Nuutste bydraes

GEDAGTES VIR ELKE DAG

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Is daar onmin in u gesin, dalk verbitterde familie met verharde harte wat weier om met mekaar te praat, dalk kinders wat sukkel om die reguit pad te stap? Kom ons bid gereeld: "Ons Vader in die hemel, ons pyn is werklik maar U ken dit. Laat ons asseblief u troostende aanraking in ons harte voel. Help ons om die mense wat mekaar en vir ons so seermaak, lief te hê met die liefde waarmee U ons liefhet. Vervul hulle en ons harte met u vergifnis. In Jesus se Naam. AMEN".

DIE BROEDERBOND IN DIE AFRIKANER- POLITIEK (23) (SLOT)

B M Schoeman

(Lees reeks by AB in die Afrikanerpolitiek )

Met die skrywe van hierdie boek in 1982 was dit nie Beaumont Schoeman se bedoeling om verdere onthullings van die Broederbond se geheime te maak nie. Sy doel was om te illustreer watter rol die Broederbond in die Afrikanerpolitiek gespeel het. Schoeman slaag daarin om aan die hand van eie dokumentasie aan te toon dat die Broederbond, in stryd met sy eie grondwet en reglement, ‘n instrument in die hand van ‘n bepaalde politieke party was ten tye van dié publikasie. Wat Schoeman toe nog nie kon weet nie is hoe ver die grense van die Broederbond se verraderlikheid sou uitbrei tot hulle op aandrang van die internasionale geldmag Suid-Afrika aan ‘n korrupte swart regering oorgegee het. Vandag opereer en skuil die Broederbond onder die naam Afrikaner Bond (AB) en is selfs meer listig as tevore terwyl hulle steeds die toutjies agter die gordyn probeer trek.

Die skeuring van 1969

Die jaar 1969 het begin, swanger van onheil vir die Afrikaner. Op die kultuurfront het die vlamme oral uitgeslaan, maar dit was veral op gebeure in die Nasionale Party wat alle oë gerig was. ’n Skeuring is immers elke dag verwag. Dat politici pogings sou aanwend om dit te verhoed, was vanselfsprekend en telkens is die kwade dag vorentoe geskuif nadat nuwe be- loftes gemaak is dat daar nie van tradisionele beleid afgewyk sou word nie. Binne die AB het dit al duideliker geword dat die UR in hierdie proses na twee kante probeer speel het, maar baie harder na die een kant toe. Hy wou graag ’n skeuring in die AB self voorkom, maar hy wou ook tot elke prys Vorster ter wille wees.

Hoe dit ook al sy, dit was duidelik dat die UR geen plan gehad het om op te tree teen afwykings binne die AB waar dit Vorster geraak het of persone wat sy beskerming geniet het nie. Terselfdertyd moes dit nie openlik gesê word dat die UR hierdie mense steun nie. Daarom is van die kant van Meyer en Naude Botha die vertragingstaktiek gevolg waarna reeds verwys is, byvoorbeeld ten opsigte van die stuk van die Pretoriase Sentrale Komitee en die klagte teen Cillie en Pienaar en die goedpratery van Rupert en Van der Merwe. Vir elke saak het Meyer telkens ’n kitsoplossing gehad waaraan hy allerlei beloftes gekoppel het.

Presies in hierdie patroon van na twee kante speel, verbly die UR hom daarin as die skeuring weer eens uitgestel word, maar kan dan nie nalaat om Vorster te prys vir sy broederlikheid nie! In die omsendbrief van Junie 1969 staan daar: “Die UR het met dank kennis geneem van die mededelinge wat gedurende die afgelope maand gedoen is in verband met die oplossing van probleme in Afrikanergeledere, veral binne die Nasionale Party. Daar bestaan hoë waardering vir die broederlike wyse waar op die Partyleiding teen ander vriende opgetree het...”

Intussen is die omsendbriewe van die AB al sterker ingespan om propaganda vir die Regeringsparty te maak, nieteenstaande die verbod van die grondwet en reglement op partypolitiek binne die organisasie. Reeds in Mei 1969 word die volgende in ’n omsendbrief berig: “Waar daar in die jongste tyd op onverantwoordelike wyse sprake is van ’n nuwe Party wat dan ’n tuiste vir ontevrede Nasionaliste sou bied, wil die UR langs hierdie weg weer eens op elke broer se hart druk: ons organisasie sal nie regstreeks of onregstreeks enige poging om ons volk polities te verdeel, steun nie, aangesien nie alleen byna al ons politieke leiers lede van ons organisasie is en ons steeds welwillende en openhartige toegang in alle sake tot hulle het nie, maar ook omdat die Nasionale Party talryke kanale in en deur sy eie organisasie bied vir gemotiveerde kommentaar, opbouende kritiek en moontlike wysigings ten opsigte van politieke beleid en die implementering daarvan, selfs tot in die kleinste besonderheid. Die UR wil van sy kant beklemtoon dat, op grond van sy gereelde same- sprekings met ons Eerste Minister en lede van sy Kabinet, daar geen regverdiging hoegenaamd vir die stigting van ’n nuwe Party bestaan nie.”

Die UR kom tot hierdie gevolgtrekking na eensydige samesprekings met die Eerste Minister en lede van die Kabinet.

Sou enigiemand kon verwag dat van daardie kant enige ander indruk geskep sou word? Die vraag kan ook gestel word waarom nie ook samesprekings met die AB-lede onder die “ontevrede Nasionaliste” gevoer is nie? Maar as van hierdie “ontevrede Nasionaliste” uit die NP geskop word, onthou Meyer skielik die bepalings van die grondwet. In die omsendbrief van 7 Oktober 1969 word verslag gedoen van “’n informele besoek” wat die UR op 25 September 1969 by Vorster in Libertas afgelê het. Dit lui onder meer: “Ten op­sigte van dissiplinêre optrede teen lede van die Party wat nie hul weg oopsien om hulle by kongresbesluite neer te lê nie, het die UR-voorsitter beklemtoon dat die AB hom nie in die huishoudelike sake van die Party inmeng nie.” Dan word voortgegaan: “Hy (die UR) sal egter graag soos in die verlede wil voortgaan om ons broers in die leiding van die Nasionale Party oor landsake in te lig waaromtrent getroue lede en ondersteuners van die Party bekommerd mag voel of graag deur die Regering bevorder wil sien.”

Twee sake is hier interessant. Eerstens die feit dat die UR nie die AB se standpunt aan die Regering gaan oordra nie, maar dié van “getroue lede en ondersteuners van die Party”. Die UR tree dus by die Party op namens lede van die Party. Wat het dan geword van die “talryke kanale” wat die Party “in en deur sy organisasie bied vir gemotiveerde kommentaar”? Of het die AB dan nou deel van die Party-organisasie geword?

Tweedens wil die UR optree namens bekommerde “ge­troue lede” van die Party, maar as daardie getroue lede uit die Party geskop word omdat hulle by tradisionele Afrikanerbeleid bly staan, dan sê Meyer “dat die AB hom nie in die huishoudelike sake van die Party inmeng nie”.

Terselfdertyd is die UR bereid om alles te aanvaar wat van regeringskant kom. Die verslag lui voorts: “Die UR aanvaar ook die versekering van die Regering dat in die toepassing van die neergelegde sportbeleid streng gewaak sal word teen enige optrede of gebeure wat tot ondermyning van ons tradi­sionele apartheidsbeleid mag lei.”

Geen wonder dat hierdie verslag met die volgende sin afsluit nie: “Broer Vorster het hierop geantwoord dat hy die UR se medewerking steeds opreg verwelkom en waardeer!” Oor die UR se medewerking om ’n partybeleid te bedryf wanneer dit in Vorster se guns was en dan skielik “nie in die huishoudelike sake van die Party in te meng” wanneer dinge teen sy politieke belange was nie, kon Vorster bepaald nie ontevrede gelaat het nie! Trouens, reeds op die Bondsraad van 1968 het Vorster gesê: “Dit is waar wat u in u verslag ge­sê het, dat met omsendbriewe wat u die afgelope tyd uitgestuur het, u eintlik afgewyk het van ’n ou gebruik om nie direk na die politiek te verwys of dit in omsendbriewe te berde te bring nie. Dit is goed dat u dit gedoen het. Want die omstandighede waarin ons ons vandag bevind, dui onteenseglik daarop, en uit die ervaring wat ek in die afgelope jare (en by uitstek die afgelope twee jaar) opgedoen het, het dit vir my meer as duidelik geword, dat veral in die twee jaar wat voorlê daar niks deur iemand of iets gedoen moet word wat die Party waarvan ek die leier is, sal seermaak nie.”

Die omstandighede waaronder die politieke skeuring in September 1969 geskied het, is welbekend en hoef nie hier herhaal te word nie. Die onmiddellike aanleidende oorsaak vir die uitdrywing van sekere Afrikaners uit die NP was Vorster se sportbeleid wat aanvanklik om die enkele kwessie van Maori’s in ’n besoekende All Blackspan gewentel het. In 1968 het die AB-komitee oor sport nog aanbeveel dat “die beleid van afsonderlike ontwikkeling ook op sportgebied toegepas moet word en dat geen mededinging tussen Blank en Nie-Blank binnelands plaasvind nie.” ’n Jaar later word mense uit die NP geskop omdat hulle geweier het om van daardie be­leid af te wyk.

Op 24 Oktober 1969, die eerste dag van die stigtingskongres van die HNP, stuur Meyer ’n buitengewone omsendbrief namens die UR uit oor “Die AB en die huidige politieke toestand.” Daarin word onder meer verklaar: “Met ons instelling word beklemtoon dat, hoewel nie van ons verwag word om altyd eenders te dink en te doen nie, ons deur Broerskap saamgebind word om ons volk op alle lewensterreine te dien sonder om eie eer en voordeel te soek. Waar broers van mekaar verskil en ook tussen broers tans ’n po­litieke stryd gevoer word, moet dit as broers, Christenbelyders, geskied. Hoe ons van mekaar verskil, is vir die AB belangriker as die feit dat ons van mekaar verskil. Dit was die beproefde weg toe daar voorheen gedurende die veertigerjare ’n soortgelyke toestand geheers het. Nieteenstaande die verwydering wat toe tussen Afrikaners gekom het, het ons tog weer later bymekaar gekom.”

Pragtige woorde, maar net in die volgende paragraaf laat Meyer geen twyfel waar die AB in die komende politieke stryd sou staan nie. Hy skryf, “Waar sekere interpretasies van byvoorbeeld die Regering se sportbeleid strydpunte on­der broers geword het, aanvaar die UR die versekering van die Eerste Minister dat in die toepassing daarvan streng gewaak sal word teen enige optrede of gebeure wat tot die ondermyning van ons tradisionele apartheidsbeleid mag lei.” En dan word die vrome kwalifikasie weer bygevoeg: “Ons organisasie meng ook nie in die huishoudelike sake van die Party in nie.”

Watter bespotting Meyer van “die beproefde weg” gemaak het, blyk uit sy verslag op die Bondsraad van 1970. Hierin ruk Meyer self die masker van partypolitieke onpartydigheid af en erken hy openlik dat die UR hom van die begin af by die NP en teen die HNP geskaar het. Waar oor die “werksaamhede van die UR” gerapporteer word, word dadelik ge­sê dat dit “teen die agtergrond van politieke en ander gebeu­re in Suid-Afrika beoordeel (moet) word.” En onmiddellik word die ou valse propaganda herhaal “dat daar binne die geledere van die Nasionale Party as politieke tuiste van die Afri­kaner sodanige onmin ontstaan het dat ’n aantal LV’s en an­dere weggebreek het om ’n eie Party te stig.” Die feit dat hierdie LV’s uitgedryf en uitgeskop is omdat hulle by Afrikanerbeginsels en AB-ideale bly staan het, word sorgvuldig verswyg. Van die feit dat die uitskoppery geïnisieer is onder leiding van AB-lede wat die AB-ideale verloën het, word natuurlik net so sorgvuldig verswyg.

Die verslag meld voorts dat die indruk posgevat het dat die skeuring groter was as wat werklik geblyk het. En dan verbly Meyer hom daarin dat die pasgebore HNP nie beter gevaar het nie as hy verder rapporteer: “’n Ingebore sin vir verantwoordelikheid en realisme en die wete dat grootskaalse Afrikaner-verdeeldheid onherroeplike skade kan veroorsaak, het op die ou end die deurslag gegee soos uit die uitslae van die algemene verkiesing van 1970 blyk.”

Waar in ’n enkele paragraaf daarna verwys word “dat die optrede van die perswese in die algemeen die gramskap van Afrikaners en ons lede veroorsaak het”, word slegs die naam DIE AFRIKANER, amptelike blad van die HNP, genoem: “Die toetrede aan die begin van 1970 van ’n nuwe Afrikaanse koerant, Die Afrikaner, tot die persterrein het die situasie ver­der vertroebel.” Meyer het klaarblyklik nie kans gesien om in ’n enkele afkeurende sin die name te noem van die Afrikaanse koerante wat, onder leiding van AB-lede, alles in hulle vermoë gedoen het om die skeuring te forseer nie. Hy kry dit net reg om die naam te noem van die koerant wat as gevolg van die skeuring ontstaan het.

Met groot vroomheid vertel hy hoe ernstig die UR probeer het om die politieke skeuring te voorkom. “Beroeringe in Afrikanergeledere,” sê hy, “moes noodwendig ’n groot deel van die UR se aandag in beslag neem. Samesprekings met individuele vriende en groepe vriende om ’n skeuring te voorkom en eensgesindheid te bevorder, onderlinge gesprekke, langdurige samesprekings op UR-vergaderings self, ens., het in die tyd plaasgevind.”

Enige normale mens sal hieruit aflei dat hierdie samespre­kings met leidende figure in albei partye gevoer is. Die ware toedrag van sake is dat nog Meyer, nog enigiemand van sy Uitvoerende Raad soveel as een gesprek met ’n leier van die HNP of ’n dagbestuurslid of enigiemand anders in ’n leidinggewende posisie in die HNP gevoer het. Vir wie probeer Mey­er hier ’n rat voor die oë draai? Net so min as wat enige waarde aan hierdie stelling geheg kan word, net so min waarde kan geheg word aan enige ander uitlating oor pogings om die eenheid te bewaar.

Maar Meyer se jaarverslag is op hierdie punt van die UR se partypolitieke partydigheid nog nie klaar nie. Dit lui voorts: “Die feit dat daar in sommige afdelings lede is wat aan verskillende politieke partye verbonde is, veroorsaak spanning en die saak sal in toenemende mate die aandag van die UR vereis as vriende nie met verantwoordelikheid optree nie.”

Meyer sê nie van watter vriende uit watter politieke par­tye hierdie verantwoordelike optrede verwag word nie. Met hoeveel verantwoordelikheid hy en sy UR self hierdie “span­ning” hanteer, blyk uit die daaropvolgende sin van die ver­slag: “Die UR het uit sy pad gegaan om ondersteuning van die Nasionale Party aan te moedig en is daarvan oortuig dat die Party die beste is om ons staatkundige ideale te bevor­der.”

Daarmee was die groot woord uit. In duideliker taal kon dit nie gesê word nie. In die stryd tussen die twee politieke partye waaraan sy lede behoort — die HNP en die NP — het Meyer en die UR ten duidelikste die kant van die NP gekies. Agttien maande later, op die Bondsraad van April 1972, sou ’n toekomstaak in die volgende woorde aan die AB gestel word: “Ons moet die volgende verkiesing nie alleen nou reeds op positiewe wyse aanpak nie, maar dit onder die banier van ons eendragtige Afrikanerskap tot ’n grootse Na­sionale oorwinning deurvoer.” Dit is as toekomstaak vir die AB gestel, maar in sy jaarverslag van 1970 verklaar Meyer onomwonde dat hy dit ook reeds in die voorafgaande verkie­sing van 1970 gedoen het.

Dat die AB-voorsitter op die Bondsraad van 1972 nie skroom om teen die oorspronklike aard van die Broederbond letterlik alles in die stryd te werp ter wille van die Regeringsparty nie, blyk uit die daaropvolgende deel van sy voorlesing. “Om dit in die nouste samewerking met ons politieke leiers te doen,” verklaar hy, “moet ons organisasie se spesifieke; taak die volgende insluit:

“(a) Ons moet die nasionaal-politieke verantwoordelikheid en plig van elke lid en van elke Afrikaner, veral van ons jong Afrikaners, vir ’n grootse oorwinning met die volgende verkiesing op grond van verenigde Afrikanerkragte sistematies-deurlopend inskerp.

“(b) Ons moet die Nasionale Afrikaner nou reeds besiel om aan homself ’n positiewe Nasionale taak vorentoe te stel en om op te hou met haarklowerige redesoekery vir die ontstaan van die huidige situasie. Ons politieke leiers; weet beter as ons watter moontlike tekortkomings op die georganiseerde nasionaal-politiese gebied vorentoe; uit die weg geruim moet word.

“(c) As kultuurorganisasie is dit ons besondere taak om nou reeds te begin om samesnoerende en inspirerende kulturele funksies op groot skaal landwyd te beplan en te organiseer, funksies soos die Ossewatrek, die Monumentbyeenkomste, die Taalfeeste (Wonder van Afrikaans) en ander van die verlede. In 1974 is dit vyftig jaar sedert ons eerste Nasionale Regering met sy beleid van Suid-Afrika Eerste aan bewind gekom het — ’n bewind wat vir die Afrikanerdom van die allergrootste betekenis was, nie net polities-ekonomies nie, maar ook kultureel. Dit kan byvoorbeeld ’n goeie geleentheid vir groot volksfeeste voor die volgende verkiesing bied.

“(d) Ons moet alle oumeiderige beskindering van mekaar en agterbakse aftakeling van ons leiers op alle lewensterreine met alle mag bestry en met wortel en tak uitroei.” Meyer se woordkeuse is hier belangrik, byvoorbeeld “spe­sifieke taak” in verband met die volgende verkiesing, en “’n goeie geleentheid vir groot volksfeeste voor die volgende ver­kiesing”. Die vergryp teen die Afrikanerdom en teen die AB se grondwet en reglement ter wille van ’n bepaalde politieke party is hier so onverbloemd dat dit daardie stigterslede wat reeds die tydelike met die ewige verwissel het, in hulle graf sou laat omdraai het.

Die voorlesing deur Meyer bevat ook ander, uiters betekenisvolle inligting. Met die stelling “ons politieke leiers weet beter”, word inderdaad bedoel dat die dade van die politieke leiers voortaan nie meer in die Broederbond bevraagteken sou kon word nie. Daarby is die bedoeling klaarblyklik om alle kritiek teen die NP te besweer. Hoe erg hierdie onderworpenheid van lede moet wees, blyk uit ’n ander deel van Meyer se voorlesing. “Ons lede,” lui dit, “is en behoort immers tegelyk aktiewe lidmate van hul Afrikaanse kerke en van hul eie Nasionaal-politieke Party te wees.”

Dit is opvallend hoe in die meervoud van kerke gepraat word, maar in die enkelvoud van party. Broederbondlede kan dus aan een van meer kerke behoort, maar aan net een politieke party. Dit beteken dat ’n AB-lid verplig is om lid van die NP te wees en om die NP te help om verkiesings te wen deur agter die skerms byvoorbeeld volksfeeste met die doel te help reël.

Die verwysing na die Afrikaanse kerke het ’n betekenisvolle kinkel. Net na die aangehaalde deel waarin die Afri­kaanse kerke genoem word, volg dan die woorde: “En (ons) moet steeds in hierdie verband leiding van ons organi­sasie ontvang — dit geld ook vir ons kerke en ons party — ten opsigte van die kultuurterrein.” Dat Meyer hier te kenne gee dat Afrikaanse kerke voorskrifte van die Broederbond ontvang ten opsigte van die kultuurterrein, is onteenseglik.

Watter skrille kontras vorm hierdie standpuntstellings van Meyer namens die UR nie met sy uitspraak oor die versoenende taak van die AB in sy rede van 1 Oktober 1968 nie. Toe het hy gesê: “Dit was die situasie met samesmelting toe sogenaamde Gesuiwerdes en Smelters ook in ons eie kringe ’n onderlinge stryd gevoer het en toe ons lede in die oorlogsjare tegelyk lede van die HNP, die Afrikanerparty, die Nuwe Orde en die Ossewabrandwag was. Wanneer politieke verskille, soos ook in die jongste tyd, binne nasionale kringe dreig om tot ernstige verdeeldhede te lei, het ons Broerskap steeds gereageer om Afrikaner-nasionaliste saam te bind en bymekaar te hou en het die AB hom daarom nooit met die een kant van die verskil vereenselwig nie.”

Tussen hierdie “onpartydigheid” van Oktober 1968 en die “uit sy pad gegaan” om kant te kies in 1970, moes iets gebeur het. Daar is net een verklaring: Vorster het daarin geslaag om die Broederbond volledig in te palm as “stutorganisasie” vir sy Party en hy het in die UR ’n gewillige instrument gevind om die grondwetlike en reglementêre bepalings van die Broederbond oorboord te gooi.

Dit verbaas dus nie dat tien jaar later liberaliste buite die AB saam met hulle liberale geesgenote binne daardie organi­sasie begin het met ’n berekende veldtog om die Broederbond finaal te vernietig nie. Hoe anders kon die toestand nie gewees het as die UR, onder leiding van Meyer, tien jaar gelede nie dienstigheid aan ’n politieke leier en ’n vervormde politieke party bo handhawing van beginsels en ideale gestel het nie!

EINDE

U soek na?

  • HOU VAKANSIE IN MOSSELBAAI !

    Baie netjiese vakansie-akkommodasie in Fraai Uitsig, Kleinbrakrivier, Mosselbaai Munisipaliteit. Twee kilometer vanaf Kleinbrak en Tergniet se swemstrande en ongeveer 10 kilometer vanaf Hartenbosch. Pick n Pay binne loopafstand.
    Kliek hier vir volledige inligting en foto's: OPSOEK NA BEHUISING VIR VAKANSIE?
     
    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________
     
    SKAARS BOEKE TE KOOP
    C J LANGENHOVEN 16 VOLUMES
    FAK-SANGBUNDEL 1 VOLUME
    Hierdie 16 volume Langenhoven-stel is 'n goedopgepaste kosbare versamelstuk. Dit beslaan die volledige inhoud van Langenhoven se bundels soos Sonde met die Bure; Loeloeraai; Herrie op die ou Tremspoor; Doppers en Filistyne; en al die kosbare stories uit die pen van Langenhoven.
    Die FAK-sangbundel is ook in goeie toestand en kan saam of apart van die Langenhovenstel gekoop word.
    Eienaar moet na 'n kleiner woonplek verhuis en vra 'n redelike aanbod vir sy boeke.
    Die aanbevole waardasieprys vir die Langenhovenstel is R1600.00; en vir die FAK R100.00
    Koerierkoste sal bykomend wees.
    Kontak

    Chris Carstens

    Sel no 082 954 3383

    Epos adres

    chris.carstens

    @vodamail.co.za

    ___________
    DIGBUNDELS:
      'n Versameling van 4 elektroniese bundels - 226 gedigte @R350.00:  
    Vir alle navrae  skryf aan 
    Amanda
    @waterstrome.co.za
    Uittreksel uit:
    'n Nasie in Pyn:
    ...Saam sal die hele wêreld vir hulle bid.
    Saam sal ons met pyn in ons harte sit.
    Mag hulle berus in u wil
    Mag hulle voor U verstil.
    _________
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het  in gedrukte vorm verskyn. 
    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
    DIE
    VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
    Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

     

    U kan hierdie boek bestel by
    ds AE van den Berg
    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com
    Prys: R50-00

     
  • BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    ('n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 'n Nuwe Trek (Exclusive Books) Prys: ZAR180

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is by http://tinyurl.com/lx9vrs8

    ... en loot.co.za dit verkoop teen R169 http://tinyurl.com/l26h6jl

    ... kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD


    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    JULIE 2013

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. 

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2 NOU BESKIKBAAR

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
    of skakel hom by
    074 967 5187


    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  • Kliek op DIE CHARISMATIESE GEVAAR om meer oor hierdie boek te wete te kom Lees verder...  
  • FILM OOR DR HF VERWOERD

    Kyk by hierdie skakel http://youtu.be/TcO3zPF8998

      na die kort film oor dr HF Verwoerd.   
    Dit kan ook direk bestel word by Riaan: +27823712682 of by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
     

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

 

'N BIETJIE LANGENHOVEN:

Ek sê nie al die suur mense is Fariseërs nie, maar naastenby al die Fariseërs is suur. In alle geval, solank hulle onthou om Fariseërs te wees. Want dis ook 'n inspanning.
Verbeel jou 'n wêreld sonder 'n skaterlag, sonder eens 'n glimlag. 'n Hemel op aarde, sal die Fariseër sê. Uit so 'n hemel sou ek wou wegloop hel toe.

Die man wat ek na soek, is nie dié wat die minste foute maak nie, maar dié wat die meeste foute régmaak.

Slaap laat solank as jy jou eie baas is en daar sal 'n tyd kom wanneer 'n 'n baas jou sal laat vroeg opstaan.

Ontydige vlyt is die merk van die luiaard. Dis sy verskoning vir ontydige rus.

Ons reken ons geluk vir ons loon en ons straf vir ons ongeluk.

Welvaart is die  dogter van matigheid en die moeder van weelde.

My swaarste pad trap ek self vir my plat, en die swaarste is die wat my voete nooit vat.

Daar is geen kuns by sukkel en geen sukkel by kuns.

Die boer wat nie saai nie sal nie misoeste kry nie, maar hy sal geen goeie ook kry nie.

Het die daeraad lief en die dag sal jóu liefhê.

'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie.

Dis die flukse perd wat flou word. Meer moeite as wat die vlytige het vir sy loon, het die luiaard verniet.

Op die ou end werk die vlytige man vir homself, die luiaard vir 'n ander.

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Kla net oor jou kooi as dit 'n ander is wat dit vir jou opgemaak het.

Hoe korter jy jou kuier maak, hoe gouer sal jy weer genooi word.

Om my naaste lief te hê is vir my 'n sware gebod. Met die mense daargunter kry ek dit nog op 'n manier reg.

Jy sê "ja" waar jy moes "nee" gesêhet omdat jy die ander nie wil aanstoot gee nie. Maar eken hoe het hy jou aanstoot gegee met sy versoek!

Aan 'n nuwe wa kan jy sien of dit 'n goeie skilder was; aan 'n oue of dit goeie wamaker was.

Trek liewer vir jou vriend jou broek uit as om vir hom vir 'n baadjie borg te staan. Anders loop julle naderhand albei nakend.

Die vriendskap wat jy moet koop is 'n duur artikel. Jy sal nie weer jou prys kry as jy dit van die hand wil sit nie.

Moenie vriendskap en besigheid meng nie – jy bederf albei.

'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie.

Maak jou vriendelikheid goedkoop en hou jou vriendskap duur.

Moenie jou vriend vergeet nie; dit sal hom seermaak. Maak jou vyand daarmee seer.

'n Skare is 'n versameling van eensames.

Stuur die luiaard na die miere, en as hy nie te lui is om te gaan nie sal hy te lui wees om weer terug te kom.

Dis net so moeilik om maklikheid in die ou wêreld te kry as wat dit maklik is om moeilikheid te kry.

Waardeer die werk van jou vrou. Jy kan nie op die aarde 'n ander kneg kry vir dieselfde diens en dieselfde prys nie.

Met spaarsaamheid sal jy uit die kleinste inkomste iets oorhou; met verkwistery sal die grootste vir jou te min wees.

Besorg jou eie boodskap en reken die moeite teen dit wat die misverstand jou sou gekos het.

Het die ryk man nodig om so suinig te wees? Maar hy is nie 'n ryk man wat suinig geword het nie; hy is 'n suinige man wat ryk geword het.

Help jou swakke mededinger op die bene bly.  As hy tot niet gaan, kom daar dalk 'n sterke in sy plek.

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES (7)

(Lees die reeks by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

  • Die adderbyt van naberou is verskriklik (Naberou is ontstellend.)
  • Hy het hom in 'n addergebroedesel begewe (Hy was tussen 'n groep nydige, aanvallende mense.)
  • Sy het hom adieu toegeroep (Sy het vaarwel gesê.)
  • 'n Adres van adhesie is 'n geskrif waarin instemming betuig word met 'n versoek.
  • Jy is nou by die verkeerde adres (Jy soek die oorsaak van die kwaad by die verkeerde persoon.)
  • Dit was advokatery (Dit was regskundige uitoorlêery.)
  • Hy sal die werk weer afbroddel. (Hy sal knoeiwerk of slordige werk verrig.)
  • Sy wil elke takie afbrom (Sy kla die hele tyd terwyl sy werk.)
  • Jy kan nou maar afdans (Jy kan nou maar skoert.)
  • Moet hom nie op sy verdienste afdwing nie (Moet hom nie verkleineer nie.)
  • Die ou werkie draf ek gou af (Ek sal dit sommer gou afhandel.)
  • Hulle wil die rusie afdrink (Hulle wil vrede maak.)
  • Sy het soms baie affêrinkies (Sy is dikwels vol nukke en nonsens.)
  • Hy sal wel weer geld van haar affutsel (Hy sal dit op 'n oneerlike manier van haar kry.)
  • Daar kan niks van afgaan nie (Dit kan nie ontken word nie.)
  • Hy sal 'n afgehekste loesing kry ('n deeglike pak slae.)
  • Sy is 'n afgelekte meisie (Sy het al baie kêrels gehad.)
  • Jy lyk so afgesak (Jy lyk baie moeg.)
  • Hy het afgetop gelyk (Hy het verleë gelyk.)
  • As jy iets van hom wil hê sal jy dit moet afgoël (Hy is so suinig!)
  • So 'n afhaler is onnodig ('n Onnodige belediging.)
  • As dit afhang moet ons dit maar opbind (Skertsend wanneer iemand gedurig begin met "Dit hang af..."
  • Na elke partytjie is hy babalaas ( dan ly hy aan die gevolge van te veel alkohol).
  • Daar was 'n Babelse gegons van stemme (Almal het gelyktydig gepraat).
  • Dit was 'n Babelse verwarring (Dit was baie deurmekaar).
  • Hy sal weer mooi broodjies kom bak (Hy sal kom vlei en mooipraat om sy doel te bereik),
  • Hulle eet nie uit een bak nie (Hulle is nie vriende nie).
  • Sy het hom 'n bak gewys (Sy het hom onvriendelik tereggewys).
  • Gou by die bak maar lui by die vak (Hy is eerste daar waar iets te ete is maar traag as hy moet werk).
  • Hy maak sy hande bak (Hy kom bedel iets).
  • Ons moes bak staan (Ons moes hard werk).
  • Dit was sommer 'n bakerpraatjie (Dit was 'n skinderstorie).
  • Jerusalem is die bakermat van die Christelike Kerk ( Dis waar dit begin het. 'n Bakermat was 'n mandjie waarin die baker – die vrou wat 'n pasgebore baba versorg het – die kindjie op haar skoot voor die vuur versorg het).

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3476 gaste aanlyn