle Banke lidmate afgesweer het, die leiding begin neem het om die "gemeenskap van die heiliges" met mense van ander rasse binne die Afrikaner se kerk te soek in naam van die "eenheid van die kerk."

Opsoek na inligting?

  • VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    Stuur u aansoek saam met ’n CV waarin u ‘n persoonlike bekendstelling, werkservaring en tersaaklike kwalifikasies insluit, voor 15 September 2018 aan ds. CM Erasmus by die e-pos adres: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Vir meer inligting:

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD


    __________

    BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    ___________

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

DIT IS GRATIS

In ons moderne tyd en veral in die Nuwe Suid-Afrika waar orde nie meer 'n saak van belang is nie, is daar maar min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. As leiers binne die Afrikanervolk sal ons vinnig moet leer hoe om dissipline en orde te handhaaf waar 'n paar mense byeenkom - sonder hierdie kennis en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms sinloos wees - vandaar die chaotiese wanorde binne die regime.

Kliek hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures gratis af te laai.  Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

Dit is deur Johan Dorfling geskryf en kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind ongeag die agenda of doel van die byeenkoms.

'n Opegte dankie aan Johan wat baie moeite hiermee gedoen het. Mag dit tot groot heil en samewerking in ons volk meewerk!

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________ 

 

APARTHEID:

Dr Verwoerd het gesê skeiding beoog volle kanse vir almal op woongebied, landgebied en lewensterrein binne elkeen se eie rassegemeenskap tot elkeen se voorspoed, tevredenheid en beskerming. Hy stel sy beste werkkrag, geesteskrag, elke oomblik van sy lewe, tot beskikking.

                                              ___________________                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 931 gaste aanlyn