Nuutste bydraes

GEDAGTES VIR ELKE DAG

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

In Markus 13 vertel Jesus vir sy dissipels van die begin van die smarte en die groot verdrukking wat mense hier op aarde sal beleef net voor die Here se wederkoms. Ook waarsku Hy hoe ons as kinders van God moet onderskei tussen die waarheid en die vreeslike misleiding wat dan sal plaasvind, en dat ons waaksaam moet wees tot Hy kom. Ons moet ernstig bid dat God ons die insig sal gee om te onderskei, en ons moet bid vir groot geloof om hieraan vas te hou tot Hy weer op die wolke kom om ons te kom haal.

DIE ALTERNATIEF (3)

T. M. Hart

'n STRATEGIE vir OORLEWING

‘Klink my tot kruik waarin u Gees
Weer water vir my volk sal wees’.

G.A. Watermeyer: Die Republiek van Duisend Jaar

Kopiereg © : T.M. Hart
Uitgewer: Tobie Hart
E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Eerste Druk: 2014 ISBN: 978-1-928202-13-4

Lees reeks by Die Alternatief

Gelofteland plaas met toestemming van skrywer hierdie werk in reeksvorm. Dit is ‘n eerlike en praktiese besinning oor aspekte van 'n strategie om in die veeleisende 21ste eeu te kan oorleef. Sake soos nasionalisme, die ekonomie, politiek, godsdiens, die media, apartheid en ander word onder die loep geneem. Ná deeglike navorsing het skrywer besin oor wat 'n alternatiewe en volhoubare Suid-Afrikaanse leefwyse sou kon wees. Al sou lesers nie noodwendig met elke sienswyse saamstem nie kan elke volksgenoot in vandag se Suid-Afrikaanse omstandige voordeel hieruit put.

3. KONSERWATISME en NASIONALISME

In die Suid-Afrikanse opset is dé twee begrippe grootliks so vervleg dat 'n skeiding slegs in teorie gemaak kan word.

 

Konserwatisme

Op die webblad, 'Vaandrig', is 'n baie interessante en tersaaklike artikel oor die begrip Konserwatisme te vind. Veral die verwysing na die Encyclopædia Britannica (EB) se ses beginsels, is iets om in die agterkop te hou. Soos wat die artikel dit stel, steun Konserwatisme inderdaad op 'n natuurwet, is dit volhoubaar, beproef en beredeneerd en bied dit 'n verskeidenheid, maar erken dit ook 'n menslike onvolmaaktheid.

Een van seker die interessantste maar ook aanvegbare stellings wat ek verder kon raakloop oor konserwatisme is dié van ene Philip E. Agre. Sy argumente tov "What is Conservatism en What is Wrong with it?" (Internet) is soos al uit die titel af te lei, redelik gekleurd en subjektief. Heel waarskynlik 'n Amerikaanse demokraat, gun hy homself nie eers die weelde om die begrip te omskryf nie.

Hoewel hy darem na 'n Burke verwys, haas hy hom om te verklaar: "to conservatism (it is crucial) that the people must literally love the order that dominates them". (Internet) Verder noem hy dit ook "a destructive system of inequality and prejudice that is founded on deception and has no place in the modern world." En selfs nog erger is konserwatisme volgens Agre "incompatible with democracy, prosperity and civilization in general."

Hoewel nie as sodanig aangedui nie, is die Burke waarna Agre verwys het, moontlik Edmund Burke (1723-1792) wat veral onthou word vir sy steun aan die Amerikaanse Vryheidstryd, maar ook vir sy afkeur van die Franse Revolusie. Dat Burke bo alles ook demokraat in die ou en ware betekenis van die woord was, blyk uit sy steun vir die begrip, maar ook sy skeptisisme oor die vermoë van die algemene bevolking van sy tyd om daaraan reg te laat geskied. Spesifieke aspekte waarna die Wikipedia-artikel oor Burke in die verband verwys is:

1. Die afwesigheid van 'n 'degree of intelligence and breadth of knowledge' (wat) 'very uncommon among the common people' (van sy tyd) was.

2. Die 'dangerous and angry passions' van die 'common people', van wie die gevoelens 'could be easily aroused by demagogues' en daartoe kon lei dat erkende tradisies en gevestigde godsdiens ondermyn word en geweld en die konfiskering van grond kan voorkom.

3. Verder stel Burke dit volgens die artikel dat dié vorm van demokrasie daartoe kan lei dat onpopulêre minderhede, getiranniseer en dan beskerm moet word.

In 'n ander Internet-artikel word Quintin Hogg van die Britse Konserwatiewe Party aangehaal wat in 1959 sou gesê het: "Conservatism is not so much a philosophy as an attitude, a constant force, performing a timeless function in the development of (baie belangrik) a free society and corresponding to a deep and permanent requirement of human nature itself."

In die Suid-Afrikaanse politieke bestel is daar nie veel geteoretiseer oor konserwatisme nie. Ten spyte selfs daarvan dat daar vir 'n kort tydjie 'n politieke party met die naam aktief was en selfs tot amptelike opposisie in die ou politieke bedeling gevorder het, het nasionalisme as behoudende begrip die botoon gevoer. By implikasie is die twee begrippe waarskynlik as dieselfde bolwerk teen enige vorm van liberalisme beskou.

Nasionalisme as behoudende begrip

(Wat hier volg het ook, effens gewysig, as 'n Vaandrig-artikel verskyn).

Naas verskillende leksikale definisies, word nasionalisme in oa ook Wikipedia beskryf as 'n politieke ideologie wat neerkom op 'n sterk identifikasie van 'n groep individue met 'n bepaalde "nation" (= nasie). Wat die oorsprong en basis van moderne nasionalisme betref, word verwys na die sg primordialisme soos afgelei uit oa die opvattinge van die Duitse filosowe Johann Fichte (1762-1814) en Johann Herder (1744-1803) – Nogal 'n tydjie voor Hitler en hier in hul tydraamwerk geplaas vir diegene wat graag nasionalisme met Hitlerisme vergelyk.

Nasionalisme spruit egter nie net uit Europa nie. Die volksmoord in Rwanda in 1994 onderstreep ook wat gebeur as etniese groepe nie hul eie lewensruimte gegun word nie. Ook in Afrika is primordialisme as primêre etniese handhawing en beskerming immers nie te onderskat nie.

Vir Fichte, sterk onder die invloed van Immanuel Kant (1724-1804) – seker algemeen aanvaar as een van die toonaangewendste denkers veral vanweë sy bekende 'Kritieke', is nasionalisme oa sinoniem met 'n bepaalde taalgroep. Herder gaan in 'n sekere sin verder en lê klem op die verbintenis tussen taal en denke wat dan ook die mens se doen en late bepaal. Hy verwys selfs na die fisiese en historiese omstandighede in die vorming van 'n volk en beskou die digters (moontlik met tydgenote Goethe en Schiller in gedagte?), maar seker ook die wyere kultuurbeoefenaars van 'n groep as 'die skeppers van 'n volk'. Die verskeie verwysings van en na skrywers en digters in polemieke en twiste rondom oa Apartheid, onderstreep nogal die waarheid van dié stelling. – Hoewel sommige skrywers dalk nie skeppers van dié volk wou wees nie.

Volgens Herder sou 'n mens 'n volk, anders as 'n nasie, dus kon definieer as 'n eiesoortige kultuurgroep. 'n Groep gevorm en geslyp deur die ervaring van selfs baie jare wat ten spyte van onderlinge (kleinere) verskille deur optrede, gebruike en geskiedenis, onderskei word van ander groepe en volke in die algemeen. Dié onderskeid sou selfs ook en miskien veral, binne dieselfde "nasie" in die betekenis van 'n veronderstelde staatkundige eenheid geld.

Die begrippe volk en nasie kom in die Suid-Afrikaanse opset (hoewel beslis nie net daar nie) tot hul reg. Dit is daarom seker nie toevallig nie dat dié woorde – anders as in bv die Engelse wêreld – hier langs mekaar, maar met aparte betekenisse voortbestaan. Nagenoeg al wat van 'volk' as goeie Germaanse woord in Engels (basies 'n Germaanse taal) oorgebly het, is die 'folk' van bv 'folklore' waar die 'lore' juis dui op eie en onderskeibare kultuurbesit soos biltong en boerewors (vir die Afrikaner) - en 'afternoon tea' en ene 'mister Bean' (volgens die openingsprogram van die onlangse, 2012, Olimpiese Spele vir die Engelse) maar ook bepaalde geestesgoedere wat behoue gebly het.

Verder terug in die geskiedenis dui premordialisme ook op die opvatting dat volke antieke en natuurlike entiteite is wat as sodanig vir jare en selfs eeue haas onveranderd kon voortbestaan en steeds bestaan. In ons moderne en veral postmoderne tyd, bly dit egter 'n ope vraag hoe duursaam volksgroeperinge kan wees. As teenwig in veral die postmoderne jare sover (dié begrip is natuurlik ook nog nie 'vas' nie), lyk dit egter asof selfs skadu-agtige staatkundige eenhede bedreig word en miskien weer eerder vir volksgroeperinge, ter wille van vrede en selfs materiële voorspoed, begin plek maak.

In die Suid-Afrikaanse opset is die begrip nasionalisme effens anders te sien en het die ontwikkeling daarvan ook anders verloop. Trouens in dié opset is die algemene beeld daarvan so skeefgetrek dat daar eintlik van twee soorte nasionalismes hier sprake is. Naas die Afrikanernasionalisme wat veral na 1902 sterk posgevat het, is daar bv ook 'n 'African Nationalism' wat pas 10 jaar later in hoofsaaklik die ANC, as een van 'n aantal bewegings, beliggaam is. Of hierdie tweede nasionalisme werklik in die 'ou' Westerse sin van die woord as sodanig beskou kan word, is te betwyfel. Dikwels blyk meestal dié swart nasionalisme nie veel meer as veldiep te wees nie en is die onderliggende verskille selfs groter as dié tussen die twee Ierlande, die tradisionele skuurvlakke in Europese twiste of die van die res van Afrika.

Uit die plaaslike en Afrikageskiedenis wil dit selfs voorkom asof die eerste vorm van nasionalisme as die dominante, juis onderlinge twiste in lg grootliks voorkom het. Waar dit nie 'n rol gespeel het nie, duur die stryd tussen volke, binne 'n 'nasie' as staatkundige begrip, dikwels intenser voort.

Politieke slagspreuke en uitsprake waarmee die volksgedagte gekoester is soos die bekende "Voeg bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort" sou ook nie so op die ander 'nasionalismes' toegepas kon word nie. Gewoon selfs net omdat die gewaande kohesie nie uit innerlike sap nie, maar gom van elders af, bewerkstellig word.

'n Verdere interessante beskouing oor wat nasionalisme is of kan wees, kry 'n mens in die bundel Beweging Uitwaarts (1969) waarin die bekende filosoof J.J. Degenaar (geb. 1926) ook aan die hand van F.A. van Jaarsveld se Ontwaking van die Afrikaanse Nasionale Bewussyn (1957) heelwat oor die onderwerp te skryf het. Uit die geskiedenis konsentreer Degenaar, hoewel hy Fichte en Herder ook noem, eerder op Rousseau (1712-1778) en Hegel (1770-1831) en kom hy dan veral via laasgenoemde, by totalitêre nasionalisme uit wat oa selfs die teologie sou beïnvloed en dan ook die vergoddeliking van die staat en 'n politieke leier tot gevolg kan hê. - In die sestigerjare van die vorige eeu sou so 'n siening (soos moontlik ook in 2013 weer) seker maklik misverstaan kon word.

Twee wêreldoorloë tussen vreemde moondhede en om skadu-agtige motiewe wat moeilik deur propaganda verberg kon word, het na belowende nasionale groei, weer verdere verdeeldheid tussen unie-genote en selfs bloedfamilies veroorsaak. Dit alles ten spyt, blom daar in 1948, - toevallig ook die jaar waarin Israel sy lank-beloofde onafhanklike en vrye tuisland sou kry – 'n nuwe politieke toekoms vir Afrikaner, Boer, Euro-emigrant en selfs Engelsman, met die belofte van aparte selfbeskikking. Wat dié Westerlinge wat Suid-Afrika hulle tuiste en toekomsland gemaak het, kon wen, was egter moontlik ook 'n direkte bedreiging vir ander, waaronder veral buitelandse belange.

Die ontleding van die fynskrif van daardie bepaalde tyd moet aan toegewyde en eerlike vakkundige historici en ander geleerdes oorgelaat word. Globaal gesien is dit egter duidelik dat die toenemende druk en selfs haat wat sedert 1948 veral teen die blanke Afrikaner (daar is histories ook ander) ontketen is, weinig met die skending van menseregte en die onderdrukking van gekleurdes (en ja, dit hét ook hier - soos ook elders – voorgekom) te doen gehad het. Selfs die magtige VSA wat nou nog 'n onbeduidende en gerieflike lae persentasie gekleurdes of dan bv 'Afro-Americans' huisves, het immers nog tot 1960 in sekere state, soos reeds genoem, 'apartheidswette' gehad.

Vir meer as 'n eeu verkneg en in hul suidwaartse uitbreiding gestuit en grootliks deur onderlinge stamtwiste, 'n selfmoord van 'n groot deel van 'n volk en opportuniste lamgelê, of soos die Khoi en San nie meer 'n politieke faktor nie en buitendien vir die wat objektief na die lewensomstandighede wou kyk, beter daaraantoe as die res van inheemse Afrika, sou net eksterne aanhitsing dié mense tot opstand kon beweeg. Relatief verryk deur werksgeleenthede, was Swart Afrika hier in die suide, met veral staatkundige orde as buffer, grootliks polities passief en tevrede.

Egoïsme of Sonde?

Soms kry 'n mens die ongemaklike gevoel dat egoïsme en internasionale ekonomiese belang in bv mynbou en nywerhede 'n beduidende rol moes gespeel het om Apartheid te verongeluk. Veral toe dit begin duidelik word dat selfbeskikking eerder as Apartheid en sg. onderdrukking toenemend die politieke grondplan vir die toekoms geword het. Die vestiging en voorgenome ontwikkeling van die tuislande op pad na eie onafhanklikheid met die gepaardgaande toestromingsbeheer, sou veral goedkoop myn- en nywerheidsarbeid, radikaal beperk.

In sy boek Apartheid was nie sonde nie, (sj) bespiegel dr Sybrand van Niekerk oor 'n interessante moontlikheid. Hy verwys bv op p 159 na die nou bloot akademiese vraag oor wat sou die gevolg gewees het as die ANC na 1948 nie ondergrondse opstand verkies het nie, maar openlik oor stemreg en 'n eie gebied sou onderhandel het. – En, sou 'n mens kon byvoeg, veral ná 1961 by die tuislandbeleid sou kon inskakel.

Hoewel niemand die 'onmenslikhede' wat moontlik tydens die toepassing van Apartheid as stelsel voorgekom het, sou kon of wou goedpraat nie, het dit miskien tog tyd geword dat die wêreld in 'n gees van billike objektiwiteit en 'ubuntu' na 'n klein volkie se eerlike strewe na selfbeskikking en onafhanklikheid sal kyk. As die Duitse volk die sg 'Hitlerfiasko' binne 50 jaar vergewe kon word, behoort die Europeër in Suidelike Afrika ook toegelaat te word om homself ná Apartheid weer te vind. Te meer omdat dit nie meer net die Afrikaner/Boer is wat geraak word nie, maar waarskynlik ook die meeste plaaslike Engelssprekendes en selfs Duitsers ("Ich liebe Südwest!") en Nederlandse Suid-Afrikaners. Ook die 'gewone Afrikaner' self is immers mislei as 'n mens kan aanvaar dat die 'eksesse van Apartheid' deur een of enkele aanhangers van 'n gevaarlike en skynbaar ook ekstreme herrnvolkisme, gepleeg is, onder die invloed van iemand wat homself as 'n god beskou het. – Met of sonder die insette van die CIA of iets soos die UIIS waarna Alan Elsdon in sy skokboek, Die lang Generaal (2009) op p 223 verwys.

Afrikanernasionalisme verskil nie in wese veel van enige ander volksnasionalisme nie. Op voorwaarde natuurlik dat dit objektief as sodanig en as iets anders as bv tydelike en aangeplakte 'politieke nasionalisme' beskou word. Soos tov die Vlaminge, die Franse in Kanada (Quebec), die Baske in Spanje en nou veral die Skotte, is dit bloot natuurlik dat 'n volk as 'n onderskeibare entiteit homself sal wil wees en veral ook sy eie wette sal wil maak en kortom, homself sal wil regeer.

Waar die nagenoeg 5 miljoen Skotte nou na ongeveer 300 jaar se onderhorigheid aan en deel van Groot Britanje, blykbaar op 18 September 2014 gaan stem oor politieke onafhanklikheid, is nasionalisme ook in ons globale eeu, miskien tog iets om van kennis te neem. Dat die saak ernstig opgeneem word, blyk oa uit die Britse premier, David Cameron, se ietwat emosionele pleidooie, soos oral in Britse media berig, dat die eilande liewer bymekaar moet bly. Afgesien daarvan dat 'Cameron' blykbaar 'krom neus' beteken, gaan dit vir Cameron oor meer as whisky en Sherlock Holmes, soos wat 'The Sydney Morning Herald' van 8 Februarie 2014 via Internet berig.

Historiese Humor

In Suid-Afrika sit ons natuurlik ook nog met die stukkie 'historiese humor', in dié sin dat dit juis Engeland is, of was, wat Afrikaner-nasionalisme laat wortelskiet en gedy het. Hoewel Hendrik Biebouw in 1707 al, as Nederlandse Europeër blykbaar tog die eerste was wat homself 'n 'Afrikaner' genoem het, het die latere volksnasionalisme eers daarna momentum begin kry. Deur die jare sou dit eers sporadies, vanaf die republieke van Swellendam en Graaff-Reinet, maar veral sedert die Tweede Engelse Besetting van 1806, toenemend groei om in 1961 in 'n eie volwaardige Republiek van Suid-Afrika volle erkenning te geniet. Interessant genoeg was dit weer 'n gebore en dié keer 'n baie nugtere Hollander, dr Hendrik Verwoerd, wat 'n sleutelrol sou speel.

Ongelukkig vir die Europees- en meestal Christelik-georiënteerde groep in die Kaap, het nasionalisme as suiwer en natuurlike strewe van enige volk, verstrik geraak in die histories-gevestigde gebruik van slawerny, wat in 'n grootliks gesamentlike woon- en werkplek, tot iets soos Apartheid sou moes lei om totale verswelging te voorkom.

Nasionalisme vs Globalisme

Grootliks verantwoordelik vir die verbrokkeling van die vorige 'globalisme' soos wat dit in die vroeë middeleeue in die meestal onheilige alliansie tussen kerk en staat bestaan het, het nasionalisme waarskynlik weer wêreldwyd, so 'n rol te speel. Toegegee, daar mag by sekere 'ubuntu'-groepe 'n eerlike strewe bestaan om in Suid-Afrika 'n eiesoortige en werkbare staatkundige en selfs kulturele eenheid te vorm. In alle billikheid sou 'n mens egter kon vra of dit hoegenaamd moontlik sou wees en of dit nie maar net 'n groter mark vir internasionale belange sou beteken en groter verslawing vir almal nie.

Cees Bruggemans, die baie bekende raadgewende ekonoom, skryf in 'n 'FNB-kommentaar', van 7 April 2013, só oor die begrippe staat en nasie: "A Nation is a motley crew of people… mostly static. A State a tax base in motion."

Met dié stelling as uitgangspunt beklemtoon Bruggemans probleme wat kan ontstaan as daar tussen die twee begrippe nie oorvleueling of dan uitruilbare ooreenkomste bestaan nie. Naas Europa wat hy as 'n "possible global disrupter" beskou, verwys hy na "our own complex South African make-up in terms of viability."

Verwysende na Ernest Renan (1823-1892) se Wat is een Natie? (Elsevier 2013 - soos vertaal); Doris K Goodwin, se Team of Rivals (2005) oor Abraham Lincoln en selfs A. Solzhenitsyn: One day in the life of Ivan Denisovich (1970), maak hy 'n sterk saak uit om die verskil tussen 'Nation' (hier duidelik volk) en dié, of selfs 'n staat in die algemeen, te demonstreer. Die onderlinge verband ('relevance') betoog Bruggemans, "should by now be an old exhausted topic. And yet apparently it is not". As nog 'n duidelike geval van "work-in-progress", beide wat 'nation' - hier eerder in die betekenis van nasie (=bevolking) as een of meer van die onderlinge volke betref, ervaar hy vir die hede sekere probleme soos hy dit ook tov die toekoms voorsien, oa 'In crafting one Nation under one State Roof' (beklemtoning TH) – En dit nadat hy effens vroeër aangevoer het dat Europa - soos Suid- en Suidelike Afrika 'n geografiese streek is en nie "a nation", (nasie òf volk) nie. Ten spyte daarvan dat in groot dele van Europa, tydens die Romeinse Ryk na die opkoms van die Christendom, daar inderdaad 'n 'staatkundige' eenheid was, was dit nog nooit hier die geval nie. Gedagtig aan die (ou) Europese situasie kan 'n mens seker met reg vermoed dat globalisme eintlik 'n baie ou (en verouderde) begrip is.

Wat sou dit wees wat volke en samelewings met verloop van korter of langer tye, maar telkens weer deur middelpunt-soekende kragte teister? So asof 'n Toring-van-Babel-situasie nog maar altyd bedrywig is? Blykbaar dwing 'iets' die mens om telkens weer vanuit 'n krisis, 'monokulêr' te probeer bestaan. So asof 'n bedreiging van buite of 'binne'(?), hom telkens weer laat teruggryp na erkende ankers vanuit sy wordingsjare.

Effens meer volledig tov Ernest Renan se vraag: Wat is 'n nasie? die volgende: Die boek waarna Bruggemans verwys, is 'n 'moderne' vertaling (volgens 'n Elsevier reklame-artikel op Internet) deur twee persone, Huijsen en Waling, van die lesing wat die Franse historikus, in 1882 by die Sorbonne gelewer het.

Daarvolgens het 'n nasie weinig met ras, taal of godsdiens te doen, maar is dit "een historisch principe, samen terug kunnen kijken op een gedeeld verlede en bereid zijn om ook in de toekomst samen te leven." As sodanig dus, ook volgens die artikel, eintlik 'n pleidooi vir 'n 'verligte 'patriotisme' en duidelik te sien as te betrek in die huidige soms lewendige debat, ook blykbaar in Nederland, oor die toekoms van die EU.

Hoewel 'n mens ook al elders, ook tov die Suid-Afrikaanse bevolking verneem het van 'n sg 'gedeelde verlede' en selfs iets daarvan, effens en selfs ingrypend anders, beleef het, is die vergelyking nie tov die begrip 'volk' deur te trek nie. Naas die 'bereid wees' om die toekoms reënboog-agtig te deel, bly die vraag of dit (reeds?) moontlik is om dit ook op prinsipieel en moreel-etiese gronde in 'n werklik verenigde, selfs net 'nasie' te doen.

Vervolg...

U soek na?

  • HOU VAKANSIE IN MOSSELBAAI !

    Baie netjiese vakansie-akkommodasie in Fraai Uitsig, Kleinbrakrivier, Mosselbaai Munisipaliteit. Twee kilometer vanaf Kleinbrak en Tergniet se swemstrande en ongeveer 10 kilometer vanaf Hartenbosch. Pick n Pay binne loopafstand.
    Kliek hier vir volledige inligting en foto's: OPSOEK NA BEHUISING VIR VAKANSIE?
     
    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________
     
    SKAARS BOEKE TE KOOP
    C J LANGENHOVEN 16 VOLUMES
    FAK-SANGBUNDEL 1 VOLUME
    Hierdie 16 volume Langenhoven-stel is 'n goedopgepaste kosbare versamelstuk. Dit beslaan die volledige inhoud van Langenhoven se bundels soos Sonde met die Bure; Loeloeraai; Herrie op die ou Tremspoor; Doppers en Filistyne; en al die kosbare stories uit die pen van Langenhoven.
    Die FAK-sangbundel is ook in goeie toestand en kan saam of apart van die Langenhovenstel gekoop word.
    Eienaar moet na 'n kleiner woonplek verhuis en vra 'n redelike aanbod vir sy boeke.
    Die aanbevole waardasieprys vir die Langenhovenstel is R1600.00; en vir die FAK R100.00
    Koerierkoste sal bykomend wees.
    Kontak

    Chris Carstens

    Sel no 082 954 3383

    Epos adres

    chris.carstens

    @vodamail.co.za

    ___________
    DIGBUNDELS:
      'n Versameling van 4 elektroniese bundels - 226 gedigte @R350.00:  
    Vir alle navrae  skryf aan 
    Amanda
    @waterstrome.co.za
    Uittreksel uit:
    'n Nasie in Pyn:
    ...Saam sal die hele wêreld vir hulle bid.
    Saam sal ons met pyn in ons harte sit.
    Mag hulle berus in u wil
    Mag hulle voor U verstil.
    _________
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het  in gedrukte vorm verskyn. 
    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
    DIE
    VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
    Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

     

    U kan hierdie boek bestel by
    ds AE van den Berg
    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com
    Prys: R50-00

     
  • BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    ('n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 'n Nuwe Trek (Exclusive Books) Prys: ZAR180

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is by http://tinyurl.com/lx9vrs8

    ... en loot.co.za dit verkoop teen R169 http://tinyurl.com/l26h6jl

    ... kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD


    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    JULIE 2013

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. 

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2 NOU BESKIKBAAR

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
    of skakel hom by
    074 967 5187


    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  • Kliek op DIE CHARISMATIESE GEVAAR om meer oor hierdie boek te wete te kom Lees verder...  
  • FILM OOR DR HF VERWOERD

    Kyk by hierdie skakel http://youtu.be/TcO3zPF8998

      na die kort film oor dr HF Verwoerd.   
    Dit kan ook direk bestel word by Riaan: +27823712682 of by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
     

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

 

'N BIETJIE LANGENHOVEN:

Ek sê nie al die suur mense is Fariseërs nie, maar naastenby al die Fariseërs is suur. In alle geval, solank hulle onthou om Fariseërs te wees. Want dis ook 'n inspanning.
Verbeel jou 'n wêreld sonder 'n skaterlag, sonder eens 'n glimlag. 'n Hemel op aarde, sal die Fariseër sê. Uit so 'n hemel sou ek wou wegloop hel toe.

Die man wat ek na soek, is nie dié wat die minste foute maak nie, maar dié wat die meeste foute régmaak.

Slaap laat solank as jy jou eie baas is en daar sal 'n tyd kom wanneer 'n 'n baas jou sal laat vroeg opstaan.

Ontydige vlyt is die merk van die luiaard. Dis sy verskoning vir ontydige rus.

Ons reken ons geluk vir ons loon en ons straf vir ons ongeluk.

Welvaart is die  dogter van matigheid en die moeder van weelde.

My swaarste pad trap ek self vir my plat, en die swaarste is die wat my voete nooit vat.

Daar is geen kuns by sukkel en geen sukkel by kuns.

Die boer wat nie saai nie sal nie misoeste kry nie, maar hy sal geen goeie ook kry nie.

Het die daeraad lief en die dag sal jóu liefhê.

'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie.

Dis die flukse perd wat flou word. Meer moeite as wat die vlytige het vir sy loon, het die luiaard verniet.

Op die ou end werk die vlytige man vir homself, die luiaard vir 'n ander.

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Kla net oor jou kooi as dit 'n ander is wat dit vir jou opgemaak het.

Hoe korter jy jou kuier maak, hoe gouer sal jy weer genooi word.

Om my naaste lief te hê is vir my 'n sware gebod. Met die mense daargunter kry ek dit nog op 'n manier reg.

Jy sê "ja" waar jy moes "nee" gesêhet omdat jy die ander nie wil aanstoot gee nie. Maar eken hoe het hy jou aanstoot gegee met sy versoek!

Aan 'n nuwe wa kan jy sien of dit 'n goeie skilder was; aan 'n oue of dit goeie wamaker was.

Trek liewer vir jou vriend jou broek uit as om vir hom vir 'n baadjie borg te staan. Anders loop julle naderhand albei nakend.

Die vriendskap wat jy moet koop is 'n duur artikel. Jy sal nie weer jou prys kry as jy dit van die hand wil sit nie.

Moenie vriendskap en besigheid meng nie – jy bederf albei.

'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie.

Maak jou vriendelikheid goedkoop en hou jou vriendskap duur.

Moenie jou vriend vergeet nie; dit sal hom seermaak. Maak jou vyand daarmee seer.

'n Skare is 'n versameling van eensames.

Stuur die luiaard na die miere, en as hy nie te lui is om te gaan nie sal hy te lui wees om weer terug te kom.

Dis net so moeilik om maklikheid in die ou wêreld te kry as wat dit maklik is om moeilikheid te kry.

Waardeer die werk van jou vrou. Jy kan nie op die aarde 'n ander kneg kry vir dieselfde diens en dieselfde prys nie.

Met spaarsaamheid sal jy uit die kleinste inkomste iets oorhou; met verkwistery sal die grootste vir jou te min wees.

Besorg jou eie boodskap en reken die moeite teen dit wat die misverstand jou sou gekos het.

Het die ryk man nodig om so suinig te wees? Maar hy is nie 'n ryk man wat suinig geword het nie; hy is 'n suinige man wat ryk geword het.

Help jou swakke mededinger op die bene bly.  As hy tot niet gaan, kom daar dalk 'n sterke in sy plek.

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES (7)

(Lees die reeks by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

  • Die adderbyt van naberou is verskriklik (Naberou is ontstellend.)
  • Hy het hom in 'n addergebroedesel begewe (Hy was tussen 'n groep nydige, aanvallende mense.)
  • Sy het hom adieu toegeroep (Sy het vaarwel gesê.)
  • 'n Adres van adhesie is 'n geskrif waarin instemming betuig word met 'n versoek.
  • Jy is nou by die verkeerde adres (Jy soek die oorsaak van die kwaad by die verkeerde persoon.)
  • Dit was advokatery (Dit was regskundige uitoorlêery.)
  • Hy sal die werk weer afbroddel. (Hy sal knoeiwerk of slordige werk verrig.)
  • Sy wil elke takie afbrom (Sy kla die hele tyd terwyl sy werk.)
  • Jy kan nou maar afdans (Jy kan nou maar skoert.)
  • Moet hom nie op sy verdienste afdwing nie (Moet hom nie verkleineer nie.)
  • Die ou werkie draf ek gou af (Ek sal dit sommer gou afhandel.)
  • Hulle wil die rusie afdrink (Hulle wil vrede maak.)
  • Sy het soms baie affêrinkies (Sy is dikwels vol nukke en nonsens.)
  • Hy sal wel weer geld van haar affutsel (Hy sal dit op 'n oneerlike manier van haar kry.)
  • Daar kan niks van afgaan nie (Dit kan nie ontken word nie.)
  • Hy sal 'n afgehekste loesing kry ('n deeglike pak slae.)
  • Sy is 'n afgelekte meisie (Sy het al baie kêrels gehad.)
  • Jy lyk so afgesak (Jy lyk baie moeg.)
  • Hy het afgetop gelyk (Hy het verleë gelyk.)
  • As jy iets van hom wil hê sal jy dit moet afgoël (Hy is so suinig!)
  • So 'n afhaler is onnodig ('n Onnodige belediging.)
  • As dit afhang moet ons dit maar opbind (Skertsend wanneer iemand gedurig begin met "Dit hang af..."
  • Na elke partytjie is hy babalaas ( dan ly hy aan die gevolge van te veel alkohol).
  • Daar was 'n Babelse gegons van stemme (Almal het gelyktydig gepraat).
  • Dit was 'n Babelse verwarring (Dit was baie deurmekaar).
  • Hy sal weer mooi broodjies kom bak (Hy sal kom vlei en mooipraat om sy doel te bereik),
  • Hulle eet nie uit een bak nie (Hulle is nie vriende nie).
  • Sy het hom 'n bak gewys (Sy het hom onvriendelik tereggewys).
  • Gou by die bak maar lui by die vak (Hy is eerste daar waar iets te ete is maar traag as hy moet werk).
  • Hy maak sy hande bak (Hy kom bedel iets).
  • Ons moes bak staan (Ons moes hard werk).
  • Dit was sommer 'n bakerpraatjie (Dit was 'n skinderstorie).
  • Jerusalem is die bakermat van die Christelike Kerk ( Dis waar dit begin het. 'n Bakermat was 'n mandjie waarin die baker – die vrou wat 'n pasgebore baba versorg het – die kindjie op haar skoot voor die vuur versorg het).

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1275 gaste aanlyn