Nuutste bydraes

GEDAGTES VIR ELKE DAG

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Laat jou mond nie toe om op jou liggaam 'n sondeskuld te laai nie, en sê nie voor die gesant van God: Dit was 'n vergissing nie. Waarom moet God toornig word oor jou stem en die werk van jou hande verwoes? Prediker 5:5

FINALE BYLAAG TOT DIE AB IN DIE POLITIEK

Die volgende drie dokumente word hier volledig herdruk omdat dit soveel betrekking het op die huidige politieke ontwikkelinge en aantoon hoe slaafs die Broederbond die nuwe po­litieke beleidsrigtings navolg en in sommige gevalle self die weg daarvoor voorberei:

 

I DIE HANDHAWING VAN PARTIKULIERE NORME IN ’N VEELVOLKIGE SAMELEWING (GESIRKULEER JANUARIE 1981)

Daar is gevra dat besin moet word oor die neiging van die Afrikaanse gemeenskap om sy norme op andere af te dwing. Die versoek is besonder ter sake aangesien in ’n plurale of veelkulturige staat soos Suid-Afrika die verskynsel van botsende stelle lewenswaardes nie vreemd is nie en daar in so ’n staat selfs ’n ‘stryd’ kan ontstaan oor die waardes wat in die samelewing dominant sal wees. Terwyl dit seker normaal is dat in ’n staat soos Suid-Afrika ’n ma­te van akkulturasie sal plaasvind en dat kultuurgoedere onderling oorgeneem sal word, kan konflik waarskynlik nie permanent ontwyk word nie. Die vreedsame oorname van kultuurgoedere sal min of meer spontaan geskied en een kultuur sal van ’n ander veral dit wat vir hom aantreklik, nuttig en voordelig is, oorneem. Dit wat egter teen ’n individu se sin op hom afgedwing word, sal merendeels ’n irritasie of aanstoot bly.

Waardes kan beskryf word as dit wat vir ’n individu waardevol is en waaraan hy waarde heg. ’n Individu sal aan die hand van sulke waardes besluit wat behoort te gebeur en watter gedragslyne in bepaalde omstandighede gevolg be­hoort te word. Waardes wat vir ’n individu dermate belangrik is, vorm kriteria aan die hand waarvan oordele gevorm en besluite geneem word. Waardes is tyd- en individu-gebonde en is veranderlik en selektief. Dit is dikwels nie rasioneel verklaarbaar nie en bou soms sterk op die emosie. ’n Aantal waardes oor ’n verskeidenheid sake vorm ’n waardesisteem, wat hoogs persoonlik en individueel kan wees. ’n Stel waardes kan egter ook ’n bepaalde groep mense, soos ’n kultuurgroep, ’n godsdienstige groep, ’n etniese groep, ’n groep van ’n bepaalde geslag, ouderdom of streek, ’n gemeenskap of ’n samelewing kenmerk. Wan­neer dit gebeur, het tussen die lede van ’n groep konsensus ontstaan oor die groep se houding relatief tot bepaalde waardes.

Waardes en norme word dikwels as sinonieme gebruik, en selfs ook in dieselfde verband as verwante konsepte soos houdings, behoeftes, sentimente, belange, voorkeure, etos, ideologie en aspirasies. Laasgenoemde kan almal gesien word as ’n stel of ’n sisteem van waardes waarmee die draers daarvan hulself identifiseer en waarvanuit ’n bepaal­de gedragslyn of optrede voortspruit. Waardes is egter nie dieselfde as norme nie. Norme is reëls waarvolgens gedrag voorgeskryf of geëvalueer word. Waardes, as standaarde of kriteria om vas te stel wat as aanvaarbaar of wenslik geag word, verskaf die gronde waarop bepaalde norme gevorm, aanvaar of verwerp word. ’n Norm kan kort beskryf word as ’n ‘definisie van gewenste optrede’.

Die gedrag wat ’n bepaalde groep of gemeenskap kenmerk is tot groot hoogte ’n gevolg van gedeelde norme waardeur gedrag gelei of bepaal word. Daar is norme wat op verskeie terreine van die lewe soos die godsdiens, sport, kuns, ontspanning, arbeid en politiek, toegepas word. Dit is opmerklik dat rondom ’n gemeenskaplike taal, godsdiens, geskiedenis, herkoms en die bewoning van ’n bepaalde grondgebied ’n waardesisteem kan ontwikkel wat ’n redelik eenduidige stel norme of gedragsreëls tot gevolg kan hê — wat verklaar waarom daar in die een-volk-staat dik­wels ’n hoë mate van (politieke) eenstemmigheid gevind word.

Die dictum dat politiek mag is, is ’n verwysing na die waarheid dat die groep wat in die politieke lewe in ’n samele­wing die gesag voer, oor die bevoegdheid en gewoonlik ook oor die vermoë beskik om op die meeste lewensterreine die norme — die standaarde vir die gedrag — neer te le. Dit is trouens ’n wesenlike deel van die politiek dat diegene wat oor die gesag daartoe beskik, norme neerlê, reg en verkeerd definieer, ‘korrekte’ gedrag gedoog en ‘verkeerde’ gedrag bestraf. Binne ’n kultureel homogene samelewing is dit ’n relatief maklike taak. Dit is egter anders gesteld in ’n plurale of meerkulturige staat met ’n unitêre regeringsvorm waar uiteenlopende waardesisteme en norme kan bestaan (Ciprus). So ’n toestand word vererger as op sulke uiteenlopende kulture nog byvoorbeeld godsdienstige verskille (Noord-Ierland), rasse- en beskawingsverskille (SWA), etniese en klasseverskille (Suid-Afrika en die VSA) gesuper-imponeer word. ’n Staat met ’n plurale samelewing het veel konflikpotensiaal, veel meer in elk geval as ’n een-volk staat soos Frankryk, Nederland of Bophuthatswana. Hoe groter die konflikpotensiaal en hoe moeiliker dus om uitlopende stelle norme te versoen, hoe moeiliker word dit om konsensus te kry oor die norme wat op die staatkundige terrein moet geld en om ’n staat te regeer. Dit is opvallend hoe baie staatkundige modelle in moderne tye uitgewerk word rondom juis hierdie problematiek (Apart­heid, Afsonderlike ontwikkeling, die Konsensusmodel van SWA, Arend Lijphart se Konsosiasiemodel, Federasie en Konfederasie). Treffend is die erkenning van verskeidenheid en die meegaande idealisme in die Amerikaanse leuse, E Pluribus XJnum (Uit veelheid, eenheid). Net so beklemtoon Suid-Afrika se leuse — Eendrag maak Mag — die feit dat eendragtigheid oor ’n bepaalde stel norme ’n staat sterk maak.

In ’n plurale samelewing kan die fragmentasie van waardes en norme gevaarlik wees. Dit kan lei tot die verswakking van ’n regering as daar nie oor basiese norme duidelikheid is nie. Die VSA is tans ’n voorbeeld van ’n staat wat onseker is oor sy verlede, sy hede en sy toekoms en derhalwe moeilik regeerbaar is. Die Federasie is ’n konstellasie van etnie­se, staatkundige, ekonomiese en ander minderhede sonder ’n sentrale en algemeen aanvaarde waardestruktuur. (Kyk byvoorbeeld William Greenbaum se ontleding van die ontstaan van kulturele pluralisme in die VSA : “America in search of a new ideal : An essay on the rise of pluralism”, Harvard Educational Review 44(3), Aug. 1974.) Die verwarring oor norme en doelwitte is duidelik verlammend; soos onder meer blyk uit die onsekerheid by opvoedkundiges en historici oor watter een van verskeie sieninge van die Amerikaanse geskiedenis geldig is (Time, September 10, 1970). Dit volg uit die VSA se wording uit ’n veelheid van kulturele agtergronde tot ’n ope demokrasie waarin talle groepe hul eie norme wil suboptimiseer en nie aan die belange van die geheel voorkeur gee nie.

Uit die geskiedenis van die Britse besetting van die Kaap na 1806 blyk pragtige illustrasies van die energieke wyse waarop pogings aangewend is om norme wat essensieel dié van Groot Brittanje was op die Kolonie af te dwing of na die Kolonie oor te dra. Die Engelse taal, die Britse stelsels van staats- en regsadministrasie, die norme vir die behandeling van Nie-Blankes (vrystelling van slawe in 1834), leefstyl (Lady Anne Barnard), boukuns, onderwysstelsels, het vir tientalle jare die Kaap gedomineer, ten spyte van die feit dat die Hollandse volksdeel heelwat meer talryk was as die laat aangekome Engelse. Dit bewys egter die stelling dat die groep wat oor die politieke mag beskik, ook die staatsmasjinerie beheer en dus sy norme op allerlei terreine kan laat domineer. Wanneer politieke mag nog versterk word deur ekonomiese mag soos in Cecil John Rhodes en sy medestanders gebeur het, word dit ’n gevaarlike kombinasie wat ’n eskapade soos die Jameson-inval tot gevolg kan hê. ’n Moderne voorbeeld van die deurvoering van die norme van regeerders teen die wil van die meerderheid, kom in die VSA voor waar die praktyk van ‘busing’ volgehou word ten spyte van die feit dat 76 persent van alle ouers daarteen gekant is. Ewe ter sake is ZA- NU se oorname in Zimbabwe en die wyse waarop sy norme op die hele land afgedwing word, die Politburo se totalitêre beheersing van die USSR en die regeerstyl van talle Afrika- diktators.

Met die oorname in 1948 van die bewind deur die Afrikaner se politieke instrument, die Nasionale Party, was dit dus normaal dat die Party se politieke norme deur die regeringsbeleid weerspieël sou word. Die feit dat daar heelwat van die Afrikaner se kultuur- en godsdienstige beskouinge in die proses op die wetboek geplaas is, was ’n verstaanbare reaksie om die skade wat in die 19de eeu deur Britte soos Somerset, D’Urban, Rhodes en Milner en in die 20ste eeu deur Botha, Hofmeyr, Smuts en andere aangerig is, te herstel. Dit is interessant om ’n lys te maak van die mees kenmerkend Afrikaanse norme wat na 1948 deur die Na­sionale Regering op die wetboek geplaas is en om die resultate en toekomsimplikasies daarvan in oënskou te neem.

Godsdienstige norme.

Basies het die Afrikaanse politieke magsgroep na 1948 begeer dat ’n Christelik-Protestantse lewens- en wêreldbeskouing, soos dit in die Christelik- nasionale lewensbeskouing uitgedruk word, deur Suid- Afrikaners gehandhaaf sal word. Reeds in die dae van die ZAR is wette met ’n godsdienstige karakter, soos wette vir sabbatsheiliging, aanvaar. Tans word die Christelike karak­ter van die Republiek duidelik in die aanhef van die Grondwet (Wet 32 van 1961) weerspieël:

“IN NEDERIGE ERKENTLIKHEID teenoor die Almagtige God, Beskikker oor die lotgevalle van nasies en die geskiedenis van volkere;

Wat ons voorgeslagte uit baie lande byeengebring en hul­le hier in hul eie gevestig het;

Wat hul weë deur geslagte bepaal het;

Wat hulle so wonderbaarlik deur gevare gelei het; VERKLAAR ONS, wat hier as verteenwoordigers van die volk vergader dat aangesien ons BEWUS IS van ons verantwoordelikheid voor God en die mensdom;

OORTUIG IS VAN DIE NOODSAAKLIKHEID OM SAAM TE STAAN;

Om die onskendbaarheid en vryheid van ons land te beveilig;

Om die wet en die orde daarin te handhaaf;

Om die geluk en die geestelike en stoflike welvaart van almal te bevorder;

BEREID IS om ons plig te aanvaar om gesamentlik met alle vredeliewende volkere wêreldvrede te soek;

en DIE OPDRAG WIL UITVOER om die Republiek van Suid-Afrika te vestig en ’n Grondwet daaraan te gee wat die beste sal aanpas by die tradisies en geskiedenis van ons vaderland:

WORD DIT DERHALWE BEPAAL ...”

Dit is interessant dat hierdie lang aanhef die volgende kort eerste artikel van die Zuid-Afrika Wet, 1909 vervang het: “Het volk van de Unie erkent de soevereiniteit en leiding van de Almachtige God.”

Dit is te verstane dat die regering van ’n staat met ’n Grond­wet soos dié van 1961, indien hy konsekwent wil wees, volgens Christelike norme moet regeer. Derhalwe is dit normaal dat verskeie wette bepalings bevat wat strook met die gees van die Grondwet. Die Wet op Nasionale Onderwysbeleid, 1967 (Wet 39 van 1967) bepaal byvoorbeeld dat die betrokke Minister die algemene beleid wat ten opsigte van onderwys in skole gevolg moet word, bepaal en wel binne die raamwerk van die volgende beginsels vervat in art 2(1), naamlik dat —

  1. die onderwys in staatskole ... ’n Christelike karakter moet hê, maar dat die geloofsoortuiging van die ouers en die leerling geëerbiedig moet word wat betref godsdiensonderrig en godsdienstige plegtighede;
  2. die moedertaal (Engels of Afrikaans) die medium van onderrig moet wees.

In dieselfde trant bepaal die Wet op Publikasies, 1974 (Wet 42 van 1974), in artikel een dat die strewe van die volk van die Republiek van Suid-Afrika om ’n Christelike lewensbeskouing te handhaaf by die toepassing van die Wet erken word. Die dispuut rondom hierdie Wet tussen Wetgewer, wetstoepasser en skrywers gaan seker nie oor die bogemelde bepaling nie, maar wel oor watter norme in terme daarvan aangelê word om te bepaal of ’n bepaalde foto, rolprent, boek of geskrif welvoeglik of ongewens is.

’n Verdere voorbeeld van die praktiese uitlewering van hier­die norme is te sien in die wyse waarop ’n staatskorporasie soos die SAUK veel tyd aan godsdienstige programme afstaan en aan Sondagprogramme ’n duidelike stigtelike inhoud gee.

Norme op die politieke terrein. Die belangrikste waardes wat die politieke lewe van Suid-Afrika sedert 1652 reeds oorheers, spruit uit die besef van die andersoortigheid van verskillende kultuurgroepe in Suid-Afrika, die beskawingsverskille tussen die verskillende bevolkingsgroepe en die noodsaaklikheid om hierdie veelvuldigheid op een of ander wyse in die politieke en die maatskaplike lewe te akkommodeer. Die Nasionale regering het die oplossing vir hierdie probleem gesien in ’n permanente en totale skeiding van die verskillende ‘rasse’. Die politieke sisteem van konsekwente apartheid het egter nie met veral twee belangrike sake rekening gehou nie.

  Die feit dat die ekonomie van Suid-Afrika en deels ook van Suider-Afrika ineengestrengel is en dat lede van ver­skillende bevolkingsgroepe, weens die ongelyke verspreiding van getalle en kundighede en weens die werking van ekonomiese kragte, mekaar altyd in die werkplek sal ontmoet.

           Die feit dat elke mens en groep deur ’n hierargie van behoeftes aangespoor word om na ’n steeds beter bedeling te streef. Deur hierdie strewe en die geleidelike verwesenliking daarvan, word beskawingsverskille verklein, word die wedersydse aanvaarding deur mense van uiteenlopende groepe makliker en word die sosiale en eko­nomiese mobiliteit verhoog met die gevolglike bevordering van die begeerte na vrye assosiasie tussen gelykes.

Weens die feit dat die globale beplanning vir afsonderlike politieke ontwikkeling in belangrike opsigte nog nie uitgevoer is nie en moontlik ook nie volledig uitgevoer kan word nie, gaan daar al hoe meer stemme op dat die oorkoepelende apartheidskonsep in die Verwoerdiaanse sin misluk het (kyk byvoorbeeld J.A. Lombard in Toekoms in Vry- heid) en dat op die basis van die pluralisme in Suid-Afrika ’n demokrasie geskep moet word. In hierdie bestel moet die sentralisasie van gesag en owerheidsbeplanning, soos dit in die Sosialisme en in die Kommunisme beoefen word

           en meesal ’n mislukking is — verminder word en moet die teorie van beperkte regering al meer ingevoer word. Die gedagte is dat afstand gedoen moet word van die praktyk om die afsonderlikheidskonsep van owerheidsweë reëlmatig, logies en deeglik op alle lewensfasette toe te pas, en dat gesag en bevoegdhede na die laagste sinvolle vlak gedelegeer moet word. Ten einde in die Suid-Afrikaanse pluraliteit van minderhede die regte van minderhede te beskerm, moet volgens die beginsels van die ekonomiese liberalisme en die desentralisasie van regering te werk gegaan word. Dit sal onder meer meebring dat die Afrikaner homself sal moet sien as ’n minderheidsgroep in sy eie land en dat hy nie vanuit ’n minderheidsposisie sy politieke norme en lewenswaardes op ander minder­hede sal kan afdruk nie. Talle voorbeelde van die implementering van die teorie van beperkte regering is reeds sigbaar. Munisipaliteite, eienaars of ander verenigings mag oor die oopstelling van sale, teaters, sportgeriewe en restaurants vir alle bevolkingsgroepe besluit, terwyl staatsdepartemente, die Spoorweë, die SAUK, en ander openbare liggame self besluit oor die beleid wat in die bediening van verskillende bevolkingsgroepe gevolg sal word. Dit is belangrik dat daar in hierdie proses respek betoon moet word vir die outonomie van die plaaslike owerhede en instansies. Om sodanige owerhede bepaalde bevoegdhede te gee en dan deur morele druk te dwing om met ’n bepaal­de denkrigting in lyn te kom, sou oneties wees. Terselfdertyd moet egter onthou word dat daar ’n geweldige impetus en logika ontwikkel het ten gunste van die verwydering van diskriminasie in die slegte sin en van die uitroeiing van die “karikatuur van apartheid”. Dit is duidelik dat Afrikaanse kultuur-, kerk-, politieke en akademiese leiers toenemend die leiding neem om voorbeelde van sosiale ongeregtigheid te identifiseer en uit te ban. Dit is ’n proses waarteen slegs met aansienlike persoonlike skade geskop kan word.

Op politieke gebied is dit duidelik dat die Afrikaner in sekere opsigte nog nie geslaag het in sy poging om die omvattende apartheidskonsep as ’n meganisme vir sinvolle maatskaplike en politieke ordening aan die ander bevolkingsgroepe in Suid-Afrika en aan die wêreld te verkoop nie. Die posisie is hoogswaarskynlik ’n gevolg van die feit dat dit met wetlike dwang en sonder die samewerking van die an­der bevolkingsgroepe daarby betrokke, gedoen is. Waar die konsep wel met die medewerking van die ander bevolkings­groepe deurgevoer is soos in die Transkei, Bophuthatswana en Venda is daar veel meer sukses. Daar is wel gevalle waar, ten spyte van regeringsdwang en aanvanklike teenkanting, latere aanvaarding en sukses gevolg het. Van die mees sprekende voorbeelde is die vestiging van afsonderlike universiteite vir die Nie-Blanke bevolkingsgroepe, wat tans selfs deur die verteenwoordigers van die liberaliste van die jare ‘60 aanvaar word. Sukses is verder behaal met die vestiging van die besef dat Suid-Afrika verreken moet word. Dat die Westminsterstelsel en die uiterste Britse konstitusionele liberalisme en selfgenoegsaamheid daarmee afgewys word, is bepaald wins.

Op die politieke terrein is dit belangrik om in gedagte te hou dat die modernisering van ’n samelewing op ekonomiese, maatskaplike, opvoedkundige, professionele en arbeidsterrein en die skepping van geleenthede vir persoonlike uitlewing op hierdie gebiede, ook meebring dat politieke strukture verstel moet word om by die hoër verwagtings van die bevolking aan te pas. Dit is juis die betekenisvolle van die afsonderlike ontwikkelingskonsep teenoor algehele integrasie dat dit ’n ope sisteem is. Hierdie openheid en onafgehandeldheid sal benut moet word om nuwe uitlaatkleppe vir die politieke ambisies van Suid-Afrika se ontwikkelende volkere te skep. Hier moet geleer word uit die ervaring van die Shah van Iran wat welmenend gewerk het aan die hervorming en industrialisasie van sy samelewing. Volgens Henry Kissinger ... one of the prime causes of his disaster, in fact, was that he modernized too rapidly and that he did not adapt his political institutions suf­ficiently to the economic and social changes he had brought about”. Kissinger gaan voort om die stelling te maak: “Wise is the ruler who understands that economic development carries with it the imperative of building new political institutions to accommodate the growing com­plexity of his society”. (Time, October 15, 1979, p 70).

Norme op opvoedkundige gebied.

Die Afrikaner se norme op opvoedkundige gebied vloei voort uit die Christelik-nasionale lewens- en wêreldbeskouing en kom veral tot uiting in die praktyk van moedertaalonderwys en van afsonder­like volksgerigte onderwysgeriewe. Dit moet veral tot die Nasionale regering se krediet gereken word dat hy geen bevolkingsgroep opvoedkundige geleenthede ontsê het nie, inteendeel hy het die geleenthede wat hy vir homself opgeëis het, ook vir alle ander gegun. Daardeur is in Suid-Afrika oor die laaste 24 jaar van die grootste opvoedkun­dige hulpprogramme ter wêreld van stapel gestuur. (In 1946 was daar 758 811 Swart kinders in provinsiaal beheerde skole — van hulle 471 in St 10. In 1979 was hier­die syfers onderskeidelik 3 464 866 en 15 275 — Transkei en Bophuthatswana uitgesluit.)

Die norme wat die huidige regering op onderwysgebied aanlê, het gegroei uit die erkenning van kulturele veelsoortigheid van die Suid-Afrikaanse bevolking, die Afrikaanse bevolkingsdeel se verset teen verlies van sy eie kultuur en dus verengelsing (soos dit tot 1915 in Kaapland doelbewus die geval was), die ontwikkeling van die CNO-skole, die konsep van moedertaalonderwys en die gedagte dat onderwys in die eerste plek volksgerig moet wees. Derhalwe is afsonder- like onderwysdepartemente vir die verskillende bevolkings­groepe geskep met afsonderlike skole, kolleges en universi- teite. Op hierdie terrein is die doelwit volgens die Eerste Minister se twaalfpuntplan nog steeds dat “ ... eie skole en gemeenskappe waar enigsins moontlik ...” moet bly voortbestaan. By die tersiëre onderwysinrigtings is daar egter ander faktore wat ’n rol speel. Hierdie inrigtings is duur en kan nie volledig gedupliseer word nie, sodat daar dus altyd Nie-Blankes aan universiteite vir Blankes sal studeer. Alhoewel Nie-Blankes wat by universiteite vir Blankes wil inskryf (en ook andersom) tans van die betrokke Minister ’n permit moet verkry, berus die finale besluit oor die toelating van ’n student, al dan nie, by die outonome universiteitsraad. Die permitstelsel word deur die Nie-Blankes as vernederend ervaar en daar sal nie perma­nent daarmee volgehou kan word nie. Verder blyk dit almeer dat die Afrikaanse universiteite hulself nie langer geheel en al kan onttrek van die hoër onderwys vir Nie- Blankes nie — in die sin dat hulle instellings grootliks slegs vir Blankes toeganklik is nie. Die Engelstalige universiteite het sedert 1960 binne die raamwerk van die wetgewing wat die toelating van Nie-Blankes tot die Blanke residensiële universiteite beheer, jaarliks ’n substansiële getal Nie-Blankes as studente aanvaar. Daardeur het die universiteite, en die taal wat hulle gebruik, ’n geweldige status en invloed verwerf onder Nie-Blanke intellektuele — ook ’n hele aantal wat in buurstate invloedryke posisies beklee. Die Afrikaner het, deur homself en sy universiteite van hierdie mense af te sluit, belangrike geleenthede tot bei'nvloeding en bevriending in die kiem gesmoor. Daar word oenskynlik deur Afrikaanse universiteite besef dat akademiese kontak met Nie-Blanke leiers en intellektuele die Afrikaner se langtermynbelange dien. Dit blyk uit die feit dat daar in 1979 93 Nie-Blankes aan Afrikaanstalige universiteite geregistreer was teenoor 56 in 1978 (Maart 1980 : 213 aan Afrikaanse universiteite en die Universiteit van Port Elizabeth). As die Afrikaanse taal, universiteite en akade- mici werklik in Afrika — en in die wye wereld — status, geloofwaardigheid en aanvaarding verlang, sal hierdie praktyk uitgebrei moet word. Dit kan nie bekostig word dat die Afrikaanse taal en kultuur en Afrikanerleiers van hede en toekoms vir Nie-Wit mede Suid-Afrikaners ’n vreemdheid bly nie. Met die groter volwassenheid van Afrikaners en hul vermoe om hulself en hul optrede krities maar lojaal te beoordeel — ’n vermoe wat juis deur onder- wys aan skole en universiteite aangewakker is — behoort Afrikaners oor die weerbaarheid te beskik om sonder vrees vir verlies aan identiteit die hekke van die laer oop te maak.

Die Afrikaner se belangrikste bydrae tot die onderwys is egter die sterk geestelike, moreelbouende, karaktervormende onderstroom wat hy daaraan gee. Dit teenoor die veelmeer sekulêre en liberale benadering van die Engelse volksdeel. Op onderwysgebied het Afrikaanssprekendes ’n ontsaglike bydrae gelewer tot die welsyn van alle bevolkingsgroe­pe. As die Afrikaanssprekendes aan die onderwysinstellings van nie-Afrikaanssprekendes onttrek moet word, sal hierdie instellings, indien hulle nie intuimel nie, nie gou van die skok herstel nie. Die Afrikaner het tot die skade van sy eie kinders ’n groot getal onderwysleiers aan die Nie-Blanke groepe gelewer. Hy het homself as die denker en skeppende gees in die onderwys laat geld en vir sy by­drae verdien hy die dank van almal in Suid-Afrika.

Norme op kultuur-historiese terrein. Met die Britte en later Britse gesindhede wat Suid-Afrika vir 50 jaar oorheers het, het die Nasionale Regering na 1948 doelbewus daarvan werk gemaak om aan die Afrikaner se bydrae tot die opbou van Suid-Afrika erkenning te gee. Dit is ’n neiging wat gelukkig nie slegs tot owerhede en Afrikaanse kultuurbydraes beperk gebly het nie. Private instansies met dr Anton Rupert en verskeie Afrikaanse historici en kultuurleiers aan die spits, het ’n besondere lewenskragtigheid aan bewaring van Suid-Afrika se kultuurerfenis gegee en in die proses die bydraes van alle bevolkingsgroepe erken. Deur hierdie pro­ses en deur die invoering van openbare vakansiedae soos Krugerdag en Geloftedag wat die Afrikaanse geskiedenis weerspieël, deur enkele Afrikaanse benaminge soos Kommando, Kommandant, Landdros, Voortrekkerhoogte teenoor die nog na-oorlogse Roberts Heights) weer in ere te herstel, is perspektief oor Afrikaners sy bydraes tot die bou van Suid-Afrika bygebring. Op dieselfde wyse het die Van Riebeeckfees van 1952, die Uniefees van 1960 en latere Republiekfeeste bygedra tot begrip vir die historiese wortels van die Blanke bevolking, vir hul Suid-Afrikaverbondenheid en vir hul Afrikaverantwoordelikhede. Dit is wins dat die Britse jingoïsme in die na-oorlogse jare feitlik uitgesterf het. Indien dit sy kop sou uitsteek buite die neste van die Engelse establishment en geldmag waar dit nog lewend is, kan met die instemming van die publiek daarmee afgereken word.

Aan die ander kant is daar skynbaar die groeiende beweging onder denkende Afrikaners dat dit nie moontlik is om te verwag dat ’n spesifiek seksionele gebeurtenis, soos wat op Geloftedag herdenk word, deur die hele Suid-Afrika volgens die een groep se norme gevier moet word nie. Terwyl die vakansiedag self nie bevraagteken word nie, word die Sabbatskarakter daarvan wel bevraagteken, veral aangesien dit slegs vir een van die Suid-Afrikaanse minderhede betekenis het — wat nie wil sê dat die gebeure van 16 Desember 1838 nie deurslaggewend was vir die voortbestaan van almal in Suid-Afrika nie.

Norme op sedelike terrein.

Die opvallende bewys van spesi­fiek Afrikaanse norme oor sedelike gedrag, naas dit wat in sensuur en publikasiebeheer tot uiting kom, is die bepaling wat ontug tussen Blank en Nie-Blank ’n oortreding maak. (Ontug-wysigingswet, 1950 (Wet 21 van 1950)). Deur hierdie Wet is die Ontug Wet, 1927 gewysig deur die woorde “Naturellevrou” en “Naturellemanspersoon” te vervang met “Nie-Blanke vrou” en “Nie-Blanke manspersoon”. Daardeur het alle ontug tussen Blankes, of persone wat volgens voorkoms en aanvaarding Blankes is, met Nie- Blankes ’n misdryf geword en nie slegs ontug tussen Blan­kes en Swartes nie. Hierdie wetsbepaling, saam met die verbod op gemengde huwelike is seker die mees aangevogte en van die mees problematiese in Suid-Afrika. Dit kan verstaan en verdedig word as ontug as sodanig van owerheidsweë verbied word. Wat wel as vernederend en diskriminerend beskou word, is die feit dat slegs ontug waarby Blank en Nie-Blank betrokke is en nie ook Nie-Blankes of Blankes onderling nie, by wetgewing strafbaar gemaak word. Die verbod op gemengde huwelike weer, is ’n sluitsteen in die stelsel van rasseklassifikasie en alles wat daaromheen gebou is. Gemengde huwelike kan in Suid-Afrika hartseer gevolge meebring. Die probleem is verder dat so ’n huwelik êrens moet woon en dat die produkte van ’n ge­mengde huwelik in die reeds gekompliseerde Suid-Afrika ’n heenkome moet kry. Van die ernstigste kritiek wat op die twee stukke wetgewing ingebring kan word, is egter die feit dat dit ’n bepaalde groep teen verbastering wil beskerm. Dit is ’n doelwit wat nêrens elders met wetgewing nagestreef word nie en druis in teen alle norme van die geëmansipeerde liberale beskawing. Hier moet klaarblyklik gekies word tussen die mindere van twee euwels: Die ver­bastering wat die wetgewing wil voorkom, maar tot nog toe ook nie kon verhoed nie en die kritiek wat die Rege­ring en spesifiek die Afrikaner moet verduur. Dit skyn gerade te wees om wetgewing met ’n diskriminerende basis te verwyder en die swakkeres wat die beskerming van die wetgewing nodig het, langs ander weë te bearbei of te beheer.

Norme op arbeidsterrein.

Op die arbeidsterrein het die konsep dat Swartes algaande uit die Blanke arbeidsterrein gesuig sou word, doodgewoon op demografiese feite en ekonomiese wetmatighede gestrand. Daar is net nie genoeg Blankes om die poste te vul wat in ’n lewenskragtige en groeiende ekonomiese sisteem geskep word nie. Soos Blan­kes opbeweeg, is dit natuurlik dat die Nie-Wittes die vakatures sal vul. Die gevolg is dat Blankes tans feitlik onbekend is in arbeider- of operateursposte wat hulle tot ’n 15 jaar gelede nog gevul het. Die Minister van Mannekragbenutting het onlangs verklaar dat nege uit elke 100 toetre- ders tot die arbeidsmark tans Blankes is. By die einde van die eeu sal die syfer vier uit elke 100 wees. Dit ten spyte daarvan dat Blanke vroue almeer volledig by die arbeids­mark geïntegreer word. Hierdie feite het bepaalde gevolge vir arbeidsverhoudinge en arbeidswetgewing soos deur die Wiehahn-kommissie uitgespel en deur die Regering geïmplementeer. Die belangrikste konklusie van die bevindinge en die wetgewing wat daarop gevolg het en nog sal volg, is dat Blankes nie meer in ’n arbeidsbeskermde of arbeids- voorkeurposisie verkeer nie, maar toenemend in die markplek met die gehalte van sy dienste teen Nie-Blankes moet meeding. Blanke kinders sal ingeprent moet word dat hul­le in ’n ope arbeidsmark met anderskleuriges sal moet mee­ding en dat die individu se toerusting, ywer en vernuf deurslaggewend sal wees.

Norme op sportgebied.

Op hierdie belangrike sosiale aktiwiteitsterrein het die huidige Regering hom in groot mate van direkte regulering weerhou. Deur middel van maatreëls ingevolge die Groepsgebiedewet en die Drankwet kon toeskouers en deelnemers aan gemengde byeenkomste egter effektief beheer word. Die Regering se bedoeling was egter duidelik en die situasies wat daardeur geskep is (Maori’s in All Blackspanne, die Indiër-gholfspeler Papwa Sewgolum en die gebruik van ’n klubhuis en die samestelling van ’n Olimpiese kontingent) was verleenthede. Met die toelating van veelvolkige (tans veelrassige of ope) mededinging en die erkenning van die outonomie van klubs en plaaslike owerhede, het baie van die taboes en ander konvensies oor gemengde byeenkomste ook in die slag gebly. Die Regering moes die permitstelsel stap vir stap tot groot hoogte begrawe en dit is duidelik dat sport in die toekoms doodgewoon soos in Brittanje of in die VSA beoefen sal word met ope deelname en ope gebruik van geriewe. Dat die huidige praktyk op die breë maatskaplike gebied baie situasies ontlont het, soos die gejou van Nuweland se suidpawiljoen wanneer ’n Springbokspan daar gespeel het, dat dit beter menseverhoudinge geskep het en Suid-Afrika se aansien verbeter het, moet as wins aanvaar word. Dat dit op die ou end politieke of staatkundige implikasies sal meebring, is ook seker en daar sal vorentoe nog heelwat problematiese situasies gehanteer moet word. Die ontwikkeling van mense skep gedurig groter behoeftes wat bevredig moet word en weens die geleenthede wat Nie-Blankes in Suid-Afrika gegun word, sal natuurlike kontak tussen sportlui op sport- en sosiale gebied almeer plaasvind. Presies hoe dit sal gebeur, word liefs in die hande van sportmense gelaat.

Norme oor woonbuurte.

Die huidige Regering het tot sy krediet ’n infrastruktuur van afsonderlike gemeenskappe ge­skep waarvan afsonderlike woonbuurte en meegaande ge­riewe die mees sigbare is — en ’n toestand wat nie maklik verander sal word nie. Daardeur is groepbewustheid versterk, homogene gemeenskappe gebou en orde en stabiliteit geskep in wat elders ter wêreld moeilik hanteerbare situasies geblyk het. Dit is ook moreel regverdigbaar wan­neer vir ’n ander op sy eie terrein gegun en geskep word wat vir jouself opgeëis word. Op hierdie gebied is egter probleme geskep deur die feit dat die Blanke geneig het om vir homself teen oormatig hoë standaarde huisvesting en meegaande geriewe te voorsien, terwyl daar by armer gemeenskappe weens laer inkomste en hoër bevolkingsgroei ernstige knelpunte ontstaan, soos die surplusbehuising in Blanke Hillbrow en Doornfontein teenoor ’n ondervoorsiening en behuisingsnood in Lenasia, Bosmont en Kliptown. Hierdie toestande het ’n ernstige emosionele appel op die Afrikaner se regverdigheidsin en moeilike situasies sal op hierdie terrein teen hoë koste vir die Blanke belastingbetaler gehanteer moet word. Daarby moet rekening gehou word met die revolusie van stygende verwagtinge waardeur Blanke geriewe onder druk geplaas word deur toenemende Nie-Blanke kapitaalkragtigheid, hoër beskawingspeile en gevolglik gemakliker aanvaarding deur Blan­kes van Nie-Blankes in hulle omgewing. Hierdie is die een terrein waar toegewings nie nou oorweeg kan word nie en waar probleme grootliks oorkom kan word deur die skepping van behuisingsgeriewe deur private en openbare instansies op ’n peil wat in ooreenstemming is met die behoeftes en vermoë van die betrokke groepe.

In die beoordeling van die voorafgaande kan ’n aantal gevolgtrekkings gemaak word:

Wie ook al oor die politieke gesag in Suid-Afrika beskik, het onder die Westminstertipe regeringstelsel die mag om die gang van sake in die land te bepaal. So ’n groep of party sal egter altyd rekening moet hou met die feit dat Suid-Afrika ’n staat is wat uit ’n groot getal minderheidsgroepe bestaan en geen minderheid kan op die lang duur sy norme, veral as daardie norme nie vir ’n meerderheid van die bevolking aanvaarbaar is nie, deur wetgewing op die totale bevolking afdwing nie.

In die toekoms sal die klem op afsonderlikheid vervang word deur ’n veel groter mate van (ook fisiese) gesamentlikheid. Die fokus sal val op die gesamentlike lotsverbondenheid teen eksterne magte, op die moontlikhede en die voorwaardes vir gesamentlike oorlewing en op die skrikwekkende alternatief. Hierdie besef het reeds en sal toenemend die toonaard en die kwessies in die politiek ingrypend verander. Dit is die basis van die internasionale aanslag op Suid-Afrika, nie alleen van kommunistiese kant nie, maar ook van die Wesmagte. Sanksies teen Suid-Afrika wat deur die WO afdwingbaar gemaak kan word, kan hierop volg, en alhoewel dit aanvaar word dat internasionale sank­sies nie volledig kan slaag nie, kan die gevolge van sodanige optrede nie onderskat word nie.

  1. Wetlike diskriminasie lei onder die teen wie gediskrimineer word, tot bitterheid en vyandiggesindheid teenoor die sisteem en veral teenoor die Afrikaner wat daarmee vereenselwig word. Dit lei ook tot konsolidasie van mag en ’n solidariteit van lotsgebondenheid. Dit verplaas onderlinge verskille na die periferie en skep ’n gemeenskaplike front van konfrontasie met die gewaande vyand. In ons situasie lei dit tot die Swart-Wit-polarisasie. Aksies wat daaruit voortspruit, is werkstakings, skoolboikotte, geweldpleging en uiteindelik georganiseerde terrorisme in al sy vorms. Die gevolg is die bedreiging van stabiliteit, ekonomiese ineenstorting, werkloosheid en uiteindelik anargie. Dit plaas die Afrikaner in ’n posisie van magteloosheid om te onderhandel en lei tot verlies aan vertroue by die jeug, die kieser en die ondememer. Dit is ’n miskenning van die vordering wat gemaak is met kerstening en beskawing en kan in ’n situasie van konfron­tasie juis lei tot die vernietiging van hierdie waardes. Dit hou ook nie rekening met die magsposisie wat die Afrikaner sedert 1948 danksy ’n suksesvolle beleid bereik het en wetlike beskerming dus onnodig maak nie.
  2. Die onhoudbaarheid van die status quo. Wetlike diskrimi­nasie is die direkte resultaat van die wyse waarop die hui­dige samelewing en die sosiale opset in Suid-Afrika tot stand gekom het. Dis ’n situasie waarin verskillende volke deur die verloop van die geskiedenis en spesifiek die optre­de van ’n imperiale regering onder een owerheid geplaas en in ’n eenheidsgemeenskap saamgevoeg is, sonder dat vir almal se behoeftes en aspirasies voorsiening gemaak is.

Die patroon van ekonomiese ontwikkeling het toestroming na Blanke sentra meegebring en deur fisiese teenwoordigheid het die Swartes ’n magsbasis opgebou. Dit is omstandighede waarin al die konflikmateriaal vir ’n gewelddadige revolusie ingebou is. Daarom is die stelling dat die status quo onhoudbaar geword het, die onafwendbare konsekwensie van al die magte wat op Suid- Afrika inwerk. Daar moet dus ’n besliste keuse ten opsigte van die toekoms gemaak word. Die alternatiewe kan soos volg onderskei word:

  1. 1Suid-Afrika as ’n eenheidstaat met Blanke heerskappy en allerlei vorme van diskriminasie om die posisie van die Blanke te beskerm en te waarborg, wat ’n klassieke konflikmodel is.
  2. 2Suid-Afrika as ’n eenheidstaat waarin alle diskrimina­sie onhoudbaar geword het en verwyder is — ’n situasie waarin die konflikmodel presies op ’n omgekeerde wyse voortgesit word. Die verskil is dat die Blanke die radikale geword het en met terroristedade in reaksie kom. Aan die stadium van Blanke terrorisme kan ’n toestand van politieke verset voorafgaan wat hom openbaar in frustrasie, lae stempersentasies en gebrek aan deelname. Dit kan selfs politieke onstabiliteit te weeg bring en aanleiding gee tot politieke afsplitsings. Pogings om minderhede te beskerm, misluk soos in Zimbabwe gedemonstreer is.
  3. 4Die skepping van ’n Suider-Afrikaanse konstellasie van state in die vorm van ’n konfederasie waarin die samewerking en selfbeskikkingsreg van die gemeen­skappe, gebonde aan die ruimtelike ordening van die volkere, die uitfasering van die diskriminerende wetgewing moontlik maak.

Die laaste alternatief is dus die enigste wat dit moont­lik maak dat wetlike diskriminasie kan verdwyn sonder dat dit tot ernstige onstabiliteit, konfrontasie en chaos lei.

  1. ’n Deklarasie van voorneme. Ten einde sy erns te bewys, moet die Regering ’n deklarasie van voorneme ten opsigte van diskriminerende wetgewing uitreik waarin die land met ’n duidelike koersaanduiding en vaste doelwitte in sy poli­tieke ontwikkeling gelei word.
    1. 1So ’n deklarasie waarin die proses en fasering van uitskakeling van diskriminasie aangedui word, behoort aan die verskillende volke vrymoedigheid te gee om op ’n meer geloofwaardige wyse mee te werk aan die vorm waarin die samewerking en selfbeskikking van volke gegiet word.
    2. 2In die uitwerk van die selfbeskikking sal ernstig aandag gegee moet word aan die omskrywing van wat nie onderhandelbaar vir die volke is nie en waarin die integriteit van elke gemeenskap en gemeenskapsbelang vasgelê word. Dit moet ook ’n basis bied vir gemeenskaplike belange wat in die konfederatiewe verband nagestreef word.
    3. 3So ’n deklarasie sal ook die inisiatief plaas in die hande van die gemeenskappe wat met mekaar onderhandel en inmenging van buite en van radikale elemente teenstaan.
  2. Die skepping van ’n alternatiewe samelewing. Die totstandkoming van die derde model van ’n konfederasie met selfbeskikking en die daarmee gepaardgaande ruimtelike ordening vir volkere moet met alle middele tot sy beskikking deur die Suid-Afrikaanse owerheid bevorder word.

VRAE AAN DIE HAND WAARVAN KOMMENTAAR GELEWER KAN WORD

U KOMMENTAAR HOEF NIE HIERTOE BEPERK TE WEES NIE

DIT IS SLEGS AS RIGLYNE BEDOEL

  1. Hou beskermende of diskriminerende wette/maatreëls van die aard in die studiestuk genoem, vir die Afrikaner en Blanke gevaar in deurdat dit ’n valse gevoel van sekuriteit skep?

Lig u standpunt kortliks toe.

  1. Is die status quo waarna in die stuk verwys word, onhoud- baar?

Indien wel, watter alternatief behoort nagestreef te word? Indien nie, kan die status quo behou en uitgebou word?

  1. Indien u saamstem dat ’n deklarasie van voorneme die lig moet sien, gee u mening oor die moontlike inhoud.

Indien u nie saamstem nie, wat is u kommentaar oor die moontlikheid en ’n alternatief.

  1. Is daar ’n Blanke weerstand teen sogenaamde wegbeweeg van beskermende maatreëls? Omvang?

Hoe kom dit na vore? Watter aandag verg dit?

SPORTKONTAK OP SKOLEVLAK TUSSEN BLANK EN NIE-BLANK (GESIRKULEER JUNIE 1981)

Inleidend.

Die Craven-week het verlede jaar ’n hewige polemiek oor die wenslikheid al dan nie van sportkontak oor die kleurgrens heen op skolevlak ontketen. Dit is die plig van elke Christen-Afrikaner om vanuit sy Christelike en nasionale lewens- en wêreldbeskouing oor hierdie vraagstuk te besin.

Geen geïntegreerde skole.

In die skoolopvoeding is die opvoeder besig met die skepping van ’n eie lewensbeskouing by die kind deur middel van doelgerigte leiding, begeleiding en steungewing. Verder is dit waar dat godsdiens en geloof vergestalting vind in ’n volk se kultuur. Op grond hiervan sou dit prinsipiëel verkeerd wees om integrasie van godsdienste, gelowe, kulture en etniese groepe in skole te propageer. Trouens, in die VS A waar vermenging in skole afgedwing is (“melting pot”), het dit tragies misluk. Die toerusting (opvoeding) van die kind vir sy omvattende roeping in die lewe moet hy in sy eie skool binne sy eie kulturele agtergrond ontvang.

In die lig van bogenoemde is dit ’n onomstootlike feit dat die argument teen skoolintegrasie geldig is, omdat dit gebaseer is op die antropologiese beginsel van gelykwaardigheid maar tog ook andersyds van die mensdom in sy ryke verskeidenheid.

Sport as ’n nie-spesifieke opvoedingsgeleentheid.

As ’n nie- spesifieke (toevallige) opvoedingsaangeleentheid is sport ’n bedrywigheid wat deur alle mense van alle oortuigings, kul­tuur, etniese afkoms, ens., beoefen word, maar dan weer binne die bepaalde omlysting van die eie kultuur afgerig behoort te word. Omdat sportbeoefening op skoolvlak altyd in ’n beheerde of gekontroleerde situasie plaasvind, kan dit kurrikuler of ex-kurrikuler in die opvoeding benut word. Voorts is sport ook ’n bedrywigheid wat ’n taal spreek wat oor religieuse, kulturele, etniese en politieke grense kan sny en wat kontak met mense oor hierdie grense kan bewerkstellig. Sport het die vermoë om mense saam te bind sonder om hulle te verbroeder. Juis vanweë hierdie unieke kenmerk van sport en vanwee die feit dat dit op skoolvlak altyd in ’n gekontroleerde situasie plaas­vind, is sport ’n ideale kontakmiddel waardeur blank en nie-blank beter begrip vir onderlinge verskille kan ontwikkel en dit tot beter volkere verhoudings kan lei. Die skool mag nie afsydig staan van die tussenvolkige werklikheid waarin die kinders eendag moet gaan werk en leiding gee nie.

Sportdeelname buite skoolverband.

Daar is tans in SA bykans honderd sportsoorte wat op nasionale, provinsiale en klub-vlak beoefen word, terwyl die skole se bydrae hoofsaaklik betrekking het op die klein groepie bekende “tradisionele” en sogenaamde prestige sportsoorte. Sportklubs wat aktiwiteite bevorder wat normaalweg nie deur skole aangebied word nie, maak voorsiening vir junior lede wat grootliks uit skoolleerlinge bestaan. Soos hierbo genoem, is daar meer soorte sportaktiwiteite wat vir juniors buite skoolverband aangebied word as wat daar sportaktiwiteite is wat binne skoolverband vir leerlinge aangebied word.

Omrede sportklubs outonoom is ten opsigte van die toela­ting van lede, kan dit gebeur dat sekere klubs juniors of seniors uit Nie-Blanke geledere toelaat om lid van die klub te word. Indien ’n Blanke leerling by so ’n klub se junior sportafdeling sou inskakel, is dit die goeie reg van die betrokke ouers om daaroor te besluit. Indien die leerling sou besluit om by die klub wat gemengde lidmaatskap het, aan te sluit, is dit moontlik dat hy op een of ander stadium saam met Nie-Blankes afrigting sal ontvang of saam of teen hulle sal speel. Dit is ook nie uitgesluit nie dat ’n junior lid van ’n Blanke klub teen ’n junior Nie-Blanke van ’n ander gemengde klub binne ligaverband te staan sal kom. Al bogenoemde moontlikhede bestaan wel, dog binne junior sportverband en nie binne skoolsportverband nie.

Alle juniors is nie noodwendig skoolgaandes nie. Dat baie ju­niors egter van skoolgaande ouderdom is, is gewis. Om alle aktiwiteite waarvan skoliere soms deel van die deelnemerskorps uitmaak, te beskou as “skolesport”, is ’n dwaling.

Hierdie beskouing van “junior sport” en “skolesport” is die enigste praktiese manier waarop daar onderskei kan word tussen die vlakke van sportbeoefening deur skoolgaandes.

Alhoewel skole soms verteenwoordigend aan sogenaamde “skole-byeenkomste” deelneem wat deur sportliggame buite skoolverband gereël en aangebied word, is dit verkeerd om te veralgemeen deur sodanige byeenkomste te bestempel as “skolesportbyeenkomste” omdat dit in der waarheid ’n byeenkoms is vir juniors en deur sportliggame aangebied word wat buite skoolverband optree, byvoor­beeld die jaarlikse SA of provinsiale junior kampioenskappe in swem, tennis, boks, karate, skerm, perdry asook se­kere atletiekbyeenkomste wat vir leerlinge (juniors) deur die SA Atletiekunie aangebied word.

Dit is van belang dat daar met inagneming van die beredenering en standpuntinname soos in hierdie stuk uiteengesit, in die besonder kennis geneem word van bepaalde feitelike mededelings wat op die aanbieding van die Craven-week betrekking het.

Kragtens ’n besluit van die Komitee van Onderwyshoofde wat in Oktober 1978 geneem is, is die Cravenweek ’n sportbyeenkoms buite skoolverband, dat skole as sodanig nie daaraan deel het nie en dat dit die reg van die ouers is om te besluit of hulle kinders aan so ’n byeenkoms gaan deelneem. Teen hierdie besluit is op daardie stadium geen beswaar ingebring nie, maar toe dit bekend geword het dat ’n Kleurlingspan op uitnodiging aan die Cravenweek gaan deelneem, het ’n polemiek rondom hierdie sportbyeenkoms ontstaan wat nie ’n positiewe doel gedien het nie. Vanwee die reaksie hier te lande en ook in die buiteland kan trouens afgelei word dat die saak skade gedoen is en nie in die breë nasionale belang of die stigting van goeie onderlinge verhoudinge gedien het nie.

Hoewel die skole nie amptelik deel aan die Cravenweek neem nie, kan dit nie ontken word dat dit berus op vry willige deelname van die kant van die skole en onderwysers wat met skolerugby gemoeid is nie. Die klem word juis hier geplaas op die vrywillige deelname, en die goeie reg van ’n skool sowel as die onderwysers wat, om watter rede ookal, nie hulle weg oopsien om by hierdie saak betrokke te raak nie, word gerespekteer. Beskikbare inligting dui ook daarop dat die Suid-Afrikaanse Rugbyraad onder wie se beheer die Cravenweek val nog self, nog deur die onderskeie rugbybonde optrede oorweeg het teen skole of rugby-administrateurs op skolevlak wat nie op vrywillige grondslag wil meedoen nie. Wat wel sterk beklemtoon is, is die uitsluitlike reg van die ouers om te besluit of hulle kinders aan die byeenkoms mag deelneem.

Slegs indien daar tydens die aanbieding van die Cravenweek van skole se fasiliteite gebruik gemaak word, word die be­trokke skool (skole) en onderwysowerheid daarby betrek en die prosedure wat in hierdie verband gevolg word, is van so ’n aard dat daar nie teen die wens van ’n skool, die verteenwoordigende liggame van die ouergemeenskap of die betrokke onderwysowerheid gehandel sal word nie.

Die aanbieding van die Cravenweek staan dus in die teken van vrywillige deelname deur spelers en daar is geen sprake van ’n gedwonge betrokkenheid deur skole of enige instansie wat daarmee gemoeid kan wees nie.

Sportdeelname binne skoolverband. Die gemiddelde skool bied normaalweg onder meer die volgende sportsoorte aan as buite-kurrikulêre aktiwiteite, naamlik rugby, hokkie, netbal/korfbal, atletiek, krieket, tennis en sokker. Waar gespesialiseerde fasiliteite bestaan, word ook swem en sekere binneshuise sportsoorte soos gimnastiek, stoei en pluimbal aangebied.

As integrerende deel van die skoolprogram word sport met ’n bepaalde optimum doel voor oë beoefen en word die sport­soorte geselekteer wat hulle spesifiek leen tot die verwesenliking van algemene opvoedingsdoelstellings. Dit is noodsaaklik dat die totale opvoeding in ’n milieu wat so vry moontlik is van spanning en wrywing moet geskied en met inagneming van die kiesvermoë van leerlinge op daardie ontwikkelingstadium.

Met groot stelligheid moet aanvaar word dat die toekomstige samelewingspatroon baie swaar gaan leun op onderlinge volkereverhoudings en moet ons in ons opvoedingsprogram daarvan kennis neem. Terwyl daar enersyds besef word dat die skool nie afsydig kan staan van die tussenvolkige werklikheid waarin die kinders eendag moet gaan werk en lei­ding gee nie, behoort die kindergemoed ook nie deur die skool verwar te word met kontensieuse aangeleenthede waaroor ’n ouergemeenskap verskil nie.

Natuurlik sal sportkontak op skoolvlak oor kulturele en et­niese grense heen groter verantwoordelikhede meebring ten opsigte van die opvoedingsbemoeienis van elke volksgroep met sy kinders. Daar sal ook sonder twyfel sosiale en ander probleme opduik, maar die kinders moet onder kontrole daartoe opgevoed word om die situasie te hanteer. Na sy aard en wese is die opvoedingsbehandeling altyd toekomsgerig. Vanuit sy eie grootmenswereld sal die opvoeder projeksies moet maak op die grootmenswêreld van die opvoedeling.

In hierdie verband moet die optrede van die skool, wat die belewing van intermenslike verhoudinge betref, berus op oordeelkundige beoordeling van ’n verskeidenheid omstan­dighede, asook moontlike implikasies wat hulle optrede vir die onderwys en vir ons land mag inhou. Dit geld ook vir die deelname van ’n skool aan veelvolkige sportbedrywighede en veral ook aan kompetisies teen private Blanke skole wat enkele Nie-Blanke leerlinge wat met goedkeuring van die owerheid tot die skole toegelaat is, insluit.

Waar sportdeelname buite skoolverband die uitsluitlike keuse van ’n leerling en sy ouers is, is sportdeelname binne skool­verband georden in die sin dat die finale besluit oor wie teen wie meeding, nie uitsluitlik by ouers en leerlinge as individue berus nie, maar by die beheerliggame as verkose verteenwoordigers van die ouers en die onderwysowerhede. Dit is juis hier waar die versigtige, weldeurdagte en gebalanseerde optrede van alle betrokkenes in kinder-, onderwys- en landsbelang, nie alleen wenslik is nie, maar ’n noodsaaklike positiewe bydrae lewer.

Om die inisiatief in hierdie kontaksituasie te behou, moet ons betrokke raak by sportbesture, skoolkomitees, beheerrade, ens., sodat ons ook inspraak kan hê wanneer besluite oor hierdie kontensieuse sake geneem moet word.

a

U soek na?

  • HOU VAKANSIE IN MOSSELBAAI !

    Baie netjiese vakansie-akkommodasie in Fraai Uitsig, Kleinbrakrivier, Mosselbaai Munisipaliteit. Twee kilometer vanaf Kleinbrak en Tergniet se swemstrande en ongeveer 10 kilometer vanaf Hartenbosch. Pick n Pay binne loopafstand.
    Kliek hier vir volledige inligting en foto's: OPSOEK NA BEHUISING VIR VAKANSIE?
     
    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________
     
    SKAARS BOEKE TE KOOP
    C J LANGENHOVEN 16 VOLUMES
    FAK-SANGBUNDEL 1 VOLUME
    Hierdie 16 volume Langenhoven-stel is 'n goedopgepaste kosbare versamelstuk. Dit beslaan die volledige inhoud van Langenhoven se bundels soos Sonde met die Bure; Loeloeraai; Herrie op die ou Tremspoor; Doppers en Filistyne; en al die kosbare stories uit die pen van Langenhoven.
    Die FAK-sangbundel is ook in goeie toestand en kan saam of apart van die Langenhovenstel gekoop word.
    Eienaar moet na 'n kleiner woonplek verhuis en vra 'n redelike aanbod vir sy boeke.
    Die aanbevole waardasieprys vir die Langenhovenstel is R1600.00; en vir die FAK R100.00
    Koerierkoste sal bykomend wees.
    Kontak

    Chris Carstens

    Sel no 082 954 3383

    Epos adres

    chris.carstens

    @vodamail.co.za

    ___________
    DIGBUNDELS:
      'n Versameling van 4 elektroniese bundels - 226 gedigte @R350.00:  
    Vir alle navrae  skryf aan 
    Amanda
    @waterstrome.co.za
    Uittreksel uit:
    'n Nasie in Pyn:
    ...Saam sal die hele wêreld vir hulle bid.
    Saam sal ons met pyn in ons harte sit.
    Mag hulle berus in u wil
    Mag hulle voor U verstil.
    _________
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het  in gedrukte vorm verskyn. 
    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
    DIE
    VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
    Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

     

    U kan hierdie boek bestel by
    ds AE van den Berg
    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com
    Prys: R50-00

     
  • BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    ('n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 'n Nuwe Trek (Exclusive Books) Prys: ZAR180

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is by http://tinyurl.com/lx9vrs8

    ... en loot.co.za dit verkoop teen R169 http://tinyurl.com/l26h6jl

    ... kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD


    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    JULIE 2013

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. 

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2 NOU BESKIKBAAR

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
    of skakel hom by
    074 967 5187


    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  • Kliek op DIE CHARISMATIESE GEVAAR om meer oor hierdie boek te wete te kom Lees verder...  
  • FILM OOR DR HF VERWOERD

    Kyk by hierdie skakel http://youtu.be/TcO3zPF8998

      na die kort film oor dr HF Verwoerd.   
    Dit kan ook direk bestel word by Riaan: +27823712682 of by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
     

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

 

'N BIETJIE LANGENHOVEN:

Ek sê nie al die suur mense is Fariseërs nie, maar naastenby al die Fariseërs is suur. In alle geval, solank hulle onthou om Fariseërs te wees. Want dis ook 'n inspanning.
Verbeel jou 'n wêreld sonder 'n skaterlag, sonder eens 'n glimlag. 'n Hemel op aarde, sal die Fariseër sê. Uit so 'n hemel sou ek wou wegloop hel toe.

Die man wat ek na soek, is nie dié wat die minste foute maak nie, maar dié wat die meeste foute régmaak.

Slaap laat solank as jy jou eie baas is en daar sal 'n tyd kom wanneer 'n 'n baas jou sal laat vroeg opstaan.

Ontydige vlyt is die merk van die luiaard. Dis sy verskoning vir ontydige rus.

Ons reken ons geluk vir ons loon en ons straf vir ons ongeluk.

Welvaart is die  dogter van matigheid en die moeder van weelde.

My swaarste pad trap ek self vir my plat, en die swaarste is die wat my voete nooit vat.

Daar is geen kuns by sukkel en geen sukkel by kuns.

Die boer wat nie saai nie sal nie misoeste kry nie, maar hy sal geen goeie ook kry nie.

Het die daeraad lief en die dag sal jóu liefhê.

'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie.

Dis die flukse perd wat flou word. Meer moeite as wat die vlytige het vir sy loon, het die luiaard verniet.

Op die ou end werk die vlytige man vir homself, die luiaard vir 'n ander.

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Kla net oor jou kooi as dit 'n ander is wat dit vir jou opgemaak het.

Hoe korter jy jou kuier maak, hoe gouer sal jy weer genooi word.

Om my naaste lief te hê is vir my 'n sware gebod. Met die mense daargunter kry ek dit nog op 'n manier reg.

Jy sê "ja" waar jy moes "nee" gesêhet omdat jy die ander nie wil aanstoot gee nie. Maar eken hoe het hy jou aanstoot gegee met sy versoek!

Aan 'n nuwe wa kan jy sien of dit 'n goeie skilder was; aan 'n oue of dit goeie wamaker was.

Trek liewer vir jou vriend jou broek uit as om vir hom vir 'n baadjie borg te staan. Anders loop julle naderhand albei nakend.

Die vriendskap wat jy moet koop is 'n duur artikel. Jy sal nie weer jou prys kry as jy dit van die hand wil sit nie.

Moenie vriendskap en besigheid meng nie – jy bederf albei.

'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie.

Maak jou vriendelikheid goedkoop en hou jou vriendskap duur.

Moenie jou vriend vergeet nie; dit sal hom seermaak. Maak jou vyand daarmee seer.

'n Skare is 'n versameling van eensames.

Stuur die luiaard na die miere, en as hy nie te lui is om te gaan nie sal hy te lui wees om weer terug te kom.

Dis net so moeilik om maklikheid in die ou wêreld te kry as wat dit maklik is om moeilikheid te kry.

Waardeer die werk van jou vrou. Jy kan nie op die aarde 'n ander kneg kry vir dieselfde diens en dieselfde prys nie.

Met spaarsaamheid sal jy uit die kleinste inkomste iets oorhou; met verkwistery sal die grootste vir jou te min wees.

Besorg jou eie boodskap en reken die moeite teen dit wat die misverstand jou sou gekos het.

Het die ryk man nodig om so suinig te wees? Maar hy is nie 'n ryk man wat suinig geword het nie; hy is 'n suinige man wat ryk geword het.

Help jou swakke mededinger op die bene bly.  As hy tot niet gaan, kom daar dalk 'n sterke in sy plek.

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES (7)

(Lees die reeks by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

  • Die adderbyt van naberou is verskriklik (Naberou is ontstellend.)
  • Hy het hom in 'n addergebroedesel begewe (Hy was tussen 'n groep nydige, aanvallende mense.)
  • Sy het hom adieu toegeroep (Sy het vaarwel gesê.)
  • 'n Adres van adhesie is 'n geskrif waarin instemming betuig word met 'n versoek.
  • Jy is nou by die verkeerde adres (Jy soek die oorsaak van die kwaad by die verkeerde persoon.)
  • Dit was advokatery (Dit was regskundige uitoorlêery.)
  • Hy sal die werk weer afbroddel. (Hy sal knoeiwerk of slordige werk verrig.)
  • Sy wil elke takie afbrom (Sy kla die hele tyd terwyl sy werk.)
  • Jy kan nou maar afdans (Jy kan nou maar skoert.)
  • Moet hom nie op sy verdienste afdwing nie (Moet hom nie verkleineer nie.)
  • Die ou werkie draf ek gou af (Ek sal dit sommer gou afhandel.)
  • Hulle wil die rusie afdrink (Hulle wil vrede maak.)
  • Sy het soms baie affêrinkies (Sy is dikwels vol nukke en nonsens.)
  • Hy sal wel weer geld van haar affutsel (Hy sal dit op 'n oneerlike manier van haar kry.)
  • Daar kan niks van afgaan nie (Dit kan nie ontken word nie.)
  • Hy sal 'n afgehekste loesing kry ('n deeglike pak slae.)
  • Sy is 'n afgelekte meisie (Sy het al baie kêrels gehad.)
  • Jy lyk so afgesak (Jy lyk baie moeg.)
  • Hy het afgetop gelyk (Hy het verleë gelyk.)
  • As jy iets van hom wil hê sal jy dit moet afgoël (Hy is so suinig!)
  • So 'n afhaler is onnodig ('n Onnodige belediging.)
  • As dit afhang moet ons dit maar opbind (Skertsend wanneer iemand gedurig begin met "Dit hang af..."
  • Na elke partytjie is hy babalaas ( dan ly hy aan die gevolge van te veel alkohol).
  • Daar was 'n Babelse gegons van stemme (Almal het gelyktydig gepraat).
  • Dit was 'n Babelse verwarring (Dit was baie deurmekaar).
  • Hy sal weer mooi broodjies kom bak (Hy sal kom vlei en mooipraat om sy doel te bereik),
  • Hulle eet nie uit een bak nie (Hulle is nie vriende nie).
  • Sy het hom 'n bak gewys (Sy het hom onvriendelik tereggewys).
  • Gou by die bak maar lui by die vak (Hy is eerste daar waar iets te ete is maar traag as hy moet werk).
  • Hy maak sy hande bak (Hy kom bedel iets).
  • Ons moes bak staan (Ons moes hard werk).
  • Dit was sommer 'n bakerpraatjie (Dit was 'n skinderstorie).
  • Jerusalem is die bakermat van die Christelike Kerk ( Dis waar dit begin het. 'n Bakermat was 'n mandjie waarin die baker – die vrou wat 'n pasgebore baba versorg het – die kindjie op haar skoot voor die vuur versorg het).

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3526 gaste aanlyn