Nuutste bydraes

GEDAGTES VIR ELKE DAG

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Hemelse Vader, sal U asseblief ons volk vergewe wanneer ons so maklik swig voor die versoeking om die waarheid se effe te wysig?  Selfs heelwat te wysig? Here, help ons asseblief om weer 'n biddende volk vir U te word, 'n volk wat in gehoorsaam u Waarheid erken en uitleef. Dan alleen sal dit weer met ons volkslewe wel wees.

DIE BROEDERBOND IN DIE AFRIKANER- POLITIEK (20)

B M Schoeman

(Lees reeks by AB in die Afrikanerpolitiek )

Met die skrywe van hierdie boek in 1982 was dit nie Beaumont Schoeman se bedoeling om verdere onthullings van die Broederbond se geheime te maak nie. Sy doel was om te illustreer watter rol die Broederbond in die Afrikanerpolitiek gespeel het. Schoeman slaag daarin om aan die hand van eie dokumentasie aan te toon dat die Broederbond, in stryd met sy eie grondwet en reglement, ‘n instrument in die hand van ‘n bepaalde politieke party was ten tye van dié publikasie. Wat Schoeman toe nog nie kon weet nie is hoe ver die grense van die Broederbond se verraderlikheid sou uitbrei tot hulle op aandrang van die internasionale geldmag Suid-Afrika aan ‘n korrupte swart regering oorgegee het. Vandag opereer en skuil die Broederbond onder die naam Afrikaner Bond (AB) en is selfs meer listig as tevore terwyl hulle steeds die toutjies agter die gordyn probeer trek.

                   WOELINGE EN STRYD

Die kern van die stryd in die AB wat in 1970 begin het met die skorsing van sekere HNP-leiersfigure se lidmaatskap en twee jaar later op die spits gedryf is, is geleë in die feit dat die Uitvoerende Raad in die politieke stryd tussen die Nasionale Party en die HNP sy grondwet en reglement geïgnoreer en kant gekies het teen die HNP.

Binne die AB is oor ’n tydperk van ’n paar jaar deur middel van omsendbriewe, verslae, studiestukke, toesprake en fluisterveldtogte vyandskap teen die HNP en sy leiers in die afdelings aangewakker en van agter die geslote deure is hierdie vyandskap dan onder die publiek uitgedra. Mettertyd het die veldtog die vorm van ’n uitskoppery aangeneem. Van die leiers en ander lede van die HNP moes ontslae geraak word en hierdie inligting het na die pers uitgelek. Berekend is name van HNP-mense in die gedrang gebring op ’n manier wat ’n stigma van oneerbaarheid aan hulle sou laat kleef. Die indruk moes gewek word dat hierdie persone optree op ’n wyse wat hulle nie langer geskik gemaak het vir lidmaatskap van so ’n eerbare organisasie nie.

Hoewel die stigting van die HNP op 25 Oktober 1969 die onmiddellike aanleidende oorsaak tot hierdie veldtog teen mede-broers was, het die toestand waarbinne dit in die AB geskied het, ’n lang aanloop gehad. Dit was ’n aanloop wat saamgehang het met gebeure in die Afrikanerlewe in die algemeen en wat dieselfde tekens getoon het as die proses van verval in die Nasionale Party.

Dit was veral na republiekwording dat die insakking in die AB sigbaarder geword het. Dit was asof die Afrikaner ’n soort eindpaal bereik het, “gearriveer” het. Op afdelings- en ander vergaderings is die vraag herhaaldelik gestel: “Het die AB nog ’n taak?” En telkens is geantwoord: “Ons taak is om aan hierdie Republiek ’n suiwer Afrikaanse inhoud te gee.”

Maar toe mense in die politiek en ook in die AB aan hier­die opdrag uitvoering wou gee, is hulle nie net uit die Party nie, maar ook uit die AB geskop. Wyle Schalk Pienaar, seinior amptenaar van Nasionale Pers Beperk, skryf op 23 Mei 1971 in Rapport in verband met die uitskoppery van HNP-mense uit die NP: “Dit was in wese ’n verwerping deur die NP van ’n poging deur Nasionale Afrikaners om van die RSA ’n Afrikaner-republiek te maak in plaas van ’n Suid-Afrikaanse Republiek.” Die uitskoppery het dus geskied omdat die betrokke persone dieselfde ideale nagestreef het as wat die AB nog kort tevore bely het.

Die kwaad binne die AB was egter reeds gedoen en dit het ook sy neerslag gevind in die werwing van nuwe lede. Die standpunt was altyd dat ’n lid nie gewerf word om van hom ’n goeie Afrikaner te maak nie, maar omdat hy reeds bewys het dat hy vir die Afrikanersaak veg. Inskakeling by die AB sou hom sy diens net nog beter kon laat lewer. Hoewel hierdie gedagte nog in omsendbriewe beklemtoon is, het die praktyk verander en is mense ingetrek omrede die posisies wat hulle beklee. Hulle opname in die AB sou dan nuttig wees om beter “kontak” in die bepaalde kringe te hê.

Dat die AB self vir sy lede ’n nuttige kontakmiddel geword het, spreek vanself. Dit het weer veroorsaak dat belangegroepe in die organisasie begin kop uitsteek het, en dit geld veral ten opsigte van die al sterker wordende “Afrikaanse” geldmag. Amptenare van sekere finansiële instellings het hulle bes gedoen om kollegas ingeskakel te kry en ook goed daarin geslaag. En namate hierdie instellings al minder Afrikaans geword het, moes die betrokke amptenare natuurlik saambeweeg en die nuwe rigting binne en buite die AB goedpraat. In al meer afdelings het ’n gees begin posvat wat vreemd was aan die aard van die organisasie.

Van besondere betekenis was die inskakeling van meer polisie-amptenare, veral Veiligheidspolisiemanne. Daar was natuurlik wel polisiemanne in die AB wat op die gewone manier en op meriete van hulle Afrikanerskap lede geword het. Skielik is egter gekla dat daar te min polisielede was en toe het die ongewone ding gebeur dat polisielede nie meer gewerf is op voorstel van plaaslike afdelings nie, maar op grond van die voorlegging van ’n lys name deur ’n komitee van polisie-offisiere onder leiding van genl. Hendrik van den Bergh, die Hoof van die Buro vir Staatsveiligheid (Boss).

Die implikasie van hierdie stap was dat die vertroulikheid van die AB in die gedrang gekom het. Van hierdie nuwe lede het onder verpligting gestaan om oor sommige sake aan hulle hoofde, wat nie noodwendig mede-lede was nie, te rapporteer. In baie afdelings is die openhartigheid van besprekings hierdeur gedemp.

Hierdie nuwe toestand het ingetree nadat Vorster reeds die premierskap oorgeneem het en nadat uit die gewoneVeiligheidspolisie en sy uitloper, die Republikeinse Intelligensie, die Buro vir Staatsveiligheid ontstaan het. Tien jaar later sou dit uit Van den Bergh se getuienis voor die Erasmus-kommissie van ondersoek na die Inligtingskandaal duidelik word waarom ook ’n liggaam soos die Broederbond ingesypel moes word. Van den Bergh het getuig dat hy, uit hoofde van sy posisie, Vorster se oë en ore geword het. Hy moes altyd “sy oor op die grond hou”, sodat hy kon weet wat in die land aan die gang was en daaroor aan Vorster kon rapporteer. Vorster wou die Broederbond volkome inpalm vir die bevordering van sy politieke oogmerke en daarom moes sy hoofspioen sorgdra dat hy presies weet wat in elke afdeling van die organisasie bespreek word. Van den Bergh het inderdaad die mag agter die troon geword, soos regter Rudulph Erasmus bevind het, en die Uitvoerende Raad van die AB het hom gehelp om dit te word. Die UR was mede-verantwoordelik vir die skepping van hierdie monster wat stelselmatig in die Suid-Afrikaanse volkslewe gegroei en uiteindelik sulke bedenklike gevolge vir Suid-Afrika gehad het.

Met verloop van tyd het die onrus in die Broederbond, net soos in die Nasionale Party en instellings soos die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns, toegeneem. Koerante soos Die Burger en die nuwe Sondagkoerant, Die Beeld, het onder leiding van hulle Broederbond-redakteurs, mnre. Piet Cillie en Schalk Pienaar, al meer Afrikaner-vreemd geword. Die direkteure van hierdie koerante, wat ook lede van die AB was, het niks gedoen om hulle tot orde te roep nie.

Die redakteurs wat so aan die eenheid in die Party en die AB geknaag het, het trouens die steun van Vorster geniet. In sy verbasende Koffiefontein-toespraak in 1967 het hy hierdie redakteurs onder sy beskerming geneem en op Heilbron in Augustus 1968 het Vorster volkome agter hulle ingeskuif. Hy het dieselfde mense begin aanval as wat deur hierdie redakteurs aangeval is: die “Wagters op die mu­re”, die “Super Afrikaners”, die “Taalhandhawers”, ens. Omdat die AB meermale van buite met die naam “Super Afrika­ners” aangedui is, is dadelik gevoel dat die Eerste Minister hier ’n bedekte waarskuwing aan die organisasie gerig het.

Die derde toespraak wat besondere aandag getrek het, was die een waarin Vorster sy persoonlike filosofie uiteengesit het. Dit het daarop neergekom dat in die Afrikanerlewe slegs die kerk en die Nasionale Party selfstandige bestaansreg het en dat vir ander organisasies slegs plek ingeruim kan word as hulle bereid is om “stutorganisasies” (Vorster se woord) vir die kerk of die NP te wees. Dat hierdie opmerking nie net vir die Rapportryers nie maar ook vir die AB bedoel was, was sonder meer duidelik.

A1 hierdie gebeure het die spanning in baie afdelings laat oplaai en spoedig het dit weerklank gevind in die Pretoriase Sentrale Komitee (SK) waarin al die plaaslike afde­lings verteenwoordig is. Van soveel afdelings is klagtes ontvang dat die dagbestuur van die SK afvaardigings van die betrokke afdelings moes ontmoet om besware aan te hoor, dit te formuleer en aan die UR voor te lê. Hierdie byeenkoms is op 29 Julie 1968 gehou en volgens die notule van daardie vergadering is duidelik en soms skerp taal gepraat. Na die samesprekings is die klagtes onder nege punte saamgevat met die weglating van besonderhede vir geval die dokument in verkeerde hande sou beland. Die stuk wat bedoel was as ba­sis vir samespreking met die dagbestuur van die UR, het gelui:

  1. Die onrus in Afrikanerkringe is baie wydversprei.
  2. Daar is onduidelikheid oor die toepassing van sekere aspekte van regeringsbeleid ten opsigte van onder andere sport, Nie-Blanke diplomate in Blanke gebiede, uitwaartse beleid, werkreservering en immigrasie. Voorts is daar kommer oor ekonomiese en plaaslike bestuursbeleid en oor die dreigende breuk in die NP.
  3. Die liberalistiese element kry volle lewensruimte terwyl die behoudende element altyd hok geslaan word.
    1. (a)Blykbaar is daar ’n gebrek aan kommunikasie tussen die Regering en die AB. Die AB (bedoelende die gewone AB-lid) weet slegs wat hy in die koerante lees.

(b) Al meng die AB hom nie in met die partypolitieke masjinerie nie, kan nie gesê word dat hy verder met die Nasio­nale politiek niks te maak het nie, aangesien die politiek die hele staatshuishouding raak en die AB daar is om op elke terrein te waak oor Afrikanerbelange op Christelik-nasionale grondslag.

  1. Die Afrikaanse geldmag werk tans tot groot hoogte saam in vennootskap met vyande van die Afrikaner en hierdie vennootskap word nou ook na ander terreine oorgeplant.
  2. Broederskap kom ernstig in die gedrang. Sommige broers verkondig en doen dinge wat die Afrikaner se identiteit aftakel en direk indruis teen die instellingsbelofte. Veral se­kere koerantredakteurs is hieraan skuldig. Onder andere val hulle voortdurend broers aan (byvoorbeeld die UR-voorsitter) en speel broers teen mekaar af. Afrikanerorganisasies wat op Christelik-nasionale grondslag staan, word op allerlei wyse afgekraak, terwyl die volksvreemde meermale vergoeilik word.
  3. As daar broers is, moet daar ’n vader wees en dit is die UR wat vaderskap oor die broers moet aanvaar. Waar broers verskil oor basiese dinge, is dit nodig dat die UR: (a) vasstel wie die instellingsbelofte en Bondsideaal nakom en uitleef en wie nie, (b) die saak probeer besleg, (c) uitsluitsel gee, (d) gehoorsaamheid eis en (e) dissiplinêr optree as bogenoemde nie help nie. As dit nie gebeur nie, ontwikkel die AB in ’n gesplete persoonlikheid en stuur op ’n ramp af vir onsself en vir ons volk.
  4. Dit is noodsaaklik dat die UR aan bogenoemde dringende aandag gee en die afdelings op hoogte stel van sy bevindings en optrede.
  5. Voorts word gevoel dat dit noodsaaklik is dat UR steeds betyds meer direkte en duidelike leiding gee in verband met strominge in die volkslewe, sodat verwarring soos die huidige liewer voorkom kan word. Die AB mag nie ’n soort agterryer van ander organisasies word wat agterna die kastaiings uit die vuur moet krap nie. Hy moet die gewete van die volk wees en betyds duidelike prinsipiële en praktiese leiding gee — ook om doelbewus aan die Republiek ’n Afrikaanse karakter te verleen.

Die dagbestuur van die SK wou graag die dagbestuur van die Uitvoerende Raad ontmoet, maar kon slegs daarin slaag om Meyer te spreek. Die voorafgaande stuk is aan hom oorhandig en mondelings breedvoerig toegelig. Volgens die afvaardiging het Meyer met alles saamgestem. Hy het die afvaardiging gevra om hom net ’n tydjie kans te gee om die sake reg te stel.

Presies ’n jaar later, op 28 Julie 1969, verskyn die volgende verslag in die SK se notule: “Die sekretaris het aan hoofsekretaris geskryf oor die vroeëre voorgelegde stukke. Daar word nog op ’n antwoord gewag.”

Vervolg...

U soek na?

  • HOU VAKANSIE IN MOSSELBAAI !

    Baie netjiese vakansie-akkommodasie in Fraai Uitsig, Kleinbrakrivier, Mosselbaai Munisipaliteit. Twee kilometer vanaf Kleinbrak en Tergniet se swemstrande en ongeveer 10 kilometer vanaf Hartenbosch. Pick n Pay binne loopafstand.
    Kliek hier vir volledige inligting en foto's: OPSOEK NA BEHUISING VIR VAKANSIE?
     
    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________
     
    SKAARS BOEKE TE KOOP
    C J LANGENHOVEN 16 VOLUMES
    FAK-SANGBUNDEL 1 VOLUME
    Hierdie 16 volume Langenhoven-stel is 'n goedopgepaste kosbare versamelstuk. Dit beslaan die volledige inhoud van Langenhoven se bundels soos Sonde met die Bure; Loeloeraai; Herrie op die ou Tremspoor; Doppers en Filistyne; en al die kosbare stories uit die pen van Langenhoven.
    Die FAK-sangbundel is ook in goeie toestand en kan saam of apart van die Langenhovenstel gekoop word.
    Eienaar moet na 'n kleiner woonplek verhuis en vra 'n redelike aanbod vir sy boeke.
    Die aanbevole waardasieprys vir die Langenhovenstel is R1600.00; en vir die FAK R100.00
    Koerierkoste sal bykomend wees.
    Kontak

    Chris Carstens

    Sel no 082 954 3383

    Epos adres

    chris.carstens

    @vodamail.co.za

    ___________
    DIGBUNDELS:
      'n Versameling van 4 elektroniese bundels - 226 gedigte @R350.00:  
    Vir alle navrae  skryf aan 
    Amanda
    @waterstrome.co.za
    Uittreksel uit:
    'n Nasie in Pyn:
    ...Saam sal die hele wêreld vir hulle bid.
    Saam sal ons met pyn in ons harte sit.
    Mag hulle berus in u wil
    Mag hulle voor U verstil.
    _________
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het  in gedrukte vorm verskyn. 
    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
    DIE
    VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
    Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

     

    U kan hierdie boek bestel by
    ds AE van den Berg
    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com
    Prys: R50-00

     
  • BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    ('n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 'n Nuwe Trek (Exclusive Books) Prys: ZAR180

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is by http://tinyurl.com/lx9vrs8

    ... en loot.co.za dit verkoop teen R169 http://tinyurl.com/l26h6jl

    ... kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD


    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    JULIE 2013

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. 

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2 NOU BESKIKBAAR

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
    of skakel hom by
    074 967 5187


    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  • Kliek op DIE CHARISMATIESE GEVAAR om meer oor hierdie boek te wete te kom Lees verder...  
  • FILM OOR DR HF VERWOERD

    Kyk by hierdie skakel http://youtu.be/TcO3zPF8998

      na die kort film oor dr HF Verwoerd.   
    Dit kan ook direk bestel word by Riaan: +27823712682 of by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
     

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

 

'N BIETJIE LANGENHOVEN:

Ek sê nie al die suur mense is Fariseërs nie, maar naastenby al die Fariseërs is suur. In alle geval, solank hulle onthou om Fariseërs te wees. Want dis ook 'n inspanning.
Verbeel jou 'n wêreld sonder 'n skaterlag, sonder eens 'n glimlag. 'n Hemel op aarde, sal die Fariseër sê. Uit so 'n hemel sou ek wou wegloop hel toe.

Die man wat ek na soek, is nie dié wat die minste foute maak nie, maar dié wat die meeste foute régmaak.

Slaap laat solank as jy jou eie baas is en daar sal 'n tyd kom wanneer 'n 'n baas jou sal laat vroeg opstaan.

Ontydige vlyt is die merk van die luiaard. Dis sy verskoning vir ontydige rus.

Ons reken ons geluk vir ons loon en ons straf vir ons ongeluk.

Welvaart is die  dogter van matigheid en die moeder van weelde.

My swaarste pad trap ek self vir my plat, en die swaarste is die wat my voete nooit vat.

Daar is geen kuns by sukkel en geen sukkel by kuns.

Die boer wat nie saai nie sal nie misoeste kry nie, maar hy sal geen goeie ook kry nie.

Het die daeraad lief en die dag sal jóu liefhê.

'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie.

Dis die flukse perd wat flou word. Meer moeite as wat die vlytige het vir sy loon, het die luiaard verniet.

Op die ou end werk die vlytige man vir homself, die luiaard vir 'n ander.

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Kla net oor jou kooi as dit 'n ander is wat dit vir jou opgemaak het.

Hoe korter jy jou kuier maak, hoe gouer sal jy weer genooi word.

Om my naaste lief te hê is vir my 'n sware gebod. Met die mense daargunter kry ek dit nog op 'n manier reg.

Jy sê "ja" waar jy moes "nee" gesêhet omdat jy die ander nie wil aanstoot gee nie. Maar eken hoe het hy jou aanstoot gegee met sy versoek!

Aan 'n nuwe wa kan jy sien of dit 'n goeie skilder was; aan 'n oue of dit goeie wamaker was.

Trek liewer vir jou vriend jou broek uit as om vir hom vir 'n baadjie borg te staan. Anders loop julle naderhand albei nakend.

Die vriendskap wat jy moet koop is 'n duur artikel. Jy sal nie weer jou prys kry as jy dit van die hand wil sit nie.

Moenie vriendskap en besigheid meng nie – jy bederf albei.

'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie.

Maak jou vriendelikheid goedkoop en hou jou vriendskap duur.

Moenie jou vriend vergeet nie; dit sal hom seermaak. Maak jou vyand daarmee seer.

'n Skare is 'n versameling van eensames.

Stuur die luiaard na die miere, en as hy nie te lui is om te gaan nie sal hy te lui wees om weer terug te kom.

Dis net so moeilik om maklikheid in die ou wêreld te kry as wat dit maklik is om moeilikheid te kry.

Waardeer die werk van jou vrou. Jy kan nie op die aarde 'n ander kneg kry vir dieselfde diens en dieselfde prys nie.

Met spaarsaamheid sal jy uit die kleinste inkomste iets oorhou; met verkwistery sal die grootste vir jou te min wees.

Besorg jou eie boodskap en reken die moeite teen dit wat die misverstand jou sou gekos het.

Het die ryk man nodig om so suinig te wees? Maar hy is nie 'n ryk man wat suinig geword het nie; hy is 'n suinige man wat ryk geword het.

Help jou swakke mededinger op die bene bly.  As hy tot niet gaan, kom daar dalk 'n sterke in sy plek.

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES (7)

(Lees die reeks by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

  • Die adderbyt van naberou is verskriklik (Naberou is ontstellend.)
  • Hy het hom in 'n addergebroedesel begewe (Hy was tussen 'n groep nydige, aanvallende mense.)
  • Sy het hom adieu toegeroep (Sy het vaarwel gesê.)
  • 'n Adres van adhesie is 'n geskrif waarin instemming betuig word met 'n versoek.
  • Jy is nou by die verkeerde adres (Jy soek die oorsaak van die kwaad by die verkeerde persoon.)
  • Dit was advokatery (Dit was regskundige uitoorlêery.)
  • Hy sal die werk weer afbroddel. (Hy sal knoeiwerk of slordige werk verrig.)
  • Sy wil elke takie afbrom (Sy kla die hele tyd terwyl sy werk.)
  • Jy kan nou maar afdans (Jy kan nou maar skoert.)
  • Moet hom nie op sy verdienste afdwing nie (Moet hom nie verkleineer nie.)
  • Die ou werkie draf ek gou af (Ek sal dit sommer gou afhandel.)
  • Hulle wil die rusie afdrink (Hulle wil vrede maak.)
  • Sy het soms baie affêrinkies (Sy is dikwels vol nukke en nonsens.)
  • Hy sal wel weer geld van haar affutsel (Hy sal dit op 'n oneerlike manier van haar kry.)
  • Daar kan niks van afgaan nie (Dit kan nie ontken word nie.)
  • Hy sal 'n afgehekste loesing kry ('n deeglike pak slae.)
  • Sy is 'n afgelekte meisie (Sy het al baie kêrels gehad.)
  • Jy lyk so afgesak (Jy lyk baie moeg.)
  • Hy het afgetop gelyk (Hy het verleë gelyk.)
  • As jy iets van hom wil hê sal jy dit moet afgoël (Hy is so suinig!)
  • So 'n afhaler is onnodig ('n Onnodige belediging.)
  • As dit afhang moet ons dit maar opbind (Skertsend wanneer iemand gedurig begin met "Dit hang af..."
  • Na elke partytjie is hy babalaas ( dan ly hy aan die gevolge van te veel alkohol).
  • Daar was 'n Babelse gegons van stemme (Almal het gelyktydig gepraat).
  • Dit was 'n Babelse verwarring (Dit was baie deurmekaar).
  • Hy sal weer mooi broodjies kom bak (Hy sal kom vlei en mooipraat om sy doel te bereik),
  • Hulle eet nie uit een bak nie (Hulle is nie vriende nie).
  • Sy het hom 'n bak gewys (Sy het hom onvriendelik tereggewys).
  • Gou by die bak maar lui by die vak (Hy is eerste daar waar iets te ete is maar traag as hy moet werk).
  • Hy maak sy hande bak (Hy kom bedel iets).
  • Ons moes bak staan (Ons moes hard werk).
  • Dit was sommer 'n bakerpraatjie (Dit was 'n skinderstorie).
  • Jerusalem is die bakermat van die Christelike Kerk ( Dis waar dit begin het. 'n Bakermat was 'n mandjie waarin die baker – die vrou wat 'n pasgebore baba versorg het – die kindjie op haar skoot voor die vuur versorg het).

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3531 gaste aanlyn