Nuutste bydraes

GEDAGTES VIR ELKE DAG

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

 

‘n Volk moet sy leiers versigtig kies.  Wie dit nie doen nie se lugkastele verander altyd in puinhope en hul dagdrome in nagmerries.

DIE NUWE SUID-AFRIKA (15)

Lees reeks by Die Nuwe Suid-Afrika (1990 en verder)

Ope brief aan Akademie-voorsitter oor Afrikaanse kultuur

GEAGTE dr. Arndt, ek verwys na u gesprek met Elsa Kruger van Beeld wat op 11 Julie 1987 verskyn het.

Omdat u dit oor die Afrikaner en sy taal en kultuur het en omdat u in die betrokke onderhoud sê: “Met gesprekvoering op sigself is nie fout te vind nie”, sal u my dit nie verkwalik dat ek met u in gesprek tree oor sommige van u standpunte nie. Ek hoop dat u die gesprek dan verder sal voer.

Daar is ’n stuk of ses hoofde waaronder u uitsprake nader beskouing verdien. Hieronder is in u eie woorde die betrokke beskouings.

 

  • “Daar is roeringe, ’n spontane, natuurlike neiging, in die rigting van ’n meer omvattende kultuur ... Dit sal jammer wees as daar om tradisionele en historiese redes weerstand hierteen gebied word. ”
  • “Die Afrikaner staan sterk genoeg om binne ’n multi-kulturele samelewing nie net binne sy eie kultuur te leef nie, maar ook vanuit sy eie kulturele raamwerk ander kulture te betrek. Dit is in ’n sekere sin ook ’n oorlewingsaak. Anders word Afrikaans soos die Dodo-voël, wat uitgesterfhet, omdat hy nie kon aanpas nie ... Ons sal hekke moet oopmaak, anders is ons nie meer deel van die spel nie, en sterf ons uit... Die Engelssprekende Suid-Afrikaner wil nader aan die Afrikaner kom...”
  • “Die jeug verwag dit van ons... Hulle is nie bereid om te ly omdat die ouers nie kans gesien het om die nodige te doen ...”
  • “Teen die jaar 2000 moet die Suid-Afrikaanse Akademie ’n aanvaarde liggaam vir alle Suid-Afrikaners wees... Hy wil slegs sien dat die Aka­demie na buite ’n breë rol vervul in die handhawing en uitbouing van die Afrikaanse kultuur”.
  • “Afrikaans en die Afrikanerkultuur is gevestig. As ’n oorlog gewen is, kan jy hom nie aanhou veg nie ...”
  • Die Dakar-ekspedisie: “Dit hang af van die manier waarop dit gedoen word. As dit aanleiding gee tot ’n persepsie van afhanklikheid van toenadering van die ander kant, het jy ’n probleem. Maar met gesprek­voering op sigself kan jy nie fout vind nie. Met wie het Christus gepraat toe hy aan die kruis gehang het?”
  • As die Akademie ’n siening gee oor sake wat die mens raak, moet dit ’n weldeurdagte siening wees ... Hulle gooi as’t ware lig op ’n onderwerp”.

Ek sal probeer om hierna in bostaande volgorde die standpunte te bespreek, al sou daar soms oorvleueling wees.

’n Kultuur is te onderskei van ander, omdat dit eksklusief, en juis nie omvattend, is nie. Veral in ’n samelewing van uiteenlopende kulture en subkulture is dit van die hoogste belang dat ’n kultuur sy integriteit behou om te kan oorleef. En om sy integriteit te behou, moet geskied op die beginsel van eksklusiwiteit. ’n Kultuur integreer deur sy lede en die vorme van sy aktiwiteit te segregeer van die wat nie daaraan behoort nie. Die reg op selfbehoud deur selfsegregasie is ’n onontbeerlike wesenstrek van kultuur. As die reg op insluiting en uitsluiting verbeur word, vergaan ’n kultuur; dit kan nie meer as ’n sekere mate verduur van wat vreemd of anders is nie.

Hieruit is dit af te lei dat ’n “omvattende kultuur” eintlik ’n anti-kultuur moet wees. Dit moet uiteraard ’n verplatting van kulturele onderskeidings meebring in die nastrewing van ’n groot kulturele gemene deler. En of dit erken word, of nie, so ’n strewe na ’n “omvattende kultuur” is die teenhang van die politieke dogma van wegbeweeg van diskriminasie.

“Die grootsteperversie van kultuur in ons tyd”, skryf Richard Weaver, “is ’n misvatting oor die rol van demokrasie... ’n Kultuur integreer ’n volk kwalitatief. Uit ’n wyd gehuldigde misvatting van ons tyd, word veronderstel dat demokrasie mense as kwantitatiewe eenhede kan integreer”.

Hierdie misvatting wortel in die pogings om aan die proses van politie­ke gelykmaking ’n kulturele rugsteun te gee, of anders om die kulturele hoedanighede te misken of ondergeskik te stel aan politieke ideologie.

Hierdie verwarring tussen die aard en funksie van kultuur en demo­krasie lei juis nie tot ’n algemeen aanvaarde “omvattende kultuur” nie, want as demokrasie uit sy behoorlike plek gehaal en toegelaat word om die hele gesigseinder te vul, wek dit ’n naywerige haat, nie net van alle onderskeiding nie, maar van alle verskille. Weaver skryf in ’n ander essay: “’n Kultuur, om ’n woord te gebruik wat tans sekere ongelukkige konnotasies het, werk op die beginsel van eksklusiwiteit en kan op geen ander opereer nie ...” Wat kort daarna volg, word in die oorspronklike Engels van Weaver aangehaal ter wille van die gebruik van sekere woorde:

“The questioning of apartness[*], the supicion of difference, the distrust of distinctionthese are all features of a modern mentality which, often without even knowing what it is doing, may put an end to what has always been the source of culture ...”

Hierdie bevraging van apartheid, agterdog teen verskil en wantroue van onderskeiding moet per slot van sake die motivering en metodiek vorm van ’n strewe na ’n “omvattende kultuur”. So ’n strewe moet gepaard gaan met ’n ontklemtoning van die eie ter wille van “’n algemene”, en in die najaging van so ’n “pluralistiese kultuur” (as daar so iets kan wees), vind daar ’n vervreemding plaas van die groep wat die stigtingskern is — in Suid-Afrika se geval, die Afrikaners.

’n Kultuur kan bekostig om etniese groepe aan sy rand te vervreem, maar dit kan nie bekostig om die trou, verbondenheid, steun en aktiewe deelname te verbeur van die volk wat in die sentrale kulturele posisie is, soos die geval van die Afrikaners in Suid-Afrika nie. Die Afrikaners se kul­tuur sal al meer afvalligheid van sy eie lede kry, namate dit aangepas word om andere te akkommodeer in “’n omvattende kultuur”.

  • Wegbeweeg van diskriminasie na rassevermenging

Die stelling dat die Afrikaanse kultuur ander kulture moet betrek, is ’n volstrekte anomalie. ’n Kultuur moet homself begrens om voort te bestaan, en om ander kulture te betrek, beteken om ’n vervaging en verwarring van grense te veroorsaak en die identiteit van die kultuur te vernietig.

Die bewering dat daar ’n spontane neiging tot ’n meer omvattende kul­tuur is, kan nie verantwoord word nie, behalwe in die sin dat sekere leiers in Afrikaanse organisasies hulle posisies gebruik om in navolging van die politieke beleid van wegbeweeg van diskriminasie ’n kulturele aanhangsel daarvan te wees. Net soos die politiek van verandering en hervorming en wegbeweeg van diskriminasie ’n bewuste strewe is, so is die propagering van “’n omvattende kultuur” ’n bewuste navolging daarvan en geen spontane neiging nie. Kultuur is soos ’n broederskap. Jy behoort daaraan en jy aanvaar dit as jou eie, waaraan jy voorkeur gee bo alle ander. As jy egter na “’n omvattende kultuur” strewe, is dit ’n teken dat jy wil loskom uit die bestaande — dat jy buite die broederskap is of wil wees.

Die dreigement dat die Afrikanervolk nie sal oorleef as hy hom nie kan aanpas deur “hekke oop te maak” en “nie net binne sy eie kultuur te leef nie”, is nie, soos sommige mense dink, die argument om alle argumente te beëindig nie. Dit is eerder die betuiging van gebrek aan redelike oorreding en toevlug tot afdreiging. Die voorbeeld van die Dodo-voël wat volgens hierdie standpunt nie oorleef het omdat hy hom nie aangepas het nie, is heeltemal ontoepaslik. Die Dodo het in sy habitat van Mauriti­us en enkele ander eilande hom juis volkome aangepas. Hy het sy vliegvermoë verloor omdat dit nie nodig was om te vlieg nie, want daar was geen bedreiging van ongediertes nie. Die voëls het ’n rustige en veilige lewe gelei in hulle aangepastheid.

Dit was die koms van mense wat, onaangepas by die omstandighede van die eilandlewe, die Dodo’s in onnadenkende vraatsug gewelddadig uitgeroei het, hoofsaaklik omdat die Dodo’s nie kon vlieg nie, maar ook, soos by voorbeeld Die Afrikaanse Kinder Ensiklopedie verklaar, weens “die Dodo’s se eienskap van vertroue in die goedheid van hulle medekreature”, wat hulle hul vyande feitlik tegemoet laat gaan het. As die Dodo’s se verdwyning ’n les vir Afrikaners inhou, is dit dat ons ons nie op die goedheid van ons “medekreature” moet verlaat, en goedertrou moet wees teen die wat indring op ons kulturele habitat nie, soos die Portugese matrose op die Dodo’s se habitat. Van u as natuurwetenskaplike sou ’n mens nie verwag dat u met gesag oor kultuur kan praat nie, soos ook duidelik blyk. Maar van u as natuurwetenskaplike sou verwag kon word om meer van die natuurwette en -geskiedenis te weet, soos byvoorbeeld oor die Dodo’s.

  • Die jeug verwag dit van ons ...”

Dit is te betwyfel of u enige wetenskaplike getuienis het van wat die jeug van u verwag. En dit is jammer dat u as hoof van ’n akademiese organisasie ’n stelling maak wat nie aan akademiese standaarde beantwoord nie. Die bewering wat daarop volg, is nie net akademies bedenklik nie, maar allersins onverstandig. U beweer: “...die jeug is nie bereid om te ly om­dat die ouers nie kans gesien het om die nodige te doen nie”. So algemeen gestel, lyk dit vir u miskien nie erg nie, maar dit het ook ’n persoonlike betreklikheid, en in die sin beteken dit dat u as ouer versuim het om “die no­dige” te doen, en nou wil u dit doen, omdat die kinders dit van u verwag. Dit sal interessant wees om te weet of u die persoonlike belydenis doen.

U sal besef dat wanneer ’n geslag verwytend teen die vorige geslag staan, daar uiteraard ’n breuk in die historiese gang kom, en sosiale skeptisisme die korrelaat daarvan sal wees. Wat erger is, is dat by so ’n jeug daar onvermydelik ’n hoë mate van selfveragting moet ontstaan, want hulle is immers die produk van die wat hulle verwyt en verwerp, en dit moet uiteraard hulle self-estimasie en self-respek nadelig beïnvloed.

Crane Brinton, die Harvardse professor in Geskiedenis, skryf dat as invloedryke lede van ’n samelewing “begin te glo dat hulle mag onregmatig besit, of dat almal broers is, gelyk in die oë van ’n ewige gereg, of dat die opvattings waarmee hulle grootgeword het, laf is, ” dit ’n sekere voorteken is dat hulle nie ’n aanslag op hulle sosiale, ekonomiese en politieke posisie sal kan weerstaan nie.

Dit lyk asof u eintlik dit aan die jeug wil ingee om hulle voorvaderlike te verwerp op grond daarvan dat hulle sal ly as hulle die verwerping nie doen nie. Watter invloed moet so ’n benadering op die stabiliteit van ’n samelewing hê. Het u dit bereken?

Dit is ongerymd dat ’n beskawing met ’n lang geskiedenis en groot verwikkeldheid onderworpenheid aan die jeug sal betoon in plaas van aan bejaardheid. Die jeug se deug is varsheid en vitaliteit, maar dit is nie deugde wat ’n mens geskik maak om die bewaker te wees van die kultuur wat die gemeenskap oor eeue voortgebring het nie. Om onderworpen­heid aan die jeug te betoon, is ’n manier om kontinuïteit te verswak.

  • Tradisie en geskiedenis

U sê dat u hoop dat daar nie om tradisionele en historiese redes weer­stand teen die neiging tot ’n omvattende kultuur sal wees nie. Daarmee verraai u meer as wat u besef. Sonder om u te etiketteer as ’n liberalis, moet ek dit stel dat afwysendheid teen tradisies en geskiedenis ’n tipies li­berale trek is. Dit wortel in die Jakobinisme, wat soos Matthew Arnold geskryf het “’n felle haat teen die verlede het” — iets waarvan u ’n flits gee in u beskuldiging dat “die ouers nie die nodige gedoen het nie”.

Die geskiedenis is die skakel en binding tussen opeenvolgende geslagte van ’n volk, waardeur aan die lewende geslag ’n sin vir perspektief, identiteit en grootheid gegee word, wat hulle in staat stel om hul eie posisie teenoor ander te evalueer.

Geskiedenis gee krag; dit is die leermeester van eer en waardigheid; dit is die bron van ’n heldedom, wie se hoë voorbeeld dien as ’n model en standaard.

Dat u verlang dat daar nie om historiese en tradisionele redes weerstand gebied sal word teen u denkrigting nie, is begryplik, want dit is die harde, onomstootlike feite waarop u nie ’n antwoord het nie, daarom wil u nie hê dat dit in die gesprek gebring moet word nie. Dit is die argument teen u wat akademies beantwoord moet word en nie net emosioneel opsy gestoot moet word nie.

Dieselfde geld vir “tradisionele redes”. Tradisie is nie maar sommer elke vooringenomendheid of partydigheid nie. Die woord “tradisie” is tot die einde van die agtiende eeu byna uitsluitlik gebesig om Christelike geloof aan te dui wat nie in die Skrif opgeteken is nie. Tradisies beteken oorgelewerde opvattings, godsdienstige en morele en politieke en estetiese oortuigings wat van geslag tot geslag oorgedra is.

Daar is al gesê dat ons dwerge is wat op die skouers van reuse staan. Ons sien ver, net omdat ons verhef word deur die prestasies van voorgeslagte. As ons wegbreek van voorvaderlike wysheid, beland ons opeens in die poel van onkunde.

Edmund Burke het gesê die mens het geen reg om die bestaan van ’n volk en sy beskawing te riskeer met eksperimente in sedes en politiek nie, want elke mens se private kapitaal van intelligensie is klein; dit is net as hy trek uit die bank en kapitaal van die eeue, die wysheid van die voorvaders, dat hy wys kan op tree.

U moenie aan die jeug suggereer dat tradisies sommer opsy gevee kan word nie. Deur proewe en foute, deur openbarings, deur die insigte van die genieë van die mensdom is ’n kennis van die menslike aard en die burgerlike sosiale orde stadig en pynlik oor duisende jare opgebou, wat deur geen mens vervang kan word met private rasionaliteit nie.

Sê liewers vir die jeug dat die doeltreffende mens nie die vrolike vergeter is nie, maar die pynvolle onthouer.

  • Jesus en ANC

U standpunt oor die Dakar-gesprek met die ANC is ’n amper ongekwalifiseerde goedkeuring. Die opmerking wat daarna volg, is “met gesprekvoering op sigself is daar nie fout te vind nie”... En om gewig by die standpunt te sit, sê-vra u: “Met wie het Christus gepraat toe hy aan die kruis gehang het?”

Wat u daarmee bedoel, is heeltemal duister. Jesus het tweemaal aan die kruis geroep “Vader” en eenmaal “My God”; hy het aan Maria gesê: “Vrou, daar is u seun” en aan die dissipel: “Daar is jou moeder”. Ook het Hy die medegekruisigde verseker dat dié binnekort saam met Hom in die hemel sal wees. En Hy het ten slotte gesê: “Dit is volbring”.

Wat is daar in hierdie situasie en die enkele woorde van Jesus wat enigsins in verband te bring is met wat in Dakar plaasgevind het?

In Dakar het ’n groep Suid-Afrikaanse burgers gaan praat met ’n terroriste-organisasie wat beheer word deur Kommuniste en wat in ’n wapenstryd teen Suid-Afrika is. Selfs die huidige Minister van Justisie, mnr. Kobie Coetzee, het by geleentheid gesê dat so ’n optrede van Suid-Afri­kaanse burgers aan hoogverraad grens. En mnr. PW Botha het gesê: “Met hulle praat jy nie. Hulle is dissipels van die duiwel”. Kan u besef dat ’n mens byna duisel wanneer u dan ’n gesprek met “dissipels van die dui­wel” in verband bring met wat Jesus aan die kruis gesê het?

  • U sê: “Afrikaans en die Afrikaanse kultuur is gevestig. As ’n oorlog gewen is, kan jy hom nie aanhou veg nie”.

Met hierdie uitspraak gee u te kenne dat u doelbewus die Akademie wil vervreem van sy oorsprong en aard. U weet, in die politiek het genl. Smuts gepraat van “die wye wêreld verhoog”, wat vir hom aantrekliker was as die taak binne en vanuit sy volk. En hoe bejammerenswaardig was dit nie toe hy teen die einde geprewel het: “Ek is ’n Boerseun”.

U wil die akademie die aanvaarde liggaam vir alle Suid-Afrikaners maak. “Alle Suid-Afrikaners”, dr. Arndt? Dit beteken tog dat dit ’n veelrassige liggaam moet word. Dan sal gou-gou die Akademie se agenda gewy word aan mosies oor rasseverhoudings waarin Afrikaners aangeval sal word, en ter wille van die anderrassiges sal waarskynlik Engels die voertaal moet wees, want huidige akademielede het mos daaraan meegedoen dat Afrikaans die stempel van die “taal van die onderdrukker” gekry het.

Wanneer ’n mens dinge wil verander, is jy dit verskuldig om baie duidelik te sê waarom die verandering gedoen moet word, en wat die uitwerking en gevolge sal wees wat voorsien word. Die hede bestaan werklik nie, want elke oomblik word vinnig omgesit in die verlede, sodat die twee wesenlike tydsaspekte verlede en toekoms is. Watter toestand voorsien u derhalwe as die Akademie teen die jaar 2000 die aanvaarde liggaam vir al­le Suid-Afrikaners is?

Watter oorlog het Afrikaans gewen wat nie besig is om nou verloor te word nie? Die Afrikaners se ekonomiese posisie het sedert 1972 begin versleg. In die landbou het tienduisende uitgeboer weens die Regering se prysbeleid en die verwoestend hoë rentekoerse. In die vakbondwese het die Afrikaners ’n al kleiner rol te speel. In die groot ondernemings het die enkele Afrikaanse instansies so verstrengel geraak met die internasionale en Engels-Joodse kapitaal dat die Afrikaanse identiteit skaars nog herkenbaar is. Die insolvensies van die afgelope agt tot tien jaar word oorheers deur Afrikaners.

Op die gebied van die politieke, kuiturele en kerklike organisasies is die Afrikanerdom verdeel en verswak weens die inwerking van liberale invloed uit die Engelstalige wêreld.

Wat die Afrikaanse taal betref, is die miskenning in die handel en nywerheid vandag groter as ooit. Die TV word gebruik om die Afrikaners tweetalig te maak, sonder om Engelstaliges tweetalig te maak. Afrika­ners word georiënteer tot Amerikaanse waardes. Selfs Afrikaanse radio­programme se musiek word oorheers deur Engelse (Amerikaanse) musiek.

Om te beweer, soos u doen, dat Afrikaans en die Afrikaanse kultuur gevestig is, is om die werklikheid nie net mis te kyk nie, maar om dit onderstebo te draai.

Engelse oorlog voorgesit

U besef nie dat dit nie Afrikaners is wat die oorlog voortsit nie, maar die magte wat in die vorige eeu die oorlog teen die Afrikaners gevoer het en sedertdien die militêre oorwinning ook ’n geestelike en kulturele oorwinning oor die Afrikaners wil maak. Die vyandigheid wat vandag teen Suid-Afrika in die buiteland heers, is te wyte aan die vyandskap wat uit Suid-Afrika teen die Afrikaners bedryf word deur die liberale Engelssprekendes in Suid-Afrika. Wyle mnr. Paul Sauer het in 1961 na ’n besoek aan die buiteland gesê: “Ek is getref deur die stroom van gif wat sy oorsprong in Brittanje het... Wat vandag uit Brittanje kom, is niks minder as ’n gesang van haat teen Suid-Afrika nie”. Morris Broughton, voormalige redakteur van The Cape Argus, skryf in Press and Politics: “Daar is ook die nodigheid om ontslae te raak van die onsigbare man wat aan die oorkant van die redakteurstoel in byna elke Engelse koerantkantoor sit. Daar is hy, verergerend, swygend, plegtigdie spook van Paul Kruger. Dit is teen horn en sy beeld wat, fundamenteel, die inkvaatjies van hoon, spot, woede, welsprekenheid en verwerping nog steeds uitgegiet word”.

Dit is feite waarmee die Afrikanervolk saam moet lewe.

In The Citizen het in 1976 ’n reeks artikels verskyn wat klaarblyklik gegrond was op inligting uit Suid-Afrika se Veiligheidskringe. Die reeks het verskyn onder die titel, US secret war against South Africa”. Let wel: war. Hoe durf u al hierdie dinge verswyg en voorgee dat dit die Afrikaners is wat die oorlog wil voortsit? Is in u posisie u verantwoordelikheid nie om baie korrek met feite om te gaan nie?

Die vraag aan u is des te meer pertinent in die lig van u stelling: As die Akademie ’n siening gee oor sake wat die mens raak, moet dit ’n weldeurdagte siening wees. Hulle gooi as’t ware lig op ’n onderwerp”.

As u van mening is dat u sienings wat hierin bespreek is, die toets kan deurstaan wat u self stel, naamlik dat dit weldeurdag moet wees, sal ek dit graag verneem, sodat daar verdere gesprekvoering kan wees, waarmee, soos u sê, nie fout te vind is nie.

Afrikanergroete

JA MARAIS

(Op die brief was daar geen reaksie van dr. Arndt nie.)

U soek na?

  •  BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland het so dikwels navrae ontvang van lesers wat 'n behoefte aan die Bybel het, spesifiek die 1933/53-uitgawe. Soms het van ons ander lesers in hul behoefte kon voorsien wanneer ons navraag gedoen het.

    Nou is Gelofteland dankbaar om aan al ons lesers daardie Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    ___________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    _________

    HOU VAKANSIE IN MOSSELBAAI !

    Baie netjiese vakansie-akkommodasie in Fraai Uitsig, Kleinbrakrivier, Mosselbaai Munisipaliteit. Twee kilometer vanaf Kleinbrak en Tergniet se swemstrande en ongeveer 10 kilometer vanaf Hartenbosch. Pick n Pay binne loopafstand.
    Kliek hier vir volledige inligting en foto's: OPSOEK NA BEHUISING VIR VAKANSIE?
     
    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________
     
    SKAARS BOEKE TE KOOP
    C J LANGENHOVEN 16 VOLUMES
    FAK-SANGBUNDEL 1 VOLUME
    Hierdie 16 volume Langenhoven-stel is 'n goedopgepaste kosbare versamelstuk. Dit beslaan die volledige inhoud van Langenhoven se bundels soos Sonde met die Bure; Loeloeraai; Herrie op die ou Tremspoor; Doppers en Filistyne; en al die kosbare stories uit die pen van Langenhoven.
    Die FAK-sangbundel is ook in goeie toestand en kan saam of apart van die Langenhovenstel gekoop word.
    Eienaar moet na 'n kleiner woonplek verhuis en vra 'n redelike aanbod vir sy boeke.
    Die aanbevole waardasieprys vir die Langenhovenstel is R1600.00; en vir die FAK R100.00
    Koerierkoste sal bykomend wees.
    Kontak

    Chris Carstens

    Sel no 082 954 3383

    Epos adres

    chris.carstens

    @vodamail.co.za

    ___________
    DIGBUNDELS:
      'n Versameling van 4 elektroniese bundels - 226 gedigte @R350.00:  
    Vir alle navrae  skryf aan 
    Amanda
    @waterstrome.co.za
    Uittreksel uit:
    'n Nasie in Pyn:
    ...Saam sal die hele wêreld vir hulle bid.
    Saam sal ons met pyn in ons harte sit.
    Mag hulle berus in u wil
    Mag hulle voor U verstil.
    _________
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het  in gedrukte vorm verskyn. 
    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
    DIE
    VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
    Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

     

    U kan hierdie boek bestel by
    ds AE van den Berg
    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com
    Prys: R50-00

     
  • BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    ('n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 'n Nuwe Trek (Exclusive Books) Prys: ZAR180

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is by http://tinyurl.com/lx9vrs8

    ... en loot.co.za dit verkoop teen R169 http://tinyurl.com/l26h6jl

    ... kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD


    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    JULIE 2013

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. 

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2 NOU BESKIKBAAR

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
    of skakel hom by
    074 967 5187


    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  • Kliek op DIE CHARISMATIESE GEVAAR om meer oor hierdie boek te wete te kom Lees verder...  
  • FILM OOR DR HF VERWOERD

    Kyk by hierdie skakel http://youtu.be/TcO3zPF8998

      na die kort film oor dr HF Verwoerd.   
    Dit kan ook direk bestel word by Riaan: +27823712682 of by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
     

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

 

'N BIETJIE LANGENHOVEN:

Ek sê nie al die suur mense is Fariseërs nie, maar naastenby al die Fariseërs is suur. In alle geval, solank hulle onthou om Fariseërs te wees. Want dis ook 'n inspanning.
Verbeel jou 'n wêreld sonder 'n skaterlag, sonder eens 'n glimlag. 'n Hemel op aarde, sal die Fariseër sê. Uit so 'n hemel sou ek wou wegloop hel toe.

Die man wat ek na soek, is nie dié wat die minste foute maak nie, maar dié wat die meeste foute régmaak.

Slaap laat solank as jy jou eie baas is en daar sal 'n tyd kom wanneer 'n 'n baas jou sal laat vroeg opstaan.

Ontydige vlyt is die merk van die luiaard. Dis sy verskoning vir ontydige rus.

Ons reken ons geluk vir ons loon en ons straf vir ons ongeluk.

Welvaart is die  dogter van matigheid en die moeder van weelde.

My swaarste pad trap ek self vir my plat, en die swaarste is die wat my voete nooit vat.

Daar is geen kuns by sukkel en geen sukkel by kuns.

Die boer wat nie saai nie sal nie misoeste kry nie, maar hy sal geen goeie ook kry nie.

Het die daeraad lief en die dag sal jóu liefhê.

'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie.

Dis die flukse perd wat flou word. Meer moeite as wat die vlytige het vir sy loon, het die luiaard verniet.

Op die ou end werk die vlytige man vir homself, die luiaard vir 'n ander.

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Kla net oor jou kooi as dit 'n ander is wat dit vir jou opgemaak het.

Hoe korter jy jou kuier maak, hoe gouer sal jy weer genooi word.

Om my naaste lief te hê is vir my 'n sware gebod. Met die mense daargunter kry ek dit nog op 'n manier reg.

Jy sê "ja" waar jy moes "nee" gesêhet omdat jy die ander nie wil aanstoot gee nie. Maar eken hoe het hy jou aanstoot gegee met sy versoek!

Aan 'n nuwe wa kan jy sien of dit 'n goeie skilder was; aan 'n oue of dit goeie wamaker was.

Trek liewer vir jou vriend jou broek uit as om vir hom vir 'n baadjie borg te staan. Anders loop julle naderhand albei nakend.

Die vriendskap wat jy moet koop is 'n duur artikel. Jy sal nie weer jou prys kry as jy dit van die hand wil sit nie.

Moenie vriendskap en besigheid meng nie – jy bederf albei.

'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie.

Maak jou vriendelikheid goedkoop en hou jou vriendskap duur.

Moenie jou vriend vergeet nie; dit sal hom seermaak. Maak jou vyand daarmee seer.

'n Skare is 'n versameling van eensames.

Stuur die luiaard na die miere, en as hy nie te lui is om te gaan nie sal hy te lui wees om weer terug te kom.

Dis net so moeilik om maklikheid in die ou wêreld te kry as wat dit maklik is om moeilikheid te kry.

Waardeer die werk van jou vrou. Jy kan nie op die aarde 'n ander kneg kry vir dieselfde diens en dieselfde prys nie.

Met spaarsaamheid sal jy uit die kleinste inkomste iets oorhou; met verkwistery sal die grootste vir jou te min wees.

Besorg jou eie boodskap en reken die moeite teen dit wat die misverstand jou sou gekos het.

Het die ryk man nodig om so suinig te wees? Maar hy is nie 'n ryk man wat suinig geword het nie; hy is 'n suinige man wat ryk geword het.

Help jou swakke mededinger op die bene bly.  As hy tot niet gaan, kom daar dalk 'n sterke in sy plek.

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES (7)

(Lees die reeks by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

  • Die adderbyt van naberou is verskriklik (Naberou is ontstellend.)
  • Hy het hom in 'n addergebroedesel begewe (Hy was tussen 'n groep nydige, aanvallende mense.)
  • Sy het hom adieu toegeroep (Sy het vaarwel gesê.)
  • 'n Adres van adhesie is 'n geskrif waarin instemming betuig word met 'n versoek.
  • Jy is nou by die verkeerde adres (Jy soek die oorsaak van die kwaad by die verkeerde persoon.)
  • Dit was advokatery (Dit was regskundige uitoorlêery.)
  • Hy sal die werk weer afbroddel. (Hy sal knoeiwerk of slordige werk verrig.)
  • Sy wil elke takie afbrom (Sy kla die hele tyd terwyl sy werk.)
  • Jy kan nou maar afdans (Jy kan nou maar skoert.)
  • Moet hom nie op sy verdienste afdwing nie (Moet hom nie verkleineer nie.)
  • Die ou werkie draf ek gou af (Ek sal dit sommer gou afhandel.)
  • Hulle wil die rusie afdrink (Hulle wil vrede maak.)
  • Sy het soms baie affêrinkies (Sy is dikwels vol nukke en nonsens.)
  • Hy sal wel weer geld van haar affutsel (Hy sal dit op 'n oneerlike manier van haar kry.)
  • Daar kan niks van afgaan nie (Dit kan nie ontken word nie.)
  • Hy sal 'n afgehekste loesing kry ('n deeglike pak slae.)
  • Sy is 'n afgelekte meisie (Sy het al baie kêrels gehad.)
  • Jy lyk so afgesak (Jy lyk baie moeg.)
  • Hy het afgetop gelyk (Hy het verleë gelyk.)
  • As jy iets van hom wil hê sal jy dit moet afgoël (Hy is so suinig!)
  • So 'n afhaler is onnodig ('n Onnodige belediging.)
  • As dit afhang moet ons dit maar opbind (Skertsend wanneer iemand gedurig begin met "Dit hang af..."
  • Na elke partytjie is hy babalaas ( dan ly hy aan die gevolge van te veel alkohol).
  • Daar was 'n Babelse gegons van stemme (Almal het gelyktydig gepraat).
  • Dit was 'n Babelse verwarring (Dit was baie deurmekaar).
  • Hy sal weer mooi broodjies kom bak (Hy sal kom vlei en mooipraat om sy doel te bereik),
  • Hulle eet nie uit een bak nie (Hulle is nie vriende nie).
  • Sy het hom 'n bak gewys (Sy het hom onvriendelik tereggewys).
  • Gou by die bak maar lui by die vak (Hy is eerste daar waar iets te ete is maar traag as hy moet werk).
  • Hy maak sy hande bak (Hy kom bedel iets).
  • Ons moes bak staan (Ons moes hard werk).
  • Dit was sommer 'n bakerpraatjie (Dit was 'n skinderstorie).
  • Jerusalem is die bakermat van die Christelike Kerk ( Dis waar dit begin het. 'n Bakermat was 'n mandjie waarin die baker – die vrou wat 'n pasgebore baba versorg het – die kindjie op haar skoot voor die vuur versorg het).

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1994 gaste aanlyn