Nuutste bydraes

GEDAGTES VIR ELKE DAG

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

 

Kennis is die voedingsbron van ‘n beskawing en ‘n kundige volksleier se kennis die resultaat van ‘n flink brein.  Geleerdheid is ‘n skat wat niks weeg nie en oral saamgedra kan word.  As dit van ‘n onkreukbare karakter vergesel word, is dit ‘n sieraad vir ‘n volk!

DIE ALTERNATIEF (5)

T. M. Hart

'n STRATEGIE vir OORLEWING

‘Klink my tot kruik waarin u Gees
Weer water vir my volk sal wees’.

G.A. Watermeyer: Die Republiek van Duisend Jaar

Kopiereg © : T.M. Hart
Uitgewer: Tobie Hart
E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Eerste Druk: 2014 ISBN: 978-1-928202-13-4

Lees reeks by Die Alternatief

Gelofteland plaas met toestemming van skrywer hierdie werk in reeksvorm. Dit is ‘n eerlike en praktiese besinning oor aspekte van 'n strategie om in die veeleisende 21ste eeu te kan oorleef. Sake soos nasionalisme, die ekonomie, politiek, godsdiens, die media, apartheid en ander word onder die loep geneem. Ná deeglike navorsing het skrywer besin oor wat 'n alternatiewe en volhoubare Suid-Afrikaanse leefwyse sou kon wees. Al sou lesers nie noodwendig met elke sienswyse saamstem nie kan elke volksgenoot in vandag se Suid-Afrikaanse omstandige hierby baat.

5. EKONOMIE en POLITIEK

Hoewel miskien nie begrippe wat oor die algemeen saamgevoeg word nie, sal dit weldra duidelik blyk waarom dit hier tog nodig is. Die ekonomie aan die een en politiek aan die ander kant, vorm die moontlik bose, maar ook stewige basis van die moderne samelewing.

 

Normaalweg is of word (soms nog) die ekonomie gedefinieer as die 'produksie, verspreiding en gebruik van goedere en dienste'. In die oorspronklike Grieks oikonomou, is daar sprake van 'die administrasie of bestuur van 'n huishouding'. Pharos verwys verder na "(die) wetenskap wat 'n studie maak van hoe die mens met behulp van hulpbronne die maksimum bevrediging van sy stoflike behoeftes probeer verkry."

Sommer 'n mondvol dié met, baie duidelik die klem op die poging om 'maksimale bevrediging van stoflike behoeftes' te probeer verkry. Geen wonder dus dat dié wetenskap gou 'n politieke konnotasie gekry en selfs as hoofsaaklik 'politieke ekonomie', bekend geraak het nie. Seker darem nie omdat veral die moderne politiek geneig is om dikwels on-ekonomies te werk te gaan nie. Nogtans is iets hiervan tog

moontlik die hoofoorsaak wat die sg Libertarisme, om 'n staanplek in die Westerse leefwyse, laat meeding.

Ekonomie of politieke ideologie?

Die klemverskuiwing van 'algemene' tot 'politieke', het alreeds tydens die laat 18e eeu sigbaar geword toe Ekonomie as sosiale wetenskap eintlik alhoemeer gegaan het oor kragte en magte binne die finansiële aksies van state. Dat dié vakgebied sonder meer by die politiek betrek sou raak, spreek dus eintlik vanself.

In die laat 19e eeu het William Stanley Jevons (1835-1882) met sy syfer- of wiskundige benadering eers effens wal gegooi. Ook die baanbrekerswerk van Alfred Marshall (1842-1924) en seker veral sy Principles of Economics (1890) het moontlik 'n rol gespeel om bloot te begin praat van die ekonomiese wetenskap. Nog later is selfs die 'wetenskap' in die benaming laat vaar en is net gepraat van die ekonomie as gegewene, waardeur iets van die Griekse oikonomou weer na vore kon kom.

Maar nie vir lank nie. Trouens reeds voor die verskyning van Marshall se 'Principles',

publiseer die einste Liverpool-gebore Jevons en student van Augustus de Morgan, sy The Theory of Political Economy (1871). In 1882 verskyn ook sy The State in Relation to Labour wat weer die ekonomie en die studie daarvan grootliks op die terrein van die politiek plaas. Effens paradoksaal is ook die verskyning van Jevons se, wat die titel betref, hoogs moderne The Coal Question (1865) met sy wat later bekend sou word as die 'Jevons-paradoks' en al.

Wat van Jevons verder opval, is dat hy in sy dag al aan alternatiewe energiebronne soos sonkrag gedink het, maar besef en daarop gewys het dat as dié bronne ontwikkel en gebruik word, dit Engeland se internasionale mededingendheid sou benadeel. Sover met veral dank aan Wikipedia.

Die groot skeiding in moderne denke oor die ekonomie, gaap wyd tussen, aan die een kant, in die betekenis van algemene huishouding en bestuur of administrasie en aan die ander kant die politiek waarin egoïstiese oogmerke 'n bepalende rol speel. Of dit nou tenderbedrog of omkoopgeld vir 'n boetekaartjie of die inpalm van 'n land of kontinent se natuurlike

hulpbronne behels, gaan dit dikwels primêr oor selfverryking. – Verkieslik meestal sonder om 'n gelykwaardige prestasie soos in 'ruilhandel' te lewer. Die noodwendige gevolg is uitbuiting van die een of ander aard. Waar daar nie deur oorreding, leë beloftes, buitelandse kapitaal of bondgenootskappe, vordering gemaak kan word nie, word selfs oorlog as laaste uitweg 'om vrede te bewaar' in die lig van die een of ander meestal denkbeeldige of oordrewe gevaar, as hefboom gebruik.

Effens opsetlik en grootliks pretbederwend, sou 'n mens kon beweer dat die moderne ekonomie in wese eintlik oor egoïstiese behoeftebevrediging ten koste van andere gaan. Geen wonder dat 'n vak soos 'sake etiek' - met watter bedoeling ookal - aan selfs Suid-Afrikaanse universiteite aangebied word nie.

Soos die kerk en staat in die donker middeleeue in 'n onheilige alliansie ontwikkel het, is dit in ons moderne en veral postmoderne tyd die staat en moontlik selfs 'n gemanipuleerde ekonomie (met die klem op die produksie) wat in groterwordende reikwydtes en benouende kleiner kringe 'ons' as die

gewone burgers, verbruikers en stemvee laat boet en verslaaf. Gelukkig het ons soms darem nog die keuse hoe en waar ons die slawe-arbeid sal verrig.

Die Ekonomie: misreën of donderweer?

In ons moderne opset werk die ekonomie blykbaar ook baie soos die weer en weervoorspelling. Om te moet luister na waarom dit of dat bv op die aandelebeurs gebeur het, is soms lagwekkend snaaks. In navolging van hierdie of daardie geld-eenheid of die verkoue en niesbui van A of B, kan haas enigiets met enige aandeel op die Beurs gebeur.

Met groot simpatie met ekonome - en daar is seker darem onafhanklikes en bekwames ook – kom mens wat ekonomiese insig betref, veel verder deur na politieke verslaggewing te kyk en te luister. Hoewel nie noodwendig nader aan die waarheid nie, het 'n mens immers al geleer wat hierdie of daardie verklaring en selfs vrees vir bv dreigende 'terroristiese aanvalle' ook kan beteken. Soms wil dit selfs voorkom of noodwendig kwynende vertroue in bepaalde marksegmente gestut kan word deur aanvalle selfs te stimuleer of, erger nog, te

simuleer. Maar laat ons probeer nugter bly. Beïnvloeding deur, nuus, reklame en propaganda is immers nie hier ter sprake nie.

Op soek na ander definisies – 'n wetenskap moet tog soos 'n driepootpot op stewige bene kan staan, kom ek toe op dié juweel af. 'Investopedia' praat van "economics" as die "dismal science" wat as sosiale wetenskap kyk na hoe individue, regerings, firmas en nasies (volke?) keuses maak in die toekenning (gebruik) van skaars bronne om hulle 'unlimited wants' te bevredig. Lateraan verwys dieselfde artikel na die twee hoofbenaderings in die moderne mens se dink en doen oor die ekonomie, nl die klassieke vorm daarvan en die Keynesiaanse.

Twee benaderingswyses

Volgens die klassieke benadering funksioneer markte gewoonweg volgens vraag en aanbod en word wanbalanse, indien dit sou ontstaan, vanself reggestel en word 'n nuwe ekwilibrium outomaties weer bereik. Belangegroepe soos regerings hoef dus nie in te meng nie en moet eerder deur 'n gesonde laissez faire-beleid, sake toelaat om natuurlik te ontwikkel. Ook nog in die moderne en selfs postmoderne tye,

hoewel daar waarskynlik nog nie van 'n 'postmoderne ekonomie' as sodanig gepraat kan word nie, is wye steun vir nie-inmenging aan te dui. - Vgl bv die werk van Thomas Sowell (geb. 1930), die Afro-Amerikaanse ekonoom met oa sy kritiek op 'affirmative action' en rasgebaseerde kwotas. - Wikipedia.

John Maynard Keynes (1883-1946) het die saak egter effens anders gesien. Volgens hom reageer markte in die algemeen baie stadig op verandering en is 'n bietjie 'aanmoediging' die aangewese weg. Dat sodanige aanmoediging op beïnvloeding en manipulasie sou kon neerkom, is seker onvermydelik, maar dit is nie seker of deel van die gewildheid van sy sieninge daaraan toegeskryf kan word nie. Nogtans sou 'n mens in alle billikheid jou daarvan moet weerhou om dit sonder meer as wedstrydknoeiery te beskou.

Dat Keynes as intelligente en bevoorreg-geborene, diep spore in die ekonomiese, finansiële en selfs politieke geskiedenis getrap het, is nie te betwyfel nie. Naas al die erkennings tydens sy leeftyd, vereer Time Magazine hom in 1999 as een van die invloedrykste mense van die 20ste eeu en

verklaar oa "His radical idea that governments should spend money they don't have, may have saved capitalism." (Wikipedia –Beklemtoning TH)

Wat 'n mens uit die stelling moet aflei is nie sonder meer duidelik nie, maar open ander perspektiewe tov kapitalisme as sodanig. Veral in die lig van verdere tiperings van wat kapitalisme inderdaad is of in die 20ste eeu geword het. Wat 'n mens in die lig van dit alles die meeste verbaas is dat Keynes by alles wat hy was en bereik het, blykbaar ook geboer het.

Aangemoedig deur Alfred Marshall self om ekonoom te word, aanvaar Keynes in 1909 'n doseerpos waarvoor Marshall die fondse sou voorsien. In 1911 word hy ook redakteur van 'The Economic Journal' en publiseer in 1913 sy eerste boek: Indian Currency and Finance 'n Onderwerp waarvan hy as eertydse senior staatsamptenaar in Indië tot 1908 heelwat moes geweet het.

Gedurende die Eerste Wêreldoorlog (1914-1918) tree Keynes na vore as 'n ekonomies-finansiële kundige en selfs goëlaar wat met die opkoop van skaars, oa Spaanse, munte (waar en hoe word nie in die Wikipedia-artikel

verklap nie), die behoud van 'specie payment' (=munt- of goudgeborgde betaling) en markmanipulasie, die situasie vir die 'City of London' red. Later, tydens die Versaillese vredeskonferensie in 1919, probeer hy met groot insig, moontlik met die oog op toekomstige ekonomiese welvaart, die skuldlas op Duitsland as die verloorder in die oorlog verlig, terwyl sy Franse en ander bondgenote strawwer maatreëls voorstaan. Of hierdie Keynesiaanse goedhartigheid uit altruïstiese oorwegings gespruit het, is nie duidelik nie, maar maak ekonomies baie sin. Enige geld-ekonomie benodig immers ontginbare bronne en markte om staande te bly.

Hoewel die Keynes-model teen die 1970's, oa vanweë die kritiek van Milton Friedman (1912-2006) tydelik minder gewild geword het, het die internasionale finansiële krisisse sedert 2007 manne soos Bush, Obama en Brown (of dan hulle beleidmakers) weer na Keynes laat kyk. Miskien het hulle (die beleidmakers) die Times-huldiging onthou en ernstig begin spandeer aan wat hulle en veral die lande wat hulle kon boelie, nie gehad het en dalk ook nie sal hê nie. Tensy natuurlik al die banke,

aftreefondse en arme belastingbetalers verder gedwing kan word om op te dok.

Invloed op Keynes

In alle billikheid moet die opbou van die Keynes-statuur ook gemeet word aan die hand van moontlike invloed deur David Hume (1711-1776) Adam Smith (1723-1790), Thomas Malthus (1766-1834) David Ricardo (1772-1823) en selfs Silvio Gesell (1862-1930).

Veral Ricardo lyk plek-plek na 'n direkte voorganger. In sommige gevalle mag dit egter ook wees dat hierdie persone se sieninge effens anders toegepas is as wat hulle moontlik daarmee bedoel het.

David Hume was 'n vroeëre Skotse filosoof, geskiedskrywer en ekonoom wat met sy A Treatise of Human Nature (1739) probeer het om 'n wetenskaplike siening van die mens daar te stel. Sy opvatting was kortliks dat die mens eerder deur emosie (begeerte) as deur die verstand (rede) gemotiveer word. Met die stelling het hy lynreg teen die stroom wat sedert René Descartes (1596-1650) sterk gevloei het, inbeweeg. Die verstand was vir Hume, amper vroeg-Freudiaans, meer die slaaf

van die passie as andersom. Bekend vir sy beklemtoning van 'n vrye wil, het sy bydrae tot ekonomiese denke eerder via sy bespreking van die politiek ontwikkel. Van belang is sy siening van privaatbesit, die rol van internasionale (vrye) handel en selfs inflasie. Volgens Paul Krugman (geb 1953), kenner van internasionale handel en Nobelpryswenner in 2008, het Hume die eerste werkbare ekonomiese model ontwerp.

'n Ander kundige en amper tydgenoot van Hume, Arthur Schopenhauer (1788-1860) wat op talle denkers van Nietzsche tot Freud en Einstein invloed gehad het, huldig hom deur te verklaar dat daar uit elke bladsy van Hume se werk meer te leer is as uit die gesamentlike werke van Hegel, Herbart en Schleiermacher saam. – Miskien was die heer Schopenhauer darem net 'n bietjie té ver meegevoer, hoewel die Wikipedia-artikel nie laat blyk in watter verband of teen watter agtergrond dié goue huldeblyk beoordeel moet word nie.

Wat seker wel waar is, is dat Schopenhauer as kenner van die Hindoe- en Boeddhistiese filosofieë, moontlik iets daarvan by Hume aangevoel het. Veral in soverre die

Boeddhisme die lewe eintlik sien as lyding, 'suffering', wat spruit uit begeerte en dat die lyding ook net verdwyn as die begeerte uitgeskakel word. Dít glo die Boeddhisme is moontlik deur die agtvoudige weg na bevryding deur oa wysheid en moraliteit te beoefen en af te reken met die dilemma van begeerte. – Sou 'n mens hieruit moet aflei dat lewe self verdwyn as begeerte uitgeskakel word?

Adam Smith erken self invloed van Hume en sal seker nog lank onthou word vir sy Health of Nations (oorspronklik 1776) en sy vroeëre Theory of Moral Sentiment (1759). Daarby sal dié baanbreker-ekonoom se idee dat 'self interest' en kompetisie belangrike dryfvere is tot ekonomiese voorspoed, seker nog lank gedebatteer word. Hoewel sy 'self interest' of eie belang nie sonder meer as egoïsme afgemaak kan word en as voorloper van wat sommige ons moderne mensvreterkapitalisme noem, gesien kan word nie, tipeer dit tog algemene dryfvere in die ekonomie.

Steeds 'n aanhanger van die klassieke ekonomiese model (die Keynes-siening het immers nog nie bestaan nie) was Smith 'n

voorstander van die idee van nie-inmenging en die spontane ontwikkeling van nasionale en internasionale markte met haas geen beperking nie. Hy het immers sterk geglo aan die 'onsigbare hand' van interne markkragte wat selfregulerend die aktiwiteite sou lei. Dus, vir hom geen kredietgraderingsagente of mark-manipulerende aksies soos die wat later 'n rol sou speel nie. Vir hom sou kompetisie en die beskikbaarheid van handelskomponente immers lei tot die mees winsgewende aanwending van arbeid, produksie-eenhede (grond) en kapitaal. Dit sou volgens hom meebring dat eienaars van sodanige middele, maklik die probleme wat rondom opleiding, ontberings en werkloosheid mag ontstaan, die hoof sou kon bied. Veral Smith se arbeidsteorieë sou later selfs in Marx se Das Kapital (1867) neerslag vind.

Anders as die moderne hoofstroom-ekonomie wat eerder 'n item se waarde meet aan wat verbruikers bereid is om daarvoor te betaal, was die arbeidskomponent vroeër as die hoof-waardebepaler beskou. Hoewel in moderne terme, eerder sosialisties, is so 'n siening seker ook billiker teenoor alle betrokke partye en gevolglik beslis ook meer verdedigbaar. Na alle

waarskynlikheid was die sosialistiese wortels van wat later as onmenslike en onderdrukkende kommunisme bekend sou word, ekonomies gegrond. Die hele bestaan van kommunisme – veral ook as politieke magsmodel – is, indien dit tog bloot spontaan ontwikkel het, weer eens 'n bewys van hoe die mens net nie daarin kan slaag om balans te kry en te behou nie.

Malthus as ekonomiese denker

Thomas Malthus is vir my 'n baie interessante karakter. Veral vanweë sy bevolkingsteorieë en die idee van 'economic rent'. Naas die natuurlike regulering van bevolkingsgetalle deur natuurrampe en bv hongersnood waar net die sterkstes oorleef in die vorm van natuurlike seleksie (hy het ook Darwin beïnvloed), is dit veral die idee van versluierde markmanipulerende magte wat nadere ondersoek regverdig. Veral ook omdat dit aansluiting vind by Keynes se idees, hoewel miskien nie heeltemal so aggressief en doelbewus toegepas nie. Geregverdig of nie, lyk Malthus vir my eerder na 'n vrydenkende teoterikus as iemand wat sou wou manipuleer.

Die erkenning van 'privaatbesit' hetsy in die vorm van vaste eiendom, arbeidskrag (die vermoë om fisies of andersins diens te lewer), grondstowwe, patente of tegniese kundigheid en die vermoë om mense professioneel op te lei, bring mee dat andere wat van dié bates gebruik wil maak, die eienaar daarvan moet vergoed. (Huur of dan 'economic rent' daarvoor moet betaal.) Voordat enige ekonomiese aktiwiteit kan plaasvind, moet hierdie vergoeding ook eers gelewer of minstens gewaarborg word.

Wanneer die eienaar 'n individu is, bv 'n arbeider wat sy diens aanbied, is die proses eenvoudig. Wanneer dieselfde arbeider egter deur 'n bedinger, soos bv 'n makelaar of die een of ander vakbond, verteenwoordig word, raak sake eksponensieel gekompliseerd. Veral in die sin dat daar nou maklik verskillende belangegroepe betrokke kan raak met elkeen een of meer eie agendas. Wanneer 'n instansie soos 'n regering met regulerende mag dan ook nog uit noodweer of hoe ookal, betrokke raak, is die vet in die vuur en mag selfs rubberkoeëls nie meer effektief wees nie.

Hoewel 'n mens uiteraard baie simpatie en selfs empatie het met mense wat sukkel om 'n eenvoudige broodlyn te haal – en jy self heeltyd swoeg om darem bokant dié lyn te bly, is dit moeilik om nie soms ander agendas in stakings en arbeidsoproer te vermoed nie. Om darem tog 'te bestaan' op 'n dagloon van 'n bepaalde bedrag en dan skielik meer as 'n verdubbeling daarvan te eis, - en dit sonder dat die prys van TV-skottels en -lisensies en van die ander 'noodsaaklike luukshede' erg verhoog het, maak eenvoudig net nie ekonomies sin nie.

'n Laaste aspek van Malthus se ekonomiese teorieë wat tog nog 'n opmerking of twee vra, is sy siening oor selfonderhouding of dan, in Engels, 'subsistence'. Volgens hom word die (natuurlike) toename in bevolkings beperk deur die wyses waarop selfonderhouding bewerk word. Dus is daar toenames wanneer dit 'beter gaan' en afnames indien die teenoorgestelde situasie heers. Aansluitend daarby is sy opvatting dat 'die Bose' nie bestaan om vertwyfeling of wanhoop te veroorsaak nie, maar eerder aktiwiteit (bedoelende waarskynlik self-aktiwiteit) aan te

moedig waardeur die mens sy lot moet verbeter of tot niet gaan.

As Bybelgelowige was dit ook sy standpunt dat die oer-opdrag om te vermeerder geldig is, maar dat dit die mens se eie skuld is as hy "in endeavoring to obey the command, to increase and multiply" die wêreld bevolk (of seker ook laat bevolk) met "an unhealthy, vicious and miserable population" en ons daarom geen reg het "to impeach the justice of the command", nie en dat "our irrational mode of executing it," eintlik die oorsaak van enige probleme in dié verband is. (Internet-aanhaling uit Malthus se 'An Essay on the principle of population.' 1826)

David Ricardo se belangrikheid as vroeë ekonoom word algemeen aanvaar. As suksesvolle aandelemakelaar en wedder (seker 'n goeie kombinasie) het hy na jeugdige stormjare en vervreemding van sy Joodse familie, groot finansiële en politieke hoogtes bereik. Sy hoofwerk is sy Principles of Political Economy and Taxation (1837) waarin hy oa sy 'waarde-teorie' uiteensit.

Hoewel veelfasettig kom dié teorie daarop neer dat die akkumulasie van geld, rykdom vermeerder sonder om die waarde van die betrokke handelsgoedere te beïnvloed. Die gevolg hiervan sou wees dat 'n wen-wen situasie vir die verskillende ekonomiese spelers binne 'n bepaalde transaksie ontstaan.

'n Bietjie wollerig gestel wil dit dus voorkom asof die voorspoed (wins?) van die een speler, ook tot die voorspoed van die ander bydra in die sin dat die meer geld wat een versamel by implikasie van gelyke waarde is as goedere in die transaksie wat aan die ander behoort. 'n Onwillekeurige vraag is natuurlik wat gebeur as die geakkumuleerde rykdom (geld) onttrek en elders aangewend word. Waarskynlik is dit eerder 'n geval van 'musical chairs' waarin alle spelers gelyk is totdat die musiek stop en die goedere of geld nie meer 'n stoel het om op te sit nie.

Effens anders bekyk, sluit bg stelling aan by Ricardo se argument dat daar nie net vaste of beperkte ekonomiese waardes bestaan nie. Hy betoog bv dat indien die rykdom (besit) van armes bo die broodlyn beweeg (hulle dus sou kon spaar) dit nie (soos Smith volgens sommiges geglo het) lei tot vermindering van die algemene welvaart nie, maar dat ryk èn

arm voordeel sal trek deur die verhoogde ekonomiese aktiwiteit. – Veral seker in die mate waarin die verhoogde aktiwiteit verskillende spelers betrek. Dit sou bv weinig algemene voordeel inhou as die ou wat net bokant die broodlyn (wat natuurlik ook nie vas is nie) kom, sou besluit om sy spaargeld aan te wend om eerder te probeer om liewer selfonderhoudend te word deur bv self brood te bak of groente te plant en so sy bydrae tot die algemene ekonomiese aktiwiteit te beperk.

Silvio Gesell as ekonomiese dwarskyker

Gegrond op sy eie ervaring is Silvio Gesell eerder 'n voorstander van wat genoem kan word kompeterende intrepreneurskap as van die kapitalisme. As radikale hervormer en nie-Marxistiese sosialis, lê die oplossing in enige ekonomiese krisis vir hom in vrye kompeterende en toegewyde arbeid of gewoon eie harde werk sonder kwotas of enige vorm van manipulasie van die mark deur ander partye. Volgens sommige ontleders het iets van dié model heelwat te doen met die merkwaardige herstel van die Duitse ekonomie ná 1945 en veral na die val van die Berlynse muur in 1989.

Volgens 'n artikel in 'The Daily Bell' van 27 Nov 2012 (soos op Internet) was Silvio 'n Duitsgebore handelaar en boer. As 24 jarige emigreer hy van Duitsland na Buenos Aires waar hy na aanvanklike sukses as ondernemer en handelaar teenspoed beleef tydens die Argentynse depressie van 1890. Probleme rondom die begrippe inflasie en deflasie het hom oa laat begin nadink oor die posisie van 'n samelewing en hul monetêre stelsel binne 'n gegewe situasie. Terug in Europa (Switserland) publiseer hy sy prinsipiële Die naturliche Wirtshaftsordnung durch Freiland und Freigeld (1900) waarin hy die destydse politieke sieninge en beleid oor die ekonomie beskou as leë teorieë sonder konkrete ekonomiese beginsels. Vir 'n leek lyk dit beslis of hy reg kon gewees het.

Later in die Bell-artikel word gewag gemaak van Keynes se lof vir Gesell wat hom selfs as 'n voorganger van homself beskou. In sy boek The general theory of Employment, Interest and Money (1936) sou Keynes selfs beweer: "I believe the future will learn more from Gesell's than from Marx's spirit." – Waarskynlik 'n gelaaide siening wat meer om die lyf gehad het as wat met 'n eerste lees

afgelei kan word. Om Gesell daarmee(?) as 'n voorloper van homself te beskou, plaas Keynes self weer in die gedrang en 'n mens sou in die gees van 'n ander Net-artikel getitel "Who the hell is Gesell?", dieselfde tov Keynes kon wou vra.

Uiteraard onvolledig en slegs in die verbygaan te noem - soos tov Freud in 'n ander verband dalk ook - word Keynes deesdae nie oral sonder meer as die groot ekonomiese ster gesien nie. Een van die onthullendste boeke in die verband is blykbaar Hunter Lewis se Where Keynes went wrong: And why World Governments keep creating Inflation, Bubbles and Busts (Amazon 2009). Aangesien ek self nog nie die boek te lese kon kry nie, verlaat ek my met die oog op 'n voorlopige kennisname op 'n aantal besprekings op Amazon se webblad. Maar eers iets oor Lewis self.

Hunter Lewis (geb.1947) kom voor as 'n intelligente, veelsydige en eerlike 'omgewingsvriendelike' persoon wat reeds belangrike bydraes op verskillende terreine gelewer het. Enkele voorbeelde hiervan is sy aktiewe deelname as uitvoerende hoof van 'Cambridge

Associates' wat blykbaar beleggingsadvies aan navorsing-universiteite in Amerika verskaf. Verder is hy ook betrokke by omgewings- en natuurlike gesondheidsake, voorsitter van 'World Watch Institute' en trustee van die bekende 'Rockefeller Brothers Fund', die Morganbiblioteek, asook die 'Thomas Jefferson Foundation' - om maar net enkeles te noem. Op die oog af wil dit dus lyk asof hy sake vanuit verskillende hoeke en selfs objektief kan bekyk.

Die kommentare op sy boek kom uit 'Most helpful reviews' en 'Most resent reviews’. Ene T.M. Smith se kommentaar ('most helpful') is kort en kan in een sin saamgevat word. Vir hom lê Lewis se boek se waarde daarin dat dit duidelik aandui waaroor Keynes se ekonomie in wese gegaan het en dat dit meer leesbaar aangebied word as wat Keynes dit self gedoen het. Toegegee, sonder om te sê wat die Keynesmodel presies behels, behalwe om tog aan te dui dat, ongeag watter politieke party aan bewind was, dit die algemene gang van die VSA-ekonomie tot minstens 2009 bepaal het. Twee ander 'most helpful reviews' (waarom 'helpful' kon ek nog nie bepaal nie) is die uitgebreide en betogende bydrae van Warren

Grayson en die lang en afwysende siening van Robert Blumen.

Onder 'Most recent reviews' is drie geraadpleeg. Dié van ene Blake (April 2012) is duidelik aggressief teen Lewis wat Keynes buite konteks sou aanhaal en waarsku aan die einde dat Lewis se boek vermy moet word. Blake se kommentaar op iemand se skrywe oor sy siening van die boek, beantwoord hy met 'n "Hah you fool!" wat weer vrae laat ontstaan oor Blake se objektiwiteit in die hele saak. Daarteenoor vind 'n James Daniel (Maart 2012) die boek goed en gee hy Lewis 'n 4 uit 5 met die opmerking dat daar baie te leer is uit die boek. Dan gaan hy verder deur interessante sieninge te gee oor inflasie, die rol van rentekoerse, 'inspuitings' en die 'tech bubble' van die negentigs en die 'housing bubble' van 2000 en daarna.

Die laaste kommentaar waarna verwys word, is die van Vinay Kolhatkar, 'n Australiese film- en videomaker, skrywer en blykbaar ook vrydenkende ekonoom. In Des 2011 reeds, is hy amper giftig in sy bewerings as hy verklaar dat die titel van Lewis se boek eintlik misleidend is omdat dit wil voorgee dat Keynes

net verkeerd was in die sin dat hy bloot 'n fout of foute gemaak het. Volgens hom was Keynes nie net verkeerd nie, maar het hy ook mense (en regerings) doelbewus mislei. Hy beweer verder dat Keynes verkondig het wat regerings wou hoor en dat sy gevolglike gewildheid daartoe gelei het dat studente in die ekonomie oor die jare 'donkeynomics' moes leer ipv die ware feite. Hy sluit sy betoog af met 'n verdoemende "Keynes did not go wrong, but in fact intentionally defrauded a whole science and regressed and destroyed it." Daarmee hier genoeg oor Keynes.

Terug by Silvio Gesell.

Twee moedige sieninge van Gesell is sy idee van 'n 'gelyke speelveld', selfs deur die uitskakeling van bevoorregting soos posisie en erflating (dus amper iets soos nasionalisering) en die invoering van 'stamped money' of dan die bevestiging van die raklewe van note teen 'n skaflike 5.2% per jaar (soos deur Keynes bereken) 'inflasie'.

Die bevestiging van Gesell se belangrikheid as teoretikus word verderaan in die Bell-artikel onderstreep in 'n verwysing na die aanstelling van ene Anatole Kaletsky in 2012 as voorsitter

van die "Institute of New Economic Thinking" waarvoor George Soros, Paul Volcker en andere $200 milj beskikbaar sou gestel het. Naas dié bekende figure is Kaletsky baie bedrywig in die Amerikaanse en wêreld-ekonomie.

Volgens 'n webvideo verwys Kaletsky na 'n 'vierde herformulering' van kapitalisme en die ekonomie en glo hy waarskynlik (weer) in 'n balans tussen kompetisie en monopolie. Daarby is/was hy blykbaar ook prominent in die 'Obamacare'-situasie en die Amerikaanse finansiële en senaats-krisis van 2013.

Intussen lyk dit asof Kaletsky, of dan die Instituut, afgekort tot INET, heel bedrywig is. Een van sy/hulle eerste aksies was blykbaar om 'sentrale banke' aan te moedig om die ekonomiese las op die publiek te verlig en selfs 'skuldvrye' geld beskikbaar te stel om die ekonomie aan die gang te hou of weer aan die gang te kry. Met hul boodskap duidelik aan die jeug en 'onverantwoordelike behoeftiges' gerig, is dit te betwyfel of dié 'goedkoop geld' en uitnodigings om deposito-lose aankope te maak, waarvan ons ook al in advertensies

lees, die Amerikaanse 'fiscal cliff' of die Engelse 'triple dip' die hoof gaan bied.

Uit die Engelse weergawe The natural Economic Order (3de uitgawe 1918) van sy boek is Gesell (via die Net) min of meer en vertaal, so aan die woord: 'Die ekonomiese voorspoed van die mens hang daarvan af of die mens toegelaat word om homself te wees en so volle verantwoordelikheid vir sy eie welvaart of gebrek daaraan, te aanvaar'. Hy sien dus die mens as iemand wat in eie reg, gerig deur 'n geregverdige en natuurlike 'egoïsme' in die vorm van 'n aangebore drang na selfbehoud, homself ekonomies kan en moet handhaaf'.

Hierdie egoïsme as drang na selfbehoud is nie te sien as net selfgerig nie, maar lei juis tot altruïstiese optrede wat behoud van die spesie (en selfs die groter fisiese werklikheid(?) tot gevolg het. In die natuurlike ekonomiese orde, gebaseer op dié vorm van egoïsme, moet elke deelnemer verseker wees van die totale opbrengs van sy arbeid en moet hy toegelaat word om dit na eie keuse te bestee. – Veral ook aan 'liefdadigheid' omdat die gesindheid van gee ('the spirit of sacrifice') die beste floreer

waar daar ekonomiese sukses is. – A la Bill Gates en andere?

Om sy bedoeling met die soort egoïsme te verduidelik, lê Gesell klem daarop dat dit nie verwar moet word met selfsug ('selfishness') nie. Vir hom is laasgenoemde die sonde van die kortsigtige, terwyl die wyses besef dat hulle belange die beste gedien word deur die voorspoed van die geheel.

Gesell gaan dan verder deur te verduidelik dat natuurlike ekonomiese orde in wese beteken dat die mees geskikte persoon die ekonomiese leier word en alle vorme van bevoorregting uitgeskakel word. Later verwys hy ook na die sg 'Manchester system' van Cobden en Bright wat veronderstel dat die ekonomie sonder inmenging moet funksioneer. Hy herhaal dan onomwonde dat so 'n stelsel "the blunders of State-Socialism and short-sighted official meddling" kan voorkom.

Wanneer hy die Manchestermodel in besonder bespreek, verwys hy na foutiewe toepassing en ondeurdagte toegewings wat dit in die praktyk iets anders laat word het as wat aanvanklik daarmee bedoel was. Sy groot probleem met die ekonomiese stelsel van sy dag bly egter die

gebrek aan orde en 'n ongelyke speelveld vanweë die belangrikheid van geld as sodanig.

In die voorwoord tot die 1918-uitgawe van sy boek, stel Silvio die probleem duidelik: Die keuse lê tussen òf 'n staatsbeheerde òf 'n natuurlike, privaat-beheerde ekonomie. Alle hibrides tussen-in, onder watter naam ookal soos samewerking, nasionalisering; gildes en sosialisme, sal volgens hom nie werk nie en geen ander opsie laat as kommunisme nie.

Die keuse van die natuurlike orde en dus vrye en bevryde ekonomie daarenteen, sou kon aandui "(if) such a social order is not superior to the creed at present in vogue, which promises salvation of the assiduity, sense of duty, incorruptibility and humanitarian feelings of a horde of officials." Die keuse moet egter met oorleg en met die oog op die toekoms (oorlewing) geneem word en gaan nie oor watter stelsel van regering of arbeidsregulering die doeltreffendste sou wees nie.

Vreemd op veral 'n moderne, maar ook (al) op 'n postmoderne oor, is sy stelling dat keuses onder vrye kompetisie, "untrammelled by privileges", persoonlike sukses sal bepaal en so lei tot die ontwikkeling van die individu,

omdat werk die enigste wapen vir 'n beskaafde mens is in sy stryd om 'n bestaan te maak. Kortweg dus: As jy wil eet moet jy werk.

Nog vreemder, maar tog onaanvegbaar, is Gesell se siening dat 'n mens eers nadat hy deur volgehoue en toegewyde arbeid selfonderhoudend geword het, daaraan kan dink om met 'n gesin te begin en deur hulle opvoeding sy bewese kwaliteite oor te dra na die volgende geslag. Die stryd om so te mag bestaan, is egter nie meer 'n tand-en-klou geveg waarin die verloorder omkom nie, maar hoogstens dat diegene "because of their inferiority, meet with greater obstacles when funding a family and bringing up their children and as a result would have a smaller number of descendants." Wow… Miskien is daar tog plek vir 'n eugenetiese benadering êrens in die 21ste eeu…

'n Volgende voordeel van die herstel van die natuurlike orde deur seleksie, sou, volgens Gesell, wees om geslagsvooroordeel uit te skakel. Om vroue te bemagtig stel hy voor dat huur van grond as ekonomiese komponent, direk aan moeders, pro-rata tot hul aantal kinders, gegee moet word om so te vergoed vir

hul verpligtinge as moeders. – In sommige samelewings en los van die vorige argument, miskien 'n bietjie riskant.

'n Verdere voordeel van die herstel van die natuurlike orde sou volgens Gesell, by implikasie, selfs die invloed van die mediese wetenskap op die ondersteuning van 'erflik gestremde' individue beperk. Hy beklemtoon dat hy dit nie het teen humane of Christelike empatie met minderbedeeldes nie, maar dat hy bloot skerm dat swakkere genetiese materiaal nie (vanweë groter getalle) sal oorneem nie.

Onder 'n staatsbeheerde ekonomiese stelsel vrees Gesell uiteraard ook 'n staatsgekontroleerde samelewing waarin die staat toenemend die (kunsmatige) status van 'n individu bepaal. Hetsy deur bevoorregting, 'n bepaalde salarisvlak (eerder gekoppel aan status as aan eie ekonomiese aktiwiteit en bydrae) asook die onderwys en opleiding wat die weerbaarheid van die volgende geslag beïnvloed. Dié bose toestand bevestig dan staatsbeheer, deurdat die soort mense wat die staat behaag, bevoordeel word en dus makliker oorleef. Onwillekeurig lei dit dan

weer tot intrige en gunssoekery met chaotiese gevolge.

Dié kort en hoewel onvolledige oorsig van wat algemeen as 'die ekonomie' bekend staan, is 'n poging om helderheid te kry oor 'n onderwerp wat ons almal raak. Anders as in die geval van ander onderwerpe waarin 'n mens graag probeer wys op ontwikkeling en verbeterende voortgang of progressie, lyk dit nie of so 'n soeke tov die ekonomie enigsins vrugte kan afwerp nie. Uit 'n effens moedswillige hoek, lyk die ekonomie eerder na 'n willekeurige visvangery in vreemde waters. Hoe troebeler hoe beter. Hoewel geensins van plan om 'n eie model te probeer bedink nie, is 'n paar verdere opmerkings seker nie onvanpas nie.

'n Christen-ekonoom?

Die groot probleem bly egter waar om sinvol te begin. Diep in die ruveld van teoretisering oor die ekonomie, het dit my telkens opgeval dat daar dinge is wat net nie wil klop nie. Gekonfronteer met dié dilemma het iets totaal onverklaarbaar gebeur. Hoewel die naam Dooyeweerd nie onbekend was nie, het dit nouliks by my opgekom dat dié 'dopperse filosoof' (oa na aanleiding van prof Stoker in

lewe van Potchefstroom wat seker meer as enige iemand anders Dooyeweerd in Suid-Afrika bekend gemaak het), 'n mens enigsins iets oor die ekonomie sou kon leer. Groot en aangenaam was die verrassing wat 'n mens net kan hoop praktiserende ekonome hulle self ook die tyd voor sal gun om van kennis te neem.

Heel 'toevallig' ontvang ek toe op die spesifieke punt van nie weet hoe nou verder nie, 'n e-pos en 'n artikel waarin 'n skynbaar geleerde na Herman Dooyeweerd in 'n totaal ander verband verwys. Nadat ek die artikel gelees het, het ek, selfs effens onnadenkend, die naam, gekoppel aan 'ekonomie' op my rekenaar ingesleutel. Die resultaat was verstommend. Meer as 'n biblioteek-vol verwysings, sommige met swaar kopiereg-beperkings het op die skerm verskyn. Om te probeer om aan die wavrag inligting reg te laat geskied is nie moontlik nie, maar gelukkig ook nie hier die doel nie.

Hoewel vir lank nie bekend in die Engelse wêreld of selfs net buite sy kulturele tuiste, die Nederlande nie, is Herman Dooyeweerd (1894-1977) 'n omvattende denker en een van die

oorspronklikste filosowe van die 20ste eeu. Aansluitend by sy mede-Nederlander, die denker Abraham Kuyper (1837-1920) met sy 'soewereiniteit in eie kring', 'lewer Dooyeweerd 'n eie bydrae deur die filosofiese denke, sedert die Grieke selfs, deur te trek na 'n religieuse grondmotief waardeur hy die verskillende 'dualismes' verlaat en in die lig van die oer-Hebreeuse beskouing 'God' sien as die Absolute Soewereiniteit van en oor die Skepping.' Omdat Dooyeweerd veral ook juris was (van 1926-1965 ook as dosent aan die Vrije Universiteit van Amsterdam) is sy beklemtoning van orde en wetmatigheid in sy uiters belangrike werk: De Wijsbegeerte der Wetsidee (in drie volumes 1935) nie vreemd nie. 'Gebaseer op 4 religieuse regsordes gee hy gestalte aan sy siening dat alles eerder gaan oor bedoeling as oor bestaan.' (Uit verskeie bronne)

Hierdie benadering plaas die mens en die eie (egoïstiese) bestaan nie in die sentrum nie. So gesien kry bestaan eers betekenis in die bedoeling wat die Skeppergod daarmee het. Niks is dus selfgenoegsaam nie, maar verwys telkens terug na die oerbron of 'Divine Source' (Net: "Summary of Dooyeweerd's Cosmonomic

Philosophy") wat aan die eie lewe of bestaan sin en betekenis gee.

Toegepas op die ekonomie as erkende sosiale wetenskap en as lewensrigtende gegewene (vir sover ons dit wil en miskien moet aanvaar), kom Dooyeweerd se sieninge op die volgende neer: Anders as die 'afwykende' beskouings tussenin waarvolgens finansies (of geld as sodanig) en politiek 'n al groter-wordende rol in 'n dualistiese en selfs versnipperde leef-omgewing gespeel het, gryp hy terug na die Griekse 'oikonomou' met die klem op huishouding en die bestuur daarvan. Volgens hom gaan dit dus nie net om die 'manipuleerbare' ekonomie van vraag en aanbod nie, maar veral ook oor die 'wetmatige' verantwoordelike en 'bedoelde' hantering van beperkte bronne waarteenoor daar ook 'n religieuse verantwoordelikheid gehandhaaf moet word. Dit bring begrippe soos volhoubaarheid, besoedeling en die voorkoming daarvan, dus omgewingsbewaring, ook na vore.

Met dit alles in aanmerking geneem, verwys die artikel verder na "process economics", te vertaal as die ekonomie in werking, waarin

vraag en aanbod, produksie en verbruik en ander verwante aspekte ter sprake kom. Met die oënskynlike hoë-orde belangrikheid van hierdie sekondêre aspekte, het die klem verskuif van wat nodig is in 'n gegewe situasie na wat begeer word en die, deur verdere stimulasie, na wat 'noodsaaklik' sou wees. So is 'n bose kringloop geskep sodat die mens nie meer kan onderskei tussen behoefte en begeerte nie. 'n Kringloop wat in stand gehou word deur 'n vernuftige ontwerp van reklame en ander vorme van manipulasie soos elders bespreek.

Namate die waarskynlik sterk gemanipuleerde proses van die omskakeling van noodsaaklike behoeftes via verslawende begeertes na nuwe 'noodsaaklike behoeftes' voltrek word, sit die mens voortdurend met ekonomies-finansiële ellendes wat tans dreig om 'n permanente euwel te wees. Hierdie situasie met al die gepaardgaande uitwasse en tekorte, bring Dooyeweerd se term pistic, na vore. Afgelei van die Griekse pistis, met die betekenis van 'n diepgewortelde soort geloof soos die van Hebr. 11:1(?) skep dit nuwe vergesigte tov algemene ekonomiese verantwoordelikhede.

In 'n swaarbelaaide kopiereg-artikel (wat almal en veral ekonome wat sou belangstel met groot vrug kan lees) getitel "The Gnostic and the Pistic" defineer ene George McDowell (jr), skynbaar 'n landbou-ekonoom en dosent, dié begrippe nogal wydlopend so: "Once you get past the existentialists, moderrnists, theistic evolusionists and the rest of those who have reduced the Gospel to theories, Gnostic Christianity and Pistic Christianity are all there is left. A Gnostic bases his life on what he knows: I know, therefore I am. The Pistic bases his life on what he believes: I believe, therefore I am."

As deel van die webwerf, "Dooyeweerd pages" word "The pistic Aspect" (kopiereg 2004 Andrew Basden) oa so omskryf: Die kern van dié soort geloof is naas geloof, (faith) ook visie (vision), toegewydheid, (commitment), sekerheid (certainty), maar verder ook aanvaarding, vertroue en aanbidding (belief). Dus inderdaad 'n totale leefwyse, weer eens gedra deur 'n vaste vertikale verbondenheid wat op alle lewensterreine - ook die ekonomie - sigbaar moet word.

Effens teleurstellend is toegang tot verdere algemene studies en skrywes oor Dooyeweerd – veral tov die ekonomie - deur lidmaatskap-eise en kopiereg versper. Enigsins hierdeur ingeperk, moet 'n mens dus hiermee volstaan en dit as voorlopig genoeg beskou. Enkele gedagtes wat in die proses losgekom het – veral tov ekonomiese streeksontwikkeling met die oog op selfonderhoudendheid en oorlewing, moet egter vir eie rekening nader omskryf word.

Gedra deur 'n Christelike verantwoordelikheid, kan dit van die mens in die algemeen en die Christen in die besonder – ook tov homself - verwag word dat hy in die woorde van Silvio Gesell sal aanvaar dat hy moet werk om te kan eet. Daar moet dus basies en primêr 'n selfbehoudende drang tot oorlewing bestaan en aangemoedig word. Om mense uit alle bevolkingslae (en veral die 'onderste lae' van 'agtergeblewenes'), in 'n wye en algemene verband gebruik, onder die indruk te bring of te laat kom, dat 'hand-outs' jou kan red, is 'n misdaad teen die menswaardigheid van dié mense en op dieselfde vlak as die grofste ekonomiese uitbuiting wat dikwels ook die direkte oorsaak van menslike ellende is. Sou

Paulus in dié verband moontlik meer bedoel het as om na homself te verwys toe hy volgens 2 Thes. 3:10 geskryf het: "Want ook toe ons by julle was, het ons julle dit altyd beveel: as iemand nie wil werk nie, moet hy ook nie eet nie." (1933-Vertaling)

Oral in die 'nuwe wêreld' van Afrika en die Amerikas waarheen die Westerling van Europa en Engeland se gierigheid hom laat gaan het om oa te roof en te plunder, het die inlandse bevolkings op 'n verskeidenheid maniere en sonder enige keuse, slawe geword van die uitbuiting en is hul meestal gesonde en toereikende selfonderhoudende infra-strukture totaal vernietig. Dikwels ook nog met die hulp en in die naam van die Kerk, met die spreekwoordelike 'Bybel onder die arm'. Een van die baie voorbeelde hiervan in die moderne tyd, is die optrede van die destydse Engelse goewerneur-generaal in Indië, Richard Wellesley, in die 1780's, toe hy gereël het vir tot 3 000 ton se skeepsvervoer vir Engelse handelaars en dat die Bybel in Indiese tale vertaal moet word. Selfs die grote Christopher Columbus se ekspedisie van meer as twee honderd jaar vroeër, sou ook genoem kon word, hoewel hy self blykbaar darem geglo het

hy het die aksies onderneem om ook die Christelike Evangelie of die Goeie Boodskap uit te dra.

Die ekonomiese onregte gepleeg in die naam van vooruitgang en onder die dekmantel van die Evangelie, sou op sigself genoeg wees vir 'n armageddon. Dit sou goed wees as die individue en groepe wat die meeste vanweë die uitbuiting gebaat het en nog steeds baat, se versmorende greep verminder kon word deur verandering te weeg te bring.

'n Nuwe perspektief?

Een manier op 'n mens se persoonlik vlak sou wees om sonder skuld te probeer leef. Deur nog maar met 'n ouer model motor te ry as die bure, of 'n gewone staatsamptenaar, sou al selfs die pynigende houvas van 'die stelsel' op 'n gesin kon verlig. Of 'n moderne 'evangelis' soos Dave Ramsey met oa sy blykbaar baie gewilde 'proven plan' soos aangebied in sy The Total Money Make Over (2005) die antwoord het, sal nog bewys moet word, maar sy stellings is moontlik 'n stap in die regte rigting.

'n Klein en selfs bekostigbare begin tov 'n samelewing (of 'n volk) sou wees die vestiging van plaaslike selfonderhoudende gemeenskappe waarin mense met so min as moontlik onderlinge verskille op 'n wyse van natuurlike seleksie toegelaat moet word om eie selfonderhoudende samelewings te vorm. In die lig van die huidige oornames en konsolidasie van internasionale handelsbelange soos dit tot uiting kom in wapenhandel, myn-aktiwiteite en selfs die beskikbaarheid van worsbroodjies en reinigingsmiddels, sal dit seker nie maklik gebeur nie. Aan die ander kant is daar waarskynlik niks wat die vorming van 'n gemeenskapstuin - of slaghuis – met die nodige gesondheidsbepalings, verbied nie.

Die tyd en geleenthede van 'n globalisme wat selfs blykbaar deesdae ook in baie soorte vleiswinkels in die gedrang kom, is, aan die ander kant, waarskynlik tog vinnig aan die uitloop. By al die moontlike nadele, open die kennis-ontploffing en die bevrydende keuses wat die tegnologie die mens bied, nuwe vergesigte wat ook pogings tot 'n gesonde selfonderhouding in kleiner kring kan stimuleer.

Iets van so 'n siening is ook al af te lei uit die stelling van Fritjof Capra in sy The hidden Connections (2002) waarin hy bv verklaar: "The so called 'global market'… is no market at all but a network of machines programmed according to a single value – money making for the sake of money making - to the exclusion of all other values." Hoewel op die oog af teen die negatiewe rol en selfs moontlike totale oorname van mens-aktiwiteite deur masjiene, voeg hy 'n entjie verder die volgende by: "The critical issue is not technology, but politics and human values."

Met die hulp van Manuel Castells, Spaanse sosioloog (geb.1942) van wie hy verskeie werke aanhaal, verwys hy na die toenemende spanning tussen kapitaal en arbeid. Kapitaal wat alhoemeer internasionaal of globaal geskuif word en arbeid wat noodgedwonge lokaal bly of hoogstens in goedkoop lokale sogenaamde 'sweat shops' of 'honger-fabrieke' saamgebondel word. Met die druk van 'n knoppie word immers nie net enorme gebiede in oopgroefmyne permanent geskend nie, maar kan die lot van derduisende deur die elektroniese koop en verkoop van aandele in

veral multinasionale korporasies onherroeplik verander.

Om self jou eie groente te plant en self in jou daaglikse behoeftes te voorsien is tegnieke wat die mens met die begin van sy vestiging as landbewerker reeds bemeester het. Gekortwiek deur die 'tydsbesparende' en minder-gesonde(?) massaprosesserings (wat darem tyd laat vir buitenshuise besoeke aan oa skoonheidskundiges, gimnasiums, ens om die skade te probeer herstel – teen 'n prys) het die mens verleer om op 'n natuurlike wyse en in sy eie stukkie natuur – al is dit net 'n dak- of stoeptuin iets vir eie gebruik te plant. In sy kunsmatige kokon van TV, internet en selfoon, sou hy moontlik selfs verkies om eerder ook plastiekblomme aan te hou – as die goed darem net na iets, sonder spuitkannetjies, wou ruik…

Vierkantig op die terrein van die ekonomie in die oorspronklike sin van die begrip, sou enige vorm van 'lokalisering' ('local' is lekker) selfs baie van die uitwasse van die geld-ekonomie die hoof kon bied. Dit mag selfs weer die waarheid beklemtoon dat die produksie eintlik bepaal word deur werklike behoefte en dat die

prys en dus die geldwaarde van produkte en dienste afhang van produksiekoste en nie van wat vuisvoos-verbruikers bereid is, of gedwing word, om daarvoor te betaal nie. – Selfs sonder om korrupsie en swak bestuur in berekening te bring. Dit sou ook terme of ekonomiese boelies soos inflasie en ander vorme van mark- manipulasie kon reduseer tot wat dit miskien tog in werklikheid is nl blote uitbuitings-meganismes.

Soms figureer van dié meganismes as goeie ekonomiese beginsels soos die 'steenkool-kwessie' waarna ek onlangs in 'n gesprek moes luister. In 'n streek 'geseën' met baie hoëgehalte steenkool, maklik ontginbaar deur oopgroef-mynbou, is daar, om dit eenvoudig te stel, twee steenkoolkragstasies. Die stasies – en toevallig ook die myne is so 100-150 km van mekaar geleë. Waarskynlik omdat in die beplanningsfases toe moontlik selfs nog ander gesonder ekonomiese oorwegings tov die huishouding ipv geldmaak gegeld het, is die stasies juis gebou waar die steenkool gemyn kon word en daar ook 'amper genoeg' skoon water beskikbaar was. (Met klem op die 'was' as verlede tyd.)

Stasie A is naby, selfs binne die bereik van 'n intelligent-ontwerpte vervoerbandstelsel, van myn X en stasie B eweneens van myn Y geleë. Lekerig sou 'n mens kon verwag dat stasie A, myn X se steenkool sou gebruik en B die van Y. In die praktyk werk dit blykbaar, soos wat ek moes verneem, toe nie so nie. Volgens, soos een van die groepie dit gestel het, kom die bykomende padvervoer met werkskepping, meer brandstofverbruik, besoedeling en slaggate, neer op 'goeie ekonomiese beginsels' as stasie A, sy steenkool van myn Y kry en B syne van X. – Seker sommer maar 'n grappie of 'n joernalis wat wou 'stir', want waar kan dit tog nie wees nie. – Behalwe natuurlik as dit werklik 'huishoudelik voordelig' bewys kan word.

Die moderne Libertarisme 'n Opsie?

Waarskynlik is dit in situasies soos hierdie waarin die sg libertarisme, vroeër na verwys, vastrapplek kry. Voordat hierdie begrip nader bekyk kan word, is daar eers 'n bietjie terminologie wat effens opgeklaar moet word.

Die benaming 'libertarianism' uit die Franse, Engelse, en veral Amerikaanse wêreld, word in Nederlands kortweg as libertarisme weergegee

en beteken uiteraard dieselfde hoewel die 'libertarisme' miskien nie al die moontlike uitwasse van anti-alles en uiters links soos bv dat dit 'vrye mark anargisme' sou propageer, sonder meer veronderstel nie.

Dus in wese ook nie iets soos, noodwendig, 'anti-Christelike kommunisme' soos daarna ook verwys word nie. Aan die ander kant hang dit natuurlik ook af uit watter hoek daarna gekyk word en hoe bedreig 'n mens daardeur voel. Belediging van die opponente en die gebruik van die teerkwas en bewerings dat dit of dat die wêreldvrede sou bedreig, is immers nou darem al 'n ontmaskerde metode om reaksie teen 'n stelsel te smoor. Te meer so as so 'n stelsel tot 'n vertraging van die NWO of totale vestiging van globalisme sou lei.

Alles gelyksynde is die libertarisme (<liber = vryheid) in die ekonomie te sien as, in breë trekke, 'n voortsetting en propagering van die ou laissez-faire siening. Aanvanklik, in die 50-er jare van die negentiende eeu gebaseer op die sg 'kommunisme' van ene Joseph Dejacque (1821-1864) wat homself 'n 'libertaire' genoem het, is die siening oa veral teen markmanipulasie gekant.

In sy moderne gedaante wat reeds teen die einde van die 20ste eeu sigbaar geword het, lê die libertarisme veral klem op individuele vryheid waarvolgens elkeen kan doen wat hy wil solank hy/sy geen geweld gebruik om iemand anders tov sy persoon of eiendom te benadeel nie. – Behalwe as hy hom sou moes verdedig sodat iemand anders hóm nie tov dié sake benadeel nie. 'n Verdere positiewe eis is dat die regering so klein moontlik moet wees – en selfs behoort te verdwyn (soos seker tov plaaslike besture waar daar eintlik nie 'n politieke regering behoort te wees nie). - In sekere huidige bekende gevalle sou dit selfs anargie en chaos kon verhoed. In wese dus weer anti-globalisties en anti-piramidaal en 'n afwenteling van mag tot op die laagste praktiese vlak.

Verdere uitvloeisels van die libertarisme as gesonde versetbeweging teen veral staatsinmenging en die moderne stoomroller-ekonomie, kom ook in die VSA voor. Daar veral in die sg 'Tea Party'-beweging waarin die bekende Ron Paul en veral sy seun, Rand, 'n belangrike rol speel. Ron Paul self was in onlangse jare by verskeie geleenthede, 'n onsuksesvolle kandidaat vir die presidentskap.

Eers in 1988 al vir die Libertariste en daarna twee keer vir die Republikeine. Self 'n medikus, het sy sterk standpunte, verdediging van die Amerikaanse grondwet en sy beswaar teen voortwoekerende inkomstebelasting hom die bynaam van 'dr No' besorg. Sterk onder die invloed van die 'Oostenrykse Skool' in die ekonomie waarborg sy beswaar teen Amerika se sentrale bank, die sg 'Federal Reserve', wat danksy oa J.P. Morgan vanaf 1913 die ekonomiese septer swaai, sy ongewildheid in regeringskringe.

Geskoei op en vernoem na die historiese 'Boston Tea Party' van 1773, gaan dit vir die nuwe groep ook duidelik om die afwenteling van mag en dus medeseggingskap. Destyds het dit gegaan oor 'n skeepsvrag tee waarop die Amerikaners belasting deur die 'vreemde' Engelse owerheid gehef, moes betaal. In plaas daarvan om daaraan toe te gee het die ontstoke Amerikaners eerder die vrag in die Bostonse hawe gestort.

In eie reg is Ron Paul ook nog dikwels in die nuus. Veral op 'alternatiewe kanale' en gaan hy bv voort om beswaar te maak teen die regering se bankrotlenery (ongelooflike bedrae,

selfs teen x-bedrag per sekonde, word genoem) wat maak dat Amerika selfs en veral voor China en Japan bakhand moet staan om te oorleef. Veral nadat die belastingbetaler al vanweë die hoeveelste 'glitch', wat dalk meer as net 'n moeilik-opspoorbare tydelike fout is, maar weer moes opdok. – Hoe ver Suid-Afrika agter (of dalk al voor) is op dié glibberige (tol)pad, is 'n ope vraag.

Verdere winde van verandering?

'n Nuwe boek deur een van ons bekende en erkende ekonome, Dawie Roodt, beloof 'n vars bries in ons ekonomiese dink. Effens vreemd op die oor praat hy in Tax, Lies and Red Tape (Zebra Press 2013) meer oor die demografie en getallegewys van die 'Arch' se reënboogvisie as oor ekonomiese weervoorspelling waaraan 'n mens al gewoond geraak het. By implikasie sien hy nie veel van 'n toekoms vir die wit deel van die bevolking nie, maar darem nog 'n politieke bruikbaarheid. Interessant is ook sy bevraagtekening van SEB (Swart Ekonomiese Bemagtiging) wat toenemend na iets soos werkreservering lyk.

Met sy beskrywing van die 'president' (of presidensie volgens die boek) as dalk die nar

in die pak kaarte (Rapport 27-07-2013 in 'Weekliks') is hy waarskynlik bloot by iets soos 'Vreetkaart' of 'Rummy', maar of ons almal eendag (nog hier) konings gaan wees (volgens die epiloog in sy boek) as ons die kaarte wat ons kry, reg speel, is 'n ope vraag. Wat wel te verwelkom is, is die klem wat hy plaas op volgehoue ekonomiese aktiwiteit en die besef dat 'die toekoms nie net maar sal gebeur nie', maar dat ons almal, met of sonder huidige 'demografiese dividend', daarvoor moet werk. Daarop sou 'n mens inderdaad 'n glasie kon klink.

Met bydraes en publikasies soos hierdie is dit selfs vir nie-vakkundiges duidelik dat die ekonomie inderdaad oor meer gaan as geld. Nogtans bly daar m.i. baie vrae onbeantwoord en wonder 'n mens of Adam Smith se 'onsigbare hand', waarna Roodt ook heelwat verwys, nie deesdae op iets anders dui as wat Smith waarskynlik bedoel het nie. Wat die toekoms betref, kan 'n mens seker nie anders nie as om maar te wag en te sien of ons soos Dawie dit stel, besig is om te vlieg of te val. Daarby kom natuurlik ook die vraag of goud nie miskien tog nog 'n rol te speel het nie.

Verder is daar natuurlik ook nog nuwere ligte soos John Mauldin en Daniel Stelter aan die een en manne soos oa Steven Keen, Roger Bootle en Gary Shilling aan die ander kant, wie se sieninge kan realiseer. – En wat van David Quintieri se The Money GPS (2012) en die NWO?, sou 'n mens kon vra. Vir die ernstige leser lyk Why Nations Fail: The Origen of Power, Prosperity and Poverty (2012) deur Daron Acemoglu en James Robinson, beide van MIT, verder na nog 'n boek wat beslis gelees en bestudeer moet word. Wie weet, miskien is 'n postmoderne en anti-globalistiese ekonomie, tog hier êrens aan die ontwikkel.

Of alles wat hier tov die ekonomie aangesny is as deel van oorlewingstrategie gesien kan word, is moontlik 'n ope vraag. Nogtans onderstreep dit die groot dilemma waarin gewone mense wat bloot wil oorleef en vir hulle kinders iets nalaat, verstrik geraak het. Onbewus is diesulkes klaarblyklik in 'n fyngeweefde net van ekonomiese aktiwiteit vasgevang waaruit hulle geen uitkoms eers kan vermoed nie. En tog: waar 'n wil is, is daar 'n weg. Maar daaroor later meer.

Vervolg...

U soek na?

  • HOU VAKANSIE IN MOSSELBAAI !

    Baie netjiese vakansie-akkommodasie in Fraai Uitsig, Kleinbrakrivier, Mosselbaai Munisipaliteit. Twee kilometer vanaf Kleinbrak en Tergniet se swemstrande en ongeveer 10 kilometer vanaf Hartenbosch. Pick n Pay binne loopafstand.
    Kliek hier vir volledige inligting en foto's: OPSOEK NA BEHUISING VIR VAKANSIE?
     
    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________
     
    SKAARS BOEKE TE KOOP
    C J LANGENHOVEN 16 VOLUMES
    FAK-SANGBUNDEL 1 VOLUME
    Hierdie 16 volume Langenhoven-stel is 'n goedopgepaste kosbare versamelstuk. Dit beslaan die volledige inhoud van Langenhoven se bundels soos Sonde met die Bure; Loeloeraai; Herrie op die ou Tremspoor; Doppers en Filistyne; en al die kosbare stories uit die pen van Langenhoven.
    Die FAK-sangbundel is ook in goeie toestand en kan saam of apart van die Langenhovenstel gekoop word.
    Eienaar moet na 'n kleiner woonplek verhuis en vra 'n redelike aanbod vir sy boeke.
    Die aanbevole waardasieprys vir die Langenhovenstel is R1600.00; en vir die FAK R100.00
    Koerierkoste sal bykomend wees.
    Kontak

    Chris Carstens

    Sel no 082 954 3383

    Epos adres

    chris.carstens

    @vodamail.co.za

    ___________
    DIGBUNDELS:
      'n Versameling van 4 elektroniese bundels - 226 gedigte @R350.00:  
    Vir alle navrae  skryf aan 
    Amanda
    @waterstrome.co.za
    Uittreksel uit:
    'n Nasie in Pyn:
    ...Saam sal die hele wêreld vir hulle bid.
    Saam sal ons met pyn in ons harte sit.
    Mag hulle berus in u wil
    Mag hulle voor U verstil.
    _________
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het  in gedrukte vorm verskyn. 
    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
    DIE
    VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
    Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

     

    U kan hierdie boek bestel by
    ds AE van den Berg
    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com
    Prys: R50-00

     
  • BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    ('n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 'n Nuwe Trek (Exclusive Books) Prys: ZAR180

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is by http://tinyurl.com/lx9vrs8

    ... en loot.co.za dit verkoop teen R169 http://tinyurl.com/l26h6jl

    ... kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD


    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    JULIE 2013

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. 

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2 NOU BESKIKBAAR

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
    of skakel hom by
    074 967 5187


    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  • Kliek op DIE CHARISMATIESE GEVAAR om meer oor hierdie boek te wete te kom Lees verder...  
  • FILM OOR DR HF VERWOERD

    Kyk by hierdie skakel http://youtu.be/TcO3zPF8998

      na die kort film oor dr HF Verwoerd.   
    Dit kan ook direk bestel word by Riaan: +27823712682 of by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
     

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

 

'N BIETJIE LANGENHOVEN:

Ek sê nie al die suur mense is Fariseërs nie, maar naastenby al die Fariseërs is suur. In alle geval, solank hulle onthou om Fariseërs te wees. Want dis ook 'n inspanning.
Verbeel jou 'n wêreld sonder 'n skaterlag, sonder eens 'n glimlag. 'n Hemel op aarde, sal die Fariseër sê. Uit so 'n hemel sou ek wou wegloop hel toe.

Die man wat ek na soek, is nie dié wat die minste foute maak nie, maar dié wat die meeste foute régmaak.

Slaap laat solank as jy jou eie baas is en daar sal 'n tyd kom wanneer 'n 'n baas jou sal laat vroeg opstaan.

Ontydige vlyt is die merk van die luiaard. Dis sy verskoning vir ontydige rus.

Ons reken ons geluk vir ons loon en ons straf vir ons ongeluk.

Welvaart is die  dogter van matigheid en die moeder van weelde.

My swaarste pad trap ek self vir my plat, en die swaarste is die wat my voete nooit vat.

Daar is geen kuns by sukkel en geen sukkel by kuns.

Die boer wat nie saai nie sal nie misoeste kry nie, maar hy sal geen goeie ook kry nie.

Het die daeraad lief en die dag sal jóu liefhê.

'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie.

Dis die flukse perd wat flou word. Meer moeite as wat die vlytige het vir sy loon, het die luiaard verniet.

Op die ou end werk die vlytige man vir homself, die luiaard vir 'n ander.

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Kla net oor jou kooi as dit 'n ander is wat dit vir jou opgemaak het.

Hoe korter jy jou kuier maak, hoe gouer sal jy weer genooi word.

Om my naaste lief te hê is vir my 'n sware gebod. Met die mense daargunter kry ek dit nog op 'n manier reg.

Jy sê "ja" waar jy moes "nee" gesêhet omdat jy die ander nie wil aanstoot gee nie. Maar eken hoe het hy jou aanstoot gegee met sy versoek!

Aan 'n nuwe wa kan jy sien of dit 'n goeie skilder was; aan 'n oue of dit goeie wamaker was.

Trek liewer vir jou vriend jou broek uit as om vir hom vir 'n baadjie borg te staan. Anders loop julle naderhand albei nakend.

Die vriendskap wat jy moet koop is 'n duur artikel. Jy sal nie weer jou prys kry as jy dit van die hand wil sit nie.

Moenie vriendskap en besigheid meng nie – jy bederf albei.

'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie.

Maak jou vriendelikheid goedkoop en hou jou vriendskap duur.

Moenie jou vriend vergeet nie; dit sal hom seermaak. Maak jou vyand daarmee seer.

'n Skare is 'n versameling van eensames.

Stuur die luiaard na die miere, en as hy nie te lui is om te gaan nie sal hy te lui wees om weer terug te kom.

Dis net so moeilik om maklikheid in die ou wêreld te kry as wat dit maklik is om moeilikheid te kry.

Waardeer die werk van jou vrou. Jy kan nie op die aarde 'n ander kneg kry vir dieselfde diens en dieselfde prys nie.

Met spaarsaamheid sal jy uit die kleinste inkomste iets oorhou; met verkwistery sal die grootste vir jou te min wees.

Besorg jou eie boodskap en reken die moeite teen dit wat die misverstand jou sou gekos het.

Het die ryk man nodig om so suinig te wees? Maar hy is nie 'n ryk man wat suinig geword het nie; hy is 'n suinige man wat ryk geword het.

Help jou swakke mededinger op die bene bly.  As hy tot niet gaan, kom daar dalk 'n sterke in sy plek.

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES (7)

(Lees die reeks by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

  • Die adderbyt van naberou is verskriklik (Naberou is ontstellend.)
  • Hy het hom in 'n addergebroedesel begewe (Hy was tussen 'n groep nydige, aanvallende mense.)
  • Sy het hom adieu toegeroep (Sy het vaarwel gesê.)
  • 'n Adres van adhesie is 'n geskrif waarin instemming betuig word met 'n versoek.
  • Jy is nou by die verkeerde adres (Jy soek die oorsaak van die kwaad by die verkeerde persoon.)
  • Dit was advokatery (Dit was regskundige uitoorlêery.)
  • Hy sal die werk weer afbroddel. (Hy sal knoeiwerk of slordige werk verrig.)
  • Sy wil elke takie afbrom (Sy kla die hele tyd terwyl sy werk.)
  • Jy kan nou maar afdans (Jy kan nou maar skoert.)
  • Moet hom nie op sy verdienste afdwing nie (Moet hom nie verkleineer nie.)
  • Die ou werkie draf ek gou af (Ek sal dit sommer gou afhandel.)
  • Hulle wil die rusie afdrink (Hulle wil vrede maak.)
  • Sy het soms baie affêrinkies (Sy is dikwels vol nukke en nonsens.)
  • Hy sal wel weer geld van haar affutsel (Hy sal dit op 'n oneerlike manier van haar kry.)
  • Daar kan niks van afgaan nie (Dit kan nie ontken word nie.)
  • Hy sal 'n afgehekste loesing kry ('n deeglike pak slae.)
  • Sy is 'n afgelekte meisie (Sy het al baie kêrels gehad.)
  • Jy lyk so afgesak (Jy lyk baie moeg.)
  • Hy het afgetop gelyk (Hy het verleë gelyk.)
  • As jy iets van hom wil hê sal jy dit moet afgoël (Hy is so suinig!)
  • So 'n afhaler is onnodig ('n Onnodige belediging.)
  • As dit afhang moet ons dit maar opbind (Skertsend wanneer iemand gedurig begin met "Dit hang af..."
  • Na elke partytjie is hy babalaas ( dan ly hy aan die gevolge van te veel alkohol).
  • Daar was 'n Babelse gegons van stemme (Almal het gelyktydig gepraat).
  • Dit was 'n Babelse verwarring (Dit was baie deurmekaar).
  • Hy sal weer mooi broodjies kom bak (Hy sal kom vlei en mooipraat om sy doel te bereik),
  • Hulle eet nie uit een bak nie (Hulle is nie vriende nie).
  • Sy het hom 'n bak gewys (Sy het hom onvriendelik tereggewys).
  • Gou by die bak maar lui by die vak (Hy is eerste daar waar iets te ete is maar traag as hy moet werk).
  • Hy maak sy hande bak (Hy kom bedel iets).
  • Ons moes bak staan (Ons moes hard werk).
  • Dit was sommer 'n bakerpraatjie (Dit was 'n skinderstorie).
  • Jerusalem is die bakermat van die Christelike Kerk ( Dis waar dit begin het. 'n Bakermat was 'n mandjie waarin die baker – die vrou wat 'n pasgebore baba versorg het – die kindjie op haar skoot voor die vuur versorg het).

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1271 gaste aanlyn