Nuutste bydraes

GEDAGTES VIR ELKE DAG

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die doek wat op Christus se hoof in die graf was, het na sy opstanding eenkant opgevou gelê. In die Bybelse tyd het ’n welgestelde man sy servet opgevou as teken dat hy die tafel net vir ’n tydjie verlaat en weer sou terugkeer.   Wat Jesus met die opgevoude gesigsdoek gesê het was dat Hy net vir ’n tydjie weg sou wees, maar weer sal kom. Is jy gereed vir sy Wederkoms?

DIE ALTERNATIEF (10) (SLOT)

T. M. Hart

'n STRATEGIE vir OORLEWING

‘Klink my tot kruik waarin u Gees
Weer water vir my volk sal wees’.

G.A. Watermeyer: Die Republiek van Duisend Jaar

Kopiereg © : T.M. Hart
Uitgewer: Tobie Hart
E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Eerste Druk: 2014 ISBN: 978-1-928202-13-4

Lees reeks by Die Alternatief

Gelofteland plaas met toestemming van skrywer hierdie werk in reeksvorm. Dit is ‘n eerlike en praktiese besinning oor aspekte van 'n strategie om in die veeleisende 21ste eeu te kan oorleef. Sake soos nasionalisme, die ekonomie, politiek, godsdiens, die media, apartheid en ander word onder die loep geneem. Ná deeglike navorsing het skrywer besin oor wat 'n alternatiewe en volhoubare Suid-Afrikaanse leefwyse sou kon wees. Al sou lesers nie noodwendig met elke sienswyse saamstem nie kan hulle in vandag se Suid-Afrikaanse omstandige hierby baat.

10. Die BUITELYNE van 'n STRATEGIE

Om te probeer om tot die werklike sosio-politieke kernprobleme van Suid- maar ook Suidelike Afrika deur te dring, is nie so eenvoudig nie. Die huidige reeds grootliks gedwonge, hoewel slegs indirek afgedwingde saamwees in die gesamentlike politieke bestel, in die nuwe Suid-Afrika, begin egter reeds duidelik negatiewe tendense toon. As grootliks afgeskeepte minderheid, hoewel nog ruim bydraers tot die staatskas en die begrotings van plaaslike besture, voel veral blanke Afrikane hulself toenemend op 'n syspoor gerangeer. Terwyl baie reeds sit in selfs inkriminerende werksituasies, sonder die nodige erkenning en enige vooruitsigte op normale bevordering, bly hulle steeds lojaal en bereid om selfs meer as hul deel te doen.

Aan die ander kant van die algemene sosiale spektrum, is daar 'n steeds toenemende aantal jong en dikwels ook bekwame toetreders tot die arbeidsmark wat ewe gefrustreerd moet toekyk en selfs ly onder die onbekwaamheid van ander wat so gelukkig was om wel in diens geneem te word. Waarom juis 'hulle'; en nie 'ons' nie is 'n vraag waarop daar moontlik meer as een antwoord is, maar in elk geval sover totaal onbeantwoord bly. Hoewel, en miskien ook juis omdat, 'n mens weerskante toe simpatie het, moet daar dringend 'n oplossing gevind word. Omdat die vind van bevredigende oplossings op die terrein van die praktiese politiek lê, kan hier hoogstens in teorie na moontlike oplossings gesoek word.

Bestek-opname

'n Beginpunt sou wees om jouself af te vra, waarom bv sommige nie-Swart Afrikane of veral Afrikaners dan, so beswaard is oor foute wat begaan is en swaar sluk aan gister se leiers se slap verraad of wat ookal. Almal wat so te kere gaan – en blykbaar word hulle ook, persentasiegewys, al hoe meer, maar ook die kwesbares of banges wat nog maar swyg, kan tog nie net 'regs' of 'verkramp' wees nie. Om die situasie vanuit dié mense se hoek te bekyk, is nie te moeilik nie, omdat 'n mens, as in baie opsigte een van hulle, die frustrasie en optrede kan verstaan.

Die grootste gemene deler onder die groep en dikwels ook groepe, is 'n andersheid wat 'n mens nie kan wegredeneer nie. Sonder om dié feit te erken en daarvoor in enige poging om vir 'n toekoms te beplan, voorsiening te maak, sou dom wees. Ons is eenvoudig nie almal, veral nie sigbaar, eners nie, en 'n miskenning hiervan lei onwillekeurig tot rassegroeperings met al die onverkwiklike gevolge en frustrasies daaraan verbonde.

In die nuwe Suid-Afrika hoor en ervaar 'n mens toenemende ongemak en selfs vyandigheid op grond van ras. Iets wat vanuit die eie ervaringsveld voorheen nie die geval was nie. Dit wil selfs voorkom asof hierdie situasie die direkte gevolg van die nuwe politieke bestel kan wees. Indien die afleiding korrek is, is dit wenslik om enkele moontlike redes daarvoor te probeer vind.

Vanuit die ou koloniale bestel het verskillende bevolkingsgroepe geleidelik hul eie sosiale nisse met eie bestaansmoontlikhede gevind. Gegrond op herkoms en kultuur het die meerderheid gewoon voortgegaan om 'n eie bestaan te maak met die middele tot hulle beskikking. Waar daar botsings ontstaan het oor, soos oral op aarde waar verskillende groepe met mekaar in aanraking gekom het, lewensruimte, dus grond en ook privaatbesit, is die twiste volgens eeue-oue beginsels besleg. Daarvolgens het die oorwinnaar die lot van die oorwonne groep, wat hom hoogstens op eties-morele beginsels kon beroep, bepaal.

In praktyk het dit gewoonlik daarop neergekom dat die oorwinnaar gevat het wat hy wou en kon gebruik - veral ook slawe – en dat 'n nuwe ordelikheid dan vir sy gerief daarvolgens ingerig is. In Suidelike Afrika het dit, baie belangrik, natuurlik ook gebeur dat Europeërs (Boere) grond as beloning ontvang het van swart konings en heersers vir dienste gelewer in tye van onderlinge twiste en selfs oorloë soos blyk uit die na-Dingaanse geskiedenis in Natal en ook in die latere Oos- en selfs Wes-Transvaal.

Enige menslike orde wat so geskep word, bly egter ook dikwels bloot 'n tydelike reëling. Deur interne, maar dikwels veral ook eksterne faktore of invloede van buite, word die relatiewe rus in so 'n mate versteur dat deur opstande, revolusie, boikotte, kortsigtigheid en selfs moord en verraad, mettertyd weer 'n nuwe orde gevestig word. Indien die veranderinge wat tot die nuwe struktuur gelei het, nie net 'n horisontale kulturele verskuiwing bewerk het nie, maar ook 'n vertikale omkeer, is die aanpassing vir alle betrokkenes soveel erger.

Toe dit bv na 1948 nie net meer 'John Smith' was met wie jy moes onderhandel of wat jou van oor die toonbank gehelp het nie, maar 'n 'Koos van der Merwe' of 'n 'Bettie Botha', was die verskil nie so wesenlik nie. Solank hy/sy net geweet het wat hy/sy moes doen. – Vir baie van die ou bedeling se mense was dit na 1948 ook nie altyd die geval nie, en moes menige spreker van 'that language' so goed hy kon die kliënt of 'n lid van die publiek probeer help. Met iets soos onderlinge moedswilligheid daargelaat, was die toets egter altyd of iemand bekwaam en bereid was om te help.

Bekwaamheid die toets

Indien dit in die huidige opset nog die geval is en waar dit wel so is, is daar geen rede vir rasgedrewe spanning nie. Toegegee, in die na 1948-bedeling was die kultuurverskille nie so groot nie en was daar selfs 'young dum Dutchmen' wat 'n lord met pet en al, vinnig en effektief kon bedien. Die eerste waarheid soos 'n bul waarby 'n mens uitkom is dus: bekwaamheid. Geen selfs moedswillige Boer (Westerlinge is mos tot hulle eie nadeel eerder té haastig) het die tyd om snaaks te wees met 'n bankklerk, telefoniste of wie ook al wat sy of haar werk ken en daarop ingesteld is om dit professioneel te probeer doen nie.

Hierdie en soortgelyke 'probleemsituasies', vanweë, onbekwaamheid, onsekerheid, of dalk onwilligheid – 'n mens hoop nie so nie, hoewel dit al ervaar is - skep onnodige wrywing. Indien daar miskien tog êrens 'n eerlike veronderstelling bestaan dat die reënboognasie 'n werkbare werklikheid moet word, sou dit nodig wees dat hier verandering moet kom.

Vanuit die ander hoek gesien, hoewel dit onder omstandighede effens moeilik is, kan 'n mens jou indink dat daar 'n mate van skroom en ongemak kan bestaan. Dit is immers net menslik dat iemand 'n vreemde situasie ietwat oorweldigend en selfs intimiderend kan vind. Dit kan dus help om te probeer 'not to be rude', soos iemand dit gestel het en geduldig te bly. – Selfs al kan jy nie tussen twee jongvroue wat jou probeer help via die rekenaar, enigsins onderskei tussen wie aan die ander opleiding gee en wie veronderstel is om die opleiding te ontvang nie.

By 'n bepaalde ontvangstoonbank in die kantoor van ‘n vername plaaslike bestuur, wat die baie klagtes van die publiek hanteer, is die naam en verdere algemene besonderhede van die amptenaar prominent teen die muur agter sy lessenaar aangebring. Hier moet die publiek blykbaar duidelik kennis neem dat jy eers groet en dan die belangrike man, en dan is hy nog lywig ook, op sy naam aanspreek as jy êrens wil kom. - Seker veral daarop gemik om die onbeskofte (wit?) publiek wat nie eers groet nie en sommer uit pure frustrasie begin 'jy' en 'jou' te laat kalmeer. In alle billikheid moet maar erken word dat ons in ons Westerse haas, selde indien ooit, iemand teen laat-oggend of middeldag (smiddae word daar in elk geval nie gewerk nie) eers groet en na sy of haar welstand vra voordat ons ons saak stel. Miskien is dit iets wat ons moet onthou indien ons enigsins wil help om vreedsame naasbestaan moontlik te probeer maak.

Aan die ander kant sou dit darem ook nogal 'n positiewe bydrae wees as persone in beheer, konfliksituasies sou probeer voorkom. Bewus van wetlike voorskrifte en medemenslike voorkeure, bly dit egter ondenkbaar dat staatsinstellings, maar ook die privaatsektor, so dikwels hul openbare beeld skaad deur telefone, ontvangstoonbanke en ander eerste-kontakpunte met die belastingbetalers en die publiek, deur onbekwame persone te laat beman en bevrou.

Wanneer daar dan ook nog 'n handige rasse-kapstok ter sprake kom, is die vet al te gou in die vuur. Dis amper asof die samelewing op dié manier die onverkwiklikheid wat dikwels op ons oorvol stedelike paaie heers, tot binne die deftige kantore verleng het. – As ek kon sou ek graag dié en soortgelyke situasies in 'n 'eiland-opset' wou vermy.

Humor en 'goeie wil'

Die werklikheid soos hier weergegee, hoef egter nie onderlinge spanning te verduursaam nie. Aanpassing kan van weerskante gemaak word as die 'goeie wil' aanwesig is – of as partye ophou om mekaar, adolessenterig, op allerlei maniere te probeer troef. Hopelik kom sulke situasies ook nie meer so baie voor nie en is daar op hierdie vlak al hoe meer hoop vir die toekoms. Selfs ook sover dit die lewering van effektiewe diens betref.

'n Nogal humoristiese gebeure en baie geldige siening, kom uit 'n situasie wat self beleef is. In 'n bepaalde kantoor van nog 'n 'plaaslike regering' - seker eintlik 'plaaslike bestuur' hoewel daar in die bepaalde geval ook nie van 'bestuur' veel sprake was nie - het die volgende gebeur.

Moeg en geïrriteerd gewag, maar op die ou end tog gehelp, het 'n lid van die publiek 'n tweede kantoor ivm 'n ander probleem, in die dwaalgange van dieselfde kantoorkompleks met baie 'private'-bordjies op deure, probeer opspoor. 'n Vriendelike middeljarige gekleurde mamma, of selfs al ouma, het aangebied om die verdwaalde om die regte draai te vergesel.

Al lopende in die nog vreemde situasie, het die sporadiese gesels by opregte dankbaarheid vir die hulp en die spreekwoordelike 'tweede myl' (kilometer is te kort!) uitgekom. Op sy verwysing na die pas-afgelope frustrasie by en in die vorige kantoor, wou die gids weet watter amptenaar die oorsaak van die frustrasie was. Na 'n versigtige verduideliking, was die antwoord verdoemend: "Daai outjie met die kêps? Hy’s ongepoets. Maar hy leer dit nie hier nie. Hy kom daarmee van die huis af…"

Duidelik trots op haar werksituasie, half-verwesters en bereid en in staat om diens te lewer, was die opmerking seker nie eerstens bedoel om die ouers van die besondere probleem af te kraak nie. – Of 'n bepaalde ou politieke bestel met 'n beweerde swak onderwysstelsel die skuld te gee nie. Veel eerder het dit gedui op 'n bepaalde lewensingesteldheid en selfs werksetiek. Met so 'n situasievennoot sou 'n mens 'n tweede kilometer kon stap.

Op individuele en nie-amptelike vlak, met genoeg onderlinge raakpunte, is daar immers reeds duidelike tekens dat die verskillende bevolkingsgroepe nader aan mekaar beweeg. Nogtans sou dit onnatuurlik en teenproduktief wees om enigiets in die verband te probeer forseer. Indien dit so bedoel of bestem is, is assimilasie, integrasie en selfs eenwording op verskeie vlakke miskien selfs nie onmoontlik nie. Dit sou egter uiters moeilik wees om enigsins 'n skatting te waag of dit binne dekades of selfs eeue 'n spanningslose werklikheid (soos in die VSA?) sou kon word. Bloot net 'n gebrek aan 'saambestuur' waar daar reeds saambestaan en verpligte 'saam-belasting-betaal' gepredik en selfs vereis word, sou enige tydskaal erg ontwrig en hoop op sukses, ernstig in die gedrang bring. – Hier, tydsgewys, in die begin van 2014 wil 'n mens al vra hoeveel geklike 'potchefstrooms', klipgooiery, brandende bande en besoedelde kantore en selfs internasionale lughawens daar nog vir hierdie eens op 'n tyd, gewilde en veilige toeriste-bestemming voorlê.

In 'n skaars helder oomblik, wonder 'n mens selfs of daar werklik ernstige aandag geskenk word aan en beplan word om 'ander' en veral minderhede, in die utopiese toekoms waaroor daar dikwels gepraat word, in te sluit. Selfs 'n hooggeroemde demokratiese stelsel met sy tirannie van die-helfte-plus-een, of hoogstens twee-derdes, waarborg dit nie. Deur die eeue was 'n bedreiging van buite dikwels die waarborg van interne eenheid, maar ook dit word selfs 'n hele kontinent ironies ontsê. Beide deur die geskiedenis en 'n vernuftige spel van verdeel en beheer.

Rasse-kapstok

'n Begrip wat soms nog gebruik word om die interne probleme van Suid-Afrika mee te beskryf, is 'rasse-onverdraagsaamheid'. – By implikasie veral van die een kant af. 'n Mens sou ook ander terme kon gebruik soos 'rassekonflik' en self 'rassehaat' wat ek egter glo tog nie sonder meer bestaan nie. Selfs 'rassevoorkeur' is normaalweg tov heelwat middelmoot kontaksituasies soos bv mede-sportman/vrou, bankklerk, munisipale-amptenaar, sakeman, winkel-assistent en rekenaarkundige nie ter sprake nie. Trouens, om werklik nog spanning in sulke situasies te veroorsaak, moet daar ook ander aspekte aanwesig wees. Die mees-algemene is sonder enige vrees vir teëspraak, soos reeds sover gesuggereer, sonder meer ondoeltreffendheid.

Miskien is dit ook 'n kwessie van traagheid en 'n sonderlinge onvermoë van Europeërs in Afrika om te leer en aan te pas. Veral Limi-Afrika wat immers bekend is daarvoor dat dit nie die wiel uitgevind het nie, sukkel meestal om by te bly. Volgens 'n eie tydsbegrip word daar nog grootliks voortgeslee na 'n onsekere toekoms met hopelik genoeg 'hand-outs' om sy massa verhongerdes te voed en is daar nog nie geleer om doeltreffend en ongelukkig ook haastig, maar hopelik darem ook doeltreffend en selfs – as dit moet, - westers-georganiseerd te leef en veral vooruit te beplan nie. Toegegee, dis nie net dié Afrika se skuld nie, maar ookgrootliks die gevolg van verslawing en inmenging van buite. Veral die verslawing het waarskynlik die bereidheid en vermoë om self  verantwoordelikheid vir benarde situasies te aanvaar en deur daadwerklike optrede iets daaraan te probeer doen, ernstig geknou.

Moontlik speel die onskuld van die jeugjare in dié siening ook 'n rol, maar nooit was daar op die plase en plattelandse situasies wat 'n ouer geslag beleef het, van konflik suiwer op grond van ras, sprake nie. Hoewel ons saam vir die snaaksigheid pap-en-derms probeer eet het en saam wippe in die veld gestel het – met die swart vennoot as die onbetwiste outoriteit – het ons nooit mekaar se drumpels deurgetrap nie en sou selfs die 'Basie' nie eers daaraan gedink het om sy 'baasskap' in die omgewing van die stat af te dwing nie. Wedersydse respek en erkenning van eie persoonlike ruimtes was die waarborg vir suksesvolle naasbestaan.

Hierdie kennelike deel van wat Albert Grundling (Rapport 14 April 2013) 'n 'gedeelde verlede' (van wit en swart) noem, is inderdaad groot en heg en word daarby spontaan as sodanig aanvaar. Trouens 'n mens sou kon beweer dat as die verskillende ras- en ooreenstemmende kultuurgroepe, sonder inmenging of beïnvloeding toegelaat word om self ewewig te vind, daar baie minder sprake van spanning en botsing sal wees. Soos, 'n mens wil byna veralgemenend sê, nog altyd, is dit telkens 'n derde mag of party wat die groot vlieg in die salf is. Ons sou al baie verder op 'n vreedsame pad van ubuntu kon beweeg het as selfs net die pers – en politici – hulle daarvan kon weerhou om onderskeidelik nuus, sensasie en propaganda uit gewone sake uit die hede en verlede te probeer maak.

Op soek na verdere en hopelik net huidige wrywingsvlakke, sou 'n mens kon kom by iets soos 'kulturele onaanpasbaarheid' Tong-in-die-kies sou dit selfs aan die hand van die begrippe viool en trom in metaforiese sin, teen die lig gehou kon word.

Verandering tov kultuur neem tyd

Hoewel 'n bietjie deursigtig om Europa se goddelike instrument met Afrika se bekende bostelegraaf te vergelyk - en dit ten spyte van die Soweto-strykers, 'Madam' Khumalo, groepe tenore en andere se besondere en selfs voortreflike vertolkings van Westerse musiek, werk die vergelyking goed om die onderlinge kultuurverskille wat tog nog bestaan, aan te dui.

Al sou niemand dit noodwendig so wou hê nie, kan dit ook nie ontken word nie. Selfs nie deur die besbedoelende bloeiende siele wat nog(?) onvoorwaardelik glo in die onskuld van natuurkinders uit Jean Jacques Rousseau se dae en 18e eeuse sentimentalisme nie. Albert Schweitzer (1875-1965) het miskien 'n bietjie te ver gegaan met sy beweerde standpunt dat Swart Afrikane nie die verstandelike en emosionele vemoë het om Westerse beginsels te deel nie. Aan die ander kant hoef dit natuurlik ook nie op ‘n degradering of belediging te dui nie.

'n Ander uitspraak van Schweitzer wat, sover ek weet, nie betwis word nie, kom uit 'n verhaal wat hy êrens vertel het (hier uit 'n Wikipedia-artikel in Duits). Daarvolgens had hy groot probleme met hospitaalwerkers wat nie lede uit 'n ander stam of groep kon of wou versorg nie omdat hulle nie groepsgenote ('my broer') was nie. In die lig hiervan dui die beweerde skynbare onvermoë om algemeen medemenslik en 'westers' op te tree, nie op 'n

minderwaardigheid nie, maar eerder op 'n andersheid. Soos in die geval van die Weste se Germaanse voorouers wat sonder meer deur die Romeine en die geskiedenis as barbare bestempel is, bloot omdat hulle anders was en anders opgetree het.

Na 'n noodgedwonge en veral ampshalwe teenwoordig-wees by amptelike samesprekings en die gepaardgaande onthale rondom die geboorte van die 'nuwe demokrasie', het stemvolumes en tafelmaniere ('doggie bags' et al) soms tot erge sooibrand aanleiding gegee. Namate goeie openbare skakel-aksies vrugte begin afwerp het en die verskil in onderlinge gebruike verminder het, het meer groepe mekaar al vingerlekkend gevind, hoewel die laatkommery vanweë 'transport' en ander 'problems' nog langer 'n 'issue' gebly het. Hoe graag 'n mens dit om praktiese en materialistiese oorwegings anders sou wou hê, is ons nou maar eenmaal nog nie almal assimileerbaar eenders nie.

Hopelik leer ons darem ook nog voortdurend van mekaar, hoewel duidelik ook nie altyd nie. Anders as die toentertydse veral Westerse vermorsing, sou die idee van 'doggie bags' nog steeds hongeriges kon voed, maar helaas, nou mors – en bemors - ons dikwels saam en eendragtig selfs meer as voorheen.

Toegegee, die verskille in optrede kom ook binne Europese of meer eensoortige groepe voor. Italianers is immers goeie sangers en daarom dalk 'n bietjie meer luidrugtig, maar wat dié sake verder bemoeilik is die feit dat die onderlinge verskille so duidelik sigbaar is en selfs op 'n afstand verwag word. Aan die ander kant kan selfs 'n geïsoleerde vuishou in die Britse parlement nie op dieselfde vlak beoordeel word as die sang en getoi-toi voor (en in?) ons (nog?) eerbiedwaardige raadsale nie. – Hoewel toegegee moet word dat selfs die Britte ook besig is om dalk vreemde voorbeelde na te volg.

Ook bloot tov die land se gesamentlike kulturele aktiwiteite, is die natuurlike verskille soms steurend-tasbaar aanwesig. 'n Besoek aan iets soos 'n opera, musiekuitvoering of die gesamentlike optredes van verskillende skoolkore word dikwels ongemaklik gemaak deur optredes van lede van die gehoor. Toegegee, ons is nog maar van onlangs af besig om 'n 'gesamentlike kultuur' te probeer

bou en moontlik bring die tyd tog 'n oplossing. Via 'n musiekbruggie na die multikulturele opset in Gorecki se Silesië met sy Poolse, Tjeggiese en Duitse kulture, is daar miskien tog iets te sê vir so 'n situasie. – Op voorwaarde dat so iets ook in Afrika volhoubaar moontlik sou wees.

Die waarheid soos Tafelberg wat 'n mens nie kan miskyk nie, is egter dat hoewel ons almal in die land gelyk en selfs gelykwaardig is, is ons nie eners nie. Selfs nog nie so 'eners', dat daar al genoeg raakpunte bestaan aan die hand waarvan ons darem al min of meer as 'n self-funksionerende massa, hoewel nog nie as 'n volk gesien en veral ervaar, kan word nie. Nog nie eers op sportgebied nie, waar ons volgens historiese patrone, bv nog steeds aan òf sokker òf rugby voorkeur gee.

Op soek na onderlinge verskille wat die langste nog verdeeldheid sal veroorsaak, lyk die situasie vir wie integrasie voorstaan redelik belowend. As Germaan en Romein, soveel eeue gelede tog oor eeue tydelik 'n wankelrige eenheid kon vorm – wat eers deur die bedreiging van buite en verbrokkeling in nasionale state van binne, tot niet gegaan het, is so iets in Suidelike Afrika miskien ook moontlik.

'n Leuentoets?

'n Moedswillige en totaal onwetenskaplike toets onder middeljare blankes oor die toekoms lei gewoonlik tot die volgende reaksie: "Ek hoop en vertrou darem my kleinkinders sal nog e… westers wees…" - Ai-ai, en dan seg ons ons diskrimineer nie regtig nie. Die oor-en –weer-kuier en doelbewuste saamgooi in sepies en sportspanne, met of sonder kwotas, ten spyt?

Soms wonder 'n mens, aan die ander kant, of dit nodig sal wees om te wag tot 'n immanente en, baie moontlik, geweldadige opkoms van 'nasionale state' bestaande en gewaande eenhede noodwendig sal verbrokkel. Waarom nie liewer die moontlikheid, veral as dit reeds in 'n grondwet verskans is, proaktief al begin aanmoedig en daadwerklik stimuleer nie…

Die 'Brasiliaanse opsie' met sy enkele amptelike taal (Portugees) reeds sedert 1894 min of meer 'n republiek met 'n eie nasionale strewe, sal ons in Suidelike Afrika waarskynlik tog nog vir lank ontwyk. Moontlik ook omdat Brasilië in 'n meer 'Suid-Europese' (en 'n minder Hollandse en ook Engelse) opset soos ook in Angola en Mosambiek, ontstaan het. - Sonder dat daar terselfdertyd ook 'n aparte Westersgeoriënteerde nasionalisme met 'n eie taal en kultuur ontwikkel het. Daarby is daar in Brasilië ook geen gevaar van 'n 'rasse-oorname' van die westerse dominante groep(e) in die land nie.

'n Ander vraag wat homself telkens herhaal, is of 'n eiesoortige bestaan van 'n 'Europees-Christelike' beskawing aan die suidpunt van Afrika nie tog ook 'bedoel' was nie. Tot voordeel van almal wat namate sommige 'n 'nuwe' lig sien, die ander daarvan gevrywaar word om telkens weer - soos in die verlede - deur leiers en dié se 'leiers' of hulle eie gierigheid, misbruik te word? Soms wil 'n mens selfs hoop dat 'n ware gees van ubuntu sou kon bydra om die mensvreterkapitalisme en grypkultuur wat besig is om ons almal, ongeag taal, kultuur, ras en watter ander moontlike groepering ookal, te verswelg, te besweer.

Aan die ander kant bestaan die wrede moontlikheid natuurlik ook dat die Europese invloed en geestelike voorbeeld en kerstening selfs, hoe gebrekkig dit ookal was, 'afgehandel' is en dat Afrika voortaan ook in dié opsig op eie stoom en deur genade sou kon voortgaan. Hoewel nog nie sigbaar so nie, sou die paar Europeërs wat nog in Afrika oor is, nie kon beweer dat hulle in geestelike en religieuse sin altyd hier hoef te wees nie. Ook in religieuse verband is die 'westerse rol' miskien nie meer so belangrik nie.

Die rol van etniese getalle

In die finale instansie bly een van die grootste en daarby seker onoorbrugbare probleme, in die weg van vreedsame naasbestaan in selfs net een nasie as staatkundige eenheid, egter die kwessie van getalle. Naas die Julie 2011-skatting, tussen hakies gegee, is die nasionale 2011-sensussyfers soos volg. Die totale bevolking was in 2011 51.8 milj. (50.5), teenoor die 44.8 milj. volgens die 2001-sensus. Hiervan is tans ongeveer 79.2% (79.5%) swart; 8.9% (9%) wit; 8.9% (9%) gekleurd en 2.5% (2.5%) asiër. Van die totaal woon daar tans in Gauteng en Kwa-Zulu-Natal saam 43.78%, in Wes- en Noordkaap 13% (12.62%) en in die Vrystaat ongeveer 5.46%.

Hoewel 'n mens seker baie met getalle kan goël, lê daar dalk nog hier êrens 'n werkbare oplossing waarna ernstige entrepreneurs ook kan kyk. Veral miskien in die huidige Noordkaap waar skaars 1.1 milj of 2% van die totale bevolking woon. Afhangende natuurlik van wat die miljarde-gedrewe en die ernstig bedreigende 'fracking' gaan veroorsaak.

Net die getalle-situasie alleen, maak dit vir blankes (selfs die Engelse, Franse en andere onder ons ook) onmoontlik om op meriete 'n wesenlike bydrae tot die ontwikkeling van die land te lewer. Hoewel hulle nog (vanweë hul 'bevoorregte posisie', hoewel seker darem nie nét as gevolg daarvan nie?) ‘n beduidende deel van die belasting op plaaslike en nasionale vlak betaal, kan hulle nie naastenby bepaal wat van hulle bydraes word nie. In 'n sekere sin is hulle dus 'nog nodig', maar ook toenemend bywoners op eie werf. Hoewel hulle weier om sonder meer bakhand te staan, word bv die boeregemeenskap, tradisioneel tot nou toe nog hoofsaaklik blank, deur goedkoop voedsel-invoere en deesdae ook boonop deur stakings en 'grondhervorming', alhoemeer in 'n hoek gedryf en het sommige reeds na die res van Afrika (hoewel ook nie sonder probleme nie) en ander lande, waar hulle kundigheid waardeer word, uitgewyk.

En wat van 'n 'geroepenheid'?

Naas al hierdie praktiese en dwingende sake is daar dalk tog nog in die gees van 'n Christelike belydenis, iets van 'n roeping ter sprake. Naas selfbehoud het 'n bewus-wees van 'n groter taak, miskien al in die geveg om Grahamstad in 1819 (die eerste werklike plek van bloed –"Elangezi") en by Bloedrivier, negentien jaar later, 'n rol gespeel. Iets van 'n Martin Luther se: "Hier staan ek. Ek kan nie anders nie?" – En as dit sou werk?

Miskien sou dit hierdie keer selfs 'n wesenlike en meer permanente bydrae kon lewer en opnuut weer in 'n uitgebreide en breër spirituele voogdyskap vir Afrika, ook die uitbuitende kapitalisme van die Weste aan die kaak stel. In sy book Hoodwinked, (2009) waarna elders ook verwys is, vertel John Perkins die verhaal van Omar Torrijos, de facto regeerder van Panama van 1968 tot 1981, toe hy onder verdagte omstandighede in 'n vliegongeluk sterf.

Volgens Perkins was dit sy taak as "economic hit man" (EHM) om Torrijos te oorreed om 'n groot wêreldbanklening vir Panama te aanvaar. Deur Panama op dié manier tegnies bankrot te maak (deurdat die lening nie terugbetaal sou kon word nie) sou die VSA en meer in besonder sekere internasionale korporasies, volgens Perkins, ten spyte, maar moontlik ook as gevolg van(?) ooreenkomste en verdrae, beheer oor die kanaal verkry. Torrijos wou nie byt nie en het hom duidelik uitgespreek teen wat hy genoem het die "predatory capitalism" waardeur enkeles verryk word ten koste van die massas en voorspel dat dié stelsel gedoem is.

As iemand sou vra wat dit met die huidige onverkwiklike situasie in Suid- en Suidelike Afika te doen het, is die antwoord 'n onomwonde: 'waarskynlik meer as wat 'n mens sou kon raai'. Binne enkele dae uit mekaar was die berigte aan die einde van Oktober 2011 vlugtig in die nuus. Nie net het Lesotho 'n lening van meer as sy totale jaarlikse begroting ontvang vir kragopwekking nie, maar Eskom kry ook $2 en $2.5 biljoen vir die opwekking van wind- en sonkrag. Op waarskynlik ook nie die mees ekonomiese maniere om dit te doen nie en waarskynlik te vergelyk met die beleërde Gautengse tolstelsel.

'n Terloopse berig in Mail & Guardian van 26 Julie 2013 waarin die name Zuma en Putin in 'n triljoen (hopelik net Rand, maar blykbaar tog VSA-Dollar) kernkrag-transaksie genoem is, is weer stil en was hopelik net 'n glips. Veral na die skrapping van die goedkoper 'korrelbed'-planne wat enkele jare gelede nog selfs ook as veilig(er?) beskryf is.

In die eforie van heerlike vooruitsigte vir TV en ander luukshede, vra niemand egter hoe en deur wie sulke projekte betaal gaan word nie. Hoewel sodanige lenings nie 'n probleem is nie en China selfs die kundigheid en arbeid sou kon verskaf, is die terugbetaling van sulke enorme bedrae 'n ernstige bedreiging vir 'n onafhanklike voortbestaan. Terwyl iets soos bio-brandstof en ander bronne van natuurlike energie blykbaar nie bekostigbaar aan die gang kan kom nie, is leiers besig om die land bankrot te leen. – Of gaan die 'hidro-breking' in die Karoo ons dalk 'red'?

Vrye ekonomie of verslawing?

Onverwagte steun vir so 'n standpunt het my onlangs in die vorm van 'n swerwende e-pos bereik. In 'n artikel, toegeskryf aan Moeletsi Mbeki, skrywer, politieke kommentator, intrepreneur en broer van 'n vorige president (wat jammerlik uit sy amp elders 'ontplooi' is) word ernstige besware teen regeringsoptrede uitgespel. Blykbaar vorm die stuk deel van 'n reeks oor transformasie, aangebied deur "The Centre for Development and Enterprise". Onder die datum 12 Febr 2011 word oa te velde getrek teen 'BEE' wat andersins m.i. as 'n baie positiewe aksie beskou kon word. Die skrywer wys egter daarop dat die idee eintlik deur Sankor, die gewese industriële afdeling van Sanlam, begin is. Die bedoeling daarmee sou wees om swart politici as 'n buffergroep by 'big business' te betrek. As sodanig is dit dus weer eens 'n ontwerp van selfs internasionale korporasies soos oa blyk uit die toetrede van Mail, Johnnic en andere. Volgens die skrywer is die 'conglomerates'… "a vehicle not for creating development in South Africa, but for exploiting natural resources without creating in-depth, inclusive social and economic development." – Dit laat 'n mens wonder wie as EHM opgetree het om dié meesterplan om beheer te behou, in werking gestel het. – In alle billikheid kan 'n mens seker darem nog aanvaar dat jou polisse en bankrekening veilig is.

Nogtans, ten spyte van 'n nogal donker prentjie, hoef alles nie 'gloom and doom' te wees nie. Trouens, 'n mens hoor en ervaar soms al iets wat neerkom op 'integreer of sterf'. 'n Stelsel wat reeds manifesteer in sekuriteitsoorde waarin hoofsaaklik ekomies-enerse groepe afgeskerm van die 'res', rustig voortbestaan in hulle eie ommuurde stede binne stede. Miskien is dit die tussentydse oplossing totdat die 'have nots' buite die mure kritiese massa bereik. Daarmee saam bring dit natuurlik die begrip 'privaatbesit' ook weer na vore. Die eerste 'groepbotsings' in die moderne of miskien alle geskiedenis, het immers juis hieroor gegaan. Onvermydelik dink 'n mens egter ook aan wat kan gebeur as ons oorvol planeet se reeds biljoene te veel, sou begin roof en plunder om bloot te kan oorleef.

Soos wat landsgrense toenemend vanweë handels- en dus ekonomiese oorwegings in die gedrang kom, beland 'eiesoortigheid' ook alhoemeer in die vaarwater van ander en is haas niemand meer 'baas' op selfs sy kulturele 'plaas' nie. Al waarop 'n mens in onderlinge gespanne verdraagsaamheid hopelik nog kan vertrou, is dat bepaalde lewensnorme gehandhaaf sal word. Die vraag bly egter: volgens wie en watter groep se standaarde met of sonder beesslagtings in die agterplaas en massale vermorsing van staatsbates. Soos wat onlangs weer deur berigte oor 'die letterlik miljoene mense' in die staatsdiens en 'n lywige Natalse 'sportsparty' tydens 'n July-naweek onderstreep word. (Lg in 'Rapport' van 21 Julie 2013.) Intussen kan ons darem blykbaar spog met 'n 'wêreldrekord'-kabinet van 'hoeveel nou weer', teenoor die VSA se - 20(?).

Die Westerse leefwyse en voogdelike voorbeeld aan andere - veral Afrika – beleef 'n krisis wat die Weste as sodanig, self al ernstig bedreig. In 'n lesenswaardige artikel "So lui Afrika se ou storie" ('Rapport' 12 Mei 2013) vertel die bekende Eben Meiring wat talle Afrika-skrywers verder noord in Engels en Frans van hulle leiers – of dan die rowerbaronne wat dié lande plunder en ekonomies vernietig, dink. Voorwaar nie 'n mooi prentjie nie en iets om van kennis te neem.

Globalisme in die weegskaal?

Vir baie mense sou die sieninge en selfs standpunte in dié bespreking gestel, teen 'n breër, minder kultuur-behoudende en algemeen Westerse agtergrond, waarskynlik nie sin maak nie. Nogtans is die tekens reeds daar dat dit tyd geword het om oor 'n breë front oor dié sake te dink. Selfs die tradisionele Weste, dus buite Afrika, word bedreig deur 'n ernstige 'verval' of dan minstens verandering vanweë instroming van kultuurvreemde elemente wat nie noodwendig die belangrikheid van bestaande optredes en gebruike eerbiedig nie. Orals word maatreëls om toestroming te beheer en selfs te beperk, opgeskerp en immigrasie en selfs net besoeke na dié lande word al hoe moeiliker.

Selfs wesenliker as bloot op sosiale vlak, verg die wêreldwye ekonomiese probleme, dat ernstig besin moet word oor regeringstrukture in Suidelike en veral Suid-Afrika. Ten spyte daarvan dat die Rand oor die Limpopo begin loer, is daar suid van die rivier op die oomblik nog genoeg orde (mynstakings ten spyt) om internasionale sake-ondernemings te laat floreer. Nog redelik terroristevry en dus grootliks veilig teen 'n geweldadige verandering van regering, sou dit belanghebbendes tog baat om weer die weg van 'vreedsame verandering' te kies om so te voorkom dat oa die vrye vloei van goedkoop grondstowwe permanent gestaak word. Waarskynlik is hier nie 'n 'olie-oorlog' nodig nie en sou 'n federale groepering van meer en kleiner Suider-Afrikaanse 'onafhanklike' state internasionale handelsbelange ook beter kon dien.

Selfs sonder die wesenlike gevaar van verdere globale ekonomiese probleme en selfs 'n 'triple dip' kan dit ook vir die Weste sin maak om plaaslike en inheemse groeipunte toe te laat en selfs te stimuleer. Miskien is die verval en die ekonomiese inplof van dele van Afrika en elders, die duidelikste bewys dat die sg wêrelddorp met sy globale ekonomiese beheer, besig is om uit te rafel.

'n Mens twyfel selfs of 'n 'derde wêreldoorlog' die wêreld soos ons dit ken, nog kan red. Veel eerder lyk dit of daar 'n toekoms kan wees in die ontstaan en ontwikkeling van kleiner en meer homogene groepe met minder onderlinge wrywingsvlakke soos taal- en godsdienstige verskille. Groeperinge, volke selfs, waarvan die verskillende leiers makliker verantwoordelik gehou kan word, is 'n aanloklike moontlikheid wat kundiges miskien tog van nader kan bekyk. As sodanige groeperinge dan ook nog kon leer om volhoubaar selfonderhoudend te wees, mag daar selfs 'n rooskleurige toekoms op planeet Aarde wag.

Intussen moet die kiesers en - mag 'n mens hoop - die persone in beheer, self ook nugter en verantwoordelik oor die situasie besin. Indien die wat nou so geld vermors en met baantjies-vir-(onbekwame) boeties en seker ook vir, ma's, pa's, susters en selfs verlangse families en stralers wat op militêre lughawens land, probeer gool, daarmee sou aanhou, is totale ondergang ons almal se voorland. Selfs Ronnie Kasrils (Daily Maverick 5 Mei 2014) voel oor dié dinge erg berswaard: "Where leadership at the top is so badly compromised - from a corrupt relationship with Schabir Shaik to the rise of the Guptas and the Nkandla scandal – it acts as a green light for kleptocracy and the devil takes the soul out of the ANC". -Nie seker van watter 'devil' dié bekende oud(?)-kommunis praat nie, is sy standpunt tog veelseggend. Of ‘n mens iets van ‘n ‘two state solution’, soos wat hy volgens Wikipedia vir Israel en Palestina bedink het, hier moet veronderstel, is nie duidelik nie.

Om by 'n werkbare grondplan vir 'n nuwe ordening uit te kom, gaan nie maklik wees nie. Daarvoor is 'n radikale kopskuif in en tov Afrika nodig, sodat die veelgeroemde wieg van die mensdom, wie weet, miskien ook aan 'n ware 'ubuntu-mens' geboorte sal kan gee en 'n tuiste sal kan bied. Afrika wat maar pas onlangs eers werklik direk blootgestel is aan die westersgedrewe globalisme, begin waarskynlik ook reeds besef dat dit nie uhuru beteken nie, maar die wreedste vorm van verslawing waaraan die mensdom in sy geheel nog ooit blootgestel is. 'n Verslawing wat jou nie net liggaamlik opeis nie, maar dreig om ook jou vrye wil en geestelike eiesoortigheid te vernietig.

Ten opsigte van Afrika, soos ook elders, sedert die betrokkenheid van Wes-Europa in die geskiedenis van ander lande en streke, is nasionale grense dikwels op 'n baie arbitrêre wyse en van buite af, bepaal. Naas die onpraktiese kronkelinge van 'n rivier, is lengte- en breedtegrade ook dikwels enigsins eensydig, as grense geproklameer en is inheemse volke en groepe daarvolgens onderwerp, beheer en bestuur. Om die gekoekte gordiaanse knope wat so ontstaan het, enigsins weer los te wikkel (sonder om 'n alles-vernietigende swaard te gebruik), sal nie maklik wees nie. – Behalwe natuurlik as die grote Alexander tog ook nie sy swaard gebruik het nie, maar (soos soms beweer word) deur die probleem objektief en by wyse van laterale denke te benader, na 'n vinnige en beslissende wilsbesluit, met 'n vernuftige oplossing vorendag gekom het.

'n Stap in die regte rigting

'n Moontlike oplossing in die moderne en vér-, gevorderde 'virtuele realiteit', sou wees om vir eers(?) nie sigbare grense te trek nie, maar bloot 'kategorie-gewys' verteenwoordiging te gee aan verskillende groepe wat volgens internasionale erkenning van mense- en ander regte, daarop aanspraak kan maak. As beginpunte kan munisipaliteite en selfs kleinere gemeenskappe gekies word om mee te eksperimenteer. In die praktyk sou bv iets soos die volgende kon werk.

Veronderstel 'n bepaalde groter eenheid soos 'n stad of groot dorp, bestaan uit 4-5 onderskeibare gemeenskappe met elk 'n bepaalde aantal inwoners en verdere fisies-geografiese, ekonomiese, kulturele en ander afgrensinge. Veronderstel verder dat 'n bepaalde gemeenskap (of selfs meer as een) voel of kan bewys, dat vanweë wanbestuur, onderlinge onverdraagsaamheid, 'stam- of bendegevegte', dwelmgebruik of wat ookal, hulle basiese menseregte en selfs voortbestaan bedreig word en dat dié groep daarom liewer as aparte gemeenskap erken wil word. Watter geldige argumente sou in sulke gevalle afskeiding of afgrensing kon verhoed en belet? – Dink bv net watter voordele dit vir 'n erg-geteisterde munisipaliteit bv in die winter van 2013 sou kon beteken.

Die ekonomies-finansiële ekwivalent van so 'n aksie, staan bekend as ontbondeling. Sonder om voorlopig(?) enige bykomende staatkundige verandering te bedink, sou nuwe streke of kantons, so die kans gegun kon word om – in sommige gevalle moontlik met aansienlike besparing vir die staat – 'n eie 'streeksbestuur' te kies. 'n Bestuur of liggaam wat sover moontlik interne sake – met insluiting van sekuriteit, dienste en selfs onderwys en gesondheid (juis kategorieë wat tans in chaos is) kan hanteer.

Miskien het die wêreld – en veral Suidelike Afrika – té gewoond begin raak aan 'n alles-beherende 'Staat' wat met 'hand-outs' en beheer toenemend van ons almal in die land 'agtergeblewenes' maak. As so 'n nuwe gemeenskap daarby nog omgewingsvriendelik en selfvoorsienend kon leef, mag dit selfs as modelle dien wat elders toegepas kan word.

Verandering as verbetering

In die huidige na-Apartheidsjare, is daar weinig tekens dat die nuwe regime enigsins 'n verbetering op die vorige is. Afgesien van 'n vergrote amptenary – met klaarblyklik, sonder enige ooreenstemmende verbetering in dienste – sit 'n al groterwordende deel van die bevolking in verstikkende armoede en moet die regering reeds, na berig word, meer individue finansieel help as wat daar belastingbetalers is. Die syfer van 17 miljoen mense wat staatshulp ontvang teenoor 3 miljoen 'aktiewe' belastingbetalers is al genoem. Om enigsins as geheel te oorleef, sal 'n ingrypende omkeerstrategie hier toegepas moet word.

Of die Libertarisme, waarna in die bespreking van die ekonomie verwys is, in Suid- en Suidelike Afrika in 'n enigsins bruikbare polities-ekonomiese model sou kon ontwikkel, sal van baie dinge afhang. Nogtans lyk dit na 'n gedagterigting wat vrygemaak van historiese en ander bagasie, gerus na gekyk kan word. Selfs net in die term wat baie na liberalisme lyk en daarmee verwar kan word, is daar al iets van 'n geleidelike, versigtige en selfs intelligente klemverskuiwing wat volhoubaar deurgevoer kan word. Gebaseer, soos die liberalisme, op die begrip vryheid, pas dit goed in by die moderne opvatting van menseregte, persoonlike vryheid (en verantwoordelikheid) en sou daar rondom dié begrippe 'n aanvaarbare en wyd-verteenwoordigende stel beginsels ontwikkel kon word. Vir diegene wat vrees dat 'n 'regeringlose staat' in anargie sou verval, sou die inkorting van die staat se magte tot die enkele funksies van erkenning, beskerming en algemene oorhoofse bestuur, na weerskante toe die oplossing wees.

Om so iets in die praktyk te maak werk, sal veral die media die regte klimaat moet begin skep. Intelligente, verantwoordelike en dikwels ook vrydenkende joernaliste vind dit seker toenemend frustrerend om op 'n bepaalde voorgeskrewe (?) wyse oor 'nuus' te moet skryf. Bewus, uit werksverband, van die ongekende sosiale kragte wat toenemend en reeds voelbaar aanwesig is, sou hulle as hoofsaaklik nugtere idealiste, (dit is immers die rede waarom hulle die beroep gekies het!) ook 'n eie positiewe rol wou speel ter uitbouing en verbetering van die samelewing. 'n Samelewing wat ook húlle ten diepste glo, ongeag alles wat die teendeel probeer beklemtoon, 'n belowende toekoms kan hê.

Uit die geskiedenis is daar talle bewyse dat die mense van Afrika, ongeag ras, herkoms of oriëntering, gesamentlik, maar miskien tog veral (voorlopig?) apart, sinvol sou kon voortbestaan. Magte wat dit verhinder en soms selfs kragtig teenstaan, word meestal van elders af geaktiveer volgens die ou koloniale, maar ook veral egoïstiese beginsels van verdeel en heers.

Waarskynlik is daar op die oomblik wêreldwyd nie genoeg geld om 'n 'ekonomiese' wêreld-oorlog in die Ooste, Midde-Ooste, Afrika of selfs in die verre Weste, te laat ontstaan nie. Dié situasie kan tot Suidelike Afrika se direkte en veral die Weste (maar ook reeds China, Indië en Japan) se indirekte ekonomiese voordeel wees. Dié lande besef waarskynlik reeds dat om self te floreer jou vennote ook nie honger en onrustig kan gaan slaap nie. Daarby is waarskynlik een van die grootste bates van die media-revolusie dat 'n koloniale moondheid nie meer ongesiens êrens in die donker tot voordeel van bevoorregtes en selfs internasionale konglomerate, kan knoei nie. – Of selfs moontlik verkiesingsuitslae onbepaald kan help verknoei nie.

Maar kom ons raak prakties en konsentreer op wat individue en groepe van bepaalde volke en kulture self kan doen.

Groen is goud

'n Onlangse insetsel, Febr. 2013, op die TV program 50/50 wys 'n unieke en praktiese plan om met handgemaakte natuurlike en drywende eilande, die erg besoedelde water in 'n staatsdam te suiwer. In dankbare vervoering kon ek sien hoe die rietraamwerk gemaak en die plante daarin geplant word. Volgens die program, is die idee deur 'n vindingryke persoon afgekyk in die Okavango en gaan dit hopelik ‘n groot deel van Gauteng se ergbesoedelde rioolstroom-afvloei so suiwer dat die boere onderkant die wal selfs weer eetbare en gesonde groentes, ook vir die lui stedelinge met ruim eie tuine, kan kweek.

'n Mens kan selfs hoop dat met 'n bietjie verbeelding en selfs ook navorsing, 'n soort van 'aquaponics' of waterkultuur in die dam self begin kan word. Met eenvoudige sonkragpompe op die eilande, kan water gesirkuleer word en selfs groente en blomme gekweek en selfs vis geteel word. As die Aztec- Indiane dit blykbaar al meer as selfs 3 000 jaar gelede met hulle 'chinampas', reggekry het, kan dit miskien weer en ook elders gedoen word.

Met goeie beplanning hoef dit selfs nie watersport te belemmer of hengel te benadeel nie. Anders as blykbaar in 'n Suid-Vrystaatse dilemma waar die opwekking van hidro-elektrisiteit aan die hand van natuurlike stroom-versnellings moontlike probleme skep. Omdat die omgewing en selfs die stroom, glo ook die ideale oefenplek vir selfs wêreldklas en olimpiese deelnemers, in kanosport (volgens 'n ander program) is, het die kragopwekking, kanosport en 'n winsgewende restaurant of blyplek, blykbaar daar in mekaar se vaarwater beland.

Miskien moet 'n mens intussen die gedagtes oor die 'waterkultuur-in-die-dam,' 'n bietjie verder bedink en daaraan uitvoering begin gee. Alles in ag geneem, kan so 'n projek selfs winsgewind bedryf word en sommer ook help om die hele gemors- en besoedelingsprobleme van veral plaaslike besture, die hoof te help bied. As die gedagte eers begin posvat, kan die besoedeling selfs voor baie daarvan in damme en natuurlike vleilande beland, gekeer word in watersuiwerings-projekte en selfs moontlik die opwekking van biogas. – Met die gevolglike verlaging in die olieprys en selfs minder besoedeling.

'n Aanvalsplan

Bekend daarvoor dat hulle graag elkeen verkieslik sy eie koers inslaan, is hier vir volksgenote belowende terreine waarop elkeen hom of haar kan uitleef. Afgesien van die sosio-politieke terrein waarop 'n aantal groepe al bedrywig is en selfs internasionale skakeling probeer bewerk, kan 'Afrikaner-kibboetse' gerus ook gevestig word.

Orania, as 'n suksesvolle aftree-oord begin, is 'n stap in die regte rigting, maar behoort oral in die land met selfs meer lewenskragtige(?) groeipunte opgevolg te word. Een van die groot probleme wat die Noord-Kaapse nedersetting (met sy Ora en al) waarskynlik ervaar is die onbereikbaarheid en miskien ook die hoë koste wat vestiging en aftrede daar meebring.

Om werklik te slaag moet 'n kibboets so bereikbaar wees dat dit as naweektuiste en verkieslik as naweekplaas vir selfs werkende volksgenote moet kan dien. In Israel is op 'n stadium groot ophef gemaak van selfs 'n kabinetminister (ons sou met 'n adjunk kon begin) wat oor naweke sy kantoor verruil het vir die stalle van 'n kibboets waar selfs beskeie hande-arbeid nie benede sy waardigheid was nie. Dan is daar natuurlik ook die heldeverhaal van Ben Gurion self wat in die Negev in sy kibboets, Sde Biker, gaan woon het vanwaar hy van 1955-63 Israel gelei het en na sy uittrede bly woon het.

Of groot grondeienaars of boere werklik hul bates met 'naweekplakkers' sou wou deel, is natuurlik 'n ope vraag. Terwyl Bk-boerderye veral vanweë wetgewing al hoe moeiliker word, is hier miskien tog nog 'n veld wat braak lê en wat deur kundiges ondersoek kan word. Een belangrike vereiste moet egter deurgaans geld: materialistiese piramide-wolwe moet ten alle koste weggehou word. Aan die soort van egoïstiese uitbuiting het veral die ouer en kwesbare deel van die bevolking en volk vir 'n lang tyd genoeg gehad.

'n Boodskap om uit te leef

Terwyl kundiges verder groepeer rondom iets soos die VVK, Kleinfontein en eie onderwys-instellings, is staatsgesteunde (of eintlik -beheerde) Afrikaanse skole en universiteite besig om die gees te gee. Naas verdere steun aan kultuur-eie opvoeding en onderwys, is daar nog talle ander terreine wat met vrug ondersoek kan word. Hopelik is daar bv al betroubare en geskikte persone wat dink aan eie finansiële instellings om die wat vervreemd geraak het, te vervang.

Ook vir gewone 'onbetrokke' mense (dus almal van ons) is daar heelwat belangrike dinge om te doen. Veral ook op tegniese terrein waar ons uitvinders en ontwerpers gerus aandag kan gee aan die bekostigbare opwekking van energie waaraan die hele wye wêreld 'n baie groot behoefte het. Tesla, Stirling en andere wag ook nog om herwaardeer te word.

Naas ondersteuning aan en gebed(?) dat groter projekte moet slaag, kan haas almal meedoen aan die baie opwindende en ook bevredigende aksies om selfonderhoudend en gesond te leef. 'n Eie dak- of stoeptuin, hergebruik van water, sonkrag, die gebruik van minder kitskos en dus die skep van minder plastiekrommel, die herwinning van organiese afval en noem maar op, kan 'n leefwyse word wat weer gesinne kan saamsnoer in mikro-eenhede waaruit daar weer 'n volk met 'n visie kan groei. As voorbeeld het 'n gewone voorstedelike gemeente begin om brood te bak en so behoeftige lidmate en bv kleuterskole te help versorg.

Eie skole, eie plaaslike sekuriteit, onderlinge versorging en selfs middeleeuse plaasdorpies en of kibboetse, is moontlik dié wyse waarop talle postmoderne omgewings, van binne af herbou kan word. Dáár sou mense met minder stres, minder frustrasie, gierigheid en skuld op iets van 'n 'nuwe aarde' werklik kon leef.

'n WOORD van DANK

Om aan die einde van so 'n ondernemeing mense te bedank, is 'n voorreg. Na die kommentaar, skriftelik en andersins, op 'n vorige poging het dit duidelik geword dat die projek verkieslik grondig hersien moes word. Dit is gedoen en alle vorige kopieë is onttrek en gekanselleer en bestaan as sodanig dus nie meer nie.

In die proses het die aantal persone om te bedank aansienlik meer geword. Soos vantevore bestaan die groep egter nog hoofsaaklik uit diegene wat nie by die naam genoem kan, wil of moet word nie.

Aan die vriende, kennisse en gewone medemense wat deur woord en gesindheid dit duidelik gemaak het dat iets, hoe gering ookal, gedoen moet word om weer perspektief te kry, my opregte dank. Hulle het immers die agtergrond geskep waarteen die gedagtes in die boek vervat, koers gekry het.

Hoewel die finale produk nie sonder diegene se (on)bewuste, insette moontlik sou wees nie, aanvaar ek verantwoordelikheid vir die samestelling daarvan.

Baie dankie aan groep 7 Drukkers en by name aan Ilette Strydom wat deurgaans met groot moeite en geduld hierdie uitgawe moontlik gemaak het. TH April 2014

EINDE

U soek na?

  • HOU VAKANSIE IN MOSSELBAAI !

    Baie netjiese vakansie-akkommodasie in Fraai Uitsig, Kleinbrakrivier, Mosselbaai Munisipaliteit. Twee kilometer vanaf Kleinbrak en Tergniet se swemstrande en ongeveer 10 kilometer vanaf Hartenbosch. Pick n Pay binne loopafstand.
    Kliek hier vir volledige inligting en foto's: OPSOEK NA BEHUISING VIR VAKANSIE?
     
    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________
     
    SKAARS BOEKE TE KOOP
    C J LANGENHOVEN 16 VOLUMES
    FAK-SANGBUNDEL 1 VOLUME
    Hierdie 16 volume Langenhoven-stel is 'n goedopgepaste kosbare versamelstuk. Dit beslaan die volledige inhoud van Langenhoven se bundels soos Sonde met die Bure; Loeloeraai; Herrie op die ou Tremspoor; Doppers en Filistyne; en al die kosbare stories uit die pen van Langenhoven.
    Die FAK-sangbundel is ook in goeie toestand en kan saam of apart van die Langenhovenstel gekoop word.
    Eienaar moet na 'n kleiner woonplek verhuis en vra 'n redelike aanbod vir sy boeke.
    Die aanbevole waardasieprys vir die Langenhovenstel is R1600.00; en vir die FAK R100.00
    Koerierkoste sal bykomend wees.
    Kontak

    Chris Carstens

    Sel no 082 954 3383

    Epos adres

    chris.carstens

    @vodamail.co.za

    ___________
    DIGBUNDELS:
      'n Versameling van 4 elektroniese bundels - 226 gedigte @R350.00:  
    Vir alle navrae  skryf aan 
    Amanda
    @waterstrome.co.za
    Uittreksel uit:
    'n Nasie in Pyn:
    ...Saam sal die hele wêreld vir hulle bid.
    Saam sal ons met pyn in ons harte sit.
    Mag hulle berus in u wil
    Mag hulle voor U verstil.
    _________
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het  in gedrukte vorm verskyn. 
    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
    DIE
    VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
    Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

     

    U kan hierdie boek bestel by
    ds AE van den Berg
    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com
    Prys: R50-00

     
  • BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    ('n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 'n Nuwe Trek (Exclusive Books) Prys: ZAR180

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is by http://tinyurl.com/lx9vrs8

    ... en loot.co.za dit verkoop teen R169 http://tinyurl.com/l26h6jl

    ... kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD


    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    JULIE 2013

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. 

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2 NOU BESKIKBAAR

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
    of skakel hom by
    074 967 5187


    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  • Kliek op DIE CHARISMATIESE GEVAAR om meer oor hierdie boek te wete te kom Lees verder...  
  • FILM OOR DR HF VERWOERD

    Kyk by hierdie skakel http://youtu.be/TcO3zPF8998

      na die kort film oor dr HF Verwoerd.   
    Dit kan ook direk bestel word by Riaan: +27823712682 of by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
     

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

 

'N BIETJIE LANGENHOVEN:

Ek sê nie al die suur mense is Fariseërs nie, maar naastenby al die Fariseërs is suur. In alle geval, solank hulle onthou om Fariseërs te wees. Want dis ook 'n inspanning.
Verbeel jou 'n wêreld sonder 'n skaterlag, sonder eens 'n glimlag. 'n Hemel op aarde, sal die Fariseër sê. Uit so 'n hemel sou ek wou wegloop hel toe.

Die man wat ek na soek, is nie dié wat die minste foute maak nie, maar dié wat die meeste foute régmaak.

Slaap laat solank as jy jou eie baas is en daar sal 'n tyd kom wanneer 'n 'n baas jou sal laat vroeg opstaan.

Ontydige vlyt is die merk van die luiaard. Dis sy verskoning vir ontydige rus.

Ons reken ons geluk vir ons loon en ons straf vir ons ongeluk.

Welvaart is die  dogter van matigheid en die moeder van weelde.

My swaarste pad trap ek self vir my plat, en die swaarste is die wat my voete nooit vat.

Daar is geen kuns by sukkel en geen sukkel by kuns.

Die boer wat nie saai nie sal nie misoeste kry nie, maar hy sal geen goeie ook kry nie.

Het die daeraad lief en die dag sal jóu liefhê.

'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie.

Dis die flukse perd wat flou word. Meer moeite as wat die vlytige het vir sy loon, het die luiaard verniet.

Op die ou end werk die vlytige man vir homself, die luiaard vir 'n ander.

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Kla net oor jou kooi as dit 'n ander is wat dit vir jou opgemaak het.

Hoe korter jy jou kuier maak, hoe gouer sal jy weer genooi word.

Om my naaste lief te hê is vir my 'n sware gebod. Met die mense daargunter kry ek dit nog op 'n manier reg.

Jy sê "ja" waar jy moes "nee" gesêhet omdat jy die ander nie wil aanstoot gee nie. Maar eken hoe het hy jou aanstoot gegee met sy versoek!

Aan 'n nuwe wa kan jy sien of dit 'n goeie skilder was; aan 'n oue of dit goeie wamaker was.

Trek liewer vir jou vriend jou broek uit as om vir hom vir 'n baadjie borg te staan. Anders loop julle naderhand albei nakend.

Die vriendskap wat jy moet koop is 'n duur artikel. Jy sal nie weer jou prys kry as jy dit van die hand wil sit nie.

Moenie vriendskap en besigheid meng nie – jy bederf albei.

'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie.

Maak jou vriendelikheid goedkoop en hou jou vriendskap duur.

Moenie jou vriend vergeet nie; dit sal hom seermaak. Maak jou vyand daarmee seer.

'n Skare is 'n versameling van eensames.

Stuur die luiaard na die miere, en as hy nie te lui is om te gaan nie sal hy te lui wees om weer terug te kom.

Dis net so moeilik om maklikheid in die ou wêreld te kry as wat dit maklik is om moeilikheid te kry.

Waardeer die werk van jou vrou. Jy kan nie op die aarde 'n ander kneg kry vir dieselfde diens en dieselfde prys nie.

Met spaarsaamheid sal jy uit die kleinste inkomste iets oorhou; met verkwistery sal die grootste vir jou te min wees.

Besorg jou eie boodskap en reken die moeite teen dit wat die misverstand jou sou gekos het.

Het die ryk man nodig om so suinig te wees? Maar hy is nie 'n ryk man wat suinig geword het nie; hy is 'n suinige man wat ryk geword het.

Help jou swakke mededinger op die bene bly.  As hy tot niet gaan, kom daar dalk 'n sterke in sy plek.

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES (7)

(Lees die reeks by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

  • Die adderbyt van naberou is verskriklik (Naberou is ontstellend.)
  • Hy het hom in 'n addergebroedesel begewe (Hy was tussen 'n groep nydige, aanvallende mense.)
  • Sy het hom adieu toegeroep (Sy het vaarwel gesê.)
  • 'n Adres van adhesie is 'n geskrif waarin instemming betuig word met 'n versoek.
  • Jy is nou by die verkeerde adres (Jy soek die oorsaak van die kwaad by die verkeerde persoon.)
  • Dit was advokatery (Dit was regskundige uitoorlêery.)
  • Hy sal die werk weer afbroddel. (Hy sal knoeiwerk of slordige werk verrig.)
  • Sy wil elke takie afbrom (Sy kla die hele tyd terwyl sy werk.)
  • Jy kan nou maar afdans (Jy kan nou maar skoert.)
  • Moet hom nie op sy verdienste afdwing nie (Moet hom nie verkleineer nie.)
  • Die ou werkie draf ek gou af (Ek sal dit sommer gou afhandel.)
  • Hulle wil die rusie afdrink (Hulle wil vrede maak.)
  • Sy het soms baie affêrinkies (Sy is dikwels vol nukke en nonsens.)
  • Hy sal wel weer geld van haar affutsel (Hy sal dit op 'n oneerlike manier van haar kry.)
  • Daar kan niks van afgaan nie (Dit kan nie ontken word nie.)
  • Hy sal 'n afgehekste loesing kry ('n deeglike pak slae.)
  • Sy is 'n afgelekte meisie (Sy het al baie kêrels gehad.)
  • Jy lyk so afgesak (Jy lyk baie moeg.)
  • Hy het afgetop gelyk (Hy het verleë gelyk.)
  • As jy iets van hom wil hê sal jy dit moet afgoël (Hy is so suinig!)
  • So 'n afhaler is onnodig ('n Onnodige belediging.)
  • As dit afhang moet ons dit maar opbind (Skertsend wanneer iemand gedurig begin met "Dit hang af..."
  • Na elke partytjie is hy babalaas ( dan ly hy aan die gevolge van te veel alkohol).
  • Daar was 'n Babelse gegons van stemme (Almal het gelyktydig gepraat).
  • Dit was 'n Babelse verwarring (Dit was baie deurmekaar).
  • Hy sal weer mooi broodjies kom bak (Hy sal kom vlei en mooipraat om sy doel te bereik),
  • Hulle eet nie uit een bak nie (Hulle is nie vriende nie).
  • Sy het hom 'n bak gewys (Sy het hom onvriendelik tereggewys).
  • Gou by die bak maar lui by die vak (Hy is eerste daar waar iets te ete is maar traag as hy moet werk).
  • Hy maak sy hande bak (Hy kom bedel iets).
  • Ons moes bak staan (Ons moes hard werk).
  • Dit was sommer 'n bakerpraatjie (Dit was 'n skinderstorie).
  • Jerusalem is die bakermat van die Christelike Kerk ( Dis waar dit begin het. 'n Bakermat was 'n mandjie waarin die baker – die vrou wat 'n pasgebore baba versorg het – die kindjie op haar skoot voor die vuur versorg het).

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1299 gaste aanlyn