Nuutste bydraes

GEDAGTES VIR ELKE DAG

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

As jy gedink het dat trane net negatief is, is dit tyd dat jy leer dit is God se manier om ons oë 'n slaggie skoon te was en deeglik uit te spoel sodat ons weer goed kan sien.

DIE NUWE SUID-AFRIKA (10)

Lees reeks by Die Nuwe Suid-Afrika (1990 en verder)

Menseregte-akte moet Swart regering onomkeerbaar maak

Die aandrang op “onomkeerbaarheid” van die staatsorde waarop afgestuur word, hou duidelik verband met die plan om ’n Akte van Menseregte in ’n nuwe grondwet in te skryf.

Hierdie aspek van die saak is wesenlik aan die beplanning van ’n stelsel waardeur teenstanders van ’n rasgemengde staat onder ’n Swart rege­ring magteloos gestel moet word.

Die inkorporering van ’n Handves van Menseregte in die Suid-Afrikaanse Grondwet word bepleit vanuit sekere regsakademiese kringe. Daar word aangevoer dat so ’n verklaring ’n doeltreffende wyse sal wees waar­op beskerming gebied kan word aan individuele regte van alle persone. So ’n verklaring, lui die argument, staan bokant die tydelikheid, veranderlikheid en onvoorspelbaarheid van politieke wisselinge. Derhalwe sal geen individu enige rede tot kommer oor die stand van sy regte hê nie, omdat watter regering ook al die bewind voer, hy aan die bepalings van die menseregtedeklarasie onderworpe sal wees en binne die beperkings daarvan sal moet optree.

Die Verklaring sal verhewe staan bo ander wette weens die onbuigsaamheid daarvan: ’n twee-derde of selfs groter meerderheid (of ’n sogenaamde konsensusbesluit) word vereis om die bepa­lings ongedaan te maak. Derhalwe is dit geïnsuleer teen sosio-politieke veranderinge, onaangetas deur magsverskuiwings en bied dit ’n klinkklare en permanente beskerming van regte.

Die politieke swakhede van voormelde argument is so duidelik dat dit byna geen kommentaar behoef nie. Om te dink dat ’n blote grondwetlike dokument in die pad kan staan van politieke magte wat dit wat in die dokument vervat is, wil vemietig, grens onteenseglik aan wensdenkery. Po­litieke magsvergryp word nie voorkom deur teoretiese verklarings nie,, maar deur teenoorstaande politieke magte wat mekaar bedwing en balanseer.

Parlement moenie soewerein wees

Wat wel aandag verg, is die denkpatroon inherent by diegene wat Deklarasies van Menseregte voorstaan.

Die fundamentele vertrekpunt van protagoniste van die idee is dat bepaalde politieke instellings, soos die Parlement (waarin ’n bepaalde poli­tieke party dominant is) tot elke prys nie soewereiniteit mag uitoefen nie. Parlementêre of soortgelyke vorme van politieke soewereiniteit mag nie die fondamentsteen van ’n konstitusionle bestel wees nie.

Wat in die plek daarvan gestel word, is die beginsel van regsoewereiniteit, wat kortliks soos volg moet fungeer: die grondwet moet die beginsel uiteensit waarvolgens politieke besluite geneem moet word; die grondwet moenie net die strukture en prosesse beskryf waarop die poli­tieke besluite geneem moet word nie, maar ook die ideologiese prinsipe vervat, as synde ’n maatstaf waarvolgens beslissings geneem word ; die grondwet moet derhalwe duidelik nie slegs die wyse nie, maar ook die po­litieke inhoud van besluite bepaal.

Die grondwet moet ook gekenmerk word deur die onbuigsame aard daarvan, wat inhou dat dit uiters moeilik vervang of gewysig kan word, sodat die voor-die-handliggende implikasies daarvan is dat toekomstige regerings, ongeag of hulle met die beginsels in die grondwet saamstem of nie, verplig sal wees om daaraan gehoor te gee, die grondwet synde dan ’n regsdokument wat voorgee dat aan regsbeginsels daarin vervat uitvoering gegee moet word. Regerings, wat normaalweg kragtens die beginsel van politieke soewereiniteit oppermagtig is, word nou gereduseer tot agente, stewig gebind aan die voorskrifte van die grondwet en verplig tot die nougesette uitvoering daarvan. Nie die regering nie, maar die reg regeer nou.

Hof speel politieke rol

Regsoewereiniteit se tweede komponent is dat die howe die bevoegdheid kry om die wetgewing van die regering te toets aan die hand van be­ginsels uiteengesit in die grondwet. Sou dit enigsins bots met die begin­sels, verklaar die hof dit eenvoudig ongeldig, sorg dat die grondwet stiptelik nagekom word en verhoed dat regerings sodoende inbreuk maak op die regsoewereiniteit. Die hof word derhalwe die finale politieke besluitnemer binne ’n “regsoewereine” bestel. Dikwels word dan ook voorgestel dat sodanige toetsbevoegdheid nie deur gewone gemeenregtelike howe nie, maar deur ’n spesiale konstitusionele hof uitgeoefen moet word.

Die idee van ’n Deklarasie van Menseregte wat deel van ’n grondwet uitmaak, is een verskyningsvorm van die gedagte van regsoewereiniteit, oftewel die “rule of law”. Die gedagte hier is dat die regte van individue in ’n dokument saamgevat moet word, duidelik uiteengesit moet word en derhalwe duidelik moet vasstaan sonder dat enige twyfel bestaan oor presies wat dit behels. Hierdie regte is dan eweneens verskans, en dit is spesifiek juis die regte waarvan regerings nougeset hulle hande moet afhou, en wat net so nougeset nagekom moet word deur die howe.

Die protagoniste van die beginsel van regsoewereiniteit argumenteer dat dit juis die reg is—en niks anders nie—wat hulle binne die politiek in swang wil sien. Die terminologie wat gebruik word, is ook regsterminolo- gie en die indruk wat geskep word, is dat sodanige Deklarasie van Mense­regte, soos trouens die hele idee van regsoewereiniteit, koud staan teenoor die politiek. Geen politiek ideologiese of morele idees word bevorder nie, nee, uitsluitlik die oppergesag van die reg.

Hierdie indruk wat sorgvuldig in stand gehou word en die ontkenning dat die “leerstuk” van regsoewereiniteit in ’n verklaring van regte enigiets anders as outentieke “reg” behels, kom egter onteenseglik neer op ’n stuk ooglopende intellektuele oneerlikheid.

In die eerste plek is dit opvallend dat ander soortgelyke deklarasies el­ders getuig van ’n onmiskenbare liberale inhoud. Hierdie deklarasies is ’n herkonstatering van die basiese liberale gelykheidsdogma, met sy eg universalistiese en egalitariese waardes en terminologie. Min of geen ruimte word vir pluraliteit gelaat nie en woorde soos volk, taal, ras en groep is vreemd aan sulke deklarasies.

In die tweede plek bestaan daar min of geen verskil van mening nie dat die hele “rule of law”gedagte gebore is uit ’n liberale filosofiese denkatmosfeer. Dit was naamlik die Engelse juris, Dicey, wat met die gedagte van “rule of law” bekendheid verwerf het. Hoewel hyself geen voorstander van Verklarings van Menseregte was nie, sluit sy gedagte na alles tog by die idees aan wat ten grondslag van sodanige deklarasies le in soverre as wat Dicey ook die reg as die soewereine instansie binne ’n politiek-grondwetlike sisteem voorstaan.

In die South African Law Journal van 1964 wys AS Matthews, destyds senior lektor in die regte aan die Universiteit van Natal, op die feit dat Di­cey inderdaad die bevordering van die liberalisme in grondwetlike verband bepleit het. Hy skryf onder meer; “He (Dicey) was not advocating the rule of any law, but the rule of law with a liberal content”, ’n End verder laat die skrywer hom soos volg uit: “It is also true that because Dicey advocated not the rule of any law but the rule of a liberal law the expression rule of law is not entirely appropriate to describe the doctrine”. En oor die onvermoë van Dicey om te besef dat hy hom in sy pleidooi vir ’n “rule of law” besig hou met ’n liberale “rule of law”, se Mathews:

Dicey’s weakness was not that he wore spectacleswe all dobut that he was unaware of his spectacles, or rather, less aware of them than he should have been”.

Aansluitende by hierdie betoog van Matthews moet kennis geneem word van regter FN Broome, voormalige Regter-president van Natal, se deurdagte toespraak voor die Instituut van Stadsklerke in Mei 1964. Die titel van sy toespraak was “Menseregte”, “Human Rights”.

Hy sê-- onder andere:

“Nie almal wat in Suid-Afrika oor menseregte praat, word deur sinistêre bedekte motiewe aangespoor nie. Die meeste van hulle is waarskynlik edelmoedige mense wat slegs die goeie vir hulle medemens begeer. Maar laat ons nogtans op ons hoede wees. Ons moet nie die growwefout begaan om te veronderstel dat elke liberaal ’n vermomde kommunis is nie, maar ons moet versigtig wees vir wat die President van ’n Amerikaanse universiteit onlangs ‘onondersoekte liberalisme’ genoem het en wat, na ek veronder­stel, vae, filosofiese liberalisme beteken wat geen verband met die praktiese werklikhede van die lewe het nie”.

Soos die Regskommissie se voorgestelde Menseregte-akte in Werkstuk 25 bevestig:

Die leerstelling van menseregte is niks anders as onondersoekte liberalisme in hierdie sin nie”.

Hiermee is die liberalisme en die universeël egalitariese inhoud van die “rule of law” doeltreffend blootgele.

Die protagoniste van die “rule of law” is dus inderdaad pleitbesorgers vir die liberale politiek.

Liberale dogma verskans

Na Dicey en met die ontwikkeling van die gedagte van regsoewereiniteit om ook tegelyk die idees van ’n onbuigsame grondwet, ’n Deklarasie van Menseregte en ’n toetsingsbevoegdheid van die howe te bevat, is die politiek nog dieper be tree. Hierdie stelling kan gesubstansieer word deur ’n beeld te kiy van hoe die grofldwetlikolitieke stelsel sou fungeer indien bogenoemde idees verwerklik sou word.

In so ’n stelsel sou die politieke beleidsrigtings van die politieke partye oorbodig wees of ten minste ’n groot mate aan tersaaklikheid inboet. Watter standpunt die regering ook al op die politieke spektrum inneem, vanaf verlinks tot verregs — hy sal verplig wees om die beginsel van die Deklarasie te gehoorsaam. So ’n regering sal aan die Deklarasie gebonde wees, ongeag of hy die beginsels daarvan voorstaan en ongeag of hy die meerderheidsteun van die kiesers geniet, al dan nie. Deur die onbuigsaamheid van die grondwet en die toetsingsbevoegdheid van die howe sal hy verplig word om die Deklarasie gestand te doen. Met die instel en verskansing van die Deklarasie word ’n eenmalige politieke oorwinning behaal. Hierna is liberale dogma en egalitariese beginsels in die posisie van regering: is dit permanent amptelike staatsbeleid. Diegene wat dus ’n liberale politieke standpunt huldig, se probleem is finaal opgelos. In plaas van gedurig aan die politieke stryd deel te neem en die risiko’s van politie­ke klimaatsveranderinge te trotseer, moet hulle nou slegs ’n enkele poli­tieke oor^vinning behaal en die nodige kontitusionele strukture daarstel. Sou die politieke klimaat verander en ’n groep aan die bewind kom wat die idees van die Deklarasie teenstaan en wil verander, word so ’n groep tot politieke magteloosheid gereduseer. Nieteenstaande hulle oorwin­ning en nieteenstaande hulle standpunt ten gunste van ’n ander politieke program is hulle steeds verplig om die liberale idees van die Deklarasie uit te voer.

Die voormelde konstitusionele wysigings wat voorgestaan word deur ondersteuners van ’n Deklarasie van Menseregte is derhalwe ’n politieke strategie wat wesenlik verskil van die patroon van politiek, byvoorbeeld die parlementere demokrasie. Na die konstitusionele veranderinge is die liberale gedagte vir alle praktiese doeleindes op vaste en permanente voet geplaas. Enige politieke misstappe van toekomstige regerings word eenvoudig deur die regbank — die hoofkwartier van die liberale idee — ongedaan gemaak deur dit aan die hand van die Deklarasie ongeldig te verklaar. Onaantasbare “reg” word dus gemaak van ’n paar politieke idees.

Wil verandering verhoed

Die ironie is duidelik. Die idee van regsoewereiniteit spring weg as ’n liberale gedagte, maar loop uiteindelik uit op ’n verstarde vorm van ondemokratiese totalitarisme en ’n dogmatiese konserwatisme wat probeer om as insulasie teen die fluktuasies van die geskiedenis te dien.

As dogmatiese konserwatisme probeer dit ’n enkele politieke oorwinning vir ’n idee wat juis eie aan ’n tydvak is, verewig asof dit wat in die Deklarasie vervat en in die konstitusie verskans is, vir altyd die gevoel van ’n veranderde gemeenskap en veranderde politieke magte weerspieel. In plaas van om gedurig deel te he aan die politieke stryd en so belange te be- vorder en te beskerm, word gepoog om deur die enkele politieke oorwinning finaal ’n utopië aan sekerheid te bewerkstellig en aan die onvoorspelbaarheid van die geskiedenis te ontsnap.

Vrees vir verandering is hier die voor-die-hand-liggend implikasie. Verandering moet voorkom word deur die eenmalige samevatting van politieke idees in ’n Deklarasie en die skep van konstitusionele instrumente om daaraan gevolg te gee.

Presies dieselfde beskuldiging as wat gewoonlik teen die Afrikaner gemaak word — dat hy homself angsvallig wil beskerm deur statutêre reëlings — kan ingebring word teen voorstanders van ’n Handves van Mense­regte. Sou daar enige angsvalligheid verbonde wees aan selfbe- skermende statutere maatreels, is die voorstanders van so ’n Deklarasie angsvallig in die oortreffende trap, want waar ’n gewone wet bloot deur ’n gewone parlementêre meerderheid verander kan word, word ’n veel groter meerderheid vereis vir die wysiging van ’n verskanste grondwet. Verder handel ’n wet net oor enkele sake, terwyl ’n Deklarasie van Mense­regte ’n omvattende dokument is wat fundamentele beginsels oor ’n wye veld bevat.

Ten spyte van waarskynlik heftige ontkennings staan die voorstanders van verskanste deklarasies ook vyandig teenoor die demokrasie. Geen ruimte word gelaat dat ander politieke magte wat op demokratiese wyse aan die bewind kom, die bepalings van die verskanste grondwet en dekla­rasie kan verander nie. Die meerderheid se wil kan ongedaan gemaak word, net solank daar ’n meerderheid iewers in die verre verlede daarvoor was toe die grondwet en die Deklarasie aanvaar is. Afhangende van perspektief kan hierdie toestand beskryf word as of ’n liberale meerderheidsregering uit die graf, of ’n klein liberale oligargie wat die septer swaai.

Dit is wat inderdaad in 1937 in die VSA gebeur het. Die destydse Roosevelt-regering wou wetgewing aanneem wat na die mening van die Amerikaanse Hooggeregshof gebots het met die verskanste grondwet. Die meriete van die Roosevelt-politiek daar gelaat, is dit ’n feit dat Roose­velt meerderheidsteun geniet het. Tog het die Hooggeregshof verskeie kere met ’n meerderheid van vyf teenoor vier die wetgewing ongeldig verklaar omdat dit volgens hulle met die grondwet gebots het. Die demokraties verkose Roosevelt-regering het hom vasgeloop teen ’n vorm van oli­gargie.

Hoewel protagoniste van verskanste grondwette en menseregverklarings hoog opgee oor die demokratiese waardes waaraan hulle getrou sou wees, bly hiervan dus weinig oor in die praktyk, meer nog, as daarop gelet word dat hulle nie op gelyke voet in gesprek tree met diegene wat hulle teenstaan en ander politieke standpunte huldig nie. In plaas daarvan word die liberale opinie in wetgewing opgeneem en met regsterminologie versier ten einde ’n hoër gesag daaraan te verleen. Benewens baie ander dinge is die beweging vanaf liberaal-egalitariese politieke dogma na ’n konstitusionele verklaring van menseregte ’n maneuver waardeur die liberale politikus politieke debat verruil vir juridiese uitspraak en waar­deur van teenspraak, wat eg deel van die politiek is, tot alleenspraak be- weeg word. In die proses word die opponent wat nie die liberale egalitarisme aanhang nie, gekriminaliseer, want nou verskil die opponent nie van liberale politiek nie, maar van die (liberale) “reg”.

Die oorsprong van verskanste konstitusionele waarborge, deklarasies van menseregte en dies meer is die fundametele liberale dogma. Dit loop egter uiteindelik uit op ’n selfbeskermende ongelykheid en ’n verwerping van die demokrasie.

Vervolg...

U soek na?

  • HOU VAKANSIE IN MOSSELBAAI !

    Baie netjiese vakansie-akkommodasie in Fraai Uitsig, Kleinbrakrivier, Mosselbaai Munisipaliteit. Twee kilometer vanaf Kleinbrak en Tergniet se swemstrande en ongeveer 10 kilometer vanaf Hartenbosch. Pick n Pay binne loopafstand.
    Kliek hier vir volledige inligting en foto's: OPSOEK NA BEHUISING VIR VAKANSIE?
     
    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________
     
    SKAARS BOEKE TE KOOP
    C J LANGENHOVEN 16 VOLUMES
    FAK-SANGBUNDEL 1 VOLUME
    Hierdie 16 volume Langenhoven-stel is 'n goedopgepaste kosbare versamelstuk. Dit beslaan die volledige inhoud van Langenhoven se bundels soos Sonde met die Bure; Loeloeraai; Herrie op die ou Tremspoor; Doppers en Filistyne; en al die kosbare stories uit die pen van Langenhoven.
    Die FAK-sangbundel is ook in goeie toestand en kan saam of apart van die Langenhovenstel gekoop word.
    Eienaar moet na 'n kleiner woonplek verhuis en vra 'n redelike aanbod vir sy boeke.
    Die aanbevole waardasieprys vir die Langenhovenstel is R1600.00; en vir die FAK R100.00
    Koerierkoste sal bykomend wees.
    Kontak

    Chris Carstens

    Sel no 082 954 3383

    Epos adres

    chris.carstens

    @vodamail.co.za

    ___________
    DIGBUNDELS:
      'n Versameling van 4 elektroniese bundels - 226 gedigte @R350.00:  
    Vir alle navrae  skryf aan 
    Amanda
    @waterstrome.co.za
    Uittreksel uit:
    'n Nasie in Pyn:
    ...Saam sal die hele wêreld vir hulle bid.
    Saam sal ons met pyn in ons harte sit.
    Mag hulle berus in u wil
    Mag hulle voor U verstil.
    _________
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het  in gedrukte vorm verskyn. 
    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
    DIE
    VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
    Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

     

    U kan hierdie boek bestel by
    ds AE van den Berg
    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com
    Prys: R50-00

     
  • BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    ('n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 'n Nuwe Trek (Exclusive Books) Prys: ZAR180

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is by http://tinyurl.com/lx9vrs8

    ... en loot.co.za dit verkoop teen R169 http://tinyurl.com/l26h6jl

    ... kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD


    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    JULIE 2013

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. 

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2 NOU BESKIKBAAR

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
    of skakel hom by
    074 967 5187


    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  • Kliek op DIE CHARISMATIESE GEVAAR om meer oor hierdie boek te wete te kom Lees verder...  
  • FILM OOR DR HF VERWOERD

    Kyk by hierdie skakel http://youtu.be/TcO3zPF8998

      na die kort film oor dr HF Verwoerd.   
    Dit kan ook direk bestel word by Riaan: +27823712682 of by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
     

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

 

'N BIETJIE LANGENHOVEN:

Ek sê nie al die suur mense is Fariseërs nie, maar naastenby al die Fariseërs is suur. In alle geval, solank hulle onthou om Fariseërs te wees. Want dis ook 'n inspanning.
Verbeel jou 'n wêreld sonder 'n skaterlag, sonder eens 'n glimlag. 'n Hemel op aarde, sal die Fariseër sê. Uit so 'n hemel sou ek wou wegloop hel toe.

Die man wat ek na soek, is nie dié wat die minste foute maak nie, maar dié wat die meeste foute régmaak.

Slaap laat solank as jy jou eie baas is en daar sal 'n tyd kom wanneer 'n 'n baas jou sal laat vroeg opstaan.

Ontydige vlyt is die merk van die luiaard. Dis sy verskoning vir ontydige rus.

Ons reken ons geluk vir ons loon en ons straf vir ons ongeluk.

Welvaart is die  dogter van matigheid en die moeder van weelde.

My swaarste pad trap ek self vir my plat, en die swaarste is die wat my voete nooit vat.

Daar is geen kuns by sukkel en geen sukkel by kuns.

Die boer wat nie saai nie sal nie misoeste kry nie, maar hy sal geen goeie ook kry nie.

Het die daeraad lief en die dag sal jóu liefhê.

'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie.

Dis die flukse perd wat flou word. Meer moeite as wat die vlytige het vir sy loon, het die luiaard verniet.

Op die ou end werk die vlytige man vir homself, die luiaard vir 'n ander.

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Kla net oor jou kooi as dit 'n ander is wat dit vir jou opgemaak het.

Hoe korter jy jou kuier maak, hoe gouer sal jy weer genooi word.

Om my naaste lief te hê is vir my 'n sware gebod. Met die mense daargunter kry ek dit nog op 'n manier reg.

Jy sê "ja" waar jy moes "nee" gesêhet omdat jy die ander nie wil aanstoot gee nie. Maar eken hoe het hy jou aanstoot gegee met sy versoek!

Aan 'n nuwe wa kan jy sien of dit 'n goeie skilder was; aan 'n oue of dit goeie wamaker was.

Trek liewer vir jou vriend jou broek uit as om vir hom vir 'n baadjie borg te staan. Anders loop julle naderhand albei nakend.

Die vriendskap wat jy moet koop is 'n duur artikel. Jy sal nie weer jou prys kry as jy dit van die hand wil sit nie.

Moenie vriendskap en besigheid meng nie – jy bederf albei.

'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie.

Maak jou vriendelikheid goedkoop en hou jou vriendskap duur.

Moenie jou vriend vergeet nie; dit sal hom seermaak. Maak jou vyand daarmee seer.

'n Skare is 'n versameling van eensames.

Stuur die luiaard na die miere, en as hy nie te lui is om te gaan nie sal hy te lui wees om weer terug te kom.

Dis net so moeilik om maklikheid in die ou wêreld te kry as wat dit maklik is om moeilikheid te kry.

Waardeer die werk van jou vrou. Jy kan nie op die aarde 'n ander kneg kry vir dieselfde diens en dieselfde prys nie.

Met spaarsaamheid sal jy uit die kleinste inkomste iets oorhou; met verkwistery sal die grootste vir jou te min wees.

Besorg jou eie boodskap en reken die moeite teen dit wat die misverstand jou sou gekos het.

Het die ryk man nodig om so suinig te wees? Maar hy is nie 'n ryk man wat suinig geword het nie; hy is 'n suinige man wat ryk geword het.

Help jou swakke mededinger op die bene bly.  As hy tot niet gaan, kom daar dalk 'n sterke in sy plek.

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES (7)

(Lees die reeks by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

  • Die adderbyt van naberou is verskriklik (Naberou is ontstellend.)
  • Hy het hom in 'n addergebroedesel begewe (Hy was tussen 'n groep nydige, aanvallende mense.)
  • Sy het hom adieu toegeroep (Sy het vaarwel gesê.)
  • 'n Adres van adhesie is 'n geskrif waarin instemming betuig word met 'n versoek.
  • Jy is nou by die verkeerde adres (Jy soek die oorsaak van die kwaad by die verkeerde persoon.)
  • Dit was advokatery (Dit was regskundige uitoorlêery.)
  • Hy sal die werk weer afbroddel. (Hy sal knoeiwerk of slordige werk verrig.)
  • Sy wil elke takie afbrom (Sy kla die hele tyd terwyl sy werk.)
  • Jy kan nou maar afdans (Jy kan nou maar skoert.)
  • Moet hom nie op sy verdienste afdwing nie (Moet hom nie verkleineer nie.)
  • Die ou werkie draf ek gou af (Ek sal dit sommer gou afhandel.)
  • Hulle wil die rusie afdrink (Hulle wil vrede maak.)
  • Sy het soms baie affêrinkies (Sy is dikwels vol nukke en nonsens.)
  • Hy sal wel weer geld van haar affutsel (Hy sal dit op 'n oneerlike manier van haar kry.)
  • Daar kan niks van afgaan nie (Dit kan nie ontken word nie.)
  • Hy sal 'n afgehekste loesing kry ('n deeglike pak slae.)
  • Sy is 'n afgelekte meisie (Sy het al baie kêrels gehad.)
  • Jy lyk so afgesak (Jy lyk baie moeg.)
  • Hy het afgetop gelyk (Hy het verleë gelyk.)
  • As jy iets van hom wil hê sal jy dit moet afgoël (Hy is so suinig!)
  • So 'n afhaler is onnodig ('n Onnodige belediging.)
  • As dit afhang moet ons dit maar opbind (Skertsend wanneer iemand gedurig begin met "Dit hang af..."
  • Na elke partytjie is hy babalaas ( dan ly hy aan die gevolge van te veel alkohol).
  • Daar was 'n Babelse gegons van stemme (Almal het gelyktydig gepraat).
  • Dit was 'n Babelse verwarring (Dit was baie deurmekaar).
  • Hy sal weer mooi broodjies kom bak (Hy sal kom vlei en mooipraat om sy doel te bereik),
  • Hulle eet nie uit een bak nie (Hulle is nie vriende nie).
  • Sy het hom 'n bak gewys (Sy het hom onvriendelik tereggewys).
  • Gou by die bak maar lui by die vak (Hy is eerste daar waar iets te ete is maar traag as hy moet werk).
  • Hy maak sy hande bak (Hy kom bedel iets).
  • Ons moes bak staan (Ons moes hard werk).
  • Dit was sommer 'n bakerpraatjie (Dit was 'n skinderstorie).
  • Jerusalem is die bakermat van die Christelike Kerk ( Dis waar dit begin het. 'n Bakermat was 'n mandjie waarin die baker – die vrou wat 'n pasgebore baba versorg het – die kindjie op haar skoot voor die vuur versorg het).

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2165 gaste aanlyn