Nuutste bydraes

GEDAGTES VIR ELKE DAG

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons vra God in ons gebede soos Hy ons geleer het dat ons vergeef sal word, soos diegene vergewe wat teen ons oortree – nie omdat ons in staat is om die skuld van 'n vergryp of belediging te vergewe nie – maar net dat ons toorn, haat en wraaksug vrywilliglik uit ons hart verband kan word.

DIE NUWE SUID-AFRIKA (7)

Lees reeks by Die Nuwe Suid-Afrika (1990 en verder)

Die beginsels van apartheid

IN ’n een-rassige, homogene bevolking word die onderlinge verhoudings tussen mense gereël deur die gebruiklike, natuurlike, algemene voorskrifte, tradisies en ongeskrewe wette. Hierdie ongeskrewe wette en tradisies is self-ontwikkeld en self-opgelegd vanuit so ’n gemeenskap.

Die mense van Japan het byvoorbeeld nie wette nodig om rasse-verbastering te verhoed nie. In ’n veelrassige, plurale bevolking bestaan daar egter geen self-opgelegde wette en tradisies nie. Daarom kan onderlinge verhoudings in ’n land soos Suid-Afrika deur statutêre bepalings van ’n oppergesag nooit almal tevrede stel nie weens die uiteenlopendheid van die belange en die verwagtings en behoeftes van die verskillende groepe.

Sulke verskillende rassegroepe binne dieselfde staat en grondgebied behels teenstellende idees en ideale van wat ’n land of ’n staat moet wees. Elke etniese groep in ’n land soos Suid-Afrika het sy eie onderskeidende kultuur, sy eie unieke beskouing van wat reg en moreel en behoorlik is. Daarom is dit onmoontlik om ’n gemene deler te vind vir al sulke groepe.

In so ’n bevolking — dit kan nie ’n samelewing genoem word nie — ontbreek ’n sentrale idee. ’n Hoë graad van onnatuurlikheid en onstabiliteit, gepaard met gedurige wrywing en botsing is aanwesig. Dit is waarom ’n oppergesag die orde moet handhaaf deur wette, in plaas van natuurlik-ontwikkelde tradisies en ongeskrewe reëls.

Nie een nasie

Daarom het ons apartheidswette nodig in Suid-Afrika. Dit is on­moontlik om so ’n veelheid van etniese groepe en so ’n verskeidenheid van bevolkingsgroepe in ’n land te regeer sonder wette om die onderlinge verhoudings te reël. Ons is nie een volk nie, soos beweer word. Daar is in Suid-Afrika nie ’n volk met wie almal in die land hulle kan identifiseer nie en daar is nie ’n nasionale gevoel van geroepenheid en bestemming nie. En “’n nasie van minderhede” is geen nasie nie. Dit is ’n onintegreerbare samevoeging van teenstellings.

’n Volk is ’n verbluffende verskynsel: jy behoort daaraan of jy behoort nie daaraan nie. Net jy weet of jy daaraan behoort. Elkeen in Suid-Afri­ka, Blanke, Kleurling, Indiër of Swarte, weet hy behoort nie aan dieself­de volk of groep waaraan die ander behoort nie. Elkeen het sy eie sentrum van invloed en mag en begeestering.

So ’n bevolking, so ’n anti-nasionale pluraliteit, skep deur sy eie pogings om die uiteenlopende rasse en kulture te verenig onder ’n abstrakte idee ’n huis wat in homself verdeeld is en nie kan staan nie. Pogings om sulke uiteenlopende groepe mense saam te bind in ’n enkele struktuur moet misluk, omdat dit geen duursaamheid het nie weens die onderlinge botsings en wrywing. Die hele geskiedenis van Afrika asook daarbuite het dit duidelik getoon. Geen grondwet bestaan wat sulke uiteenlopende groepe bymekaar kan hou nie.

Die beginsels

Om die ingeboude verdeeldheid uit te skakel — soos wat die huidige regering in Suid-Afrika probeer doen (1990) —moet noodwendig gestreef word na die uitwissing van verskille. Verskille moet platgeskaaf word en die rasseverskeidenheid moet gelyk gemaak word. Mense moet net as individue behandel word, soos ’n menseregte-akte probeer doen.

Die fiksie wat deur die liberaliste en die Kommuniste versprei word dat die mens net ’n individu is, is verwarrend. Die mens is nie net ’n individu nie. Elke mens is van voor sy geboorte ingebind in ’n gesin, ’n familie, ’n gemeenskap, ’n volk en ’n ras. Die mens kom nie in die wêreld sonder bande nie; gesin, familie, gemeenskap, volk en ras bind hom en gee aan hom ’n identiteit. Elke mens deel sy gemeenskap se verlede en toekomsverwagtings met sy gemeenskap.

’n Mens kan al sy hoedanighede soos taal, godsdiens, kultuur en vaderland aflê; hy kan sy vaderland verlaat, hy kan sy taal verleer, hy kan sy godsdiens verander. Een eienskap kan hy egter nie verander nie: sy rasse-afkoms. Dit is die stempel wat God op hom geplaas het. Hy kan maak wat hy wil, hy bly Witman, Swartman of Bruinman. Sy rasse-identiteit kan hy nooit verander nie.

Ras is hoofonderskeiding

Ras is die hoofkenmerk wat mensegroepe van mekaar onderskei.

In ’n grondgebied waar sulke uiteenlopende rasse-groepe mekaar ontmoet, is die kontak nie werklik sosiaal nie. Die sigbare verskil in voorkoms verteenwoordig afstand. Die kenmerke wat twee rasse-groepe van mekaar onderskei, bestempe! hulle as wesens van verskillende morele ordes. Daarom vind daar tussen lede van sulke verskillende rasse nooit werklike sosiale kontak plaas, soos tussen mense van dieselfde ras nie.

Dit is die feite van die samelewing in Suid-Afrika; dit is die basis waarop die beleid van apartheid geformuleer is.

Ondanks al hierdie feite is daar die menseregtevoorstanders wat beweer dat rasseverskille nie belangrik is nie en gelyk gestoot of gelgnoreer kan word nie.

Hulle sê ook dat die mensheid ’n eenheid is. Maar die mensheid is nie ’n eenheid nie; dit is ’n verskeidenheid wat nie weggewens of weggeredeneer kan word nie.

’n Verdere bewering wat gemaak word, is dat rasseskeiding onmenslik is. Rasseskeiding is nie onmenslik nie, want rasse het vir duisende geslagte geskei en afsonderlik geleef. Hulle het so ontstaan en ontwikkel volgens die Skeppingsorde. Dit is onmenslik en onnatuurlik om rasse saam te gooi en deurmekaar te gooi. Dit loop teen die werklikheid en die geskiedenis van die mensheid.

Sommige kerklui en akademici benader rasseprobleme vanuit ’n etiese en morele oogpunt. Nou moet daar gesê word: rasseverskille is nie ’n saak van moraliteit nie, maar van werklikheid en wetenskap. Wanneer moraliteit en etiek by rasseverskille ter sprake gebring word, word ’n toestand gou-gou bereik waar besluite onmoontlik is. Rasse en persone wat aan verskillende rasse behoort, word geëien aan hulle gelaatstrekke en voorkoms, nie aan hulle morele hoedanighede of intelligensie nie. Rasbewustheid is veranker in die waameming van ’n ander ras se voorkoms. Omdat die Swarte anders is as die Blanke, en dit met die blote oog waargeneem kan word, het die Blanke ’n bewustheid van die verskil tussen hom en die Swarte.

Elke ras dra in homself die beeld van sy eie skoonheid. Daarom sal ’n Witman, as hy normaal is, met ’n Wit vrou trou. Sy is die draer van die beeld van sy ras se skoonheid. Dit is ’n wet wat hy nie kan verklaar nie, maar waarvan hy ook nooit kan loskom nie. Alle ander rasse is vir horn esteties minder aantreklik as sy eie. Rasbewustheid is dus primer ’n estetiese voorkeur vir die eie en ’n teensinnigheid vir ander rasse.

Hierdie estetiese voorkeur vir die eie ras kom veral tot uiting by die keuse van ’n huweliksmaat, waar dit byna ’n tirannieke mag is wat ’n persoon laat wil om voort te plant volgens die beeld van sy of haar ras se skoonheid.

Voorkeur

Hieruit vloei logieserwys voort dat diegene wat aan ’n bepaalde ras be­hoort, voorkeur het vir hulle rasgenote op grond van hierdie ingewing. Die voorkeur wat hulle het vir hul eie ras beteken dat hulle minder hou van ’n ander ras en dat as hulle moet kies, hulle hul eie ras kies en diskrimineer teen ’n ander ras.

Diskriminasie en voorkeur is heeltemal onafskeidbaar; elke voorkeur wat vir die eie uitgeoefen word, is diskiminasie teen ander. As ’n volk sy voorkeur prysgee, kan niks hom beskerm nie, want dit is deur voorkeur vir sy eie wat hy in staat gestel word om sy eie te beskerm.

Voorkeur vir die eie is die eerste beginsel van die nasionalisme. Die nasionalisme is niks as dit nie die reg op voorkeur vir die eie is nie.

Die teensinnigheid vir ander rasse skep die begeerte tot skeiding, tot eksklusiwiteit, tot die trek van grense om die eie te handhaaf en te be­skerm. Dit is die natuurlikste begeerte wat daar kan wees, maar dit word Afrikaners ten kwade gedui.

Die Afrikaner moet hom nie laat wysmaak dat skeiding om identiteit te handhaaf, verkeerd is nie — dit is sy reg.

Deur die beleid van apartheid het die Afrikaner die versperring in stand gehou waardeur verhoed is dat gelykmaking plaasvind, daarom die vyandigheid teen apartheid in sowel Suid-Afrika as die buiteland. Deur apartheid is die kulturele hoofstroom van die Blankes gehandhaaf en het die samelewing gesentreer om die kulturele belange van die Blankes. Die Blanke kern het leiding gegee op alle gebiede, terwyl die ander groepe hulle aan die rand van die Blanke samelewing bevind het — daaromheen gedraai het — maar nie binnegedring het nie.

Uit die aard van die saak sal etniese groepe wat voel dat hulle uitgesluit is, hulle nie vereenselwig met ’n kultuur soos die van die Blankes nie.

Dit is egter nie uitsonderlik nie. Dit is so oor die hele wêreld.

In Brittanje is daar ’n Indiese en Wes-Indiese bevolking wat hulle nie kan vereenselwig met die Engelse volk nie. Daarom is daar sporadiese rasse-onluste in Brittanje. Amerika probeer al vir meer as ’n eeu om sy Negerbevolking te integreer, maar slaag nie daarin nie, en die Neger is feitlik gedurig in opstand. Hy kan die Blanke kultuur nie aanvaar as sy eie nie.

Geen voordeel nie

Die Amerikaanse Neger, James Meredith, wat in die sestigerjare tot ’n Blanke universiteit in die VSA toegelaat is onder beskerming van 30 000 soldate, het in Februarie 1985 volgens The Washington Post gesê:

“Integrasie is ’n bedrogspul. Dit was ’n komplot van die liberaliste om Swart politieke steun vir hulle wilde idees te kry. Geen Swartman het voordeel getrek uit integrasie nie. Swartes is slegter daaraan toe as in enige ander tyd in die geskiedenis”.

Meredith maak ook die opsienbarende opmerking:

“Wit Amerikaners jonger as dertig jaar is meer rasbewus as Wittes ouer as vyftig. Dis omdat die jonger mense self te doen kry met die integrasieproses in die skole”.

By Medunsa naby Pretoria het Swart mediese studente aan die begin van 1986 klasse geboikot omdat ses Blanke studente hulle daar ingeskryf het. Hoe kan dit verklaar word behalwe dat daar geen versoening tussen die twee groepe is nie, omdat dit twee uiteenlopende en onversoenbare kulture verteenwoordig?

Kultuur sluit uit

’n Kultuur kan bekostig om vreemde etniese groepe aan sy rand uit te sluit. Die verlies van hulle verbondenheid is nie onontbeerlik vir ’n gesonde kultuur nie. Hulle het dit nie geskep nie en hulle het dit nie in stand gehou nie. Hulle kan niks bydra wat noodsaaklik is vir die voortbestaan van daardie kultuur nie. Daarteenoor kan ’n kultuur nie bekostig om die trou, verbondenheid en aktiewe deelname van sy kern — die oorspronklike skeppende etniese groep — te verloor nie. Dan gaan hy ten gronde.

Dit is waarteen die Nasionale Party se beleid van apartheid, van afsonderlike ontwikkeling, die versekering was. Die beleid van apartheid het die werklikheid erken dat waar vreemdsoortiges in ’n gedurige nabyheid van mekaar is en aan mekaar gewoond raak, daar ’n vermindering in die sensitiwiteit vir rasseverskille plaasvind. Die diskriminasie by die keuse van ’n seksuele vennoot neem af na gelang die eertydse teesinnigheid weggekalwe word. Daarom is die Wet op Gemengde Huwelike en die op ontug oor die kleurgrens aangeneem.

In ’n staat waar daar ’n gedurige bymekaar wees van verskillende rassegroepe en ’n onnatuurlike nabyheid van vreemdsoortiges is, word die ras-estetiese sensitiwiteit subtiel, byna onmerkbaar en onvoelbaar weggeslyt. Die intuïsie om effektief te onderskei by die keuse van ’n seksuele vennoot word geleidelik uitgedoof. Die rasse-grense vervaag en dit neig tot ineenvloeiing.

In ’n tegnologies ontwikkelde rasgemengde bevolking soos die in Suid-Afrika word afstomping van rasbewustheid verhaas deur die invloed van die media en die geleidelike verlaging van die ras-estetiese standaarde deur die herhaalde verskyning van anderrassiges in Blanke woonhuise deur middel van televisieprogramme en video-bande.

Rolprente en TV

Die ondermyners van die Blankes se posisie bevorder dit doelbewus, soos blyk uit die uitlatings van ’n sekere mnr. John Smithers, besturende direkteur van CIC MGM/UA Video.

“Rolprent- en video-verspreiders het ’n belangrike rol om te speel in Suid-Afrika ... Die vermaaklikheidsbedryf is in ’n magtige posisie om verandering te bevorder ... Wit kinders luister na Swart musiek, rolprentmaatskappye het ’n leidende rol gespeel in die oopstelling van teaters in die sentrale sakedele, en rolprente en TV wys hoe Swart en Wit kan saamwerk en ontspan. Ons moetsorg dat die proses volgehou en uitgebou word". (Kalender, Bylae tot Beeld, 20 Desember 1985). — ’n Uiters belangwekkende erkenning.

Die proses om die Blanke al meer bewus te maak van die sosiale teenwoordigheid van Nieblankes, word uiteindelik ’n mode. Waarom kan ander dit nie doen as die rolprentsterre dit doen nie? ’n Geneigdheid om te konformeer, om nie teen algemene gebruike te gaan en onplesierigheid te veroorsaak nie, bestaan maar by alle mense. Tegelyk ontstaan ’n stigmatisering van enigiemand wat nie in pas is met die proses van rassevermenging nie. ’n Onderdrukking van die gevoelens volg hierop.

Dubbele stelsel

In Suid-Afrika word ’n dubbele stelsel deur die Regering geskep: op sekere plekke is gemengde sosiale verkeer die gebruik, maar op ander word skeiding gehandhaaf. Die mens is egter so dat hy die maklikste weg volg; as dit makliker is om ’n mode te volg, doen mense dit. As dit inspanning verg, ontwikkel mense ’n weerstand. So ’n dubbele stelsel lei daartoe dat die weerstand al meer weggevreet word en dit die mode word om maar saam te gaan met die rassevermenging as die oënskynlik gemaklikste weg.

Die belangrikste gevolg van die NP se beleid van wegbeweeg van diskriminasie en die aftakeling van apartheid is ’n toenemende rassevermenging en rassegelykstelling. Almal het aanskou hoe dit vanaf sportgebied versprei het tot die sosiale gebied, ekonomiese gebied en politieke gebied. Wat mense nie besef het nie, is dat die Nasionale Party sy eerste afwykings op sportgebied gou nie meer kon isoleer nie. Reeds op 9 Mei 1977 het die NP van Transvaal in ’n advertensie in Die Transvaler verklaar: “Die sportbeleid van die Nasionale Party beliggaam die hele filosofie van die Party se algemene beleid”. (Mnr. FW de Klerk was die outeur as Inligtingsbeampte van die NP van Transvaal).

In die proses is die ekonomiese terrein moontlik die belangrikste, omdat as daarin geslaag word om mense dieselfde goedere te laat verbruik, hulle die aansien in gelyksoortigheid kry. Daarom is dit belangrik dat die NP al in 1978 by monde van mnr. John Vorster gesê het: “Die afskaffing van ongelykheid in ons sosiale en ekonomiese stelsel sal betekenisvolle opofferings met betrekking tot lewenstandaarde verg”.

Dit is ’n uiters betekenisvolle verklaring. Daarmee is die Nasionale Party amptelik verbind tot verwerping van apartheid en tot gelykstelling van Wit en Swart, sowel ekonomies as sosiaal, as die logiese eindpunt van die beleid van wegbeweeg van diskriminasie.

Die uitvoering van so ’n beleid vereis die miskenning van die ongelyk­heid van Wit en Swart, wat op ekonomiese gebied ’n bewese feit is. Nêrens in die wêreld en nog nooit in die geskiedenis kon ’n Swart samelewing op sy eie die lewenstandaard van ’n Blanke samelewing bereik nie, en as daar gelykmaking bewerkstellig word, moet dit geskied ten koste van die Blanke se lewenstandaard en met verkragting van alle ekono­miese wette.

Vryheid en gelykheid

FA Hayek, die Nobelpryswenner, het gesê: “Weens die feit dat mense baie verskillend is, volg dit dat as ons hulle gelyk behandel, die resultaat on­gelykheid in hulle werklike posisies is, en dat die enigste manier waarop hulle in ’n gelyke posisie gestel kan word, sal wees om hulle verskillend te behandel”.

Dit is die grondbeginsel van apartheid. Dit is die enigste manier waar­op sosiale geregtigheid gehandhaaf kan word.

Die onvermydelike gevolg van pogings tot gelykmaking is dat dwang gebruik word. In Brittanje is wette aangeneem teen “rassediskriminasie”, en in Nederland is dit ook reeds gedoen. Diskriminasie word in die Nederlandse wet omskryf as “elke vorm van onderskeid, elke uitsluiting, beperking of voorkeur...” Dit is klaarblyklik waar “wegbeweeg van diskriminasie” in Suid-Afrika ook moet eindig: gedwonge integrasie.

Die grootste vryheid en geregtigheid kan geniet word wanneer rasse van mekaar geskei is sodat elke persoon sy regte en voorregte binne sy gemeenskap het.

Die Amerikaanse president, Thomas Jefferson, wat in die vroeë deel van die negentiende eeu die filosofiese leier van die land was, het die probleem van Wit en Swart in een gemeenskaplike vaderland ingesien. “Die twee rasse, ewe vry”, het hy gesê, “kan nie in dieselfde regering leef nie. Aard, gewoonte, opvattings het onuitwisbare lyne van onderskeid tussen hulle getrek”.

Dat skeiding nie in die VSA plaasgevind het nie, het ontwikkel tot die VSA se knaendste probleem wat vertak na elke terrein van die samele­wing in die staat se werksaamheid.

Wat Suid-Afrika betref, was dit ’n Nederlander, die beroemde psigiater, prof. JH van den Berg, wat in 1980 die implikasies van gelykstelling raak ingesien en byna profeties geskets het..

“Deesdae”, het hy gesê, “is daar ’n neiging in Suid-Afrika om ook te sê alle mense is gelyk... U grawe u eie grafdeur te sê mense is gelyk, want hulle is nie. Gelykstelling maak van die Swartes terroriste. Daarom glo ek aan apartheid. U nooi die Swartes uit om u wolkekrabbers op te blaas deur hul­le hier toe te laat, verteenwoordiging te gee en te sê hulle is gelyk.

“U het al ver gegaan op die pad van gelykstelling. Dit is egter nog nie te laat nie. As Suid-Afrika kan wag, het hy baie te wen. Maar dan moet julle nie sag wees nie. ” (Die Volksblad, 15 April 1980)

Die laaste sin hierbo is sekerlik die sleutel tot die toekoms van Suid- Afrika: “Julle moet nie sag wees nie”.

Vervolg...


U soek na?

  • HOU VAKANSIE IN MOSSELBAAI !

    Baie netjiese vakansie-akkommodasie in Fraai Uitsig, Kleinbrakrivier, Mosselbaai Munisipaliteit. Twee kilometer vanaf Kleinbrak en Tergniet se swemstrande en ongeveer 10 kilometer vanaf Hartenbosch. Pick n Pay binne loopafstand.
    Kliek hier vir volledige inligting en foto's: OPSOEK NA BEHUISING VIR VAKANSIE?
     
    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________
     
    SKAARS BOEKE TE KOOP
    C J LANGENHOVEN 16 VOLUMES
    FAK-SANGBUNDEL 1 VOLUME
    Hierdie 16 volume Langenhoven-stel is 'n goedopgepaste kosbare versamelstuk. Dit beslaan die volledige inhoud van Langenhoven se bundels soos Sonde met die Bure; Loeloeraai; Herrie op die ou Tremspoor; Doppers en Filistyne; en al die kosbare stories uit die pen van Langenhoven.
    Die FAK-sangbundel is ook in goeie toestand en kan saam of apart van die Langenhovenstel gekoop word.
    Eienaar moet na 'n kleiner woonplek verhuis en vra 'n redelike aanbod vir sy boeke.
    Die aanbevole waardasieprys vir die Langenhovenstel is R1600.00; en vir die FAK R100.00
    Koerierkoste sal bykomend wees.
    Kontak

    Chris Carstens

    Sel no 082 954 3383

    Epos adres

    chris.carstens

    @vodamail.co.za

    ___________
    DIGBUNDELS:
      'n Versameling van 4 elektroniese bundels - 226 gedigte @R350.00:  
    Vir alle navrae  skryf aan 
    Amanda
    @waterstrome.co.za
    Uittreksel uit:
    'n Nasie in Pyn:
    ...Saam sal die hele wêreld vir hulle bid.
    Saam sal ons met pyn in ons harte sit.
    Mag hulle berus in u wil
    Mag hulle voor U verstil.
    _________
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het  in gedrukte vorm verskyn. 
    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
    DIE
    VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
    Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

     

    U kan hierdie boek bestel by
    ds AE van den Berg
    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com
    Prys: R50-00

     
  • BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    ('n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 'n Nuwe Trek (Exclusive Books) Prys: ZAR180

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is by http://tinyurl.com/lx9vrs8

    ... en loot.co.za dit verkoop teen R169 http://tinyurl.com/l26h6jl

    ... kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD


    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    JULIE 2013

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. 

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2 NOU BESKIKBAAR

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
    of skakel hom by
    074 967 5187


    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  • Kliek op DIE CHARISMATIESE GEVAAR om meer oor hierdie boek te wete te kom Lees verder...  
  • FILM OOR DR HF VERWOERD

    Kyk by hierdie skakel http://youtu.be/TcO3zPF8998

      na die kort film oor dr HF Verwoerd.   
    Dit kan ook direk bestel word by Riaan: +27823712682 of by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
     

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

 

'N BIETJIE LANGENHOVEN:

Ek sê nie al die suur mense is Fariseërs nie, maar naastenby al die Fariseërs is suur. In alle geval, solank hulle onthou om Fariseërs te wees. Want dis ook 'n inspanning.
Verbeel jou 'n wêreld sonder 'n skaterlag, sonder eens 'n glimlag. 'n Hemel op aarde, sal die Fariseër sê. Uit so 'n hemel sou ek wou wegloop hel toe.

Die man wat ek na soek, is nie dié wat die minste foute maak nie, maar dié wat die meeste foute régmaak.

Slaap laat solank as jy jou eie baas is en daar sal 'n tyd kom wanneer 'n 'n baas jou sal laat vroeg opstaan.

Ontydige vlyt is die merk van die luiaard. Dis sy verskoning vir ontydige rus.

Ons reken ons geluk vir ons loon en ons straf vir ons ongeluk.

Welvaart is die  dogter van matigheid en die moeder van weelde.

My swaarste pad trap ek self vir my plat, en die swaarste is die wat my voete nooit vat.

Daar is geen kuns by sukkel en geen sukkel by kuns.

Die boer wat nie saai nie sal nie misoeste kry nie, maar hy sal geen goeie ook kry nie.

Het die daeraad lief en die dag sal jóu liefhê.

'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie.

Dis die flukse perd wat flou word. Meer moeite as wat die vlytige het vir sy loon, het die luiaard verniet.

Op die ou end werk die vlytige man vir homself, die luiaard vir 'n ander.

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Kla net oor jou kooi as dit 'n ander is wat dit vir jou opgemaak het.

Hoe korter jy jou kuier maak, hoe gouer sal jy weer genooi word.

Om my naaste lief te hê is vir my 'n sware gebod. Met die mense daargunter kry ek dit nog op 'n manier reg.

Jy sê "ja" waar jy moes "nee" gesêhet omdat jy die ander nie wil aanstoot gee nie. Maar eken hoe het hy jou aanstoot gegee met sy versoek!

Aan 'n nuwe wa kan jy sien of dit 'n goeie skilder was; aan 'n oue of dit goeie wamaker was.

Trek liewer vir jou vriend jou broek uit as om vir hom vir 'n baadjie borg te staan. Anders loop julle naderhand albei nakend.

Die vriendskap wat jy moet koop is 'n duur artikel. Jy sal nie weer jou prys kry as jy dit van die hand wil sit nie.

Moenie vriendskap en besigheid meng nie – jy bederf albei.

'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie.

Maak jou vriendelikheid goedkoop en hou jou vriendskap duur.

Moenie jou vriend vergeet nie; dit sal hom seermaak. Maak jou vyand daarmee seer.

'n Skare is 'n versameling van eensames.

Stuur die luiaard na die miere, en as hy nie te lui is om te gaan nie sal hy te lui wees om weer terug te kom.

Dis net so moeilik om maklikheid in die ou wêreld te kry as wat dit maklik is om moeilikheid te kry.

Waardeer die werk van jou vrou. Jy kan nie op die aarde 'n ander kneg kry vir dieselfde diens en dieselfde prys nie.

Met spaarsaamheid sal jy uit die kleinste inkomste iets oorhou; met verkwistery sal die grootste vir jou te min wees.

Besorg jou eie boodskap en reken die moeite teen dit wat die misverstand jou sou gekos het.

Het die ryk man nodig om so suinig te wees? Maar hy is nie 'n ryk man wat suinig geword het nie; hy is 'n suinige man wat ryk geword het.

Help jou swakke mededinger op die bene bly.  As hy tot niet gaan, kom daar dalk 'n sterke in sy plek.

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES (7)

(Lees die reeks by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

  • Die adderbyt van naberou is verskriklik (Naberou is ontstellend.)
  • Hy het hom in 'n addergebroedesel begewe (Hy was tussen 'n groep nydige, aanvallende mense.)
  • Sy het hom adieu toegeroep (Sy het vaarwel gesê.)
  • 'n Adres van adhesie is 'n geskrif waarin instemming betuig word met 'n versoek.
  • Jy is nou by die verkeerde adres (Jy soek die oorsaak van die kwaad by die verkeerde persoon.)
  • Dit was advokatery (Dit was regskundige uitoorlêery.)
  • Hy sal die werk weer afbroddel. (Hy sal knoeiwerk of slordige werk verrig.)
  • Sy wil elke takie afbrom (Sy kla die hele tyd terwyl sy werk.)
  • Jy kan nou maar afdans (Jy kan nou maar skoert.)
  • Moet hom nie op sy verdienste afdwing nie (Moet hom nie verkleineer nie.)
  • Die ou werkie draf ek gou af (Ek sal dit sommer gou afhandel.)
  • Hulle wil die rusie afdrink (Hulle wil vrede maak.)
  • Sy het soms baie affêrinkies (Sy is dikwels vol nukke en nonsens.)
  • Hy sal wel weer geld van haar affutsel (Hy sal dit op 'n oneerlike manier van haar kry.)
  • Daar kan niks van afgaan nie (Dit kan nie ontken word nie.)
  • Hy sal 'n afgehekste loesing kry ('n deeglike pak slae.)
  • Sy is 'n afgelekte meisie (Sy het al baie kêrels gehad.)
  • Jy lyk so afgesak (Jy lyk baie moeg.)
  • Hy het afgetop gelyk (Hy het verleë gelyk.)
  • As jy iets van hom wil hê sal jy dit moet afgoël (Hy is so suinig!)
  • So 'n afhaler is onnodig ('n Onnodige belediging.)
  • As dit afhang moet ons dit maar opbind (Skertsend wanneer iemand gedurig begin met "Dit hang af..."
  • Na elke partytjie is hy babalaas ( dan ly hy aan die gevolge van te veel alkohol).
  • Daar was 'n Babelse gegons van stemme (Almal het gelyktydig gepraat).
  • Dit was 'n Babelse verwarring (Dit was baie deurmekaar).
  • Hy sal weer mooi broodjies kom bak (Hy sal kom vlei en mooipraat om sy doel te bereik),
  • Hulle eet nie uit een bak nie (Hulle is nie vriende nie).
  • Sy het hom 'n bak gewys (Sy het hom onvriendelik tereggewys).
  • Gou by die bak maar lui by die vak (Hy is eerste daar waar iets te ete is maar traag as hy moet werk).
  • Hy maak sy hande bak (Hy kom bedel iets).
  • Ons moes bak staan (Ons moes hard werk).
  • Dit was sommer 'n bakerpraatjie (Dit was 'n skinderstorie).
  • Jerusalem is die bakermat van die Christelike Kerk ( Dis waar dit begin het. 'n Bakermat was 'n mandjie waarin die baker – die vrou wat 'n pasgebore baba versorg het – die kindjie op haar skoot voor die vuur versorg het).

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2158 gaste aanlyn