Nuutste bydraes

GEDAGTES VIR ELKE DAG

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Paulus het ernstig gewaarsku dat die gemeente die eenheid van die kerk moet bewaar. In Efés 4 word dit duidelik dat daar 'n baie belangrike rede voor is: dit is in die kerk waar ons geloofslewe groei en volwasse word – en dit is wat ons standvastigheid gee. Kan diegene wat geen erg meer het aan die gemeenskap van die gelowiges nie met alle oortuiging sê dat hulle geloof en geestelike lewe aan die groei is – of kwyn dit onder u oë?

DIE NUWE SUID-AFRIKA (16)

Lees reeks by Die Nuwe Suid-Afrika (1990 en verder)

Regskommissie se konsep-menseregte

Winnie Mandela het in Junie 1990 in die VSA gesê sy sal terug gaan bos toe “om die blankes te beveg”. Wanneer Swartes die politieke mag bekom het, neem die meerderheidsgroep oor en plaas die ander onder dwang.

(Kommentaar voorgelê aan die Suid-Afrikaanse Regskommissie oor sy Werkstuk 25 in verband met ’n Menseregte-Akte).

DIE feit dat die Suid-Afrikaanse Regskommissie volgens ’n wet van die politieke owerheid ’n ondersoek gedoen het na en ’n verslag uitgebring het oor die kwessie van ’n Menseregte-akte, verander weinig aan die feit dat die verslag en ’n groot deel van die voorgestelde menseregte-akte neerkom op’n bloudruk vir ’n ingrypend veranderde politieke orde in Suid-Afrika.

Die essensie van die saak is dat die eerste en die laaste tien klousules van die voorgestelde akte (met enkele kwalifikasies) feitlik net as ’n bevestiging van die bestaande regsposisie in Suid-Afrika beskou kan word, en daarom as’t ware oorbodig is. Maar van klousule 11 tot 21 (ook met en­kele kwalifikasies) word die grondslae gelê vir ’n rasgemengde bestel wat die gevestigde sosiale en politieke orde moet vervang — inderdaad ’n po­litieke beleid ingeklee in kwasi-juridiese terme.

 

Groepsregte

Die Kommissie se Werkstuk 25 gaan mank aan die feit dat die samelewing waarop die voorgestelde Menseregte-akte toegepas moet word, nie geskets en bespreek word in die lig van sy ontvanklikheid vir ’n menseregte-akte nie. Die rede waarom dit nie gedoen is nie, is stellig omdat die fisieke werklikheid van die huidige Suid-Afrikaanse bevolking so ’n gedugte versperring teen die gelykheidsdogma van die menseregte-leerstuk is dat dit nie in berekening gebring durf word nie.

Om daaraan te ontkom, het die Kkommissie as uitweg gekies om erkenning van “groepsregte” weg te redeneer deur te argumenteer dat groeps­regte beskerm word as ’n individu se regte beskerm word en hy hom op die howe kan beroep as hy meen dat sy reg as lid van ’n groep aangetas is.

Politiek en kultuur

Ons verwerp die teorie dat ’n vergryp teen ’n volk se kulturele regte herstel kan word deurdat ’n individu hom daarvoor op die hof sal kan be­roep.

Die oorwegings daarteen is dat baie weinig individue in ’n gemeenskap hulle interesseer vir land- en volksake; dat nog minder die kundigheid het om so iets aan te pak; en dat selfs al sou dit aangepak word, die finansiële koste en ander vereistes verbiedend geag sal word.

Wat te verwag is, is dat die liberale media, soos nou reeds gebeur, ’n beswaarmaker as ’n politieke moeilikheidmaker/versteurder van goeie verhoudings/rassis sal uitmaak, en as hy die geding verloor, om watter re­de ook al, sal niemand waarskynlik daarna bereid wees om dieselfde weg te betree nie.

Dit sal min of meer die einde wees van die beskerming van kulturele en taalregte van die individu.

Dit is om hierdie rede dat aanvaar moet word dat die enigste doelmatige wyse waarop ’n volk vir sy regte kan beding deur kollektiewe optrede op die politieke terrein is, soos die Afrikanervolk se geskiedenis getuig, en soos die bestaan van byvoorbeeld Inkatha bevestig.

Klaarblyklik is dit wat die Kommissie wil verhoed, deur politieke aksie te beperk tot sake wat nie met ras en kultuur te maak het nie. Dit sal uiteraard vereis dat politieke partye veelrassig moet wees, en ’n etniese groep sal dus nie binne ’n veelrassige party vir sy regte kan beding sonder om ander rassegroepe in so ’n party in opstand te bring nie.

Enkeling en groep

Elke persoon het ’n identeit, wat hy/sy ontleen aan die volk/groep waaraan die persoon behoort deur afkoms en/of aanvaarding. Deur goddelike beskikking is ’n persoon van voor geboorte ingebind in ’n gesin, ’n familie, ’n stam, ’n gemeenskap, ’n volk en ’n ras, soos elders hierin beredeneer is. Dit gee aan hom/haar ’n identiteit waarsonder geen persoon kan bestaan nie.

Tussen die persoon en die volk/groep is daar ’n wederkerigheid wat voortdurend beslissend inwerk: binne die groep/volk vind die persoon veiligheid en voortbestaan, en deur die samevoeging van persone vind die groep op sy beurt veiligheid en voortbestaan.

’n Groep/volk se bestaan is net so ’n werklikheid as die bestaan van ’n persoon, hoewel anders en moeiliker te omskryf. Die volk vernuwe homself gedurig deur geboorte en dood, die persoon kan dit die doen nie — soos CJ Langenhoven gesê het: die mens kyk terug en sien ’n wieg; hy kyk vorentoe en sien ’n graf, maar die volk kyk terug en sien ’n graf; hy kyk vorentoe en sien ’n wieg.

Uiteraard is daar twee ordes van regte en waardes ter sprake en kan die persoon nie in dieselfde terme as die volk/groep beskou en beskryf word nie.

Die enkeling is dwaas, die spesie is wys, het Edmund Burke lank gelede gesê. Dit is omdat die volk/groep ’n kollektiewe wete het waarvan die en­keling meestal nie bewus is nie.

Wanneer daar dus sprake van beskerming van “menseregte” is wat tegelyk beskerming van ’n volk se regte sou wees, sodat dit nie nodig is om ’n volk se regte te beskerm nie, het ’n mens te doen met ’n oefening in semantiek wat aan die wese van die saak verbygaan.

Dwing om vir Zoeloes te stem

Klaarblyklik het dit vir die Kommissie gegaan om die daarstelling van ’n bedeling waarin die grondslag gelê word vir die onvermydelike geleidelike likwidering van “groepe” en die opgaan van hulle individue in ’n breë verband van “’n nuwe nasie”.

Regter Olivier het in ’n onderhoud met Beeld van 1 Julie 1989 heelwat lig gewerp op wat die Kommissie se oorwegings en bedoelings in verband hiermee is:

“Dit is die groot debatdie politieke groepsregte”, het hy gesê. “Die kern daarvan is mense wat aan die een kant sê as jy ’n menseregte-akte het wat al die individue op ’n gelyke basis beskerm en jy het ’n demokratiese stelsel, waarom wil jy nog die groepsgedagte in die politiek intrek?

“Die voertuig van die politiek is immers die politieke party, nie die etniese groep nie. Die etniese groep speel sy rol in die kultuur, taal of godsdiens. Hy is uit sy plek in die politiek. ”

’n Mens neem met reg aan dat regter Olivier die opvattings van die Kommissie verklank, en dat sy uitsprake ’n verheldering is van stellings in die betrokke stuk.

Uit die stellings hierbo is dit duidelik dat wat die Kommissie langs die weg van implementering van ’n menseregte-akte in vooruitsig stel, neerkom op volslae gelykstelling, ’n politieke stelsel van een mens, een stem en veelrassige politieke partye.

Die afleiding word bevestig deur regter Olivier se effens later opmerking, te wete: Jy moet toegelaaten miskien ook verplig wordom ook vir die Zoeloes te stem ... Erken etnisiteit, maar die politiek moet kruissny deur etniese verdelings. ”

Saamgelees met die voorafgaande aanhaling, beteken dit dat ’n poli­tieke party wat op etniese grondslag bestaan om te stry vir kulturele en taalregte, uitgeskakel moet word; en dat die politieke party moet dien om grense tussen rasse en kulture te oorspan, en los moet staan van rassegevoelens en kulturele waardes. Hierdie afleiding is onweerstaanbaar in die lig van die stelling: “Die etniese groep speel sy rol in die kultuur, taal of godsdiens. Hy is uit sy plek in die politiek”.

Hierdie uitspraak is uiters aanvegbaar op verskeie gronde. Die een is dat die geskiedenis van alle lande met etnies meervoudige bevolkings voorbeelde oplewer van etnies gesentreerde politieke partye — België, Tsjeggo-Slowakye, Hongarye, Ciprus, Indië, Nigerië.

Daar hoef ook maar net gekyk te word na Suid-Afrika se politieke ge­skiedenis van hierdie eeu en selfs verder terug: Die Afrikaner Bond wat uit die taalaksie van die GRA ontstaan het; Het Volk in Transvaal na die Engelse Oorlog; die Nasionale Party wat regstreeks gespruit het uit genl. JBM Hertzog se aandrang op die regte van Afrikaans, en uit wat hy bestempel het as die algemene gevoel dat die Afrikaner se regte verwaarloos word deur die Botha-regering; die 1934-verdeling aan die wortel waarvan die Afrikaners se strewe na ’n republiek, vry van Britse bande, gelê het.

Dit is wensdenkery dat waar Afrikaners en Engelse met hulle gemeenskaplike rasse-afkoms en groot vlakke van kulturele oorvleueling nie eens die grense kon uitwis deur politieke partye nie, die hoë versperrings wat bestaan tussen die Blankes, die Indiërs, die Swartes en die Kleurlinge deur politieke partye uitgewis kan word.

Hierdie visie druis in teen alle werklikheid en die aanskouingsles van die geskiedenis, en is daarom in hoë mate wensdenkery wat spruit uit ’n politieke motivering wat saamval met die volgehoue en bekende aanslae van links op Afrikanernasionalisme.

Die moontlikheid van ’n politieke party wat bo rassegrense uitstyg, is nog nooit verwesenlik waar sulke uiteenlopende rassegroepe bestaan nie, soos in Suid-Afrika. In die VSA bestaan daar ’n “Black Caucus” wat bo-oor partygrense sny — dus ’n politieke hergroepering op etniese grondslag binne, en selfs bo-oor politieke partygrense.

In die 1988-presidentsverkiesing in die VSA het die Swartes blokvas vir die Swart aspirant-kandidaat gestem op grond van etniese oorwegings. In Brittanje dring Swartes aan op die reg om Swart takke binne die Arbeidersparty te stig. Dit is dinge wat ’n betekenis het wat verwerk moet word met realisme en nie geïgnoreer moet word uit intellektuele gerief nie.

Nasiebou

Dat die Kommissie blykbaar met ’n messiaanse menseregtelikheid vervul geraak het wat hom ver buite die grense van ’n juridiese behandeling laat beweeg het, is duidelik uit ’n ander opmerking van regter Olivier in Beeld van 1 Julie 1989, te wete “... in die idee van nasiebou, een nasie, wat bestaan uit verskillende volke—een gelukkige gebalanseerde staat, met een Suid-Afrikaanse nasie daarin, met verskillende volkemoet ons nie die volksverskeidenheid so oorbeklemtoon dat dit nasiebou verhinder nie”.

Die woord “nasiebou”, wat by herhaling deur regter Olivier gebesig word, dui op ’n oogmerk, ’n doel, waarna gemik word—een nasie waarin almal gelyke regte het in “’n demokratiese” bestel. Dit hou in wat regter Olivier op ’n perskonferensie op 22 Maart 1989 aangedui het, naamlik: “Een van die basiese menseregte wat wêreldwyd erken word, is die van ge­lyke stemregwaar nie op grond van ras, kleur of geloof gediskrimineer word nie”, dit wil sê ’n stelsel van een mens, een stem wat in Suid-Afrika die kenmerk van ’n anti-nasie sal wees.

In so ’n stelsel sal die verloop van sake in Suid-Afrika so eenvoudig wees soos die maak van ’n optelsom. Die sterkste rasse-groep sal die poli­tieke mag verower, en die kleiner etniese groepe sal of hulle belange en waardes ondergeskik moet stel en hulle met die etniese meerderheidsgroep vereenselwig, of hulle sal etniese belange probeer handhaaf op gevaar af dat hulle feitlik voëlvry verklaar sal word, soos die Matabeles nadat die Sjonas, met Mugabe aan die spits, die mag oorgeneem het in Zim­babwe, en meer as 12 000 van hulle gedood is.

Die eietydse les van Afrika is glashelder: die Swartes verenig bo-oor stamgrense en politieke verdelings solank hulle teen die Blankes te staan kom. (Winnie Mandela het in Junie 1990 in die VSA gesê sy sal terug gaan bos toe “om die blankes te beveg”). Wanneer Swartes die politieke mag bekom het, neem die meerderheidsgroep oor en plaas die ander onder dwang. En die lot van die sogenaamde gematigde Swart leiers was telkens dat hulle of gelikwideer is, of selfs die ekstremiste geword het. Maar tel­kens en oral in Afrika het die leiers van veelrassige partye (Muzorewa en Smith in Rhodesië, Welensky en Nkumbula in Zambië, Blundell en Kiano in Kenia) net die weg voorberei vir die terroriste-leiers om die politieke mag te bekom. Die voorwaarde hiervoor was telkens volkome gelykstelling en een mens, een stem in “’n demokratiese” bedeling — ’n demokratiese bedeling, om ’n eenpartystaat of diktatuur te vestig op etniese grondslag!

Dit is volkome geregverdig om te sê dat die aandrang op ’n menseregte-akte te maak het met “die regte” waaroor die demagoë en die revolusionêre raas, naamlik politieke regte. Dit is die sinvolle grondslag waarop die saak benader moet word.

Elders as in Afrika waar rassevermenging plaasgevind het, was die resultate rampspoedig. Die bekende professor James A Gregor skryf: “Die geskiedenis teken geen groter tragedie aan nie as die poging deur ’n aantal samelewings om volke van sigbaar uiteenlopende rasse te akkomodeer nie”, verwysend klaarblyklik na Egipte, Indië, Carthage, Rome en die la­tere voorbeelde soos Portugal en Suid-Amerikaanse state.

Wanneer die owerheid se voet geplaas word op die weg van gelykstelling van rasse en nasiebou, soos die Kommissie se voorgestelde Menseregte-akte in vooruitsig stel, sal dit ’n proses aanskakel wat wetmatig sal voortstu.

In die sestigerjare het die destydse redakteur van The Rand Daily Mail die erkende spreekbuis van die liberaliste in Suid-Afrika geskryf: “Die Nasionaliste geniet dit om daarop te wys dat as ons eers die feit van integrasie aanvaar en begin om dit te akkommodeer, daar geen keer aan is nie. Die Nasionaliste het dit reg. Dit is hoe verandering plaasvind in veelrassige sa­melewings, soos ons s’n”.

Dan gaan die skrywer voort: “Die Nasionaliste wys ook daarop dat integrasie beteken gemengde skole, gemengde hospitale, gemengde teaters, gemengde sosiale byeenkomste en selfs gemengde huwelike. Inderdaad is dit so. Dit beteken die aftakeling van rasseskeiding op elke terrein. Dit bete­ken die waarskynlikheid van ’n Swart gesin as bure, ’n Swarte as jou baas”.

Dit is tog klaarblyklik die resultaat wat bereik moet word met die Kommissie se voorgestelde Menseregte-akte as uitgangspunt. En met die aanhaling hierbo uit so ’n egte liberale bron, soos The Rand Daily Mail, is die linkse afkoms van die gelykstellingsidee van menseregte bo alle tywfel bevestig. Dit is wat “nasiebou” in Suid-Afrika beteken wanneer ras as onderskeidingsfaktor misken word.

Die intellektueel ontstellendste aspek van die saak is dat so ’n gelykstellingsideologie wat uitgaan van die enkeling, net kan plaasvind ten koste van die Blankes.

Nasionalisme – vervolg...

U soek na?

  •  BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland het so dikwels navrae ontvang van lesers wat 'n behoefte aan die Bybel het, spesifiek die 1933/53-uitgawe. Soms het van ons ander lesers in hul behoefte kon voorsien wanneer ons navraag gedoen het.

    Nou is Gelofteland dankbaar om aan al ons lesers daardie Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    ___________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    _________

    HOU VAKANSIE IN MOSSELBAAI !

    Baie netjiese vakansie-akkommodasie in Fraai Uitsig, Kleinbrakrivier, Mosselbaai Munisipaliteit. Twee kilometer vanaf Kleinbrak en Tergniet se swemstrande en ongeveer 10 kilometer vanaf Hartenbosch. Pick n Pay binne loopafstand.
    Kliek hier vir volledige inligting en foto's: OPSOEK NA BEHUISING VIR VAKANSIE?
     
    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________
     
    SKAARS BOEKE TE KOOP
    C J LANGENHOVEN 16 VOLUMES
    FAK-SANGBUNDEL 1 VOLUME
    Hierdie 16 volume Langenhoven-stel is 'n goedopgepaste kosbare versamelstuk. Dit beslaan die volledige inhoud van Langenhoven se bundels soos Sonde met die Bure; Loeloeraai; Herrie op die ou Tremspoor; Doppers en Filistyne; en al die kosbare stories uit die pen van Langenhoven.
    Die FAK-sangbundel is ook in goeie toestand en kan saam of apart van die Langenhovenstel gekoop word.
    Eienaar moet na 'n kleiner woonplek verhuis en vra 'n redelike aanbod vir sy boeke.
    Die aanbevole waardasieprys vir die Langenhovenstel is R1600.00; en vir die FAK R100.00
    Koerierkoste sal bykomend wees.
    Kontak

    Chris Carstens

    Sel no 082 954 3383

    Epos adres

    chris.carstens

    @vodamail.co.za

    ___________
    DIGBUNDELS:
      'n Versameling van 4 elektroniese bundels - 226 gedigte @R350.00:  
    Vir alle navrae  skryf aan 
    Amanda
    @waterstrome.co.za
    Uittreksel uit:
    'n Nasie in Pyn:
    ...Saam sal die hele wêreld vir hulle bid.
    Saam sal ons met pyn in ons harte sit.
    Mag hulle berus in u wil
    Mag hulle voor U verstil.
    _________
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het  in gedrukte vorm verskyn. 
    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
    DIE
    VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
    Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

     

    U kan hierdie boek bestel by
    ds AE van den Berg
    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com
    Prys: R50-00

     
  • BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    ('n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 'n Nuwe Trek (Exclusive Books) Prys: ZAR180

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is by http://tinyurl.com/lx9vrs8

    ... en loot.co.za dit verkoop teen R169 http://tinyurl.com/l26h6jl

    ... kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD


    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    JULIE 2013

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. 

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2 NOU BESKIKBAAR

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
    of skakel hom by
    074 967 5187


    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  • Kliek op DIE CHARISMATIESE GEVAAR om meer oor hierdie boek te wete te kom Lees verder...  
  • FILM OOR DR HF VERWOERD

    Kyk by hierdie skakel http://youtu.be/TcO3zPF8998

      na die kort film oor dr HF Verwoerd.   
    Dit kan ook direk bestel word by Riaan: +27823712682 of by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
     

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

 

'N BIETJIE LANGENHOVEN:

Ek sê nie al die suur mense is Fariseërs nie, maar naastenby al die Fariseërs is suur. In alle geval, solank hulle onthou om Fariseërs te wees. Want dis ook 'n inspanning.
Verbeel jou 'n wêreld sonder 'n skaterlag, sonder eens 'n glimlag. 'n Hemel op aarde, sal die Fariseër sê. Uit so 'n hemel sou ek wou wegloop hel toe.

Die man wat ek na soek, is nie dié wat die minste foute maak nie, maar dié wat die meeste foute régmaak.

Slaap laat solank as jy jou eie baas is en daar sal 'n tyd kom wanneer 'n 'n baas jou sal laat vroeg opstaan.

Ontydige vlyt is die merk van die luiaard. Dis sy verskoning vir ontydige rus.

Ons reken ons geluk vir ons loon en ons straf vir ons ongeluk.

Welvaart is die  dogter van matigheid en die moeder van weelde.

My swaarste pad trap ek self vir my plat, en die swaarste is die wat my voete nooit vat.

Daar is geen kuns by sukkel en geen sukkel by kuns.

Die boer wat nie saai nie sal nie misoeste kry nie, maar hy sal geen goeie ook kry nie.

Het die daeraad lief en die dag sal jóu liefhê.

'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie.

Dis die flukse perd wat flou word. Meer moeite as wat die vlytige het vir sy loon, het die luiaard verniet.

Op die ou end werk die vlytige man vir homself, die luiaard vir 'n ander.

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Kla net oor jou kooi as dit 'n ander is wat dit vir jou opgemaak het.

Hoe korter jy jou kuier maak, hoe gouer sal jy weer genooi word.

Om my naaste lief te hê is vir my 'n sware gebod. Met die mense daargunter kry ek dit nog op 'n manier reg.

Jy sê "ja" waar jy moes "nee" gesêhet omdat jy die ander nie wil aanstoot gee nie. Maar eken hoe het hy jou aanstoot gegee met sy versoek!

Aan 'n nuwe wa kan jy sien of dit 'n goeie skilder was; aan 'n oue of dit goeie wamaker was.

Trek liewer vir jou vriend jou broek uit as om vir hom vir 'n baadjie borg te staan. Anders loop julle naderhand albei nakend.

Die vriendskap wat jy moet koop is 'n duur artikel. Jy sal nie weer jou prys kry as jy dit van die hand wil sit nie.

Moenie vriendskap en besigheid meng nie – jy bederf albei.

'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie.

Maak jou vriendelikheid goedkoop en hou jou vriendskap duur.

Moenie jou vriend vergeet nie; dit sal hom seermaak. Maak jou vyand daarmee seer.

'n Skare is 'n versameling van eensames.

Stuur die luiaard na die miere, en as hy nie te lui is om te gaan nie sal hy te lui wees om weer terug te kom.

Dis net so moeilik om maklikheid in die ou wêreld te kry as wat dit maklik is om moeilikheid te kry.

Waardeer die werk van jou vrou. Jy kan nie op die aarde 'n ander kneg kry vir dieselfde diens en dieselfde prys nie.

Met spaarsaamheid sal jy uit die kleinste inkomste iets oorhou; met verkwistery sal die grootste vir jou te min wees.

Besorg jou eie boodskap en reken die moeite teen dit wat die misverstand jou sou gekos het.

Het die ryk man nodig om so suinig te wees? Maar hy is nie 'n ryk man wat suinig geword het nie; hy is 'n suinige man wat ryk geword het.

Help jou swakke mededinger op die bene bly.  As hy tot niet gaan, kom daar dalk 'n sterke in sy plek.

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES (7)

(Lees die reeks by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

  • Die adderbyt van naberou is verskriklik (Naberou is ontstellend.)
  • Hy het hom in 'n addergebroedesel begewe (Hy was tussen 'n groep nydige, aanvallende mense.)
  • Sy het hom adieu toegeroep (Sy het vaarwel gesê.)
  • 'n Adres van adhesie is 'n geskrif waarin instemming betuig word met 'n versoek.
  • Jy is nou by die verkeerde adres (Jy soek die oorsaak van die kwaad by die verkeerde persoon.)
  • Dit was advokatery (Dit was regskundige uitoorlêery.)
  • Hy sal die werk weer afbroddel. (Hy sal knoeiwerk of slordige werk verrig.)
  • Sy wil elke takie afbrom (Sy kla die hele tyd terwyl sy werk.)
  • Jy kan nou maar afdans (Jy kan nou maar skoert.)
  • Moet hom nie op sy verdienste afdwing nie (Moet hom nie verkleineer nie.)
  • Die ou werkie draf ek gou af (Ek sal dit sommer gou afhandel.)
  • Hulle wil die rusie afdrink (Hulle wil vrede maak.)
  • Sy het soms baie affêrinkies (Sy is dikwels vol nukke en nonsens.)
  • Hy sal wel weer geld van haar affutsel (Hy sal dit op 'n oneerlike manier van haar kry.)
  • Daar kan niks van afgaan nie (Dit kan nie ontken word nie.)
  • Hy sal 'n afgehekste loesing kry ('n deeglike pak slae.)
  • Sy is 'n afgelekte meisie (Sy het al baie kêrels gehad.)
  • Jy lyk so afgesak (Jy lyk baie moeg.)
  • Hy het afgetop gelyk (Hy het verleë gelyk.)
  • As jy iets van hom wil hê sal jy dit moet afgoël (Hy is so suinig!)
  • So 'n afhaler is onnodig ('n Onnodige belediging.)
  • As dit afhang moet ons dit maar opbind (Skertsend wanneer iemand gedurig begin met "Dit hang af..."
  • Na elke partytjie is hy babalaas ( dan ly hy aan die gevolge van te veel alkohol).
  • Daar was 'n Babelse gegons van stemme (Almal het gelyktydig gepraat).
  • Dit was 'n Babelse verwarring (Dit was baie deurmekaar).
  • Hy sal weer mooi broodjies kom bak (Hy sal kom vlei en mooipraat om sy doel te bereik),
  • Hulle eet nie uit een bak nie (Hulle is nie vriende nie).
  • Sy het hom 'n bak gewys (Sy het hom onvriendelik tereggewys).
  • Gou by die bak maar lui by die vak (Hy is eerste daar waar iets te ete is maar traag as hy moet werk).
  • Hy maak sy hande bak (Hy kom bedel iets).
  • Ons moes bak staan (Ons moes hard werk).
  • Dit was sommer 'n bakerpraatjie (Dit was 'n skinderstorie).
  • Jerusalem is die bakermat van die Christelike Kerk ( Dis waar dit begin het. 'n Bakermat was 'n mandjie waarin die baker – die vrou wat 'n pasgebore baba versorg het – die kindjie op haar skoot voor die vuur versorg het).

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1985 gaste aanlyn