Nuutste bydraes

GEDAGTES VIR ELKE DAG

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

As patrotiese nasionaliste vertel ons graag dat ons sal sterf vir waarin ons glo – pragtig, maar dit verg net één dag se moed om dit werklik te doen.  Maar om te lééf vir waarin ons glo, verg elke liewe dag moed – kry jy dit reg?

DIE NUWE SUID-AFRIKA (2)

Lees reeks by Die Nuwe Suid-Afrika

Woord en Weerwoord

OP 25 Junie 1990 het verteenwoordigers van Afrikaans nasionale groepe mnr. FW de Klerk gespreek. Enkele van die argumente wat geopper en bewerings wat gemaak is, is van aktuele belang en word hierna in samewerking met ds. JH Breytenbach nader betrag onder verskillende opskrifte. Hy was betrokke by die gesprek.

“Internasionalisering” van Suid-Afrika, soos Suidwes-Afrika

DIE Staatspresident se bewering dat, anders as in die geval van Suidwes-Afrika (Namibië), Suid-Afrika se posisie nie geïnternasionaliseer is nie, is klaarblyklik ongegrond.

Trouens, die hele stryd om Suidwes-Afrika het juis Suid-Afrika se po­sisie geïnternasionaliseer, want Suidwes was deel van Suid-Afrika, “soos my arm deel van my liggaam is”, volgens genl. Jan Smuts, wat die nouste betrokke was by die bepaling van Suid-Afrika se verhouding tot Suidwes-Afrika.

Die standpunt is bevestig deur die Internasionale Hof se uitspraak van Julie 1966 dat geen staat of entiteit, soos die WO, enige seggenskap of belang by die administrasie van Suidwes-Afrika het nie. En nadat dié deel van Suid-Afrika in 1989 losgeskeur is, is die interna­sionale veldtog al meer regstreeks teen Suid-Afrika gevoer.

Mev. Thatcher van Brittanje het samesprekings met Gorbatsjof van die USSR gevoer oor hoe apartheid in Suid-Afrika beëindig moet word. Sy het telkens in die openbaar aangedring op die vrylating van Mandela as voorwaarde vir “vrede” in Suid-Afrika. Chester Crocker van die VSA het uitdruklik gesê die VSA wil ’n Swart regering in Suid-Afrika hê — ’n eis wat tevore al in 1976 deur Henry Kissinger en Jimmy Carter in die open­baar gestel is.

Daarby het die Suid-Afrikaanse Regering al ’n groep van die Statebond toegelaat om Suid-Afrika se binnelandse toestande te ondersoek onder die belaglike skuilnaam van “wyse manne”. Die Europese Ekonomiese Gemeenskap neem besluite oor Suid-Afrika, net soos die OAE. Die Europese Parlement is in Junie 1990 toegespreek deur Mandela en het formeel besluit om nie ekonomiese sanksies teen Suid-Afrika te verslap nie.

Die WO het op 14 Desember 1989 ’n besluit geneem oor Suid-Afrika wat byna woordeliks ooreenstem met die ANC se Harare-verklaring van Augustus 1989 en ook in hoe mate ooreenkoms toon met die basiese trekke van Besluit 435 van die WO se Veiligheidsraad in verband met Suid­wes-Afrika. Ondanks hierdie flagrante inmenging in Suid-Afrika se sa­ke ontvang die Suid-Afrikaanse Regering ’n WO-afvaardiging wat kom ondersoek instel na die mate waarin reeds uitvoering aan die WO-besluite gegee is!

Buiten al hierdie getuienis van die “geïnternasionaliseerdheid” van die Suid-Afrikaanse situasie is daar die besoek van Mandela aan die buiteland, waar hy vyandigheid teen Suid-Afrika bepleit deur die voortsetting van ekonomiese sanksies te propageer.

Dit is derhalwe volkome onbegryplik hoe daar deur die Staatspresident beweer kan word dat die Suid-Afrikaanse situasie nie geïnternasionaliseer is nie.

Die Suid-Afrikaanse Regering se buitelandse beleid is die regstreekse oorsaak van die onderhorige toestand waarin Suid-Afrika tans teenoor die buiteland is, en waarin die ANC en die SAKP feitlik as die gevolmagtigdes van buitelandse magte optree om volgens hulle voorskrifte binnelandse beleid in Suid-Afrika te bepaal.

Die bona fides van die regering en die staatspresident

DEUR die loop van die hele gesprek tussen die Staatspresident en verteenwoordigers van Afrikaans nasionale groepe het die aanvaarding van die Regering se goeie trou telkens ter sprake gekom. Ten minste twee sa­ke moet in die verband onderstreep word:

  1. Die aanvaarding van die Regering en die Staatspresident se bona fides hang onlosmaaklik saam met die betroubare, eerlike en herkenbaar goedbedoelde optrede van die Regering en die Staatspresident. Dit het geen sin om te pleit dat die bona fides aanvaar moet word as daar ontrou gepleeg word teen die Afrikaner deur saam met die vyand, die Afrikaner in die beskuldigdebank te plaas, sy kosbaarste besit as onderhandelbaar te ag en sy belange op die spel te plaas ter wille van ander nie. Bona fides kan nie aanvaar word as daar berekende misleiding gepleeg word deur die implikasies van die Regering se optrede te verswyg, wanvoorstellings te maak van die resultaat van die Regering se optrede, of die staatsbeheerde media as propagandamasjinerie van die Regering te gebruik ten einde opponerende standpunte massaal te verdraai of tot swye te bring nie. Dit is onbillik om enigsins te verwag dat goeie trou aanvaar moet word as die optrede en die uitsprake van die Regering en die Staatspresident nie her­kenbaar is as goedbedoeld en in die beste belang van die mense wat sy goeie trou moet aanvaar nie. Die feit dat die totale politieke ontwikkelling sedert die bewindsaanvaarding van die Regering sigbaar in die guns van die vyand verloop omdat die Regering dit as reg en nodig beskou, moet vanselfsprekend tot gevolg hê dat sy bona fides bevraagteken sal word.
  2. Die keuse van vriende bepaal polities vyande. Die NP soek kennelik na politieke steun vir sy beleid by die Hoggenheimers, die linkse blanke kiesers en selfs oor die kleurgrens. Die berigte in die pers wat die NP steun, maak geen geheim van die party se bereidheid om politieke alliansies te soek met byvoorbeeld die DP en Inkhata en ander Nieblanke partye nie. In die proses het die NP venynige aanvalle op Afrikanerleiers ge­maak, en maak hy dit steeds, terwyl die regse politici en hulle ondersteuners voorgehou word as gevaarlik vir die toekoms van die Blanke en die Afrikaner. Dit dra by tot die vervreemding wat reeds tussen die NP en Afrikaners gekom het — in so ’n mate dat onlangse persberigte daarop dui dat daar nou reeds meer Engelssprekendes is wat die NP steun as Afrikaners. Die vyandigheid en die venyn van die NP se politieke vriende teenoor alles wat met die Afrikaner te make het, is vir die Afrikaner goed bekend. Dit behoort die NP en sy leiers dus nie te verbaas dat Afrikaners hulle bona fides in twyfel trek nie — ’n vyand tree immers nooit in goedertrou teenoor jou op nie.

Indien die Staatspresident begaan is daaroor dat die Afrikaners sy bona fides bevraagteken, lê die oplossing nie daarin dat hy Afrikanerleiers vra om dit nie te doen nie. Die oplossing lê daarin dat hy, sy Regering en sy party so sal optree dat hulle die vertroue van Afrikaners sal herwin.

Geregtigheid

In die gesprek het die Staatspresident daarop gewys dat hy sekere grondwaardes positief in onderhandeling wil vestig. Die grondwaardes maak, as hy reg verstaan is, nou al die basiese vertrekpunte vir sy Regering uit. Die een grondwaarde wat hy uitgespel het, is dat daar geregtigheid teen­oor alle mense moet geskied — ook teenoor die Afrikaner.

Die Staatspresident het dit duidelik gestel dat ’n beleid wat anderkleuriges nie as volle landsburgers erken nie, ’n beleid van onreg en ongeregtigheid is. Dit bring natuurlik die vraag na vore: beoordeel hy die optrede van die NP vanaf 1948 tot en met die federale kongres in 1986 as onreg? Indien wel, hoe het hy dan self in daardie onregplegende regering gedien en daardie beleid van ongeregtigheid verdedig oor soveel jare? Indien dit toe nie ’n onreg was nie, en daar toe nie ongeregtigheid bedryf is nie, waarom sal so ’n optrede nou meteens onreg en ongeregtigheid konstitueer?

Dit behoort duidelik te wees dat die vraag na reg en geregtigheid nie so gemaklik reglynig verbind kan word aan politieke regte nie. Die feit dat iemand in Suid-Afrika gebore is en hier woon, gee nie aan hom ’n vanselfsprekende reg op Suid-Afrika nie. Die teenwoordigheid van groot getalle Swartes binne die grense van die voormalige Boererepublieke kan hier as voorbeeld geld. Daardie mense is hier toegelaat omdat die vadere ’n besondere skerp sin vir reg en geregtigheid gehad het. In stede daarvan om hulle of uit te roei, soos die Amerikaners met die Indiane daar gedoen het, of hulle aan hulle lot oor te laat, ’n lot van uitgelewerdheid aan die tirannie van Swart maghebbers, uitbuiting, hongersnood, siektes, ens. het die Boere verantwoordelikheid vir daardie mense aanvaar. Hulle het die Swartes onder beskerming geneem, aan hulle werkgeleentheid verskaf, hulle versorg en aan hulle sekuriteit verskaf—maar duidelik nie gereken dat dit enige onreg is om onomwonde te verklaar dat die toelating geen burgerreg aan die Swartes gee nie.

Eiendom, vaderland en verantwoordelikheid

Dit is ook geen onreg dat ek nie besitreg verkry op die eiendom van ’n werkgewer nie, selfs al werk ek ’n leeftyd vir hom. Waarom konstitueer dit nou meteens onreg as mense wat in ’n bepaalde land werkgeleentheid en versorging ontvang, nie besit- en burgerreg in daardie land kry nie? Dit is gewoon geen ongeregtigheid nie—inteendeel: indien ’n mens jou besit aan jou werknemers uitdeel ten koste van jou erfgename en afhanklikes, dan pleeg jy onreg. Die Afrikaner het hierdie land in pag ontvang as die erfgoed wat aan sy kinders behoort. Die land het hy van geen Swarte gesteel nie: met al die erkende norme van besitreg het hy hierdie land syne gemaak. Die land is gekoop, verower, aan die verwoesting ontworstel, met sweet en inisiatief ontwikkel en opgebou as sy vaderland. Die standpunt van die Staatspresident en sy regering, dat aanvaar word die Afrika­ner sal nooit die voorreg van ’n eie vaderland hê nie, verdoem die Afrika­ner tot ewige bywoner. Dit is meer as net ’n onreg wat hom aangedoen word. Dit is ’n skreiende skande wat geen weerga in die geskiedenis van die wêreld het nie.

’n Mens kan hierdie argument nog baie verder voer. Hier word daar volstaan met die opmerking dat reg en geregtigheid baie nou gekoppel is aan verantwoordelikheid en die vermoë om te voldoen aan die eise van beskaafde norme en waardes. Dit is ’n onreg om aan mense verantwoordelikhede op te dra wat hulle nie kan nakom nie, en wat hulle nie eens begryp nie. Die stempersentasie in die Kleurling- en Asiërverkiesings toon duidelik dat daardie mense nie die verantwoordelikheid van mede-regering in Suid-Afrika wil aanvaar nie.

Die wyse waarop die verkiesings in Zimbabwe onlangs verloop het, toon dat daar geen begrip is van verantwoordelike uitoefening van stemreg nie. Die verkiesings in Suidwes het tog getoon dat nie onbevange beoordeling van standpunte nie, maar etniese verbondenheid en swyende dreiging van demokratiese verantwoordelikheid by die kiesers ’n klug maak. Die hele Afrika is ’n aanskouingsles daarvan dat die regeerders nie die vermoë het om die minimum beskaafde norme en waardes wat in die Westerse samelewing geld, te beskerm en te handhaaf nie. Selfs die gebiede wat onafhanklik geraak het van Suid-Afrika, ly onder die onvermoë van die regerings om hulle eie mense onder die morele krag van Wes­terse beskawingsnorme te regeer.

Onreg en stemreg

Daarom is daar nie onreg wanneer goeie regering gehandhaaf word nie, selfs al beteken dit nie stemreg en burgerreg vir almal nie. Maar dit is onreg wanneer goeie regering plek maak vir die tirannie van magsmisbruik, korrupsie, ideologiese beheptheid, en dergelike wanpraktyke. Die Regering en die Staatspresident erken self dat geen handves of konstitusie magsmisbruik kan voorkom nie. Nog minder kan daar gewaarborg word dat ’n Swart meerderheidsregering, selfs met al die beoogde beskermingsmaatreëls ingebou, die norme en waardes van beskawing sal kan beskerm. Op watter wyse sal dit in Suid-Afrika moontlik wees om by die ongesofistikeerde Swart kieser die verantwoordelikheid van stemreg tuis te bring? Die grootste onreg wat teen al die mense in die land gepleeg sal word, sal nie kom deur partisie of rasseskeiding nie, maar deur die ideologiese beheptheid om gelyke verantwoordelikheid aan mense te gee wat hulle nie begryp nie, en, in hierdie stadium minstens, nie kan nakom nie.

Teenoor die Afrikaner sal daar ’n blywende onreg gepleeg word as hy uitgelewer word aan ’n regering wat nie die waardes en norme van die Westerse beskawing deel nie, en nie daaraan kan voldoen nie. Die onreg wat in Afrika hoogty vier, en wat onvermydelik onder Swart regering ook in Suid-Afrika sal botvier, is nie die gevolg van koloniale regering nie. Dit is die gevolg van die weiering van die koloniale regerings om na die Tweede Wereldoorlog langer verantwoordelikheid te aanvaar vir die mense wat nie aan die eise en verantwoordelikhede van Westerse beskawingsnorme voldoen nie, soos die verdwyning van verkose regerings, die verval van administratiewe standaarde, die miskenning van menseregte” in Afrika getuig.

Indien die Staatspresident en die Regering ernstig is met die grondwaarde van reg en geregtigheid, sal hulle alles in werk stel om te verhinder dat die regeermag oor die Afrikaner en die Blanke in die hande kom van diegene wat ’n totaal ander begrip van daardie grondwaarde het en dit meet aan norme wat vir die Westerse kultuur volledig onaanvaarbaar is.

Jode en Afrikaners

Die Staatspresident het gesê dat die Afrikaners nie nodig het om deur wette beskerm te word nie, en hy het die Jode genoem as voorbeeld van ‘n groep wat nie deur wette beskerm word nie.

Dit is ’n growwe misleiding, want daar is geen parallel te trek tussen die Afrikaners en die Jode nie. Eerstens is die Jode, anders as die Afrika­ners, oor die wêreld versprei en het by voorbeeld deur hulle verkreë rykdom in talle lande ’n groot greep aan die media, waardeur hulle teenstanders kan diskrediteer en hulle eie belange beskerm en bevorder.

Daarnaas het die Jode ’n vaderland vanwaar hulle ’n bloedige oorlog teen Arabiese state en die Palestynse Bevrydingsorganisasie veg. Die Afrikaners het tans nie ’n staat soos Israel nie, wat bowendien ‘n baie groot deel van sy staatsinkomste van ander state kry weens die politieke invloed van Joodse drukgroepe in veral die VSA.

Wat opvallend is, is dat hoewel die Staatspresident die Jode as ‘n voor­beeld aan Afrikaners wil voorhou as ’n groep wat nie wetlike beskerming nodig het nie, hy nie bereid is om aan die Afrikaners ’n staat te gun waaroor hulle selfbeskikking het nie, soos die Jode oor Israel. Daarby wil hy ook nie dat Afrikaners hulle regte met geweld verdedig teen ander wat sulke regte wil benadeel of vernietig nie, soos hy wel die Jode gun. Die valse parallel tussen Afrikaners en Jode word dus net getrek om die strydvraag te verwar en ’n verskoning te kry vir die verraad van Afrikanerbelange.

Christelike waardes

Die enigste ononderhandelbare wat die Staatspresident in sy gesprek aangedui het, is dat daar ’n klimaat moet wees waarin die Christelike Kerke die boodskap van die Evangelie ongehinderd moet kan verkondig. Daarvoor bestaan natuurlik waardering, maar dan moet onmiddellik bygesê word dat godsdiensvryheid in die meeste Kommunistiese diktature ook op papier geduld word.

Die vraag is egter nie net maar na godsdiensvryheid nie. Die grondwet is bepalend vir die gestalte van die hele staatshuishouding. Dit is immers die grondslag waarop die huis gehou word, en dit sal in die voorgestelde bedeling selfs nog meer so wees. Die feit dat Christelike waardes in die huidige grondwet ingeskryf is, gee die toon vir die staatsbestel in sy geheel aan. Indien dit in die nuwe grondwet nie ingeskryf word nie, is die vraag natuurlik: wat kom in die plek daarvan? (So het dit dan ook gebeur in die NSA-grondwet – God is totaal uitgeskryf - red)

Die eerste eis wat aan die Christen gestel word, is om God bo alles lief te hê. Vanuit hierdie liefde moet sy totale bestaan gevul word. Meer as 70% van al die inwoners van Suid-Afrika dui aan dat hulle Christene is. Die Afrikaner bely en beleef in besonder mate sy christenskap as volk, en daarom wou hy nog nooit ’n staatshuishouding hê wat ’n ander grondslag het nie. Dit is daarom ondenkbaar dat in ’n nuwe bedeling van hom verwag kan word om deel te wees van, of goedkeuring te gee aan ’n staats­huishouding wat op ’n ander grondslag rus as die van die geloof in die Drie-enige God. Hy sal nie alleen vreemd voel in so ’n staatsbestel nie, maar dit sal neerkom op ’n verloëning van sy diepste geestelike waardes en sy God. Daar is nie ’n resep wat met meer sekerheid die totale verwildering, verval en vernietiging van die Afrikanervolk kan bewerk nie.

As daar een grondwaarde is wat as ononderhandelbaar beskou moet word, is dit nie bloot godsdiensvryheid nie, maar die Christelike geloof as grondslag en uitgangspunt vir die opbou van ’n samelewing waarin die Afrikanervolk ’n plek kan hê. Dit spreek vanself dat daar nie naas hierdie grondslag ook nog plek kan wees vir die grondwaarde van die Kommunis­tiese ideologie, die Islam, of wat ook al nie, ten spyte daarvan dat aanhangers van ander gelowe in die samelewing verdra kan word.

Die geloof in magsdeling

Die Staatspresident het uitdruklik gesê dat hy glo magsdeling kan werk. Ten spyte daarvan dat hy pertinent gevra is om te verduidelik hoe hy meen om magsdeling te laat slaag, ten spyte van al die getuienis uit die geskiedenis (ook die kontemporêre staatkunde) en die NP se eie poging met magsdeling tussen Blankes, Kleurlinge en Indiërs dat dit nie werk nie, het hy die vraag onbeantwoord gelaat. Die vraag bly dus oop: met watter middele en instrumente beplan hy om mag te deel op ’n wyse wat nie al dikwels beproef is en telkens as ’n oefening in futiliteit bewys is nie? Mnr. Dirk Mudge het oor die Suidwes-Afrika-situasie gesê dat om minderheidsregte te probeer beskerm, tydverkwisting is.

Daarmee hang verdere onbeantwoorde vrae saam: watter regte en belange van minderheidsgroepe wil hy beskerm? Op watter manier wil hy hul beskerm? Hoe gaan groepe gedefinieer word, veral in die lig van die feit dat die voorgestelde Handves vir Menseregte in artikel 2 al die norma­le grense waarvolgens groepe bestaan, onwettig verklaar: ras, kleur, taal, geslag, geloof, etniese afkoms, sosiale stand, geboorte, politieke of ander opvattings of gebreke of ander natuurlike eienskappe? Hierdie uitsluiting in ag genome, sal Afrikanernasionalisme volkome buite aksie gestel wees en beteken die versekerings dat minderheidsregte beskerm sal word, vir die Afrikanervolk absoluut niks, omdat enige keuse wat hy vir sy eie maak, per definisie diskriminasie daarstel. As ras as onderskeidingsfaktor uitgeskakel word, soos die NP-beleid nou is, met ’n enkele burgerskap bo-oor rassegrense in een onverdeelde vaderland en met alle geriewe veelrassig gemaak, is dit ’n volledige program vir die vernietiging van die Afrikanervolk. Die Staatspresident se opmerking dat die Afrikanervolk sy “voortbestaan moet vind in wisselwerking met ander”, is ’n bespotting van verstandige gedagtewisseling.

Polarisasie

Die Staatspresident se argument dat die beleid van afsonderlike ontwikkeling wat die NP vroeër gevolg het, op totale polarisasie sal afstuur, met ’n gevolglike vernietiging van die Afrikanervolk, is ’n blote rasionalisasie van die verraad wat gepleeg word, nie net teen die beginsels van die Nasionale Party van genl. Hertzog, dr. Malan, adv. Strijdom en dr. Verwoerd nie, maar ook teen die hele geskiedenis van die Afrikanervolk.

Die politieke botsing in Suid-Afrika sedert 1902 was tussen die Britse koloniale stelsel van “equal rights for all civilized men”, soos verkondig deur Cecil John Rhodes, teen “in kerk en staat geen gelykheid van gekleurdes”, soos die grondwet van die ZAR gelui het.

Die Britse stelsel is oral in Afrika toegepas. Dit het tot polarisasie en botsing en oorloë gely, soos by voorbeeld in Kenia en Zimbabwe, en in die polarisasie het die Blankes telkens aan die verloorkant uitgekom, omdat die Konserwatiewe Party-regerings van Brittanje hulle tot nederlaag gedwing het. Rassewrying en rassebotsing ontstaan uit rassegelykstelling en rassevermenging, nie uit rasseskeiding nie.

Die pad waarop die NP nou gaan, is ’n bekering tot die Britse ideologie van gelyke politieke regte, ongeag ras of kleur, en die gevolglike uitlewering van die Blankes van Suid-Afrika aan die tirannie van Swart regeerders, soos in die voormalige Britse gebiede. Die NP-beleid van tans is tegelyk ’n verloëning van die Afrikaans nasionale beginsels waarop Suid-Afrika se stabiliteit en voorspoed gerus het tot die sluipmoord op dr. Verwoerd.

As daar magte is wat die Afrikanervolk wil vernietig deur rassevermenging en onderploeging deur ’n Swart massa, het die Afrikaners die reg om hulle daarteen te verweer, al sou dit met geweld gepaard gaan. Die alternatief sou wees dat die Afrikanervolk hom gereed maak om vertrap te word uit vrees dat hy homself nie kan verweer nie, of weens rasionalisasie dat hy om een of ander filosofiese of teologiese bespiegeling dit nie mag doen nie. Die argument dat broer teen broer te staan sal kom, en dat dit verhoed moet word, is in wese ’n afdreiging tot bloedlose oorgawe, soos John Vorster se stelling in 1974 dat “die prys van stryd te hoog sal wees” en dat die gevolge daarvan “too ghastly to contemplate” sou wees.

Onomkeerbare hervorming

Die argument van die Staatspresident dat “onomkeerbare hervorming” bloot beteken dat die bestaande grondwet verander sal word, en dat die proses daartoe nie gestuit sal word nie, is eenvoudig nie waar nie. Die feit dat dit in die openbaar deur die Staatspresident herhaal is, maak dit nodig om opnuut daarop in te gaan.

  1. “Hervorming” het in die woordgebruik in die Suid-Afrikaanse politiek ’n semanties spesifieke betekenis, naamlik die afskaffing van elke vorm van erkenning van rasseverskille, soos vervat in die beleid van die NP.
  2. Die demokratiese proses erken voluit die moontlikheid om die grondwet van tyd tot tyd te verander, en selfs om te keer. So is daar in 1910 ’n nuwe grondwet tot stand gebring, wat in 1961 ingrypend verander is. In 1983 is die grondwet nie net ingrypend gewysig nie, maar belangrike beginsels wat in die grondwet sedert 1910 vasgelê is, is omgekeer. Dit het nog nooit by enigiemand by sy verstand opgekom om die historiese veranderings of die aanvaarde demokratiese proses waarop dit steun “onomkeerbaar”, of “onomkeerbare hervorming” te noem nie. Dit is gewoon die werking van die demokratiese politieke prosesse.
  3. Die voorwaardes wat die buiteland en die ANC stel vir die opheffing van sanksies, sluit onder andere die eis in dat die hervormings in Suid-Afri­ka eers onomkeerbaar moet wees. Die Regering het by herhaling bevestig dat hy die hervormings onomkeerbaar wil maak, en dat hy hom daar­toe verbind het dat dit onomkeerbaar moet wees. Die eis en die versekerings van die Regering is totaal onsinnig indien dit slegs beteken dat die huidige grondwet verander sal word, selfs al kom daar ’n regse bewind.

Dit is tog duidelik dat die buiteland en die ANC net dit onder “onom­keerbare hervorming” verstaan wat elke regdenkende mens daaronder verstaan: hervorming wat die afskaffing van apartheid tot op die punt voer dat dit nie weer herstel kan word nie.

  1. Omdat “onomkeerbare hervorming” niks anders beteken nie as die proses om te verseker dat ’n een mens, een stem-Swart kommunistiese re­gering onherroeplik die mag oorneem, en dat die afsonderlikheid en onafhanklikheid van die Blanke, spesifiek die Afrikaner, sonder moontlike herstel vernietig word, is die versekering van die Staatspresident dat ’n re­ferendum of verkiesing aan die einde van sy hervormingspad gehou sal word, ’n leë soethouertjie.

Watter sin sal so ’n referendum of verkiesing hê, as die Staatspresident hom reeds verbind het om sy hervorming onomkeerbaar te maak? Dit is tog duidelik dat die “onomkeerbare hervorming” bedoel is om die Afri­kaner voor ’n voldonge feit te stel; ’n feit waaraan selfs ’n ondubbelsinnige “nee!” in ’n referendum nie moet kan verander nie.

Die Staatspresident het ook na ’n onderhandelingstyl van sy eie verwys waarin daar nie ’n minimum ononderhandelbare sake geidentifiseer word nie, en waarin die eise aan die ander onderhandelingsvennote nie uitgespel word nie. Na ’n styl waarin dit wel gedoen word, het hy verwys as ’n “dom onderhandelingstyl”.

Sonder om oor stylverskille met mekaar te redekawel, het die voorbeeld wat die Staatspresident self gebruik het, op die onontkombaarheid daarvan gewys dat in eerlike onderhandeling die terme waaroor en waarvoor onderhandel moet word, duidelik uitgespel moet word. Dit moet nie net in die eie gemoed nie, maar ook vir die kennisname van al die betrokkenes, direk en indirek, uitgespel word. Die enigste ander moontlikheid as hierdie “dom onderhandelingstyl” is die “swendelaarsonderhandelingstyl”. Dit is die styl wat in die volksgeheue onlosmaaklik verbind is met die sogenaamde kubuskultuur enkele jare gelede. Daar is mense aangemoedig om groot bedrae geld te belê in die kweek van “melkkulture”, met die herhaalde versekering dat die man(ne) aan die roer ’n plan het met die goed. Hoe meer gevra is na die terme van die ooreenkomste wat hulle het, hoe meer is die mense verseker dat hulle nie bekommerd moet wees nie, alles is wel met die saak. Besonderhede kan net nie uitgelap word nie, want dan kan alles verongeluk. Op sterkte van die onderhande­lingstyl is mense gruwelik verkul en talle finansiëel verongeluk.

Die Staatspresident behoort ten minste daarvan kennis te neem dat sy onderhandelingstyl nie by mense vertroue inboesem nie. Dit wek trouens die indruk dat hy of nie ’n plan het nie, of dat hy weet sy plan sal sy eie mense of sy onderhandelingsvennote van hom vervreem, of hy werk volgens ’n geheime agenda in belang van ander partye as die wat in die onderhandelings geraak word.

Waar daar nog in Maart 1990 deur dr. Gerrit Viljoen te kenne gegee is dat minderheidsgroepe in terme van ras geidentifiseer sou word met die oog op beskerming van hulle regte, is enkele maande later deur mnr. FW de Klerk aangekondig dat die Wet op Bevolkingsregistrasie herroep sou word, sodat rasseklassifikasie daarmee sou verval. En kort na die gesprek met mnr. De Klerk kon hy in ’n TV-onderhoud nie sê hoe “minderheids­groepe” saamgestel sou word en ook nie op watter manier hulle beskerm sou word nie!

Vervolg...

U soek na?

  • HOU VAKANSIE IN MOSSELBAAI !

    Baie netjiese vakansie-akkommodasie in Fraai Uitsig, Kleinbrakrivier, Mosselbaai Munisipaliteit. Twee kilometer vanaf Kleinbrak en Tergniet se swemstrande en ongeveer 10 kilometer vanaf Hartenbosch. Pick n Pay binne loopafstand.
    Kliek hier vir volledige inligting en foto's: OPSOEK NA BEHUISING VIR VAKANSIE?
     
    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________
     
    SKAARS BOEKE TE KOOP
    C J LANGENHOVEN 16 VOLUMES
    FAK-SANGBUNDEL 1 VOLUME
    Hierdie 16 volume Langenhoven-stel is 'n goedopgepaste kosbare versamelstuk. Dit beslaan die volledige inhoud van Langenhoven se bundels soos Sonde met die Bure; Loeloeraai; Herrie op die ou Tremspoor; Doppers en Filistyne; en al die kosbare stories uit die pen van Langenhoven.
    Die FAK-sangbundel is ook in goeie toestand en kan saam of apart van die Langenhovenstel gekoop word.
    Eienaar moet na 'n kleiner woonplek verhuis en vra 'n redelike aanbod vir sy boeke.
    Die aanbevole waardasieprys vir die Langenhovenstel is R1600.00; en vir die FAK R100.00
    Koerierkoste sal bykomend wees.
    Kontak

    Chris Carstens

    Sel no 082 954 3383

    Epos adres

    chris.carstens

    @vodamail.co.za

    ___________
    DIGBUNDELS:
      'n Versameling van 4 elektroniese bundels - 226 gedigte @R350.00:  
    Vir alle navrae  skryf aan 
    Amanda
    @waterstrome.co.za
    Uittreksel uit:
    'n Nasie in Pyn:
    ...Saam sal die hele wêreld vir hulle bid.
    Saam sal ons met pyn in ons harte sit.
    Mag hulle berus in u wil
    Mag hulle voor U verstil.
    _________
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het  in gedrukte vorm verskyn. 
    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
    DIE
    VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
    Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

     

    U kan hierdie boek bestel by
    ds AE van den Berg
    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com
    Prys: R50-00

     
  • BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    ('n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 'n Nuwe Trek (Exclusive Books) Prys: ZAR180

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is by http://tinyurl.com/lx9vrs8

    ... en loot.co.za dit verkoop teen R169 http://tinyurl.com/l26h6jl

    ... kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD


    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    JULIE 2013

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. 

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2 NOU BESKIKBAAR

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
    of skakel hom by
    074 967 5187


    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  • Kliek op DIE CHARISMATIESE GEVAAR om meer oor hierdie boek te wete te kom Lees verder...  
  • FILM OOR DR HF VERWOERD

    Kyk by hierdie skakel http://youtu.be/TcO3zPF8998

      na die kort film oor dr HF Verwoerd.   
    Dit kan ook direk bestel word by Riaan: +27823712682 of by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
     

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

 

'N BIETJIE LANGENHOVEN:

Ek sê nie al die suur mense is Fariseërs nie, maar naastenby al die Fariseërs is suur. In alle geval, solank hulle onthou om Fariseërs te wees. Want dis ook 'n inspanning.
Verbeel jou 'n wêreld sonder 'n skaterlag, sonder eens 'n glimlag. 'n Hemel op aarde, sal die Fariseër sê. Uit so 'n hemel sou ek wou wegloop hel toe.

Die man wat ek na soek, is nie dié wat die minste foute maak nie, maar dié wat die meeste foute régmaak.

Slaap laat solank as jy jou eie baas is en daar sal 'n tyd kom wanneer 'n 'n baas jou sal laat vroeg opstaan.

Ontydige vlyt is die merk van die luiaard. Dis sy verskoning vir ontydige rus.

Ons reken ons geluk vir ons loon en ons straf vir ons ongeluk.

Welvaart is die  dogter van matigheid en die moeder van weelde.

My swaarste pad trap ek self vir my plat, en die swaarste is die wat my voete nooit vat.

Daar is geen kuns by sukkel en geen sukkel by kuns.

Die boer wat nie saai nie sal nie misoeste kry nie, maar hy sal geen goeie ook kry nie.

Het die daeraad lief en die dag sal jóu liefhê.

'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie.

Dis die flukse perd wat flou word. Meer moeite as wat die vlytige het vir sy loon, het die luiaard verniet.

Op die ou end werk die vlytige man vir homself, die luiaard vir 'n ander.

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Kla net oor jou kooi as dit 'n ander is wat dit vir jou opgemaak het.

Hoe korter jy jou kuier maak, hoe gouer sal jy weer genooi word.

Om my naaste lief te hê is vir my 'n sware gebod. Met die mense daargunter kry ek dit nog op 'n manier reg.

Jy sê "ja" waar jy moes "nee" gesêhet omdat jy die ander nie wil aanstoot gee nie. Maar eken hoe het hy jou aanstoot gegee met sy versoek!

Aan 'n nuwe wa kan jy sien of dit 'n goeie skilder was; aan 'n oue of dit goeie wamaker was.

Trek liewer vir jou vriend jou broek uit as om vir hom vir 'n baadjie borg te staan. Anders loop julle naderhand albei nakend.

Die vriendskap wat jy moet koop is 'n duur artikel. Jy sal nie weer jou prys kry as jy dit van die hand wil sit nie.

Moenie vriendskap en besigheid meng nie – jy bederf albei.

'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie.

Maak jou vriendelikheid goedkoop en hou jou vriendskap duur.

Moenie jou vriend vergeet nie; dit sal hom seermaak. Maak jou vyand daarmee seer.

'n Skare is 'n versameling van eensames.

Stuur die luiaard na die miere, en as hy nie te lui is om te gaan nie sal hy te lui wees om weer terug te kom.

Dis net so moeilik om maklikheid in die ou wêreld te kry as wat dit maklik is om moeilikheid te kry.

Waardeer die werk van jou vrou. Jy kan nie op die aarde 'n ander kneg kry vir dieselfde diens en dieselfde prys nie.

Met spaarsaamheid sal jy uit die kleinste inkomste iets oorhou; met verkwistery sal die grootste vir jou te min wees.

Besorg jou eie boodskap en reken die moeite teen dit wat die misverstand jou sou gekos het.

Het die ryk man nodig om so suinig te wees? Maar hy is nie 'n ryk man wat suinig geword het nie; hy is 'n suinige man wat ryk geword het.

Help jou swakke mededinger op die bene bly.  As hy tot niet gaan, kom daar dalk 'n sterke in sy plek.

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES (7)

(Lees die reeks by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

  • Die adderbyt van naberou is verskriklik (Naberou is ontstellend.)
  • Hy het hom in 'n addergebroedesel begewe (Hy was tussen 'n groep nydige, aanvallende mense.)
  • Sy het hom adieu toegeroep (Sy het vaarwel gesê.)
  • 'n Adres van adhesie is 'n geskrif waarin instemming betuig word met 'n versoek.
  • Jy is nou by die verkeerde adres (Jy soek die oorsaak van die kwaad by die verkeerde persoon.)
  • Dit was advokatery (Dit was regskundige uitoorlêery.)
  • Hy sal die werk weer afbroddel. (Hy sal knoeiwerk of slordige werk verrig.)
  • Sy wil elke takie afbrom (Sy kla die hele tyd terwyl sy werk.)
  • Jy kan nou maar afdans (Jy kan nou maar skoert.)
  • Moet hom nie op sy verdienste afdwing nie (Moet hom nie verkleineer nie.)
  • Die ou werkie draf ek gou af (Ek sal dit sommer gou afhandel.)
  • Hulle wil die rusie afdrink (Hulle wil vrede maak.)
  • Sy het soms baie affêrinkies (Sy is dikwels vol nukke en nonsens.)
  • Hy sal wel weer geld van haar affutsel (Hy sal dit op 'n oneerlike manier van haar kry.)
  • Daar kan niks van afgaan nie (Dit kan nie ontken word nie.)
  • Hy sal 'n afgehekste loesing kry ('n deeglike pak slae.)
  • Sy is 'n afgelekte meisie (Sy het al baie kêrels gehad.)
  • Jy lyk so afgesak (Jy lyk baie moeg.)
  • Hy het afgetop gelyk (Hy het verleë gelyk.)
  • As jy iets van hom wil hê sal jy dit moet afgoël (Hy is so suinig!)
  • So 'n afhaler is onnodig ('n Onnodige belediging.)
  • As dit afhang moet ons dit maar opbind (Skertsend wanneer iemand gedurig begin met "Dit hang af..."
  • Na elke partytjie is hy babalaas ( dan ly hy aan die gevolge van te veel alkohol).
  • Daar was 'n Babelse gegons van stemme (Almal het gelyktydig gepraat).
  • Dit was 'n Babelse verwarring (Dit was baie deurmekaar).
  • Hy sal weer mooi broodjies kom bak (Hy sal kom vlei en mooipraat om sy doel te bereik),
  • Hulle eet nie uit een bak nie (Hulle is nie vriende nie).
  • Sy het hom 'n bak gewys (Sy het hom onvriendelik tereggewys).
  • Gou by die bak maar lui by die vak (Hy is eerste daar waar iets te ete is maar traag as hy moet werk).
  • Hy maak sy hande bak (Hy kom bedel iets).
  • Ons moes bak staan (Ons moes hard werk).
  • Dit was sommer 'n bakerpraatjie (Dit was 'n skinderstorie).
  • Jerusalem is die bakermat van die Christelike Kerk ( Dis waar dit begin het. 'n Bakermat was 'n mandjie waarin die baker – die vrou wat 'n pasgebore baba versorg het – die kindjie op haar skoot voor die vuur versorg het).

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1314 gaste aanlyn