Nuutste bydraes

GEDAGTES VIR ELKE DAG

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

As iemand jou 'n onreg aangedoen het en jy probeer hom terugkry –  daarom iets sleg aan hom terug te wil doen – dan is jy besig om in te meng met God se genade en vergifnis. As jy die saak nie in liefde kan skik nie, gee dit in gebed vir die Here en laat Hy dit op sy tyd hanteer sonder om Hom voor te skryf hoe, want jy het nie van beter geweet nie – Hy sal.

DIE NUWE SUID-AFRIKA (12)

Lees reeks by Die Nuwe Suid-Afrika (1990 en verder)

Vrae oor die sluipmoord op dr. HF Verwoerd

DIE sluipmoord op dr. HF Verwoerd op 6 September 1966 was in die Afrikanergeskiedenis net so ’n aardskokkende gebeurtenis as die Engelse Oorlog van 1899-1902.

In terugblik na twee-en-twintig jaar is daar baie onbeantwoorde vrae oor die ramp wat Suid-Afrika getref het; en sekere verwikkelings na dr. Verwoerd se dood val in ’n patroon wat nie anders kan as om agterdog te verdiep oor wat agter die moord was nie.

Was daar ’n beplanning dat dr. Verwoerd vermoor moes word om die Nasionale Party van sy beginsels af te kry, die party daardeur te laat skeur en die lewensmag wat tussen die Afrikanervolk en sy vyande gestaan het, te laat disintegreer?

Dit kan seker nie afgemaak word as toevallig nie dat dr. Verwoerd in September 1965 by Loskopdam standpunt ingeneem het teen rasgemengde besoekende sportspanne en dat die eerste beleidsverandering wat sy opvolger aangekondig het — hoe misleidend verbloemd ook al — juis hierdie standpuntstelling van dr. Verwoerd oor sport en buitelandse betrekkings was.

Net so is dit seker nie af te maak as toevallig nie dat dr. Verwoerd se weiering in 1965 om die bemanning van die Amerikaanse oorlogskip, In­dependence, onvoorwaardelik aan wal te laat gaan, in Oktober 1966 deur sy opvolger omgeswaai is in die geval van die Roosevelt, deur toe te stem tot al die Amerikaanse vereistes.

Die sluipmoord op dr. Verwoerd was dus die eerste voorwaarde vir ingrypende verandering van Suid-Afrika se buitelandse beleid, wat op sy beurt weer die verandering van binnelandse beleid ingelui het.

Beleid daarna vermoor

Die getuienis is dat dr. Verwoerd eers vermoor is en dat sy opvolger daarna sy beleid vermoor het. En die vraag is in watter mate daar ’n verband tussen die dinge is.

Dit is nodig om enigsins te kyk na die aard, die samestelling en die prestasies van die Nasionale Party voor 6 September 1966. Die party het in Maart 1966 ’n groot verkiesingsoorwinning behaal. Die VP was moedeloos geslaan, die PP (tans DP) was byna uitgewis, die Kommuniste was lamgeslaan weens die Rivonia-hofsaak en ander polisie-deurbrake, Suid- Afrika het in Julie 1966 die hofsaak oor Suidwes-Afrika beslissend gewen, Rhodesië het in sy losbreek van Brittanje, Suid-Afrika se volle steun geniet, Engelse het in hulle duisende gemene saak met Afrikaners gemaak teen die verraderlike Brits-Amerikaanse politiek in Suider-Afrika, en die Suid-Afrikaanse ekonomie het gegroei teen 6% per jaar, met ’n inflasie koers van minder as 2%.

Hierdie toedrag van sake was vir die vyande binne en buite Suid-Afrika ’n groot bedreiging. Die Afrikanervolk was besig om as die skeppende politieke mag in Suider-Afrika ’n bolwerk teen die linkse aanslae te word.

Dit herinner aan die toestande voor 1899 toe, veral in die opslag van Cecil Rhodes se betrokkendheid by die Jameson-inval, Engelse in groot getalle hulle by Afrikaners geskaar het en volgens JK Cope in Comrade Bill op grond van die feit aangevoer is dat daar ’n revolusie moet kom.

Soos pres. Kruger se beleid beëindig is deur die oorlogsgeweld, wat destyds mode was, is dr. Verwoerd se beleid beëindig deur die sluipgeweld wat deur die linkse politiek mode van ons tyd is. Die metodes het verskil, maar die motiewe, die oogmerke en die resultate is ooreenstemmend.

Begrafnisreëlings en ondersoek

Wat veral baie vrae laat ontstaan, is die optrede van die NP-leiding onmiddellik na die sluipmoord. Eerstens is daar die begrafnisreëlings. Dr. Verwoerd is die Dinsdagmiddag, 6 September, in Kaapstad vermoor. Inderhaas is die begrafnisreëlings vir die daaropvolgende Saterdag getref, met die verduideliking dat dit uit voorkomendheid teenoor die gesin so gou en so onemosioneel as moontlik afgehandel moes word.

As ’n mens kyk na die optrede van regerings in ander lande waar die regeringshoof vermoor is, is die teenstelling so groot dat dit skokkend is. In die geval van JF Kennedy in die VSA is die land in 1963 letterlik op horings geneem deur die dae lange emosionele publisiteit. Pas in Augustus 1988 is die Pakistanse regeringshoof, Zia, dood in ’n sabotasie van sy vliegtuig. Die begrafnis was ’n emosionele nasionale demonstrasie.

Waarom het byvoorbeeld in die geval van die dood van adv. Strijdom heelwat meer tyd tussen afsterwe en begrafnis verloop as in die geval van dr. Verwoerd — waar in laasgenoemde geval juis meer tyd gepas sou gewees het? Waarom is in die geval van adv. Strijdom se lyk ’n routrein van Kaapstad na Pretoria waar oral langs die roete rou betoon is, terwyl in die geval van dr. Verwoerd die lyk buite sig per vliegtuig na Pretoria vervoer is?

Hier was ’n gebeurtenis wat gelyk gestaan het met die terugbring van pres. Kruger se lyk uit Switzerland en wat tot een van die merkwaardigste en mees emosionele volksaamtrekke in die geskiedenis gelei het. Die verklaring dat dr. Verwoerd se begrafnis so gou moontlik afgehandel moes word ter wille van sy gesin, is nie geloofwaardig nie.

Binne die Nasionale Party was daar invloede aan die werk wat die omstandighede van dr. Verwoerd se dood so min aandag as moontlik wou laat geniet en daarmee saam dr. Verwoerd se nagedagtenis so veel as moontlik van sentiment en emosies wou stroop in die aanloop na die moord op sy beleid.

Die begrafnisreëlings is nie al wat bedenkings en vrae laat ontstaan nie. Die daaropvolgende gebeurtenisse is ewe bedenklik. ’n Eenmankommissie is aangestel om agter geslote deure getuienis aan te hoor oor die moord. Waarom ’n eenmankommissie oor so ’n allesoortreffende gruweldaad van die uiterste nasionale belang? En waarom agter geslote deu­re? Die rede is klaarblyklik dat die getuienis van party persone sterk gevoelens sou gaande gemaak het onder die publiek en dit is wat die NP-leiers wou verhoed.

Daarby sou uit openbare getuienis ook vrae onder die publiek ontstaan het oor die doen en late van diegene wat vir dr. Verwoerd se veiligheid verantwoordelik was, nadat daar reeds in 1960 ’n byna noodlottige aanslag op dr. Verwoerd se lewe was. Dat daar skromelik nalatigheid aan daardie kant was, is gemeenplaas.

’n Openbare ondersoek sou ook meer lig gewerp het op die getuienis waaraan die eenmankommissie in sy verslag baie karig aandag gegee het en gewis twyfel gewek het aan die wyse waarop hy sekere belangrike ge­tuienis afgemaak het.

Daar is byvoorbeeld die getuienis van mnr. Vercuiel, onder wie Tsafendas gewerk het, dat die aan hom gesê het: Jy is net soos jou verdomde (‘bloody’) regering. Ek sal jou nog kry. Ek sal ook julle Eerste Minister kry.

Die Kommissie bevind dat Vercuiel ’n gunstige indruk gemaak het. Dog, omdat Vercuiel in ’n skriftelike verklaring sê dat Tsafendas gesê het: Jy is net soos jou verdomde regering. Ek sal julle Eerste Minister nog doodmaak, is die Kommissie se bevinding dat die moontlikheid dat sy (Vercuiel se) geheue hom parte speel na so ’n lang tydsverloop, nie uitgesluit kan word nie.

Vercuiel se verklarings stem oor wesenlike aspekte ooreen, maar die Kommissie kyk daarby verby om die belangrike getuienis uit die weg te vee.

’n Tweede geval word enigsins ooreenstemmend behandel. Dit is die getuienis van ’n sekere mevrou Theron dat sy uit haar kantoor gesien het hoe Tsafendas die Kommunis, prokureur Roley Arenstein,se kantoor in Durban besoek het. Hieroor skryf die Kommissie: Mnr. Arenstein en sy tikster ontken dat Tsafendas hom ooit besoek het.

Daarmee word hierdie belangrike getuienis opgedoek: ’n Kommunis, vir wie se belange dit lewensnoodsaaklik was dat enige assosiasie met die moordenaar ontken moes word, word deur die Kommissie geglo ten koste van ’n persoon wat geen persoonlike belang by die saak gehad het nie. Op grond waarvan kan so ’n bevinding geregverdig word?

Moord drie dae tevore bespreek

’n Derde geval is die getuienis oor ’n gesprek wat drie dae voor die sluipmoord gevoer is tussen persone op die kaai en lede van die bemanning van die Griekse boot Eleni, wat in dieTafelbaaise dokke was vir herstelwerk, en waarop Tsafendas gereeld besoek afgelê het. Volgens die ge­tuienis het een van die bemanningslede aan ’n ander gesê dat dr. Ver­woerd dood is, en dit het gelei tot ’n navraag vanaf die boot by persone op die kaai. Die Kommissie bevind: “...daar is geen twyfel nie dat dr. Verwoerd se dood daardie oggend, drie dae vóór sy dood, gemeld is. Wat dit meer as toevallig maak, is die feit dat dit gesê is by die skip waar die man wat dr. Verwoerd om die lewe gebring het, byna veertig dae elke dag besoek afgelê het; waar hy ’n pistool gekoop en ’n mes probeer koop het, wat hy wou gebruik omvolgens ten minste een verklaring later deur hom gedoendr. Verwoerd mee dood te maak”.

Na al hierdie feite en getuienis sluit die kommisie sy ondersoek hieroor af met ’n enkele sinnetjie: “Die waarskynlikheid is dat dr. Verwoerd se dood nie toevallig by daardie skip ter sprake gekom het nie”. Dit is klaarblyklik. Maar as dit nie toevallig was nie, moes die ondersoek mos baie verder en dieper gegaan het. As dit nie toevallig was nie, was dit dan die gevolg van ’n beplanning waarvan kennis gedra is? Waarom is die getui­enis nie opgevolg nie?

Nog ’n vreemde verskynsel in die Kommissie se karige verslag is byvoorbeeld die behandeling van ’n verslag oor Tsafendas van die North Grafton State Hospital, waarin daar onder ander verklaar is: Hy het gemaak of hy geestelik siek is...” Dit is wat Tsafendas voor en na die sluip­moord ook gedoen het, maar die Kommissie bring dit nie in verband met mekaar nie.

Moordenaar was opgelei

’n Baie belangrike aspek is die wyse waarop dr. Verwoerd doodgesteek is. ’n Mediese dokter, dr. EL Fischer, ’n LV, het op die dag van die moord aan Die Vaderland verklaar: “Dit is duidelik dat die sluipmoordenaar opleiding moes ontvang het in die kuns om ’n mes te hanteer. Die mes het elke keer tussen die ribbes ingegly en dit is nie dwars hanteer soos ’n gewone messteker sou gedoen het nie”. Die Kommissie sê egter: “Die geneesheer, wat die nadoodse ondersoek gedoen het, het die Kommissie meegedeel dat daar geen grond bestaan vir die gerug wat die rondte gedoen het dat die wonde deur ’n deskundige mes­steker toegedien is nie”. 
Gerug! Dit is verbasend dat ’n regterlike kommissie hom van sulke taalgebruik bedien, te meer daar dit ook verwys na die waarneming van ’n medikus wat op die toneel was.  
Die Kommissie sê dan voorts dat hy “geleentheid gehad het om al die foto’s wat die plek en omvang van die wonde aantoon, te besigtig en gaan akkoord met hierdie mening”.
Ek het ook ’n foto van die lyk gesien, en dit is heeltemal duidelik dat Tsafendas die plekke met deskundigheid uitgekies en die steke met bedrewendheid uitgevoer het. In net veertien sekondes het hy vier steke met die dolk gegee en elkeen sou afsonderlik die dood veroorsaak het. Tsafendas was ongetwyfeld vir die daad geskool. Die eerste steek was na die hart, die tweede in die regterlong, die derde in die linkerskouer en die vierde in die linkerlong. Daar was geen amateuragtigheid in die daad nie — nog in spoed, nog in die presiesheid van die steke. Die kommissie se bevinding in die opsig is ongegrond en verwerplik. Die vraag is: waarom?  Wat net so ’n verstommende aspek is, is dat die Kommissie ’n hoofstuk wy aan: “Was daar medepligtiges?” Waar verwag kon word dat ’n grondige bespreking van al die feite eers sou plaasvind, is die tweede paragraaf van die hoofstuk: “Die Kommissie kon geen getuienis vind wat ’n bevinding dat daar mede­pligtiges was, kan regvedig nie. Die waarskynlikheid is dat dit die daad van Demitrio Tsafendas en van niemand anders nie, was. ” Dit is verbasend dat so ’n bevinding aangekondig word voordat enige getuienis aangebied is om dit te staaf.  Hierdie deel van die saak is juis van die uiterste belang in die lig van wat van die NP-beleid geword het na die sluipmoord op dr. Verwoerd. Tsafendas was die werktuig waardeur dr. Verwoerd uit die weg geruim is, maar was dit toevallig dat alles waarvoor dr. Verwoerd gestaan het, toe stuk vir stuk afgebreek is?   Is dit nie realisties om ’n verband te sien tussen die moord op dr. Ver­woerd en die moord op sy beginsel en beleid nie?  Die laaste woord oor die sluipmoord op dr. Verwoerd is nog nie gesê nie.

Kort voor die sluipmoord op dr. Verwoerd was ek saam met drie ander LV’s by dr. Verwoerd in sy kantoor oor die aanvalle wat veral deur Die Burger se redaksie, met behulp van die toenmalige Sap-LV, mnr. Japie Basson, op sekere NP-LV’s gemaak was. Dr. Verwoerd se woorde was: “Julle hoef nie daaraan te twyfel nie; ek besef dat die aanvalle eintlik op my gerig is”.

Vervolg...

U soek na?

  •  BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland het so dikwels navrae ontvang van lesers wat 'n behoefte aan die Bybel het, spesifiek die 1933/53-uitgawe. Soms het van ons ander lesers in hul behoefte kon voorsien wanneer ons navraag gedoen het.

    Nou is Gelofteland dankbaar om aan al ons lesers daardie Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    ___________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    _________

    HOU VAKANSIE IN MOSSELBAAI !

    Baie netjiese vakansie-akkommodasie in Fraai Uitsig, Kleinbrakrivier, Mosselbaai Munisipaliteit. Twee kilometer vanaf Kleinbrak en Tergniet se swemstrande en ongeveer 10 kilometer vanaf Hartenbosch. Pick n Pay binne loopafstand.
    Kliek hier vir volledige inligting en foto's: OPSOEK NA BEHUISING VIR VAKANSIE?
     
    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________
     
    SKAARS BOEKE TE KOOP
    C J LANGENHOVEN 16 VOLUMES
    FAK-SANGBUNDEL 1 VOLUME
    Hierdie 16 volume Langenhoven-stel is 'n goedopgepaste kosbare versamelstuk. Dit beslaan die volledige inhoud van Langenhoven se bundels soos Sonde met die Bure; Loeloeraai; Herrie op die ou Tremspoor; Doppers en Filistyne; en al die kosbare stories uit die pen van Langenhoven.
    Die FAK-sangbundel is ook in goeie toestand en kan saam of apart van die Langenhovenstel gekoop word.
    Eienaar moet na 'n kleiner woonplek verhuis en vra 'n redelike aanbod vir sy boeke.
    Die aanbevole waardasieprys vir die Langenhovenstel is R1600.00; en vir die FAK R100.00
    Koerierkoste sal bykomend wees.
    Kontak

    Chris Carstens

    Sel no 082 954 3383

    Epos adres

    chris.carstens

    @vodamail.co.za

    ___________
    DIGBUNDELS:
      'n Versameling van 4 elektroniese bundels - 226 gedigte @R350.00:  
    Vir alle navrae  skryf aan 
    Amanda
    @waterstrome.co.za
    Uittreksel uit:
    'n Nasie in Pyn:
    ...Saam sal die hele wêreld vir hulle bid.
    Saam sal ons met pyn in ons harte sit.
    Mag hulle berus in u wil
    Mag hulle voor U verstil.
    _________
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het  in gedrukte vorm verskyn. 
    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
    DIE
    VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
    Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

     

    U kan hierdie boek bestel by
    ds AE van den Berg
    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com
    Prys: R50-00

     
  • BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    ('n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 'n Nuwe Trek (Exclusive Books) Prys: ZAR180

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is by http://tinyurl.com/lx9vrs8

    ... en loot.co.za dit verkoop teen R169 http://tinyurl.com/l26h6jl

    ... kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD


    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    JULIE 2013

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. 

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2 NOU BESKIKBAAR

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
    of skakel hom by
    074 967 5187


    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  • Kliek op DIE CHARISMATIESE GEVAAR om meer oor hierdie boek te wete te kom Lees verder...  
  • FILM OOR DR HF VERWOERD

    Kyk by hierdie skakel http://youtu.be/TcO3zPF8998

      na die kort film oor dr HF Verwoerd.   
    Dit kan ook direk bestel word by Riaan: +27823712682 of by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
     

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

 

'N BIETJIE LANGENHOVEN:

Ek sê nie al die suur mense is Fariseërs nie, maar naastenby al die Fariseërs is suur. In alle geval, solank hulle onthou om Fariseërs te wees. Want dis ook 'n inspanning.
Verbeel jou 'n wêreld sonder 'n skaterlag, sonder eens 'n glimlag. 'n Hemel op aarde, sal die Fariseër sê. Uit so 'n hemel sou ek wou wegloop hel toe.

Die man wat ek na soek, is nie dié wat die minste foute maak nie, maar dié wat die meeste foute régmaak.

Slaap laat solank as jy jou eie baas is en daar sal 'n tyd kom wanneer 'n 'n baas jou sal laat vroeg opstaan.

Ontydige vlyt is die merk van die luiaard. Dis sy verskoning vir ontydige rus.

Ons reken ons geluk vir ons loon en ons straf vir ons ongeluk.

Welvaart is die  dogter van matigheid en die moeder van weelde.

My swaarste pad trap ek self vir my plat, en die swaarste is die wat my voete nooit vat.

Daar is geen kuns by sukkel en geen sukkel by kuns.

Die boer wat nie saai nie sal nie misoeste kry nie, maar hy sal geen goeie ook kry nie.

Het die daeraad lief en die dag sal jóu liefhê.

'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie.

Dis die flukse perd wat flou word. Meer moeite as wat die vlytige het vir sy loon, het die luiaard verniet.

Op die ou end werk die vlytige man vir homself, die luiaard vir 'n ander.

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Kla net oor jou kooi as dit 'n ander is wat dit vir jou opgemaak het.

Hoe korter jy jou kuier maak, hoe gouer sal jy weer genooi word.

Om my naaste lief te hê is vir my 'n sware gebod. Met die mense daargunter kry ek dit nog op 'n manier reg.

Jy sê "ja" waar jy moes "nee" gesêhet omdat jy die ander nie wil aanstoot gee nie. Maar eken hoe het hy jou aanstoot gegee met sy versoek!

Aan 'n nuwe wa kan jy sien of dit 'n goeie skilder was; aan 'n oue of dit goeie wamaker was.

Trek liewer vir jou vriend jou broek uit as om vir hom vir 'n baadjie borg te staan. Anders loop julle naderhand albei nakend.

Die vriendskap wat jy moet koop is 'n duur artikel. Jy sal nie weer jou prys kry as jy dit van die hand wil sit nie.

Moenie vriendskap en besigheid meng nie – jy bederf albei.

'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie.

Maak jou vriendelikheid goedkoop en hou jou vriendskap duur.

Moenie jou vriend vergeet nie; dit sal hom seermaak. Maak jou vyand daarmee seer.

'n Skare is 'n versameling van eensames.

Stuur die luiaard na die miere, en as hy nie te lui is om te gaan nie sal hy te lui wees om weer terug te kom.

Dis net so moeilik om maklikheid in die ou wêreld te kry as wat dit maklik is om moeilikheid te kry.

Waardeer die werk van jou vrou. Jy kan nie op die aarde 'n ander kneg kry vir dieselfde diens en dieselfde prys nie.

Met spaarsaamheid sal jy uit die kleinste inkomste iets oorhou; met verkwistery sal die grootste vir jou te min wees.

Besorg jou eie boodskap en reken die moeite teen dit wat die misverstand jou sou gekos het.

Het die ryk man nodig om so suinig te wees? Maar hy is nie 'n ryk man wat suinig geword het nie; hy is 'n suinige man wat ryk geword het.

Help jou swakke mededinger op die bene bly.  As hy tot niet gaan, kom daar dalk 'n sterke in sy plek.

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES (7)

(Lees die reeks by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

  • Die adderbyt van naberou is verskriklik (Naberou is ontstellend.)
  • Hy het hom in 'n addergebroedesel begewe (Hy was tussen 'n groep nydige, aanvallende mense.)
  • Sy het hom adieu toegeroep (Sy het vaarwel gesê.)
  • 'n Adres van adhesie is 'n geskrif waarin instemming betuig word met 'n versoek.
  • Jy is nou by die verkeerde adres (Jy soek die oorsaak van die kwaad by die verkeerde persoon.)
  • Dit was advokatery (Dit was regskundige uitoorlêery.)
  • Hy sal die werk weer afbroddel. (Hy sal knoeiwerk of slordige werk verrig.)
  • Sy wil elke takie afbrom (Sy kla die hele tyd terwyl sy werk.)
  • Jy kan nou maar afdans (Jy kan nou maar skoert.)
  • Moet hom nie op sy verdienste afdwing nie (Moet hom nie verkleineer nie.)
  • Die ou werkie draf ek gou af (Ek sal dit sommer gou afhandel.)
  • Hulle wil die rusie afdrink (Hulle wil vrede maak.)
  • Sy het soms baie affêrinkies (Sy is dikwels vol nukke en nonsens.)
  • Hy sal wel weer geld van haar affutsel (Hy sal dit op 'n oneerlike manier van haar kry.)
  • Daar kan niks van afgaan nie (Dit kan nie ontken word nie.)
  • Hy sal 'n afgehekste loesing kry ('n deeglike pak slae.)
  • Sy is 'n afgelekte meisie (Sy het al baie kêrels gehad.)
  • Jy lyk so afgesak (Jy lyk baie moeg.)
  • Hy het afgetop gelyk (Hy het verleë gelyk.)
  • As jy iets van hom wil hê sal jy dit moet afgoël (Hy is so suinig!)
  • So 'n afhaler is onnodig ('n Onnodige belediging.)
  • As dit afhang moet ons dit maar opbind (Skertsend wanneer iemand gedurig begin met "Dit hang af..."
  • Na elke partytjie is hy babalaas ( dan ly hy aan die gevolge van te veel alkohol).
  • Daar was 'n Babelse gegons van stemme (Almal het gelyktydig gepraat).
  • Dit was 'n Babelse verwarring (Dit was baie deurmekaar).
  • Hy sal weer mooi broodjies kom bak (Hy sal kom vlei en mooipraat om sy doel te bereik),
  • Hulle eet nie uit een bak nie (Hulle is nie vriende nie).
  • Sy het hom 'n bak gewys (Sy het hom onvriendelik tereggewys).
  • Gou by die bak maar lui by die vak (Hy is eerste daar waar iets te ete is maar traag as hy moet werk).
  • Hy maak sy hande bak (Hy kom bedel iets).
  • Ons moes bak staan (Ons moes hard werk).
  • Dit was sommer 'n bakerpraatjie (Dit was 'n skinderstorie).
  • Jerusalem is die bakermat van die Christelike Kerk ( Dis waar dit begin het. 'n Bakermat was 'n mandjie waarin die baker – die vrou wat 'n pasgebore baba versorg het – die kindjie op haar skoot voor die vuur versorg het).

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2031 gaste aanlyn