Nuutste bydraes

GEDAGTES VIR ELKE DAG

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Hoe duidelik waarsku Petrus nie oor die spotters wat ons vandag in ons geledere sien nie! In II Petrus 3 sê hy "Dit moet julle weet, dat daar aan die einde van die dae spotters sal kom wat volgens hulle eie begeerlikhede wandel." Ons sien daagliks hoe mense die Bybelse waarhede misbruik om hul eie ongeloof te regverdig en twyfel by ander te saai. Maar God het ons ook 'n skild gegee waarmee ons onsself kan beveilig hierteen naamlik om te bly leef in alle godsvrug en heiligheid om so gereed te wees vir die Wederkoms van die Here.

DIE NUWE SUID-AFRIKA (14)

Lees reeks by Die Nuwe Suid-Afrika (1990 en verder)

NG Kerk en Apartheid

DIE besluit van die NG Sinode dat ras as onderskeidingsfaktor by lidmaatskap in die ban gedoen word en tegelyk verklaar dat daar, anders as wat vroeër geïmpliseer is, geen Bybelse gronde vir apartheid bestaan nie, het ’n reaksie ontlok wat klaarblyklik nie verwag is nie. Wat die reaksie veral verhewig, is die Sinode se afleiding dat die NG Kerk vroeër die sake nie reg begryp het nie en daarom nou skuld moet bely.

Kerkleiers wat by die besluite ’n leidende rol gespeel het, wil graag te kenne gee dat die saak suiwer teologies oorweeg is en dat alleen onreg veroordeel is waar apartheid ter sprake was. Die standpunt is ’n ontwyking van die werklikheid — ’n werklikheid waarin die politieke betekenis van hierdie Sinodebesluite groot figureer.

Die implikasie van die besluite is dat die Sinode die NG Kerk nou losskeur van die eeue-oue volkskonsensus oor die sake, en die Kerk in die verband tegelyk skaar by die wat die Afrikanervolk se ondergang deur rassevermenging soek.

Laat ons die huidige omstandighede net vlugtig in oënskou neem. Wie wil apartheid uit die weg hê (op watter voorwendsel ook al)? Die Kommuniste is op die voorpunt, met al hulle frontorganisasies. Dit sluit die ANC en heelwat verwante organisasies in. Daarnaas is daar die linkse Amerikaners en hulle linkse voorposte in Suid-Afrika. Nou verwant aan hulle is die Amerikaanse National Council of Churches en die British Council of Churches, wat tesaam die hoofkomponent uitmaak van die Wêreldraad van Kerke, met sy uitgesproke steun aan Kommunistiese ter- roriste.

Die lys kan nog heelwat verleng word, maar dit is nie nodig nie. Die af­leiding hieruit is duidelik dat ’n veroordeling van apartheid as onbybels saamval met die krete en aandrange uit vyandige en verdagte oorde.

Die saak het ook ’n tweede kant. Dit is dr. Beyers Naude se afstand van sy gemeente in 1963 en die daaropvolgende stigting van die Christelike Instituut en die blad Pro Veritate. Het dr. Naude wesenlik iets anders beoog as veelrassige lidmaatskap van die NG Kerk en ’n veroordeling van apartheid as onbybels en onchristelik? Aanvanklik was sy strewe nie eens so uitdruklik nie, maar gaandeweg onder dwang van die logika van sy standpunt en rigting is hierdie oogmerke al duideliker bewoord. Daarmee saam het sy politieke beweging na links al duideliker geword, totdat in 1977 die Regering op advies van die Veiligheidsmagte, dr. Naude ingeperk het en sowel die Christelike Instituut as Pro Veritate in die ban gedoen het.

Die geval is ter sake om twee redes. Eerstens toon dit hoe ver die Sino­de van koers afgewyk het, en tweedens is die les duidelik dat die Sinode­besluite van 1986 ’n stap is wat moet lei tot ’n volgende en ’n volgende en ’n volgende stap, en elke stap sal ’n verdere vereenselwiging met die link­se politiek wees.

Skuldbelydenis

Die beweging na links sal gesterk en gestut word deur die aandrang op skuldbelydenis, want met die erkenning van Sinodekant dat skuld bely moet word, word die afstand tussen prof. Johan Heyns en dr. Boesak aansienlik vernou. Die NG-skuldbelydenis lê prinsipieel nie ver van die Belhar-belydenis, waarin apartheid tot kettery verklaar is nie. Die lewenswet wat lui dat as jy A sê, jy ook B sal moet sê, sal in hierdie geval onverbiddelik wees. Prof. Heyns en ander NG-kerkmanne sal weet dat ek al na die Gereformeerde Ekumeniese Sinode van 1972 in ’n briefwisseling daarop gewys het dat die NG Kerk op die spoor van die Nasionale Party rassevermenging wil vergoelik en bevorder. Prof. Heyns het toe al, tot my verbasing, die teologiese rigting geregverdig deur die argument dat as ’n persoon Saterdag saam met die Swarte op die atletiekbaan was, daar nie beswaar moet wees om Sondag saam met hom in die kerk te sit nie.

Dit is opvallend dat veral sedert die begin van 1986 die NP-leiers die begrip apartheid al openliker genoem en verwerp het. Vroeër was die verwerping nog verskuil agter “wegbeweeg van diskriminasie”, maar volgens koerantberigte van 13 September het mnr. Pik Botha in byvoorbeeld Hong Kong verklaar: “Suid-Afrika moet tyd gegun word om van sy apartheidsbeleid ontslae te raak. Ek sê dit is moreel onverdedigbaar”.

Dit is ’n uitspraak wat baie na kom aan die Sinode se erkenning dat skuld bely moet word oor apartheid. Dit dui onteenseglik hoe die NG Kerk en die NP-leiding al meer in politieke gelid kom. En natuurlik laat dit die lig al skerper op die politieke motivering val.

Net soos mnr. Pik Botha se verklaring voor die Veiligheidsraad van die WO in Oktober 1974 al ’n politieke skuldbelydenis was wat tot al meer rassevermenging gelei het en nog steeds lei, so is die besluite en skuldbe­lydenis van die Sinode net stappe tot al meer rassevermenging.

Mnr. Pik Botha het volgens koerantberigte van 25 Oktober 1974 sy party se standpunt destyds soos volg gestel: “Die Suid-Afrikaanse regering keur diskriminasie op grond van ras en kleur nie goed nie en beskou dit as onverdedigbaar. Alles moontlik sal gedoen word om daarvan weg te beweeg. ”

Vir enige politiek geletterde persoon is dit duidelik dat hiermee ’n veroordeling van apartheid voor die Afrikanervolk se vyande gedoen is wat inderdaad ’n skuldbelydenis is. Dit is waarom die HNP destyds hierdie optrede so skerp aangeval het. So ’n skuldbelydenis vernietig uiteraard alle morele en prinsipiële gronde van so ’n beleid of standpunt. As gevolg daarvan kon die Nasionale Party nie meer omdraai nie, en het dieselfde mnr. Pik Botha in Februarie 1987 gesê: “Dit is onvermydelik dat jy in die toekoms Swartpresidente in hierdie land mag kry”. Dit is hoe ABC reguit tot XYZ lei.

Waarheen lei die NG Kerk se pad vanaf hierdie besluite? As, soos prof. Heyns sê, ’n Swarte nou ’n ouderling in ’n “Blanke” gemeente kan word, hoe sal verhoed word dat die NG Kerk, die NG Sendingkerk en die NG Kerk van Afrika een word en dat die moderator dan soos in die Anglikaanse kerk, ’n Tutu sal wees?

Natuurlik sal nou gespot word met so ’n moontlikheid, net soos in 1974 na die betrokke toespraak van mnr. Pik Botha by die WO daar gespot sou gewees het as toe gesê was dat dieselfde mnr. Pik Botha twaalf jaar la­ter sou sê: “Hoe kan ek beswaar hê om onder ’n Swart president te dien? Ek kan nie gaan sê ek gaan die mag deel en dit net op my manier doen nie”. Dit is ’n paaiement wat betaal moet word in die aflossing van skuld.

Dit is waar die Sinode se skuldbelydenis die NG Kerk stap vir onverbiddelike stap sal bring. As apartheid verwerp word as “onbybels”, sal die eis kom: “Toon dan dat julle dit nie net verwerp nie, maar aktief teenstaan en beveg. Toon dan dat julle alles doen om daarvan weg te beweeg”. (Soos mnr. Pik Botha geloofwaardigheid aan sy skuldbelydenis voor die VVO moet gegee het).

Daar kan min twyfel aan wees dat die liberale teoloë, onder wie se invloed die NG Kerk nou wegbeweeg van sy geskiedenis, die Kerk al verder en verder van sy vroeëre standpunt sal wil voer, en gaandeweg ook, soos mnr. Pik Botha, sal sê: “Dit is onvermydelik dat jy in die toekoms Swart moderators van die NG Kerk sal kry”. Wie hierteen wil stry praat of teen sy beterwete, of wil die werklikheid nie onder oë sien nie.

Wat die liberale teoloë as eindpunt aanvaar, is reeds gestel in die godsdiensrubriek van Rapport van 22 Julie 1984 deur VDM.

“Ons”, skryf hy, “het nie genoeg vir die Swartman ’n Swartman geword nie ... Ons was en is vandag nog nie waarlik geestelik geïntegreer met gekleurdes nie... Pleks daarvan dat ons mure afgebreek het, het ons dit opgebou”.

Hieruit is dit duidelik dat dit die Blankes is wat hulle identiteit moet prysgee en alle skeiding moet uitwis.

Liberale teoloë en NP

Dat die liberale teoloë se teologiese verantwoording saamval met hul­le politieke oortuigings, behoef geen betoog nie. En dat hulle politieke oortuigings ooreenstem met die van politieke drukgroepe binne en buite Suid-Afrika, vereis ook geen beredenering nie. Dr. Willem Nicol, een van die segsmanne van die liberale teoloë, het trouens in ’n koerantrubriek op 4 November 1986 geskryf: “Reflekteer die NG Kerk nou nie maar net die beweging wat die heersende groep Afrikaners onder internasionale en binnelandse druk uitvoer nie?”

Die “heersende groep Afrikaners” is tog duidelik die “Nasionale” Par­ty. En dr. Nicol sien die Kerk se besluite as maar net ’n reflektering van wat die “Nasionale” Party onder druk van binne en buite doen.

Die slotsom is onvermydelik. Hoe kerkleiers ook al protesteer, dit sal nie help nie. Die afleiding is te sterk dat die liberale teoloë nou die NG Kerk ’n teologiese stut van die “Nasionale” Party gemaak het in sy beleid van toenemende rassegelykstelling.

Dr. Nicol se bewering dat die “Nasionale” Party apartheid veroordeel en afskaf onder druk, maak die Sinodebesluit nog meer bedenklik. Lo­gies sit die saak dan so inmekaar: Die buiteland en linkse binnelandse groepe oefen druk op die “Nasionale” Party uit om apartheid te veroordeel en af te skaf. Die “Nasionale” Party gee daaraan toe uit swakheid en nie uit oortuiging nie. Die NG Kerk neem besluite op grond hiervan.

Daarmee is die Sinode-besluite gestroop van alle teologiese skyn, en word uit blote politieke dienstigheid rassevermenging goedgepraat, apartheid as onbybels veroordeel en skuldbelydenis gedoen.

Afrikaners in beskuldigdebank

Met die veroordeling van apartheid by name en die erkenning van skuld word die Afrikanervolk in die beskuldigdebank geplaas waar ons vyande ons wil hê. Nie net plaas die Sinode die Afrikanervolk daar nie, maar hy verklaar ons skuldig en vonnis ons tot skuldbelydenis ten aanskoue van die vyande wat ons ondergang soek.

Is daar nagedink oor wat hierdie skuldbelydenis inhou? In Augustus 1984 is ’n RGN-verslag gepubliseer oor ’n ondersoek na mense se opvattings oor apartheid. Beeld van 21 Augustus 1984 se berig hieroor is so ingelui: “Blanke Suid-Afrikaners en veral Afrikaanssprekendes is oorweldigend ten gunste van bestaande apartheidstrukture in die Republiek”.

Volgens die Sinodebesluit moet hierdie Afrikaners nou gebuk gaan onder ’n skuldbesef. En hulle moet ’n verwyt hê teen hulle ouers en voorouers wat ook soos hulle geglo het. Besef die NG Kerk-leiers wat hulle aan die Afrikanervolk doen in hulle slaafse navolging van die “Nasiona­le” Party in sy beweging na links onder druk van binne en buite?

In die RGN-opname het dit geblyk dat 84,9% van Afrikaners ten gun­ste van aparte geriewe is en sowat 80% ten gunste van die behoud van die Wet op Gemengde Huwelike en die rasartikel in die Wet op Ontug was. Hieruit is dit duidelik dat die “Nasionale” Party se beleid teen apartheid nie die opvatting van Afrikaners weerspieël nie, maar die druk van vyan­de en vreemdes. En nou is die NG Kerk deur liberale teoloë in die rol van agterryer van ’n verloopte “Nasionale” Party geplaas.

Net soos die “Nasionale” Party se beleid van rassevermenging en rassegelykstelling gedoem is tot mislukking en veronregting van die Afrika­nervolk en rasbewuste Engelssprekendes, stuur die NG Kerk se nuwe rigting op dieselfde af. Die kerk wat deur geslagte gebou is deur Afrikaners, sal vervreem word van Afrikaners en sal al meer ’n politieke instrument van linkse politieke magte word.

Kerkleiers moenie dink dat hierdie nuwe rigting aanvaar sal word nie. Tienduisende Afrikaners weier, soos ek, om in die beskuldigdebank van die geskiedenis gestel te word en skuld te bely weens liberale teoloë se nuutontdekte idee dat apartheid onbybels is. Kerkleiers moenie nou vra dat die saak buite die politiek gehou moet word nie, want hulle het die NG Kerk nou op politieke sleeptou laat neem deur die onder druk bewegende “Nasionale” Party.

Volk het reg op grense

Ras en rasverskille is nie ’n saak van moraliteit en sedepreek nie, en teologiese bespiegeling nie. Wanneer volke wat sigbaar van mekaar verskil, met mekaar in aanraking kom, ontstaan daar ’n natuurlike drang tot afsondering en uitsluiting. Dit is ingebou deur die skeppingsorde en om daaraan uiting te gee, is om respek teenoor die Skepper te bewys.

’n Volk word gevorm deur die eerste ervaring van saamvoeling. En die Afrikanervolk se eerste ervaring van saamwees en saamvoeling was as Blankes. Daaruit het ’n volkskonsensus gegroei wat diep ingebed in ons volkslewe is.

Die Nieblankes was nie deel van die oorspronklike verdragservaring van die Afrikanervolk nie en dit het tot uiting gekom op elke terrein van die volkslewe. Daaruit het gedragsreëls gegroei wat anders is tussen volksgenote as tussen lede van die Blanke Afrikanervolk en lede van Swart volke. Dit is deel van die rand van beskerming wat ’n volk om sy sosiale bestel weef. As daaraan getorring word, word uitrafeling en verwering onvermydelik.

’n Volk het die reg om die grense van sy rasse-identiteit te bepaal en te beskerm. Dit is ’n daad van selfverweer wat geen lewende organisme, soos ook ’n volk, misgun mag word nie.

Die beleid van apartheid is nie gekonsipieër of bedoel om ander rassegroepe te benadeel nie, maar om te verhoed dat hulle ons benadeel en uiteindelik vernietig in ’n proses van vermenging en verswelging.

Geen stelsel kan perfek wees nie. By die uitvoering van ’n beleid sal daar meerdere of mindere onreg en ontbering wees. Maar gee dit die Kerk die reg om die stelsel daarom by name te veroordeel? En met die veroordeling van apartheid by name is die implikasie noodwendig dat die teendeel van apartheid goed te praat is in Bybelse terme. Maar hoe lyk dit waar apartheid verwerp en rassevermenging toegepas word?

Sosiale onreg

In die VSA is die kindersterftesyfer onder die Swartes vier maal so hoog as onder die Blankes. Erger nog is die feit dat meer as 60% van die tronkbevolking Swartes is, terwyl die Swartes nie eens 15% van die bevolking is nie.

In Nieu-Seeland verlaat 67% van die Maori-kinders skool sonder enige kwalifikasies. En in die land is meer as 50% van die tronkbevolking Maori’s.

So lyk dit waar apartheid verwerp en rassegelykheid as beleid toege­pas word. Die resultaat is ’n klaarblyklike sosiale onreg. Die Nieblankes kan nie aanpas by ’n Blanke samelewing nie, daarom verval hulle in wanaangepastheid en misdaad.

Waar die NG Kerk se studiestuk die titel Kerk en Samelewing dra, het die liberale teoloë hulle rekenskap daarvan gegee dat die veroordeling van apartheid die teendeel daarvan ’n versweë gangbaarheid gee? Daar is tallose bewyse dat waar daar nie apartheid is nie, die sosiale onreg veel groter is as waar die grense van ras erken word.

Die liberale NG teoloë sal hulle misreken as hulle dink dat die Afrikanervolk hom deur vroompraatjies en slimpraatjies in die beskuldigde bank sal laat stel, waar hy skuld moet bely voor sy vyande en bespotters. Dit is die laaste advies wat ons volk nou moes kry.

Ons keuse is nie tussen vernedering en vernietiging nie. Ons keuse is tussen eerlose oorgawe en stryd om wat stryd werd is — ook die Kerk wat deur groot en sterk voorgeslagte aan ons gelaat is.

Vervolg...

U soek na?

  •  

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    _________

    HOU VAKANSIE IN MOSSELBAAI !

    Baie netjiese vakansie-akkommodasie in Fraai Uitsig, Kleinbrakrivier, Mosselbaai Munisipaliteit. Twee kilometer vanaf Kleinbrak en Tergniet se swemstrande en ongeveer 10 kilometer vanaf Hartenbosch. Pick n Pay binne loopafstand.
    Kliek hier vir volledige inligting en foto's: OPSOEK NA BEHUISING VIR VAKANSIE?
     
    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________
     
    SKAARS BOEKE TE KOOP
    C J LANGENHOVEN 16 VOLUMES
    FAK-SANGBUNDEL 1 VOLUME
    Hierdie 16 volume Langenhoven-stel is 'n goedopgepaste kosbare versamelstuk. Dit beslaan die volledige inhoud van Langenhoven se bundels soos Sonde met die Bure; Loeloeraai; Herrie op die ou Tremspoor; Doppers en Filistyne; en al die kosbare stories uit die pen van Langenhoven.
    Die FAK-sangbundel is ook in goeie toestand en kan saam of apart van die Langenhovenstel gekoop word.
    Eienaar moet na 'n kleiner woonplek verhuis en vra 'n redelike aanbod vir sy boeke.
    Die aanbevole waardasieprys vir die Langenhovenstel is R1600.00; en vir die FAK R100.00
    Koerierkoste sal bykomend wees.
    Kontak

    Chris Carstens

    Sel no 082 954 3383

    Epos adres

    chris.carstens

    @vodamail.co.za

    ___________
    DIGBUNDELS:
      'n Versameling van 4 elektroniese bundels - 226 gedigte @R350.00:  
    Vir alle navrae  skryf aan 
    Amanda
    @waterstrome.co.za
    Uittreksel uit:
    'n Nasie in Pyn:
    ...Saam sal die hele wêreld vir hulle bid.
    Saam sal ons met pyn in ons harte sit.
    Mag hulle berus in u wil
    Mag hulle voor U verstil.
    _________
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het  in gedrukte vorm verskyn. 
    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
    DIE
    VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
    Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

     

    U kan hierdie boek bestel by
    ds AE van den Berg
    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com
    Prys: R50-00

     
  • BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    ('n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 'n Nuwe Trek (Exclusive Books) Prys: ZAR180

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is by http://tinyurl.com/lx9vrs8

    ... en loot.co.za dit verkoop teen R169 http://tinyurl.com/l26h6jl

    ... kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD


    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    JULIE 2013

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. 

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2 NOU BESKIKBAAR

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
    of skakel hom by
    074 967 5187


    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  • Kliek op DIE CHARISMATIESE GEVAAR om meer oor hierdie boek te wete te kom Lees verder...  
  • FILM OOR DR HF VERWOERD

    Kyk by hierdie skakel http://youtu.be/TcO3zPF8998

      na die kort film oor dr HF Verwoerd.   
    Dit kan ook direk bestel word by Riaan: +27823712682 of by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
     

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

 

'N BIETJIE LANGENHOVEN:

Ek sê nie al die suur mense is Fariseërs nie, maar naastenby al die Fariseërs is suur. In alle geval, solank hulle onthou om Fariseërs te wees. Want dis ook 'n inspanning.
Verbeel jou 'n wêreld sonder 'n skaterlag, sonder eens 'n glimlag. 'n Hemel op aarde, sal die Fariseër sê. Uit so 'n hemel sou ek wou wegloop hel toe.

Die man wat ek na soek, is nie dié wat die minste foute maak nie, maar dié wat die meeste foute régmaak.

Slaap laat solank as jy jou eie baas is en daar sal 'n tyd kom wanneer 'n 'n baas jou sal laat vroeg opstaan.

Ontydige vlyt is die merk van die luiaard. Dis sy verskoning vir ontydige rus.

Ons reken ons geluk vir ons loon en ons straf vir ons ongeluk.

Welvaart is die  dogter van matigheid en die moeder van weelde.

My swaarste pad trap ek self vir my plat, en die swaarste is die wat my voete nooit vat.

Daar is geen kuns by sukkel en geen sukkel by kuns.

Die boer wat nie saai nie sal nie misoeste kry nie, maar hy sal geen goeie ook kry nie.

Het die daeraad lief en die dag sal jóu liefhê.

'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie.

Dis die flukse perd wat flou word. Meer moeite as wat die vlytige het vir sy loon, het die luiaard verniet.

Op die ou end werk die vlytige man vir homself, die luiaard vir 'n ander.

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Kla net oor jou kooi as dit 'n ander is wat dit vir jou opgemaak het.

Hoe korter jy jou kuier maak, hoe gouer sal jy weer genooi word.

Om my naaste lief te hê is vir my 'n sware gebod. Met die mense daargunter kry ek dit nog op 'n manier reg.

Jy sê "ja" waar jy moes "nee" gesêhet omdat jy die ander nie wil aanstoot gee nie. Maar eken hoe het hy jou aanstoot gegee met sy versoek!

Aan 'n nuwe wa kan jy sien of dit 'n goeie skilder was; aan 'n oue of dit goeie wamaker was.

Trek liewer vir jou vriend jou broek uit as om vir hom vir 'n baadjie borg te staan. Anders loop julle naderhand albei nakend.

Die vriendskap wat jy moet koop is 'n duur artikel. Jy sal nie weer jou prys kry as jy dit van die hand wil sit nie.

Moenie vriendskap en besigheid meng nie – jy bederf albei.

'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie.

Maak jou vriendelikheid goedkoop en hou jou vriendskap duur.

Moenie jou vriend vergeet nie; dit sal hom seermaak. Maak jou vyand daarmee seer.

'n Skare is 'n versameling van eensames.

Stuur die luiaard na die miere, en as hy nie te lui is om te gaan nie sal hy te lui wees om weer terug te kom.

Dis net so moeilik om maklikheid in die ou wêreld te kry as wat dit maklik is om moeilikheid te kry.

Waardeer die werk van jou vrou. Jy kan nie op die aarde 'n ander kneg kry vir dieselfde diens en dieselfde prys nie.

Met spaarsaamheid sal jy uit die kleinste inkomste iets oorhou; met verkwistery sal die grootste vir jou te min wees.

Besorg jou eie boodskap en reken die moeite teen dit wat die misverstand jou sou gekos het.

Het die ryk man nodig om so suinig te wees? Maar hy is nie 'n ryk man wat suinig geword het nie; hy is 'n suinige man wat ryk geword het.

Help jou swakke mededinger op die bene bly.  As hy tot niet gaan, kom daar dalk 'n sterke in sy plek.

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES (7)

(Lees die reeks by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

  • Die adderbyt van naberou is verskriklik (Naberou is ontstellend.)
  • Hy het hom in 'n addergebroedesel begewe (Hy was tussen 'n groep nydige, aanvallende mense.)
  • Sy het hom adieu toegeroep (Sy het vaarwel gesê.)
  • 'n Adres van adhesie is 'n geskrif waarin instemming betuig word met 'n versoek.
  • Jy is nou by die verkeerde adres (Jy soek die oorsaak van die kwaad by die verkeerde persoon.)
  • Dit was advokatery (Dit was regskundige uitoorlêery.)
  • Hy sal die werk weer afbroddel. (Hy sal knoeiwerk of slordige werk verrig.)
  • Sy wil elke takie afbrom (Sy kla die hele tyd terwyl sy werk.)
  • Jy kan nou maar afdans (Jy kan nou maar skoert.)
  • Moet hom nie op sy verdienste afdwing nie (Moet hom nie verkleineer nie.)
  • Die ou werkie draf ek gou af (Ek sal dit sommer gou afhandel.)
  • Hulle wil die rusie afdrink (Hulle wil vrede maak.)
  • Sy het soms baie affêrinkies (Sy is dikwels vol nukke en nonsens.)
  • Hy sal wel weer geld van haar affutsel (Hy sal dit op 'n oneerlike manier van haar kry.)
  • Daar kan niks van afgaan nie (Dit kan nie ontken word nie.)
  • Hy sal 'n afgehekste loesing kry ('n deeglike pak slae.)
  • Sy is 'n afgelekte meisie (Sy het al baie kêrels gehad.)
  • Jy lyk so afgesak (Jy lyk baie moeg.)
  • Hy het afgetop gelyk (Hy het verleë gelyk.)
  • As jy iets van hom wil hê sal jy dit moet afgoël (Hy is so suinig!)
  • So 'n afhaler is onnodig ('n Onnodige belediging.)
  • As dit afhang moet ons dit maar opbind (Skertsend wanneer iemand gedurig begin met "Dit hang af..."
  • Na elke partytjie is hy babalaas ( dan ly hy aan die gevolge van te veel alkohol).
  • Daar was 'n Babelse gegons van stemme (Almal het gelyktydig gepraat).
  • Dit was 'n Babelse verwarring (Dit was baie deurmekaar).
  • Hy sal weer mooi broodjies kom bak (Hy sal kom vlei en mooipraat om sy doel te bereik),
  • Hulle eet nie uit een bak nie (Hulle is nie vriende nie).
  • Sy het hom 'n bak gewys (Sy het hom onvriendelik tereggewys).
  • Gou by die bak maar lui by die vak (Hy is eerste daar waar iets te ete is maar traag as hy moet werk).
  • Hy maak sy hande bak (Hy kom bedel iets).
  • Ons moes bak staan (Ons moes hard werk).
  • Dit was sommer 'n bakerpraatjie (Dit was 'n skinderstorie).
  • Jerusalem is die bakermat van die Christelike Kerk ( Dis waar dit begin het. 'n Bakermat was 'n mandjie waarin die baker – die vrou wat 'n pasgebore baba versorg het – die kindjie op haar skoot voor die vuur versorg het).

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3611 gaste aanlyn