Nuutste bydraes

GEDAGTES VIR ELKE DAG

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Aanvaar dat alle huwelike hier op aarde deur hulle seisoene van ernstige verskille tot gemeensaamheid wissel; want volmaakte huwelike word net in die hemel gemaak. En werk harder aan joune!

DIE NUWE SUID-AFRIKA (18)

Lees reeks by Die Nuwe Suid-Afrika (1990 en verder)

Waarom is die VSA sterk?

Die stellings wat die Kommissie maak (in voruge aflewering aangehaal) in verband met die deugsame uitwerking van ’n menseregte-akte in die VSA, bevat dinge wat ernstig bevraag moet word. Daar word byvoorbeeld gesê: “Die bestaan van ’n menseregte-akte en die toetsreg van die howe het nie verhoed dat die VSA een van die sterkste lande in die wêreld geword het nie, nog het dit die staatsveiligheid ondergrawe”.

Die VSA het sterk geword in ’n eeu toe daar weinig gesteur is aan die “menseregte” van Swartes in die VSA. Die VSA het sterk geword ondanks die afdwing van rasse-integrasie deur “affirmative action” en ander liberale dwangmetodes.

 

Daarby het die VSA sterk geword, omdat die Blankes daar, anders as in Suid-Amerika, ’n sterk weerstand teen rassevermenging gehad het, en omdat die VSA ’n groot Blanke getalsoorwig oor Swartes gehad het. As die Blanke voorsate van die Amerikaners ondiskriminerend ondertrou het met Swartes en Indiane, sou die VSA nie sterk geword het nie. Vir dié stelling is daar baie steun in die geskiedenis.

Armoede deel en skaarste organiseer

Die beweegrede vir die Kommissie se stelling in hierdie verband is klaarblyklik om te suggereer dat Suid-Afrika ook “een van die sterkste lande” kan word as ’n menseregte-akte aanvaar word, of dan ten minste, dat aanvaarding van ’n menseregte-akte nie sal verhoed dat Suid-Afrika een van die sterkste lande word nie.

Wat hierby natuurlik ter sake is, is dat as die Amerikaanse stelsel van rassegelykheid in Suid-Afrika toegepas word, die Swartes in beheer sal wees, soos in ander Afrikastate, en dat Suid-Afrika ’n Derdewêreldstaat sal wees, waar soos in ’n ander verband deur Winston Churchill gesê is, die orde sal wees: “Sharing poverty and organising scarcity” (Armoede deel en skaarste organiseer).

Dit is vanselfsprekend dat Suid-Afrika die sterkste land in Afrika geword het, omdat die Blankes, met die Afrikanervolk as kern, in politieke beheer was en dat ons voorouers hulle nie op sleeptou laat neem het deur die liberalisme en deur die gelykstellingsmanie van die Phillips en Van der Kemps nie.

Gelyktaligheid maak nie gelykrassigheid

Een van die merkwaardigste feite van die Amerikaanse toestand is dat Swartes in die VSA die taal en kultuur en godsdiens van die Blankes aanvaar het, maar dat desondanks daar disassosiasie van hulle is op grond van ras en kleur.

Hierdie waarneming bevestig die waarheid dat eksklusiwiteit en voor­keur wentel om verskil, en sosiale afstand word hoofsaaklik gemeet aan die grootte van die verskil in fisieke voorkoms van anderrassiges.

Soos die Amerikaanse voorbeeld toon van Swartes wat geen onderskeidende taal, kultuur en godsdiens het nie, vind diskriminasie daar hoofsaaklik plaas op grond van voorkoms, wat bevestig dat voorkeur en diskriminasie grotendeels saamhang met voorkoms, waarby ras die hoofrol speel.

Rasse, nes individue word nie aanvanklik geeien aan hulle IK’s of karakters nie, maar aan hulle fisieke voorkoms.

Uit die voorafgaande is dit duidelik dat ras en rasseverskille die wesenlike bestanddele is waarmee rekening gehou moet word wanneer ’n same­lewing geatomiseer word tot individue. En dit is daarom verbasend dat die Kommissie op byvoorbeeld verwys na “enige ander eksterne en trouens irrelevante faktor soos byvoorbeeld ras en kleur”.

Die Kommissie doen daarmee presies wat James Meredith (voorheen aangehaal) gesê het: “die nommer een probleem ignoreer”. Die rede is stellig dat dit uiters moeilik, indien nie onmoontlik nie, is om die opvallende en onveranderlike ongelykheid tussen persone van verskillende rasse te versoen met die teorie van universele broederskap en gelykheid.

Die wyse pres. Abraham Lincoln het op 15 Augustus 1862 die Negerleiers in die “White House” te woord gestaan en aan hulle gesê:

“Julle en ons is van verskillende rasse. Ons het tussen ons ’n breër ver­skil as wat tussen vrywel enige ander twee rasse bestaan. Of dit reg of verkeerd is, hoef ek nie te bespreek nie, maar hierdie fisieke verskil is ’n groot belemmering vir ons albei, aangesien ek dink julle ras erg daaronder ly, waar baie van julle onder ons woon, terwyl ons ly weens julle teenwoordigheid. Met een woord, ons ly aan albei kante. As dit toegegee word, is dit minstens ’n rede waarom ons geskei behoort te wees”.

Die Amerikaanse geskiedenis van die daaropvolgende eeu het die grondigheid van pres. Lincoln se opvatting bevestig.

Die ANC en die Freedom Charter

Die Kommissie se behandeling van die ANC en die Freedom Charter gee beslis die indruk dat die Kommissie onkrities teen die Kommunistiese beheer en strewe van die ANC is.

Die Kommissie se bespreking van die Freedom Charter van die ANC is so eensydig ten gunste daarvan en so versuikerend dat daar geen teken van is dat die Kommissie enigsins belang gestel het in ’n teenoorgestelde standpunt nie. Dit is ongelooflik dat ’n regskommissie hom tevrede gestel het met die opskriffies bo groepe van die ANC se uitgesproke oogmerke, soos vervat in die Charter.

Gedeel of herverdeel

Die Kommissie haal byvoorbeeld aan “as standpunte wat beliggaam is”, die volgende:

“The land shall be shared among those who work it”

(Die grond word gedeel onder die wat dit bewerk).

Maar dft is net ’n opskrif; die betrokke bepaling van die Freedom Charter hieroor word verswyg, naamlik “Restriction of land ownership on a racial basis shall be ended, and all the land redivided amongst those who work it, to banish famine and land hunger”.

(Beperkings aan eiendom van grond op ’n rassegrondslag word beëindig en al die grond word herverdeel onder die wat dit bewerk, ten einde hongersnood en grondhonger te verban).

En dit is beslis anders as wat die Kommissie voorhou. Waarom?

Kommunistiese ekstrak

Onder die opskrif: “The people shall share in the country’s wealth” (Die volk sal deel in die land se rykdom) staan daar in die Charter die ANC-beleid: “The mineral wealth beneath the soil, the banks and mon­opoly industry shall be transferred to the ownership of the people as a whole”. (Die mineralle rykdom onder die'grond, die banke en monopolie bedrywe word oorgedra aan die eiendom van die volk as geheel). Dit is eweneens die onverdunde ekstrak van Kommunistiese ideologie, wat die aard van die ANC en sy beleid duidelik aandui, maar wat die Kommissie deur die vingers sien of weens die eensydige getuienis voor hulle, nie van kennis neem nie.

Wanvoorstelling

Met hierdie harde feite, wat ’n enkele deurlees van die Freedom Char­ter by enige intelligente leser sou laat registreer, is dit verstommend dat die Kommissie goedsmoeds verklaar: “Die stuk bevat egter ook ’n aantal bepalings van oënskynlik sosialistiese aard, soos wat soms beweer word dat niks minder as ’n dramatieser herverdeling van rykdom geëis word nie”. “Oënskynlik”, dit wil sê, nie werklik nie! “Beweer word”, dit wil sê nie in der waarheid nie!

Besef die regterlike lede van die Kommissie nie hoe erg sulke vergrype vloek teen die status wat hulle in die samelewing beklee nie? Hoe kan die betrokke sin hierbo anders bestempel word as ’n wanvoorstelling van ’n gruwelike graad?

Dit is ’n opsigtelike verbloeming van die Freedom Charter se Kommunistiese aard. Wil die Kommissie sy Werkstuk laat beoordeel in die lig? Hoe anders?

Kommuniste en Freedom Charter

Dat dit by die Freedom Charter om Kommunistiese taktiek en doelstellings gaan, is so onbetwisbaar dat by enige ondersoek die hoofklem daarop moet val. En dit is juis die verbasende aspek van adv. Marcus en ander se historiese oorsig dat die rol van die Kommuniste in die geskiedenis van die Freedom Charter skaars aangeraak word, en dan hoofsaaklik om dit weg te praat.

Adv. Marcus, op wie se getuienis die Kommissie steun, beroep hom in sy publikasie op ’n uitspraak van die latere hoofregter Rumpff in die Hoogverraadsaak van 1961, waarin verklaar is: “Die staat het nie daarin geslaag om te bewys dat die staatsvorm, soos geskets deur die Freedom Charter, ’n Kommunistiese staat is, of dat die African National Congress ’n Kommunistiese organisasie geword het nie”.

Albei dele van die beslissings vat enigsins verby die werklikheid — moontlik omdat die klagstaat verkeerd geformuleer was. Dit is by die eerste oogopslag duidelik dat die Freedom Charter nie primêr ’n bepaalde staatsvorm bepleit nie, maar alleen sosiale, ekonomiese en politieke hervorming waarvan sommiges ’n ander staatsvorm sal vereis, vaagweg te eis- en as ’n “populêre demokrasie”.

Dit is ook volgens Kommunistiese metode ewe duidelik dat die Kom­muniste die ANC nie as ’n Kommunistiese organisasie geïdentifiseer wou hê nie; maar dit beteken nie dat dit nie ’n Kommunisties-beheerde orga­nisasie of ’n Kommunistiese frontorganisasie is en was nie.

Wat opvallend is, is dat telkens wanneer daar verwys word na die bevinding van die later hoofregter Rumpff, daar verswyg word dat hy in dieselfde saak bevind het: “Die redenasie wat deur die Transvaalse Bestuur van die African National Congress gebruik is dat die staatsvorm wat in die Freedom Charter bepleit is, nie ’n diktatuur van die proletariaat is nie, word verwerp en ons is van mening dat die tipe staat, soos beoog deur die Transvaalse Bestuur van die ANC, ’n diktatuur van die proletariaat is en derhalwe ’n Kommunistiese staat, bekend in Marxisme-Leninisme as ’n volksdemokrasie”.

Die Transvaalse afdeling van die ANC is en was steeds die belangrikste komponent van die organisasie, en waar dit die aard van die Trans­vaalse afdeling was, is dit baie moeilik om in te sien dat die hele organisa­sie nie die stempel sou dra nie.

Die feit dat hierdie bevinding van regter Rumpff so opsetlik verswyg word wanneer die ANC van links bespreek word, is ’n aanduiding van hoe moeilik die Kommunistiese beheer van die ANC weggepraat kan word as die feit in ag geneem word.

Regter Rumpff het ook ’n ander bevinding gemaak wat gereeld ver­swyg word. Dit is: “dat die African National Congress en al die ander organisasies wat in die klagstaat vermeld word, sowel as die huidige aangeklaagdes, saamgewerk het om die huidige staatsvorm te vervang deur ’n radikaal en fundamenteel anderse staatsvorm, gegrond op die eise gestel in die Freedom Charter, wat onder andere die volgende ingesluit het:

  • “Elke man en vrou moet die reg hê om te stem en as kandidaat te staan vir alle liggame wat wette maak.
  • die nasionale rykdom van ons land, die erfenis van alle Suid-Afrika­ners moet teruggegee word aan die volk;
  • die minerale rykdom onder die grond, die banke en die monopolistiese nywerhede moet oorgedra word aan die eienaarskap van die volk as geheel;
  • beperking van eiendomsreg op ’n rassegrondslag moet beëindig word en al die grond moet herverdeel word onder die wat dit bewerk om hongersnood en grondhonger te verban”.

Wat Freedom Charter werklik is

Wat hier van betekenis is, is regter Rumpff se woorde “’n radikaal en fundamenteel anderse staatsvorm gegrond op die Freedom Charter”. Die daarstelling van ’n radikaal en fundamenteel anderse staatsvorm beteken ’n revolusionêre verandering, ’n omwenteling waarin die ekonomiese en politieke mag nie op ’n demokratiese wyse van hande verwissel nie, en soos die term “omwenteling” aandui, wat onder is, bo kom en wat bo is, na on­der gaan.

’n “Radikaal en fundamentele” verandering van staatsvorm in die samehang van die ANC-politiek, met inagneming van die hierbo aangehaalde bevinding van regter Rumpff oor die Transvaalse Bestuur van die ANC, kan as niks anders as ’n Kommunistiese staat bestempel word nie.

Dat die Kommissie hierdie juridiese en historiese feite ignoreer, getuig nie van wetenskaplikheid nie. As juriste behoort hulle daarvan kennis te dra. Indien hulle wel daarvan kennis dra, maar dit ignoreer om ’n eensydige beeld te skets, verbeur hulle alle aanspraak op objektiwiteit en wetenskaplikheid.

Simplistiese benadering

Adv. Marcus en andere se benadering van die vraag of die Freedom Charter Kommunisme propageer, en of dit as ’n Kommunistiese dokument geklassifiseer kan word, is uiters simplisties.

So word beweer dat die Freedom Charter nie voldoen aan “die dialektiese voorskrifte, die organisatoriese strukture en die rigoristtiesestyl van die Marxisme-Leninisme nie”. Elders lui dit dat die ekonomiese bestel wat deur die Freedom Charter gepropageer word, “nie op die geykte model geskoei is nie en moeilik klassifiseerbaar is”. En die Kommissie beweer op p.222 dat “die oorgrote meerderheid van die Freedom Charter versoenbaar is met die klassieke Westerse interpretasie van menseregte”-

Wat meer as verbasend is, is dat daarmee die Kommunistiese agtergrond en inslag van die dokument afgemaak word!

Die eerste feit waarmee rekening gehou moet word, is dat die metode van die Kommunisme is om sy betrokkenheid te verberg, mense se griewe te verklank, en hulle onwetend as ’n front teen ’n bestaande orde in te span, maar dan tog die rigtinggewende en beherende rol in ’n aksie van die aard te speel.

Kommunisme is ook metode

Die ander feit is dat die Kommunisme allereers lank nie meer net ’n ideologie is nie, maar ’n metode van verowering.

Jare gelede al is insiggewende boeke oor die metode van die Kommu­nistiese aanslag geskryf, soos onder andere Protracted Conflict deur Ro­bert Strauss-Hupe, William Kintner, James E Dougherty en Allan J Cot­trell, A Century of Conflict deur Stefan T Possony en The Organizational Weapon deur Philip Selznik.

Om te dink dat ’n dokument net Kommunisties is as dit in die rigoristiese Marxisme geskryf is, is anachronisties en naïef.

In eersgenoemde werk hierbo, Protracted Conflict, word byvoorbeeld geskryf: “So inbeslagnemend was die soeke na die ideologiese gerymdhede en ongerymdhede dat in vergelyking nie genoeg aandag gegee is aan die Kommunisme as ’n metode nie. Kommunisme is ’n metode van konflik in ruimte oor ’n volgehoue tydperk; dit is ’n uitgerekte konflik.

“Die afskeping van Kommunisme as ’n metode, teenoor wat Kommu­nisme werklik is (of sê dit is), is aan baie oorsake te wyte. Sommige hiervan is inherent aan die Kommunistiese metodeselfs om teenstanders te bedrieg oor die aard van die metode, is deel van die metode”.

Elders skryf die outeurs: “Aanvanklik gehinder deur ideologiese opvattings, het hulle gou hulle beskouings aangepas by die politieke werklikhede”.

En ook: “In Europa het Stalin blymoedig sulke dubbelsinnige optredes soos die populêre front en ’n openlike bondgenootskap met Fascisme gewettig”.

Soos die skrywers van Protracted Conflict verklaar, is die Kommunisme ’n metode, en jare lank meer metode as ideologie. In die toestande van 1955 toe die Freedom Charter opgestel is, was dit nodig dat die Kommunistiese hand agter die dokument so min as moontlik sigbaar moes wees en net die enkele onverhandelbare Kommunistiese beginsels te verwerk in ’n mengsel van sosialistiese strewes, populêre eise en opsetlike verbloemings.

As daar tydens die Hoogverraadsaak van 1961 twyfel kon wees aan die outeurskap van die Freedom Charter, is daar tans nie verskoning om aan die hof se geregverdigde twyfel en gevolglike uitspraak vas te klou nie.

Gerard Ludi, die suksesvolle infiltreerder van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party, het in ’n ongepubliseerde dokument oor die Kom­muniste in Suid-Afrika geskryf: “Die Freedom Charter is inderdaad opge­stel op ’n geheime vergadering van die Sentrale Komitee van die Kommunistiese Par­ty van Suid-Afrika en na Moskou se Afrika-Instituut gestuur vir goedkeuring”.

Hierdie gesaghebbende getuienis is aangevul deur die ewe gesaghebbende getuienis van Bartholomew Hlapane, ’n vooraanstaande bestuurslid van die Sentrale Komitee van die Kommunistiese Party van Suid-Afrika wat teen die Kommuniste gedraai en in die vroeë tagtigerjare onder eed getuienis voor die Subkomitee oor Terrorisme en Veiligheid van ’n Amerikaanse Senaatskomitee afgelê het. Sy verklaring was: “Die Freedom Charter is egter opgestel deur Joe Slovo in opdrag van die Sentra­le Komitee van die Kommunistiese Party van Suid-Afrika en is goedgekeur deur die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party voordat dit aan die ANC en ander lede van die ‘Congress Alliance voorgelê is”.

Hoe die Kommissie sulke getuienis kan ignoreer en dan uit ’n populêre tydskrif ook “dit ‘n teorie noem dat dit deur Joe Slovo opgestel is”, gaan ’n mens te bowe.

Was kommissie bewus?

’n Betekenisvolle feit wat byvoorbeeld ook bekend is, is dat ’n Swarte van Suid-Afrika, Jeffery Bosigo, wat van 1976-1979, terroristiese en militêre opleiding in Rusland ontvang het voor die reeds vermelde Amerikaanse Komitee getuig het: “Elke rekruut (in Rusland) was verplig om die Freedom Charter te ken wat deur die ANC en die SACTU en die Kommu­nistiese Party van Suid-Afrika in 1955 aangeneem is”.

As die oerbron van Kommunisme soveel ideologiese waarde aan die Freedom Charter heg, moet dit noodwendig ’n onweerstaanbare vermoede vestig wat blykbaar nie deur die Kommissie gedeel word nie.

In sy gesaghebbende werk A History of Communism in South Africa deur dr. Henry R. Pike, wat in 1985 verskyn het, verklaar die skrywer: “Met die oog op sy inhoud is dit g’n wonder dat die Kommunistiese Party van Suid-Afrika en prof. Potekhin, hoof van die Afrika-Instituut in Mos­kou, hulle heelhartige goedkeuring daaraan geheg het nie”.

Let op die woorde “met die oog op die inhoud”.

Het die Kommissie nie geweet van byvoorbeeld dr. Henry R. Pike se gesaghebbende werk en die lig op die onderwerp wat hy daaruit kon kry nie? Indien nie, watter aanspraak op vertroue kan die Kommissie maak oor hierdie belangrike sake?

Dit kom al meer voor asof die opheffing van die verbod op publikasie van die Freedom Charter ’n belangrike stap was om die weg te berei vir die ontbanning van die SA Kommunistiese Party en die Regering se groot po­litieke sprong na links.

Die HNP het in sy vroeëre betoog aan die Regskommissie twee regsgeleeerdes tot getuie geroep dat die idee van menseregte uit die liberale filosofiese dampkring kom. Die reaksie daarop is om die aanhalings te verswyg en sonder meer ’n aanhaling te gee uit ’n voorlegging van die Regsfa- kulteit van UP, wat waarskynlik opgestel is deur prof. JD van der Westhuizen, wat bekend is as ’n uitgesproke liberalis wat sterk onder Ameri­kaanse invloed is.

Om te toon hoe propagandisties die aangehaalde stuk is, moet dit hier volledig weergegee word, met beklemtoning toegevoeg aan sekere woor­de en frases wat dan bespreek sal word.

“Wat die verwyt van liberalisme betref, is diefeitlike posisie dat dit ’n verouderde, onjuis teen gevaarlikesiening is. Dit vereenselwig, verkeerdelik, liberalisme met iets ‘links’ of ‘radikaal’. Die ware posisie is dat ‘Westerse liberalisme’ beslis nie meer onder die wêreld se ‘linkse’ of ‘radikale’ denkrigtings en lewensbeskouings gereken kan word nie. In Wes-Europa en die VSA het moderne konserwatiewes lank reeds die meeste liberale waardes aanvaar. Linkse politieke partye wissel van sosialistiese tot Marxistiese of Nieu-Marxisties. Ook in Suid-Afrika sien radikale linkses nie meer Westerse liberalisme as voordelig in hul stryd nie, maar as ’n struikelblok of as reaksionêr. Verdoeming van liberale waardes geskied dus slegs nog vanuit verregse en verlinkse geledere. Vir gematigde Suid-Afri­kaners is dit waarlik onvanpas om nog die liberalisme die stryd te wil aansê”.

Gewoonlik is die oormatige gebruik van byvoeglike naamwoorde en bywoorde reeds ’n goeie aanduiding van ’n enigsins onoorwoë propagandistiese ingesteldheid. En die betrokke stuk verraai daardeur sy propagandistiese aard so opvallend dat dit skaars kommentaar verdien. Die oortreffende trap waarin teenstanders van die liberalisme aangeval word, eerder as om die liberalisme te definieer en sy deugde te bespreek, dui op ’n gebrek aan vertroue en ’n behoefte om die debat te verskuif tot ’n aanval op die teenstander. ’n Mens sou graag die outeur van die stuk in ’n getuiebank wil sien waar hy ondervra word oor wat hy bedoel met byvoor­beeld: “verouderde”, “onjuiste” en “gevaarlike siening”. Wanneer is ’n siening verouderd? Is byvoorbeeld die Amerikaanse siening van die Kennedy-tyd verouderd? Verander die liberalisme self nie, maar wel “die siening” van die liberalisme?

Wat is die gronde waarop beweer word dat dit ’n “gevaarlike siening” is? Wie of wat word daardeur bedreig?

Of is die bewering ’n aanduiding van die bekende liberale onverdraagsaamheid met opponerende standpunte?

Dit is duidelik dat die outeur van die stuk se metode is om die teenstanders af kraak, eerder as om sy liberalisme te verantwoord. Dat die Kom­missie sonder meer sê dat hy hom “vereenselwig met hierdie opsomming” van die betrokke voorlegging, versterk die ernstige twyfel aan die objektiwiteit van die Kommissie. Vir ’n regterlike liggaam om hom te vereenselwig met so ’n klomp losse bewerings van propagandistiese aard, is nie bevorderlik vir die Kommissie se aansien nie.

Oor die besondere stukkie moet egter nog die een en ander gesê word, want blykbaar kom die Kommissie se vereenselwiging daarmee amper neer op die obiter dictum dat: “dit waarlik onvanpas is om nog die libera­lisme die stryd te wil aansê”, soos dit in die slotsin van die aangehaalde stuk lui. Daarom kan dit tot stigting wees om hierdie propagering van liberalisme van nader te bekyk.

Daar word gepraat van “Westerse liberalisme” en “liberale waardes”, sonder enige aanduiding van wat bedoel word. Wat is “westerse liberalis­me”? Dit is nie ’n oordrywing nie om te sê dat sonder Amerikaanse libera­lisme daar kwalik sprake van Westerse liberalisme kan wees.

Prof. James Burnham, voormalige professor in filosofie en logika, het die oorheersing van Amerikaanse liberalisme in die Westerse liberalisme afdoende behandel in sy bekende boek, Suicide of the West: The meaning and destiny of liberalism. En soos enige ingeligte persoon weet, dra die liberalisme wat in Suid-Afrika aangetref word, die onmiskenbare stempel: “Made in the USA".

Liberalisme en Kommunisme

Prof Burnham sê byvoorbeeld: “Liberalisme is vasgekoppel aan die neigings van links en los van die neigings van regs deur die meeste, hoewel natuurlik nie al sy basiese beginsels en primêre waardes nie: deur sy opvatting van die menslike aard, sy sekularisme, sy egalitarisme, sy houding teenoor verandering en hervorming en trouens baie van die inhoud van die aanbevole hervorming, sy aanvalle op sosiale diskriminasie, en so aan. Li­beralisme is self links, en hoewel dit aan die regterkant van links behoort, voel dit meer tuis by sy neefs van links as by die vreemdes van regs".

Dan in die hoofstuk, “Liberalisme en die Werklikheid”, skryf prof. Burnham: “Liberalisme is besmet met Kommunisme in die presiese sin dat Kommunisme en Liberalisme die meeste van die basiese aksiome en begin­sels en baie van hulle waarde en sentimente deel... Die sekulêre, histories optimistiese, reformistiese, welsynstaatlike, selfs die stemregtelike aspekte van liberalisme is alles teenwoordig in Kommunisme... Wat Kommunisme doen, is om die liberale beginsels tot hulle logiese en praktiese uiterste te neem”.

Hierdie basiese trekke van die liberalisme het nog nooit verander nie. Om dus voor te gee, soos in die aangehaalde stuk, “dat radikale linkses Westerse Liberalisme ... as ’n struikelblok of as reaksionêr sien”, getuig van absolute misvatting.

Die Kommuniste het nooit respek vir die liberaliste getoon nie, vandaar Lenin se bestempeling van hulle as “useful idiots”.

Hervorming en revolusie

Die liberalistiese oproep tot hervorming is die program wat Lenin bestempel het as die minimumprogram wat geloods moet word om die weg voor te berei vir die maksimumprogram van revolusie.

Die liberalistiese beheptheid met verandering sluit so nou aan by die Kommunisme dat Whittaker Chambers in sy merkwaardige boek, Wit­ness, sê dat van al die uiteenlopende dinge wat mense tot Kommunisme dryf, daar een is wat beskou kan word as die groot gemene deler, en “dit is die geloof in die absolute behoefte aan verandering”.

Die verskil tussen die liberaal se oproep tot verandering en die Kommunis se strewe na revolusie word goed weergegee deur die filosofie-professor, HE van Runner, by die Gereformeerde Konferensie van 1962 in sy lesing, Skriftuurlike Godsdiens en politieke taak, wat onder voorsitterskap van dr. Paul G Schrotenboer gelewer is en opgeneem is in die bundel, Christi­an perspectives 1962.

“Die liberale”, sê hy, “was nie hartlike gelowiges nie; hulle was kompromitteerders ... Die liberale het geen prinsipiële kritiek gehad op die ge­loof van die radikale nie. Hulle het net die roekeloosheid van die uitvoering gekritiseer. Hulle wou ’n ordelike en stille verloop van sake hê, wat iemand ‘die geruislose revolusie’ genoem het...”

Dan sê prof. Runner: “Die liberale het, sonder om hulle te distansieer van die prinsipiële rigting van die radikalisme, bedrewe aanpassers geword. Hulle het gesê dat hulle die onmiddellike feitlike situasie toelaat om hulle te lei... Hulle het niks gevind om die plek van die beginsel self te neem nie. Op hierdie punt was hulle sonder rigting, blind, voortdrywend met die onmiddellike sogenaamde feite van elke dag se sorge om ’n bestaan te maak. Die liberale was opportuniste. Soepel, wil hulle dit graag noem, maar in die werklikheid beteken dit blind”.

Enigiemand wat prof. Runner se voorlesing bestudeer het, sal weet hoe grondig sy kennis van die saak en hoe skerpsinnig sy ontleding is. Sy beskrywing van die liberaal se verhouding tot die radikalisme (die Kom­munisme) het ’n algemene geldigheid vir elke wêrelddeel.

Waar daar in die betrokke aanhaling uit die Werkstuk van die Regs­kommissie gepraat word van “waardes van die liberalisme”, is die aanduidings van prof. Burnham en prof. Runner die beste toetsteen van wat die liberale waardes is.

Liberalisme in Suid-Afrika

Uiteraard moet aandag gegee word aan die opvattings van liberaliste in die Suid-Afrikaanse verband. Daartoe is ’n mens aangewese op die uitspraak van betuigde en erkende liberaliste in ’n tyd toe die skeidslyn in die Suid-Afrikaanse politiek nog nie so deurmekaar gekrap was nie, soos tans. Die Liberate Party, onder leiding van Alan Paton, was waarskynlik die betroubaarste getuie van wat liberalisme in Suid-Afrika verteenwoordig.

In The London Times van 11 April 1963 het Paton, saam met PM Brown en Jordan Ngubane, onder andere geskryf: “Die Liberate Party in Suid-Afrika staan vir die volkome verwerping van dr. Verwoerd se Bantoe-stambeleid en daardie rasdiskriminerende wette wat apartheid daarstel. Hy staan vir die skepping in Suid-Afrika van ’n nie-rassige en demokratiese samelewing waar die Universele Deklarasie van Menseregte eerbiedig sal word; elke Suid-Afrikaner seggenskap sal hê by die verkiesing van sy regering, en elke persoon vry sal wees om op enige plek te leef te werk en voile burgerregte en vryhede te geniet”.

Kommuniste skuil onder liberalisme

Hierdie aanhaling is afdoende om te toon dat die voorgestelde Mense­regte-akte van die Regskommissie voldoen aan feitlik al die liberalistiese vereistes. Dat ’n regering wat onder die naam Nasionale Party gaan, tans hierdie opvattings onderskryf, beteken nie dat dit nie liberalisties is nie, maar dat die party in sy veranderlikheid en vervorming liberalisme aanvaar het.

In die blad Liberal Opinion van Januarie 1965 het die volgende van die redaksie verskyn:

“Die aspirasies van die meeste lede van die Liberate Party val nou saam met die van die linkerkantse ‘African Nationalism’.

Die linkerkant van “African Nationalism” (‘Leftwing African Natio­nalism’) kan kwalik iets anders as Kommunisme wees. Dit is derhalwe geen geheim nie dat liberaliste in Suid-Afrika hulle, soos prof Burnham sê, meer tuis voel by hulle Kommunistiese neefs as by die vreemdes na regs.

Dit is ’n kenmerk van die Suid-Afrikaanse politiek dat elke Kommunis homself of haarself voorgedoen het as ’n liberaal, terwyl hulle besig was om die Kommunistiese oogmerke te bevorder.

Die Kommissie en die Regsfakulteit van UP het hulleself ’n onreg aangedoen om hulle te vereenselwig met so ’n oppervlakkige uitlating oor die liberalisme, wat met so ’n sigbaar propagandistiese oogmerk opgedis is.

Vervolg...

U soek na?

  • HOU VAKANSIE IN MOSSELBAAI !

    Baie netjiese vakansie-akkommodasie in Fraai Uitsig, Kleinbrakrivier, Mosselbaai Munisipaliteit. Twee kilometer vanaf Kleinbrak en Tergniet se swemstrande en ongeveer 10 kilometer vanaf Hartenbosch. Pick n Pay binne loopafstand.
    Kliek hier vir volledige inligting en foto's: OPSOEK NA BEHUISING VIR VAKANSIE?
     
    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________
     
    SKAARS BOEKE TE KOOP
    C J LANGENHOVEN 16 VOLUMES
    FAK-SANGBUNDEL 1 VOLUME
    Hierdie 16 volume Langenhoven-stel is 'n goedopgepaste kosbare versamelstuk. Dit beslaan die volledige inhoud van Langenhoven se bundels soos Sonde met die Bure; Loeloeraai; Herrie op die ou Tremspoor; Doppers en Filistyne; en al die kosbare stories uit die pen van Langenhoven.
    Die FAK-sangbundel is ook in goeie toestand en kan saam of apart van die Langenhovenstel gekoop word.
    Eienaar moet na 'n kleiner woonplek verhuis en vra 'n redelike aanbod vir sy boeke.
    Die aanbevole waardasieprys vir die Langenhovenstel is R1600.00; en vir die FAK R100.00
    Koerierkoste sal bykomend wees.
    Kontak

    Chris Carstens

    Sel no 082 954 3383

    Epos adres

    chris.carstens

    @vodamail.co.za

    ___________
    DIGBUNDELS:
      'n Versameling van 4 elektroniese bundels - 226 gedigte @R350.00:  
    Vir alle navrae  skryf aan 
    Amanda
    @waterstrome.co.za
    Uittreksel uit:
    'n Nasie in Pyn:
    ...Saam sal die hele wêreld vir hulle bid.
    Saam sal ons met pyn in ons harte sit.
    Mag hulle berus in u wil
    Mag hulle voor U verstil.
    _________
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het  in gedrukte vorm verskyn. 
    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
    DIE
    VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
    Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

     

    U kan hierdie boek bestel by
    ds AE van den Berg
    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com
    Prys: R50-00

     
  • BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    ('n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 'n Nuwe Trek (Exclusive Books) Prys: ZAR180

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is by http://tinyurl.com/lx9vrs8

    ... en loot.co.za dit verkoop teen R169 http://tinyurl.com/l26h6jl

    ... kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD


    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    JULIE 2013

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. 

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2 NOU BESKIKBAAR

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
    of skakel hom by
    074 967 5187


    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  • Kliek op DIE CHARISMATIESE GEVAAR om meer oor hierdie boek te wete te kom Lees verder...  
  • FILM OOR DR HF VERWOERD

    Kyk by hierdie skakel http://youtu.be/TcO3zPF8998

      na die kort film oor dr HF Verwoerd.   
    Dit kan ook direk bestel word by Riaan: +27823712682 of by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
     

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

 

'N BIETJIE LANGENHOVEN:

Ek sê nie al die suur mense is Fariseërs nie, maar naastenby al die Fariseërs is suur. In alle geval, solank hulle onthou om Fariseërs te wees. Want dis ook 'n inspanning.
Verbeel jou 'n wêreld sonder 'n skaterlag, sonder eens 'n glimlag. 'n Hemel op aarde, sal die Fariseër sê. Uit so 'n hemel sou ek wou wegloop hel toe.

Die man wat ek na soek, is nie dié wat die minste foute maak nie, maar dié wat die meeste foute régmaak.

Slaap laat solank as jy jou eie baas is en daar sal 'n tyd kom wanneer 'n 'n baas jou sal laat vroeg opstaan.

Ontydige vlyt is die merk van die luiaard. Dis sy verskoning vir ontydige rus.

Ons reken ons geluk vir ons loon en ons straf vir ons ongeluk.

Welvaart is die  dogter van matigheid en die moeder van weelde.

My swaarste pad trap ek self vir my plat, en die swaarste is die wat my voete nooit vat.

Daar is geen kuns by sukkel en geen sukkel by kuns.

Die boer wat nie saai nie sal nie misoeste kry nie, maar hy sal geen goeie ook kry nie.

Het die daeraad lief en die dag sal jóu liefhê.

'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie.

Dis die flukse perd wat flou word. Meer moeite as wat die vlytige het vir sy loon, het die luiaard verniet.

Op die ou end werk die vlytige man vir homself, die luiaard vir 'n ander.

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Kla net oor jou kooi as dit 'n ander is wat dit vir jou opgemaak het.

Hoe korter jy jou kuier maak, hoe gouer sal jy weer genooi word.

Om my naaste lief te hê is vir my 'n sware gebod. Met die mense daargunter kry ek dit nog op 'n manier reg.

Jy sê "ja" waar jy moes "nee" gesêhet omdat jy die ander nie wil aanstoot gee nie. Maar eken hoe het hy jou aanstoot gegee met sy versoek!

Aan 'n nuwe wa kan jy sien of dit 'n goeie skilder was; aan 'n oue of dit goeie wamaker was.

Trek liewer vir jou vriend jou broek uit as om vir hom vir 'n baadjie borg te staan. Anders loop julle naderhand albei nakend.

Die vriendskap wat jy moet koop is 'n duur artikel. Jy sal nie weer jou prys kry as jy dit van die hand wil sit nie.

Moenie vriendskap en besigheid meng nie – jy bederf albei.

'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie.

Maak jou vriendelikheid goedkoop en hou jou vriendskap duur.

Moenie jou vriend vergeet nie; dit sal hom seermaak. Maak jou vyand daarmee seer.

'n Skare is 'n versameling van eensames.

Stuur die luiaard na die miere, en as hy nie te lui is om te gaan nie sal hy te lui wees om weer terug te kom.

Dis net so moeilik om maklikheid in die ou wêreld te kry as wat dit maklik is om moeilikheid te kry.

Waardeer die werk van jou vrou. Jy kan nie op die aarde 'n ander kneg kry vir dieselfde diens en dieselfde prys nie.

Met spaarsaamheid sal jy uit die kleinste inkomste iets oorhou; met verkwistery sal die grootste vir jou te min wees.

Besorg jou eie boodskap en reken die moeite teen dit wat die misverstand jou sou gekos het.

Het die ryk man nodig om so suinig te wees? Maar hy is nie 'n ryk man wat suinig geword het nie; hy is 'n suinige man wat ryk geword het.

Help jou swakke mededinger op die bene bly.  As hy tot niet gaan, kom daar dalk 'n sterke in sy plek.

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES (7)

(Lees die reeks by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

  • Die adderbyt van naberou is verskriklik (Naberou is ontstellend.)
  • Hy het hom in 'n addergebroedesel begewe (Hy was tussen 'n groep nydige, aanvallende mense.)
  • Sy het hom adieu toegeroep (Sy het vaarwel gesê.)
  • 'n Adres van adhesie is 'n geskrif waarin instemming betuig word met 'n versoek.
  • Jy is nou by die verkeerde adres (Jy soek die oorsaak van die kwaad by die verkeerde persoon.)
  • Dit was advokatery (Dit was regskundige uitoorlêery.)
  • Hy sal die werk weer afbroddel. (Hy sal knoeiwerk of slordige werk verrig.)
  • Sy wil elke takie afbrom (Sy kla die hele tyd terwyl sy werk.)
  • Jy kan nou maar afdans (Jy kan nou maar skoert.)
  • Moet hom nie op sy verdienste afdwing nie (Moet hom nie verkleineer nie.)
  • Die ou werkie draf ek gou af (Ek sal dit sommer gou afhandel.)
  • Hulle wil die rusie afdrink (Hulle wil vrede maak.)
  • Sy het soms baie affêrinkies (Sy is dikwels vol nukke en nonsens.)
  • Hy sal wel weer geld van haar affutsel (Hy sal dit op 'n oneerlike manier van haar kry.)
  • Daar kan niks van afgaan nie (Dit kan nie ontken word nie.)
  • Hy sal 'n afgehekste loesing kry ('n deeglike pak slae.)
  • Sy is 'n afgelekte meisie (Sy het al baie kêrels gehad.)
  • Jy lyk so afgesak (Jy lyk baie moeg.)
  • Hy het afgetop gelyk (Hy het verleë gelyk.)
  • As jy iets van hom wil hê sal jy dit moet afgoël (Hy is so suinig!)
  • So 'n afhaler is onnodig ('n Onnodige belediging.)
  • As dit afhang moet ons dit maar opbind (Skertsend wanneer iemand gedurig begin met "Dit hang af..."
  • Na elke partytjie is hy babalaas ( dan ly hy aan die gevolge van te veel alkohol).
  • Daar was 'n Babelse gegons van stemme (Almal het gelyktydig gepraat).
  • Dit was 'n Babelse verwarring (Dit was baie deurmekaar).
  • Hy sal weer mooi broodjies kom bak (Hy sal kom vlei en mooipraat om sy doel te bereik),
  • Hulle eet nie uit een bak nie (Hulle is nie vriende nie).
  • Sy het hom 'n bak gewys (Sy het hom onvriendelik tereggewys).
  • Gou by die bak maar lui by die vak (Hy is eerste daar waar iets te ete is maar traag as hy moet werk).
  • Hy maak sy hande bak (Hy kom bedel iets).
  • Ons moes bak staan (Ons moes hard werk).
  • Dit was sommer 'n bakerpraatjie (Dit was 'n skinderstorie).
  • Jerusalem is die bakermat van die Christelike Kerk ( Dis waar dit begin het. 'n Bakermat was 'n mandjie waarin die baker – die vrou wat 'n pasgebore baba versorg het – die kindjie op haar skoot voor die vuur versorg het).

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 4028 gaste aanlyn