NUUTSTE BYDRAES

DIE ALTERNATIEF (4)

T. M. Hart

'n STRATEGIE vir OORLEWING

‘Klink my tot kruik waarin u Gees
Weer water vir my volk sal wees’.

G.A. Watermeyer: Die Republiek van Duisend Jaar

Kopiereg © : T.M. Hart
Uitgewer: Tobie Hart
E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Eerste Druk: 2014 ISBN: 978-1-928202-13-4

Lees reeks by Die Alternatief

Gelofteland plaas met toestemming van skrywer hierdie werk in reeksvorm. Dit is ‘n eerlike en praktiese besinning oor aspekte van 'n strategie om in die veeleisende 21ste eeu te kan oorleef. Sake soos nasionalisme, die ekonomie, politiek, godsdiens, die media, apartheid en ander word onder die loep geneem. Ná deeglike navorsing het skrywer besin oor wat 'n alternatiewe en volhoubare Suid-Afrikaanse leefwyse sou kon wees. Al sou lesers nie noodwendig met elke sienswyse saamstem nie kan elke volksgenoot in vandag se Suid-Afrikaanse omstandige hierby baat.

4. LESSE uit AFRIKA

Iemand het op 'n keer die opmerking gemaak dat Afrika dikwels daarop uit is om met Europa, en 'Europese waardes' te mors. Of dit uit weerwraak of van nature is, is nie op ingegaan nie, maar ook nie hier van soveel belang nie. Die feit bly dat soos waarskynlik nêrens anders op aarde nie, daar in Afrika en in die besonder in Suid-Afrika, 'n rasse- en kulturele kontaksituasie ontstaan het wat groot uitdagings aan alle betrokkenes stel.

 

'n Eie identiteit

Veral die blanke minderheid of dan die Afrikaner wat in Afrika noodgedwonge 'n eie identiteit ontwikkel het, se fisiese, kulturele en religieuse voortbestaan is tans op die spel soos nog selde in sy geskiedenis. Nie net omdat hy in Afrika is nie, maar ook omdat die wêreld 'anders' geword het.

Hoewel dikwels al ontken en selfs verkleineer, is ervaringe soos dié van Albert Schweitzer (1875-1965) en David Livingstone (1813-1873) duidelike bewys dat Afrika dikwels na ander marsmusiek luister.

Die eerste kontak van Sentraal-Afrika en Suidelike Afrika, (so ver suid as "Great Zimbabwe" soos dié plekkie nog in kaarte uit die 14de eeu genoem word) met die destydse buitewêreld, was deur korrupte stamkapteins wat hulle onderdane aan Arabiese en Europese slawe-agente en slawehandelaars verkoop het. Vir persoonlike materiële voordeel en moontlik ook om beheer oor grondgebied te verkry, is stamme en volke nie net verskuif nie, maar fisies gejag, gestroop en verkoop.

Soos wat oa Somali’s en Nigeriërs nou nog, na bewering, soms betrokke is by menseroof, het die Ashanti van Ghana, die Yoruba van Nigerië en andere bekendheid verwerf weens hul betrokkenheid by slawehandel en is selfs van rowerbendes as agente gebruik gemaak. Lees gerus wat 'Wikipedia' oor hierdie saak te sê het. 'n Baie interessante stelling wat die oog gevang het, is: "European and Arab slave trading agents also supported rulers agreeable to their interests. They would actively favour one group against another to deliberately ignite chaos and continue their slave activities." (Beklemtoning TH)

Dit verg nogal heelwat om nie sonder meer hier 'n parallel te trek nie. Was daar nie miskien tog nuwe 'slawehandelaars' bedrywig in die onrus en opstande ná veral 1961 om sekere 'globale' ekonomiese aktiwiteite, sonder inmenging, ongehinderd te kon voortsit nie? Sommige buite-tuislandse ontwikkelinge van destyds versterk so 'n vermoede.

Die vergoeding wat hoofmanne destyds met die Arabiese slawehandel ontvang het was 'kick backs' meestal in die vorm van Westerse drank, wapens en nikswerd snuisterye soos skulpe. Miskien is die moderne vergoeding nie meer net in die vorm van 'british-made firearms (of very poor quality) and industrial grade alcohol' (Wikipedia) nie, maar ook 'skulpe' waarvan sommige blykbaar net nie genoeg kan kry nie.

Afrika: Bron van goedkoop arbeid

In die huidige VSA het Nederlandse slawehandelaars reeds in 1619 die eerste Afrikaslawe afgelewer en in Engeland was in dieselfde eeu 'n koninklike bepaling van krag wat die alleenreg vir slawehandel tot 1712 aan die Royal African Company - selfs, blykbaar, sonder om te tender - toegestaan het. Naas 'n Ivoorkus was daar immers in Afrika ook 'n Goud- en Slawekus wat later bekend sou staan as Benin.

'n Aanhaling in Wikipedia tov die bekende David Livingstone is nogal skokkend: "The strangest disease I have seen in this country seems really to be broken heartedness, and it attacks free men who have been captured and made slaves." Livingstone sou verder bevind het dat 80 000 slawe uit daardie deel van Afrika elke jaar dood is voordat hulle die slawemarkte van Zanzibar bereik het. Die aanhaling gaan dan verder: "To overdraw its evils is a simple impossibility… We passed a slave woman shot or stabbed through the body and lying on the path. (Onlookers) said an Arab who passed early that morning had done it in anger at losing the price he had given for her, because she was unable to walk any longer."

Miskenning van die menswaardigheid van die mense van Afrika in die besonder, was vir baie eeue lank reeds die algemene gebruik onder Europeërs en Arabiere. Selfs die Katolieke Kerk was vroeg reeds goedkeurend betrokke toe pous Nicholas V in 1452 slawerny en slawehandel met ongelowiges gewettig het. In 1455 word dit met sy Romanus Pontifex selfs verder uitgebrei.

Slawerny en slawehandel was 'n eeue-oue erkende gebruik om arbeid te bekom. Selfs die Romeine se bote was deur slaweroeiers beman en Josef is al in Genesis deur sy broers, as toegewing, aan Ismaelitiese 'slawehandelaars' verkoop, terwyl stamvader Abraham ook al sy besondere slawe en selfs 'n slavin gehad het. Westerlinge het in die algemeen, maar veral as koloniste, dié gebruik eenvoudig voortgesit.

Hoewel waarskynlik uit Afrika begin deur die Portugese wat nie self hulle suikerplantasies in die nuwe wêreld kon of wou bewerk nie, het 'n sekere Conçalves reeds in 1441 slawe in Afrika begin koop. Die Spanjaarde was egter blykbaar die eerste Europeërs wat Afrikaslawe in oa Kuba aangehou het. Veral na 1493 toe nog 'n pouslike dikreet dit in die nuwe wêreld gewettig het.

Uit al hierdie egoïsties-gedrewe en gewettigde optredes, het 'n ongekende ekonomiese opbloei vir die Weste aangebreek. Die vestiging van Westerse kommersiële landbou, mynbou en nywerhede is tot 'n groot mate deur slawe en later goedkoop inboorling-arbeid moontlik gemaak. "The rise of a large commercial slave trade, driven by European needs", het daartoe gelei dat "enslaving your enemy became less a consequence of war, and more a reason to go to war."- Internet . – Behalwe in Suid-Afrika?

Naas en miskien vanweë dié historiese misbruik van Afrika, bestaan daar teenoor die Europeër in Afrika bepaalde probleme. Uit eie geledere is iets daarvan vir ons in Afrikaans opgeteken deur die hoog-aangeskrewe taalkundige, prof HJJM van der Merwe, in lewe van Unisa.

Blanke voortbestaan in Afrika

Reeds in die voorwoord tot sy Segregeer of Sterf (Afrikaanse Pers-Boekhandel, 1961) stel prof HJJM dit onomwonde: "Deur my navorsing in Suid-Afrika aangaande die sosio-linguïstiese uitvloeisels van rasse-kontaksituasies en die daaropvolgende ondersoek in Sentraal-Afrika, Israel, ens, en ook wat die Ambonnese minderheidsgroep in Holland betref, is ek volkome oortuig dat die voortbestaan van die Blanke-minderheid in Suid-Afrika slegs beveilig kan word deur territoriale segregrasie in die groots-moontlike mate". (Kursivering HJJM)

Hoewel terminologies effens verouderd – daar het immers heelwat gedurende die afgelope meer as 50 jaar gebeur – is die sieninge van hierdie taalkundige reus, kultuurmens en klaarblyklik party-polities onafhanklike denker, steeds iets om van kennis te neem.

Soos die titel reeds aandui, is daar vir hierdie geleerde geen ander uitweg nie. Dit is òf apart-wees òf ophou om as volk te bestaan. Reeds in die 'Voorwoord' word dit verderaan duidelik gestel: "Apartheid in Suid-Afrika mag vir ons 'n onnatuurlike gerusstellende gevoel van veiligheid gee, maar dit beskerm ons nie van Afrika nie. Aparte of parallelle ontwikkeling binne dieselfde burgerskap-grense beteken dat jy die Swarte jou skaduwee maak, en jou skaduwee kan jy nie beveg nie. Gebiedskeiding beteken niks vernederends vir die Swartman nie, wel gelyke ontwikkeling met die Blanke, maar binne aparte grense." (Kursivering TH)

Aan die einde van die voorwoord rig hy dié ernstige waarskuwing: "Indien gebiedskeiding verongeluk sou word, moet die teenstanders daarvan hulle klaarmaak om saam met die voorstanders te sterf, want daar is geen alternatief vir die Blanke-minderhede in hierdie kontinent nie." (Kursivering TH)

In die eerste hoofstuk word die historiese verloop van die kontaksituasie tussen die verskillende bevolkingsgroepe geskets. In die gangbare terme van die bepaalde tyd word nog, soos destyds, gepraat van "Hottentotte", "Kleurlinge", "Bantoe" en "Indiërs" en word daar verwys na die in-aanraking-kom met verskillende groepe, soos histories aanduibaar, asook na ontstamming, samesmelting van verskillende etniese groepe in stedelike gebiede, die rol van taal, kerk en (Westerse) godsdiens en eie nasionalismes en strewes.

Op die dringende vraag: "Het ons 'n oplossing?" word op 'n paar kernprobleme gewys. Die eerste wat aan die orde gestel word, is die "feitelike toestand dat die Nie-blanke oral heg ineengestrengel is met ons ekonomiese stelsel". Deurdat ons hom gehelp het "om te styg van 'n onbeskaafde na 'n beskaafde toestand, waarin sommige reeds tot op hoë peil ontwikkel het" p 53, het hy ook geleer om sy hande en sy verstand te gebruik.

Oor 'n breë front wys Van der Merwe daarop dat mense wat later geëtiketteer sou word met die onvleiende term, 'agtergeblewenes', dalk nie regtig so benadeel is deur middel van sg minderwaardige onderwys, mediese en geestelike sorg en ander 'diskriminerende' behandeling waaraan hulle na bewering doelbewus blootgestel is nie. Volgens wat 'n Prof dr J. Lauwerys in 1960 gesê het, aangehaal deur HJJM (p 51), het die algemene toestand waaronder die Indiërs in Suid-Afrika geleef het, baie goed vergelyk met dié in Indië.

Wat wel waar is en waarna HJJM ook verwys, is die "eienaardige situasie" wat so geskep is nl dat dié mense 'geleer is om vir hulle self te dink' en hulle die geleentheid gegee is tot 'selfontwikkeling op intellektuele en ekonomiese gebied', sonder dat daar genoeg vakatures vir hulle was om te vul. Hierop vervolg hy: "...elke mens met 'n greintjie gesonde verstand, besef dat jy op dié wyse 'n pragtige geslag van gefrustreerdes kan skep"…

Die futiliteit van so 'n situasie lê vir hom daarin dat iemand opgelei kan word "...vir iets waarin hy hom nie mag of kan uitleef nie." p 53 (Kursivering HJJM) Byna naïef-eerlik en seker vreemd vir baie kritici van Apartheid verklaar die skrywer onomwonde: "Ons erken die Nie-blanke se aanspraak, maar moet hy dié dinge kry ten koste van die voortbestaan van die Blanke?" Die byna onthutsende oplossing vir die destydse dilemma - wat intussen ingrypend anders geword het, maar geensins verdwyn het nie (behalwe as die Blanke volk verdwyn het!) - word in die boek kursief gedruk en hier woordeliks weergegee: "Die oplossing vir Suid-Afrika sou gewees het om die natuurlike leier van Afrika te word; dus om mee te ding met die groot moondhede om Afrika binne sy invloedsfeer te betrek. Met die huidige toedrag van sake kan hy nie. Afrika sal na hom luister slegs as die Bantoe in Suid-Afrika volkome vry is, dus as meerderheid regeer." Die ietwat mismoedige maar tog ook indringende vraag waarmee die hoofstuk afsluit nl: "...is daar nog hoop in òf integrasie òf segregasie"? word dan in die res van die boek aan die orde gestel.

Integrasie as versoening?

Die hoofstuk oor integrasie word gewy aan "Integrasie as middel tot versoening en vryheid", die vraag of integrasie al (êrens in Afrika) geslaag het en meer plaaslik, integrasie met die Kleurlinge en Indiërs. Met my moderne 2012-ingesteldheid oor dié sake, kom ek toe op dié juweel in die boek af. Volgens die skrywer sou 'n Swart leier al in die dae van die Mau-Mau in Kenia en die Federasie van die Rhodesië en Niassaland verklaar het dat die probleem van Afrika 'n 'kwessie van grond is' en dat die Blanke die Inlanders beroof het van al hul grond en hulle daarom nie 'n bestaan kan maak nie. – Nogal, nè. Ek dog dan dat dié slagspreuk in sy moderne toi-toi-gedaante met haatlied en al, minstens oorspronklik is.

Prof HJJM gaan verder in sy boek om te noem dat die blanke in Kenia slegs 5% van die onbewoonde kroongrond ontvang het en daarop 'n bestaan gemaak en selfs duisende Kikuyu-plakkers aan die lewe gehou het, terwyl die 95% van die kroongrond wat oorgebly het, onbenut gelaat is. Die eintlike destydse herrie het natuurlik oor die sg 'Wit Hooglande' gegaan wat in totaal slegs 12.4% van die hele gebied uitmaak en waarvan die Blanke destyds blykbaar net 4% bewoon en bewerk het.

Volledig gedokumenteer met verwysing na 'kundiges' en andere se toesprake, uitsprake en modelle soos "partnership", "multi-racial government", 'n "new deal" en die Kongo se "evolués" en indringend beredeneer, kom die skrywer tot dié gevolgtrekking: "Ek verwerp die opvatting volkome dat die Swarte verdraagsaam sal wees teenoor die Blanke as aan hom toegegee word ten opsigte van sy aspirasies, want dit is nog nêrens bewys nie." (Kursief HJJM) En dan verder: "Oral in die swart state wat onafhanklik geword het, het die Blanke daar voortbestaan, solank hy nodig was – vir sover die betrokke lande kon insien dat hulle nog derglike hulp nodig het." (p 112, Kursivering TH) – 'n Aanvegbare stelling dalk waarna 'n mens weer moet kyk of goeie raad wat al in 1961 aan ons deurgegee is?

Die slotgevolgtrekking waartoe hierdie geleerde en kundige ook vanweë reise in Afrika en toepaslike studies kom, is (weer kursivering HJJM en hier deur my, TH, beklemtoon): "Ekonomiese integrasie (is) die beginstap tot sosiale en politieke integrasie, wat eintlik neerkom op assimilasie in die betekenis van uitwissing van die blanke, nie net as sodanig nie, maar ook as draer van die Westerse Beskawing, waarmee hy dan ook sy soveel geroemde doelbewuste planting aan die suidpunt van hierdie kontinent laat misluk het."

Ten opsigte van die 'Bruinmense' waarmee hier bedoel word die 'tussengroep' wat kleur betref en wat bestaan uit nie-Afrikane uit watter historiese oorsprong ookal, handhaaf Van der Merwe 'n besondere standpunt. Noukeurig gelees, sou 'n mens in die lig daarvan eerder moes dink aan 'n biegsessie teenoor dié Bruinmense as teenoor Swart Afrika. Deur blankes oor baie jare die land ingebring as slawe of arbeiders of hier gemaak, is daar immers 'n saak uit te maak vir 'n bepaalde soort verantwoordelikheid teenoor dié mense. - Gebrek aan voldoende inligting oor die 'Koks' en 'Waterboers' laat onsekerheid oor dié groepe, maar wat die res betref is daar nie twyfel nie.

Al die planne in die verlede van verskillende 'kamers', 'parallelisme', en ligsinnighede ten spyt, het die probleem nie verdwyn nie. Ook nie vir die bepaalde groepe nie. Ten spyte van leiersposisies wat sommige in die huidige politiek beklee, word dié groepe bedreig deur werkreservering-praatjies deur sommige van hulle alliansie-vennote soos al in die dagpers berig en in regsaksies beklemtoon. Hoewel, toegegee, die 'Gandhi-benadering' (vgl Van Niekerk p 103) kon seker ook 'n rol gespeel het.

Op soek na blywende oplossings

Om egter nou sonder meer die vele foute van die verlede verder uit te ryg en teen die lig te hou is onnodig. Daarby kan dit maklik aanleiding gee tot 'n intenser, tydelike, verenigde front teen die sg uitbuiters en onderdrukkers en geensins bydra tot 'n oplossing van die vele probleme wat die land in die gesig staar nie.

Veel eerder behoort daar, ook polities, gesoek word na praktiese oplossings. Namate die huidige sg demokratiese stelsel toenemend verander in 'n tirannie van die helfte-plus-een, sou almal, behalwe die groot groep wat direk by 'n regerings- of belastingbetalerskrip staan, by 'n duidelike afwenteling van mag kon baat vind. Deur die erkenning van basiese verskille tussen rasse en kulture sou selfs die moderne strewe na Afrika vir die Afrikane, maar dan ook die Afrikaners, die beste gedien kan word.

Histories is daar selfs, soos reeds tentatief aangedui, 'n goeie saak uit te maak, vir wie (watter kultuurgroep) eerste waar was. 'n Besondere lesenswaardige boek in die verband, hoewel baie duidelik om 'n ander rede geskryf, is Pieter J. Pelser se Darwinism and the African Eve (2008).

Volgens die navorsing van 'n dr Cyril Hromnik, aangehaal deur Pelser nav 'n artikel deur Maré Mouton in die tydskrif 'Village Life', sou mense van Indië ook 'n belangrike rol in Suid-Afrika se geskiedenis gespeel het. Afgesien daarvan dat historiese 'Africans' of 'Afrikane' blykbaar eintlik wit mense was wat van Arabië (Egipte) in Noord-Afrika inbeweeg het, is/was Negroes of Nigritae eintlik net diegene wat in die land, of omgewing, van die Nigris (Niger) gewoon het. Daarvandaan is die term gebruik om "black-skinned people of a distinctive facial appearance" (Pelser p 105) aan te dui. Eers jare later, vanweë Portugese betrokkenheid, is Nigris ook Afrikane genoem.

Volgens Mouton, eintlik Hromnik, skryf Pelser, was die Dravidiane van Suid-Indië dominante handelaars (en gouddelwers) aan die begin van die Christelike jaartelling in Afrika en ook

Suidelike Afrika. Hromnik baseer blykbaar sy standpunt oa op inligting in ou Portugese kaarte waarvolgens 'Anjan-bar' of 'Azania' selfs as deel van Indië aangedui is. Ook plekname soos 'Mozambique', moontlik uit 'mussambi-baza' (=monsoonbote) word genoem. Die verwysing na die gebied bekend as 'Mashonaland' (deel van die huidige Zimbabwe) is baie interessant. Volgens Hromnik beteken die naam eintlik 'land van sona' (=goud) in Pali, die heilige taal van Suid-Indiese Boeddhiste.

Die beweerde Indiese invloed in veral, vir ons doel, Suid-Afrika, gaan dan na bewering nog veel verder. Nie alleen sou die Indiërs rys verbou het op bergterrasse wat dalk nou nog in Mpumalanga op te spoor is of die Khoi se vetstertskape hier gevestig het nie, maar is die Khoikhoi as sodanig moontlik die nasate van Kung- (of dan Sanvroue) en van die Indiese mynwerkerslawe (Bugi) van Indonesië en veral Sumatra, Java en Borneo. Teen ongeveer 900 n.C. sou die eerste 'Limi' (="dark skinned people and dependent 'followers' of Indian caravans") van Noord-Wes Afrika (Nigerië) as mynwerkers na Mashonaland ingevoer word. Volgens Pelser, Mouton of Hromnik sou die eerste mense, bekend as 'Bantu' geleidelik vanaf 1200 tot so onlangs as 200 jaar gelede, suidwaarts tot oor die Limpopo begin beweeg het. En (my byvoeging) moontlik oa Madikwe en Mapungubwe onder Indiese invloed (?) bewoon en ontwikkel het.

Afrikaprobleme en -leuens

Die oorname, 'bevryding' en verval van ekonomies-kragtige en produserende landbou-eenhede soos sitrusplase en die probleme met volhoubare voorsiening van basiese dienste, asook tekens van korrupsie, onderstreep enkele Afrikaprobleme. Ook in dié lig gesien sou groter skeiding selfs, soos in die verlede, ook tot die voordeel van die oproerige meerderheid aangewend kon word.

Aansluitend by prof HJJM se standpunt, is ook dié van dr S.G.J. (Sybrand) van Niekerk (1914-2011) Administrateur van Transvaal (1966-1979) en later LV in Apartheid was nie sonde nie en selfs dié van veteraan-joernalis en sondagkoerant-redakteur, Ken Owen in These Times, Jonathan Ball, Jhb 1992.

Op 3 Okt 1985, het Owen dit in 'Business Day' onder die opskrif "What is Apartheid?" in die lig van toenemende kritiek ten spyte van toegewings veral teen die 'international community' en vervolg dan: "People who objected to mass population removals are not mollified when Bantustans are consolidated in such a manner as to reduce or eliminate removals. Some of the people demanding the democratic right to form trade unions are now coming into the open by saying the problem after all, is not simply apartheid but capitalism." Die slotsom waartoe Owen later kom, is veelseggend: "Indeed on the left there is less talk these days of racism than of monopolies…"

Dr Van Niekerk plaas die klem effens anders. Reeds vroeg in die boek stel hy dit duidelik: "Die swartmense van die RSA is nie deur 'apartheid' veronreg nie. Hulle agterstand en armoede is nie deur die Nasionale Party se beleid na 1948 veroorsaak nie. Hulle het deur die eeue agtergebly. Hulle kon hulle self nie help nie."

Op die oog af rassisties, moedswillig en vir seker nie polities-korrek nie, is hierdie stelling ongelukkig tog ook die reine waarheid. Afrika en veral "Limi-Afrika" het inderdaad nooit die

Franse en veral die Engels-Europese Industriële Revolusie beleef nie. Daarby is die wiel, waarskynlik ook om bloot praktiese redes eintlik ook nie van Limi-Afrika nie. Hulle 'agterbly' is dus nie neerhalend nie, maar 'n blote objektiewe feit. Verder is 'agterbly' ook 'n relatiewe begrip in die sin dat die moderne Westerse mens nou eers begin besef wat sy 'vooruitstrewendheid' hom as spesie aan geestesgoedere sover gekos het en waarskynlik toenemend gaan kos as daar nie 'n verandering in gesindheid kom nie.

Ná Bloedrivier

Verdere interessante en moontlik selfs beleidsbepalende inligting wat Van Niekerk deurgee, kom uit sy bespreking van wat verder, ná Bloedrivier, in Natal gebeur het. Omdat die ou skoolgeskiedenis, toe dit darem nog erkenning geniet het, selde oor dié deel van die verlede gehandel het, is dit nodig om hier breedvoerig daarna te verwys.

Anders as wat 'n mens uit die skoolgeskiedenis bereid was om te glo, het die stryd tussen Boer en Zoeloe nie na 16 Desember 1838 opgehou nie. Dingaan se mag was wel geknak deur die wonderbaarlike oorwinning dié Sondag, maar vrede moes nog bestendig word. Kripties-aangrypend beskryf Van Niekerk die verdere gebeure: "Die wa-laer was op 20 Desember 1838 binne sig van Umgun-gundlovu. 'n Perdekommando van 300 man het verder gegaan en die stat verlate gevind met Dingaan se glanspaleis afgebrand." (p 38)

Die volgende dag sou die laer verder versit tot ongeveer 'n kilometer van die stat af waar die massagraf van Retief en sy mense asook die Retief-Dingaan-traktaat gevind is. Hoewel sommiges die geldigheid van die traktaat later sou probeer bevraagteken, was en bly dit die onomstootlike bewys van 'n wedersydse en aanvaarde ooreenkoms tussen Europeër-Boer en Afrikaan oor eiendomsreg en grondbesit in Suidelike Afrika. Of die gebied werklik sou kon strek van suid van die Tugela tot aan die Umzimvuburivier, (dus ongeveer vanaf die huidige Stanger tot by Port St John) is 'n ope vraag, maar hef nie die geldigheid, in gees en bedoeling, van die ooreenkoms op nie.

Die eerste straf-ekspedisie teen Dingaan loop amper op 'n tragedie uit toe 'n gevange Zoeloe, Bonqosa, die Boere in 'n lokval probeer lei. Soos Retief wat nie die waarskuwings van die Britse sendeling, eerw. Owen, 'n sekere Champion en selfs dié van sy ou vriend Harry Flynn, nog van sy Oosgrensjare, vroeër, wou aanvaar nie, sou die Boere nog vir lank moes probeer leer hoe en of Afrika vertrou kan word. Ook die gebeure na 13 Mei 1839 toe volgens 'n verdere ooreenkoms, "Boeregebied tot twee myl van die Swart Umfolozirivier sou strek en St. Luciabaai sou insluit" (Van Niekerk p 39) bevestig dié stelling.

Met groot moeite word die beginsel van 'vreedsame naasbestaan' ná die dood van Dingaan tydens die bewind van Panda in so 'n mate gevestig, dat daar vanaf Febr. 1840 uiteindelik sprake van vrede kon wees. Ene Molesworth, aangehaal deur Van Niekerk stel dit so: "The Boer having obtained possession of Natal, established a regular government…. and would in a short time, have formed a flourishing settlement, if we had left them alone". (Beklemtoning TH)

Tot 15 Julie 1843 toe die Boere onderwerping aan die Britse gesag sou aanvaar, heers daar vrede terwyl die Boere, nie wreed en onderdrukkend nie, maar as voogde en senior vennote, Afrika in die geheime van beskaafde lewensnorme inlei en so veral werk en lewensonderhoud, maar selfs ook huisvesting en mediese en ander vorme van versorging verskaf. In wese nie veel anders nie as wat dit op die Oosgrens en later tot diep in die 20ste eeu (en miskien selfs nou nog) oral op die Suid-Afrikaanse platteland die geval sou wees.

Geen wonder 'die Engelse' word soms nog so intens deur stoere Boere gehaat nie. So asof die arme gewone Engelse nog steeds die verantwoordelikheid vir hulle base se doen en late moet dra. Toegepas op 'n nuwe geslag Afrikaners sou dit seker as uiters onbillik beskou kon word. Behalwe natuurlik vir sover die misdade van die vaders ook deur die nageslag verduur moet word.

Volgens Van Niekerk het dieselfde vorm van vreedsame naasbestaan en selfs voogdyskap ook in die noordweste (Vryburg) ontwikkel voor en selfs nadat Cecil John Rhodes sy pad na die noorde op bedenklike wyse bekom het. Ook in dié verband was die Boere nie die uitbuiters of aggressors nie.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1088 gaste aanlyn