NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Here Jesus, u graf en kruis was nie die laaste woord oor U nie. Dankie dat die donkerte van ons ellende ook nooit die laaste woord oor ons is nie omdat U uit liefde vir ons gesterf en opgestaan het. U weet dat die lewe 'n manier het om ons te breek sodat ons nooit weer dieselfde kan wees nie Maar dankie, Here Jesus, dat U in staat is om ons situasie en onsself so te verander dat ons bokant die donker kan uitkom.

DIE ALTERNATIEF (8)

T. M. Hart

'n STRATEGIE vir OORLEWING

‘Klink my tot kruik waarin u Gees
Weer water vir my volk sal wees’.

G.A. Watermeyer: Die Republiek van Duisend Jaar

Kopiereg © : T.M. Hart
Uitgewer: Tobie Hart
E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Eerste Druk: 2014 ISBN: 978-1-928202-13-4

Lees reeks by Die Alternatief

Gelofteland plaas met toestemming van skrywer hierdie werk in reeksvorm. Dit is ‘n eerlike en praktiese besinning oor aspekte van 'n strategie om in die veeleisende 21ste eeu te kan oorleef. Sake soos nasionalisme, die ekonomie, politiek, godsdiens, die media, apartheid en ander word onder die loep geneem. Ná deeglike navorsing het skrywer besin oor wat 'n alternatiewe en volhoubare Suid-Afrikaanse leefwyse sou kon wees. Al sou lesers nie noodwendig met elke sienswyse saamstem nie kan hulle in vandag se Suid-Afrikaanse omstandige hierby baat.

8. EVOLUSIE: 'n MODERNE GODSDIENS?

Skynbaar een van die groot gelykmakers van ons tyd, is die, byna al religie, van evolusie. Ten spyte van ernstige en selfs, wil 'n mens graag glo, voortreflike navorsing wat gedoen word op die terrein van die herkoms en biologiese ontwikkeling van die mens as spesie, bly makro-evolusie waarskynlik tog nog iets van 'n bespiegeling. Mikro-evolusie daarenteen wat gaan oor oorlewings-aanpassing binne die spesie, was aan die ander kant, seker nog maar baie selde 'n wesenlike verskilpunt. Daarby maak dit seker ook nie regtig saak of "sediba" krom bene gehad het en daarom op 'n bepaalde ander manier leer reg-op loop het nie. Selfs ook nie of 'n sekere vorm van kultuur in 'n omgewing van meer of minder melanien floreer nie, maar miskien tog wel of (dat?) daar regtig op 'n stadium palmbome in Alaska was.

Hoewel nie aanvanklik die bedoeling om ook evolusie by 'n beskouing oor die oorlewing van 'n bedreigde volk te betrek nie, lyk dit tog veral in die lig van alledaagse gesprekke en leserskommentaar in elektroniese koerante nodig. Dus, voorlopig, miskien tog maar 'n paar gedagtes oor Darwin en kie, - met die klem op die 'kie'. Ondere andere ook om te voorkom dat 'n mens daarvan verdink word dat jy doelbewus wegskram van 'lastighede' wat die dink uitdaag.

Gelukkig is daar teenoor die sterk gedrewe meganistiese siening van 'n spontane evolusionêre begin, ook darem iets soos die benadering van Gideon Joubert (1923-2010) soos hanteer in die Die groot gedagte (1997 en 2010). Daarin word immers onomwonde aanvaar dat daar in die mikro- en makrokosmos, inderdaad meer van 'n gedagte as van 'n blote masjien na te speur is. Ongelukkig vir veral die luies onder ons (en ons is baie) is dit net die wat werklik en volhoubaar soek, wat iets daarvan sy eie kan maak. Veral as daar tov die boek van Joubert, sulke totaal uitlopende sieninge bestaan. Vanaf 'n "briljant" van Gawie Cillié. via 'n wydlopige "dramatiese storie" (en)… "joernaal van die geweld en rustigheid van kosmiese kragte… die lig en die duisternis… die meetbare en die mistieke" – Willem de Klerk, tot by 'n afwysende Claassenbetoog. Die slotsom waartoe lg kom, is dat dit 'n 'Sondagpreek' eerder as 'n 'wetenskapboek' is.

(Rapport 4 Febr. 2011). Op 'n stadium was daar ook 'n verwondering dat Joubert se boek selfs bekroon kon word, terwyl 'n Willem Botha dit jammer vind, skynbaar op teologiese gronde, dat dit ook die Andrew Murrayprys in 1998 verower het. Aan die ander kant bewys die meer as 32 000 verkope binne net meer as 'n dekade, tog ook dat dié 'skaamtelose soeke' na antwoorde 'by veral die wetenskap van die fisika en die kosmologie' (soos die skrywer dit self stel) by baie lesers aanklank vind. Hoewel Joubert nie sondermeer die biologiese wêreld betrek nie, bring sy erkenning van 'n 'Groot Gedagte', vanself ook die aanvaarding van so 'n skeppingsbeginsel in die gedrang en kan 'n mens nie anders as om daarna te verwys nie.

Volgens die gawe menere Google, is die veelbesproke Darwin nogal 'n interessante ou. Sonder om eerstehands kennis te probeer neem van sy veelbesproke On The Origin of Species by means of natural selection, or the Preservation of Favoured Races in the Struggle for life. (London 1859) wow! is daar baie oor dié werk te lees. Vanaf die 6e uitgawe in 1872 is die veelseggende titel verkort na die bekende Origin of Species, wat miskien van toe af al, verantwoordelik geword het vir die omstredenheid rondom Darwin.

Darwin en Marx

Een van die vroegste 'foutiewe' vertolkings miskien al, blyk uit die volgende:

"Upon reading Darwin’s 'Origin of Species' for the first time in December 1860, Marx triumphantly proclaimed to Engels: 'Although developed in a coarse English manner, this is the book that contains the foundation in natural history for our view." - Aangehaal uit 'n pdf-dokument gelys op die Net onder "Karl Marx's Ambivalence towards Darwinism" en blykbaar tog geskryf deur Robert Young (geb.1935) wat in verskillende publikasies oor Darwin skryf. Later word ook na 'n John Spargo verwys wat sou verklaar het: "Darwin may not know it, but he belongs to the Social Revolution".

Hoewel 'n moontlike skakel tussen Marx en Darwin later glo 'gedisintegreer' het, neem dit nie weg dat Marx Darwin se teorieë vir sy eie doel wou aanwend nie. Ten spyte daarvan dat Darwin blykbaar deur die ekonoom, Malthus (van wie Marx nie veel gedink het nie) en na wie in die hoofstuk oor die ekonomie verwys is, met sy idee van 'natuurlike seleksie' in die ekonomiese stryd om voortbestaan, beïnvloed is. Dié invloed, van Malthus op Darwin is miskien self te lees in die oorspronklike verwysing van 'Origin of Species' na 'Favoured Races' wat seker nie veel met perdewedrenne te doen het nie.

Die sterkste moontlike skakel van Marx se kant gesien, is miskien bloot die gedagte dat Marx se verwysing na "our view" daarop kan dui dat 'n 'skeppergod' vooraf uitgeskakel moet word. Die vermoede word versterk wanneer dit in die genoemde pdf-dokument (p 44), pertinent gestel word: (Marx) "rejoiced that Darwin had eliminated the need for a creator by his anti-theological explination of nature".

Sou 'n mens miskien in die lig hiervan kon vra of die (on)wetenskaplike gewildheid van evolusie anders as Darwinisme, aan die bevordering van Marxisme toegeskryf kan word?

Volgens Robert Young se Malthus and the Evolutionists (Internet) wil dit lyk asof wetenskaplike bevindinge hier deur politieke oogmerke gekaap is en miskien ook vir die latere en selfs huidige ongekende populariteit van natuurlike seleksie in die sin van makro-evolusie verantwoordelik is. Dit sou dan ook verklaar waarom God (of selfs 'n god) blykbaar in die pad van evolusioniste staan en eers 'verwyder' moet word.

Sonder om by die onverkwiklike stryd rondom Darwin en die moontlike misbruik van sy teorieë betrokke te raak, word volstaan met enkele opmerkings aan die hand van 'n paar beskouïnge deur persone met verskillende agtergronde. Vooraf is 'n paar kort opmerkings oor Darwin self egter ook gepas.

Darwin die mens

Charles Robert Darwin (1809-1882) is gebore in 'n ryk en 'well-connected' gesin. Sy oupa aan moederskant was deel van die bekende Wedgwood-porseleinvervaardigers en die een aan vaderskant, Erasmus Darwin, 'n erkende intellektueel, met sy eie teorieë oor evolusie, in die 18de-eeuse Engeland. Self wou die jonge Charles eers 'n mediese loopbaan volg, soos dié oupa veral in sy latere lewe, en het inderdaad met die oog daarop by die universiteit in Edinburgh ingeskryf, maar toe tog teologie in Cambridge gaan studeer. Waarom presies word nie genoem nie, maar in 1831 word hy deel van 'n wetenskaplike ekspedisie op die navorsingskip, HMS Beagle. Lesende aan sy vriend, die Skotse geoloog, Charles Lyell (1797-1875) een van die eerstes wat geglo het dat die aarde meer as 300 milj. jaar oud sou wees, se 'Principles of Geology' het hy ook geïnteresseerd geraak in fossiele as bewys van dier- en plantlewe van miljoene jare gelede. Terug na sy 5-jaar-lange vaart, het hy begin aan die sistematisering van die versamelde inligting en so by sy idee van natuurlike seleksie a la Malthus uitgekom.

Op die biologies-natuurwetenskaplike vlak (naas die geologiese studies van Lyell) het Lamarck (1744-1829) ook reeds tov sy teorieë tov omgewings-invloed en oorerflikheid, die wetenskaplike wêreld laat kennis neem. Volgens Lamarck sou die noodsaak of die nie-gebruik (soos tov die menslike blindederm, hoewel alle mense blykbaar nog steeds met dié aanhangseltjie gebore word?) dié vorm van evolusie aanhelp of vertraag in die voortgaande aanpassing by veranderende en bepaalde lewensomstandighede. 'n Standpunt wat ook sou inpas by die sieninge en bevindinge van Malthus en as mikro-evolusie bekend sou word. Darwin se verdere veronderstelling, vir sover hy dit self geformuleer het, nl dat alle lewende, verwante(?) organismes uit 'n oersel-voorsaat stam, het blykbaar eers later ontwikkel. Die bevindinge van 'n ander tydgenoot, Gregor Mendel (1822–1884) se studie van erflikheid en gepubliseeer in 1866 het aanvanklik nie veel aandag getrek nie en is eers gedurende die twintigste eeu 'her-ondek' en vorm die basis van die moderne genetika. Die verskille en of ooreenkomste tussen Darwin en Mendel is selfs in ons dag nog deel van 'n toutrekkery.

Terwyl 'n mens nog verstom staan oor hoe iets soos die sg makro-evolusie aan Darwin toegeskryf kan word, is dit goed om te onthou dat daar selektief dikwels deur navolgers en napraters op die grysgebiede van groot denkers se teorieë en veral ook bevindinge gekonsentreer word. 'n Goeie voorbeeld is Darwin self. Volgens die Encyclopædia Britannica (EB) '67 vol 7 p 85 is moderne of soos dit gestel word, 'new Dawinism' nie presies dieselfde as Darwin se eie opvattings nie. In sy Origin of Species noem hy blykbaar volgens die gesaghebbende EB-artikel, verskeie moontlikhede waarop evolusie kon plaasvind. Hiervan is die latere dogmatiese 'aap-verwantskap' soos wat Huxley propageer, maar een moontlikheid.

'n 'Bulldog' neem oor

Thomas Henry Huxley (1825-1895) of THH soos soms na hom verwys word, dalk om te kan onderskei tussen die baie bekende en selfs beroemde Huxleys, was oa 'n Engelse bioloog wat vroeg die bynaam van 'Darwin-se bulldog' gekry en blykbaar ook verdien het. As vurige teenstander van die destydse Engelse kerkleiers tov hul sieninge aangaande die wetenskap, het hy groot invloed gehad op die ontwikkeling van wetenskapbeskouing en die wetenskap-opleiding in die Engeland van sy tyd.

Van die baie lesings en referate wat Huxley gelewer het oor die posisie van die mens in die diereryk, is gebundel in Evidence as to man's place in nature (1863). Twee onderwerpe wat hy aanroer, het baie gewild geword. Veral die eerste wat argumenteer dat die mens verwant sou wees aan die groot of mens-ape. As sodanig was dit 'n knuppel in die darwin-hoenderhok. Die tweede, moontlik iets van 'n terugkrabbel, was die standpunt dat die spesies aap en mens op dieselfde wyse as alle vorme van lewe, nl natuurlike seksie of dan oorlewing van die sterkste, ontwikkel het. Iets wat Darwin versigtig as 'n moontlikheid gestel het, het Huxley as 'self-educated man' as evangelie, of liewer, wetenskaplik en feitelik, verkondig en daarmee, bulldog-agtig of dol-lerig, ook vir Darwin, wat latere geslagte betref, aan die hakskeen gebyt.

Hoewel dit enigsins moeilik is om in 'n oorsigtelike beskouïng reg te laat geskied aan verskillende sieninge, wil dit tog lyk asof natuurlike seleksie en die 'stryd om oorlewing,' nie dieselfde is nie. Herbert Spencer (1820-1903) het met sy "survival of the fittest" as kommentaar op Darwin, in elk geval ook weer meer in die rigting van Malthus en Lamarck geneig met die veronderstelling dat die drang om selfverbetering ook oorerflik kan wees. Daarby het Spencer sy idee van 'evolusie' ook as toepaslik op meer terreine as net die biologiese gesien.

Oor Darwin en sy teorieë is daar – ook via bv Stephan Jay Gould (1941-2002) en Russel Grigg ('Creation Ministries' - Internet) sonder twyfel nog heelwat te sê. Baie interessant is ook die debat tussen Huxley en aartsbiskop Samuel Wilberforce (seun van William Wilberforce wat teen slawerny baklei het) in 1860 waarin die kerk duidelik tweede gekom het. – Dié keer het Darwin se bulldog beter gevaar as sy rottweiler in die persoon van Richard Dawkins in 'n soortgelyke debat op die BBC in 2011 met oa hoofrabbi Jonathan Sacks.

Die bitsigheid waarmee Huxley die debat oor die 'aapvoorouers' gevoer het, was seker nie baie bevorderlik vir wetenskaplike denke nie (soos Wilberforce se vertrekpunt, toegegee, ook nie) en onderstreep duidelik die mens se dikwelse onvermoë om weg van sensasie en kwetsing, rustig oor sake te besin.

Hoe dit ookal mag wees, is dit nie 'n uitgemaakte saak dat Huxley, wat later ernstig aan depressie en selfs moontlik bipolêre disfunksie (wat hom nie ten kwade toegereken word nie, maar bloot as gegewene genoem word) gely het, Darwin korrek en onbevange vertolk het nie. Veral ook waar hy van Darwin verskil en probeer beweer dat evolusie as natuurlike seleksie nie noodwendig oor baie lang tydperke voltrek word nie en dus ook oor die kort termyn tot nuwe lewensvorme aanleiding kan gee. - Vir hom moes ape seker gou mense kon word – en moontlik selfs ook andersom.

Die feit dat Darwin se tweede boek in dié verband, The Descent of Man, and Selection in Relation to Sex (1871) na Huxley se aapstories verskyn het, en in elk geval nie naastenby die aftrek van 'The Origin' gekry het nie, lyk ook vreemd. As oa in reaksie op Alfred Russel Wallace (1823-1913) was dit blykbaar ook 'n teleurstelling vir Darwin self. As mede-evolusionis en selfs Darwin se 'voorganger', het Wallace vanweë die groot verskil tussen die mens en die dier (en selfs ape) se verstandelike vermoë, later meer 'n spirituele basis as bloot 'n biologiese vir die mens veronderstel.

Na 'n baie vlugtige kontak met Wallace se sieninge, veral ook die tov die mens se verantwoordelikheid tov die omgewing, wonder 'n mens of dié geleerde nie eerder as Darwin populêr gemaak moes word nie. Ten spyte van sy gebrek aan geld, het hy as veelsydige wetenskaplike en vanweë sy kritiek teen die ekonomiese voorkeure van sy tyd, 'n besliste bydrae gelewer.

Kritiek op Darwin – en op makro-evolusie

Dat die stryd rondom die arme Darwin nog onverpoosd voortduur, is baie duidelik en kan 'n mens nog lank besighou. So bestaan daar van die reedsgenoemde Robert Young wat as anti-spesialis, uit verskillende posisies as wetenskaplike blykbaar met gesag kan oordeel, nog heelwat beskouïnge wat met vrug bekyk kan word. Verder is daar Kenneth Poppe wat met boeke soos Reclaiming science from Darwinism: A clear Understanding of Creation, Evolution and Intelligent Design (2006) en Exposing Dawinism's Weakest Link (2008) behoorlik die poppe laat dans. Verder sou 'n mens kon kyk na Pieter J Pelser se The Hoax of Darwinism and the African Eve (2008).

Dr Kenneth Poppe, van wie daar nie veel persoonlike inligting op die Net op te spoor is nie, is oa 'n gewese biologie-onderwyser, opvoedkundige en blykbaar aktief betrokke by verskeie organisasies en groepe. In 'Exposing Dawinism's Weakest Link,' pak hy die probleem uit verskeie hoeke en met selfs heelwat humor en soms ook ironie wat nogal byt. Naas sy wiskundige en Fisika-bewyse dat makro-evolusie nie kan werk nie, maak hy 'n draai by die 5000+ fossielvondste (van toe) en verkneukel hom daarin dat evlusioniste blykbaar nog meer benodig om evolusie te bewys, aangesien hulle nog steeds soek na die ontwykende 'missing link'.

Pieter J. Pelser, (geb.1935) ook duidelik 'n geleerde en veelsydige mens van die Suid-Kaap (hy is/was argitek, kunstenaar, aktief in gemeenskapsdiens en ywerige leser/student in vele studievelde – en self volgens hom, soos Darwin ook, nie 'n natuurwetenskaplike nie), stel sy saak suiwer. Reeds vroeg in die inleiding tot 'Hoax' wat in wese 'n uitdaging aan die toentertydse minister van onderwys in die Nuwe Suid-Afrika was, staan daar: "The primary aim of this book is to promote the pursuit of scientific truth." Later volg hy die stelling op deur te verklaar dat die evolusieleer nie wetenskaplik is nie, maar 'n (vals) religie wat hy voor die huidige boek reeds in twee ander publikasies aangevat het. Dié opmerking verwys na Evolusie en die Bybel. Kan hulle versoen word? (2001) en Die Evolusie Illusie (2007) Lg titel nav Dawkins se The God Delusion (2006) – Soos seker te verwagte is daar ook toe oor Pelser se boek 'n vrotterige eier gelê in 'n Burger in Nov 2007. Aan die ander kant miskien, tel dit ook al as goeie reklame.

In sy nugterder benadering as bv Poppe, haal Pelser verskillende outeurs aan om sy saak te steun. Een hiervan is die swaargewig Wolfgang Smith wat in Teilhardism and The New Religion (1988) – ook deur Pelser aangehaal, onomwonde verklaar: "There exists today not a shred of bona fide evidence in supporting the thesis that macro-evolution transformations have ever occurred". In die artikel "Science and Myth: The Hidden Connection" (2001), word die argument selfs verder gevoer. In sy bespreking van die 'mythical basis of modern science' verwys hy na die drie "major scientific myths (generally refer to as pardigms) the Newtonian, the Darwinian and the Copernian:"

Wanneer Smith dan verder die 'Darwin-paradigma' behandel, is sy siening rustig-verdoemend met uitsprake soos: "an unmitigated failure from the start". Verder ook: …"the Darwinian model has proven worthless as a biological paradigm" en "an ideological postulate masquerading in scientific garb". Later in die artikel as hy bewyse aanvoer, verwys hy ook na Steven Jay Gauld wat blykbaar ook Darwinisme later laat vaar het omdat spesies in selfs fossielrekords geen duidelike evolusionêre verandering in 'n bepaalde rigting openbaar nie. Na ‘n latere verwysing na aanleiding van Michael Behe se Darwin's Black Box: The Biochemical Challenge to Evolution (1996 en 2006) en 'n bakteriese flagellum met 'n ingewikkelde molekulêre wankel-enjin (‘rotary engine’) aangedryf met 'n 'brandstof wat uit 240 verskillende proteïne bestaan', kom Smith tot dié gevolgtrekking: "The new mathematical theory, in conjunction with the sharp data of molecular biology, provides at last a rigorous refutation of Darwin’s hypothesis. Of course, whether even this will convince die-hard Darwinists remains to be seen". (p 225)

Darem jammer dat die mens, indien hy die produk van evolusie sou wees, nog nie so 'n vervoermiddel, flagellum-vlerkies en al, ontwikkel het as wat die beskeie Helicobacter pylori gebruik om 'n mens se maagwand binne te dring nie. Dink net wat dit aan ons oorvol paaie en tolhekke kon doen…

Hoewel nie eers aanvanklik die bedoeling nie en seker teen die tyd genoeg om eerlike en oortuigbare 'toeval-aanhangers' te oortuig dat daar miskien tog iets soos 'n Skepper en 'n Skeppingsplan bestaan, gou nog naas die biologie, 'n vinnige kyk na die kosmologie.

Van Biologie na Kosmologie

Met groot waardering en respek vir iemand soos Stephen Hawking (geb.1942) met al sy toekennings en eervolle vermeldings, skep sy veronderstelling van (net, maar darem?) 'n 'metaforiese God' 'n probleem. Sy bekende A Brief History of Time (1988) met sy 10 milj+ verkope en al, bevat die ver-reikende "if we discover a complete theory, it would be the ultimate triumph of human reason – for then we should (would?) know the mind of God". Die moontlike konjunktief laat effens ruimte, maar word waarskynlik in die lig van verdere uitsprake soos dat God selfs oorbodig kan wees, maklik eensydig beoordeel.

Later was daar natuurlik ook nog Hawking en sy mede-outeur, L. Mlodinow se blitsverkoper The Grand Design (2010). Miskien tog nie die 'coup de grace' waarop Dawkins gehoop het nie (Wikipedia) is die boek volgens baie kundiges nog nie die antwoord op die mens se baie vrae oor waar alles vandaan kom nie. Selfs ook ten spyte van die nog onvoltooide sg 'M-teorie' waarvan ons darem al kan lees, bly baie vrae steeds onbeantwoord.

Eintlik is dit jammer dat 'n mens 'n groot gees soos Hawking moet verdink vir 'n gebrek aan beskeidenheid. As gewone leek, wat nog nie die boek probeer lees het nie, kan so 'n mens nie anders as om jou aan die kant van mense soos Paul Davies, Marcelo Gleiser, Gerald Schroeder en selfs 'The Economist' te moet skaar nie. Aan die ander kant het 'n mens egter ook waardering vir bv Deepak Chopra se afskaling van die rol van die materialisme wat die mens verding tot iets van 'n kontroleer- en programmeerbare masjien.

Alles in ag genome wil 'n mens selfs glo(?) dat Hawking se 2011-verklaring nl "we are each free to believe what we want and it is my view that the simplest explanation is there is no God" (Wikipedia) nie sonder meer van hom 'n 'ontkenner van God' maak nie. Veral nie in die lig van "the simplest explanation" en wat verder in die verklaring volg nie, nl dat sonder 'n skepper daar ook geen hemel (of hel) 'n hiernamaals of wat ookal volgens religieuse verwagtinge bestaan nie.

Dan sou dit inderdaad net hierdie lewe (of die ondenkbare of ondefinieerbare 'nou') wees wat bestaan en dus saak maak en geen 'black hole', oerknal(le) of selfs die begrip 'tyd' van enige belang wees nie. So asof te veel 'kennis' wat nie wysheid geword het nie, eintlik maar net êrens in 'n 'swart gat' tot niet gaan.

Op sigself vir sommige miskien bevrydend, maar tog ook jammer en selfs skadelik, omdat ons daarmee terug sou wees by die wanhoop van Prediker, met helaas, sonder enige bevrydende vooruitsigte, soos dié waartoe Job selfs noodgedwonge moes kom.

So 'n uiterste fatalisme, sou die mens reduseer tot 'n blote fisies-bilogiese wese wat selfs nie in iets soos Fritjof Capra se 'Tao van die Fisika' uitkoms kan vind nie. Daarmee sou ons terug wees by die niks van Friedrich Nietzsche (1844-1900), maar tog ook nie anders kan as om met Helmut Thielicke (1908-1986) Die geheime Frage nach Gott (1972) te moet vra nie.

Van waar die 'moderne' twyfel?

Hoewel die mens seker nog altyd van sy oertyd af, vrae gehad het oor 'die onsienlike', wil dit voorkom asof hy hom hier na die 'donker middel-eeue' toenemend daarmee besig hou. Waarskynlik omdat die Renaissance en miskien meer bepaald die 'Aufklärung' ook juis die religieuse aanvaarding van dinge op die glipperige terrein van die rede laat beland het.

Hoewel eintlik dieselfde 'geestelik-intelletuele beweging' (hoe maklik definieer ons nie!) was die eerste eerder 'die wedergeboorte van die klassieke kuns en wetenskap wat in die 14e eeu in Italië begin het' (Pharos ‘92) en die 'Aufklärung', 'die verligting (=opheldering) in die 18e-eeuse wysgerige denke' (do) .

Vanwaar die selfs skielike 'wedergeboorte' en latere 'insig' of opheldering gekom het, bedink 'n mens nie altyd nie. Nogtans is dit nie onvanpas om die 'politieke stryd in die Levant', beter bekend as die Kruistogte (1095-1291), as sodanig daarby te betrek nie. Dis immers lank nie meer 'n geheim dat die kruistogte nie net om godsdienstige redes gevoer is nie. Wat die motiewe ookal was, bly dit egter 'n feit dat die Christelike Weste van dié tyd nie die invloed van die kontak met vreemde leefwyses en selfs 'n vreemde godsdiens, kon vryspring nie en sou dit vir eeue – tot selfs in ons dag(?) 'n vertroebelende of dan minstens 'n uitdagende rol in ons filosofiese ingesteldheid, maar ook ons praktiese en daaglikse lewe, speel.

Ten spyte van, maar ook vanweë die aanbidding van die verstand of die ratio, het daar gou onderskeid gekom tussen 'kanonieke wetenskap' en ander aksies, ondersoeke en bevindinge wat hoogstens as vae alternatiewe moontlikhede beskou is waaroor daar liefs nie in goeie 'wetenskaplike geselskap' gepraat moet word nie. - En dit ten spyte daarvan dat ratio eintlik wesenlik ook oor verhouding gaan.

Normaalweg gaan die 'pseudo-wetenskap' die eksakte en empiries-bewese deur proefneming en kontrole vooraf. Dis immers eers nadat iets kontroleerbaar bewys is, dat ons van 'n wetenskaplike feit of bevinding kan praat. Anders as Stephen Hawking sou 'n mens selfs kon argumenteer dat dit miskien juis die wetenskap is wat (weer) moet plek maak vir die filosofie en nie andersom nie. Soms sneuwel die voorwetenskaplike denke of 'besinnende aanvaarding' juis vanweë gebrek aan bewyse. Dit kan daartoe lei dat sekere teorieë nie die materialisties-wetenskaplike vlak van bewys en weet haal nie, maar is geensins daarom minderwaardig of verdag nie.

Baie bewus van die gevaarlike risiko wat 'n mens loop deur na groot geeste soos Darwin, Hawking en selfs Marx afwysend te verwys, is dit tog ook so dat 'n wetenskaplike benadering juis 'n openheid veronderstel. Verder is daar ook aanduidings dat Darwin en selfs Marx in 'n sekere sin gebruik en selfs misbruik is en word, om bepaalde 'veranderinge' te weeg te bring. Of dit werklik die afmetings van Bernays se manipulasie van die massa in die oog het, is miskien nie so nie, maar dat dit noodwendig religieuse beskouinge en etiese norme in die gedrang bring, lyk tog net moontlik.

Dat die moderne en geëmansipeerde mens hom los van historiese, religieuse en nasionale bindinge in 'n nuwe ruimtelikheid probeer vind, is duidelik. Naas Hawking se verwysing na 'the mind of God', is daar verder darem ook nog altyd Francis Collins se Language of God (2006).

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1086 gaste aanlyn